1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Van Vervolger tot Prediker

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Les 6 vir 10 November 2018

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Pretoria- 23 Junie 2012

Die maan en sy rol in ons wereld *

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Die betekenis van die kruis (1)

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Markus 15:29-39 Jesus se alleen-lyding onder die oordeel van God... tot in die dood van die kruis.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Lukas 4: Agtergrond

Waar is God as ons swaarkry?

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Addendum A Consent form

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Wat kan die kerk doen?

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Maleagi 1:1-2:9 n Verklaring en toepassing Ds. Cobus Rossouw

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Die Blye Boodskap. The Good News

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Transcription:

Januarie 2016 1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom! Ps 147: 6, 7 - vooraf Ps 65: 2, 3 - lofpsalm Ps 115: 3, 5, 6 na wet Ps 95: 4 as antwoord op die Woord Ps 93: 1, 2, 4 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 100: 1, 2, 4 slotpsalm Lees: 1Kon 18:17-40 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes een van die belangrikste waarhede in-ie HERE se Woord is-at daar nie een mm 2 is nie een sekonde in ons lewe is waar die HERE nie sê nie: 'Hier is EK Koning Hier heers Ek absoluut almagtig-soewerein Hier is Ek alleen die goeie God die Een wat alleen lewe tot in ewigheid gee. En as dit dan so is dien My alleen Wees lief vir My alleen volg My alleen Wees my dissipel oral altyd.' 1 Toepassing En ons? Wel van nature haat ons hierdie waarheid. Paulus sê bv in Rom 8:7 wat die (natuurlike mens) bedink is vyandskap teen God; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook (sedert die sondeval 2 ) nie. So is ons van nature So is ons land en-ie wêreld So was-it in die tyd van koning Agab van Israel. En dan? Wel dan lyk'ie wêreld soos hy lyk. Vol met ons wat net vir ons self leef vol sonde misdaad moord hartseer pyn dood. Dit alles terwyl-ie regverdige oordeel van die HERE woed. Opmerking Daar in'ie tyd van Agab was-it droogte. En ons kon daaroor leer toe ons by 1Kon 17 was. 1 Vgl 1Kon 18:21; Davis se 1Kon komm bl 234-236 2 Vgl Heidelbergse Kategismus Sondag 2-3

En dan? Wel dan gee die HERE 1Kon 18. Verduidelik 3 Laas week toe ons by vers 1-18 was kon ons leer dat-ie HERE se groot doel met 1Kon 18 is om uit genade alleen vir Agab en Israel en ons weereens te wys dat net Hy alleen God is Koning is wat lewe gee en daarom ook vir Agab-hulle reën kan gee. So sien julle ons God? In ons Goddeloosheid los Hy ons-ie. Nee! Hy kom wys met 1Kon 18 dat Hy die enigste ware God is En dan? Wel Bekeer en volg Hom! Dien Hom! En dis ook ons tema as ons vandag deur vers 17-40 gaan. In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid wys-ie HERE dat Hy die enigste ware God is So volg Hom! of openbaar-ie HERE Opmerking So kom ons gaan hier deur hierdie verse en dan leer ons meer hieroor. 1. En dan begin ons by die aanloop tot hierdie openbaring van die HERE. A. Nou die aanloop kry ons eintlik by vers 1-16 4 waar ons verlede week was. Opmerking So ons gaan nie nou weer daarop in nie. Die preek is op-ie webwerf So julle kan weer daarna gaan kyk. Wat wel belangrik is is-at wanneer die HERE hier in 'n tyd waarin Israel afvallig is en hulle rug op die HERE draai en Baal dien en leef asof die HERRE dood is en die HERE se oordeel van droogte woed wil openbaar dat Hy die enigste ware God is dan begin-ie HERE dit te doen in 'n ontmoeting tussen Elija en Agab. Verduidelik En met alles wat in vers 1-16 gebeur maak-ie HERE dat Elija en Agab dan by mekaar uit kom. B. En toe? Wel toe kom hulle bymekaar uit. Elija en Aagab. Die profeet van-ie HERE en-ie Baal-dienende koning van Israel. 3 Vgl 1Konings 18,1-18.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 4 Vgl 1Konings 18,1-18.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 1

En dadelik was daar 'n oorlog. Kyk vers 17 vertel daarvan: En net toe Agab Elía sien, vra Agab vir hom: Is dit jy, jou beroerder van Israel? Verduidelik 5 En verlede week kon ons leer dat Agab eintlik vir Elija sê: 'Dis alles jou skuld! Israel sit in hierdie droogte en hongersnood en dood alles net oor jou.' So dis wat met Elija gebeur het. Hy's geëtiketteer. Sleg gesê beledig vals beskuldig. C. En toe? Wel Elija het-ie terug gehou nie. Kyk wat sê Elija vir Agab in vers 18: Toe sê (Elija): Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die gebooie van die HERE verlaat het en agter die Baäls aan geloop het. Opmerking En net hier is nog iets belangriks vir-ie aanleiding tot die HERE se openbaring dat Hy die enigste ware God is. En ons het nog-ie verlede week daarop ingegaan nie. So kom ons gaan nou in op vers 18. Kyk weer mooi wat sê Elija vir Agab in vers 18: Ek het Israel nie in beroering gebring nie, maar u en u familie, deurdat u die gebooie van die HERE verlaat het en agter die Baäls aan geloop het. Verduidelik 6 So wat Elija sê is: 'Agab die droogte die hongersnood die dood is jou skuld. Want jy't-ie HERE gelos en Baal begin lief hê.' En toe? Wel toe't-ie HERE se oordeel van droogte gekom. Net soos die HERE daaroor gewaarsku het in Lev 26 en in Deut 11:16-17 en Deut 16: 26-28 en Deut 28. Maar maar nou's hier nog iets wat Elija so tussen die lyne deur vir Agab sê. Verduidelik 7 En dit is: 5 Vgl 1Konings 18,1-18.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 6 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 778, vol 4 bl 575 7 Vgl House se 1Kon komm bl 218 2

