Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Similar documents
"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Waar is God as ons swaarkry?

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Die betekenis van die kruis (1)

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Wegraping (Saamgevat)

Les 6 vir 10 November 2018

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Van Vervolger tot Prediker

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Community of Practice

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Gebed. Bybelse Dissipelskap

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

God. Ons. m et N LIEF GOD GROOTLIKS JOERNAAL

Ps.119:89 Parashah 21 Ki Tissa = Oplig Ex.30:11-34:35 1Kon Luk.11:14-20; Hand.7:35-8:1; 1Kor.8:4-13;10:1-13; 2Kor.3:1-18

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

keys to preach the Gospel carlos moses

Lees: Jesaja 1. HK Sondag 33, vraag & antwoord Dordtse Leerreëls 1:13. Teks: Jesaja 1:3, HK Sondag 33, vraag & antwoord 89 & 90

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Midrash (Torah Bespreking)

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Wisdom Culture 17 APRIL Is Jesus in die Ou Testament?

Transcription:

Jesus en gebed Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S. Lewis Jesus en gebed Jesus het dikwels gebid. Volgens Leonard Sweet en Frank Viola (Jesus A Theography) staan Jesus se gebede in skrille kontras met die praktyke van destyds. Daar is op spesifieke tye van die dag gebid: 09:00, 12:00, en 15:00. Jesus het veral soggens vroeg en saans gebid. Die vrome Jode het gestaan as hulle gebid het gewoonlik het hulle nie gekniel of gebuig nie. Die gebede was selde spontaan. Die vroom Jode het versamelings van gebede opgesê. Gebede is so gereël tyd en plek dat die bidder duidelik gesien en gehoor kan word. Hulle bid lang gebede in openbare plekke. Jesus verbreek hierdie rigiede patroon. Hy moedig mense aan om na hulle kamer te gaan, die deur toe te maak en daar te bid. Hy waarsku: Moet julle nie soos die heidene n stortvloed van woorde gebruik nie Hy beveel kort, eenvoudige gebede aan. Jy kan die Ons Vader-gebed in een of twee minute bid. n Baie goeie voorbeeld is Elia se gebed op Karmelberg (1 Konings 18). Die Baälprofete roep van die môre tot die middag, maar Baäl reageer nie niks gebeur nie. Toe kom Elia na vore en bid twee sinne en die Here verhoor sy gebed. Daar is egter een aspek van Jesus se gebedslewe wat ons nie moet miskyk nie: Hy was in voortdurende gemeenskap met sy Vader elke minuut van die dag. Natuurlik moet ons gereelde tye en plekke hê om te bid, maar ons moenie vergeet dat ons enige tyd op enige plek met ons Vader in die hemel mag praat.

Die Fariseër en die tollenaar I would rather die of passion than of boredom Vincent van Gogh Die Fariseër en die tollenaar In Lukas 18:9 14 lees ons die gelykenis van die Fariseër en die tollenaar. Emil Brunner (Sowing and Reaping, Epworth 1964, p23) skryf soos volg: Beteken dit dat ons voortdurend voor God moet kom met die volgende woorde op ons lippe: O, God, wees my, sondaar, genadig. Ja, dit word geïmpliseer. Selfs meer. Slegs met hierdie nederigheid staan ons voor God in gebed. Ons sien om voor God te staan as n groot geheimenis. Dit is nie genoeg om die woorde van hierdie gebed te sê nie. Ons staan voor God op die oomblik wanneer die gedagte ons tref: Ek is n sondaar; God wees my genadig. Sodra hierdie gedagte, hierdie insig uit ons harte verdwyn, verdwyn ons uit God se teenwoordigheid al bid ons nog vir ure. In die Ons Vader gebed sê ons elke keer as ons dit bid: Vergeef ons ons oortredings. Dit herinner ons dat ons in alle nederigheid voor God moet staan. Paulus se gebed We do not err because truth is difficult to see. It is visible at a glance. We err because this is more comfortable. -Alexander Solzhenitsyn (1918-2008) Paulus se gebed

God, wat ek met hart en siel dien deur die evangelie van sy Seun te verkondig, is my getuie dat ek gedurig in my gebede aan julle dink. Elke keer as ek bid, vra ek God of Hy dit nie uiteindelik vir my moontlik wil maak om julle te besoek nie (Romeine 1:9 10). Hier is n mate van spanning: Paulus sê dat hy in sy gebede gedurig aan die gelowiges in Rome dink, en dat hy God gedurig vra om dit moontlik te maak om hulle te besoek. Paulus besef dat wat hom keer God se wil is. Hierdie gedeelte sê vir ons baie van gebed. Aan die een kant is gebed belangrik en ons moet aanhou bid vir sekere dinge dikwels oor n lang tydperk. Aan die ander kant moet ons onthou dat God God bly en dat dit sy reg is om iets toe te laat of te verhoed. Hieruit kan ons twee moontlike gevolgtrekkings maak: Gebed is nie belangrik nie gebed gaan nie vir God verander nie; of Gebed beheer God se wil. Ons kan baie spekuleer, maar dit help ons nie eintlik nie. Wat Paulus glo, is dat God luister, maar dit beteken nie Hy gaan doen wat ons wil hê Hy moet doen nie. Hou aan bid, maar onthou altyd dat God God is.

