BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Van Vervolger tot Prediker

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Addendum A Consent form

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Die Blye Boodskap. The Good News

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Pretoria- 23 Junie 2012

Waar is God as ons swaarkry?

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Les 6 vir 10 November 2018

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

K O'REILLY

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

IN THE SUPREME COURT OP SOUTH AFRICA. CORBETT, MILLER, JJA et NICHOLAS, AJA

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Copyright: Mr. D. E. Last. No parts of this booklet may be copied.

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Lukas 4: Agtergrond

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

Emotional drainage / Emosionele dreinering

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Luister na God. enlewe vir ewig

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Preek Jan Steyn 20 Oktober Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Die lewende God is meer as genoeg. Alles ter wille van ons groot God. Nie n verbruiker nie, maar n aanbidder. God se volk stel sy eer eerste

from the group who had gathered there.

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Transcription:

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan? RAPPORT: Wanneer jy te sterwe kom, wat moet met jou liggaam gebeur? 1. Ek wil veras word. 69% 2. Ek wil begrawe word. 19% 3. My naasbestaandes moet maar besluit. 6% 4. My liggaam moet vir mediese navorsing gebruik word. 6% Belangriker: Wat moet oor jou gesê word by jou begrafnis? Die probleem met meeste begrafnisse is dat daar soveel leuens gesê word: Iemand wat drink en vloek hy is so opreg, wat jy gesien het is wie hy was JA! n Vuilgat dronklap! Maar dit sê niemand nie... Iemand wat nooit in die kerk of kleingroep gekom het nie en nie die verskil tussen Jona en Johannes geweet het nie Sy het so n goeie hart gehad Dalk om bloed mee te pomp, maar nie vol Jesus nie... Wat moet oor jou gesê word as hulle eerlik is... Wat is die top 3, die 3 belangrikstes... [Dink 30 sekondes] Hier is myne: 1. 1. God. 2. Machel. 3. Kinders. 4. Werk As ek moet kies tussen God en Machel, kies ek God en Machel weet dit. As ek moet kies tussen Machel en my kinders, kies ek Machel en my kinders weet dit. As ek moet kies tussen my kinders en my werk, kies ek my kinders en my werk weet dit. 2. Sy PRAAT bevestig sy DAAD. Dit wat ek sê, bevestig wat ek doen. Let wel: die doen kom eerste! As ek vir mense sê ek is n Christen, moet hulle sê: Ja, ek kan dit sien. As ek vir mense moet sê ek is n Christen omdat hulle dit nie kan sien nie, moet ek bekommerd wees... As ek vir mense sê ek het my vrou lief, moet hulle sê: Ja, ek kan dit sien. As ek vir mense moet sê ek het, moet ek bekommerd wees... As ek vir mense sê ek het my kinders lief, moet hulle sê: Ja, ek kan dit sien. As ek vir mense moet sê ek het, moet ek bekommerd wees...

Mense moet kan SIEN wie ek is, sonder dat ek dit vir hulle hoef te sê. So baie mense vandag is anders. Niemand sal weet hulle is n Christen nie, tensy hulle dit sê en dan is dit vir baie n verrassing... Ek praat nou die dag met n pa wie se kind so oud soos Friedrich is. Hy vertel my hoe lief hy sy vrou en kinders het, maar net daarna vertel hy hoe hy vir homself n nuwe kar gekoop het, terwyl sy vrou met n stokou karretjie moet ry en hoe hy sy 5de jaggeweer gekoop het, terwyl sy kind se klere vodde is... Ja nee, ek kan sien dat jy baie lief is vir jou vrou en jou kinders... Wat sien mense by jou? Wat hoor hulle by jou? En is dit dieselfde? 3. Hy het n positiewe verskil gemaak. As man, het Wilhelm my lewe verbeter. As pa, het Wilhelm my lewe verbeter. As vriend, het Wilhelm my lewe verbeter. As predikant, het Wilhelm my lewe verbeter. Wat wil jy hê moet mense oor jou sê? [Praat bietjie met mekaar daaroor] Nou is die vraag: Hoe kom ek daar? Hoe leef ek om daar te wees? Hier dink ek kan ons belangrike lesse by Jesus leer. Want Jesus se lewe was vol en besig en daar was soveel eise aan Hom dat die kans goed was dat Hy sou vergeet waar Hy aan die einde van sy lewe moet wees. Wat het Jesus gedoen om koers te hou, om uit te kom by waar Hy aan die einde wil wees? Jesus het 3 plekke gehad om Hom hierin te help die berge, die woestyn en die waters. Kom ons dink so bietjie oor elkeen: BERG: Matteus 14:23: Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Matteus 17:1 Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle op n hoë berg gebring waar hulle alleen was. verheerliking op die berg Lukas 6:12: In daardie tyd het Jesus uitgegaan na die berg toe om te bid en die hele nag deurgebring in gebed tot God. Johannes 6:15: Toe Jesus merk dat hulle Hom met geweld wil kom koning maak, het Hy verder die berg op gegaan, Hy alleen. Waarom gaan Jesus berg toe? Om by God te wees! Om die groot prentjie te sien. Om die toekoms in te kyk en te sien waar Hy moet gaan.

