Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Van Vervolger tot Prediker

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Nuwe Lied Bediening. Parashah 13: Sh mot Name

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Midrash (Torah Bespreking)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Nuwe Lied Bediening. Parashah 10: Miketz Aan die Einde

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Waar is God as ons swaarkry?

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

Parashah 12: Vayechi (ויחי) En Hy Het Geleef.

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

Doen Eers n Kosteberekening

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 5: Chayei Sarah Die Lewenjare van Sarah

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Les 6 vir 10 November 2018

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

1. Aanbiddingswette Wie en hoe aanbid word - Dit kan tog nooit verander nie. Hierby is ingesluit, wette wat spesifiek teen 'n heidense gebruik se insl

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Parashah 17: Yitro (יתרו) (Jetro)

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Nuwe Lied Bediening. Parashah 31: Emor Spreek, Praat, Sê.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Die betekenis van die kruis (1)

Parashah 41: Pinchas (פינחס) Pinehas. Midrash (Torah Bespreking) In Die Midde Van Sonde Geen Vrede Nie!

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Parashah 44: D varim (דברים) Woorde

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Pretoria- 23 Junie 2012

Parashah 27: Tazria (תזריע) Swanger word

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Wegraping (Saamgevat)

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

Transcription:

1 Nuwe Lied Bediening Hy het n nuwe lied in my mond gegee, n lofprysing tot ons God sodat baie dit sal sien en respekvol vrees en op Yahuah vertrou. Ps.40:3. Yeshua is die Boom van die Lewe. Wanneer ons die Torah bestudeer moet ons onthou dat Yeshua, dié Gesalfde Een, die Lewende Torah is. Hy is die weg na die waarheid wat lewe gee die Lewende Manna wat uit die hemel gestuur is en יהוה se Torah vervolmaak het. Sonder die Afgesonderde Gees wat in ons, en deur ons lewe, sal die geskrewe Torah net die dooie letter van die wet wees!! Yeshua is die hart van die Vader!! Parashah 14: Va'era Hy het verskyn Ek het aan Avraham, aan Yitz gak en aan Ya akov verskyn as El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is) en was Ek nie met My Naam,,יהוה aan hulle bekend nie? Ex. 6:3(2) PWL 1. Torah: Exodus 6:3 2 tot 9:35. Haftorah: Eseg. 28:25 tot 29:21. Nuwe Verbond: Matt. 12:1-14; Mark. 12:26 en 27; Luk. 20:37 en 38; Joh. 8:58; Hand. 7:7, 17 en 35; Rom. 5:3; Rom. 9:14-17; Rom. 12:12; Hebr. 11:23-27; 1 Kor. 3:1-15; 2 Kor. 6:14-7:1; 2Pet. 2:4-11; Open. 18:1 tot 8. Hierdie notas is aanvullend tot die vorige jare se notas vir Parashah 14 wat afgelaai kan word by: http://nuwelied.info/?page_id=1182 We are not diplomats but prophets, and our message is not a compromise but an ultimatum A.W. Tozer. Israel was the canvas on which יהוה was going to write His Torah Anonymous. Western culture has things a little backwards right now. We think that if we had every comfort available to us, we'd be happy. We equate comfort with happiness. And now we're so comfortable we're miserable. Dean Karnaze. To experience God s sufficiency, we must realize our own insufficiency! Anonymous. God het nie vir Israel van die Egiptiese slawejuk bevry om van hulle slawe van die wet (Torah) te maak nie, maar om van Israel n bruid te maak! We need never shout across the spaces to an absent God. He is nearer than our own soul, closer than our most secret thoughts A.W. Tozer. 1 Alle teksverwysings is geneem uit PWL (Pad van Waarheid tot die Lewe) Vertaling (www.padwlewe.ch), behalwe waar anders vermeld. Om n kopie van die Bybel te bekom kan Gerrie Coetzee per e-pos by gerrie@padwlewe.ch gekontak word of telefonies by 074 361 2134. 2 In die 1933/53 Afrikaanse vertaling, en sommige ander vertalings, is dit vers 2

