Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

Similar documents
Midrash (Torah Bespreking)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

n Prins word die Skaapwagter

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Les 6 vir 10 November 2018

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Van Vervolger tot Prediker

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Doen Eers n Kosteberekening

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Parashah 12: Vayechi (ויחי) En Hy Het Geleef.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Parashah 51: Nitzavim (נצבים) Wanneer Jy Staan. Deut. 29:14 en 15 Ook Die Wat Nie Vandag Hier Staan Nie.

Ons Hebreeuse Wortels

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

Pretoria- 23 Junie 2012

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Wegraping (Saamgevat)

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Waar is God as ons swaarkry?

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 8: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE DAG VAN VERSOENING (YOM KIPPUR)

Die maan en sy rol in ons wereld *

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 13: Sh mot Name

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die Blye Boodskap. The Good News

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

1. Aanbiddingswette Wie en hoe aanbid word - Dit kan tog nooit verander nie. Hierby is ingesluit, wette wat spesifiek teen 'n heidense gebruik se insl

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Laat die Woord Getuig

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Ps.119:89 Parashah 12 Vayechi en hy het geleef. Gen. 47:28-50:26 1 Kon. 2:1-12 Hand.7:9-16; Hebr.11:21-22; 1 Pet.1:3-13; 2:11-17.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Nuwe Lied Bediening. Parashah 10: Miketz Aan die Einde

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

Transcription:

1 Yeshua is die Boom van die Lewe. Wanneer ons die Torah bestudeer moet ons onthou dat Yeshua Messias die Lewende Torah is die Woord van YHVH wat vlees geword het. Hy is die weg na die waarheid wat lewe gee die Lewende Manna wat uit die hemel gestuur is. Sonder Yeshua wat deur die Afgesonderde Gees in ons, en deur ons lewe, sal die geskrewe Torah net die dooie letter van die wet wees!! Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom Toe kom Y hudah nader na hom toe en sê: O, my meester, laat u dienskneg asseblief n woord praat in die ore van my meester en laat u toorn nie teen u dienskneg ontvlam nie, want u is self soos Farao. Gen, 44:18 PWL Vertaling 1 Torah : Gen. 44:18 tot 47:27 Inleiding: n Hoopvolle verwagting Gen. 45:2 Josef, n man van versoening. Gen. 47:7 tot 10 Die dae van die jare van vreemdelingskap. Haftorah: Eseg. 37:15 tot 28 En laat hulle een word in jou hand! B rit Chadashah: Matt. 10:6; 15:24; Joh. 5:1 tot 47; Rom. 9:1 tot 29; Rom. 11:13 tot 24; Efes. 2:11 tot 22. Experience is not what happens to a man; it is what a man does with what happens to him Aldous Huxley Life is not the way it's supposed to be. It's the way it is. The way we cope with it is what makes the difference. Torah teaches us how to cope with life Anonymous. Live as if you were living a second time, and as though you had acted wrongly the first time Viktor Frankl. One thing you can t recycle is wasted time Anonymous. 1 PWL Vertaling (Pad van Waarheid tot die Lewe) kan gratis afgelaai word by www.padwlewe.ch

