KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

n Prins word die Skaapwagter

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Van Vervolger tot Prediker

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Addendum A Consent form

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Pretoria- 23 Junie 2012

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Les 6 vir 10 November 2018

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Lukas 4: Agtergrond

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Die maan en sy rol in ons wereld *

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

from the group who had gathered there.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Preek Jan Steyn 20 Oktober Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus

Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode)

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Waar is God as ons swaarkry?

Pretoria- 23 Januarie 2011

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Doen Eers n Kosteberekening

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Lukas 14: Vooraf

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Transcription:

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van Juda en sy broers; (3) Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, Peres van Gesron, en Gesron van Ram; (4) Ram was die vader van Amminadab, Amminadab van Nagson, en Nagson van Salmon; (5) Salmon was die vader van Boas by Ragab, Boas van Obed by Rut, Obed van Isai; (6) Isai was die vader van koning Dawid. Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija; (7) Salomo was die vader van Rehabeam, Rehabeam van Abia en Abia van Asa; (8) Asa was die vader van Josafat, Josafat van Joram, en Joram van Ussia; (9) Ussia was die vader van Jotam, Jotam van Agas, en Agas van Hiskia; (10) Hiskia was die vader van Manasse, Manasse van Amon, en Amon van Josia; (11) Josia was die vader van Jojagin en sy broers. Toe is die volk weggevoer na Babilonië toe. (12) En na die Babiloniese ballingskap was dit so: Jojagin was die vader van Sealtiël, en Sealtiël van Serubbabel; (13) Serubbabel was die vader van Abihud, Abihud van Eljakim, en Eljakim van Asor; (14) Asor was die vader van Sadok, Sadok van Agim, en Agim van Elihud; (15) Elihud was die vader van Eleasar, Eleasar van Mattan, en Mattan van Jakob;

(16) Jakob was die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word. Preek: Seker nou nie die roerendste teksgedeelte was mens op n kersdag kon gelees het nie! Maar ek dink nogal as my Ma nou nog geleef het, dink ek sy sou van die teksgedeelte gehou het. As ek nuwe vriende of vriendinne by die huis aangebring het, het sy gewoonlik gevra: Nou van watter Conradies is jy? Wie is jou Pa en Ma? Waar het hulle gewoon? En dan het sy so bly invra tot sy op die ou einde agtergekom het dat die vriendin verlanges familie is. Ek was later bang om meisies huis toe te bring bang ons kom ager ons is familie! Is hier van julle wat ook so hou van familiestambome? Dit is natuurlik baie interssant en soms, as mens so langs die stam van die stamboom afgaan, kry mens interssante mense. Sommige grênt mense wat in hoë posisies was. Maar, en dis hoekom ek maar wegbly van stambome af, kry mense ook snaakse kreature oor wie mens nie eintlik wil praat nie en tog is hulle familie! En nou het ons gelees dat Matteus nie begin deur

die geboorteverhaal van Jesus te vertel nie, maar deur die stamboom van Jesus uit te lê. Hoekom doen hy dit? Hoekom los hy nie liewer die klomp vervelige name uit nie? Vir wat wil ons nou weet dat Ram die vader van Amminadab was en Salmon se pa Nagson was? Wat het dit met die prys van eiers uit te waai? Matteus doen dit vir n baie goeie rede. Eintlik n paar redes. In die eerste plek skryf hy veral vir die Jode (waarvan hy een is). Vir hulle was dit belangrik om te weet dat Jesus uit die nageslag van Abraham is, maw n Jood. Maar hy doen dit ook sodat hulle kan weet dat Jesus gebore is uit die nageslag van Dawid, soos wat die profete voorspel het dat die Messias gebore sou word. Hy wil hulle dus wys dat Jesus wel die Messias is. Maar daar is n derde rede. En eintlik is die rede dat hy ons wil vertel hoe God se liefde werk. Die Jode van daardie tyd was nogals gesteld op wie jy is en waar jy vandaan kom. As jy wou tel onder die who s who? s van daardie tyd, dan moes jou stamboom goed gelyk het. Daar moes n paar sterk name in gewees het. Jou waarde was dus in n mate afhanlik van jou bloedlyn. En nou kom openbaar Matteus hier n paar slegte geheime in Jesus se voorgeslagte. As die

Huisgenoot in daardie tyd al bestaan het, sou daar seker iets op die voorblad gewees het soos: Weet jy waar kom Jesus vandaan? As ons na ander plekke kyk waar dieselfde stamboom aangehaal word, dan los Matteus n paar name uit. As hy dan n paar uitgelos het, kon hy mos maar die name wat mens agter jou hand sê, gelos het, maar hy doen dit nie. Wat meer is, vrouens word nooit in n stamboom van daardie tyd genoem nie en hier noem hy, behalwe Maria, 4 vrouens se name vrouens met n donker geskiedenis. Eers noem hy Tamar. Sy kon geen kleinkinders gee vir Juda nie. Op die ou end vermom sy haar soos n prostituut en haar einste skoonpa slaap by haar (sonder dat hy weet dis sy skoondogter) en verwek n kind by haar. Dis deel van die voorgeslag van Jesus. En dan was daar Ragab. n Heidense Kaänaniet wat ook n prostituut was. Sy help die Joodse spioene om te ontsnap uit Jerigo voor die stad ingeneem word en haar lewe word gespaar en sy word deel van Israel. Sy trou later met n Jood en sy is deel van die stamregister van Jesus. Ook Rut was nie n Israeliet nie, maar n Moabiet wat uiteindelik ingetrou het in Israel en Dawid se

