1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Van Vervolger tot Prediker

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Les 6 vir 10 November 2018

Waar is God as ons swaarkry?

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Die betekenis van die kruis (1)

Pretoria- 23 Junie 2012

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Die maan en sy rol in ons wereld *

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Addendum A Consent form

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Markus 15:29-39 Jesus se alleen-lyding onder die oordeel van God... tot in die dood van die kruis.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Luister na God. enlewe vir ewig

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Wegraping (Saamgevat)

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Lukas 4: Agtergrond

Ps.119:89 Parashah 21 Ki Tissa = Oplig Ex.30:11-34:35 1Kon Luk.11:14-20; Hand.7:35-8:1; 1Kor.8:4-13;10:1-13; 2Kor.3:1-18

Wat kan die kerk doen?

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Transcription:

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee. Januarie 2016 Ps 33: 1, 3 - vooraf Ps 36: 2, 3 - lofpsalm Ps 50: 8, 10, 11 na wet Ps 119: 12 as antwoord op die Woord Ps 16: 3, 4, 5 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 33: 10, 11 slotpsalm Lees: 1Kon 18:41-46 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes in vers 41 sê Elía vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën! En net hier is-ie HERE se groot doel met wat gebeur in 1Kon 18. 1 Bewys Want dis mos wat die HERE in vers 1 vir Elija gesê het. Dar in-ie derde jaar van droogte: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde. So dis'ie groot doel met wat gebeur in 1Kon 18. Die HERE gaan reën gee. En in Kanaan waar Israel woon is reën gelyk aan lewe. Geen reën beteken droogte hongersnood dood geen lewe. Verduidelik 2 Want Kanaan is-ie soos bv Egipte nie met die groot Nyl rivier wat gedurig 'n reuse hoeveelheid water diep uit Afrika Egipte laat instroom en waarmee jy kan besproei. Nee Kanaan het reën nodig. Anders is daar-ie lewe nie. Bewys Hoor hoe sê Moses-it in Deut 11:11. Hy sê: die land waarheen julle oortrek om dit in besit te neem, is n land van berge en laagtes wat van die reën van die hemel water drink... En-ie HERE is-ie Een wat daardie reën Want die HERE is-ie Een wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit daardie lewe gee. 1 Vgl DR Davis se 1Kon komm bl 229-230, 247 2 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 900, 901; DR Davis se 1Kon komm bl 252

sê Ps 147:8. En nou's dit die groot saak in vers 41-46. In Israel vol Goddeloosheid en Afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God die Een wat lewe gee. Terugblik Maar kom ons gaan net gou in op wat ons so vers in 1Kon 18 geleer het net om-ie konteks van vers 41-46 te kry. A. 3 Onthou Agab regeer op-ie oomblik. Onder Agab kom Goddeloosheid en afvalligheid. Onder Agab draai Israel hulle rug al meer op die HERE. Die afgod-baal word gedien. Verduidelik En-ie Baal-godsdiens is eintlik mos maar 'n vorspoedsteologie waarin ek en my voorspoed en my goeie lewe in-ie middelpunt van alles staan. En dan dien ek Baal want Baal doen al hierdie goed vir my. B. 4 Dis hieroor dat-ie HERE se straf van droogte oor Israel gekom het. 1Kon 17:1 vertel daarvan. Maar dan kom-ie HERE in sy groot genade en sê in 1Kon 18:1 vir Elija: Gaan heen, vertoon jou aan Agab (of ontmoet vir Agab), dan wil Ek reën gee op die aarde. Gedagtestruktuur I 5 En dan in vers 2-16 doen-ie HERE 'n klomp goed waarmee Hy vir Elija en Agab bymekaar uitbring. II 6 In vers 17-19 ontmoet Elija en Agab. En uit daardie ontmoeting vloei al-ie gebeure van vers 20-40 waarby ons verlede week was. Dis waar-ie HERE wys eers voor Hy reën en lewe gee dat Hy die enigste ware God is en nie Baal nie. Ja vers 20-40 is waar die HERE wys dat Baal net totaal onmagtig is niks is en dat Hy die Almagtige soewereine God is. Onthou julle? Daar was mos daai kompetisie op-ie berg Karmel. Die Baal-profete het 'n altaar met 'n offer-bul gehad. Elija ook. En-ie God wat daai offer aan die brand kon steek met vuur uit-ie hemel sou die ware God wees. 3 Vgl 1Konings 16,29-17,1.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 4 Vgl 1Konings 18,19-40.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 5 Vgl 1Konings 18,1-18.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 6 Vgl 1Konings 18,19-40.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 1