2 Midrash (Torah Bespreking) Inleiding: n Hoopvolle Verwagting Die naam van die vorige parashah is Miketz wat aan die einde beteken en wat ook profeties is vir die tyd waarin ons leef, naamlik die einde van dae. Ons leef aan die einde van die 2000-jaar siklus na Yeshua se kruisiging, opstanding en hemelvaart. Hierdie is die derde 2000-jaar siklus sedert die Skepping wat gevolg sal word deur n 1000-jaar van vrede, bekend as die Millennium of die Messias Vredesryk. Ons wag vir die wederkoms van Yeshua Messias! Vir sowat twee duisend jaar wag Yeshua se studentevolgelinge op Sy wederkoms. Hierdie is vir ons n baie lang wagtyd, maar sekerlik ook so vir Yeshua ons Messias wat met reikhalsende verlange die kinders van Jerusalem (Israel) onder die vleuels van Sy tallit (gebedskleed) wil toemaak: Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en die wat na jou gestuur is, stenig, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak, soos n hen haar kuikens onder die vlerke, en julle wou nie. Luk. 13:34. Ons leef in die tyd waar die kinders van Israel albei huise nader aan hulle Skepper-God beweeg, maar ook nader aan mekaar. Hierdie week se Torah- en Haftorah Skriflesing is n herinnering aan hierdie profetiese gebeure wat aan die einde van dae vervul sal word en wat reeds besig is om plaas te vind. Versoening tussen die huis van Juda en die huis van Josef (Efraim), asook versoening met YHVH as Torah-gehoorsame kinders in Yeshua, is besig om voor ons oë plaas te vind! Mag jy en ek n instrument in ons Vader se hand wees wat n bydrae maak, al is dit hoe gering, om hierdie eindtydgebeure van versoening n werklikheid te maak. Laat ons ook soos n Juda vayigash tot YHVH Yeshua ons Meester nader. Mag ons ook soos Josef n gesindheid van vergifnis en versoening te alle tye openbaar! Eweneens is dit ook belangrik om te verstaan dat dit Juda was wat tot Josef genader het. Hierdie is n sinnebeeld van Yeshua wat gekom het om te soek en te red wat verlore was (Matt. 18:11 tot 14; Luk. 19:10). Yeshua het gekom om vir jou en my te soek ons wat verlore was en soos skape sonder n herder rond gedwaal het (Matt. 9:36)! Laat ons in hierdie dae altyd die woorde van Yeshua onthou toe Hy gesê het: En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is. Toe vertel Hy hulle n gelykenis: Let op die vyeboom en al die bome. Net soos hulle bot, weet julle vanself, as julle dit sien, dat die somer al naby is. So moet julle ook weet dat die koninkryk van God naby is wanneer julle hierdie dinge sien gebeur. Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat alles gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie. Luk. 21:28 tot 33. Dit is ook goed om voortdurend daaraan herinner te word dat YHVH n plan van herstel het wat oor duisende jare besig is om te ontvou en om in vervulling te kom. Hierdie plan het na die sondeval in die Tuin van Eden in werking gekom en sal volgens YHVH se tydlyn voltooi word. YHVH se plan kan in een woord opgesom word, naamlik: Versoening versoening van die mens met YHVH deur die genade in Yeshua. Die besonderhede (detail) van hierdie plan is vervat in die Woorde van YHVH soos opgeteken is in die Skrifte. Hierdie plan is dikwels te vinde in die woorde van die profete van ouds. Dit is ook belangrik om te onthou dat toekomstige profesieë dikwels moeiliker is om te verstaan as die wat reeds in vervulling gegaan het. Ons moet egter altyd op soek wees na n patroon (siklus) wat YHVH in Sy Woord vestig, want dit help ons om toekomstige gebeure beter te verstaan!