'Agab kan jy dit dan nie sien nie. Baal kan'it nie doen nie. Baal kan'ie die oordeel van die HERE keer nie. Baal is onmagtig. Baal kan jou nie uit hierdie droogte red nie. Baal is eintlik 'n niks.' En nou'sit op hierdie punt dat Elija in vers 19 vir Agab sê: Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel... Verduidelik 8 Want dis op Karmel dat die HERE vir Israel baie duidelik gaan wys wat Elija in vers 18 nog net tussen-ie lyne vir Agab gesê het. Saamvat So sien julle hoe loop-ie aanleiding tot die HERE se openbaring dat Hy die enigste ware God is. I Eers met alles wat in vers 1-16 gebeur het-ie HERE Elija by Agab gekry. II Toe in vers 17-18 kom die ontmoeting. Dadelik was-aar warm argumente waarin Elija eintlik vir Agab gesê het: 'Baal is teen die HERE totaal onmagtig. Hy's geen God nie. Eintlik bestaan hy nie. Daarom kan hy ook-ie red nie ook-nie lewe gee nie Dis net die HERE allen.' III En presies dit gaan-ie HERE deur Elija baie duidelik op-ie Karmel-berg aan Israel wys. 2. Maar kom ons kyk-et gou ook na die plek waar die HERE openbaar en almal wat betrokke is. In vers 19 praat Elija daaroor. Hy sê vir Agab: Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vier honderd en vyftig profete van Baäl en die vier honderd profete van Asjéra wat aan die tafel van Isébel eet. A. So dis-ie betrokkenes. Dis-ie hele Israel. En dan ook-ie vier honderd en vyftig profete van Baäl 8 19a Met ועתה lê Elija 'n verband tussen wat hy nou gaan sê en dit wat hy in vers 18 gesê het. Hierdie verband kan dui op 'n kontras tussen toe van vers 18 en die nou van vers 19 (BHNG bl 252). Hierdie verband kan dan 'n logiese gevolg wees. Dus: in die lig van dit wat Elija in vers 18 gesê het, of as gevolg van dit wat Elija in vers 18 gesê het, volg vers 19 nou (BHNG bl 273). So verstaan die ESV en die KJV dit: Now therefore... Dit lyk vir my ook asof die OAV dit so verstaan: Stuur dan nou... Gevolgtrek: Die eerste moontlikheid lyk vir my onwaarskynlik. Daar is nie regtig, so meen ek, 'n toe en nou kontras tussen vers 18 en vers 19 nie. Ek dink ועתה dui hier op logiese gevolg. Dus: 'in die lig van jou sonde Agab... in die lig van jou navolging van Baal... en in die lig van die feit dat die HERE hierdie oordeel oor Israel bring en Homself op die manier magtiger betoon as Baal... moet die volgende nou gebeur' (vgl ook House se 1Kon komm bl 218). 3

en die vier honderd profete van Asjéra wat aan die tafel van Isébel eet. Verduidelik 9 Wie is Isebel nou weer? Wel sy's mos Agab se vrou. Dis sy wat van Finisë af kom (1Kon 16:31). En sy't Baal met 'n passie gedien het en vir Agab so ver gekry om sy rug op die HERE te draai en vir Baal aan te neem. En dan't sy hierdie hele spul Baal-en-Ashera profete gehad. Opmerking 10 Ashera was 'n vroulike afgod wat altyd saam met Baal aanbid is. Isebel het vir hulle traktement gesorg en hulle moes in Israel Baal-Evangelisasie doen. So dis hulle wat met ywer onder-ie Israeliete gewerk het om Baal aan te neem. Nou hulle almal Israel en die Baa-en-Ahera profete moes sien Wie die enigste ware God is. Verduidelik 11 Hierdie Baal-profete en Ashera profete moes-it sien maw die verleiers moes-it sien. En die volk moes-it sien. En dan? Wel dan sou-ie Baal-profete se lieg-evangelie oop en bloot wees. Die volk sou-ie leuenagtigheid duidelik kon sien. Maar tegelyk sou-ie volk ook moes kies vir of teen-ie HERE. Toepassing En dis wat die HERE se Evangelie altyd doen. Dis wat die HERE se Waarheid altyd doen. Dit konfronteer jou met keuse. Vir Wier kies jy ook vanoggend? B. En dit alles so sê Elija in vers 19 moet nou op-ie berg-karmel gebeur. Verduidelik 12 Nou as julle op-ie kaart op bl 2 van die Basuin kyk dan lê-ie berg Karmel teen die Middellandse see of-ie Groot see omtrent reg inlyn met die meer van Galilea. 9 Vgl 1Konings 16,29-17,1.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 10 Vgl TWOT vol 1 bl 81-82. 11 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 1076; House se 1Kon komm bl 218 12 Vgl Reformation study Bible bl 504; Dillard, Faith in the face of apostasy bl 44; NIDOTTE vol 2 bl 725, vol 4 bl 464 4

