Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Pretoria- 23 Junie 2012

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Pretoria- 23 Januarie 2011

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Van Vervolger tot Prediker

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

KATEGISMUSPREKE Twee-en-vyftig preke oor die Heidelbergse Kategismus

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Addendum A Consent form

Waar is God as ons swaarkry?

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Les 6 vir 10 November 2018

Die Hemel, die Hel, en die Lewe na die Dood

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

Luister na God. enlewe vir ewig

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Die maan en sy rol in ons wereld *

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

SAMESANG: 38 2:27-28; 4: :1,5 TYDENS EREDIENS:

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Pretoria- 12 Januarie 2014 (Doop br en sr Jaco en Marianda van Jaarsveld seuntjie- Jacob Jan-Hendrik van Jaarsveld)

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

NEW INTERNATIONAL VERSION

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Die betekenis van die kruis (1)

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

IN THE SUPREME COURT OP SOUTH AFRICA. CORBETT, MILLER, JJA et NICHOLAS, AJA

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Maleagi 1:1-2:9 n Verklaring en toepassing Ds. Cobus Rossouw

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Transcription:

1 Skriflesing: Genesis 3:1-19; Psalm 130 Kategismus: Sondag 4 Teks: Hebreërs 10:31 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Maar die slang was listiger as al die diere van die veld wat die HERE God gemaak het. En hy sê vir die vrou: Is dit ook so dat God gesê het: Julle mag nie eet van al die bome van die tuin nie? Gen 3:2 En die vrou antwoord die slang: Van die vrugte van die bome in die tuin mag ons eet, Gen 3:3 maar van die vrugte van die boom wat in die middel van die tuin is, het God gesê: Julle mag daarvan nie eet nie en dit nie aanroer nie, anders sal julle sterwe. Gen 3:4 Toe sê die slang vir die vrou: Julle sal gewis nie sterwe nie; Gen 3:5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken. Gen 3:6 Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en dat hy n lus was vir die oë, ja, n boom wat n mens kan begeer om verstand te verkry; en sy neem van sy vrugte en eet en gee ook aan haar man by haar, en hy het geëet. Gen 3:7 Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak. Gen 3:8 En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het hulle verberg vir die aangesig van die HERE God tussen die bome van die tuin. Gen 3:9 Toe roep die HERE God na die mens en sê vir hom: Waar is jy? Gen 3:10 En hy antwoord: Ek het u geruis gehoor in die tuin en gevrees, want ek is naak; daarom het ek my verberg. Gen 3:11 En Hy sê: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy geëet van die boom waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie? Gen 3:12 En die mens antwoord: Die vrou wat U gegee het om by my te wees, sy het my van die boom gegee, en ek het geëet. Gen 3:13 Daarop sê die HERE God aan die vrou: Wat het jy nou gedoen? En die vrou antwoord: Die slang het my bedrieg, en ek het geëet. Gen 3:14 Toe sê die HERE God aan die slang: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe. Gen 3:15 En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die hakskeen byt. Gen 3:16 Aan die vrou het Hy gesê: Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar; en na jou man sal jou begeerte wees, en hy sal oor jou heers. Gen 3:17 En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe. Gen 3:18 Ook sal dit vir jou dorings en distels voortbring; en jy sal die plante van die veld eet. Gen 3:19 In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer. Psalm 130 Psa 130:1 n Bedevaartslied. Uit die dieptes roep ek U aan, o HERE! Psa 130:2 Here, hoor na my stem; laat u ore luister na die stem van my smekinge. Psa 130:3 As U, HERE, die ongeregtighede in gedagtenis hou, Here, wie sal bestaan? Psa 130:4 Maar by U is vergewing, dat U gevrees mag word. Psa 130:5 Ek wag op die HERE; my siel wag, en ek hoop op sy woord.

