OKTOBER Wees LIG! HARTLIK WELKOM!

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Prins word die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Hartklop. van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Community of Practice

Les 6 vir 10 November 2018

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Hartklop. van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Ook te koop by Kerkkantoor: Anna se organiese Hanepoot Korrelkonfyt: R20 per potjie. Geliefde Lourensrivierder

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Addendum A Consent form

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Die maan en sy rol in ons wereld *

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Van Vervolger tot Prediker

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

As-Woensdag. Baie welkom in die 46 dae lydenstyd Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Pretoria- 23 Junie 2012

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Waar is God as ons swaarkry?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

WEEK JAN 2018 TYD OM ERNSTIG TE RAAK!!

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Berribrokkies Nuusbrief van Fred en Paula Berrington Posbus 739, Groot-Brakrivier, (Fred) (Paula) Mei 2014

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

1. Oorsig van die program 2. Doel en toekoms van die Jeug-Familie Indaba 3. Wandel saam deur Kolossense 3:12-17

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jaargang 6 Uitgawe 27 HARTIES NG GEMEENTEBLAD November 2017

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1.

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

SHELLEY POINT NEWS. Terry. September 2016

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

God. Ons. m et N LIEF GOD GROOTLIKS JOERNAAL

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Unity Apostles Church of New Zealand Post Card- Farewell to Evangelist John Weder All Honour to God

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Transcription:

HARTLIK WELKOM! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles Hartklop 22 Oktobermaand is ons Feesmaand: Die 14de het ons die Gemeente se 16de Jaar van Genade gevier 14 Okt. 2001 2017. Die 29ste DV word ons gemeente se Godstories bekend gestel Spore van Seën (390 bladsye vol Godsstories). Die 29ste pak ons die ouditorium en sysaal vol vir ons Feesdiens gelei deur ons eerste en gewaardeerde herder, ds. Michiel de Kock. Na die diens vier ons die Here se genade in die Kuiertuin en alles wat aangebied word is gratis en genade! En dan is daar ons 10de Maand Dankoffers. Ja, ons bring koevertjies kerk toe, maar wat binne daardie koeverte is weet net jy en die liewe Here alleen n geldjie, n groot geld of n briefie en of selfs n persoonlike gebed...? Dinsdagaand (die 31st) vier ons Hervormingsfees... Wees LIG! OKTOBER 2017 DEURKOLLEKTE VANOGGEND Spes. Koll. Bejaardesorg Baie dankie vir u volgehoue gebede en ondersteuning. AANDDIENS @ 18:00 Ons verwelkom u almal graag terug. Ons gaan voort met ons nuwe reeks: OP REIS! Ons gaan reis saam met God, met ons Bybel en in Gebed. Kom reis gerus saam met ons. (Teentrixgroepe na die diens) Wat sê die Here? Die Here sê juis ons moet juis ons feeste vier - Kersfees, Paasfees, Opstandingsfees, Pinksterfees, Nagmaalfees, Doopfees, Dankfees en ook Hervormingsfees. In Deuteronomium 16 kom hierdie opdrag om fees te vier. En let op: Ons moet vrolik wees, want God het die werk van ons hande geseën. Ons moet ook terugdink en onthou wat ons eers was en wat ons nou is danksy die Heer se genade) Ons mag nie die feeste alleen vier nie, daarom kom die opdrag om jou seuns en jou dogters, jou slawe en slavinne, die Leviete en die vreemdeling, die weeskinders en die weduwees saam te nooi (Deut. 16v11-12). Hoekom só fees vier...? Miskien vra ons kinders en bure wat dit beteken, en dan kan ons getuig van die Here se liefde en genade! VANOGGEND SE EREDIENS DR WILHELM BURGER (LUISTER NA DIE TOEKOMS) DIE TOEKOMS IS OOK NIE MEER WAT DIT ALTYD WAS NIE (MATT 24:3-14) Was daar ooit 'n tyd in hierdie wêreld waar die toekoms sonder onsekerheid was? Onsekerheid is deel van die toekoms. Tog is daar al meer voorspellings oor hoe die toekoms kan lyk. Kennis en tegnologie verdubbel nou elke paar jaar. As jy vandag 70 jaar oud is, is dit verbasend om terug te kyk oor wat alles in jou leeftyd verander het! Die vraag is of ons aarde die ontwikkelings sal kan dra? 'n Dieper vraag is of ons geloof, gegrond op 'n antieke geskrif bekend as "Die Bybel", sal kan stand hou in 'n wêreld wat glo dat hulle die misterie ontrafel het? Inderdaad, die toekoms is nie meer wat dit altyd was nie...

