Hartklop. van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

n Prins word die Skaapwagter

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Hartklop. van die NG Gemeente Onrusrivier HARTLIK WELKOM

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

OKTOBER Wees LIG! HARTLIK WELKOM!

Van Vervolger tot Prediker

Les 6 vir 10 November 2018

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Community of Practice

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Ook te koop by Kerkkantoor: Anna se organiese Hanepoot Korrelkonfyt: R20 per potjie. Geliefde Lourensrivierder

102 Beswaarskrif Joy Mansfield

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Addendum A Consent form

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die maan en sy rol in ons wereld *

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Pretoria- 23 Junie 2012

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

As-Woensdag. Baie welkom in die 46 dae lydenstyd Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Waar is God as ons swaarkry?

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

WEEK JAN 2018 TYD OM ERNSTIG TE RAAK!!

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Waar kom die Christelike geloof vandaan? Kyk ook: - Wie is wie?

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Beur vorentoe met hoop

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

n Teologiese ondersoek na die rol van toleransie en omarming in die hantering van leerstellige en morele verskille, met verwysing na die

Jaargang 6 Uitgawe 27 HARTIES NG GEMEENTEBLAD November 2017

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Transcription:

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 8 NOVEMBER 2015 Wees Lig! Ek glo... Dis soms makliker gesê as gedaan. HARTLIK WELKOM Ja, daar is mense wat maklik glo, kinderlik en opreg. Maar daar is ook ander wat moeiliker glo. Hulle worstel gedurig met die Ja, maar... -vrae. Ja, ek glo in God, maar ek het geen bewyse nie of Ja, ek glo Hy is almagtig, maar waar kom môre se brood op die tafel vandaan? Job het geglo, maar hy kla ek het rustig gelewe, toe versteur God my rus (Job 16v12). Abraham het geglo God sou aan hom en Sara n seun gee, maar tog vertrou hy eerder op sy slaaf Eliëser die slaaf se seun sal sy seun wees (Gen 15v3). En Sara het haar slavin Hagar aan haar man Abram as vrou gegee (Gen 16v3). Jeremia het geglo, maar hy kla God aan: U het hierdie volk en Jerusalem bedrieg (Jer. 4v10). En Tomas was nóg een van dié wat moeilik geglo het (Joh. 20v25). En moenie vergeet van Martin Luther nie. Hy het ook sy geloofs-aanvegtinge gehad! Jou troetelhond kan jou leer van geloof: Om die braaivleis-vuurtjie sit jou hond aan jou voete en hy kyk stip na jou hande. Hy weet jy sal daardie beentjie nog vir hom laat val. En jy weet dit ook. Dis geloof! En as jy voordeur toe stap, stap jou hond saam. Hy weet julle gaan vir n middag wandeling. En jy weet dit ook. Dis geloof! Geloof is om na God te kyk. En God kyk na jou. En julle weet van mekaar. Welkom aan al ons gelowiges wat vanoggend met verwagting na die Here kyk! Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 15 NOVEMBER DS MICHIEL DE KOCK Filippense Een Liewe gemeente kom ons staan die week stil by Filippense. U kan sommer die hele boek lees ter voorbereiding van komende Sondag se erediens. Ons fokus op hfst. 1 v. 9 11, 1 v. 21 en hfst 3 v. 10 12. Vir Paulus was Jesus Christus alles. Maak tyd en dink diep na oor watter plek die gekruisigde en opgestane Christus regtig in jou lewe inneem. Lees hfst 1 v. 9 en 10 herhaaldelik en vra die Heilige Gees om die proses van onderskeiding te begin sodat ons n nuwe HELDER visie op Jesus kan kry. Kom ons raak opnuut opgewonde oor JESUS ons HERE. VANOGGEND SE DIENS (DR WILHELM BURGER) LAG IS NIE ALTYD UITBUNDIG NIE (GEN 17:15-22; 18:1-15) Die lewe is so gebroke dat ons dikwels van beloftes alleen moet leef. Ons sien nie altyd die uitkoms in situasies nie en het net God se beloftes om aan vas te hou. Aan die begin gaan dit goed, maar later word dit duidelik dat die hoop beskaam. Abram en Sara was in so 'n situasie - die realiteit van kinderloosheid teenoor God se beloftes van 'n nageslag. Ons lees dat beide van hulle later maar in hulle mou gelag het. Lag is nie altyd uitbundig nie. Lag verbloem soms onderliggende pyn. Dit wys net weer daarop dat geloof 'n kuns is wat geleer moet word. SONDAGMIDDAE SAAMKUIER OM 15:30 DIENSSENTRUM Vir alle 50 plussers. Nie seker wat om met jou Sondagmiddag te doen nie? Lus vir gesels en lag en kuier? Kom geniet die geselskap en n heerlike koppie tee/ koffie. Mans en vroue, enkel of getroud u is almal baie welkom. Vir enige navrae: Hannie Koch 028 316 1595 / 081 271 2290 DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll. Plaaslike Diens van Barmhartigheid. Baie dankie vir u gebede en ondersteuning