2 Torah Bespreking Hersiening Die tweede boek van Mosheh, naamlik Exodus (Sh mot) is die begin van die einde van Yisra el se verblyf in Mitzrayim. Die volgende stap in God se Raadsplan van herstel is om Sy uitverkore volk, deur die hand van Mosheh, te bevry van die slawejuk van Mitzrayim en volgens die belofte van die verbond met Avraham, Yitz gak en Ya akov na die land Kena an te neem (Gen. 15:13-21)! Die voorspoed in Mitzrayim het meegebring dat Yisra el hulle geestelike erfenis vergeet het! Hulle het die belofte van die beloofde land verruil vir die materiële en vir die tydelike! Die nageslag van Avraham, Yitz gak en Ya akov het hulle roeping en hulle eindbestemming as volk vergeet! Daarom moes יהוה ingryp en as te ware die mat van gemaksug en voorspoed onder Yisra el uitpluk. Die jarelange slawerny het Yisra el weer op hulle geestelike roeping laat fokus! Hierdie is ook n les wat ons elkeen ter harte moet neem, naamlik dat ons geestelike eindbestemming is belangriker as die materiële sukses van die huidige! Aan die einde van verlede week se Torahskriflesing het Farao die versoek van Mosheh om geweier. se volk te laat gaan, sodat hulle vir God n fees in die wildernis kan hou, יהוה Daarom het n moedelose Mosheh terug na יהוה gegaan en gesê: 22.. Meester, waarom het U skade op die mense gebring? Waarom het U my dan gestuur, 23 want sedert ek na Farao gegaan het om in U Naam (Karakter en Outoriteit) te praat, het hy skade aan hierdie mense gedoen en U het ook glad nie U volk gered nie? Exo. 5:22 en 23. Die verwagting waarmee Mosheh en Aharon na Farao gegaan het, het dus nie gerealiseer nie! Ons weet dat die werkslas van die Yisra eliete ook vermeerder het na Mosheh en Aharon se aanvanklike versoek aan Farao, en hiervoor het die volk vir hulle verkwalik. Met vrae en onsekerheid het Mosheh terug na יהוה gegaan, maar God het Mosheh geantwoord: Toe sê יהוה vir Moshe: Nou sal jy sien wat Ek aan Farao sal doen, want as gevolg van n sterk hand sal hy hulle laat gaan en as gevolg van n magtige arm sal hy hulle uit sy land uitdryf. Exo. 6:1. El-Shaddai Die Magtige God wat meer as genoeg is! In hierdie week se Torahskriflesing word hierdie gesprek tussen יהוה en Mosheh voortgesit toe God aan hom gesê het: 3 Ek het aan Avraham, aan Yitz gak en aan Ya akov verskyn as El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is) en was Ek nie met My Naam,,יהוה aan hulle bekend nie? 4 Ek het ook My verbond met hulle vasgestel om aan hulle die land Kena an te gee, die land waarin hulle as besoekers gebly het 5 en Ék het ook die gesug van die seuns van Yisra el gehoor wat deur die Mitzrayiete in slawerny gehou word en Ek het My verbond onthou.

