Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

n Prins word die Skaapwagter

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Van Vervolger tot Prediker

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Waar is God as ons swaarkry?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Les 6 vir 10 November 2018

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Pretoria- 23 Junie 2012

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Addendum A Consent form

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die betekenis van die kruis (1)

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Die maan en sy rol in ons wereld *

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Preek Jan Steyn 20 Oktober Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Pretoria- 23 Januarie 2011

Transcription:

Preek Jan Steyn 11 Junie 2017 Teks: Romeine 8: 26-39 Tema: Waaroor is God in beheer? Inleiding: God is in beheer. Hierdie vier woorde is seker van die grootste trooswoorde in Afrikaans. Ons sê dit vir onsself en vir ander veral in situasies waar dinge verkeerd loop of wanneer een of ander ramp plaasgevind het of wanneer ons een of ander groot verlies beleef. Dan troos ons mekaar met hierdie woorde: Toemaar, God is in beheer. Navorsing bewys die grootste vraag by kinders van die Here is inderdaad nie of God bestaan nie. Die grootste vraag vir kinders van die Here is hoe jy n almagtige en liefdevolle God kan versoen met al die slegte goed soos mense se lyding en natuurrampe en ongeregtigheid en onregverdigheid wat ons in die wêreld rondom ons sien en beleef. Dis natuurlik ook die vraag wat die meeste aan Christene gevra word: Hoe kan jou God almagtig en goed of liefdevol wees as die wêreld lyk soos dit lyk? As God Almagtig is, dan sou Hy dit alles kon vermy het. (Andy Stanley- If He could, He would). As Hy werklik goed en liefdevol is, sou Hy dit alles wou vermy het. (Andy Stanley- If He s good, He would). Hierdie vraag oor hoe ons al die onreg en pyn en lyding in die wêreld kan uitbring by n almagtige en liefdevolle God gaan eintlik oor die vraag of God betrokke is en hoe God betrokke is in die wêreld en by ons lewens. In die verlede is daar op drie maniere gedink oor God se betrokkenheid by mense se lewens en die wêreld. Dus is daar op drie maniere gedink oor God se beheer oor mense se lewens en die wêreld. Ek voeg hier n vierde by wat deur baie predikers vandag aangehang word. Ek gaan dit kortliks vir julle probeer verduidelik. Dankie aan Adrio König se boeke wat baie met die voorbereiding gehelp het. Julle sal hieruit hoor dat hierdie vier rigtings al hulsef uit dieselfde Bybel probeer bewys. Dis een van ons grootste probleme- die Bybel kan rondom hierdie saak op meer as een manier verstaan word. Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het. Die een wat veral so oor God se betrokkenheid gedink het is die vader van ons eie gereformeerde geloof Johannes Calvyn. Calvyn het geglo God het alles wat gebeur vooraf bepaal sodat alles presies gebeur soos wat Hy dit beskik of beplan het. Calvyn het selfs geglo die draaie wat elke voëltjie gaan