Die krag van gebed There are few things more important than going to great lenghts to be respectful and polite to those with whom you disagree vociferously Tom Peters Die krag van gebed Ek is besig om na Deuteronomium in my Bybelstudie te kyk. Ek gebruik die NIV Application Commentary. In Deuteronomium 10 lees ons dat die Here weer die wet op nuwe kliptafels opgeskryf het en van die Leviete wat die ark moet dra. Ons lees egter ook hier van die krag van gebed. In hierdie gedeelte lees ons van die diepte van God se genade. Net nadat Israel hulle onvoorwaardelike verbintenis met God uitgespreek het, verval hulle in openlike afgodery die goue kalf. As gevolg van Moses se intersessie neem God sy mense terug en hernuwe die verbond met hulle. Hierdie reaksie beklemtoon die belang van gebed om die mense se behoeftes met God se genade te verbind. In Nehemia 9:18 19 dink die Leviete terug aan Israel se optrede die goue kalf en die Here se deernis om hulle te spaar. Hulle sê egter niks van Moses se rol om die Here met deernis te laat optree nie. In Psalm 106:19 23 lees ons ook van die episode met die goue kalf. Die Here wou hulle verdelg, maar Moses, sy uitverkorene, het by Hom vir hulle in die bres getree om sy gramskap af te keer, sodat Hy hulle nie vernietig het nie. Hier word die krag van gebed beklemtoon. Jakobus verklaar: Die gebed van n gelowige het n kragtige uitwerking (5:16). Moses se geregtigheid is duidelik uit verskeie aspekte van sy optrede:

I. Hy stoei met die Here vir genade vir sy mense ten spyte van hulle opstandigheid. II. Sy verwerping van die Here se aanbod om voor te begin met hom. III. Die argument van sy gebed wat fokus op die behoud van die Here se reputasie in die oë van die nasies. Moses verwys na die Here se integriteit en herinner Hom aan sy verhouding met die aartsvaders. Wat veral opmerklik is, is dat Moses nie aan homself dink nie. Deur die Here se aanbod dat Hy uit Moses se nageslag n groot volk sal maak, te verwerp, dien Moses as model vir alle leiers in die koninkryk van God. Die Bybelse model van leierskap plaas altyd die belange van die mense voor dié van die leier. Ons leer hier baie belangrike lesse oor gebed. Diegene wat met volle vertroue op God bid, is voorbereid op drie moontlike uitkomste van hulle gebed: Soms is gebed die manier waarop eksterne omstandighede verander. Gebed verander dinge. Dit was sekerlik so in die geval van Petrus in die tronk in Handelinge 12:1 17. In antwoord op sy gebed loop Petrus uit die tronk as n vry man. Soms verander gebed die wil van die mens om in ooreenstemming met God se wil te kom. God antwoord nie altyd ons gebede op die manier wat ons verwag nie. Dink maar aan Moses se gebed om tog toegelaat te word om deur die Jordaan te gaan om die mooi land te gaan bekyk (Deuteronomium 3:23 29). Soms is gebed die manier waarop God sy wil verander om aan te sluit by die wil van die mens wat bid. In Eksodus 32 lees ons dat die Here die hele volk wil vernietig na die episode met die goue kalf. En dan lees ons:toe het die Here daarvan afgesien om die ramp waarvan Hy gepraat het, oor sy volk te bring (32:14). Dit gebeur nadat Moses ernstig vir die volk gebid het. Dit beteken nie dat gebed n formule is waarmee ons God kan manipuleer

en kry wat ons wil hê nie. Ons moet onthou dat Moses bereid was om sy eie selfbelang in belang van sy mense op te offer. Sy primêre belang was die wil en reputasie van God. Hierdie reputasie sou ten beste gedien word as God die mense wat teen Hom in opstand gekom het spaar. As bose mense wegdraai van hulle sonde in berou (Jona 3) of as n regverdige bidder by God ten behoewe van sondaars pleit, los God sy toorn en reik in genade uit na mense wat dit nie verdien nie.