6 Sê daarom vir die seuns van Yisra el: Ek is יהוה en Ek sal julle onder die las van die Mitzrayiete uitbring en julle red uit hulle slawerny. Ek sal julle loskoop deur n uitgestrekte arm en deur groot oordele.,יהוה 7 Ek sal julle vir Myself as volk neem en julle God wees en julle sal weet dat Ek julle God, is wat julle uitbring onder die las van die Mitzrayiete 8 en Ek sal julle bring in die land waarvan Ek My hand opgelig het, om dit aan Avraham, aan Yitz gak en aan Ya akov te gee en Ek sal dit aan julle as n besitting gee. Ek is.יהוה Exo. 6:3-8 (Exo. 6:2-7 AOV). Hiermee het יהוה vir Mosheh herinner dat Hy El-Shaddai is Die Magtige God wat meer as genoeg is! God het ook die verbond met Avraham bevestig, naamlik om aan sy nageslag die land Kena an te gee. Daarom het God vir Mosheh die versekering gegee dat Hy: God -יהוה is wat hulle van die Mitzrayietise slawejuk sal bevry deur n uitgestrekte arm en deur groot oordele. Hy sal Yisra el vir Homself as n volk neem en hulle God wees op so n wyse dat hulle sal weet dat Hy יהוה hulle God is. En laastens bevestig יהוה dat Hy vir Yisra el sal bring in die land waarvan Hy Sy hand opgelig het, om dit aan Avraham, aan Yitz gak en aan Ya akov te gee. En ons weet dat יהוה is nie n mens dat Hy sal lieg nie dit wat Hy sê sal Hy doen (Num. 23:19)! Die Magtige God is nie n man dat Hy sou lieg nie, of n mensekind dat Hy jammer sal wees nie. Het Hy gesê en sal dit nie doen nie, of het Hy gepraat en sal dit nie waar maak nie? In hierdie week se Torahskriflesing leer ons van die eerste sewe van die tien strafgerigte teen Mitzrayim! Bepeins of Bespreek 1. Het Vader deur Sy Afgesonderde Gees ook al vir jou n opdrag gegee wat jy uitgevoer het, maar dit was nie suksesvol nie, want jy het teenkanting en verwerping ondervind? Dit is dan wanneer twyfel en moedeloosheid neig om die oorhand te kry. Dit het met Mosheh gebeur by meer as een geleentheid. Dikwels gaan ons na geliefdes en vriende met die waarheid aangaande byvoorbeeld Shabbat, die Feestye, Kersfees en Easter en dan word ons nie geglo nie en word ons selfs verwerp! Maar onthou Mark. 6:11! Word jy ook terwille van die waarheid gehaat (Luk. 21:17; Joh. 15:18, 23-25)? Hoekom Tien Oordele? Hoekom het God vir Mitzrayim met tien oordele (plae; strafgerigte) gestraf? Eerstens is dit interessant om daarop te let dat die Hebreeuse letter yud (yod) se numeriese waarde tien is en dat die piktogram van hierdie letter n arm en hand is. Dit herinner ons aan God se woorde in Ex. 6:6 en 7:4, naamlik: 6 Sê daarom vir die seuns van Yisra el: Ek is יהוה en Ek sal julle onder die las van die Mitzrayiete uitbring en julle red uit hulle slawerny. Ek sal julle loskoop deur n uitgestrekte arm en deur groot oordele. 3