ONS BID VIR... VERSOEKE Annette 072 903 9189 NOODKETTING Sheila 084 800 0947 Sarie van Staden Willie Smit Neels van Niekerk Cebella Krige Berenice Auret Hennie Botha Elna Ludick Wessel Vorster (Charlo & Ria Viljoen se skoonseun) Ian McHendry André van der Spuy Aurelia Esterhuyse Hannes Visser Wilma Ehrenberg Steward McFarlane Marichen van Wyk Ronel Calitz se pa Heleen Krige Helena le Roux, Trix Nortje Louis Stassen MEEGEVOEL Met Elbie en kinders met die heengaan van Jaap Sadie. Met Sakkie Smit met die heengaan van sy vrou Babsie. Met Delesté & Christo Wooding met die heengaan van Delesté se Ma. MA. 9 NOVEMBER DI. 10 NOVEMBER WO. 11 NOVEMBER Indien u belangstel om u HARE TE LAAT SNY (mans en vrouens), droogblaas, krullers indraai (set) ensovoorts kontak vir Ester du Toit by 028 316 2229 of 083 407 7973 en maak n afspraak. Ester sal fooie verskaf. SOPKOMBUIS 09:45 GOLDEN HARVEST diens in die sitkamer. 09:30-10:00 NAALDWERK: Ons het n reparasie/hersteldiens by die dienssentrum. Rita (028 316 2981) 10:00 KOM WEES KREATIEF en geniet dit! Kontak Joan of Hannie by die dienssentrum (028 316 1745). 10:00 KOM SPEEL SAAM SKAAK saam met Johan Oosthuizen. Almal welkom, ons sal jou leer hoe om te speel. 10:00-12:00. KLINIEK IS OOP Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 en maak gerus 'n afspraak. 08:00 VOETE & HANDE VERSORGING. Voete en hande versorging deur Marilyn Prinsloo. Maak afspraak by 082 532 6931. Marilyn het nog 'n kursus gedoen en kan nou die volgende bykomende diens lewer: die verwydering van gesigshare, wenkbrou en wimpers tinting doen. 10:00 TRIMGIM 11:00-13:00 KLEREKAS 14:30 FLIEK in die Ons Teater: Ladies in Lavender. Ps 139 Here, u ken my. U ken my gedagtes. U weet waar ek is en wat ek doen en praat. Dan vra ek Deursoek my, o God, en ken my hart: toets my onrustige gemoed. Kyk of daar enige gebrek by my is, en lei my op die ewige pad. Ps 141 Here ek roep na U. Aanvaar asb my gebed. Sit 'n wag voor my mond, Here, hou wag oor wat ek sê. Bewaar my van verkeerde begeertes wat lei na bose dade, saam met mense wat sonde doen en ek so deel word van hulle praktyke. Ps 143 Ek roep tot U, Here. Ek het moed verloor; ek is dronkgeslaan. Ek strek my hande uit na U. Ek dors na U soos 'n verdorde land,. Moenie van my af wegdraai nie, ek vertrou op U. Wys my die pad waarop ek moet loop, want tot U rig ek my gebede. DO. 12 NOVEMBER VR. 13 NOVEMBER SA. 14 NOVEMBER 10:15: DIENSSENTRUM: Ons brei weer saam met dr. Hoepie Howell, 'n psigiater. Sy glo dat brei help met visueel ruimtelike stimulasie, motoriese beplanning ens. Kom brei saam en luister na haar voorlesing! 09:30-11:30 DIE KOLWYNTJIE TEETUIN IS OOP! KOM KUIER SAAM! 10:00 GEBED in die Gebedskamer. Ons bid saam vir ons Gemeente en gemeenskap. U is almal baie welkom! Here, dit is nie die verdienstelikheid van my gebed wat my oortuig dat U sal hoor en antwoord nie, maar die sekerheid van u trou. (Martin Luther ) Ps 147 Here, ek prys U, want dit is my vreugde om U te prys. U genees gebroke harte en ondersteun onderdruktes. U gee reën vir die aarde en voed mens en dier. U vreugde is in hulle wat U dien en op U liefde staatmaak. Groot en magtig is U, o, Here, ons loof en prys U. Ps 9 Here, ek sal U prys met my hele hart. Ek sal vertel van al U wonderlike dade. U is 'n skuilplek, 'n toevlug in tye van moeilikheid. Die wat U Naam bely, vertrou op U, want niemand wat U soek, laat U in die steek nie, Here. U regeer vir altyd en ek sal U Naam prys,o Allerhoogste. WAT GEBEUR ALLES SONDAG 15 NOVEMBER? 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens. U is welkom. 09:00 EREDIENS Ds Michiel de Kock 18:30 AANDNAGMAAL Dr Wilhelm Burger Ons nooi u na n meditatiewe en stilword diens aan Jesus se tafel. Welkom. WYKE DIENSBEURTE Gebed (Gebedskamer) (Wyk 19) Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 8) KLEUTERKERK 3-6 jr tydens Erediens (Ark) BYBELGROEPE Gr 1-5 tydens die Erediens TEENTRIX Geen Teentrix - het gesluit vir die jaar.