MAANDAG 23 OKTOBER GEBED: Ons bring aan U Heer Jesus, ons lof en dank en eer. Ons wil u hierdie dag net eer vir wie U is. DINSDAG 24 OKTOBER GEBED: Heilige Gees, Trooster, Inspirasie, ons eer U vandag. Dankie vir die inspraak in ons lewens. SOPKOMBUIS WOENSDAG 25 OKTOBER GEBED: Halleluja, U is Koning, ons aanbid U, in U woning, U is die Alpha en Omega, daarom sing ons, Halleluja! 11:00-13:00 KLEREKAS DONDERDAG 26 OKTOBER GEBED: Jesus Christus, ons aanbid U, heilig is U naam, Jesus Christus, ons aanbid U, heilig is U naam. 16:00 GESAMENTLIKE VROUEBIDUUR BY DIE VGK MOUNT PLEASANT. Ons nooi alle vroue van die hele gemeenskap. Navrae: Elsa Marais 082 373 6629 VRYDAG 27 OKTOBER GEBED: Daarom Vader, is hierdie Dankoffer n teken dat ek myself, al my gawes en alles wat ek is en het, aan U toevertrou, want U is alles vir my en dit is genoeg. SONDAG 29 OKTOBER 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam! WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 24) 09:00 10DE MAAND DANKOFFER GEMEENTEFEES Sondag het ons weer die geleentheid om vir Vader dankie te sê vir Sy sorg, liefde en genade in ons lewens asook in Onrusgemeente. Ons het die gebruik om onsself as Gemeente uit te dag om in die 10de maand van elke jaar n ekstra tiende van ons gawes aan die Here te gee. Alles wat ons het behoort aan Hom. Ons gee dus net terug wat Hy aan ons toevertrou het om vir Hom te bestuur. Spesiale 10de Maand koeverte is reeds in die wyke uitgedeel. Indien u dit nog nie ontvang het nie, is dit by die deure en die kerkkantoor beskikbaar. Skryf gerus n dankie-brief aan God, sit n blommetjie in, teken n prent of sit n geldjie in. Dit is n teken van ons dankbaarheid vir Sy onverstaanbare genade vir elkeen van ons en vir Onrusgemeente. Hierdie gaan ook n BAIE informele diens wees, wat beteken ons kom met ons jeans en tekkies kerk toe! Direk na die erediens gaan ons direk daarna na die kuiertuin op die grasperk vir iets om te drink asook heerlike broodtafels. Die vure gaan al hoog brand en sappige hoender is al aan die braai. Daar gaan ook kraakvarslekker slaaie wees (baie dankie aan die wyke) en die kinders kan heerlik speel en baljaar op die grasperk agter die Dienssentrum. WAT GAAN DIT KOS? KAARTJIES? Kom haal asb jou GRATIS kaartjie by die kerkkantoor (teen laatste Woensdag 25 Okt) sodat ons hoeveelhede kan bevestig. Daar sal wel donasieboksies beskikbaar wees op daardie Sondag waar u welkom is om iets in te gooi, maar geen verpligting. WAT BRING JY SAAM? Jou eie eetgerei, drinkgoed, n tafeltjie, stoele en sambreel as jy buite wil kuier (daar sal ook tafels wees in die sysaal vir die wat binne wil kuier). ONS SIEN UIT DAARNA OM SAAM MET U FEES TE VIER EN VADER TE DANK! WELKOM! 18:00 AANDDIENS (Teentrixgroepe na die diens) WAARNA KAN ONS UITSIEN? MOSAÏEKGROEP BYEEN- KOMS Maandag 30 Oktober 2017 om 15h00 in Dienssentrum. Dit is ons laaste amptelike byeenkoms en almal is welkom om dit by te woon. SPOELKLIPPE-AFSLUITING VRYDAG 17 NOV DV 17:30 in die Maalruimte Kaartjies @ R50 pp by Kerkkantoor. (Slegs beperkte hoeveelheid beskikbaar!) Broodtafel, gebakte vis en slaaie op 'n stokkie. Koffie/ tee word verskaf. BRING SAAM: Eie drinkgoed, beker en eetgerei. OP VERSOEK WORD DIE DVD VAN VERLEDE JAAR " MUSIEK-POTPOURRI "DAARNA OM 19:00 IN DIE SENTRUM HERHAAL. 19 NOVEMBER 2017 @ 18:00 - Teentrix Afsluiting 26 NOVEMBER 2017 @ 18:00 - Aandnagmaal 5 DESEMBER 2017 @ 09:00 - Kerssangdiens SONDAG 5 DES 2017 - Gemeentekalenders beskikbaar 16 DESEMBER 2017 @ 16:00 - Voedselfees Accepting the gift of Jesus Christ requires humility, because you're admitting that you can't save yourself by your own means.