So as jy van-ie meer van Galilea wes gaan na die Middellandse see dan kry jy so 'n puntjie land wat in 'n noordwestelike rigting in die see in steek. En dis waar die berg-karmel is. En-is daar dat-ie HERE wil openbaar dat Hy die enigste ware God is. Maar hoekom nou juis daar? Verduidelik 13 Wel ons kom'it agter as ons na vers 30 kyk. Vers 30 vertel-at op Karmel 'n altaar van-ie HERE was maar dat dit afgebreek was. Deur wie? Wel vanuit 1Kon 19:10 leer ons dat dit-ie Baal-aanbidders was. En nou'sit juis hier in 'n Goddelose en afvallige tyd van rug draai op-ie HERE 'n tyd waarin-ie HERE se altare afgebreek word sy ware aanbidding vervolg en uitgeroei word dat die HERE by sy afgebreekte altaar gaan wys dat Hy nie gebreek kan word nie. Ja op Karmel by sy afgebreekte altaar gaan-ie HERE wys dat Hy die enigste ware God is en dat Baal 'n onmatige niks is. Oorgang So dis hoekom Elija in vers 19 vir Agab sê: Stuur dan nou, laat die hele Israel by my bymekaarkom op die berg Karmel, ook die vier honderd en vyftig profete van Baäl en die vier honderd profete van Asjéra... En dan? Wel vers 20 sê: En Agab het gestuur onder al die kinders van Israel en die profete op die berg Karmel bymekaar laat kom. En nou'sit net hier op hierdie punt dat die HERE Hom gaan begin openbaar as die enigste ware God. 3. En dan'sie heel eerste ding wat die HERE openbaar sy aanklag teen Israel maar ook sy eis of sy oproep aan hulle. Verduidelik So die heel eerste ding wat-ie HERE openbaar is ons sonde-krisis. En dan binne in daai krisis 13 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 1061, vol 4 bl 465; The Expositor's Bible comm vol 3 bl 779 5

gee die HERE ook 'n opdrag. En Elija praat daaroor in vers 21. So dis waar ons nou gaan stil staan. By vers 21. A. Ons is op-ie berg-karmel en dan sê vers 21: En Elía het nader gekom na die hele volk en gesê: Hoe lank hink julle (of val julle rond 14 ) op twee gedagtes?... En net hier hoor ons-ie HERE se aanklag. 15 Net wys-ie HERE ons sonde-krisis. Verduidelik Want Israel is besig om hierdie lewe te leef. Dit het 'n lewensstyl geword. 16 Hulle hink tussen twee gedagtes. Dan's hulle hier dan weer daar. Hulle dink-en-doen word die heeltyd bepaal die heeltyd gedryf heeltyd bestuur met twee gedagtes twee lewens-en-wêreld-beskouinge twee standaarde van dink-en-doen. En wat'sit? Dis die HERE en Baal. Die res van vers 21 wys'it. 17 Verduidelik 18 Dis 'n dink-en-doen wat voortvloei en ingerig is in lyn met wie die HERE is en wat die HERE se wil is en inlyn met wie Baal is en wat Baal se wil is. So Israel leef met 'n soort sinkretisme. Hulle meng die HERE en Baal. Hulle maak Baal en die HERE gelyk. En leef dan nou soos die HERE wil en dan weer soos Baal wil. En dan kom-ie HERE se aanklag in vers 21 deur Elija: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? Want dis mos'ie reg nie. 14 21c פסחים = Qal part ml mv van פחסח. Die part tree hier op, so meen ek, as die ww van die sin (vgl BHNG bl 122). So verstaan die Lxx dit ook. Hulle vertaal dan met die ww χωλανεῖτε. Die part wat hier gebruik word saam met die vraag partikel עד מתי dui, so meen ek, op 'n voortdurende handeling (vgl BHNG bl 122). אתם פסחים het dan die betekenis van 'julle loop gedurig soos 'n mank mens, val rond, dan hierdie kant toe dan daardie kant toe' wat 'n metafoor is vir besluiteloosheid (NIDOTTE vol 2 bl 46, vol 3 bl 641; Lange se 1Kon komm bl 204). 15 21c עד מתי = voorsetsel עד + vraag-partikel מתי (NIDOTTE vol 4 bl 1034) en het die betekenis van 'tot wanneer' (Holladay bl 222; NIDOTTE vol 4 bl 1034). Wat is die doel van hierdie vraag van Elija? Hierdie vraag is 'n retoriese vraag waarmee Elija eintlik vir die volk sê of hulle aankla daarvan dat hulle gedurig besluiteloos en sonder oorgawe lewe... dan is hulle hier dan weer daar... Hulle lewe rond geslinger tussen twee maniere van dink-en-doen, twee lewnesstandaarde, twee lewens-en-wêreld beskouinge (NIDOTTE vol 4 bl 1034). Dis wat פסחים על שתי הסעפים beteken. 16 21c פסחים = Qal part ml mv van פחסח. Die part tree hier op, so meen ek, as die ww van die sin (vgl BHNG bl 122). So verstaan die Lxx dit ook. Hulle vertaal dan met die ww χωλανεῖτε. Die part wat hier gebruik word saam met die vraag partikel עד מתי dui, so meen ek, op 'n voortdurende handeling (vgl BHNG bl 122). 17 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 641, vol 4 bl 575, 1298; K&D se 1Kon komm bl 245; JA Davies se 1Kon komm bl 340; Van Gelderen se 1Kon komm bl 180 18 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 641, vol 4 bl 575, 1298; K&D se 1Kon komm bl 245; JA Davies se 1Kon komm bl 340; Van Gelderen se 1Kon komm bl 180 6

