Preek-notas: Romeine 3:21-31

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Les 6 vir 10 November 2018

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

n Prins word die Skaapwagter

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode)

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Die betekenis van die kruis (1)

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Wat Word Bedoel met die Werke van die Wet?

Van Vervolger tot Prediker

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Pretoria- 23 Junie 2012

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Les 6 SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se les: Geheueteks:

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Metropoliet Kallistos stel dan 4 vrae om ons te help om elke model te evalueer.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

NEW INTERNATIONAL VERSION

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

METAMORFOSE Van stagnasie tot transformasie. Vir elke Christen wat hoop verloor het om te verander...

Catharina Maria Conradie

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Laat die Woord Getuig

SAMESANG: 38 2:27-28; 4: :1,5 TYDENS EREDIENS:

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Inhoudsopgawe. Voorwoord deur Wayne Grudem... 7 Inleiding Eindnote

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Gebore uit die maagd Maria

Transcription:

Preek-notas: Romeine 3:21-31 Romeine 3:1-20 Vanaf 1:18 tot 3:20 dui Paulus twee onoorkombare probleme aan: 1) Onder die Ou Verbond onder die wet, wat vereis het dat jy die hele wet moet onderhou, kon niemand geregverdig word op grond van wetsonderhouding nie die evangelie van genade in Christus is absoluut noodsaaklik (GESKIEDENIS VAN DIE HEIL / HEILSHISTORIES) 2) Deur wetsonderhouding en godsdiens (in die algemeen ook in die Nuwe Verbond) kan niemand voor God geregverdig word nie die evangelie van genade in Christus is absoluut noodsaaklik (REGVERDIGMAKING) Die probleem is dus beide (1) met die Ou Verbond onder die wet n sisteem en bestaanswyse wat vra vir n oplossing, maar ook self altyd oppad was na die oplossing en as t ware onvermydelik uitgeloop het op die oplossing in Christus, en (2) met die mens self en sy/haar onvermoë om te leef op grond van God se standaard. Romeine 3:21-31 Rom 3:21-22 Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig, (22) die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie; Maar nou is die wending. Nou bied Paulus die oplossing aan. Dit dui n eskatologiese ingryping van God aan: dit is die begin van die eindtye en die nuwe skepping in Christus. Die nou dui ook op die Nuwe era in Christus wat staan (a) in vervulling (kontinuïteit) maar ook (b) teenoor (diskontinuïteit) die Oue. Dit is kardinaal in Paulus om te sien hoe hy die Ou era en die Ou bestaanswyse vóór of buite Christus kontrasteer met die Nuwe era en die Nuwe bestaanswyse in Christus. Selfs begrippe soos wet en geloof word dikwels in hierdie konteks gebruik. M.a.w., wet gaan dikwels nie so seer oor die Ou Testamentiese morele kode of die 10 gebooie nie, maar dui die ganse Ou Era en Bedeling aan onder die Ou Verbond onder die sisteem van die Mosaïese wet en onder die sonde. In hierdie sin kan die wet as n fase in die geskiedenis van die heil verstaan word (veral waar Paulus n frase gebruik soos onder/in die wet : Rom 2:12; 3:19; 6:14-15; 7:23; 1 Kor 9:20-21; Gal 3:23; 4:4-5,21; 5:18 maar dit strek ook wyer as die gebruik van hierdie frase, bv. hier in Rom 3:21). Dit wat die bedeling onder die wet nie kon bereik nie (1:18-3:20), is nou (3:21) bereik deur die nuwe bedeling van geloof in Christus. En geloof dui nie altyd op individuele geloof nie, maar staan vir die Nuwe Era (of nuwe fase) waarin geregtigheid verkry word deur geloof in Christus (veral waar Paulus praat van geloof wat gekom het: Gal 3:23,25. Dieselfde soort gebruik kom waarskynlik voor in Rom 3:27,31; 4:16[?]; 9:30-32; 10:6). Die geregtigheid van God wat geopenbaar is in die Nuwe Era van geloof, dui op die nuwe posisie van geregtigheid waarin God gelowiges plaas in Christus (vv. 21-22). 1