4 Wanneer Farao nie na julle luister nie, dan sal Ek My hand lê op Mitzrayim en My leërmag, My volk, die seuns van Yisra el, deur groot oordele uitbring uit die land van Mitzrayim. Die getal 10 is ook die universiële basis van die numeriese stelsel. Het jy al ooit gewonder hoekom dit universieël aanvaar word dat aftellings (loodsings, nuwe jaar, ens.) by 10 begin? Die rede is dat die getal 10 simbolies van orde en voltooiing is, asook dat n punt van groot verandering en erns bereik is. Die volgende is enkele bewyse van die getal tien in die Afgesonderde Skrif: Die 10 Gebooie. Die 10 oordele van Mitzrayim. Die 10 Maagde (Matt. 25). Die gelykenis van die 10 diensknegte en die tien ponde (Luk. 19:11-28). Die 10 ongeregtighede van 1Kor. 6:10. Die gee van tiendes. Die pesaglam wat vanaf die 10 e Nisan ondersoek moes word. Noag was die tiende geslag vanaf Adam. Yisra el het God 10 keer in die wildernis versoek (Num. 14:22). Met die tien oordele was Yisra el se verblyf in Mitzrayim dus voltooi en was n gebeurtenis van groot verandering in die geskiedenis van Yisra el bereik. Ons kan ook die antwoord hoekom Mitzrayim met tien oordele getref was, vind in die eerste hoofstuk van Genesis waar God se Gees oor die oppervlak van die aarde gehang het (Gen. 1:2) en God alles deur Sy Woord geskape het. Dawid herinner ons hieraan in Psalm 29: 3 Die stem van יהוה is oor die waters, die God van eer, lof en aanbidding donder; יהוה is oor baie waters. 4 Die stem van יהוה is kragtig; die stem van יהוה is vol majesteit. In Genesis 1 lees ons tien keer dat God het gesê! (Gen 1:3, 6, 9, 11, 14, 20, 24, 26, 28-29). God het gesê en dit was volgens Sy Woorde! 4 Elkeen van die tien oordele oor Mitzrayim was egter n teenbeeld die die negatiewe van God se Skepping. Dit beteken dat יהוה vir Yisra el so lief gehad het dat Hy selfs bereid was om Sy Skepping tydelik ongedaan te maak! Daarom word die woorde wat God deur Mosheh vir Farao net voor die sewende plaag gesê het (Ex. 9:16), verbind met die woorde wat God gespreek het toe Hy alles geskape het. Vir Farao het God gesê: Daarenteen, vir hierdie doel het Ek jou laat agterbly, om My krag vir jou te wys en My Karakter en Outoriteit op die hele aarde te verklaar. Die tien oordele was om God se krag vir Farao te wys en God se Karakter en Outoriteit op die hele aarde te verklaar! יהוה is Skepper-God wat alles wat Hy geskape het kan vernietig en weer kan herskep! Hy is El- Olam; die Ewige Magtige God!! Hy tel die getal van die sterre; Hy noem hulle almal by die naam. Ons Meester is groot en Sy krag is groot; Sy insig is oneindig (Ps. 127:4-5).

5 Hardheid van hart Hierdie is n herhaling en hersiening van vorige notas, omrede daar verwarring is, en n verkeerde verklaring gegee word, oor wat dit beteken wanneer God in Ex. 7:3 sê dat Hy Farao se hart sal verhard. Ék sal Farao se wil, emosie en verstand verhard sodat Ek My tekens en wonderwerke in die land van Mitzrayim kan vermenigvuldig. Exo. 7:3. Vir die meerderheid gelowiges dien hierdie teksvers as bewys dat God die wil van die mens kan verander! Sommige gebruik dit selfs as bewys van die uitverkiesingsleer! Maar is dit waar? Besluit God wie se hart Hy gaan verhard? Kan God die mens se wil verander of is die wil van die mens soewerein? Kan God slegs omstandighede skep wat die mens se wil kan beïnvloed om te wil verander? Was dit die doel van die tien oordele (plae)? Alvorens ons die betekenis van Ex. 7:3, en ander soortgelyke teksverse, verduidelik, moet ons eerstens verstaan, en soos voorheen bespreek is, dat יהוה se tien oordele ook van Sy onverdiende guns getuig, want sou Farao na die eerste twee of drie oordele aan Mosheh se versoek toegegee het, sou Mitzrayim gespaar gewees het van ekonomiese, politieke en militêre ramp! God het met elke oordeel vir Farao n keuse gegee. Farao en Mitzrayim se lot was in sy eie hande gewees! Maar die gedagte dat die tien oordele nie net God se strafgerigte is nie, maar ook van God se onverdiende guns getuig, maak nie sin in die lig van die feit dat God sê dat Hy Farao se hart sal verhard nie. Tien keer lees ons dat God die hart van Farao, en selfs dié van sy dienaars, sal verhard (Exodus 4:21; 7:3; 9:12; 10:1, 20, 27; 11:10; 14:4, 8,17). Wanneer hierdie toestand (gesindheid) van Farao se hart beskryf word, word die woord verhard telkens gebruik, maar volgens die Hebreeus word daar drie verskillende woorde gebruik, naamlik: chazaq, wat versterk (sterk maak) beteken. kaved, wat dwaas, bot, swaar, hard en bedroef beteken. qashah wat dig, taai, swaar, wreed, hardkoppig en hardnekkig beteken. In Ex. 7:3 word qashah gebruik en in Ex. 10:1 word kaved gebruik, maar in al die ander teksverse word die woord chazag gebruik wat versterk beteken. Derhalwe sê Torah agt keer vir ons (Exodus 4:21; 9:12; 10:20, 27; 11:10; 14:4, 8,17) dat יהוה die hart van Farao sal versterk! Met ander woorde, dit wat in Farao se hart was, naamlik die gesindheid van sy hart, was deur God versterk (sterk gemaak). Die feit dat die woord verhard en hart saam gebruik word beteken ook dat God die wil van Farao versterk het! God het dus nie vir Farao op n bonatuurlike wyse gedwing om iets te doen wat teen sy wil was nie! Nee, God het slegs dit wat reeds in Farao se hart was, versterk! Farao se hardheid van sy hart sy wil was dus verder verhard. Sou Farao egter n hartsgesindheid van berou getoon het, sou hierdie gesindheid wel ook deur die onverdiende guns van God versterk geword het. Daarom was die tien oordele ook waarskuwings en die doel was juis om Farao se hart te versag. Die mens se hartsgesindheid bepaal hoe daar op God se Woord (Torah) gereageer sal word. Dit kan vergelyk word met potklei en kerswas wat in die son geplaas word. Dit is dieselfde son, maar die resultaat is teenoorgesteldes potklei word hard en die kerswas smelt. So kom dieselfde Woord van God na die mens, maar die een se hart word daardeur verhard, terwyl