Bewys Ons het dit vanoggend gehoor in Eks 20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Deut 6:4-5 sê: Hoor, Israel, die HERE onse God is n enige HERE. Daarom moet jy die HERE jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag. Die HERE alleen! Toepassing En nou sê ons vir mekaar: 'Ok so wat'sie boodskap vir ons? Ons is tog nie besig met Baal-diens nie. Ons vermeng tog nie ons Godsdiens met die Baal-diens nie? So ja Wat'sie boodskap.' 19 Wel ons kom'it agter as ons net gou weer onthou wat die Baal-afgodsdiens is. Ons het al daaroor gepraat. 20 Maar kom ons sê-it net gou weer. Verduidelik Baal-diens is 'n voorspoedsteologie. Dis 'n ek en my voorspoed en my wil en my goeie lewe staan eerste godsdiens. En ek dien Baal sodat hy hierdie dinge vir my kan doen. En ons? Wel ons het vir Jesus. Aan die eenkant die Jesus van die Bybel. 21 Verduidelik Die Een wat die Almagtige Seun van God is. Die Een wat soewerein alles geskep het en oor alles regeer. Die Een wat in liefde mens geword het. Die Een wat in liefde ons sonde-krisis uit wys. Die Een wat sy lewe aan die kruis gee om ons vry te maak van ons sonde van self-gesentreerdheid en daardie sonde skuld van ons van dag tot dag met sy bloed weg neem en ons bevry om nuwe lewens te begin leef waarin ons Jesus kan begin volg as Hy sê: Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën... 22 maw al minder vir jouself leef al meer vir-ie HERE daarom ook al meer leef vir jou naaste 19 Vgl Davis se 1Kon komm bl 234 20 Vgl 1Konings 16,29-17,1.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 21 Vgl Pink, The life of Elijah, hfst 14 bl 3-4; Davis se 1Kon komm bl 235-236 22 Vgl Mark 8:34 7

Ja al meer minder word sodat Christus al meer in jou word En die HERE verheerlik kan word. Aan die ander kant het ons ons Jesus. Hy'sie Een wat daar moet wees vir my 'felt needs' my geluk my voorspoed my ramp-lose lewe Hy's daar sodat ek tot my volle potensiaal in my lewe kan kom. Hy's daar sodat ek lekker kan leef en genoeg kos en huurgeld kan hê. En dan kom die HERE se aanklag in vers 21: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? Voorbeelde So sien jy hoe wys-ie HERE in vers 21 ons sonde-krisis. Ja daar in jou huwelik. Wie se reëls geld. Jesus van-ie Bybel sin. Of ek met my eie Jesus sin. As ek besluit oor hoeveel kinders ek wil hê. Wie se reëls geld? Jesus van-ie Bybel sin Of ek met my Jesus sin. As jy jou begroting vir-ie maand uitwerk en moet besluit oor jou tiende. Wie se reëls geld? Jesus van-ie Bybel sin Of ek en my Jesus sin. As ons dink oor-ie opvoeding van ons kinders en-ie onderwys wat hulle moet kry. Wie se reëls geld? Jesus van-ie Bybels sin Of my en my Jesus sin. As jy moet besluit oor 'n werk. Wie se reëls gaan geld. Jesus van-ie Bybels sin? Of my en my Jesus sin? As jy besluit met wie jy gaan trou en of ek mag skei of nie. Wie se reëls geld? Jesus van die Bybel sin? Of my en my Jesus sin. En so kan ons aangaan. En weet julle in-it alles sien ek my eie sonde-krisis raak. Want ek's hier diep in my 'n sinkritis. En dan sê Elija in vers 21 vir my: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? En dan moet ek sê: 'Ja HERE ek's besig hiermee dis my krisis!!' B. En dan? Wel dan kom-aar 'n oproep 'n eis 'n opdrag. Want hoor wat sê Elija verder in vers 21. Hy sê: 8

Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na!... So hoor julle die HERE se eis sy oproep sy opdrag. Verduidelik 23 Dis oproep wat sê: Hou op om 'n sinkritis te wees! Kies! Kies vir-ie HERE. Laat hy jou enigste God wees. Kies vir-ie Jesus van die Bybel! Laat Hy jou enigste Koning-en-Verlosser wees! En volg Hom dan. En wat beteken dit? Verduidelik 24 Wel'it begin by 'n gebed van 'Here vat my lewe oor. En vergewe my my rebellie van ek in die middel-punt van alles. En Here red my om U te volg in alles. Red my om my lewe radikaal aan U oor te gee. Red my om radikaal met my eie begeertes te breek. Red my dat U al meer sentraal staan in my lewe. Red my dat ek al minder word en Jesus al meer. Red my om vir U te leef terwyl ek my naaste met selfopofferende liefde dien!' Toepassing So het dit al gebeur? In my en jou lewe? Het jy en ek al gekies? Kies ons van dag tot dag op ons knieë. Volg ons vir Jesus? Hê geliefdes? Wat sê ons? Oorgang In vers 21 staan daar: Maar die volk het (Elija) niks geantwoord nie. En is ek en jy nie ook so nie? Ons sê maar liewer niks. 25 Maar weet jy: So in stilte los-ie HERE ons nie. 26 23 Vgl DR Davis se 1Kon komm bl 234-236; The Expositor's Bible comm vol 3 bl 779 24 1d-e לכו = Qal imperat 2de nv van.הלך Saam met אחריו soos hier het לכו אחריו dan die betekenis van 'volg Hom'/ 'gee jou oor aan Hom' (Holladay bl 80). Wanneer die 3de pron suf by אחרי wys op die HERE, dan gaan die volg van die HERE, om die navolging van die HERE se leiding in sy Woord. Dit gaan om 'n lewe wat breek met al my afgode, met die wêreld. Dit gaan om 'n lewe totaal oorgegee aan die HERE alleen. Dit gaan om 'n lewe in lyn met sy Woord. Dit gaan om gehoorsaamheid aan die HERE. Dit gaan om 'n lewe van selfopofferende dien van die HERE. Dit gaan om 'n lewe van God-gesentreerdheid vgl Eks 20:3; Deut 13:4; Jos 24:15; 1Kon 14:8; Mat 6:24... Dit gaan om self verloëning en dissipelskap Mat 10:37-38; Mark 8:34 (TWOT vol 1 bl 216; NIDNTT vol 1 bl 492, 493, vol 3 bl 946). 25 Vgl Van Gelderen se 1Kon komm vol 2 bl 180 26 Vgl House se 1Kon komm bl 219; K&D se 1Kon komm bl 245; De Vries se 1Kon komm bl 230 9

