DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Similar documents
Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 8: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE DAG VAN VERSOENING (YOM KIPPUR)

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE FEES VAN TROMPETTE

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 9: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE FEES VAN TABERNAKELS (SUKKOT)

n Prins word die Skaapwagter

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

DIE FEESTYE VAN YHVH: DIE DERDE FEESSEISOEN

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

Van Vervolger tot Prediker

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Parashah 17: Yitro (יתרו) (Jetro)

Parashah 15: Bo (בוא) (Gaan / kom in aksie) Ex. 12:14 Pesag, Wedergeboorte en Bekering

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 13 (DEEL 2): OP WATTER DAG IS YESHUA GEKRUISIG?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Les 6 vir 10 November 2018

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Parashah 31 Emor (Sê/Praat) Lev.21:1-24:23 Ez.44:15-31 Matth.5:38-42; Gal.3:26-29; 1 Petr.2:6-8

Doen Eers n Kosteberekening

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

1. Aanbiddingswette Wie en hoe aanbid word - Dit kan tog nooit verander nie. Hierby is ingesluit, wette wat spesifiek teen 'n heidense gebruik se insl

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

ANDER JOODSE FEESTE. n Studie van die Feestye van YHVH is verkrygbaar deur op die volgende skakel te kliek:

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Midrash (Torah Bespreking)

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Parashah 23: Pekudei (פקודי) Berekening. Haftorah: 1 Kon. 7:51 tot 8:21 Geen Heerlikheid sonder Torah nie!

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

DIE FEESTYE VAN YHVH. LES 13 (Deel 1): DIE PAASFEES (EASTER) MISLEIDING

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

NEW INTERNATIONAL VERSION

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Die maan en sy rol in ons wereld *

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Ons Hebreeuse Wortels

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Die Kalender uit die Skrif

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Parashah 51: Nitzavim (נצבים) Wanneer Jy Staan. Deut. 29:14 en 15 Ook Die Wat Nie Vandag Hier Staan Nie.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Nuwe Lied Bediening. Parashah 10: Miketz Aan die Einde

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Wegraping (Saamgevat)

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Ps.119:89 Parashah 21 Ki Tissa = Oplig Ex.30:11-34:35 1Kon Luk.11:14-20; Hand.7:35-8:1; 1Kor.8:4-13;10:1-13; 2Kor.3:1-18

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Transcription:

DIE FEESTYE VAN YHVH Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER INHOUD VAN LES 6 Hersiening en Agtergrond Teshuva Om Terug Te Keer Opsommend Bepeins of Bespreek HERSIENING EN AGTERGROND 1. Ons leef in die seisoen waar profesie oor eindtydgebeure voor ons oë bewaarheid word. Die derde, en die laaste feesseisoen in YHVH se jaarlikse siklus van afsprake met sy kinders is heenwysings en afbeeldings wat deel uitmaak van hierdie eindtydgebeure. Daarom is dit noodsaaklik dat gelowiges die profetiese betekenis van hierdie laaste afsprake van YHVH moet gedenk en verstaan, naamlik die Fees van Trompette, die Dag van Versoening, die Fees van Tabernakels en die Agste Dag. Hierdie afsprake (feestye) word voorafgegaan deur n tydperk van selfondersoek, berou en verootmoediging bekend as Teshuvah. 2. In hierdie studie het ons gesien dat die Bestemde Tye (feestye) van YHVH, soos ondermeer in Levitikus 23 uiteengesit word, in drie feesseisoene verdeel word, naamlik: 2.1. Pesag wat bestaan uit drie opeenvolgende feeste, naamlik: Paasfees (Pasga), Fees van Ongesuurde Brode en die Fees van die Eerstelingsgerf (Eerstelinge). 2.2. Shavuot ook bekend as Pinksterfees (Fees van Weke).