3 Intussen leef ons met die hoopvolle verwagting van Yeshua se wederkoms en die voltooiing van YHVH se plan! 1. Wat het Juda gemotiveer om tot Josef te nader? Die antwoord vind ons in Gen. 44:18 tot 34. Was dit Juda se liefde vir sy vader Jakob? Het Juda sy vader se belange op die hart gedra? Wat het Yeshua gemotiveer om tot ons te nader ons te kom soek? Die antwoord vind ons ondermeer in Joh. 8:28 en in Johannes hoofstuk 17. Wie se belange dra Yeshua op die hart? 2. Juda was bereid om die losprys te wees vir sy jongste broer, Benjamin (Gen. 44:33). Waarvan is dit n sinnebeeld? Wie was ook bereid om sy lewe vir sy broers af te lê? Wie het gekom om te dien en nie om gedien te word nie? Verwys Mark. 10:45; Matt. 20:28; 1 Tim. 2:5; Joh. 10:11, 15, 17 en 18; 1 Joh. 3:16. 3. Josef was verlore in Egipte, maar Juda het hom gevind. Waarvan is dit n profetiese heenwysing? Is ons die huis van Josef wat verlore was in die Egipte van sonde en toe deur die belangrikste afstammeling van die huis van Juda, naamlik Yeshua, gevind is? Gen. 45:2 Josef, n man van versoening. Hy het hardop gehuil en die Egiptenare, asook die huis van Farao het dit gehoor. Gen. 45:2 PWL Vertaling Josef is telkens deur sy emosie oorweldig toe sy broers voor hom in Egipte verskyn het. Met die eerste twee ontmoetings (Gen. 42:24 en Gen. 43:30 en 31) het hy nie in hulle teenwoordigheid gehuil nie, maar met die derde ontmoeting het hy openlik sy emosies getoon (Gen. 45:1 en 2). Josef se hartsbegeerte was vergifnis en versoening met sy broers, want hy het verstaan dat dit wat met hom gebeur het die wil en plan van YHVH was. Daarom kon hy aan sy broers sê: Moet egter nie nou spyt wees daaroor nie en laat daar geen kwaad in julle oë wees dat julle my hierheen verkoop het nie, want om lewens te red, het God my voor julle uitgestuur... Gen. 45:5) Josef is n heenwysing na (afbeelding van) Yeshua en is daarom ook bekend as Messias, die Seun van Josef (Mashiach ben Yosef). Josef se lewe kan opgesom word as hartstog (vurigheid) vir YHVH en erbarming (deernis, hartseer) vir die mensdom (Passion for YHVH and compassion for mankind). Hierdie is n heenwysing na die hoedanighede van Yeshua. Dit word ondermeer deur die volgende teksverse toegelig: Toe Hy die groot groep mense sien, het Hy liefdevol vir hulle omgegee, omdat hulle uitgeput was en rondgedwaal het, soos skape wat geen herder het nie. Matt. 9:36 PWL Vertaling. Yeshua het telkens innig jammer gevoel vir die blindes, siekes en die behoeftiges (Matt. 20:34; Mark. 1:41; Mark. 8:2). Hy het medelye getoon met die wat hartseer was (Luk. 7:13 tot 15 ; Joh. 11:35). Yeshua is ons Ewige Hoëprister wat in alle opsigte medelye met ons het: Niks wat geskep is, is onsigbaar in Sy Teenwoordigheid nie, maar alles is kaal en ontbloot in die oë van Hom aan Wie ons verantwoording doen, want daar is daarom vir ons n Groot nie-levietiese Hoofpriester wat opgegaan het na die hemel: Yeshua, Die Gesalfde Een, die Seun van God; laat ons vashou aan Sy belydenis, want ons het nie n hoofpriester, wat nie in staat is om te vereenselwig met ons swakhede nie, maar Een wat in alle opsigte getoets is net soos ons, maar sonder dat Hy sonde het. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van Sy onverdiende guns gaan sodat ons liefdevolle omgee kan ontvang en ons sal onverdiende guns vind om ons te help in n tyd van lyding. Heb. 4:14 tot 16 PWL Vertaling.

4 Die versoening tussen Josef en sy broers is veel meer as net n liefdevolle omgee vir die mensdom (medemens). Dit is ook n lewensles in versoening en eensgesindheid binne familie verband! Josef was bereid om verskille en geskille te vergewe en te vergeet sodat daar liefdevolle eenheid in die familie kan wees. Waar daar liefde en eenheid is, daar is YHVH se seën! Kyk, hoe goed en hoe lieflik is dit dat broers ook saamwoon! Dit is soos die kosbare olie op die hoof, wat afloop op die baard, die baard van Aäron, wat afloop op die soom van sy klere. Dit is soos die dou van Hermon wat neerdaal op die berge van Sion; want daar gebied YHVH die seën, die lewe tot in ewigheid! Ps. 133:1 tot 3. Die broederliefde moet blywend wees (Heb. 13:1), want dit is die behoud van n familie en die gemeente (volk) van YHVH. Yeshua se gebed vir sy dissipels is dat hulle in Hom in liefde en eensgesindheid sal funksioneer. Ek bid egter nie vir hulle alleen nie, maar ook vir die wat deur hulle boodskap in My sal vertrou sodat hulle almal een mag wees net soos U, Vader, in My en Ek in U is en dat hulle ook in Ons een mag wees. Ek het aan hulle die Gemanifesteerde Teenwoordigheid gegee wat U My gegee het sodat hulle een kan wees, net soos Ons Een is sodat die wêreld kan vertrou dat U My gestuur het; Ek in hulle en U in My sodat hulle volledig een kan wees en sodat die wêreld kan weet dat U My gestuur het en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het. Joh. 17:20 tot 23 PWL Vertaling. 1. Elke gelowige in Yeshua is die nageslag van Abraham, Isak en Jakob. Ons is dus deel van die familie van YHVH en daarom moet daar versoening en eenheid wees! Maar ons het egter rede om soos Josef te huil oor die verdeeldheid wat heers in die familie van YHVH! Die liggaam van Yeshua, Sy gemeente, is in duisende stukkies verdeel! 2. Die vraag is egter: Wie is my familie? Is die persoon wat glo in Yeshua as Messias, maar Torah verwerp my moeder, broer en suster? Kan ek met so n persoon een in Yeshua wees? Is die antwoord te vinde in Matt. 12:46 tot 50? Onthou ook in die verband die woorde van Yeshua in Matt. 10:34 tot 37! 3. Juda, en sy broers, het nie vir Josef herken nie, want hy het nie soos een van hulle gelyk nie en hulle het ook geensins verwag om hom in Egipte te sien nie hulle het geglo Josef is dood! Is dit nie ook die huidge situasie vandag nie, naamlik dat die huis van Juda nie die huis van Josef (Efraim) herken as hulle broers nie, want die meerderheid van laasgenoemde is geklee met die leerstellings van die Christendom? Onthou dat volgens Judaïsme is die Hebreeuse Yeshua nie dieselfde persoon as die Christendom se Griekse Jesus nie. Wanneer gaan Juda weer vir Josef herken as een van hulle? Is dit wanneer Christene terugkeer tot Torah-gehoorsaamheid? Is die wyse wat Juda jaloers gemaak gaan word wanneer die huis van Josef (Efraim) die getuienis van Yeshua as gekruisigde en opgestane Messias en Torah gehoorsaamheid uitleef? Gen. 47:7 tot 10 Die dae van die jare van vreemdelingskap En Jakob het Farao geantwoord: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd en dertig jaar. Min in getal en vol teëspoed was die dae van my lewensjare, en hulle het nie gehaal by die dae van die lewensjare van my vaders gedurende die dae van hulle vreemdelingskap nie. Gen. 47:9 Toe Josef sy vader Jakob aan Farao voorstel, was Farao se eerste vraag aan Jakob: Hoeveel is die dae van jou lewensjare? Maar luister hoe antwoord Jakob: Die dae van die jare van my vreemdelingskap is honderd en dertig jaar.