En toe doen'ie HERE dit. Baal en sy profete kon niks teen-ie HERE uitrig-ie. En toe? Wel toe't die HERE deur Elija die Baal-profete dood gemaak. Vers 40 sê-it het by die Kison-spruit aan-ie voet van die Karmel-berg gebeur. Ook toe was Baal totaal onmagtig. Hy kon sy profete nie uit die hand van die HERE red nie. Verduidelik Iets waarmee die HERE ook wys dat Hy uiteindelik Satan en al sy bose magte sal uitroei. En hulle sal net totaal onmagtig wees teen die HERE teen Jahwe die enigste ware Almagtige God. Terug by vandag En nou na-it alles waarvan vers 20-40 vertel praat Elija weer in vers 41 met Agab. En nou's ons terug by vandag. In vers 41 sê Elija vir Agab: 7 Trek op... Waarheen? Verduidelik 8 Wel van-ie Kison-spruit af aan-ie voet van Karmel waar Agab ook was en moes sien hoe-ie HERE deur-ie swaard van Elija die Baal-profete dood maak en hoe Baal net totaal onmagtig was om te red. Ja dis toe na-it alles dat Elija by die Kison-spruit vir Agab sê: Trek op (terug Karmel toe), eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën! En nou'sit net hier dat die HERE gaan wys: Ek's nie net die enigste en Almagtige ware God nie Nee Ek's ook die Een wat reën en lewe gee. Maar dan belangrik: Die HERE wys ons hierdie waarheid nie los van Elija se getuie in vers 41 en Elija se gebed in vers 42-43 en die HERE se onbeskryflik groot genade-betoon aan Agab in vers 44-46 nie. Opmerking So kom ons staan stil by hierdie goed. Want dan gaan ons sien hoe praat die HERE met al hierdie goed vanoggend ook met ons. 7 Hier in vers 41, na die kompetisie en na die slagting van die Baal-profete (vers 21-40), waarin die HERE die onmag van Baal uitgewys het en sy eie Almag en dat Hy die enigste ware God is, maar waar Agab heel op die agtergrond was, verskuif Elija sy fokus egter terug na Agab spesifiek vgl לאחאב (BHNG bl 232). Hierdie verandering in karakters wys vir ons dat 'n nuwe episode aangebreek het (vgl OTES 611 bl 81; Van Gelderen se 1Kon komm bl 196, 197). 8 Vgl K&D se 1Kon komm bl 250; Lange se 1Kon komm bl 207 2

1. So ons begin by vers 41 en Elija se getuie. In vers 41 praat Elija met Agab. Verduidelik 9 Agab was maar heel stil op'ie Karmel-berg toe-ie HERE in vers 20-38 Baal se onmag gewys het en sy eie Almag en dat Hy-ie enigste ware God is. Agab wat self Baal gedien het en ook met sy voorbeeld die Israeliete agter Baal aan verlei het was seker nog stiller toe Elija in vers 40 die Baal-profete dood gemaak het. Hy't sommer heel op-ie agtergrond verdwyn. Maar nou in vers 41 praat Elija met Agab. Agab kom nou weer na vore. En dan sê Elija vir Agab: Trek op (na Karmel), eet en drink... Hoekom? Wel Elija sê hoekom. Kyk net verder aan sê hy: want hoor, die gedruis van die reën! Verduidelik 10 So dis hoekom Agab weer teen Karmel op moet gaan en daar moet gaan eet-en-drink. Dis omdat Elija die geluid, die gedruis, die oorvloed 11 van reën hoor. Nou'sie vraag: Hoekom is'it so belangrik dat Agab nou juis op-ie Karmel-berg moet gaan eet-en-drink as daar reën op pad is? Verduidelik I 12 Nou party ouens sê dis omdat Agab nog-ie heel dag niks geëet het nie. En dat Elija wil hê dat Agab darem iets moet eet voor-ie reën kom. Maar ek weet darem nie. Vir wat stuur Elija dan-ie sommer vir Agab huis toe nie? II 13 Ander ouens weer meen-at Elija wil hê dat Agab daar op-ie Karmel-berg een of ander offer-maaltyd tot eer van die HERE moet eet. 9 41a Tydens die 'kompetisie' tussen die HERE en Baal (vers 20-40) rig Elija hom in die eerste plek tot die volk en die Baal-profete, wat deur Agab opgeroep is om toeskouers van hierdie kompetisie te wees (vers 19) vgl ook vers 21, 22, 24, 25, 27, 30, 39, 40 en nie tot Agab nie (vgl De Vries se 1Kon komm bl 217). Ja, die volk van die HERE/ Israel en die die Baal-profete moet daar op Karmel duidelik sien dat die HERE alleen die enigste ware God is... en dat Hy alleen gevolg moet word (vers 21). Nou, hier in vers 41, na die kompetisie en na die slagting van die Baal-profete (vers 21-40), waarin die HERE die onmag van Baal uitgewys het en sy eie Almag en dat Hy die enigste ware God is, maar waar Agab heel op die agtergrond was, verskuif Elija sy fokus egter terug na Agab spesifiek vgl לאחאב (BHNG bl 232; OTES 611 bl 81; Van Gelderen se 1Kon komm vol 2 bl 196, 197. 10 41c Met כי word hier die rede gegee vir waarom Agab moet opgaan teen Karmel en gaan eet en drink (BHNG bl 247). 11 Vgl Holladay bl 81, 315; NIDOTTE vol 1 bl 1042 12 Vgl K&D se 1Kon komm bl 250; Van Gelderen se 1Kon komm vol 2 bl 197 13 Vgl JA Davies se 1Kon komm bl 347-348 3