Nee! Hier van vers 22 begin-ie HERE om ons te wys dat Hy die enigste ware God is en dat niemand net mooi niemand daarom enige ander keuse het as om vir die HERE te kies nie. 4. So kom ons staan nou hierby stil. By die HERE wat ons wys dat Hy alleen die enigste ware God is. A. En dan'sie eerste ding wat-ie HERE wys dit dat Hy nie 'n God is wat ons in die duister laat-ie. Hy laat niemand in onkunde nie. Hy gee niemand die geleentheid om te kan sê: 'maar ek het-ie geweet-ie.' En-ie HERE wys'it in vers 22-25. Elija praat daar verder en dan sê hy vir Israel: laat hulle vir ons (dis nou vir Elija en die Baal-profete) twee bulle gee; dan kan hulle vir hul een bul uitkies... en ék... die ander bul... Roep julle (dis nou die baal-profete) dan die naam van julle god aan, en ék sal die Naam van die HERE aanroep; en die God wat met vuur antwoord, Hy sal God wees. Verduidelik 27 Sien julle hoe gaan die die HERE vir Israel-en-ons wys dat Hy die enigste ware God is? In sy groot genade gaan Hy deelneem tussen Hom en Baal. aan 'n kompetisie En-ie een wat die offer-bul aan die brand steek sonder vuurhoutjies Hy-sie ware God. Sien julle ons God? Hulle kies nog nie. Vers 21 vertel hoe Israel in stilte sit. Dalk is hulle onseker. Maar dan los-ie HERE hulle nie. Hy wys hulle: Ek is die enigste ware God. En die HERE wys-it vir ons 27 24c והיה het hier die funksie om die stand van sake wat met die naamwoordelik sin האלהים אשר יענה באש הוא האלהים beskryf word baie duidelik deel te maak van dit wat Elija vooraf gesê het (BHNG bl 272)... Hier gee Elija die hele groot doel van dit wat hy vooraf gesê het (vgl Van Gelderen se 1Kon komm vol 2 bl 182). Alles wat hy vooraf gesê en gereël het gaan daaroor dat bewys kan word wie waarlik God is Jahwe of Baal... Die een wat met vuur antwoord, Hy is waarlik God... En Hy moet dan gevolg word met totale lewens oorgawe (NIDOTTE vol 1 bl 534; JA Davies se 1Kon komm bl 340; House se 1Kon komm bl 219; K&D se 1Kon komm bl 245). Dit is die 'uitdaging' wat Elija hier rig. Die ware God moet Homself bewys deur te antwoord met vuur (NIDOTTE vol 1 bl 534, vol 4 bl 575; JA Davies se 1Kon komm bl 340). Waaroor dit dan in hierdie uitdaging gaan is dat die HERE Hom nou gaan bewys as die enigste ware God... Hy gaan vir ons geen ander alternatief oor laat as om te erken dat Hy die enigste ware God is en dat ons dan vir Hom moet kies en Hom moet volg nie... Die volk sal nie verder besluiteloos stil/ passief kan bly nie vgl 21f (vgl House se 1Kon komm bl 219; K&D se 1Kon komm bl 245; De Vries se 1Kon komm bl 230 10

al moet Hy aan hierdie kompetisie deel neem. Toepassing 28 En dis hoe ons God is. Hy maak Homself bekend. Hy wys ons wie Hy is. Bewys Paulus sê dat die HERE dit selfs doen wat nog nooit die Bybel gehad het nie. vir mense Want in Rom 1:20 staan daar dat God se onsigbare dinge kan van die skepping van die wêreld af in sy werke verstaan en duidelik gesien word, naamlik sy ewige krag en goddelikheid, sodat hulle geen verontskuldiging het nie. En so is'it ook met my en jou. Die HERE wys ons vandag weereens: Ek is die enigste ware God. Ek is die enigste Een wat ware lewe kan gee.' Ja die HERE wys'it vir ons vandag weer. En dan? Wel moenie laat-it by jou verby gaan nie. Kies vir die HERE volg Hom. Want by Hom is lewe tot in ewigheid. Ja doen'it nou. Want net-nou is jy dalk in 'n kar ongeluk dood. En dan staan jy voor die HERE. En dan sal jy nie kan sê: 'Ek het nie geweet nie.' Oorgang En dis wat ons moet raaksien in vers 22-25. Nou die Baal-profete het toe ingestem. Hulle sal deelneem. 29 B. En dan begin alles in vers 26. En dan wys'ie HERE van vers 26-40 die absolute onmag van Baal. En dit staan in skrille kontras met die HERE se absolute almag. En so wys-ie HERE ons dat Hy die enigste ware God is 28 Vgl Pink, The Life of Elijah, hfst 15 bl 2, 5 29 22b נביא ליהוה = adverbiale akk van wyse by die ww.נותרתי Dit sê hoe Elija 'oorgebly' het. Hy het oorgebly 'as 'n getroue (NIDNTT vol 2 bl 573) profeet van die HERE' (Hebreeuse spraakkuns bl 230). Hierdie oorbly van Elija word dan verder adverbiaal beskryf met,לבדי met die betekenis van 'op my eie'/ 'ek alleen' (Holladay bl 33). Teenoor Elija wat alleen oorgebly het as profeet van die HERE, staan die Baal-profete. Hulle is 450 (vgl ook vers 19). So deel Elija ons mee in 22b-c. Waarom doen hy dit? Waarom plaas Elija die opdragte wat nou kom teen hierdie agtergrond? Wel, ten eerste is Elija besig om te wys wie die partye is aan wie die opdragte gerig is. Ten tweede beklemtoon Elija sy swakheid... So maak hy dit eintlik onmoontlik vir die Baal-profete om nie aan die 'uitdaging' wat hy gaan gee deel te neem nie... Immers, hoe kan so baie die uitdaging van net een nie aanvaar nie. Dit sal maak dat hulle al hulle aansien verloor (Lange se 1Kon komm bl 204; Van Gelderen se 1Kon komm vol 2 bl 181). 11