2.3. Sukkot ook bekend as die Loofhuttefees wat bestaan uit drie opeenvolgende feeste, naamlik die Fees van Trompette (Yom Teruah; Rosh Hashanah), Die Dag van Versoening (Yom Kippur) en die Fees van Tabernakels (Sukkot; Chag Sukkot). Op YHVH se jaarlikse afspraakkalender is daar egter nog n Bestemde Tyd wat die Agste Dag (Sh mini Atzeret) genoem word en wat deel vorm van die seisoen van Sukkot. 3. In totaal het YHVH dus jaarliks agt formele afsprake met Sy volk ontmoetings waar Hy die inisiatief neem en n uitnodiging aan elkeen van Sy kinders rig. Daar word egter deurgaans verwys na die sewe Bestemde Tye (feestye) waar die getal 7 op die voltooiing van YHVH se plan dui en dan die Agste Dag wat n nuwe begin aankondig. Onthou egter dat die weeklikse Shabbat ook deel is van YHVH se bestemde tye (feeste)(lev. 23:2) en wat heenwys na die ewige rus wat sal volg op die voltooiing van YHVH se plan van herstel. 4. Die eerste twee feesseisoene, en dus die eerste vier bestemde tye, naamlik Pesag, Fees van Ongesuurde Brode, Fees van die Eerstelingsgerf en Shavuot (Pinksterfees) is reeds in Yeshua Messias met Sy eerste koms na die aarde vervul: 4.1. Hy is die Pesaglam wat vir ons geslag is om ons te bevry van die slawejuk van sonde. (Pesag). 4.2. Hy is die Ongesuurde Brood; die Een sonder sonde en die Brood van die Lewe wat in al ons behoeftes van gees, siel en liggaam voorsien. (Fees van Ongesuurde Brood). 4.3. Hy is YHVH se eerstelingsgerf; die eerste om uit die dood op te staan en die eerste van YHVH se oes wat deur die genade in Yeshua ingesamel word. (Fees van Eerstelinge). 4.4. Hy het opgevaar na die hemel sodat ons die Afgesonderde (Heilige) Gees kon ontvang om hier op aarde as geregverdigdes in krag en gehoorsaamheid volgens YHVH se onderrig en instruksies (Torah) te leef. (Pinkster, Shavuot). 5. Die laaste feesseisoen bestaande uit die Fees van Trompette, die Dag van Versoening, die Fees van Tabernakels en die Agste Dag is almal `n heenwysing na Yeshua se wederkoms as die Koning van konings en as die Leeu van Juda die Een wat YHVH se parskuip sal trap (Open. 19:15) en wat sal kom om hier op aarde vir ewig te regeer. Daarom is hierdie laaste seisoen van afsprake met YHVH van so groot belang en moet ons die betekenis daarvan verstaan. Dit is n heenwysing en afbeelding van eindtydgebeure en van die wederkoms van ons Messias. Dit is n kleedrepitisie vir die afspraak wat YHVH die Almagtige nie net met Sy volk het nie, maar ook met die mensdom. 6. Die feit dat die eerste vier bestemde tye presies volgens profesie op die aangewese datums vervul is, is bevestiging en bewys dat die vier oorblywende afsprake ook presies volgens profesie vervul sal word. Hierdie

feit is bevestiging dat ons met erns en toewyding hierdie afsprake op YHVH se kalender moet gedenk. Dit moet vir ons as gelowiges n blye verwagting en n salige hoop op die wederkoms van ons Messias wees. 7. Diegene wat YHVH se Bestemde Tye gedenk, sal Messias herken by Sy wederkoms. Hulle sal kan onderskei tussen die ware Messias en die Antimessias, want YHVH se Bestemde Tye (mo edim) en kleedrepitisies (miqra ot) is n heenwysing en afbeelding van Yeshua Die Gesalfde Een en YHVH se totale reddingsplan. Hulle sal weet, en op die uitkyk wees, vir Yeshua se wederkoms tydens die laaste Bestemde Tye van YHVH se jaarlikse afsprake met Sy kinders. 8. Daarom moet ons die betekenis van hierdie feeste verstaan en dit jaarliks gedenk sodat ons voorbereid en gereed kan wees vir die wederkoms van Messias. Ons Vader het sy bestemde tye met n doel ingestel en Yeshua se woorde in Luk. 24:44 herinner ons daaraan: En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word. Die wederkoms van ons Messias sal tydens YHVH se Bestemde Tye tydens die laaste feesseisoen vervul word!! 9. Indien dit belangrik was om YHVH se afsprake voor die eerste koms van Messias Yeshua te hou, is dit sekerlik ook belangrik om dit steeds te gedenk in voorbereiding vir Messias se tweede koms as die Koning van konings!! TESHUVAH: OM TERUG TE KEER 1. Hoewel daar geen duidelike Skriftuurlike opdrag vir Teshuvah te vinde is nie, is dit n Joodse tradisie wat volgens sommige bronne ontstaan het na die vernietiging van die Tempel in 70 na Messias. Omrede terugkeer met berou na die weë van die Vader ook sentraal staan vir elke gelowige van die hernieude verbond, word Teshuvah ingesluit in die studie van die Feestye van YHVH. Dit word gedoen omrede daar genoegsame getuienis is wat daarop dui dat Yeshua se doop en sy veertig dae in die woestyn alles gedurende Teshuvah plaasgevind het. 2. Volgens Joodse tradisie word YHVH se laaste afsprake in die jaarlikse siklus van Bestemde Tye vooraf gegaan deur n tydperk bekend as Teshuvah. Volgens die Joodse burgerlike kalender is die aanvang van Teshuvah altyd op die eerste dag van die maand Elul en eindig op die Dag van Versoening (Yom Kippur) n tydperk van 40 dae. 3. Die tien dae tussen Yom Teruah (Fees van Trompette) en Yom Kippur (Dag van Versoening) staan bekend as die Dae van Ontsag (Days of Awe). Volgens tradisie word geglo dat in hierdie tien dae periode word die hekke van die hemel geopen en dan weer op Yom Kippur gesluit. Hulle glo ook dat dit dié tyd is wanneer YHVH belangrike besluite aangaande die komende jaar neem. Hierdie mag wel net tradisie wees, maar dit dien vir elkeen as herinnering dat