SONDAGOGGEND 29 OKTOBER HERVORMINGSDANKFEES TEKS VAN DIE WEEK Wat beteken dit om te sȇ ons behoort aan die Nederduits Gereformeerde Kerk? Ja, ons dink nie altyd so daaraan nie, maar ons behoort aan n kerk in wie se wortels dit lȇ dat daar 500 jaar gelede, deur die ingryping van God deur mense soos Martin Luther en verskeie ander, wat Hy gebruik het n totale vernuwingsproses of dan n hervorming plaasgevind het. Terug na God self, terug na Jesus alleen, die Woord van God alleen, Verlossing deur genade alleen en geloof alleen. Maw terug na die hart van God en die wese van die Evangelie. Het hierdie pad en proses dan toe opgehou? Nee, nooit nie en dit mag ook nie; dit is voortdurende hervorming, voortdurende vernuwing altyd nader aan die hart van God, altyd n soeke in diepe afhanklikheid om God drie enig te gehoorsaam. Daarom het ons vandag n Dankfees. n Dubbele Dankfees vir GOD se ingrype 500 jaar terug en n Dankfees dat God nooit Sy kerk los nie. Dat God ook met Onrusgemeente moeite maak. Ja, dat Hy ook vir ons genade gee, Sy seën oor ons uitstort om die pad van voortdurende vernuwing, altyd nader aan die hart van ons drie enige God te bly loop. Kom ons vertel hierdie week vir mekaar God se stories wat Hy hier in Onrusgemeente in ons harte en lewens kom skryf het, en hoe Hy besig is om ons nader te bring aan Homself, sodat ons meer en meer bruikbaar kan wees om Sy Koninkryk te laat groei en Sy Heilige Naam elke dag groot te maak. Kom ons lees Esegiël 47 herhaaldelik en dan vier ons dit orals waar ons sien God besig is om die Dooie See in ons lewens en gemeenskap vars te maak. Daar is n uitdrukking wat sȇ: Dutch reform, much reform. Mag die Gees van God nooit ophou nie, en mag ons dit altyd hoopvol WAAG saam het Hom om Sy vernuwingspad te bly stap, sodat Hy net meer en meer sigbaar kan word in ons mooi land en gemeenskap. SOLI DEO GLORIA. Michiel DIS SOLA GRATIA AL DIE PAD VAN 31 OKT 1517 TOT 31 OKT 2017 OOK HIER IN ONRUSRIVIER Stel jouself voor: n Toegewyde priester en hoogs geleerde akademikus wat binne die kerk en met die Bybel voor hom oop, soek na God...? Nog beter: Hy soek n genadige God. Hy bid en hy vas en hy bely elke bekende sonde. Hy folter en pynig sy liggaam. Hy weerhou hom van elke menslike genot. Hy word n askeet. Hy sien visioene. Maar alles tevergeefs. Hy kan hierdie genadige God nêrens vind nie. 500 Jaar gelede sit n desperate Martin Luther in n klein kamertjie in Wartburg, in die bergland van Thuringen. In sy soeke na n genadige God bid hy Psalm 71 Red my tog, o God. Here, kom my tog gou te hulp. Die Here verhoor sy gebed. Die Bybel gaan vir hom oop by Romeine 1v17. Luther lees dat die mens genadiglik vrygespreek word omdat hy glo, uit genade. Nie uit verdienste nie sola gratia! Dinsdagaand, DV die 31ste Oktober om 18:30 gaan Gert Claassen die verhaal van Martin Luther kom vertel. Gert het spesiaal Europa toe gereis om Luther se voetspore te volg. En met n professionele data aanbieding kom Gert ons vertel hoe hierdie man van God sy genadige God gevind het en wat dit hom gekos het. ONS IS ALMAL UITGENOOI OM DIE REFORMASIE TE KOM VIER. VRIENDE IS WELKOM! ONRUSGEMEENTE OUDITORIUM OM 18:30, 31 OKTOBER 2017. KOM LUI SAAM MET ONS DIE KERKKLOK! The Five Solas are: Sola Scriptura ( Scripture alone ): The Bible alone is our highest authority. Sola Fide ( faith alone ): We are saved through faith alone in Jesus Christ. Sola Gratia ( grace alone ): We are saved by the grace of God alone. Solus Christus ( Christ alone ): Jesus Christ alone is our Lord, Savior, and King. Soli Deo Gloria ( to the glory of God alone ): We live for the glory of God alone. Dit is regtig belangrik. As die Reformasie nie gebeur het nie, was ek en jy dalk vandag nog besig om voor Priesters te bieg en vir ons sondes met afkoopgeld te betaal. EN ek weet nie van jou nie, maar ek het nie genoeg geld nie. BENJAMIN HEYS DANKFONDS Die boek - Ubuntu, Africa Loves Me - is by die kerkkantoor beskikbaar teen n donasie van R100 of selfs meer. Ons gemeente het n ouma en oupa ondersteun na die ongeluk van n kleinkind. Nou wil ons weer hulp aanbied aan n jong enkelmoeder met n tweeling. Hierdie Fonds wil die moeder help met die grootmaak van haar tweeling. Die babas word ook siek soos alle kinders, maar die een outjie het n hart defek wat addisionele uitgawes huis toe bring. Ons wil weer baie dankie sê vir u ondersteuning asook die gebede en terugvoer op die boekie! DIE EFT REKENING: Hermanus Accounting Standard Bank, Hermanus Takkode: 050-312 Rek nr: 201766655 Verw: Benjamin Heys Dankfonds