Want van n berg af kan mens ver kyk. Op die berg sien jy nie die details nie, sien jy nie nou nie op die berg sien jy die groot prentjie, op die berg sien jy môre. Waar is jou berg? Waar gaan jy om jou verhouding met God te bou? Waar gaan jy om die groot prentjie raak te sien, om te onthou waar jy wil eindig? WOESTYN: Markus 1:12: Net daarna het die Gees Hom weggevat die woestyn in, waar Hy veertig dae lank gebly het Johannes 11:54: Daarom het Jesus nie meer in die openbaar onder die Jode rondgegaan nie, maar daarvandaan weggegaan na die streek naby die woestyn As Jesus berg toe gaan om naby God te wees, hoekom gaan Hy woestyn toe? Om naby Homself te wees. Om uit te vind wie HY is. In die woestyn kom versoek die duiwel vir Jesus en elkeen van die duiwel se versoeking gaan daaroor dat Jesus moet vergeet dat Hy n mens is, dat Jesus as God moet optree, want dan kan Hy nie meer die mense red nie. En elke keer antwoord Jesus hom as mens, antwoord Jesus uit wie Hy is. Waar is jou woestyn? Waar is die plek waar jy werk aan jou verhouding met jouself? Waar gaan jy om te onthou wie jy is en waarvoor jy hier is? WATER: Matteus 4:18: Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Lukas 5:3: Jesus klim toe in een van die skuite, die een wat aan Simon behoort, en vra hom om dit n entjie van die oewer af weg te stoot. Nadat Hy gaan sit het, het Hy die skare van die skuit af geleer. Markus 2:13: Jesus het weer na die see toe gegaan. n Hele menigte mense het na Hom toe gekom, en Hy het hulle geleer. Matteus 13:1: Dieselfde dag het Jesus van die huis af gegaan en by die see gaan sit. 2 n Groot menigte het so om Hom saamgedrom Johannes 21:1: Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Jesus gaan berg toe om by God te wees; Jesus gaan woestyn toe om by Homself te wees; Jesus gaan water toe om by mense te wees. Daar dien Hy mense, daar leer Hy mense, daar ontmoet Hy sy vriende. Die water is die plek waar Jesus sy verhouding met mense bou. Waar is jou water? Waar bou jy jou verhouding met mense? Waar maak jy n verskil in mense en laat jy mense toe om n verskil in jou te maak?

Want om eendag begrawe te word as die mens wat ek wil wees, het ek berg en woestyn en water in my lewe nodig elke dag, elke week, elke jaar. Waar is joune? Kom ek vertel julle waar myne is: My daaglikse berg is my ipod in die gym. Elke dag luister ek na n preek ( n ordentlike 40 minute preek en nie die 15 minute wat ons gee nie). Ek luister nie as predikant nie ek luister as Wilhelm. Wie is God vir my? Wat is die belangrike goed in die lewe en hoe kom ek daarby uit? My daaglikse woestyn is my alleen tye, veral as ek in die kar ry. Gewoonlik is my radio af en dink ek oor: wie is ek? Wie wil ek wees? Wat in my is sleg wat ek van ontslae moet raak? Wat in my is goed wat ek moet uitbou? My daaglikse water is my gesin. Ons eet 3 etes op n dag saam, waar ons mekaar leer, mekaar troos, mekaar versterk, mekaar dien. My weeklikse berg is die eredienste ek wil dit nie mis nie. My weeklikse woestyn is Vrydagoggende dan probeer ek met niks besig te wees nie, maar tyd met myself deur te bring. My weeklikse water is ons kleingroep sjoe, ek het dit nodig! My jaarlikse berg en woestyn en water is ons vakansie by die see. Ons gaan as gesin, sonder ander mense. Ons gaan na n plek toe waar niemand ons gaan ken nie. En ons spandeer berg tyd en woestyn tyd en water tyd. Waar is joune? Waar is jou daaglikse bergtyd en woestyntyd en watertyd? Waar is jou weeklikse bergtyd en woestyntyd en watertyd? Waar is jou jaarlikse bergtyd en woestyntyd en watertyd? [Praat bietjie as gesinne met mekaar hieroor] What counts in life is not the mere fact that we have lived. It is what difference we have made to the lives of others that will determine the significance of the life we lead. "Take it upon yourself where you live to make people around you joyful & full of hope" Men & women, all over the world, right down the centuries, come & go. Some leave nothing behind, not even their names" "Let us remind ourselves that it is ordinary people men & women, boys & girls that make the world a special place" "A bright future beckons. The onus is on us, through hard work, honesty & integrity, to reach for the stars"

"The past is a rich resource on which we can draw in order to make decisions for the future, but it does not dictate our choices" "We pass through this world but once & opportunities you miss will never be available to you again" "Sometimes it falls upon a generation to be great. You can be that great generation. Let your greatness blossom." - Nelson Mandela