2 Psa 130:6 My siel wag op die Here meer as wagters op die môre, wagters op die môre. Psa 130:7 Wag op die HERE, o Israel! want by die HERE is die goedertierenheid, en by Hom is daar veel verlossing; Psa 130:8 en Hy self sal Israel verlos van al sy ongeregtighede. Hebreërs 10:31 Heb 10:31 Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God. Sondag 4 9 Vraag: Doen God die mens dan nie onreg aan as Hy in sy wet van hom eis wat hy tog nie kan doen nie? Antwoord: Nee (a), want God het die mens so geskep dat hy dit kon doen (b). Maar die mens het homself en sy hele nageslag as gevolg van die aanhitsing van die duiwel (c) en deur moedswillige ongehoorsaamheid van hierdie gawes beroof. (a) Ef 4:24. (b) Gen 3:13; 1 Tim 2:13, 14. (c) Gen 3:6; Rom 5:12. 10 Vraag: Wil God hierdie ongehoorsaamheid en afval ongestraf laat bly? Antwoord: Nee, glad nie; inteendeel, sy toorn is verskriklik (a) sowel oor die erfsonde as oor die sonde wat ons self doen: Hy wil dit in die tyd en in die ewigheid met 'n regverdige oordeel straf (b). Hy het immers gesê: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie(c). (a) Gen 2:17; Rom 5:12. (b) Ps 50:21; 5:6; Nah 1:2; Eks 20:5; 34:7; Rom 1:18; Ef 5:6. (c) Deut 27:26; Gal 3:10. 11 Vraag: Is God dan nie ook barmhartig nie? Antwoord: God is wel barmhartig (a); maar Hy is ook regverdig (b). Daarom eis sy geregtigheid dat die sonde wat teen die allerhoogste majesteit van God gedoen is; ook met die swaarste straf gestraf moet word - dit is met die ewige straf aan liggaam en siel. Skriflesing: Genesis 3:1-19; Psalm 130 Kategismus: Sondag 4 Teks: Hebreërs 10:31 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Wanneer ons Sondag 4 bely, broeder en suster, dan gaan dit oor God se reg. God se reg waar niemand Hom van kan vervreem nie. God kon sy reg handhaaf! sy reg is onveranderlik. Daardie eis wat God in die paradys gestel het, was geheel en al regverdig. Die mens kon in alle opsigte aan God gehoorsaam wees. Daarom dat dieselfde regsreëls van die begin van God se Woord tot die einde toe bly geld. Nooit het God nog n verandering gemaak aan wat Sy reg is, die reg wat Hy toepas en dit wat ons moet nakom nie. Trouens ons verlossing, die verlossing wat God ons geskenk het, is alleen moontlik omdat God se reg so absoluut betroubaar is. God laat geen ompaaie en versagting rondom wat sy reg is toe nie, want sou daar net effens skiet gegee word, dan plaas dit die volle heerskappy van God op losse skroewe. Sou God op grond van sy reg net effens toegee, dan kom God se trou en God se betroubaarheid in die gedrang. Dit is die dinge wat nooit maar nooit onder verdenking mag gekom het nie. God Self het gesorg dat dit gehandhaaf bly.