DIENSSENTRUMNOMMER 028 316 1745 Deur die genade van God KONTAK VIR JOAN OF HANNIE (09H30 12H30) ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM DINSDAG 24 OKT HAARKAPPER: Kontak Ester by 081 453 8130 om u hare mooi te maak, te sny, te kleur, te knip, rollers in te draai, te "perm". Sy maak mens baie mooi. KLINIEK: Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 indien u 'n afspraak wil maak vir bloeddruk, suiker, inspuitings toedien ensovoorts. JUKSKEI OM 09H45: Ons begin weer met jukskei. Kom sluit aan by die vier mans wat aangedui het hulle gaan speel. Kom ons kyk of ons nie 'n span kan volmaak nie. Dis lekker oefening, lekker gesels en sommer net saam wees met mekaar. SITKAMER @ 10H00: KOM WEES SAAM KREATIEF Kom leer saam, kom doen saam, kom wys vir ons. Dit is die mense wat graag kreatief wil wees. Kom doen saam met hulle en indien jy iets vir die groep kan kom leer - kom demonstreer dit. Ons leer graag. WOENSDAG 25 OKT TRIMGIM WOENSDAGMIDDAG IN DIE ONSTEATER OM 15h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R45pm vir lede (R60pm vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085. VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die Dienssentrum vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi! DONDERDAG 26 OKT 10H00 KOM BREI SAAM Dr. Hoepie is nie hier vir die res van die jaar nie. Ons sorg egter vir iemand om die voorlesings te doen. So kom brei saam, kom sit agteroor en geniet 'n koppie tee/koffie. OKTOBER IS KANKERMAAND Ons almal ken n Pauline wat Besig is om kanker te beveg. Ons weet ook dat n bietjie Ondersteuning sommer baie ver gaan. Oktober is Kanker ondersteuningmaand en ons wil u aanmoedig om n pienk lap @ R25 by die Onrusrivier Dienssentrum te koop teen ondersteuning van Kankerpasiente en verdere navorsing. Hierdie pienk lap bind ons dan rondom bome dwarsdeur ons dorp om ons ondersteuning, liefde en daar wees vir kankervegters te wys. Vir enige navrae, kontak gerus vir KANSA op (028) 316-3678 of besoek hulle kantoor by Hv Roos & Douglass in Onrusrivier. GEBED VIR KANKERLYERS Here God, ons bid vandag spesiaal vir elke persoon sat hierdie siekte in hul lewens het. Ons bid vir Genade. Ons dra ook hul familie en vriende aan U op en bid dat U elkeen in hierdie tyd styf sal vashou.