ons daagliks so moet lewe dat die hekke van die hemel nooit vir ons gesluit word nie. 4. Volgens tradisie word ook geglo dat Moses op die 1 Elul die berg Sinai opgegaan het om die tweede stel tien gebooie te ontvang na die gebeure rondom die goue kalf. Hiervolgens het hy op die 10 Tishri, op Yom Kippur, teruggekeer nadat versoening tussen YHVH en Israel weer bewerkstellig was. Moses was dus n totaal van 40 dae op die berg die tydperk van Teshuvah waartydens die volk hulself ondersoek het en berou getoon het. 5. Teshuvah beteken terugkeer. Dit is om terug te keer na Torah, naamlik na YHVH se liefdevolle onderrig vir n lewe as geregverdigde in Yeshua Messias. Dit is om met berou en verootmoediging terug te keer nadat selfondersoek gedoen is van jou geestelike welstand en van jou verhouding met die Vader. Is jy die persoon wat YHVH beplan het jy moet wees of het jy weg beweeg van Sy doel vir jou. Leef jy in gehoorsaamheid aan Torah weens jou liefde vir YHVH Yeshua? Is jy in gedagtes, woorde en dade gelykvormig aan Yeshua die Lewende Torah die Woord wat vlees geword het (Joh.1:1 en 2)? 6. In Joh. 1:3 lees ons die volgende: Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. Verstaan jy wat hierdie woorde omtrent jou getuig, naamlik dat jy het ontstaan deur die Woord van YHVH wat Yeshua Messias is? Alle dinge, en dit sluit jou en my in, het n werklikheid geword deur die Woord. YHVH jou Skepper het deur Die Gesalfde Een jou geskape....soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om afgesonder en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Yahshua die Messias, na die welbehae van sy wil, tot lof van die voortreflikheid van sy guns waarmee Hy ons begunstig het in die Geliefde. Ef. 1:4 tot 6 (Woord en Getuienis) Daarom is dit die Vader se wil dat jy die persoon moet wees waarvoor Hy jou geskape het, naamlik sonder enige frille en grille, sonder enige onvergewensgesindhied, bitterheid, skuldgevoelens, verwyte of onverwerkte emosies Sy kind wat Hom in liefdevolle gehoorsaamheid en met n sagmoedige gees dien. 6. Teshuvah is n geleentheid om terug te keer na die Vader se plan vir jou lewe en om Sy kind te wees wat gelykvormig is aan Sy Eersgeborene, Yeshua Messias, Die Gesalfde Een. Dit is n geleentheid vir vooraadopname van jou lewe en n geleentheid dat jy op Yom Kippur voor die Almagtige met vrymoedigheid sal kan verskyn. Gaan en roep hierdie woord na die noorde toe uit en sê: Keer terug (Teshuvah), o afvallige, Yiesraél, sê Yahweh. Ek sal julle nie donker aankyk nie, want Ek is goedertieren, sê Yahweh; Ek sal die toorn nie vir ewig behou nie. Alleenlik, ken jou ongeregtigheid, dat jy teen Yahweh jou Elohiem