[God se geregtigheid in vv. 25-26 dui egter op God se integriteit, regverdigheid en getrouheid: Sy karakter. Hier is dus n verskuiwing.] Geloof is die manier waarop die mens hierdie geregtigheid verkry, nie deur die werke van die wet nie. Daar is diegene wat meen dat in v. 22, geloof waar dit die eerste keer voorkom, dui op Christus se geloof of sy getrouheid (New Perspective on Paul: hulle vertaal deur die geloof/getrouheid van Jesus Christus ), maar die tradisionele sin is meer waarskynlik: Dit dui op die mens se eie geloof in Christus. In die eerste gebruik (v. 22) beskryf dit die soort geregtigheid (nie werke-geregtigheid nie maar geloofsgeregtigheid), en lig dan die universele aard daarvan uit: vir almal wat glo sonder onderskeid. Die Judeër het veral geen voordeel bo die nie-judeër nie. Niemand is in n beter posisie by God op grond van herkoms (etnisiteit) nie, maar ook nie op grond van kennis (die wet) of voorregte (soos die besit van die wet, besnydenis ens.) nie. Almal word op dieselfde manier voor God geregverdig deur geloof. Die wet en die profete (v. 21) getuig van hierdie geregtigheid. Hier dui wet saam met en die profete gewoon op die Ou Testament as betroubare getuienis van die bedeling van geloof wat sou kom. M.a.w., die Ou Verbond en die sisteem onder die wet, hoewel Paulus impliseer dit kan nie geregtigheid bring nie, en n oplossing moes kry, het reeds die getuienis en belofte op die nuwe bevat, en het onvermydelik daarop uitgeloop. Dit is dus nie asof die Ou Testament/Verbond foutief of sleg was nie, maar dit het die vervallenheid van die mens uitgelig, en het noodwendig uitgeloop op die oplossing: geloof in Christus. (23) want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, Dit onderstreep net weer die rede waarom die evangelie moes kom. Alle mense, ongeag herkoms of natuurlike status ontbreek aan God se heerlikheid, Judeërs ingesluit. Enige persoon buite of vóór Christus is hierby ingesluit. Wat is God se heerlikheid? God se heerlikheid kan verstaan word as n kombinasie van God se aanvoelbare teenwoordigheid, Sy prag en sy majesteit. Dit is iets wat mens moet ervaar en beleef. Self-gesentreerde godsdiens of enige sisteem waarin gewerk moet word vir God se guns, gaan juis in teen God se guns. Sy heerlikheid gaan saam met Sy genade en liefde. Deel van God se oordeel is juis dat mense wat nie leef vanuit God se heerlikheid nie, uitmis op daardie heerlikheid en oorgegee word aan hulleself, hulle eie begeertes en hulle eie self-gesentreerdheid (Rom 1). Hoe beleef mens God se heerlikheid? Mens beleef die heerlikheid van God as jy besef dat jy dit nie in jouself het nie, slegs as jy sterf in jouself en jou eie afhanklikheid van God besef. Dan lê jy jou eie heerlikheid neer! Jy verruil nie God se heerlikheid met menslike heerlikheid nie. Jy aanvaar God se skeppingsorde en Sy heerlikheid en jou eie gebrek aan heerlikheid! Anders gaan jy nooit die heerlikheid van God in jou lewe ervaar nie! (24) en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. 2