vlieg en waar elke blaar sou val, is presies deur God uitgewerk. Hoe jy in die eksamen gaan doen, is klaar vooraf deur God bepaal. Of jy gaan leer of nie, is vooraf deur God bepaal. Of jy nou mooi of lelik gaan wees, het God lank terug al besluit in Sy ewige raadsplan. Dit klink ook as mens dit verder neem, dat God dan selfs vooraf beplan het watter sonde ek gaan doen of watter skade ek aan ander mense gaan doen en of ek verkrag en vermoor gaan word. Hieruit kom natuurlik ook Calvyn se leer van die uitverkiesing wat verkondig dat God vooraf reeds besluit het wie gered sal word en wie verlore sal gaan. Calvyn sou baie sterk aanklank vind by die teks van Jesaja 45: 5-7: "Ek is die Here, daar is geen ander nie, buiten My is daar geen God nie. Ek maak die lig en Ek skep die donker. Ek gee voorspoed en skep rampspoed. Ek is die Here, Ek doen al hierdie dinge." Solank dit oor alledaagse dinge gaan, die normale verloop van die lewe, klink Calvyn se teorie nie so sleg nie. Ja, mens het maar goeie wedstryde en slegte wedstryde, ons almal het goeie en slegte tye. Die ekonomie wissel maar, dan gaan dit beter en dan slegter. Calvyn se teorie dat God alles al vooraf beskik het beplan het en dat alles presies so gebeur, val uit die bus as dit by mense se lyding kom. Kom ons neem die voorbeeld van n dronk bestuurder wat n agtjarige meisietjie voor haar huis in die straat doodry. Dan het God bepaal dat die man sou drink en hoeveel hy sou drink en dat hy in sy kar sou klim op presies dieselfde tyd wat die dogtertjie besig was om in die straat te speel. God sou dan ook beskik dat sy kar die dogtertjie op dieselfde tyd tref terwyl sy in die straat speel op plekke op haar liggaam wat haar dood sou veroorsaak. Hierdie teorie behou God se almag, dit wil verkondig dat Hy in beheer is van alles wat gebeur, maar dit klink nie soos n God van liefde nie. Dit sluit ook mense se keuses of vryheid van keuse uit- of ek nou kies om te leer of nie te leer nie, dit klink of ek die punt sal kry wat ek gaan kry. Dit help nie ek baklei teen die kanker nie, my sterfdatum is tog lank vooruit al bepaal. Die tweede teorie is toelating- God beskik of bepaal die goeie dinge, maar die slegte laat Hy net toe: Die ou wat met hierdie teorie na vore gekom het, was Arminius en hy het sy teorie gestel in reaksie op Calvyn se teorie. Hy stem saam met Calvyn dat God alle goeie dinge vooraf beplan en bepaal het, maar die slegte, al is dit nie Sy wil nie, laat Hy toe. Daarom praat mense partykeer van die toelatende wil van God.

By Calvyn is die mens nie vry nie- jy is die balletjie wat net in die spoortjie rol wat vooraf vir jou uitgesit is. Vir Arminius het God die mens as vrye wese geskep. Dis omdat Hy in verhouding met ons wil leef en jy leef tog nie in hierdie liefdevolle verhouding met iemand as jy hom of haar dwing om jou lief te hê nie. Ons is net waarlik vry as ons self kan kies. Ons kan dus kies om God lief te hê en Sy Woord te gehoorsaam, maar ons vryheid beteken ons kan ook besluit om Hom nie lief te hê nie en nie Sy Woord te gehoorsaam nie. En dis presies hier waar sonde vandaan kom- ons kies om Hom of ander mense nie lief te hê nie en God se Wil nie te gehoorsaam nie. Die teks van Job 1 en 2 pas sterk by hierdie teorie: God en die duiwel voer hierdie gesprek met mekaar oor God se dienaar Job. God laat dan die duiwel toe om alles van Job weg te neem, maar sy lewe mag hy nie vat nie. Job verloor alles, sy besittings en sy tien kinders en sy gesondheid. Die gedagte is dat God die duiwel toelaat om alles van Job af weg te vat- dat al hierdie slegte dinge en verliese op sy pad kom. Net so laat God ons ook toe om sonde te doen of dan verkeerde keuses te maak, al is dit teen Sy wil. Hy respekteer met ander woorde die vryheid wat Hy vir ons en selfs die duiwel gegee het as ons na Job kyk. Wat is die probleem met hierdie teorie? As God die sonde toelaat, met ander woorde God maak die keuse om dit toe te laat, dan kon Hy die sonde gekeer het ook, ook daardie keuse gemaak het. As Hy natuurrampe toelaat, kon Hy dit verhinder het ook. As Hy die dronk bestuurder toegelaat het om die dogtertjie dood te ry, kon Hy dit verhinder het ook. Arminius wou met sy siening God beskerm teen die aanklag dat Hy verantwoordelik is vir al die sonde en ellende en lyding op aarde. As Hy sou wees het Arminius gereken, hoe kan ons Hom dan vertrou as liefdevolle Vader? Die derde teorie is die van stryd en oorwinning-god se beheer oor die wêreld en ons lewens en Sy betrokkenheid by die wêreld en ons lewens speel af in binne die veld van stryd en oorwinning: Die ou wat met hierdie teorie na vore gekom het is Irenaeus- n ou kerkvader wat in die tweede eeu na Christus geleef het. Irenaeus het dit wat Jesus deur die kruis en Sy opstanding kom doen het, verstaan as Sy stryd teen die bose wat mense in sy mag gekry het. Daarom was selfs Jesus se aardse bediening al so vol van hierdie stryd tussen die goeie en die bose- duiweluitdrywing en genesing is twee van die hoofaspekte van Sy aardse bediening. God is dus in hierdie stryd met die Bose gewikkel om Sy doel op aarde en in mense se lewens te bereik. Dit beteken God stry teen die duiwel en die bose magte om hulle te oorwin. En Hy stry ook om die lewens van mense om hulle vir Hom te wen. God se stryd is dus teen die duiwel en die bose en vir mense. Die gunsteling tekste van hierdie teorie is tekste soos Kolossense 2: 15: Hy het (deur Sy kruis en opstanding) elke mag en gesag ontwapen en hulle in die openbaar vertoon. Ons as kinders van die