die ander se hart sag word. Dit is dieselfde Woord, maar dit het teenoorgestelde reaksie tot gevolg n reaksie volgens die mens se eie keuse. Die doel van die tien oordele was juis om Farao se hart te versag nie te verhard nie!! Daarom sê Salomo in Spr. 28:14 Gelukkig is die man wat gedurigdeur respekvol vrees, maar hy wat sy verstand, wil en emosie verhard, sal in die boosheid verval. God was nie daarop uit om Mitzrayim te verwoes nie, maar om hulle eerder n kans te gee om hulle tot Hom te bekeer, terwyl Hy Sy krag en Sy bedoelinge aan Sy geliefde volk demonstreer! n Demonstrasie dat יהוה n God van onverdiende guns is, maar ook n God van oordeel is! Farao se hart was dus deur sy eie keuse verhard gewees. Dit was dus nie God wat Farao se hart verhard het nie. God verander nie die gesindheid van Farao (of van enige mens) nie, maar versterk slegs die gesindheid wat in die hart is, sodat dit aan die lig sal kom. Dit kan vergelyk word om vir iemand wat nie wil luister nie te sê: Nou maar toe, kry vir jou...!! Waar ons lees dat Farao sy eie hart verhard het (Exodus 8:15; 8:32 en 9:34) word die woord kaved (dwaas, bot, swaar, hard) gebruik. Hiervolgens is dit duidelik dat Farao self verantwoordelik was vir die verharding van sy hart en dat God bloot die keuse van Farao versterk het naamlik dit respekteer het, want die mens se wil is soewerein. Hardheid van hart, met ander woorde hartsgesindheid, is die mens se eie keuse. het die mens geskape met die vryheid van keuse (met n vrye wil) en daarom sal Hy die יהוה mens se vryheid van keuse altyd eerbiedig. Vryheid van keuse moet egter binne die wil van God, soos deur Sy Torah uiteengesit word, funksioneer. Die mens se vrye wil moet dus ondergeskik wees aan God se wil. Buite hierdie realm sal God die mens se hart die mens se keuse versterk (verhard). Wat met Farao en Mitzrayim gebeur het is dus net Farao se eie skuld!! Die doel van vrye keuse is om die mens die geleentheid te gee om deur die regte keuses nader aan sy Skepper-God te kan beweeg. Ons vryheid van keuse word volmaak wanneer ons die wil van Vader-God as ons eie wil aanvaar. Charles Spurgeon het gesê: When your will is God s will, you will have your will. Die doel van God se strafgerigte is dus om die mens tot die besef te bring van die noodsaaklikheid om sy hartsgesindheid te verander. Soos reeds gesê kan God nie die wil van n mens verander nie, maar kan wel deur strafgerigte en tugtiging, asook op ander wyses, soos deur tekens en wonders, probeer om die mens te beïnvloed om n hartsverandering te wil ondergaan om terug te draai tot n leefwyse van vertroue in en gehoorsaamheid aan God. Sou Farao deur enige van die oordele of tekens en wonders uit vrye wil n hartsverandering van ware berou ondergaan het, sou die onverdiende guns van God die hart van Farao versterk het en Hy sou Yisra el toegelaat het om te trek. Dan sou dit nie vir God nodig gewees het om Mitzrayim n ekonomiese, n politieke en n militêre nekslag toe te dien nie. Onthou: God kon in een oomblik en deur een enkele gebeurtenis die hele Mitzrayim uitgewis het! Die feit dat Hy dit nie gedoen het nie, getuig van God se liefdevolle omgee. Onthou: God het geen behae in die sterwe van n sondaar nie. Het Ek enige behae in die dood van die bose oortreder, verklaar, God -יהוה eerder as dat hy sal wegdraai van sy lewenswyse af en leef? Eseg. 18:23. 6