Die woord verlossing (apolutrôsis) dra ook die konnotasie van losprys (Engels: redemption ): Dit dra dus (1) die konnotasie van n prys wat betaal is. Die prys is nie aan die Satan betaal nie, maar aan God betaal as ontvanger van die losprys. Maar dit dra (2) ook die konnotasie van losmaking of bevryding : n Prys wat betaal is vir ons bevryding van die sonde! Hierdie losprys wat aan God vir ons verlossing betaal is, dui op God se louter, onverdiende genade. Die manier hoe ons hierdie genade ontvang is deur geloof. Genade en geloof gaan saam en staan al twee aan die kant van onverdienstelikheid, en staan teenoor werke. Want geloof in sigself is juis om nie staat te maak op jouself of op jouself te vertrou nie, maar juis om jou eie afhanklikheid van God raak te sien, en jou alleen maar te verlaat op God se genade. Ware geloof is dus gelyk aan ware nederigheid. (25) Hom het God voorgestel in sy bloed as n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid [dikaiosúnê] te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God (26) om sy geregtigheid [dikaiosúnê] te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig [díkaios] kan wees en regverdig maak[dikaióô] wie uit die geloof in Jesus is. In hierdie 2 verse gooi Paulus n klomp verwante terme saam; dis baie kompak. Christus is voorgestel of in die openbaar ten toon gestel (protíthemai) as n versoening of versoenende offer (hilastêrion). In die Griekse OT (LXX) is dieselfde as die woord wat vir versoendeksel gebruik is. Dit kom veral voor in Lev 16 waar die hoëpriester op die dag van versoening een maal per jaar, in die allerheiligste ingegaan het, en dan die bloed van die soenoffer gesprinkel het op die versoendeksel om versoening vir die sondes van die volk te doen (vgl. ook Heb 7 en 9). Daar is n sin waarin God se toorn (1:18) deur Jesus se eenmalige, finale offer afgewend is dit is deel van die betekenis van die woord (hilastêrion). Die verskil van die OT is, God self neem die inisiatief hierin, en Hy verskaf self die vlekkelose Lam en die versoening. Al wat die mens kan doen is om dit te aanvaar in geloof. Geloof self is nie n werk soos die werke van die wet nie, maar is juis om te erken dat jy niks self kan doen om versoening vir jou eie sonde by God kan bewerkstellig nie, maar aanvaar dat slegs God dit kan doen, en gedoen het in Christus deur Sy kruis en opstanding. Hierdeur het God Sy geregtigheid bewys. Dit het in hierdie konteks te doen met sy karakter en sy eie integriteit/regverdigheid/getrouheid. God bewys Sy eie integriteit en getrouheid deur vir Christus self voor te stel dit demonstreer God se getrouheid en integriteit saam met die feit dat God nie die sonde in die Ou Verbond/Bedeling gestraf het nie maar ongestraf laat bly het. God se geregtigheid (vv. 25,26a,b) in sy karakter oorvleuel met die geregtigheid wat God aan die mens gee (vv. 21-22) deur sy Seun waarin ons in die regte posisie met God geplaas word (v. 26c): dit is die twee van die betekenisse van die woord dikaiosúnê. Hoe oorvleuel dit? (1) Gawe: God skenk geregtigheid (geregtighied a) o.g.v. Sy genade aan almal (geregtigheid b). Christus is self God. Maar Christus is ook volledig mens en het volledig deel geword van ons gebroke, 3

menslike, vleeslike bestaan! God se geregtigheid, Sy liefde, getrouheid en integriteit [betekenis a van dikaiosúnê] is gedemonstreer in Christus self omdat God Hom as versoening vir die wêreld se sondes gegee het. Dit is veral daarin gedemonstreer daarin dat Hy n vlekkelose Lam was wat, hoewel Hy onder die Ou sisteem onder die wet gebore is (Gal 4:4), en volledig deel was van ons gevalle werklikheid en aardse bestaan, self volkome regverdig en opreg gelewe het, en die wet volkome kon onderhou: Dit gee God as n genadegawe aan ons. Hy doen namens ons wat ons nie self kan doen nie. (2) Standaard: In Christus en ons verbondenheid met Hom, is die voldoen aan God se perfekte standaard (geregtigheid b). Volgens 1:32; 2:13,26 kon slegs diegene wat die geregtelike vereiste (dikaíôma) van die wet volbring het, en dus die wet volkome en volledig kon onderhou, regverdig voor God verklaar (dikaióô) word (vgl. 10:5). Christus kon dit regkry! Beide (a) Christus se versoenende offer (hilastêrion, v. 25) en (b) God se eie geregtigheid (betekenis b, vv. 25,26a) wat Hy deur Christus openbaar, bring dus volle satisfaksie vir God se regverdige oordeel en Sy perfekte standaard. Christus het namens ons ook die wet volbring en vervul (vgl. Mt 5:17). Op grond dus van God se eie werk en sy eie vervulling van dit wat die wet vereis het, verklaar God ons regverdig op grond van die soenverdienste van die Lam van versoening. Die woord (dikaióô) in v. 3:26c kom ooreen met dieselfde woord in 2:13. Die implikasie is dat dit wat die mens nie kon doen deur die wet nie, God nou namens ons doen in Christus. Die posisie van geregtigheid [ n tweede betekenis van dikaiosúnê] wat geen mens kan bereik deur die onderhouding van die wet nie, bereik die mens nou in Christus op grond van Sy soenverdienste! Maak dit sin? So wat beteken ons posisie van geregtigheid in Christus prakties? Dit beteken dat, omdat God self alles gedoen het om ons in n regte, volmaak geheiligde verhouding met Homself stel, ons kan rus in n nuwe identiteit in Christus waarin ons niks kan en hoef te presteer om God tevrede te stel nie. Ons posisie in Christus is 100% vir ons verwerf deur Christus se soenverdienste. Ons posisie van geregtigheid beteken ons is koningskinders, ons is skoongewas, geheilig, afgesonder en in n perfekte persoonlike verhouding met God gestel. Ons hoef dus nooit in ons verhouding met God te presteer vir God se aanvaarding of God se guns op ons lewe nie. Dit is reeds ten volle ons deel in Christus. Dit is n posisie van volheid en volkome vervulling in Christus op grond van Sy soenverdienste waaruit ons lewe. Ons leef nie ná vervulling nie, maar uit vervulling. Ons moet onsself elke dag hieraan herinner en doelbewus vanuit hierdie posisie van volkome geregtigheid in Christus lewe! Dit is trouens die enigste manier hoe ons die Christelike lewe kan lewe. As ons nie ons posisie van geregtigheid in Christus verstaan en omhels nie, gaan ons altyd terugval op ons eie prestasie, ons eie verdienste, ons eie godsdienstigheid. Ek sê: altyd! Sonder uitsondering! Dit is waarom die Hebreërskrywer ook waarsku dat die gemeente nie moet veragter in die genade nie (Heb 12:15). Die verstaan van geregtigheid is nie iets wat jy moet verstaan as jy tot bekering kom en dan aanbeweeg nie. Ons posisie van geregtigheid en die volkome rus in Christus se soenverdienste is n realiteit waaraan ons onsself elke oomblik van die dag in gemeentelewe moet herinner en kies om daaruit te lewe. Ons posisie van geregtigheid is die hartaar van n lewe wat vir God behaag en n lewe waar God sy plan vir die mens kan verwesenlik, en waarin ons volkome vervulling en vreugde as mens kan ervaar! Dit is ook die hartaar waaruit ons ander mense bedien, nie fokus op onsself nie, maar mekaar bedien in gemeentelewe! 4

