Vry van die wet (dekaloog en sedewette) Dekaloog=10 Hebreeuse woorde (tien gebooie) Sedewette=Al die ander wette. Rm. 10:4 Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo. Rm. 10:4 (Amp) For Christ is the end of the Law [the limit at which it ceases to be, for the Law leads up to Him Who is the fulfillment of its types, and in Him the purpose which it was designed to accomplish is fulfilled. That is, the purpose of the Law is fulfilled in Him] as the means of righteousness (right relationship to God) for everyone who trusts in and adheres to and relies on Him. Mt. 5:17-19 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie, maar om te vervul. 18 Want voorwaar Ek sê vir julle, voordat die hemel en die aarde verbygaan, sal nie een jota of een titteltjie van die wet ooit verbygaan totdat alles gebeur het nie. 19 Elkeen dus wat een van die minste van hierdie gebooie breek en die mense só leer, sal die minste genoem word in die koninkryk van die hemele; maar elkeen wat dit doen en leer, hy sal groot genoem word in die koninkryk van die hemele. Mt. 5:17 The peoples New Testament commentary Think not that I am come to destroy the law and the prophets. The preceding verses were so opposed to the teachings of the scribes and Pharisees that some might assert that he was a destroyer of the law. He replies that he has not come to destroy it, but to fulfill. He does not say that he has come to perpetuate it. To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ" Gl. 3:24,25 Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. 25 Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder n tugmeester nie. Gl. 3:24,25 (Amp) So that the Law served [to us] as our trainer [our guardian, our guide to Christ, to lead us] until Christ [came], that we might be justified (declared righteous, put in right standing with God) by and through faith. 25 But now that the faith has come, we are no longer under a trainer (the guardian of our childhood).
Gl. 5:1-5 Staan dan vas in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en laat julle nie weer onder die juk van diensbaarheid bring nie. 2 Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. 3 En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. 4 Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval. 5 Want óns verwag deur die Gees uit die geloof die geregtigheid waarop ons hoop. Indien ons aan die wet wil vashou verval ons van die genade (soendood) van Jesus Christus Gl. 4:4-7 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit n vrou, gebore onder die wet, 5 om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang. 6 En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader! 7 Daarom is jy nie meer dienskneg nie, maar kind; en as jy kind is, dan ook erfgenaam van God deur Christus. Gl. 3:1-13 o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? 2 Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 3 Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? 4 Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was! 5 Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? 6 Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. 7 Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. 8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. 9 Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham. 10 Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie.
11 En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe. 12 Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. 13 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons n vloek te word want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan n hout hang. Ef. 2:13-15 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus. 14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het 15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep. Hb. 8:6-13 Maar nou het Hy n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van n beter verbond wat op beter beloftes wettiglik gegrond is. 7 Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir n tweede gesoek word nie. 8 Want Hy berispe hulle en sê: Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda n nuwe verbond tot stand sal bring, 9 nie volgens die verbond wat Ek met hulle vaders gemaak het op die dag toe Ek hulle aan die hand geneem het om hulle uit Egipte land uit te lei nie; want hulle het nie gebly by my verbond nie, en Ek het hulle veronagsaam, spreek die Here. 10 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle n God wees, en hulle sal vir My n volk wees. 11 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle. 12 Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie. 13 As Hy sê n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning. Jer. 31:31-34 Kyk, daar kom dae, spreek die HERE, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda n nuwe verbond sal sluit; 32 nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipte land uit te lei nie my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek die HERE.
33 Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek die HERE: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle n God wees, en hulle sal vir My n volk wees. 34 En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken die HERE; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die HERE; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. Hb. 7:12 Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet; Die nuwe wet (nuwe priester nuwe wet Hb. 7:12) wat God in ons verstand gee (Jer. 31:33; Hb. 8:10) is nie die wet van Moses nie, nog minder die sedewette, nie. Nuwe Hoë Priester nuwe wet en die ou Wet (tien gebooie en sedewette) is verouder en naby verdwyning Hb. 8:13. Sê ek hiermee dat die ou wet nie meer waarde het nie, nee definitief nie, vir die wat nog nie by Christus uitgekom het nie is dit die tugmeester (rigting aanwyser) maar indien jy in Hom voor God regverdig verklaar is het jy nie meer die tugmeester nodig nie. Die sentrale boodskap van die Galasiërs brief is dat Paulus dus die mense daar kwalik neem omdat hulle vry gekoop is van die wet en nou weer diensbaar daaraan wil wees. Gl. hoofstuk 3. Ek vra mooi en ek bid nou dat God nou u sal aanspreek deur sy Gees en dat u sal sien indien ons aan die wet wil vashou verval ons van die genade van Christus dit is reg u het n keuse wil jy regverdig word voor God op grond van dit wat Jesus namens ons op Golgota gedoen het, en dan deur genade gered word of wil jy uit die werke van die wet voor God regverdig word. Onthou indien jy die wet verkies moet jy die hele wet onderhou wat onmoontlik is (Rm. 8:3) en indien jy skuldig is aan een van die wette dan is jy skuldig aan almal ( Jk. 2:10 ). Vry van die wet beteken nie dat jy maar kan doen wat jy wil nie, nee, onthou God gee die wet in ons binneste (Jer 31:33; Heb 8:10), Daar is nou nie meer n wet met moets en moenies nie, nee God gee dit in ons binneste en sy Heilige Gees help ons om alles wat die Woord beveel, Ou en Nuwe Testament (sien 2 Tim 3:16) Alles wat in die Woord staan. Dit bring my by die Sabbats gebod: Ex. 20:8-11 Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig. 9 Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;
10 maar die sewende dag is die Sabbat van die HERE jou God; dan mag jy géén werk doen nie jy of jou seun of jou dogter, of jou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie. 11 Want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die HERE die sabbatdag geseën en dit geheilig. Rm. 14: 5,6 Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees. 6 Hy wat die dag waarneem, neem dit waar tot eer van die Here; en hy wat die dag nie waarneem nie, neem dit nie waar nie tot eer van die Here; en wie eet, eet tot eer van die Here, want hy dank God; en wie nie eet nie, eet nie tot eer van die Here, en hy dank God. Gl. 4:8-10 Maar destyds, toe julle God nie geken het nie, het julle dié gedien wat van nature geen gode is nie; 9 maar nou dat julle God ken, of liewer deur God geken is, hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? 10 Julle neem dae en en maande en tye en jare waar. Omdat ons nie meer 'n uitwendige wet het nie maar innerlike wil ek 'n dag van rus hê, wat nie noodwendig op enige bepaalde dag hoef te wees nie. Ons moet 'n dag van rus hê en omdat daar noodsaaklike dienste is wat op Vrydag/Saterdag plaasvind moet ons dan 'n ander dag verkies vir ons rusdag.