Sê vir hulle: So waar as Ek leef, verklaar, God -יהוה Ek het geen behae in die dood van die bose nie, maar eerder dat die bose wegdraai van sy lewenswyse en leef. Draai terug, draai terug van julle bose lewenswyses! Waarom wil julle dan sterf, o huis van Yisra el? Eseg. 33:11. Dit is die begeerte van God dat alle mense gered moet word en tot kennis van die waarheid kom (1Tim. 2:3-4). Die besef dat God geen vreugde vind in die dood van sondaars nie, dien ook as waarskuwing dat ons nooit verheug moet wees oor die lot of dood van die goddelose nie, insluitend ons vyande! Ons is die diensknegte (Verbondslaaf) van יהוה en van Sy Torah om as getuienis vir die wêreld te dien. Elke mens is n skepsel van God en daarom moet ons God se liefde aan elkeen, insluitend ons vyande, demonstreer. Dan moet ons ook onthou dat ons nie slegs terwille van onsself Torahgehoorsaam leef nie, maar ook terwille van die wêreld om ons, insluitend ons vyande. Nie alles wat met ons gebeur is terwille van onsself nie! Onthou dat alles wat met Yisra el gebeur het, was terwille van ons (1 Kor. 10:6). Deur vertroue in Yeshua as dié Gesalfde Een, en deur gehoorsaamheid aan die Torah van die nuwe verbond, het ons inderwaarheid onsself bereidwillig verklaar dat God deur ons die mense om ons kan bereik. Daarom kan dit gebeur dat God by tye ons kan vra om vervolging, lyding, gebrek, ensovoorts terwille van ander te verduur. Dit is juis vir die doel wat God Yisra el gekies het. Hulle is gekies as voorbeeld en waarskuwing aan ons op wie die einde van dae gekom het (1Kor. 10:1-11); totdat die volheid van die ander nasies ingegaan het en die hele Yisra el gered sal word (Rom. 11:25-26). Ons Torahgehoorsaamheid soos dit in Yeshua vervolmaak is, dien ook as vervulling van die profesie in Jer. 31:33 en soos in Heb. 8:10 bevestig word: Hierdie is die verbond wat Ek ná dié dae sal gee vir die huis van Yisra el, sê :יהוה Ek sal My wette in hulle begrip gee en dit op hulle verstand, wil en emosie skryf en Ek sal vir hulle n God wees en hulle sal vir My n volk wees Bepeins of Bespreek 1. Aangesien God nie die hartsgesindheid van n persoon kan verander nie, maar slegs omstandighede skep om n persoon te probeer beïnvloed, is die vraag: Maak dit sin om te bid dat God die hart van n persoon moet verander of moet ons eerder vra dat God die omstandighede sal skep om n persoon te beïnvloed om sy harde hart te verander? 2. Het ons almal nie steeds n stukkie van Farao in ons nie? Hoe verder ons buite God se wil beweeg, hoe meer sal ons harte verhard. Onthou: Die afstand (geestelike gemeensaamheid) tussen ons en Vader-God word deur ons bepaal. Elke tree van ongehoorsaamheid is n tree weg vanaf die waarheid en n toename in die hardheid van hart. 3. In die lig daarvan dat die tien plae nie net יהוה se oordeel (strafgerigte) is nie, maar ook van Sy liefde en onverdiende guns teenoor Mitzrayim getuig, asook gesien in die lig daarvan dat יהוה geen behae in die sterwe van n sondaar het nie, kan ons wel vra hoe teksverse soos Mal. 1:2 en 3, asook Rom 9:13, waar dit sê dat יהוה vir Ya akov lief gehad het, maar vir Esav gehaat het, dan verklaar moet word? Hierdie teksverse veroorsaak verwarring en selfs misleiding soos byvoorbeeld die uitverkiesingsleerstelling. Bepeins of bespreek dit in die lig van ondermeer teksverse soos Matt. 22:37-39; Luk. 14:26; Joh. 7