(27) Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof. Paulus dink waarskynlik aan die roem van die Judeërs wat daarop aanspraak gemaak het dat hulle gered is op grond van die besit van die wet van Moses en die besnydenis. Paulus sê hulle kan nie op enige roem aanspraak maak nie. Dit is uitgesluit. Die Nuwe Verbond in Christus sluit alle roem uit juis omdat daar geen geen verdienste en geen uiterlike kwalifikasie aan verbonde is nie. Dan stel Paulus die wet van werke teenoor die wet van geloof. In die NPP dink baie dat Paulus hier bloot twee verskillende maniere van verstaan van die OT wet teenoor mekaar stel. Maar dan beteken dit die volheid van die Nuwe word reeds deur die Oue bevat. Daar is n sin waarin die evangelie die grense van die Ou Verbond oorskry en daaruit breek! Die Ou Verbond het gedui op die nuwe verbond, maar dit kan dit nie omsluit en binne hou nie! Dit bevat die saad, maar die saad het eers ontkiem in die volheid van die tyd! (Gal 4:4). Hier is twee aspekte van die kontras wat Paulus hier maak, en kom voor reg deur sy evangelie. As jy dít verstaan, verstaan jy Paulus uiteensettings van die evangelie en van die geskiedenis van die heil. (1) Ten diepste (primêr) stel Paulus die Ou Bestaanswyse/Bedeling onder die wet teenoor die Nuwe Bedeling van geloof in Christus. Dit gaan oor 2 Era s wat teenoor mekaar gestel word (heilshistories). (2) Sekondêr gaan dit ook daaroor dat God enige werke om geregtigheid te verkry en alle vorms van godsdiens stel teenoor geloof en die genade wat daar in Christus is (antropologies/soteriologies). Die kontras is dus beide heils-histories (1) en antropologies/soteriologies dit behels die wesenlike korruptheid van alle natuurlike mense en hulle onvermoë om hulleself te red (2). Dit behels die kontras tussen die posisies vóór (1) of buite (2) Christus met hulle wat in Christus is. Hoe verstaan ons wet in hierdie vers? Paulus speel hier met woorde en laat die betekenis van wet oorvleuel. (a) In die eerste gebruik van wet oorvleuel die betekenis met die Mosaïese wet self wat vereis het dat jy die wet onderhou, met die betekenis van beginsel of sisteem van regverdiging. Dit dui dus ook op die beginsel of sisteem van regverdiging waar werke jou geregtigheid moes bring. (b) In die tweede gebruik van wet dui dit op die beginsel of sisteem van regverdiging deur geloof (the rule of law vs. the rule of faith ), wat die ou sisteem vervang. Maar dit sinspeel waarskynlik ook op die feit dat in die nuwe bedeling in geloof, die Mosaïese wet voltooid en vervul is. (28) Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet. Vergelyk dit met 2:13 omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word. As mens nie die twee sisteme van regverdiging hier onderskei nie, die een onder die wet van die Ou Bedeling en die een deur geloof in die Nuwe Bedeling, dan sou 2:13 en 3:28 teenstrydig wees. Regverdiging uit geloof alleen dui dus op die beginsel van regverdiging in die Nuwe Verbond wat staan teenoor die beginsel van regverdiging uit die werke van die wet van die Ou Verbond. 5