3 Ons belydenis wat God as n regverdige God bely het dan baie duidelik die implikasie dat die mens wat gesondig het, vir die sonde moet betaal. Wat ons egter nie uit die oog moet verloor nie, God se reg is nie maar summier n koue regsverpligting, koue regsreëls, koue regstoepassing nie, alhoewel dit alles geskied, die verpligting, die reëls, die toepassing van God se reg vind binne die konteks van die verbond plaas. God se reg en geregtigheid wil Hy op geen manier van sy liefde laat skei nie. Hier geld weereens die basiese reël, wat God saamgevoeg het, mag geen mens skei nie. Ek kan nie God se geregtigheid en God se barmhartigheid, God se getrouheid en God se ontferminge teen mekaar uitspeel nie. God se geregtigheid is n geregtigheid van liefde en nie liefdeloosheid nie. Ons sou kon sê dat God het selfs die volste reg gehad, na die mens gesondig het, om sy verbond met ons te verbreek, want ons, die mens was ontrou, maar waar ons verlede Sondag uit die Nederlandse Geloofsbelydenis Art 22 ons regverdiging deur die geloof bely het, kom dit weer na vore. Dit wat ons verdien word ons nie toegereken nie, maar God wil aan ons genade skenk. Al is die dinge wat ons in Sondag 4 bely, alles dinge wat ons swaar op die hart kom lê, hoe die mens homself en sy hele nageslag as gevolg van die aanhitsing van die duiwel en deur moedswillige ongehoorsaamheid van die goeie beroof het... ons het ons van die gawes beroof wat beteken dat ons die goeie wat daar in ons was, God wat die mens baie goed geskape het... ons kon beslis na God geluister het, die vermoë om aan God gehoorsaam te kon wees, was heel moontlik. Van hierdie gawes het ons onsself beroof. Ons het onsself in die die dieptes gebring, So begin Psalm 130- Uit die dieptes roep ek U aan, o Here... Hierdie gedagte van om diep in die ellende te kom, sien ons op baie maniere. Nie net Psalm 130 praat hiervan nie, maar dink maar aan Jona in die diepte van die see, in die vis se ingewande, dink maar aan Daniel uit die diepte van n leeukuil, hoe God se kind Hom uit die diepe afgronde mag aanroep. Daarom dat hierdie Sondag ons ook nog bietjie dieper die dieptes laat afsak dat ons waarlik besef hoe diep die sonde ons voor God laat sink het. Ons as mens moet onsself nie wil verhef as ons oor hierdie dinge praat nie. Daarom moet ons ook versigtig wees om self te dink maar kan God ons nie maar oorgesien het nie. Soos die leerling in die Kategismus dit

4 reguit vir die onderwyser vra- Wil God hierdie ongehoorsaamheid en afval ongestraf laat bly? Die leerling wonder hardop kan God nie maar ons sonde ignoreer nie. Ja, want die Here weet ons het die vermoë verloor en is nie in staat om aan God gehoorsaam te wees nie. Dit is alles dinge waarmee die Kategismus eerlik en reguit die vrae van die mens uit sy hart vir die Here wil vra, na vore laat kom. Die reguit vraag verdien n eerlike antwoord. Die antwoord kom daarop neer dat ons kan nie dit waaroor die Here baie kwaadword, maak asof God nie mag kwaadword nie. God se kwaadword, of soos wat ons in kerklike taal dit noem, die toorn van God is verskriklik, dit geld van die sonde van Adam af, vanaf die erfsonde, tot die sonde wat onsself doen. God wil dit in die tyd en in die ewigheid met n regverdige oordeel straf. M.a.w. op hierdie aarde is daar straf wat ons toekom, ons moet dit weet, ons moet dit erken, ons moet dit bely. Daar is dinge wat met ons gebeur wat daarop dui God straf ons. Om te maak of God ons nie kan straf nie, is alreeds onreg teen God. Dit is wat die Kategismus bedoel om in die tyd gestraf te word... Tog maak ons belydenis ook melding van die ewige straf, die straf wat daar in die hel gaan wees, wanneer hulle wat in die hel gaan kom, in die ewigheid met n regverdige oordeel gestraf sal word. Geliefdes, dit is alles dinge wat ons besef, die dieptes van Psalm 130 gaan baie diep. Hebreërs praat van dit is verskriklik om te val in die hande van die lewende God. Daar is so baie ongeregtigheid wat ons aankleef. As U o Here ons ongeregtighede in gedagte hou, wie sal bestaan. Dit is hoe die Psalm dit vra. Ons kan ook dink aan Nahum 1: 2-3 2 n Jaloerse God en n wreker is die HERE, n wreker is die HERE, en vol grimmigheid; n wreker is die HERE vir sy teëstanders, en Hy behou die toorn teen sy vyande.3 Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die HERE ongestraf bly nie...wanneer ons hierdie gedeelte in Nahum nog meer letterlik vertaal dan kom dit daarop neer dat God is n besitlike God in die sin dat Hy Hom passievol vir sy kinders beywer. God duld geen teenstand nie. Dit is n lied wat God se krag besing, maar ook hoe God Hom oor die sonde en die kwaaddoeners sal wreek. Dit is soos Nahum dit ook sê Die Here laat beslis niks ongestraf nie... Dit sal nie help mens probeer ontken dit wat ons alles skuldig maak nie. Die sonde moet en sal gestraf word. God se heiligheid en regverdigheid vereis dit. Dit is soos dit in Galasiërs