12:25 en 1Joh. 2:9 en 11. Is die betekenis van haat nie om minder lief te hê nie, maar steeds lief te hê? Is die Skrif se definise van haat anders as wat ons as haat verstaan? Albert Barnes Notes on the Bible verduidelik dit soos volg: It was common among the Hebrews to use the terms love and hatred in this comparative sense, where the former implied strong positive attachment, and the latter, not positive hatred, but merely a less love, or the withholding of the expressions of affection; compare Gen. 29:30-31; Pro. 13:24, He that spareth his rod hateth his son; but he that loveth him chasteneth him betimes; Mat. 6:24, No man can serve two masters, for either he will hate the one and love the other, etc.; Luk.14:26, if any man come to me, and hate not his father and mother, etc. 4. Die mens wat nie die wil van,יהוה en Sy Torah soos in Yeshua vervolmaak is, in totaliteit aanvaar nie, is n vyand van God. Verwys Rom. 8:5-8, veral vers 7 die gedagtes van die vlees is vyandskap teen God, want dit is nie gehoorsaam aan die wet van God nie, want dit is ook nie moontlik nie (Verwys ook Titus 1:16). Hiervolgens is iemand wat weier om die vierde gebod van Shabbat te gedenk en af te sonder, n vyand van God wat in die vlees is en God nie tevrede kan stel nie (Rom. 8:8; Gal. 5:17). Om God waarlik lief te hê is om in alles gehoorsaam te wees (Joh. 14:22 en 23). Ongehoorsaamheid is ongeregtigheid (sonde 1Joh. 3:4) en is om God te haat!! Lees Deut. 7:10; Ps. 5:6; Ps. 11:5-7. Onthou: Ons kan nie twee meesters dien nie (Matt. 6:24). God laat Hom nie bespot nie, want dit wat jy saai, sal jy... (Gal. 6:7 en 8). Saai jou eie wil en dit wat jy oes, is n hardheid van hart. -o-o-o-o-o-o-o-o- Ontvang יהוה se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shabbat Shalom! Johan. Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie. 8