UNITING THE WORLD S CHRISTIAN COMMUNITY IN ONE SONG, ACKNOWLEDGING THE SAVING GRACE OF JESUS CHRIST 8 NOVEMBER 2015 4.30pm Rotary Drive at the main lookout point (in the case of bad weather we ll convene at the United Church) The mission is For every Christian to praise God in one voice, on one day, at the same time. Individually and corporately acknowledging the saving grace and love of Jesus Christ. That all eyes will see His glory and that He alone is the hope of our lost world. To bridge cultural, denominational and economic barriers. To build a network that connects Christians in every major city around the world. Connecting worship leaders, ministries and resources across the world. Embodying amazing grace to everyone Project Amazing Grace explained One glance at a newspaper is enough to make you realize that this world in its current state is in desperate need of God s grace. Through Project Amazing Grace our aim is to unite the world s Christian community to worship God in one voice and one song at exactly the same time. The whole world has never joined in unity to worship Jesus Christ at the same time. Imagine if all Christian denominations and institutions could join hands and come as a body before God. He promises that if His people would turn to Him and pray He will forgive their sins and restore their land. Psalm 133 reminds us that God commands a blessing where there is unity. The Steering committee stands under the authority of Melkbosstrand Baptist Fellowship. We rely on them to keep us accountable and stay true to the Word of God. Project Amazing Grace partners with Project 226 a non profit organization in Cape Town. For any queries, please contact Lize Joubert @ United church 028 312-2717. You are welcome to have a look on the website as well: Onbeskaamd tree op by Lewende Water Kom loof en prys en sing saam! Sondag 8 November @ 18:00 Lewende Water Gemeente Toegang: Slegs vrywillige deuroffer. VERKIES TOT DIE KERKRAAD Die volgende persone is by die kerkraadsvergadering van 2 November verkies tot die kerkraad. Ons bid vir hulle wysheid, insig, goeie leierskap en onderskeidingsvermoë toe. MURIEL PRETORIUS (Erediens) FRANCOIS WESSELS (Jeug & Gesinne) HANLIE BRITZ (Wyke - Sandbaai streek) OPPASDIENS BY DIENSSENTRUM: Wat daarvan as u wil dorp toe gaan en u kan nie u huweliksmaat of ouer tuis laat nie. Kontak die dienssentrum en reël dat die persoon by dienssentrum vir daardie tyd versorg word. Dit is gratis vir lede beskikbaar vanaf 09h00 12h30 van Maandae tot Vrydae. *** Ons het van nou af ook iemand wat bereid is om by die huise van bejaardes te gaan sit terwyl die huweliksmaat 'n ander afspraak moet nakom. Skakel Joan of Hannie om te reël by 028 316 1745. HOU JY VAN "BALLROOM-DANCING?" Drie danspare uit die KAAP kom ons trakteer op hierdie pragtige kunsvorm! Wanneer? Vrydag 20 November @ 18:00 Waar? Ouditorium, NG Gemeente Onrusrivier Toegang? R80pp (sluit braaivleis met slaaie in) Bring eie eetgerei en drinkgoed. Almal is baie welkom, bespreek net jou plek en betaal by die kerkkantoor voor MAANDAG 16 NOVEMBER. Welkom! Net 120 plekke beskikbaar, so bespreek gou! Funksie word gereël deur die SPOELKLIIPE.