5 6:7 ook staan- 7 Moenie dwaal nie; God laat Hom nie bespot nie; want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Wanneer ons hierdie dinge hoor, besef ons dat God het die volle reg om straf, God sal straf, niemand wat kan sê ek is onskuldig, vir my hoef God nie te staf nie. Ons het egter te doen met wat die Kategismus in elke opsig n besondere troosboek maak. Ons troos hier vanoggend is om te besef dat GOD SE REG IS VIR ONS TOT TROOS. Wanneer God sy reg onverbiddelik opeis dan is ons troos dat God vertrou kan word. Dit wat Hy sê, dit doen Hy. Op God kan gereken word, daarom het ons waarlik te doen met billike geregtigheid. Maar God gaan nog verder. Waar Hy sy reg handhaaf en Hy ons dit duidelik laat verstaan, die vloek en die straf wat op die mens moet neerkom, het ons in Gen. 3, ja so vroeg soos Genesis, die sondestof het nog nie eers gaan lê nie, die mens verwyt nog mekaar, verwyt die slang, hulle staan so verleë en skuldig, dan gebeur daar in Gen. 3:15 iets besonders. Daar staan eintlik n dubbele vloek eers die vloek wat oor die slang uitgespreek word, daarna die vloek en straf wat die vrou ontvang, sy sal met swaarkry kinders die wêreld inbring, die man wat haar sal tiranniseer. Die direkte betekenis van die man sal oor jou heers, tussen al hierdie dinge waarmee die Here duidelik sy straf aankondig, en die ernstige gevolge wat die straf gaan inhou, maar in al hierdie dinge wat die sonde tot gevolg het, staan in Gen. 3:15 dit wat ons noem die moederbelofte. Die moederbelofte kan ons noem die ligstraal van God se strafreg. Ja, geliefdes, as ons maar net die eerste boek van die Bybel vandag in sy breë lyne oopmaak, dan kom die groot vrae van die lewe voor ons. WAT MAAK EK HIER... HOE HET DIT GEKOM DAT EK HIER IS... WAT IS DIT WAAROOR DIE LEWE REGTIG GAAN? Is ons maar net hier dat ons gestraf moes word? Het God iemand gesoek om te straf, nou is ons maar dié wat die straf moet vat? As ons so dink dan het ons reeds verkeerd begin. Wie Genesis verkeerd lees sal nooit die res van God se Woord reg kan lees nie. Dink mooi oor die Genesis-boek. Dit gaan werklik oor die skepping, die aangrypende verhaal van menslike bestaan, God wat n wonderlike plek vir ons gemaak het om in te woon, die wonderlike verhoudinge wat daar kon wees, die verhouding met God, die verhouding wat die eerste mensepaar kon hê, alles soos antwoord 9 dit stel- God het dit baie goed gedoen dit