die Enigste Een wat waarlik lewe kan gee. Opmerking So kom ons kyk nou na hierdie verse. b1 In vers 26-29 wys'ie HERE Baal se onmag. Vers 26 vertel eers wat gedurende die oggend gebeur het: 30 En (die Baal profete 31 ) het die bul wat hy hulle gegee het, geneem... en die naam van Baäl van die môre tot die middag aangeroep... om vir hulle die offer-bul aan die brand te steek 32 En hulle het rondgespring in 'n soort Godsdienstige dans alles om Baal te beïndruk 33 by die altaar wat hulle gemaak het. En dan vertel vers 28 wat die Baal-profete op-ie middag gedoen het. 34 En hulle het hard geroep en hulleself volgens hul gebruik met swaarde en spiese stukkend gekerwe tot die bloed op hulle uitgespuit het. Verduidelik 35 Nog steeds in 'n poging om Baal so ver te kry om tog nou die offer-bul aan die brand te steek. En dan sê vers 29: En toe die middag verby was, het hulle begin raas en die Hebreeuse woord praat van iets soos 'n trans 36 tot op die tyd dat die spysoffer of die aandoffer... dis so teen 3 uur die middag 37 30 26c מהבקר ועד הצהרים het die betekenis van 'vanaf die oggend tot die middag/ middel van die dag' (BHNG bl 235, 237; Holladay bl 304; NIDOTTE vol 1 bl 712, 717). 31 26a ויקחו = Qal wayiqtol ww 3de mv wat terug wys dan die Baal-profete (vgl K&D se 1Kon komm bl 246). Die 3de mv ww is in vers 26 deurgaans verwysend na die Baal-profete (K&D se 1Kon komm bl 246). 32 Die betekenis van וקראתם בשם אלהיכם is dan 'en julle moet die naam van julle god aanroep om hulp' (NIDOTTE vol 3 bl 972). 33 26f ויפסחו = Pi-el wayiqtol ww van פחסח, met die betekenis van 'en hulle en rond vallende beweeg'... Lyk asof hulle 'n soort liturgiese-dans-seremonie doen... iets wat deel was van die Baal-godsdiens (NIDOTTE vol 2 bl 45, 46, vol 3 bl 641, vol 4 bl 1043; Reformation study Bible bl 504; Lange se 1Kon komm bl 205; De Vries se 1Kon komm bl 229). Hierdie is nou 'n optrede van die Baal-profete nadat hulle Baal aangeroep het maar hy nie antwoord nie (26d-e) (BHNG bl 124-125; House se 1Kon komm bl 219)... Probeer hulle hiermee sy aandag kry... hom te manipuleer tot optrede? Dit lyk so... dis 'n toewyding om so Baal se guns te verdien (House se 1Kon komm bl 219; Wiseman se 1Kon komm bl 181) 34 27a se ויהי + die tytaanduidende frase בצהרים lei 'n nuwe episode in wat volg op vers 26 wat vertel wat gebeur het vanaf die oggend tot op die middel van die dag... nou word vir ons vertel wat gebeur het בצהרים in/op die middag/ middel van die dag (OTES 611 bl 86; NIDOTTE vol 1 bl 1062). 35 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 819, 820 36 29b ויתנבאו = hitpael wayiqtol ww 3de mv van,נבא met die betekenis van 'en hulle het te kere gegaan'/ 'hulle het profetiese gedrag vertoon'. Die soort ekstatiese gedrag waarvan ons leed in 1Sam 10:9-11; 18:10-11; 19:18-24, wat baie maal voorkom by profete (Holladay bl 224; NIDOTTE vol 4 bl 1068; JA Davies se 1Kon komm bl 343). Vanuit die konteks is dit duidelik dat die 'hulle' weereens verwys na die Baal-profete (vgl JA Davies se 1Kon komm bl 343). 37 29b die voorsetsel-frase עד לעלות המנחה is die voorsetsels עד ל tyd-aanduidend (Holladay bl 265), met die betekenis van 'tot die offer opgaan'. Young's Literal translation vertaal met till the going up of the present... Dit gaan hier oor die tyd van die aand-offer wat deur die HERE voorgeskryf is bv in Eks 29:38-42; Num 28:3-8; Esra 9:4-5. Hierdie offer het gewoonlik in die laat middag plaas gevind... hier in die omgewing van 3 uur (NIDOTTE vol 2 bl 983; JA Davies se 1Kon komm bl 343; K&D se 1Kon komm bl 247; The Expositor's Bible comm vol 3 bl 780; Lange se 1Kon komm bl 205; De Vries se 12

gebring word... Verduidelik 38 Maar in'it alles skitter Baal se onmag. Want in vers 26 toe-it nog oggend was staan daar: daar was geen stem en niemand wat antwoord nie. En in vers 29 toe-it al middag geword het en-ie Baal-profete se kele hees geskree is en die bloed oor hulle liggame stroom van al-ie gesnyery staan geskryf: daar was geen stem en niemand wat antwoord nie, en geen opmerksaamheid nie. So niks van wat-ie Baal-profete gedoen het het gehelp nie. Niks beweeg vir Baal nie. Hy bly onmagtig stil Al wat die Baal-profete hoor is Elija se spot-stem in vers 27. Daar staan: En toe dit middag was, het Elía met hulle gespot en gesê: Roep hard; hy is mos n god! Hy is seker in gepeins, of hy het hom seker afgesonder, of hy is seker op reis; miskien slaap hy en moet wakker word. Verduidelik 39 Hoor julle hoe sarkasties Elija is? En dan'sit nie maar met sommer Elija wat mislik is nie. Nee dis-ie HERE wat deur sy profeet wys hoe onmagtig Baal is en hoe sot dit is om iets of iemand anders as die HERE te hê as jou God. b2 Nou teenoor hierdie onmag van Baal staan die HERE se almag en-ie werklikheid dat Hy die enigste ware God is. En kyk hoe sien ons'it raak in vers 30-40. Vers 32 vertel hoe Elija n sloot gemaak rondom die altaar, n ruimte vir omtrent twee mate saad. 1Kon komm bl 229). 38 Vgl Pink, The life of Elijah hfst 15 bl 7, hfst 16 bl 3 39 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 1062; DR Davis se 1Kon komm bl 238-239; Wiseman se 1Kon komm bl 181 13