BESLUITE RAKENDE SELFDEGESLAGVERHOUDINGS EN DIE KERK DIE ALGEMENE SINODE HET OP VRYDAG 9 OKTOBER 2015 SOOS VOLG BESLUIT: 1. Die Algemene Sinode herbevestig die gelykwaardigheid van alle mense ongeag hulle seksuele oriëntasie en verbind haar tot die handhawing van die menswaardigheid van alle mense. 2. Die Algemene Sinode verklaar dat heteroseksuele en homoseksuele mense wat in ʼn verhouding van persoonlike geloofsgehoorsaamheid aan die Here leef ten volle kan deelneem aan al die voorregte van die kerk as verbondsgemeenskap. 3. Die Algemene Sinode herbevestig die besluite oor die huwelik van 2004, 2007 en 2013 dat slegs die verbintenis van een man en een vrou as ʼn huwelik beskou word. 4. Die Algemene Sinode besluit om in die lig van punt 1 hierbo erkenning te gee aan die status van burgerlike verbintenisse van mense van dieselfde geslag wat deur liefde en trou gekenmerk word, en maak voorsiening dat hierdie verbintenisse bevestig kan word deur predikante wat hulle weg daartoe oopsien. 5. Dieselfde Christelik-etiese standaarde (leer en lewe) geld vir die legitimasie van die ordening van alle mense. Punt 7 van die besluit van 2007 verval. 6. Die Algemene Sinode erken die diversiteit van beskouings oor selfdegeslagverhoudings binne die NG Kerk en bevestig die reg van kerkrade om hieroor hulle eie standpunte en praktyke te formuleer en te reël. 7. Die Algemene Sinode bevestig die diskresie van kerkrade om die verskille oor homoseksualiteit in gemeentes te hanteer en versoek hulle om dit in ʼn gesindheid van Christelike liefde te doen. 8. Die Algemene Sinode bied hierdie besluite oor selfdegeslagverhoudings met nederigheid aan ná ʼn ernstige soektog en as die beste toepassing van die boodskap van die Bybel soos ons dit tans verstaan. Die Algemene Sinode versoek lidmate, gemeentes en kerkvergaderings om weereens op ʼn selfstandige soekproses na die toepassing van die boodskap van die Bybel hieroor te gaan. In hierdie soektog kan studiestukke van die Algemene Sinode van 2007, 2011, 2013 en 2015 ernstig gelees word. In ooreenstemming met die Nederlandse Geloofsbelydenis, Artikel 2 behoort die spesifieke en algemene openbaring gebruik te word, dit wil sê, die beste huidige menswetenskaplike bevindings. DIE KERKRAAD VAN ONRUSGEMEENTE HET OP 2 NOVEMBER 2015 DIE ALGEMENE SINODE SE BESLUIT OOR SELFDEGESLAGVERHOUDINGS BESPREEK EN TOT DIE VOLGENDE OOREENKOMS GEKOM: Ons neem kennis dat die besluit van die sinode dankbaarheid by sommige lidmate en ongelukkigheid by ander ontlok. Sommige lidmate het sterk standpunte daaroor, terwyl ander onseker is en meer inligting vra. Ons hoor ook dat lidmate onseker is oor hoe hulle voortaan die Bybel kan gebruik as basis vir hulle geloof. Die kerkraad het deernis met lidmate se onsekerheid, maar is oortuig dat onseker tye nie altyd sleg is nie. Dit is in sulke tye wat ons leer om mekaar vas te hou, nuwe inligting oor 'n saak in te win en saam na God se stem te luister. Hoe ons hierdie pad as God se kinders stap is dalk meer belangrik as die einddoel daarvan. Ons is oortuig dat ons hierdie dae moet gebruik om 'n proses van onderskeiding in te gaan. Dit beteken dat ons luister na mekaar, luister na ons omgewing en luister na die Woord om die hart van God te leer ken. Wysheid en insig kom dikwels met die tyd. Intussen herinner ons mekaar aan ons waardes, veral dat ons ruimte maak vir mekaar. Ons streef na onvoorwaardelike Jesusliefde. Dit geld ook teenoor ons broers en susters met 'n homoseksuele oriëntasie. Ons het geluister na families se pyn en wil graag 'n veilige ruimte bied waar brose mense versorg kan word. Ons gebed is dat ons in die dae wat voorlê wysheid en deernis sal ontvang. Kom ons hou mekaar in die liefde van Jesus styf vas sodat Hy in al ons aksies en woorde sigbaar kom en verheerlik word. Mag die Heilige Gees ons Leidsman wees. Piet van Zyl Voorsitter van die Kerkraad Tel: 082 339 9871 E-pos: vanzylhome@vodamail.co.za BENODIG U MEER INLIGTING? Indien u meer inligting verlang, is daar n gespreksdokument beskikbaar by die kerkkantoor met die titel: Spanningsveld van teenoorgesteldes - Gespreksdokument vir lidmate oor selfdegeslagverhoudings. U is baie welkom om dit by die kerkkantoor af te kom haal of Mervian kan dit vir u epos.