oortree het en jou weë gerig het na die vreemdes, onder elke groen boom; maar na my stem het julle nie geluister nie, sê Yahweh. Keer terug (Teshuvah), o afvallige kinders, sê Yahweh, want Ek is Meester oor julle; en Ek sal julle neem, een uit n stad en twee uit n geslag en sal julle in Tsion bring. Jer. 3:12 tot 14 (Woord en Getuienis) Blaas die ramshoring op Tsion, en blaas alarm op my afgesonderde berg! Laat al die inwoners van die land bewe, want die dag van Yahweh kom, want hy is naby Maar selfs nou nog, sê Yahweh, bekeer (Teshuvah) julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag. En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot Yahweh julle Elohiem; want Hy is goedgunstig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die rampspoed; Joël 2:1, 12 en 13 (Woord en Getuienis) In daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa gepreek en gesê: Bekeer (Teshuvah) julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom. Matt. 3:1 en 2 Tydens Petrus se toespraak op Pinksterdag (Shavuot) het hy aan die skare wat diep in die hart getref is, gesê: Bekeer (Teshuva) julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Yeshua Messias tot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Afgesonderde (Heilige) Gees ontvang (Hand. 3:37 en 38). Hierdie was n oproep aan die Jode en almal wat in Jerusalem bly (Hand. 2:14) om terug te keer na Torah en te glo in Yeshua as die Messias van Torah (Joh. 5:46) wat gekom het. Die gekruisigde en opgestane Woord wat vlees geword het om Torah te kom bevestig en te herstel. 7. Teshuvah is n geleentheid vir die bruid om seker te maak dat sy vlekkeloos en onberispelik voor die Bruidegom sal staan. Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede. 2 Pet. 3:14. 8. Teshuvah is ook die geleentheid om ons innerlike vyand te konfronteer en te oorwin al daardie struikelblokke (sondes, verslawings, vrese, bitterheid, onvergenoegdheid, ens.) in ons lewens wat ons verhouding met Vader YHVH benadeel. Dit is n geleentheid vir elkeen om sy/haar tempel te reinig van alle ongeregtighede en van alle bindinge wat die vyand gebruik om ons mee gevange te hou. Teshuvah is die geleentheid om YHVH se shalom daardie vrede wat alle verstand te bowe gaan (Fil. 4:7) te ontvang sodat jy na gees, siel en liggaam heel en volkome in Yeshua Messias kan wees. 9. Daar is geen opdrag in die Skrifte vir die 40 dae tydperk van Teshuva nie, maar dit is n Joodse tradisie wat reeds vir eeue bestaan. Wanneer daar na die betekenis en doel van Teshuvah gekyk word, is dit goeie rede vir gelowiges in Yeshua Messias om wel ook met vrymoedigheid hierdie gebruik te volg. OPSOMMEND

1. Die doel van Teshuvah kan kortliks soos volg saamgevat word: 1.1. n Selfondersoek of jy gehoorsaam aan YHVH se liefdevolle onderig (Sy Torah) is. 1.2. Om nader aan YHVH te beweeg deur jou verhouding met Hom te ondersoek en om Hom meer intiem te ken (Joh. 17:3). 1.3. Om seker te maak dat jy die geregtigheid van YHVH in Yeshua Messias is (2 Kor. 5:21) en seker te maak dat jy nie jou eie geregtigheid opgerig het nie (Rom. 10:2 en 3). 1.4. Om te beplan vir die komende geestelike jaar jou geestelike voornemens vir die komende jaar uit te spel. Om te vergeet van wat verby is en jou uit te strek na wat voorlê. Maar een ding: ek vergeet die dinge wat agter is en strek my uit na wat voor is, en jaag na die doel om die prys te ontvang van die hoë roeping van Elohiem in die Messias Yahshua. Fil. 3:14 (Woord en Getuienis). 1.5. Om verkeerdhede reg te stel, naamlik vergifnis te vra vir wat jy aan ander gedoen het, restitusie te doen waar moontlik (te vergoed, te herstel, terug te gee, skuld te betaal) en liefdesgawes te gee. Dit is n herinnering aan die noodsaaklikheid om vergifnis te vra en waar moontlik restitusie te doen alvorens self vir vergifnis by die Vader gevra word (Matt. 6:14 en 15; Matt.18:21 en 35; Luk. 17:3 en 4). 2. Gedurende Teshuvah groet Jode mekaar met die woorde: Mag jy (jou naam) geskryf word in die Boek van die Lewe (L'shanah Tova tikatev v'taihatem! May you be inscribed and sealed for a good year!). Alles opgetel en afgetrek is dit waaroor ons hele geloofslewe gaan. Teshuvah is n geleentheid om seker te maak jou naam is vir ewig in YHVH se Boek van die Lewe geskryf. BEPEINS OF BESPREEK DIE VOLGENDE 1. Tydens Teshuvah word Psalm 27 daagliks gelees. Let veral op verse 7 tot 14 en hoe dit die gesindheid van Teshuvah uispel. 2. Sal die Anti-messias die feestye van YHVH gedenk? Sal hy Shabbat gedenk? Is die Anti-messias nie juis die een wat gaan sê dat ons vry is van die wet (Torah) nie? Lees Dan. 7:25. Hoe sal jy die Anti-messias herken? Ontvang YHVH se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shalom tot volgende keer. Johan Kriel

Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.