Here word ingetrek by hierdie stryd tussen die goeie en die bose. Daarom vertel Efesiërs ons ons het die wapenrusting van God nodig om te staan teen die bose geeste in die lug en die duiwel die brullende leeu. Hierdie derde teorie herinner ons daar is meer as God betrokke in die wêreld- dat Hy die hoogste mag is, beteken nie Hy is al mag nie. Daar is ten minste drie rolspelers- God, bose magte en mense. Dit beteken God is aan die werk in mense se lewens, maar die duiwel is ook. Hy probeer ons altyd van ons vrede en ons vastigheid in God beroof. Ek wonder of ons eie ek en ons dikwels selfsugtige en selfgerigte motiewe nie maar baie keer teen God se Wil vir ons staan nie. Ons moet ook altyd onthou God se mag en ons keuses staan nie teenoor mekaar nie. Dit beteken aan die een kant God werk nie om ons keuses nie, maar dikwels ook deur ons keuses. Dit beteken aan die ander kant dat ons soms vir God die skuld wil gee gee vir ons eie swak keuses. Ek gaan koop n besigheid sonder om my marknorsing te gaan doen oor of mense my produk gaan koop. Nou duik my besigheid in die hek- kan ek God daarvoor blameer? Of ek raak by hierdie buite-egtelike verhouding betrokke- as dit aan die lig kom is twee families stukkend. Kan ek die Here blameer en voel dat Hy my moes keer om by iemand buite my huwelik betrokke te raak? Ireaneus is reg daarin dat God ons die vryheid gee om keuses te maak. Om te kan kies beteken egter ek moet bereid wees om die verantwoordelikheid vir my keuses te dra. Ons blameer soms dinge wat verkeerd loop op God of op die duiwel om so ons eie verantwoordelikheid te ontduik. God is vir die goeie en mooi verantwoordelik en die duiwel vir wat sleg en negatief is: Dis nog een van die teorieë oor God se beheer en Sy betrokkenheid by ons. God is vir die goeie en mooi dinge in die lewe verantwoordelik en die duiwel vir dit wat sleg en negatief is. My probleem hiermee is dat God en die duiwel nou elkeen hulle terrein in my lewe en die wêreld kry en dit laat klink dit of hulle gelyke magte is- God het beheer oor die goeie en die duiwel oor die slegte. Hier is twee base oor twee verskillende plase. My probleem hiermee is ook dat soos al die ander teorieë wat ons gehoor het, dit ook hierdie reseppie is wat in alle situasies af forseer word. En alle reseppies of teorieë het gebreke. God kan ook die slegste goed in jou lewe ten goede laat meewerk- dit moet ons nie vergeet nie. Dit beteken Hy moet daarom ook mag hê oor die slegte op een of ander manier. Dat my pa sy plaas en saam daarmee alles verloor het, was een van die slegste goed in my lewe. Maar dit het my later so baie gehelp toe ek met boere moes werk wat hul plase en alles daarmee saam verloor het. Dit het my empatie en begrip vir wat hulle beleef gegee wat ek andersins dalk nie sou hê nie. Ek het in my eie lewe gesien hoe God ook die slegte ten goede kan laat meewerk.