(29) Of behoort God net aan die Judeërs, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene, (30) aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof. Daar is nou geen onderskeid tussen Judeërs en heidene (10:12). Daar is nie meer n middelmuur van skeiding tussen hulle wat afstam van historiese Israel of enige ander mens nie. Die middelmuur van skeiding het bestaan uit die wet en die besnydenis wat hulle afgeskerm het van alle ander volke. God het nou een nuwe mens in Christus geskep (Ef 2:14-15). Die eksklusiwiteit van die Judeërs is nou iets van die verlede. Die toelatingsvereiste tot God se mense is nou slegs geloof in Jesus Christus vir almal. Daar is geen ander vereiste nie. En soos ons gesien het is geloof self nie n werk nie, maar n erkenning van jou eie onvermoë om jouself te red, en n totale verlating op God. (31) Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet. Wat beteken dit? Daar is verskeie verklarings hiervan. 1. Sommige meen wet dit dui bloot hier op die Ou Testament (vgl. v. 21: die wet en die profete ). M.a.w. dit bevestig die feit dat die Ou Testament n betroubare getuienis is en bly van die nuwe verbond en geloof. In die konteks sou ek nie hierdie moontlike betekenis afskryf nie, en ek dink dit is deel van die betekenis. Maar ek dink ook dit beteken meer as dit. 2. Die ander verklaring is dat die Ou Testamentiese Mosaïese wet noodsaaklik is omdat dit die mens sy sonde, verlorenheid en afhanklikheid van God uitwys en sodoende die nodige kondisie is vir geloof en dus die nodigheid van geloof uitwys. Dit is heel moontlik dat dit ook deel is van die betekenis hier, maar dit voel steeds of Paulus meer in gedagte het. 3. Die beste antwoord is waarskynlik dat Paulus hier in gedagte het dat geloof die Mosaïese wet op n manier vervul. Dan kom dit ooreen met Rom 8:4 wat sê dat die reg (dikaíôma geregtelike vereiste ) van die wet vervul is in hulle wat nie na die vlees wandel nie (nie in die Ou Bestaanswyse onder die Ou Bedeling lewe nie) maar wandel na die Gees (in die Nuwe Bestaanswyse in die Nuwe Bedeling). Dit gaan dus nie oor die letterlike stipulasies van die morele kode wat nog net so van toepassing is op gelowiges nie, want dit sou n streep trek deur alles wat Paulus tot dusver oor die wet gesê het. Douglas Moo skryf oor hierdie selfde gedagte wat beide in 3:31 en 8:4 voorkom: their relationship to Christ by faith fully meets the demands of God s law faith provides (and for the first time!) the complete fulfillment of God s demands in his law. Die wet word dus bevestig in dié sin dat geloof die vereiste van die wet vervul op grond van die soenverdienste van Christus. 6

Slot Besef ons volledig ons posisie van geregtigheid in Christus en beleef ons dit? Dit is nie net iets in ons verstand nie, ons moet dit beleef in ons gees. Dit is daardie diepe besef van wie ons in Christus is, wat ons vry maak van onsself, wat ons tot werklike aanbidding kan laat toetree, wat ons uit ons natuurlike gemaksone kan laat klim, wat ons die vryheid en vervulling laat ervaar om werklik te kan lewe in gemeentelewe en onsself volledig te kan gee vir gemeentelewe. Leef ons vanuit ons posisie van geregtigheid? 7