Maar-ie teks sê-it nie. So ek weet ook nie so mooi van hierdie verklaring nie. So geliefdes ek weet-ie regtig hoekom Elija vir Agab sê om op Karmel te gaan eet-en-drink omdat hy die gedruis van die reën! hoor-ie. Maar nou dink ek-ie dis so belangrik om hierdie probleem op te los-ie. Ek dink dis meer belangrik om in vers 41 regtig mooi te kyk na wat Elija hier sê na wat Elija hier getuig. So kom ons doen'it. Elija sê vir Agab: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën! Verduidelik 14 Ons kan-it ook vertaal met: 'Die geruis van die reën is reeds daar.' So dis vir Elija 'n absolute sekerheid. Dit staan vir hom vas. Die geruis van die reën is reeds daar. En dadelik wil mens sê: 'Hei Elija is jy heeltemal lekker? Daar's nog-ie eers 'n wolkie in sig-ie. Wat nog te praat van-ie gedruis van reën!' Bewys Want dis eers in vers 44 dat n wolkie soos n man se hand op(gaan) uit die see. So hoe kan-it vir Elija so 'n vasstaande werklikheid wees dat hy die gedruis van reën hoor? Verduidelik 15 Wel dit wat hier gebeur is wat in Heb 11:1 staan. Daar staan: Die geloof dan is... n bewys van die dinge wat ons nie sien (of hoor) nie. En dis presies wat by Elija aan-ie gang is. Die HERE het in 1Kon 18:1 vir Elija gesê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde. 14 41c קול המון הגשם hierdie hele frase staan in 'n constructus vorm. So verstaan die Lxx dit ook φωνη των ποδων του υετου. En ek sien dit uit die vokalisasie. Die betekenis van hierdie frase is dan: 'geluid van die dreuning/ die oorvloed van die reën' (Holladay bl 81, 315; NIDOTTE vol 1 bl 1042). Vraag is nou: Hoe moet ons hierdie frase verstaan? Wat sê Elija hiermee? Vanuit die ESV en KJV wat daar is by hierdie frase invoeg, verstaan ek Elija dat hy hier van 'n stand van sake praat. Die geluid van die die dreuning van reën is 'n werklikheid (vgl De Vries se 1Kon komm bl 217; Pink, The life of Elijah, hfst 20 bl 4). 15 Vgl De Vries se 1Kon komm bl 217; Pink, The life of Elijah, hfst 20 bl 4; JA Davies se 1Kon komm bl 348; Ladd. A Theology of the NT bl 584, 585 4

En-it het gebeur. Elija was by Agab vers 17-40 vertel daarvan. So wat nou? Wel nou gaan-ie HERE reën op die aarde gee. Dis mos wat die HERE in vers 1 gesê het. En hierdie Woord wek geloof in Elija So leer Rom 10:17. Daarom glo Elija hierdie Woord van-ie HERE. Saam met Ps 119:160 sê Elija absoluut gelowig: Die hele inhoud van u woord is waarheid... En dan? Wel hierdie geloof bepaal Elija se lewe. Dit bepaal sy dink-en-doen sy praat. Daar's nog-ie 'n wolkie in die lug nie maar vanuit sy geloof in-ie Woord van-ie HERE kan Elija vir Agab in vers 41 sê: Trek op, eet en drink, want hoor, die gedruis van die reën! Voorbeeld Noag is ook 'n voorbeeld hiervan. Heb 11:7 sê: Deur die geloof het Noag, toe hy n goddelike waarskuwing ontvang het aangaande wat nog nie gesien was nie maw die komende wêreld-wye sondvloed met eerbiedige vrees die ark gereed gemaak tot redding van sy huisgesin... So Noag bou hierdie reusagtige-skip op droë grond. Die mense het seker gesê hy's mal! Maar Noag gaan aan. Hoekom? Wel omdat die HERE vir hom gesê het hier kom 'n vloed en daar's verlossing alleen in'ie ark. En dan wek-ie HERE geloof in Noag deur sy Woord. Daarom glo Noag in-ie HERE. En dan dryf Noag se geloof hom tot 'doen'. En so is'it ook met Elija. Hy sê vir Agab in vers 41 onder 'n wolk-lose hemel: hoor, die gedruis van die reën! Hoekom? Wel omdat die HERE in vers 1 gesê het: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde. En Elija glo in-ie HERE en dan deur'ie geloof tree Elija op. Sy geloof bepaal sy lewe en laat hom getuig. Toepassing En ek en jy? Weet julle ons het soveel meer as Elija. Vir Elija het-ie HERE in vers 1 gesê: 5