5 Hoekom wou Farao die ouderdom van Jakob weet? Was dit omrede Jakob so oud en afgemat gelyk het? Waarskynlik, want Jakob se lewensjare was nie gemaksugtig nie! Hy het vir twintig jaar vir Laban gewerk en soos Jakob tereg vir hom gesê het: Ek was n man wat bedags deur die hitte verteer is en snags deur die koue, en my slaap het gevlug van my oë. Twintig jaar was ek nou in u huis; veertien jaar het ek u gedien vir u twee dogters en ses jaar vir u kleinvee; en u het my loon tien maal verander. Gen. 31:40 en 41. Dan het Jakob ook sy geliefde vrou, Rebekka, aan die dood afgestaan en het hy ook vir 20 jaar gerou oor sy geliefde seun Josef. Sekerlik het Jakob op die ouderdom van 130 nog ouer gelyk as wat hy werklik was! Maar hoekom verwys Jakob na sy lewe as jare vol van sy vreemdelingskap, asook min in getal en vol teëspoed? Al Jakob se lewensjare sedert Isak hom gesën het, was in die verwagting dat hy volgens YHVH se belofte aan sy oupa Abraham in die Beloofde Land sou woon en sterwe. Nou was Jakob in Egipte en hy het geweet dat sy lewensjare, net soos die van Abraham en Isak, jare van n nomadiese bestaan en vreemdelingskap sal wees. Daarom lees ons in Heb. 11:13 tot 16 (PWL Vertaling). In vertroue is hulle almal dood, sonder om die beloftes te ontvang, maar hulle het dit op n afstand gesien en hulleself daarin verheug en het erken dat hulle vreemdelinge en nomades op aarde is, want die wat sulke dinge sê, wys dat hulle vir hulle n stad soek. As hulle na dié stad waaruit hulle weggetrek het, gesoek het, was daar vir hulle tyd om weer daarheen terug te gaan, maar nou is dit duidelik dat hulle na n beter een verlang; na dit wat in die hemel is. Daarom skaam God Hom nie vir hulle om húlle God genoem te word nie, want Hy het vir hulle n stad voorberei. Jakob se verlange was nie meer na n aardse woonplek en stad nie, maar na dit wat in die hemel is. Die skrywer van die boek van Hebreërs herinner ons daaraan dat Abraham, Isak en Jakob vreemdelinge en nomades op aarde was wat se verwagting meer was as net die land Kanaän. Hulle verwagting was die vervulling van die belofte van die nuwe Jerusalem wat hulle, en vir elkeen wat soos hulle in vertroue en gehoorsaamheid leef, deur YHVH voorberei is. So is ons vandag ook vreemdelinge en bywoners nier op aarde. Daarom skryf Petrus: Maar ons verwag volgens sy belofte nuwe hemele en n nuwe aarde waarin geregtigheid woon. (2 Pet. 3:13) 1. Was Jakob nie ondankbaar toe hy aan Farao gesê het dat sy jare min in getal en vol teëspoed was nie? Het YHVH dan nie vir Jakob ook die belofte van die verbond met Abraham gegee nie, en hom gered uit die hand van Esau en Laban nie, en Josef en Benjamin aan hom as te ware terugbesorg nie, en hom en sy familie van hongersnood gered nie, asook hom op vele ander wyses geseën nie? Ons vergeet te maklik al die seëninge van YHVH, maar nooit die tye van teëspoed nie! Is ons lewens nie propvol seëninge met tussenposes van teëspoed nie? Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. Heb. 13:5 Who is the rich person? He who is happy with his portion. If you focus on what you have, you will be happy. Pirke Avos, Ethics of our Fathers 4:1 Joy is the simplest form of showing gratitude Anonymous I only experienced true joy when I stopped persuing happiness Anonymous The hardest arithmetic to master is that which enables us to count our blessings Eric Hoffer