Verduidelik 40 En lyk my wat dit beteken is-at Elija rondom-ie altaar 'n sloot gegrou het waarin 'n bak met omtrent 20L saad kon in pas. En dan sê vers 34: Toe sê Elija: Maak vier (groot 41 )kruike vol water en giet dit op die brandoffer en op die hout. En hy sê: Doen dit vir die tweede maal. En hulle het dit vir die tweede maal gedoen. En hy sê: Doen dit vir die derde maal. En dan vertel vers 35 dat die water rondom die altaar geloop het; en ook die sloot het hy vol water gemaak. Verduidelik 42 So nou kan net mooi niemand sê dat Eija op een of ander skelm manier 'n vlammetjie op-ie altaar versteek het nie. En dan kom ons by vers 36-37. Daar kry ons Elija se baie ernstige gebed tot die HERE dat-ie HERE hom moet antwoord en-ie offer-bul aan die brand moet steek dat hierdie volk kan erken dat U, HERE, God is... 43 Verduidelik 44 En dan'sit alles net so totaal anders as-ie Baal-profete. Hulle het geskreeu. Hulle het gedans. Hulle het hulself gesny en in 'n trans ingegaan. Elija doen 'n eenvoudige gebed. En toe? Wel vers 38 sê: Daarop het die vuur van die HERE (af 45 ) neergeval... 40 32b סאתים = dualis van חסאה en is 'n maateenheid van omtrent 6L/ 10L (NIDOTTE vol 1 bl 383; JA Davies se 1Kon komm bl 344). Die dualis van חסאה sê vir ons dat hier twee maateenhede ter sprake is. Dit gaan dus hier oor 'n houer van 12L/ 20L (NIDOTTE vol 1 bl 387; Lange se 1Kon komm bl 206). תעלה כבית סאתים זרע moet ons dan verstaan as ''n sloot wat so is dat dit 'n houer van tussen 12-20 L saad kan hou'. So 'n houer kan binne in hierdie sloot staan. Die sloot self vat dus meer as 12-20 L (vgl Lange se 1Kon komm bl 206; JA Davies se 1Kon komm bl 344). 41 34b כדים = mv van כ ד en het die betekenis van 'groot kruik/ houer' (Holladay bl 151). Inlyn met die Lxx verstaan ek מים by met die gen (van inhoud) ὕδατος (vgl Greek מים as die inhoud van die vier waterkruike. Die Lxx vertaal hier כדים מים grammer beyons basics bl 92). 42 Vgl JA Savies se 1Kon komm bl 345; House se 1Kon komm bl 220; De Vries se 1Kon komm bl 229; Van Gelderen se 1Kon komm bl 191 43 Vers 37 44 Vgl Davis se 1Kon komm bl 237 45 38a Die constructus verbinding אש יהוה dui op herkoms. Dus: 'die vuur komende vanaf die HERE' (BHNG bl 154; NIDOTTE vol 1 bl 534, 686; K&D se 1Kon komm bl 249). Die Lxx verstaan dit ook so. Hulle vertaal met: πῦρ παρὰ κυρίου, waar παρὰ + gen dui op herkoms (Greek grammer beyons basics bl 378). 14

Verduidelik 46 Sien julle die HERE se almag. Ja wanneer-ie HERE en-ie afgode teenoor mekaar te staan kom wanneer-ie HERE en Satan teenoor mekaar te staan kom dan kan hulle nie. Dan skitter hulle onmag Dan is die HERE in sy Almag die oorwinnaar Dan'sit duidelik. Die HERE is die enigste ware God. Opmerking 47 En om hierdie Almag van die HERE hierdie oorwinning van die HERE nog verder uit te wys: Kyk wat staan daar nog verder in vers 38: en (die vuur van die HERE af het) die brandoffer en die hout en die klippe en die stof verteer, ja, die water wat in die sloot was, opgelek. Sien julle die HERE se Almag?! b3 Maar dan'sit nog'ie klaar-ie. Want nadat vers 39 vertel het hoe Israel bely dat-ie HERE die enigste ware God is staan daar in vers 40: Maar Elía sê vir hulle (vir die Israeliete 48 ): Gryp die profete van Baäl!... en Elía het hulle afgebring na die spruit Kison en hulle daar geslag. En dan's Baal net totaal onmagtig om sy profete te red. Openbaringshistories 49 En noui'sit net hier as ons lees van Elija wat die Baal-profete by die Kison-spruit geslag het dat ons iets begin sien van hoe die HERE aan-ie heel einde van-ie geskiedenis van hierdie wêreld vol Goddelikheid en afvalligheid 46 Vgl NIDOTTE vol 2 bl 892; The Expositor's Bible comm vol 3 bl 779; K&D se 1Kon komm bl 249; Dillard, Faith in the face of apostasy, bl 46-47; The Expositor's Bible comm vol 3 bl 779; JA Davies se 1Kon komm bl 347; Olley se 1Kon komm bl 174 47 38b-c Hierdie almag van die HERE teenoor die onmag van Baal blyk verder uit 38b. Hierdie komende vanaf die HERE verteer nie net die brandoffer nie, maar ook die hout en die klippe en die stof (vgl K&D se 1Kon komm bl 249; Lange se 1Kon komm bl 206). Met die waw-x-qatal van 38c word die fokus/ klem geplaas op die feit dat die vuur vanaf die HERE ook die water in die sloot rondom die altaar 'opgelek' het (OTES 611 bl 87). So word die almag van die HERE teenoor die onmag van Baal nog verder beklemtoon (vgl K&D se 1Kon komm bl 249; Lange se 1Kon komm bl 206). 48 40a Belangrik is om hier raak te sien is dat die voorsetsel-frase להם ons wys dat Elija nou met die volk... wat so pas tot bekering gekom het... praat (BHNG bl 232). 40b-c gee die inhoud van wat Elija vir die volk sê - Gryp die profete van Baäl! Laat niemand van hulle vryraak nie! In 40d sien ons hoe die volk hierdie opdrag gehoorsaam uitvoer. Wat leer ons hieruit oor die volk? Hierdie gryp-handeling (תפש) en laat niemand vryraak nie handeling (מלט) gaan saam met oorlog (Jos 8:23; 1Sam 15:8). Hierdie oproep van Elija aan die volk hou dus in dat hulle in vyandskap draai teen die Baal-profete... iets wat hulle dan ook doen. Dit wys dan vir my dat hierdie bekering en navolging van die HERE... ook 'n vyandige rugkeer op Baal en die Baal-profete is (vgl NIDOTTE vol 2 bl 951, vol 4 bl 327; House se 1Kon komm bl 220; Van Gelderen se 1Kon komm bl 194). 49 Vgl NIDOTTE vol 4 bl 933; Morris se Openb komm bl 194; Dillard, Faith in the face of apostasy bl 47 15