Ek wil reën gee op die aarde. en so ook lewe. Deur sy apostel sê-ie HERE in 1Joh 4:9 vir ons dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. En Joh 3:16 sê dis-ie ewige lewe by die HERE op-ie nuwe aarde. So nou'sie vraag: Glo ons in'ie HERE? Glo ons hierdie woord van die HERE? Glo ons dat die HERE reën gee en lewe en sy Seun gee en die ewige lewe? Hê? As'it so is dan moet ons ons geloof nie êrens in 'n hoekie weggesteek-ie Nee! Ons geloof moet ons dink-en-doen bepaal. Dit moet ons dryf om te getuig soos Elija. Dis hoe ware saligmakende geloof is!! Voorbeeld Kom ons maak 'n toepassing. Jy's-aar by die werk. Dis etenstyd. Julle staan en gesels oor'ie land en-ie ANC wat so sleg regeer en oor-ie swak ekonomie en-ie kos wat so duur is En-ie boere wat uitgemoor word. En dis belangrike goed om oor te praat. Maar as jy in-ie HERE glo wat reën en lewe gee en Jesus en die ewige lewe gee dan moet jou geloof dit wat jy in daai gesprek gaan sê bepaal. Dan moet jy ook in daai gesprek wat baie maal so moedeloos kan wees praat oor hoop. Want ons God lewe en Hy gee lewe ook hier in SA vol Goddeloosheid en afvalligheid. Oorgang So geliefdes glo ek en jy in-ie HERE? Glo ons in sy Woord? Bepaal ons geloof ons dink-en-doen? As-it so is dan moet ons mos begin getuig soos Elija vir jou kinders by jou werk oral oor-ie HERE wat lewe gee. 2. Ek dink dis vers 41 se boodskap. Maar kom ons gaan aan na vers 42 En Elija se gebed. Vers 42 sê: En Agab het opgetrek om te eet en te drink... Soos Elija in vers 41 gesê het. 6

Maar dan net verder aan skuif-ie fokus weg van Agab na Elija. 16 maar Elía het op die top van die Karmel geklim en hom op die grond neergebuig en sy aangesig tussen sy knieë gesteek. Verduidelik 17 Hoekom? Wel hierdie gebuigery sodat Elija met sy kop tussen sy knieë kniel sê net een ding: Elija bid nou baie ernstig. Vir wat? Verduidelik 18 Dit kom ons agter as ons aangaan na vers 43. Dis waar Elija met sy dienaar praat en vir hom sê: Klim tog op, kyk uit na die see. En hierdie see is-ie Middellandse see. Want as jy op Karmel staan en uitkyk oor-ie see dan kyk jy in 'n westelike rigting oor-ie Middellandse see. Opmerking Op bl 2 van-ie Basuin is-aar 'n kaar waarop mens-it kan sien dink ek. En nou'sit daar uit die weste uit die see dat Kanaan se reën kom. Jesus sê-it ook vir ons in Luk 12:54. En dadelik sien ons waarvoor Elija bid. Hy bid vir reën. En dan moet sy dienaar oor-ie see uitkyk of-aar nog-ie reën-wolke saam pak-ie. Nou'sie vraag: Vir wat? Die HERE het dan sy Woord in vers 1 gegee. Hy sal reën gee. En hierdie Woord staan vas. Elija glo-it. Dit bepaal sy lewe sy praat sy getuig. 16 42b met die waw-x-qatal ww word 'n nuwe episode ingelei (OTES 611 bl 87). Hier is die fokus nou op Elija wat opgaan.אל ראש הכרמל na die top van Karmel vgl 17 42c ויגהר = Qal wayiqtol ww 3de ml ev van גרהר, met die betekenis van 'en hy het af gebuig' (Holladay bl 57). In hierdie konteks gaan hierdie afbuig ארצה oor aanbidding van die HERE... om 'n ernstige smeekbede tot die HERE te rig vgl Jak 5:17-18 (NIDOTTE vol 1 bl 832; JA Davies se 1Kon komm bl 348; De Vries se 1Kon komm bl 217). 42d beskryf vir ons Elija se aanbidding-posisie. Hy buig so af na die aarde dat sy kop tussen sy knieë indruk. Wat sê hierdie aanbidding-posisie vir ons? Hierdie gebedsposisie sê iets van totale onderwerping aan die HERE en ontsag en respek vir die HERE (NIDOTTE vol 1 bl 755, vol 2 bl 43; K&D se 1Kon komm bl 251; DR Davis se 1Kon komm bl 247). 18 דרך ים het נבט met die betekenis van 'kyk' (Holladay bl 225). Saam met die ww,נבט = Hifil imperat 2de ml ev van הבט 43b dan die rigting aanduidende betekenis van 'in die rigting van die see'/ 'weswaarts' (Holladay bl 74). Elija roep dus sy kneg עלה op om in die rigting van die see te kyk of na die weste toe te kyk. Waarna? Waarom? Ek meen dat Elija se opdrag van aan sy kneg die doel het om hom na 'n hoër punt as waar hyself op Karmel is te laat opgaan om van daar 'n נא הבט דרך ים goeie uitkyk punt oor die see... wat in die weste lê... te hê (vgl Van Gelderen se 1Kon komm bl 197). As ons dan verder vers 1 ingedagte hou, waar die HERE beloof het dat Hy reën gaan stuur na Elija se ontmoeting met Agab, iets wat nou in tussen gebeur het, en ons hou ook in gedagte dat Kanaan se reën uit die weste uit die rigting van die see kom (Luk 12:54; NIODOTTE vol 1 bl 901), dan is die rede waarom Elija sy kneg stuur om uit te kyk oor die see om te kyk of daar nie al wolke op pad is nie (vgl vers 41, 44) (vgl Olley se 1Kon komm bl 177). Ons sien dan ook hier die rede vir Elija se gebed. Hy bid dat die HERE sy woord van vers 1 nou vervul (vgl K&D se 1Kon komm bl 250; DR Davis se 1Kon komm bl 249). 7