6 wat Hy geskep het, maar dan kan jy maar Gen. 3-11 lees, die menslike verhaal van sonde, maar dit word n kosmiese verhaal van verval, opstandigheid, rebellie, moord, kragvertoon, waar mense dit doen en dit alles ook waar God sy straf moet laat geld. Genesis 11 het iets van n ironie. Die toring van Babel. Babel het verband met die woord Babilon, in die Babiloniese taal beteken dit die hek van die gode... Die mens het vir allerhande gode openinge begin maak, maar betekn dieselfde woord Babel, n gebrabbel, n deurmekaar gepraat, ons hoor mekaar nie... dit eindig deurmekaar. Ja, ons besef in Genesis 6-9 het ons eintlik al iets van God wat besluit dat Hy gaan alles wat Hy geskep het, gaan Hy vernietig en weer oor begin. Gen. 1 begin met die aarde was oordek met water en God het sy Gees oor die water laat sweef, nou laat God dit weer amper lyk soos voor die skepping, water wat oor alles moet stroom. In Genesis 6-9 word selfs in baie opsigte dieselfde woorde gebruik soos by die skeppingsverhaal, maar dit kom in omgekeerde orde. Gen. 1 God wat sê dat wat Hy geskape het, is goed, Gen. 6:5 sien God hoe sleg dit geword het, dit wat Hy aanvanklik baie goed geskape het. Waar God eers water droë grond laat word, nou moet die droë grond weer met water oorstroom word, alle lewe buite die ark moet vernietig word, daardie lewe wat aanvanklik so goed en noukeurig op aarde geskape is. Die eintlike punt is, God het besluit Hy begin van voor. En dit is alreeds bewys van God se barmhartigheid. Die feit dat alles moes onder sink is bewys van God se geregtigheid, maar om weer te begin, weer stuur God n wind, soos ons weet in Genesis het sy Gees oor die water gesweef, by die sondvloed het die wind oor die water begin waai, dit kon stadig maar seker begin wegdroog, (in Hebreeus is die woord vir wind en gees en asem dieselfde woord), ja die diere wat in die ark was, kon daar uitstap, so asof hulle vir die eerste keer weer op die aarde kon kom. In elke opsig is dit asof God sê- kom ons probeer weer, God herskep, wat die mens onderskep het, maar God doen dan nog meer. Genesis 9 sluit God n unieke verbond, dat Hy die aarde nie weer op hierdie manier sal vernietig nie. Die reënboog word die teken gemaak wat dit bevestig, God wat eintlik die aarde oorspan met sy beloftewoord dat so sal die aarde nie weer verdrink nie, al is daar steeds oorstromings en baie rampe, maar nie op die skaal wat alles ondergegaan het nie. God stel dan ook die baie duidelike doodstraf in dat as iemand n lewe neem, moet sy lewe ook geneem word. God laat sy straf en sy reg geld oor die wat n ander se lewe neem, God se barmhartigheid tree hierin gelyk na vore as die God wat menselewens wil beskerm.

7 *** Broeder en suster, ons kan God se Woord deurblaai en so baie ander plekke word bevestig wat ons belydenis vandag vir ons hier sê. God se verskriklike straf, sy reg om te straf, die verbond wat eis dat daar gestraf moet word, dit laat Genesis 3-11 op geen manier ons in die duister nie, presies wat ons belydenis ook sê, maar waarmee begin Genesis 12, ja Genesis 12 laat ons besef God se reaksie op die mens se sonde is om in Abraham n pad van verlossing vir die mens voor te berei. Ons kan nou baie daarop uitbrei, hoe God in Gen. 12 en 15 en 17 die verbond herbevestig, die besondere beloftes, die grond en die saad wat bymekaarkom, n eie en groot grondgebied, n groot nageslag, maar saad en grond se verbinding kan alleen die verbond wees, alleen die genade wat die verbond sy krag en werking gee, geen mens wat daarop kan aanspraak maak nie, nie eers Abraham nie, hy het eintlik geen deel konkreet van God se ryke verbondswoord kon beleef nie, hyself het eintlik maar geen behoorlike grond kon kry, behalwe die stukkie waar die grafte was, geen groot nageslag, maar net een kind wat die beloftekind kon wees, maar dit stel nie God se trou en God se reg en God barmhartigheid in twyfel nie. Ons moet dan ook nie twyfel nie. Israel word wel n groot menigte toe hulle in Egipte bly, die eerste been van God se belofte aan Abraham word in Egipte vervul, die begin van Eksodus, maar die ander been, die eie grond, hoevele jare, ons weet nie mooi nie, maar dit is sekerlik omtrent 500 jaar na Abraham toe het die eie grond eers n realiteit geword. Ons kan maar net weer sê God hou woord, maar moet nie vir God aan jou en my horlosie, aan jou en my oordele probeer bind nie. So een sal hom/haar vasloop. Dit gaan op die einde heeltyd oor God is wel barmhartig maar Hy is ook regverdig. Sy geregtigheid sluit straf in, Want sonde moet gestraf word... net in die eerste boek, ja net in die eerste hoofstukke van Genesis...Genesis 3-11 word ons belydenis reeds in alles getrou en waardevol bewys. AMEN