To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Les 6 vir 10 November 2018

Van Vervolger tot Prediker

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Waar is God as ons swaarkry?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die betekenis van die kruis (1)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Pretoria- 23 Junie 2012

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Lukas 4: Agtergrond

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Luister na God. enlewe vir ewig

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Addendum A Consent form

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Wat kan die kerk doen?

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Die Blye Boodskap. The Good News

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

NEW INTERNATIONAL VERSION

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Transcription:

Naäman To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer Naäman Ons kry die verhaal van Naäman in 2 Konings 5:1 16. Naäman was n belangrike man. Hy was n groot en trotse man die bekendste generaal in Aram. Maar hy het melaats geword. Die siekte sou hom sy posisie ontneem hy sou uit die samelewing geban word. Daar was geen genesing nie. Hierdie diagnose vernietig lewens. In Naäman se huishouding was n jong dogtertjie wat uit Israel ontvoer is. Die laagste in die huishouding. Naäman is desperaat en daarom luister hy na haar. Die meisie se geloof in die God van Elisa is groot. Hoe vernederend om na n vyand te luister en dan nog na n vyand te gaan vir hulp. Maar Naäman gaan. Maar in plaas van die profeet self te sien, moet die trotse Naäman n boodskapper sien asof sy melaatsheid nie voldoende vernedering was nie. Die boodskapper sê dat Naäman hom in die Jordaan moet gaan was. Die riviere in sy land was veel beter as die Jordaan. Sy amptenare pleit by hom. Uiteindelik gaan was hy hom in die Jordaan en word genees. Wat leer ons uit hierdie storie? As Jy nie n gelowige is nie Elkeen van ons glo dat ons weet wat reg is, maar diep binne in

ons weet ons dat dit nie waar is nie. Wat verkeerd is, is sonde. Nou probeer ons allerhande maniere om van die sonde en sy gevolge ontslae te raak sonder sukses. Jesus sê: Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie (Johannes 14:6). Is die riviere van Damaskus, die Abana en die Parpar, nie beter as al die waters van Israel nie? Kan ek my nie daarin was om rein te word nie? Nee, God het n pad gemaak om gereinig te word net een pad. Vir Naäman klink dit na dwaasheid. Mense kan alle maniere probeer om rein te word Mohammed. Bhoeddha Maar God het n eksklusiewe pad gemaak Jesus. Die lewende, genesende water is net by Hom te vinde. God mag jou vra om jou trots in jou sak te steek en na een van daardie Christene wat jy so haat, te luister. Die boodskap van genesing en lewe kom dikwels van iemand wat jy normaalweg verontagsaam. Moenie dat n meerderwaardige gesindheid jou verhinder om jouself te verneder om te doen wat jou sal red. As jy n gelowige is Israel was vol melaatses, maar hulle is nie genees nie. God genees hier n vyand van Israel. God soek diegene wat Hom sal glo al moet Hy buite die grense van die kerk gaan om hom te vind. Moenie dink omdat jy binnekant is jy nie as buitestaander beskou kan word nie. Naäman luister na n jong dogtertjie. Hy doen wat hy beveel word al klink dit nie vir hom rasioneel nie. God werk in die lewens van mense wat Hom vertrou. Hy gebruik die laagste van die laagste om met die hoogste te praat.

Wees versigtig na wie jy luister. Wees versigtig hoe jy reageer. Selfs Christene sal n onvoldoende rivier verdedig as hulle op hulle eie wysheid vertrou Ons moet ook die storie verder lees. Gehasi, Elisa se dienaar, het sekerlik baie wonderwerke gesien. Tog het hy nie geloof nie. Die wêreld is vol Gehasi s. Ons moenie sommer aanvaar dat ons beter as hy is nie. God het n pad in Jesus gemaak. Net een pad. Kom, verneder jouself en word rein. God het van oordeel gepraat (1) No healthy Christian ever chooses suffering; he chooses God s will, as Jesus did, whether it means suffering or not. Oswald Chambers God het van oordeel gepraat (1) As daar n onderwerp is wat Christene en die kerk vandag

vermy, is dit God se oordeel en sy toorn. Tog het God self oor oordeel gepraat. Ons lees ook dikwels van God se toorn in die Bybel. Ons gaan n paar blogs hieraan spandeer waarin ons onder andere gaan kyk na: Die oordeelsdag Hoekom is God kwaad? Kom ons maak n meer aanvaarbare God Die aanbidding van demone Die mens as sy eie God God gemaak na die beeld van die mens Soek God in alle erns. God praat oor oordeel God openbaar vanuit die hemel sy toorn oor al die goddeloosheid en ongeregtigheid van die mense wat die waarheid deur die ongeregtigheid probeer onderdruk (Romeine 1:18). Sommige mense glo dat God nooit kwaad word nie, want hulle sien nie veel daarvan nie. Hoekom nie? Maar deur jou verharding en jou onbekeerlike hart is jy besig om vir jouself straf op te gaar vir die oordeelsdag, wanneer God sy regverdige oordeel sal uitspreek (Romeine 2:5). Baie van God se profete het dieselfde waarskuwing oor die oordeelsdag uitgespreek. Hoe kan ons seker wees dat God se oordeelsdag beslis sal kom? Jesus Christus se opstanding bewys dat die dood nie die einde van alles is nie. [Dié wat goed gedoen het, sal opstaan en lewe, en dié wat verkeerd gedoen het, sal opstaan en veroordeel word Johannes 5:29.] Jesus self praat baie oor die oordeelsdag en van die pyn van