So waarom bid Elija nog dat-ie HERE sy Woord moet werklikheid maak. Die HERE het dan gesê Hy gaan. Verduidelik 19 Nou net hier by hierdie vraag is-it dat ons iets belangriks moet leer oor hoe die HERE werk. Die HERE is-ie Almagtig-soewereine God. Almagtig regeer Hy. Elke detail beheer Hy. Bewys 20 Eks 21:13 byvoorbeeld gee wette oor hoe 'n saak hanteer moet word waar iemand hout gekap het en toe heeltemal onbedoeld iemand anders raak geslaan het sodat daardie iemand-anders sterf. Maar wat mens se aandag trek in Eks 21:13 is-at hierdie gebeurtenis nie toevallig was-ie. Nee daar staan dat-ie HERE dit laat gebeur het. So selfs oor goed wat vir ons soos ongelukke lyk het die HERE totale beheer. So regtig die HERE bepaal absoluut alles. En as-ie HERE dan vir Elija in 1Kon 18:1 sê: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde dan gaan-it nou gebeur. Want Elija was klaar by Agab so die volgende ding wat gaan gebeur is-at-ie HERE in sy soewereine-almag reën gaan gee. Maar hoekom bid Elija dan daarvoor? Wel dis hoe-ie HERE werk. Deel van-ie HERE se almagtig-soewereine regering en beheersing van alles hou in-at sy kinders sal bid dat-ie HERE sy Woord werklikheid sal maak. En dan doen-ie HERE-it. Hy maak almagtig-soewerein sy Woord werklikheid deur Elija en deur ons wat bid. Toepassing 21 Maar net hier kom ons by 'n baie ernstige sonde-krisis. Ons sien-it wanneer ons vir 'n slag gaan dink waarvoor ons bid. Elija bid Elija bid omdat die HERE iets in sy Woord gesê het. vir-ie reën en-ie lewe 19 Vgl Horton, The Christian Faith A systematic Theology for Pilgrims on the way, bl 356-357; Reymond, A new systematic theology of the Christian faith, bl 975-976; Grudem, Systematic theology An introduction to Biblical Doctrine, bl 376-377. 20 En in Spr 16:33 staan daar dat as ons 'n dobbelsteentjie gooi dit die HERE is wat bepaal of hy op 6 of 1 of wat ook al val. 21 Vgl Grudem, Systematic theology An introduction to Biblical Doctrine, bl 383. 8

wat die HERE in sy Woord beloof het. So waarvoor bid ons? Hoe vol is ons gebede met wat-ie HERE in sy Woord sê en beloof? Of is ons gebede wat maar net draai om my en my wil en my begeertes wat die HERE nou-en-hier vir my werklikheid moet maak 'n bewys dat-ie HERE eintlik maar net vir my 'n moderne Baal is wat my begeertes en my wil nou moet laat geskied. Weet julle: As ek na my eie gebede kyk sien ek-it so baie. En dan weet ek: Ek moet deur my lewe bid: Onse Vader wat in die hemele is vergeef ons ons skulde... Soos Jesus ons leer in Mat 6:12. En 'vul my met U Gees' Soos ons leer om te bid in Efes 5:19 sodat ek al meer vir Jesus kan navolg wat daar in Getsemane toe die bittere lyding van-ie kruis voor gelê het gebid het: Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik; neem hierdie beker van My weg; nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil. 22 Ja dis waarvoor ek moet bid: 'HERE laat my al meer verstaan wat U in U almagtig-soewereine soewereine verlossingsplan wil en laat my lewe en gebede daarmee vol word.' 'Laat my gebede al meer God-gesentreerd en Woord-gesentreerd word'. Oorgang En dis wat ons moet raaksien in vers 42. Die HERE is almagtig-soewerein besig om reën en lewe Jesus en ewige-lewe te gee soos Hy in sy Woord beloof. Maar dan maak Hy-it werklikheid deur Elija en ons gebede. En ons gebede moet al hoe meer vol word hiermee. 3. Maar kom ons beweeg aan na vers 43. Hier gaan'it steeds oor Elija se gebed. A. Vers 43 sê: Daarop sê (Elija) vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Sien julle wat gebeur? 22 Mark 14:36 9