6 Midrash Haftorah (Haftorah Bespreking) Eseg. 37:15 tot 28 En Laat Hulle een Word In Jou Hand! Dit is gepas om onsself daaraan te herinner dat die weeklikse Haftorah Skriflesing altyd aansluiting vind by die week se Torah (parashah). Hierdie week is versoening die kerngedagte van beide. Die Torah Skriflesing van die versoening tussen Josef en sy broers is n sinnebeeld van die profesie van die Haftorah in Eseg. 37:15 tot 28. Daarom is die openingswoorde van die Haftorah die volgende: Verder het die woord van Yahweh tot my gekom en gesê: En jy, seun van Adam (mensekind), neem vir jou n stuk hout, en skryf daarop: Vir Yehudah en vir die kinders van Yiesraél, sy bondgenote; en neem n ander stuk hout en skryf daarop: Vir Yosef (die hout van Efrayiem) en die hele huis van Yiesraél, sy bondgenote. Voeg hulle dan vir jou bymekaar, die een by die ander, om een stuk hout te wees, en laat hulle een word in jou hand. Eseg. 37:15 tot 17 Woord en Getuienis. Hierdie is die profesie oor die toekomstige versoening en eenwording van die twee huise van Israel, naamlik die huis van Juda (Suidelike Koninkryk) en die huis van Efraim (Josef)(Noordelike Koninkryk). Volgens Hebreeuse denke sal hierdie eenwording op bonatuurlike wyse geskied soos uitgebeeld word deur die twee stukke hout wat so saam gevoeg word dat dit soos een sal lyk asof dit nooit twee was nie! YHVH het aan koning Dawid belowe dat hy en sy nageslag vir ewig oor Israel sal regeer, maar dit het nie die tydelike verdeling van die twaalf stamme van Israel uitgesluit nie. Die geskiedenis leer ons dan ook dat kort na die dood van Salomo het Israel in twee koninkryke verdeel. Jerobeam, die seun van Nebat, n Efraimiet, het die koning van die Noordelike Koninkryk, bestaande uit tien stamme, geword (2 Kon. 11:26 tot 39). Die seun van Salomo, Rehabeam, het koning van die Suidelike Koninkryk geword, (1 Kon. 11:43). Esegiël het geprofeteer dat hierdie twee huise egter weer een sal word soos twee stukke hout wat sodanig een word dat geen teken van skeuring of tweedrag sigbaar sal wees nie. Die profeet gaan verder en sê in die Naam van YHVH: En hulle sal hul nie meer verontreinig met hulle drekgode en hulle verfoeisels en met al hulle oortredinge nie; en Ek sal hulle verlos uit al hulle woonplekke waarin hulle gesondig het, en sal hulle reinig. So sal hulle dan vir my n volk wees, en Ek vir hulle n God wees. En my kneg Dawid sal koning oor hulle wees, en hulle sal almal een herder hê; en hulle sal in my verordeninge wandel en my insettinge onderhou en daarna handel. En hulle sal woon in die land wat Ek aan my kneg Jakob gegee het, waar julle vaders in gewoon het; ja, húlle sal daarin woon, hulle kinders en hulle kindskinders tot in ewigheid; en my kneg Dawid sal hulle vors wees vir ewig. En Ek sal n verbond van vrede met hulle sluit, dit sal n ewige verbond met hulle wees; en Ek sal hulle daar bring en hulle vermenigvuldig; en Ek sal my heiligdom in hulle midde vestig vir ewig. En my tabernakel sal oor hulle wees, en Ek sal vir hulle n God wees en hulle vir my n volk wees. En die nasies sal weet dat Ek YHVH is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees. Eseg. 37:23 tot 28 Hierdie verse verwys na die finale stadium van eenwording tussen die twee huise van Israel. In die Millennium sal alle aspekte van eenwording volledig deur die hand van YHVH bewerkstellig word. Dan sal YHVH Hom weer met Israel verenig en YHVH se Woorde van Ek sal vir julle n God wees en julle sal vir my n volk wees sal vir ewig so wees: En die nasies sal weet dat Ek YHVH is wat Israel heilig as my heiligdom vir ewig in hulle midde sal wees. Dit sal n verenigde en eensgesinde Torahgehoorsame volk in Yeshua wees!! Wanneer dit gebeur sal YHVH se ware identiteit en Enigheid (Deut. 6:4) deur die ganse wêreld herken en eerbiedig word. Dan sal die volle omvang van YHVH se seën blywend oor Israel wees. Die profesie van Esegiël herinner ons aan die woorde van Paulus in Romeine hoofstuk 11 waar hy Israel met n olyfboom met twee tipe takke vergelyk wat op dieselfde stam groei en deur dieselfde