KUNSKLASSE BY DIE DIENSSENTRUM Die dienssentrum wil net baie dankie vir Willma Burger sê vir haar kunsklasse wat sy aangebied het vir mense wat in kuns belangstel. Baie dankie dat jy jou kennis met ons kom deel het. Baie dankie vir jou tyd, jou moeite en opoffering. Dit word opreg waardeer. Verlede week was die groot uitstalling en Mattie Heys, Titia Ballot en Esbé Basson het ook met die groep kunstenaars kom gesels en vertel van hul ervaring van kuns. CHILD EVANGELISM AND SUNDAY SCHOOL TRAINING SEMINAR Would you like to be better equipped to: Explain the Gospel on a child s level. Tell Bible stories in such a way that children can identify with it and apply it to their own lives. Help children grow spiritually. Help children memorize Bible verses in exciting new ways. Teach children spiritual truths through singing, games and other activities. Help children on their discipleship journey for Jesus Christ...? When: Sunday 22 nd of November 2015, 12am-5pm Where: United Church Hermanus Cost: R50 (For the course material) Contact: Marié Schoeman 0824148687/ Dinky du Toit 0822270021 Bring with: Bible, Notebook, Pen RSVP: 9 November 2015 for course preparation Register: Sunday School Training Seminar of Child Evangelism Fellowship KOLWYNTJIE-TEETUIN VRYDAG 13 NOVEMBER 09:30-11:30 *Helen se DRIEHOEK-KAASKOEK is weer op die tafel! *Joan se LIKEURKOEK is weer daar op aanvraag! *Francis stal haar pragtige en bekostigbare JUWELE weer uit! *Nog net 'n paar RESEPTEBOEKE beskikbaar @R80! NISSIES BY ONRUSGEMEENTE Daar is nog sowat 7 nissies oor @ R2000. Daarna is die prys R3000. Kontak gerus die kerkkantoor vir info. *Lede betaal R20 vir koek-en-tee. Nie-lede betaal R30. Vir 'n tweede stukkie koek net R10! *** GESKENKBEWYSE VIR TEETUIN OOK BESKIKBAAR ***