Verduidelik Elija het-ie HERE se Woord van vers 1: Gaan heen, vertoon jou aan Agab, dan wil Ek reën gee op die aarde. En-ie HERE sal-it doen. Daarom bid Elija daarvoor. Want dis mos hoe-ie HERE werk. Hy maak sy Woord werklikheid deur ons wat bid. En dan? Wel vol verwagting stuur Elija sy dienaar om te gaan kyk en te kom vertel hoe-ie HERE sy Woord werklikheid maak. Maar dan-ie teleurstelling: Daar is niks nie. Dis erg hê?! Nou moet ons dit hier raaksien. Toe Elija gebid het net vroeër-ie dag in vers 36-37 dat-ie tog HERE vuur stuur om-ie offer-bul aan-ie brand te steek in daai kompetisie tussen-ie HERE en Baal daai kompetisie waarin-ie Een wat met vuur antwoord Homself sou uitwys as-ie enigste ware God het-ie HERE dadelik in vers 38 vir Elija verhoor en vuur gestuur. Maar nou wanneer Elija bid dat-ie HERE tog nou reën sal gee soos Hy beloof het en so wys-at Hy die God is wat ook lewe gee dan antwoord die HERE nie. Hoekom nie? Verduidelik 23 Wel ek weet nie. Wat ek wel weet is-at hierdie ons wys dat die HERE regtig God is die Almagtige-soewereine God is. En Elija en ons het nie beheer oor Hom nie Ook nie met ons gebede nie. Die HERE is nie soos 'Word' of 'Excel' of een of ander 'computer game' en ons gebed soos die OK-knoppie wat ons net kan click en dan begin die HERE werk nie. Nee! Die HERE is God. Hy's almagtig. Hy's soewerein. En ons het-ie beheer oor Hom met ons gebede nie. Die HERE mag as Hy wil eers lank vat voor hy ons gebede verhoor. Want Hy is God. 23 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 894; DR Davis se 1Kon komm bl 251-252 10

B. En daarby so wonderlik goed. Want het Elija toe-ie HERE nie dadelik sy gebed verhoor-ie moedeloos geword en-ie HERE gelos? Wel nee! Elija het volhard in-ie geloof. Hy't aangehou bid. Hy't-ie HERE nie gelos nie. 24 Bewys Daarom-at vers 43 vertel dat toe Elija se dienaar die teleurstellende nuus bring dat daar nog niks wolke insig is-ie Elija vir hom gesê het: Gaan weer sewe maal. En dan sê vers 44: En die sewende maal roep hy: Daar gaan n wolkie soos n man se hand op uit die see. En in vers 45 staan daar: En in n oogwink was die hemel swart van wolke en wind, en n groot reën het gekom... Sien julle hoe goed is-ie HERE geliefdes! Verduidelik 25 Die HERE leer ons met Elija se gebed wat Hy nie dadelik verhoor nie dat ons-ie HERE nie met ons gebede kan beheer nie. Maar as Hy dan baie maal lank vat om ons gebede te verhoor dan los Hy ons nie. Hy laat ons nie ons geloof in moedeloosheid verloor nie. Nee die HERE werk in ons sodat ons kan volhard kan aanhou glo aanhou bid. Hoekom? Wel omdat dit is hoe ons God is. Bewys Paulus sê-it in Fil 1:6. Hy sê dat (die HERE) wat n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus. Ook-ie goeie werk om ons te laat volhard in geloof en gebed. 24 שבע, met die betekenis van 'gaan terug'/ 'gaan weer' (Holladay bl 362). Vraag: Is ש וב = Qal imperat 2de ml ev van שב 43f as שבע פעמים gesê het? Die Lxx verstaan שב 'n aanduiding van hoeveel maal Elija שבע פעמים deel van wat Elija sê of is פעמים deel van wat Elija gesê het. Hulle vertaal dan ook met επιστρεψον επτακι. Die ESV verstaan שבע פעמים as 'n aanduiding van hoeveel maal Elija שב gesê het. Hulle vertaal dan ook met Go again, seven times. JA Davies se komm bl 349 meen dat albei moontlik is. Die groot saak wat ons hier moet sien, as Elija sy kneg sewe keer terug stuur om oor die see uit te kyk, is Elija se vaste vertroue en geloof en gebedsvolharding (vgl De Vries se 1Kon komm bl 217). 25 Vgl Grudem, Systematic theology An introduction to Biblical Doctrine, bl 789-792, 803-805 11