7 wortel gevoed word. Die een tipe takke is die van die mak olyfboom wat van die begin af deel van die olyfboom was en die ander tipe takke is die van die wilde olyfboom wat daarop ingeënt is. Die wortel van die olyfboom is YHVH en die stam is Yeshua, die vleesgeworde Torah. Die natuurlike takke is albei die huise van Israel en die ingeënte takke is diegene uit die nasies (gentiles, nie-jode). Hoewel sommige van die natuurlike takke afgebreek was, sal dit weer terug ingeënt word. So sal dit weer een boom saam met die wilde ingeënte takke vorm. Takke wat almal gevoed word deur een wortel en een stam! Al die takke sal dieselfde vrug voortbring (Gal. 5:22) en sal dieselfde getuienis hê (Open. 12:11)! In die einde van dae sal Josef (Efraim) en Juda versoen wees en daar sal talle uit die nasies wees wat by Israel sal aansluit. Talle van die sogenaamde tien verlore stamme (huis van Efriam) sal deur vertroue in Yeshua as Messias op die olyfboom ingeënt word. Hierdie week se parashah is n heenwysing en bevestiging van dit wat besig is om in vervulling te kom soos wat deur die profeet Esegiël geprofeteer was. Alles wat daarom in eenheid met Die Gesalfde Een is, is n nuwe skepping, die ou orde het daarmee verbygegaan en alles het nuut geword vanaf God; Hy wat ons verhouding met Homself herstel het deur Yeshua, Die Gesalfde Een en vir ons die bediening gegee het om dié verhouding te herstel, want God, in eenheid met Die Gesalfde Een, het die verhouding van die wêreld met Sy majesteit herstel en nie hulle sondes vir hulle bereken nie en ons eie boodskap van die herstel van die verhouding in ons gesit. 2 Kor. 5:17 tot 19 PWL Vertaling 1. In Jer. 11:16 word Israel vergelyk met n olyfboom waarvan sommige takke afgebreek is. Beide huise van Israel het YHVH se verbond verbreek (Jer. 11:10) en moet daarom weer terug ingeënt word op die olyfboom deur die versoeningswerk van Yeshua Messias (Rom. 11:13 tot 24). Is hierdie inenting al voltooi? Is dit ons taak om die getuienis te wees van Yeshua as Messias wat in Torah-gehoorsaamheid lewe en om sodoende die afgebreekte takke van die olyfboom jaloers te maak sodat hulle terug ingeënt wil word? Onthou: Versoening met YHVH vereis vertroue in Yeshua as gekruisigde en opgestane Messias en Torah-gehoorsaamheid! Wie is diegene wat hierdie getuienis het en dus geskik is om die Evangelie te verkondig? -o-o-o-o-o-o-o-o-o- Ontvang YHVH se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shabbat shalom. Johan Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.