Hoe help Romeine 8 ons? Miskien moet ek begin by hierdie opmerking van Adrio König: God sit nie agter alles in my lewe nie. Maar Hy is wel in alles in my lewe. Hy is met ander woorde in alles by my betrokke. Hy is ook in die geskiedenis en in die wêreld betrokke. God veroorsaak nie alles in my lewe nie, maar Hy sal my deur my nood dra. Dit het my nog altyd gedra- dit maak nie saak hoe sleg die goed in my is of om my is nie, God sal my nie laat los nie. Dit leer ek weer by Timothy Keller: "Nothing can dislodge you from God s love and nothing can dislodge God s love from you." Ons moet ook besef Romeine 8 het geen teorie oor hoe om God se almag en goedheid te probeer versoen met die stukkendheid van mense se lewens en die wêreld nie. Dit verseker ons eenvoudig dat God in alles by ons is en dat niks ons van Sy liefde kan skei nie- selfs nie slegste en donkerste goed wat my en die wêreld kan oorkom nie. Ek weet die tyd toe ek die swaarste gekry het met hierdie vraag oor lyding en ongeregtigheid en rampe in die lewe, was toe ek alles net met my kop wou uitredeneer. Toe ek God en die wêreld en mens en goed wat gebeur in netjiese boksies wou inpak of eerder wou inforseer. God werk nie so nie. Die lewe werk nie so nie. As mense my vandag vra wie God vir my is, dan antwoord ek God is n misterie- ek kan eintlik so min van Hom en wat Hy doen en wil doen verklaar. Maar Hy is die misterie wat by my is en in my lewe betrokke is. Hy is lief vir my en al kom daar ook slegte goed oor my pad, beteken dit nie Sy liefde vir my het opgehou of verminder nie. Ek het ook nie verklarings vir alles wat in die wêreld en in mense se lewens gebeur nie. Ek probeer nie goedkoop antwoorde verskaf vir mense se lyding en hartseer nie. Ek probeer ook nie meer mense so maklik in boksies van goeie of slegte mense sit nie. Ek besef in die meeste mense is daar beide goed en kwaad, net soos daar in myself goed en kwaad is. Ons is almal flentermense- ons is almal genade-bedelaars of ons probeer iets voorgee wat ons nie is nie. Die kernwoorde van Romeine 8 is God is vir ons. Dit is die boodskap van die doop ook, het ons gehoor. Ek wil nie as die storm of die krisis of die diep smart of verlies oor my pad kom eerste weet hoekom dit met my moes gebeur nie. Daardie antwoord kry ons dikwels nie. Ek wil weet of God by my is en nog vir my omgee. As die storm kom, wil ek weet of ek alleen in die bootjie is. Dat God vir my is, beteken volgens vers 26 die Gees staan my in my swakheid by. As ek onseker oor my pad is, of oor my keuses is, as ek nie weet hoe en wat ek moet bid nie, die Gees pleit vir my by God. As my hartseer of verlies so groot is dat ek nie weet hoe ek sal voortgaan nie, sal Hy nie net vir my pleit nie, maar my troos. Dat God vir my is, beteken volgens vers 34 Jesus pleit of bid vir my waar Hy aan die Vader se regterhand sit. Dat God vir my is, beteken volgens vers 33 God die Vader het my

vrygespreek. Deur Sy liefde is ek nie net-net of skraap-skraap n oorwinnaar nie, ons is meer as oorwinnaars. (vers 37) Die krag van die goeie is sterker as die krag van die bose. Die stryd tussen goed en boos is nie tussen gelyke magte nie. Ek het die Vader wat my liefhet en vry gespreek het. Ek het die Seun wat vir my gesterf en opgestaan het en nou vir my pleit by die Vader. Ek het die Heilige Gees wat vir my bid en my advokaat by God die Vader is. Ek mag, lees ons in Hebreers met vrymoedigheid voor die genadetroon van God die Vader verskyn. Ek glo dat hierdie drie-enige God se greep sterk genoeg is om my en jou te dra en vas te hou ten spyte van alles wat op ons lewenspad kom of wat die wêreld oorkom. Ek kan vashou, want ek word vasgehou. Amen