4. En weet julle dan'sit hierdie God die HERE Jahwe wat wys dat Hy nie net die enigste ware God is-ie Nee Hy's wys ook dat Hy die Een is wat lewe gee in oorvloed. Maar dan doen-ie HERE dit net nooit los van sy onbeskryflik groot genade-betoon aan Agab nie. Opmerking En ons sien-it as ons aan beweeg van vers 43 na vers 44-46. So kom ons staan stil by hierdie verse. A. Vers 44 vertel hoe-ie HERE uiteindelik Elija se gebed verhoor. En die sewende maal roep hy: Daar gaan n wolkie soos n man se hand op uit die see. Vers 45 vertel dat in n oogwink was die hemel swart van wolke en wind, en n groot reën het gekom... Maar dan gebeur nog iets. In vers 44 sê Elija vir sy dienaar: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie. Verduidelik 26 So wat Elija se dienaar vir Agab sê is: 'luister daar gaan so 'n oorvloed van reën en lewe kom dat-it die pad huis toe by Jisreël 27 omtrent so tussen 20-30 km 28 ver net totaal onbegaanbaar gaan maak. So jy beter roer.' En dan sien Agab self hoe die donker reë-wolke saam pak sê vers 45. En wanneer ontvang Agab hierdie boodskap? Wel nadat hy net vroeër die dag vers 20-40 vertel mos daarvan Baal se onmag gesien het en die HERE se almag en dat-ie HERE die enigste ware God is en ook-ie enigste Een wat reën en lewe kan gee. Toepassing So sien'it nou raak Agab! Jy wat saam met jou vrou vir Baal begin dien het. 26 Die Lxx vertaal ולא יעצרכה van 44g met die aor subjunktief μὴ καταλάβῃ, wat dan in konstruk met μὴ die betekenis het van 'sodat hy nie oorval nie...' (Baljon bl 499, 613). Ek verstaan dan ולא ook as 'sodat nie' iets wat in die Hebreeus moontlik is (vgl BHNG bl 245). Dus: die doel waarom Agab moet inspan en moet af gaan na Jisrieël is sodat die reën jou nie terughou nie (vgl ook NIDOTTE vol 3 bl 503). Daar gaan dus soveel reën kom dat die pad na Jisrieël vir Agab onbegaanbaar gaan word (vgl The Expositor's Bible comm vol 3 bl 779; K&D se 1Kon komm bl 251; Van Gelderen se 1Kon komm vol 2 bl 199). Verder is Agab by uitstek die een wat weet dat die koms van hierdie oorvloedige reën nie iets toevallig is nie. Hy het immers Elija se woord van 17:1 waar Elija gesê het dat dit net sal reën as hy as profeet van die HERE... en dus die HERE self... so sê. Elija sê dus met hierdie boodskap baie duidelik vir Agab dat die HERE Hom nou aan Agab gaan openbaar as die Een wat alleen reën in oorvloed kan gee... lewe en oorvloed... en nou gaan gee (vgl Olley se 1Kon komm bl 178). 27 Vgl House se 1Kon komm bl 221; K&D se 1Kon komm bl 251; Van Gelderen se 1Kon komm vol 2 bl 199 28 Vgl Robertson, Understanding the Land of the Bible bl 101; Bybelse Ensoklopedie bl 252; K&D se 1Kon komm bl 251; Lange se 1Kon komm bl 207; JA Davies se 1Kon komm bl 350 12