die hel wat nooit ophou nie. [Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is Matteus 25:41] God weet dat daar n vreeslike straf vir sondige mense wag. [Ek sal vir julle sê vir wie julle bang moet wees: vir Hom wat mag het om, na die dood, in die hel te werp Lukas 12:4 5.] Jesus Christus sal deel van hierdie oordeel wees. [Self veroordeel die Vader niemand nie, maar die oordeel het Hy geheel en al aan sy Seun oorgelaat Johannes 5:22.] Almal sal aan God antwoorde moet gee oor die keuses wat hy in sy lewe op aarde gemaak het. gemaak het Wat ons dus sien, is die volgende: God se oordeelsdag kom beslis al sien ons nie nou tekens daarvan nie. Hierdie sal n verskriklike dag wees. Jesus Christus sal self deel van hierdie oordeel wees. Almal sal aan God verantwoording moet doen. Dit bring ons by die volgende vraag: Hoekom is God dan kwaad? Daarna kyk ons volgende keer.

Sterk gemeentes het n sterk spangees Work is always healthier for us than idleness; it is always better to wear out shoes than sheets. C.H. Spurgeon Sterk gemeentes het n sterk spangees Maar hoe bou jy hierdie sterk spangees? Deur n gesamentlike doelwit en goeie kommunikasie. Jy moet verseker dat beide elemente teenwoordig is terwyl jy jou span biu. Hoekom is dit belangrik? 1. Die liggaam van Christus funksioneer soos n spanbediening Ons het baie lede in een liggaam, en die lede het nie almal dieselfde funksie nie. Net so is ons, al is ons baie, in Christus een liggaam, en almal afsonderlik lede van mekaar (Romeine 12:4 5). God het dit so ontwerp dsat ons mekaar nodig het. Elke lidmaat het n belangrike rol om te vervul. Niemand het al die gawes wat nodig is om n gemeente suksesvol te maak nie. As jy jou omring met mense met dieselfde sterkpunte as wat jy het, gaan jy groot probleme ondervind. Leiers moet erken dat daar sekere dinge is wat hulle nie kan doen nie. Die eerste stap na spanwerk is n leier wat erken dat hy n span nodig het. Kies altyd spanlede wat vir jou swakhede kompenseer. 2. Spanne bereik meer as individue wat afsonderlik werk

Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die eenval, kan die ander hom ophelp. Maar as een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie Een alleen kan oorweldig word, twee saam kan weerstand bied. n Driedubbele tou breek nie maklik nie (Prediker 4:9 12). In Nehemia lees ons ook van mense wat in groepe of families saam gewerk het. Jesus het ook dissipels twee-twee uitgestuur. Hierdie wedersydse bemoediging is noodsaaklik vir jou bediening. Een van die duiwel se gunsteling instrumente wat hy dikwels gebruik is ontmoediging. 3. Sterk spanne word nie deur onenigheid bedreig nie. Goeie kommunikasie sluit in dat mense die geleentheid moet hê om hulle menings uit te spreek al verskil hulle van dié van die leier. As mense nie met meer as een mening na vore kom, word daar nie baie in jou span gedink nie. Jy moet n omgewing skep waarin spanlede nie bang is om hulle menings te lug nie, waar hulle nie bang is om n fout te maak nie. Die goeie nuus van Jesus Christus In our own woundedness, we can become sources of life for others. Henri Nouwen Die goeie nuus van Jesus Christus

Watter hoop het n mens teen n vyand soos die Satan? Ons kan nie eers ons vyand sien nie. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug (Efesiërs 6:12). Daar is net een antwoord: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag (Efesiërs 6:10). In dieselfde gedeelte waarin Johannes sy volgelinge teen vals profete waarsku, verseker hy hulle: Julle behoort aan God, liewe kinders, en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is (1 Johannes 4:4). Satan kan God nie oorwin nie. As God sy mag in ons en vir ons gebruik, kan Satan ons nie oorwin nie. En die Seun van God het juis gekom om die werk van die duiwel tot niet te maak (1 Johannes 3:8). Jesus stuur sy apostels as sy boodskappers om sy goeie nuus te verkondig. Ons wêreld is die toneel van n groot oorlog tussen God en Satan. Die mens kan kies wie hy wil aanbid en dien. Satan gebruik leuens, misleiding en ons begeertes om ten gunste van hom te kies. So kry hy ons sover om sy bose pad te kies opstand teen God. Maar God se mag is groter as dié van Satan. Deur Jesus Christus kan ons by God in sy oorwinning oor Satan aansluit. Ons aanbidding en gehoorsaamheid moet aan God ons ewige Koning behoort.