oumagrootjie word. En dan die bekende, berugte Batseba. Sy word nie by die naam genoem nie, maar as die vrou van Uria, wat self nie n Jood was nie, maar n Hettiet en dan ken ons haar Son-storie met Dawid. Ook sy was een van die ouma s in die lyn van Jesus. Maar dis nie net die stamboom van Jesus wat vir ons n baie belangrike ding wil kom sê nie. Wanneer Jesus gebore word, is dit seker die belangrikste gebeurtenis wat ooit op aarde kon gebeur het. En belangrike gebeurtenisse sê mense gewoonlik eerste vir mense wat tel. Die mense wat eerste die nuus hoor, is die herders. Herders was in daardie tyd as onrein mense beskou vanweë die werk wat hulle gedoen het. Daarom kon hulle nie na die tempel kom voor hulle nie gereinig is nie. Hulle kan, by wyse van spreke, nie kerk toe kom nie. Maar dis juis hulle wat eerste uit die mond van engele die boodskap hoor. Wat hoor ons vanoggend op hierdie Kersoggend in 2017? God kies nie net die voorbeelde in die samelewing of die grent mense nie. Hy gebruik ook ontroue egbrekers, prostitute, sondaarmense, onreines om Sy plan op aarde uit te voer en Hy sluit hulle in as Sy aardse familie. Ons weet nie of dit Matteus, wat ook Levi die

tollenaar was, wat die Evangelie geskryf het nie, maar as dit hy was, sou hy dit ook goed verstaan het. Hy was eintlik n verraaier deur as tollenaar sy eie mense te bedrieg en homself te verryk, maar Jesus kom nie na hom en sê: Levi, verander jou lewe en dan kan jy my volg nie. Jesus sê net vir hom: Volg my en toe hy Hom volg, toe verander Jesus sy lewe. As ek dink dat ek aan die Here behoort omdat my lewe redelik in plek is, ek nie te veel publieke sondes het nie en n getroue kerkganger is, dan wil die Woord vanoggend vir my kom sê: 1 Kor 10:12 Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. God kom red ons nie omdat ons oulike mense is nie, maar ons is deel van Sy familie ten spyte van wie ons is en wat ons doen. As ek dink dat my lewe redelik skoon is en ek op n manier n goeie kans het om gered te word, moet ek weer dink. Rom 3:10-12 Daar staan immers geskrywe: Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie, (11) daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die wil van God vra nie. (12) Almal het afgedwaal, almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie.

Eintlik sal ek dan ook nooit vrede in my hart hê oor my redding nie omdat ek altyd maar bewus is van sondes en swakpunte in my lewe. Ek bedoel: Hoe goed is nou eintlik goed genoeg? God kom red jou deur Jesus tsv wie ek en jy is net uit genade, onvoorwaardelik. Joh 1:16-17 Uit sy oorvloed het ons almal genade op genade ontvang. (17) God het die wet deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom. Miskien kyk jy ook na ander mense met oë wat hulle meet meet of hulle gaan inpas in die Koninkryk van God. Dan sit ons vir hulle etikette om die nek: Nie goed genoeg nie. Kersfees roep ons almal om in baie groot nederigheid onsself te sien vir wie ons is: Sondaars wat gered is uit genade en liefde alleen. Laat ons God dan uit dankbaarheid volg en dien en ook n oop hand en hart uitsteek an ander mense en versigtig wees om ander te judge. Maar net dalk is hier van ons wat vanoggend hier is wat eintlik min kerk toe kom omdat ons nie eintlik tuis voel in die kerk nie. Daar kan baie redes voor wees, maar dit kan wees dat jy voel dat jou

lewe nie goed genoeg is om deel van die kerk te wees nie. Dinge wat jy lank terug gedoen het of op die oomblik mee besig is dat dit jou diskwalifiseer. Dalk is daar kerkmense wat jou laat voel het dat jy nie hier tuishoort nie. Een of ander slegte ervaring met die kerk dalk gehad. As daar in Jesus se familie plek is vir Tamar en Ragab en Rut en Batseba, dan is daar verseker ook vir jou en my plek in Jesus se familie. Nie een van ons kon die prys betaal vir ons sonde nie. Daarom is Jesus gebore in Betlehem ook vir jou en my. As jy gedink het dat jy eers vorentoe jou lewe in orde wil kry en dan dit sal oorweeg om Jesus te volg, as jy so gedink het, dan kom staan Jesus vanoggend ook voor jou, net soos jy is, en, soos vir Levi, kom sê Hy: Volg my! Jy hoef nie eers jou lewe reg te skud nie. Jy hoef nie eers goed genoeg te raak voor jy Jesus kan volg nie. Jy hoef ook nie eers n regte gevoel of emosionele opwelling te ervaar nie. Jy kan, net soos Levi, deur n doodgewone keuse wat jy maak, besluit om Jesus te volg. Maar laat ek jou waarsku: As jy dit besluit, gaan jy nie dieselfde bly nie. Jesus verander ons altyd, al neem dit n leeftyd. Op hierdie Kersdag wil Jesus jou nooi om Hom te volg, net soos jy is en meer en meer sy liefde te

beleef deur jou lewe en na ons dood. As jy vanoggend die behoefte het om vir die eerste maal of dalk by hernuwing jou lewe in Jesus se hande te plaas, dan nooi ek jou om in jou hart saam met my te bid: Gebed: Here Jesus, hier staan ek vanoggend voor U as n mens wat niks verdien nie. Wat eintlik verdien om verlore te gaan. Maar ek hoor vanoggend dat U U hand na my kom uitsteek en my kom nooi om deel van U familie te word en te bly net omdat U my so baie en onvoorwaardelik liefhet. Here, ek wil U volg. Kom lei my asb deur U Gees op die nuwe pad in my lewe die lewe wat U vir my kom gee. Dit bid ek op hierdie Kersdag in Jesus se Naam. Amen Amen.