VRYDAG 27 OKTOBER @ 09:30-11:30 'n Hartlike uitnodiging om vir net R30 'n koppie koffie/tee en 'n heerlike soet-of sout van jou keuse te kom geniet. GROEPBESPREKINGS: Kontak asb vir Marie so 2 weke voor die tyd om jou plek te bespreek op 028 316 4018. FOTO REGS: Dit was vir die KOL- WYNTJIE net n groot plesier om hierdie 4 vriende te bedien. FOTO ONDER: Alta het weer van haar ander vriendinne genooi na die KOLWYNTJIE. BELANGRIKE VERSOEK! Die program vir die KOLWYNTJIE vir 2018 word in NOVEMBER gefinaliseer. Sal die dames wat nie meer beskikbaar is vir 2018 asseblief vir Marie kontak by 028 316 4018 of stuur sms na 083 457 1896. Indien sy geen terugvoering gaan kry nie, neem sy aan dat jy nog beskikbaar is vir 2018 se KOL- WYNTJIE. Indien daar nog dames is wat wil betrokke raak, moet hulle haar asseblief kontak. Dis die ideale manier om ander dames te ontmoet en so in te skakel by ons gemeente se bedrywighede. Kom beleef Jesus se liefde elke Vrydag by die KOLWYNTJIE! JAARGELD: Onthou om u jaargeld te betaal. R400 vir 'n enkelpersoon en R600 vir 'n egpaar. KOEKSISTERS KOEKSISTERS KOEKSISTERS: Die Dienssentrum het 'n persoon wat koeksisters bak en verkoop - ons kry 'n bedrag vir elke pakkie verkoop. Die persoon gaan twee weekliks op 'n Maandag bak. U kan bestel vir 30 Oktober. Die bestellings kan by Joan/Hannie of Erika (079 322 0998) geplaas word. Dit kos R30 per dosyn. Betaal asseblief by bestelling van die koeksisters. POEDING/NAGEREG: Die Dienssentrum het op Dinsdag, 31 Oktober, om 10h00 'n poeding/nagereg oggend. Koste daarvan is R10 vir lede en R20 vir nie-lede. Kom gee u naam asseblief in en betaal by Joan/Hannie by 028 316 1745. RSVP voor Vrydag, 27 Oktober, om 13h00. NAALDWERK: Rita kan nie meer die klere verstel nie. Ons soek dringend na iemand wat hierdie bediening (diens) aan die dienssentrum sal verskaf. U kry die werk en die dienssentrum vra slegs 10% van u inkomste. Indien u belangstel om te kom help kontak asseblief vir Joan/Hannie/Erika by 028 316 1745. JAARVERGADERING: Die Dienssentrum se jaarvergadering vind plaas op Dinsdag, 28 November, om 10h00. Saam met die jaarvergadering het ons 'n baie bekende persoon as spreker. Prof. George Watermeyer gaan vir ons vertel van sy aftrede en wat hy doen om homself fisies, psigies en emosioneel goed te laat voel op sy ouderdom. Kom luister saam na alles wat die jaar gebeur het en wat u voel moet nog gebeur by die Dienssentrum en kom luister na prof. Watermeyer.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K) 083 468 8194 mdekock@ngkonrusrivier.co.za DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K) 083 448 1651 wb@ngkonrusrivier.co.za DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185 anton@ngkonrusrivier.co.za DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 cliffordheys@hermanus.co.za VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl 082 339 9871 vanzylhome@vodamail.co.za EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633 evangelis.ngkonrus@gmail.com MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen 028 316 3115 (K) 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za