Sien'it raak! Die HERE is die enigste ware God en die Een wat lewe gee! B. Maar kyk nou wat gebeur by vers 46. Opmerking Dis nou nadat vers 45 vertel dat Agab op die wa geklim en weggetrek het na Jísreël. Dan staan daar in vers 46: maar die hand van die HERE was oor Elía... Verduidelik 29 En dis 'n manier hoe die Bybel sê dat-ie HERE vir Elija baie kragtig deur sy Gees bekragtig het. Hoekom? Wel vers 46 sê: maar die hand van die HERE was oor Elía, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop (of eintlik gehardloop 30 ) het in die rigting na Jísreël (of tot by die ingang van Jisreël 31 ). Verduidelik 32 So daar voor Agab waar Agab Elija die heelpad tot by Jisreël kan sien daar hardloop Elija nou voor Agab uit. Vir wat op aarde? Verduidelik I 33 Wel-ie eerste ding wat ons moet sê is-at die HERE 'n baie spesifieke doel hiermee het. Want dis-ie HERE wat vir Elija krag gee om so voor Agab uit te hardloop. II 34 En as ons dan Skrif met Skrif vergelyk kom ons by 1Kon 1:5 waar ons leer dat as jy so soos Elija voor-ie koning se strydwa uitgaan jy hom dien. Jy's lojaal aan hom en jy dien hom. 29 46a Saam met יד יהוה היתה verstaan ek die voorsetsel-frase אל אליהו as 'oor Elija'. So verstaan die Lxx dit ook. Hulle vertaal met ἐπὶ τὸν ηλιου (vgl NIDOTTE vol 2 bl 403, vol 4 bl 366-367). Met die hand van die HERE oor Elija bekragtig die HERE Elija uitermate... deur sy Gees vgl 2Kon 3:15; Eseg 1:3; 3:14; 8:1 (NIDOTTE vol 2 bl 403; JA Davies se 1Kon komm bl 350; K&D se 1Kon komm bl 252; De Vries se 1Kon komm bl 218). 30 46b וישנס מתניו doen jy sodat jy kan hardloop of vinnig en ver loop (NIDOTTE vol 2 bl 1150; Van Gelderen se 1Kon komm vol 2 bl 200) vgl Eks 12:11; 2Kon 4:29; 9:1. 46c וירץ = Qal wayiqtol 3de ml ev van ו,ץ,ר met die betekenis van 'en hy het gehardloop' (Holladay bl 336). 31 46b עד באכה יזרעאלה = voorsetsel עד + Qal infin van בוא + pron suf 2de ml ev + pleknaam יזרעאלה (Holladay bl 34). Hierdie frase is bywoordelik by וירץ en sê vir hoe lank Elija voor Agab gehardloop het (BHNG bl 118). Dus: 'totdat jy Jisreël ingaan' (Holladay bl 34)... wat ten minste tussen 20-30 km ver was. 32 46b Die voorsetsel-frase לפני אחאב sê vir ons waar Elija gehardloop het (BHNG bl 234). Dit was 'voor Agab'/ 'in die teenwoordigheid van Agab'... daar waar Agab Elija goed kon sien (TWOT vol 2 bl 728). 33 Vgl DR Davis se 1Kon komm bl 254 34 Vgl A Davies se 1Kon komm bl 350; K&D se 1Kon komm bl 251-252; De Vries se 1Kon komm bl 219; Van Gelderen se 1Kon komm bl 200-201; DR Davis se 1Kon komm bl 254 13

En nou moet ons net hier-it raak sien. Op hierdie Karmel-dag het-ie HERE nie net vir Agab gewys dat Hy die enigste ware God is nie. Die HERE het nie net vir Agab gewys dat Hy ook-ie Een is wat lewe en oorvloed gee nie Nee! Nou hier in vers 46 wys-ie HERE vir Agab ook sy genade onbeskryflik groot. 35 Verduidelik Want wie's hierdie Agab? Wel hy's 'n uiters Goddelose man. Saam met sy vrou dien hy Baal. 1Kon 18:4 vertel hoe sy vrou wat die Baal-diens in Israel ingebring het die profete van-ie HERE uitgemoor het. En Agab? Wel hy't-ie sy vinger verroer om sy vrou te keer-ie. 1Kon 18:5 vertel hoe Agab in-ie droogte nie 'n flenter omgee vir sy volk nie maar alleen maar begaan is oor sy eie voortbestaan. En dan? Wel dan hardloop Elija voor Agab uit Jisreël toe. Elija dien hom. Hierdie bose man. Meer nog in en deur Elija die HERE se profeet dien die HERE vir Agab. Dis asof die HERE met Elija wat daar voor Agab uit hardloop sê: 'Agab dit wat Ek vandag vir jou gewys het my Almag dat Ek ware lewe gee dit alles het Ek gedoen om jou te dien. So wat maak jy met My Agab?' 1Kon 19:1 vertel daarvan. Daar staan: En Agab het aan Isébel meegedeel alles wat Elía gedoen het, ja, alles hoe hy al die profete met die swaard gedood het. Maar oor bekering en dat hy en Isebel nou die HERE moet volg die enigste ware God die Een wat lewe gee en genadig is en dien daaroor praat Agab nie. 36 Slot En ek en jy? Die HERE is die enigste ware God. Hy gee reën en lewe. 35 Vgl DR Davis se 1Kon komm bl 253-256 36 Vgl Reformation study Bible bl 505 14

Hy gee Jesus en deur Jesus die ewige-lewe. En weet julle: Dis daardie Jesus wat self ook God is HERE in die vlees is wat in Mark 10:45 gesê het: Ek het... nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee... Vir wie? Paulus sê in Rom 5:6 Christus het op die regte tyd vir die goddelose gesterwe. En in vers 8 sê hy: God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Ja Jesus dien Goddeloses soos ek en jy! So wat maak ons met die HERE geliefdes? Weet julle: Die HERE het lewe beloof in sy Woord. Hy gee dit in en deur Jesus wat gekom het om te dien en lewe te gee uit genade alleen. So kom ons bid dan daarvoor. Deur ons hele lewe. Want die HERE het in sy Woord gesê: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word. Amen. 15