finaal sal wys dat Hy alleen die enigste ware God is. Hoe so? Verduidelik 50 Wel ons kom'it agter as ons meer leer oor-ie Kison-spruit. Want hierdie spruit loop net noord van-ie berg-karmel deur die Megido-vlakte. En hier naby die Kison-spruit in die Megido-vlakte het deur die loop van Israel se geskiedenis menigte oorloë en gevegte gewoed. Daarom dat die Megido-vlakte met die Kison-spruit 'n simboliese plek word in-ie Openbaring-boek. 51 In Openb 16:16 hoor ons van Aramagedon en dis 'n woord wat kom uit die woord Megido. Dis daar dat-ie HERE die finale veldslag teen Satan en sy magte sal veg en klinkend sal oorwin. Opmerking 52 Openb 19:11-20 sê-is Jesus wat daar sal oorwin. Openb 20:9 vertel dat vuur van God af uit die hemel neer (sal) daal en hulle (sal) verslind. So sien julle geliefdes! Wanneer Baal wanneer die afgode wanneer die Satan en sy magte teen die HERE te staan kom Want die HERE is almagtig. En die enigste ware God. Toepassing So wat nou? Elija het in vers 21 gesê: Hoe lank hink julle op twee gedagtes? As die HERE God is, volg Hom na; en as Baäl dit is, volg hom na!... is hulle net totaal onmagtig. So nou na die HERE gewys het dat Hy Almagtig is dat Hy die enigste ware God is. Die enigste Een wat lewe kan gee Vir wie kies jy en ek? Wie is ons enigste Verlosser en koning? Wel-it kan nie anders nie. Dit moet die HERE wees Jesus wees. So as jy'it nog nooit gedoen het nie. Doen'it vandag. Kies vir Jesus. Volg Hom wees sy dissipel. 50 Vgl Bybelse Ensoklopedie bl 282, 288; NIDOTTE vol 4 bl 933; Dillard, Faith in the face of apostasy, bl 46, 47 51 Vgl Morris se Openb komm bl 194; Gardner se Openb komm bl 217 52 Vgl Morris se Openb komm bl 194; Gardner se Openb komm bl 217 16

En as ons al so gekies het Kom ons doen'it weer. Want dis iets wat ons deur ons lewens moet doen. Elke dag. Slot en Christus verkondiging En as ons-it dan doen in opregtheid kom ons dank die HERE dan. Want dit was nie ons nie. Nie uit ons eie nie. Verduidelik Nee uit ons eie verag ons die openbaring van die HERE en leef ons in vyandskap met Hom. So leer Paulus bv in Rm 8:7 en in 1Kor 2:14. Nee as ons vandag en deur ons lewe vir-ie HERE kies en vir Jesus dan'sit Hy wat dit vir ons gedoen het. Verduidelik 53 Die offer-bul daar op Elija se altaar vertel daarvan. Want Elija noem daardie offer-bul in vers 34 en vers 38 'n brandoffer. Opmerking En nou kan julle maar self deur Heb 8-10 gaan lees dan sal julle sien dat al die brandoffers van die OT na Jesus toe heen-gewys het. Na Jesus toe wat deur sy lewe die HERE volmaak gevolg het. Hy't sy wil totaal prys gegee en die HERE se wil gesoek. Mark 14:36 vertel bv daarvan. Ja volmaak het Jesus die HERE gevolg. Paulus sê in Fil 2:8 dat Jesus gehoorsaam (was) tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. En dan sê Petrus in 1Pet 2:24 dat Jesus self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid (kan) lewe... en daarom vir Jesus kan kies en kan begin om ons eie wil prys te gee en vir Jesus te volg in 'n lewe vir die HERE en selfopofferende liefde vir mekaar. Want dit was daar aan die kruis dat Jesus ook gesterf het om vir ons die gawe van die heilige Gees te verdien 54 wat maak dat ons die HERE se openbaring dat Hy die enigste ware God is aanneem en nie verag nie. Amen. 53 Vgl Davis se 1Kon komm bl 240-243 54 Vgl DL 2:8; Heidelbergse Kategismus Sondag 27 v/a 74 17