KOMMUNIKASIE BEAMPTE Karin de Bruin 084 305 2086 kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za KERKKANTOOR ma - vry 08h00-13h00 Tel (028) 316-2116 info@ngkonrusrivier.co.za www.ngkonrusrivier.co.za ONTVANGS Mervian van der Merwe 084 875 7875 info@ngkonrusrivier.co.za REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312 fin4jesus@ngkonrusrivier.co.za ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759 admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za KOSTER Johan Symington 082 546 7415 Vir navrae en kommentaar op die Hartklop hartklop@ngkonrusrivier.co.za (Advertensies sluit Dins 12:00) wees DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA Rek. 406 215 2718 EKSAMENVOORBEREIDING: Vanaf 4 November tot eksamen eindig. Sluit enige vakke van Gr. 4 tot 12 in. Konsentreer veral op Wiskunde en Tale. Skakel Marné en Laura Vorster op 0742283962. Koste is R150 per uur. Sal ook besoek by leerlinge se huise doen. KOSPAKKIES BAIE, BAIE dankie vir al die items ontvang! Mag ons Vader julle ryklik seën vir julle oop harte, hande en beursies. GESOEK: Karstoeltjie vir 1 1/2 jarige seuntjie. Het dit nodig oor die Kersgety. Kontak C. du Toit 028 316 3937. FOTO ONDER: Verlede Sondagaand het die tieners in hul groepe die gemeentewaardes uitgebeeld op papier. Groot pret, lekker saam geleer en gekuier! Sien julle almal weer Sondagaand @ 18:00 wanneer ons verder reis. GEBED VIR NOOD EN SIEKTE CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING Nonnie Blignaut, Piet Haumann, Sumien Warwick, Chantelle Theron, Eulogy Kroon, Sheila du Toit, Charles Hitge MEEGEVOEL MET die familie en vriende van Hannatjie Oosthuizen en Cornelia Cooke. Ons gebede is met julle in hierdie tyd. OPERASIE / HOSPITAAL Marietjie Kruger, Ruanda Brand, Flick du Toit, Theo Pegel SIEKTE / SORGEENHEID / VERSWAK / AANSTERK Marius vd Watt, Marietjie Pietersen, Suzette van Zijl, Francois Goosen, Ruper Mizon, Johanna Groenewald, Cas van Rensburg, Hester Bekker, Ella Agenbach,, De Wet Mostert (Marie Mostert se 16 jarige kleinseun in Paul Roos met gewas op die brein), Hannes Nothling, André Olivier, Carien Viljoen, Christa de Villiers ONS BID VIR: Hanlie Chambers wag op lewer en nier oorplanting sy is tans baie swak (Ina & Rassie Erasmus se dogter) SPESIALE GEBED Ons bly bid vir Suid-Afrika: Vir ons regering en al die leiers. Ons bid ook vir almal waar daar storms en oorstromings was. En dan bid ons ook vir die Wes-Kaap se droogte. Here, dankie dat ons WEET dat U altyd en steeds regeer. SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 n Nie-winsgewende organisasie help2read.org is opsoek na vrywilligers (geen betaling) wat laerskool kinders in ons omgewing kan help om hul leesvermoë te verbeter. Huidiglik is daar n program in wording by Mount Pleasant Primary, Diepgat (Hemel & Aarde Vallei) en Die Bron (Stanford). Inligting is verkrygbaar by Hanna by die Kerkkantoor. Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand ( n besigheid in ons dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te doen). Ons eer God vir julle gehoorsaamheid en liefde en bid Vader se seën oor jul besigheid en gesinne.