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K) 083 468 8194 mdekock@ngkonrusrivier.co.za DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K) 083 448 1651 wb@ngkonrusrivier.co.za DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895 cliffordheys@hermanus.co.za VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl 082 339 9871 vanzylhome@vodamail.co.za EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633 evangelis.ngkonrus@gmail.com MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen 028 316 3115 (K) 079 322 0998 sorg@ngkonrusrivier.co.za KOMMUNIKASIE BEAMPTE Karin de Bruin 084 305 2086 kdb4jesus@ngkonrusrivier.co.za KERKKANTOOR ma - vry 08h00-13h00 Tel (028) 316-2116 info@ngkonrusrivier.co.za www.ngkonrusrivier.co.za ONTVANGS Mervian van der Merwe 084 875 7875 info@ngkonrusrivier.co.za KOSPAKKIES 16 November DV Olie, konfyt en tandepasta is nog min op die rak. BAIE DANKIE dat ons die vrymoedigheid het om te vra. HULP BY DIE KOLWYNTJIE-TEETUIN 2016 DV Wil jy meer betrokke raak by ons gemeente? Dan is die teetuin 'n goeie plek om te begin. Kontak Marie by 028 316 4018 of stuur sms aan 083 457 1896. Sy wag vir jou oproep of sms! KLEREKAS: Die klerekas se rakke is redelik leeg! Gaan loer gerus bietjie deur u kaste en daardie klere wat jy nou al vir 2 jaar nie dra nie - ons sal dit baie waardeer indien u dit kan skenk vir die klere. Bring gerus na die kerkkantoor. Baie dankie! Die inkomste hieruit word gebruik vir die kospakkies. boek wees ONSTEATER WOENSDAG 11 NOV 14:30 FILM:LADIES IN LAVENDER Kom kyk waarom dit Brenda se gunsteling is! Slegs donasie. SPESIALE VERSOEK: Die Dienssentrum hou op 11 Maart 2016 'n Biltong en Brood aand. Vir dié geleentheid benodig hulle leë klein Pichards-, klein groente- en klein konfyt blikkies. Bring dit asseblief vir Joan en Hannie by die dienssentrum. Dit sal baie waardeer word. WYKSBYEENKOMS: Wyk 27 op 13 Nov @ 18:00 by Gerhard en Alta (2de laan 160, Kleinmond) 083 440 6122. WERKSGELEENTHEDE BESKIKBAAR (3 POSTE) Eerstens is ek op soek na n gekwalifiseerde "auto electrician" met ondervinding. Tweedens n shop manager met toepaslike ondervinding en rekenaar vaardig. Derdens n workshop assistant. KONTAK FANUS VAN ZYL OP 083 395 9402 ONS BENODIG DRINGEND 'n yskas en mikrogolf vir 'n persoon. Dit het gebreek en sy het nie geld om dit te vervang nie - kan ook nie reg gemaak word nie. Baie dankie vir die persoon wat die TV vir haar geskenk het. Dit word opreg waardeer. DIENSSENTRUM VIR ONRUSRIVIER: ons het 'n pragtige dienssentrum langs die kerk. Die dienssentrum soek lede wat wil aansluit. Kom betaal u lidmaatskapsfooi en word deel van hierdie wonderlike plek wat deur die genade van Vader vir ons daar gestel is. Dit is 'n dienssentrum vir al die jongmense vanaf 60 jaar - dan begin die lewe mos eers! Die dienssentrum is oop vanaf Maandae tot Vrydae van 9h30 12h30. Dienssentrum telefoonnommer: 028 316 1745. 17 DESEMBER 2015 @ 17:00 Ons is besig om te beplan en voor te berei vir nog n heerlike fees en het u hulp asb nodig met die volgende: * Hande om te help om die dag 'n groot sukses te maak (ons kort ook nuwe koördineerders vir sekere stalletjies) * Skenkings van: * Beskuit * Slaai * Nagereg * Indien u kan help op die feesdag of enige donasies of skenkings wil gee, kontak asb vir: Carel 083 444 9581 of Muriel 083 3355 195. Baie dankie dat ons op u kan staatmaak en ons sien uit daarna om heerlik saam fees te vier! Die volgende Feesspan vergadering is op Maandag 16 November @ 18:00 in die maalruimte. Ons verwelkom enige hulp! KERKKANTOOR TYE Neem asb kennis dat die kerkkantoor oop is Maandae tot Vrydae vanaf 08:00-13:00 behalwe op Woensdag wanneer dit vanaf 09:00-13:00 sal wees. Woensdagoggende 08:00-09:00 bid die hele personeel saam in die gebedskamer. Baie dankie! REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312 fin4jesus@ngkonrusrivier.co.za ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759 admin4jesus@ngkonrusrivier.co.za KOSTER Hennie Davies 061 300 4577 DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier Bank: ABSA Rek. 406 215 2718 SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer Bank: ABSA Rek. 916 9799 886 GEBED VIR DIE EREDIENSTE EN LERAAR ELKE SONDAGOGGEND @ 08:30 GEBEDSKAMER Ons nooi u almal om saam te kom bid vir die dag se diens, vir die leraar en almal betrokke by die diens, asook vir elke persoon teenwoordig. Welkom! Vir navrae en kommentaar op die Hartklop hartklop@ngkonrusrivier.co.za (Advertensies sluit Dins 12:00)