BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Van Vervolger tot Prediker

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Pretoria- 23 Junie 2012

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Les 6 vir 10 November 2018

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Maleagi 1:1-2:9 n Verklaring en toepassing Ds. Cobus Rossouw

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Nederlandse Geloofsbelydenis

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

Waar is God as ons swaarkry?

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

NEW INTERNATIONAL VERSION

Wegraping (Saamgevat)

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Pretoria- 23 Januarie 2011

Wat kan die kerk doen?

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Luister na God. enlewe vir ewig

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Transcription:

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort www.gkdaspoort.co.za Leraar: br Cobus Rossouw Ons roeping om te onderskei tussen 'n ware en valse plaaslike Kerk. (2/4) Lees gerus deur 1Tim 4:6-16 In hierdie reeks artikels gaan dit oor ons roeping om met groot oplettendheid uit die Woord van God te onderskei watter kerk die ware (en watter die valse) is... (Nederlandse Geloofsbelydenis art 29). In ons eerste artikel kon ons, vanuit 1Tim 4:1-5, meer leer oor die valse kerk en haar valse leraars vir wie Christus se ware gelowiges moet vlug. Wat belangrik is, is dat ons nie net van die valse kerk en haar valse leraars moet weg vlug nie. Nee! Ons moet ons dan ook by die ware kerk voeg. En dis so belangrik. Want weg van die valse kerk en haar valse leraars, kan ons nie maar net op ons eie aangaan nie, want Christus se gelowiges is altyd deel van sy een algemene Christelike Kerk. 1 En waar Christus se Kerk in waarheid op n plek in die tyd sigbaar word, daar hoort Christus se gelowiges. Daarom dat ons deur die hele Nuwe Testament, van Handelinge tot in Openbaring, van plaaslike Kerke lees, waar gelowiges hulle gevoeg het. 1 1Kor 12:13 sê ons ons is almal deur een Gees gedoop tot een liggaam... En die liggaam is Christus s'n. En dis die Kerk (Efes 1:22-23). Die een algemene Christelike Kerk. 1 Maar waar is daardie ware plaaslike Kerk nou? Wel, daar waar die Woord van die HERE suiwer gepreek word. Dis die eerste merkteken van 'n ware plaaslike Kerk. So leer die Skrif ons. 2 Daarom, wanneer ons wegvlug van 'n valse plaaslike Kerk, moet ons ons altyd gaan voeg by 'n plaaslike Kerk waar daar n goeie dienaar van Jesus Christus is, wat die woord van die HERE suiwer preek. Die apostel Paulus praat oor hom in 1Tim 4:6-16. En hierop gaan ons in hierdie artikel fokus. Ja, ons gaan meer leer oor hoe 'n goeie dienaar van Jesus Christus is. En in 1Tim 4:6-16 sien ons vyf aspekte raak van hierdie goeie dienaar van Jesus Christus. 'n Goeie dienaar van Jesus Christus wys dwaalleer uit. In 'n Kerk waar daar 'n goeie dienaar van Jesus Christus is word ons gewys op dwaalleer en daarteen gewaarsku. Van hierdie waarheid hoor ons as Paulus vir Timoteus in 1Tim 4:6 sê: As jy 2 Nederlandse Geloofsbelydenis art 29

hierdie dinge aan die broeders (of gemeente 3 ) voorhou (of uitwys), sal jy n goeie dienaar van Jesus Christus wees... hierdie dinge waarvan Paulus praat gaan oor die dwaalleraars of die leuenpredikers en hulle dwaalleer waaroor Paulus in vers 1-5 gepraat het, 4 en waaroor ons in ons eerste artikel meer kon leer. Die Kerk waarby ons ons dus moet voeg, is 'n Kerk met die goeie dienaar van Jesus Christus, wat sy broeders en susters gedurig wys op die dwaalleer en die gevaar van die leuenpredikers. En nou is die vraag: Is ons by so 'n Kerk? Skerp die ouderlinge die predikant, die dienaar van Jesus Christus, op om dwaling uit te wys en daarteen te waarsku? En as ons by so 'n Kerk is, bid ons vir die dienaar van Jesus Christus. Dis so nodig, want wanneer dienaars van Christus waarsku teen dwaling, begin Satan en die goddelose wêreld 'n oorlog teen hom. 'n Goeie dienaar van Jesus Christus voed homself met die goeie leer Van die tweede aspek van 'n goeie dienaar wat ons moet raaksien in 1Tim 4:6-16 hoor ons ook in vers 6, waar Paulus vir Timoteus sê: As jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer... 3 4 die broeders van wie Paulus hier praat is natuurlik die gemeente. So word die ware gemeente van die HERE genoem... van die dae van die Ou Testament af. Daarom sê Christus met die woord van Ps 22:23 sê Ek sal u Naam (O HERE) aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys... (Vgl Brown C, 1986, New International Dictionary of New Testament Theology, vol 1 bl 255-256; Knight G W, 1992, The New International Greek 194). 193. 2 Wat ons in hierdie laaste woorde van vers 6 leer is dat die plaaslike Kerk waarby ons ons moet voeg 'n predikant moet hê wat homself gedurig voed of ons kan ook sê: 5 opvoed of vorm met die woorde van geloof en die goeie-leer. En hierdie woorde van die geloof en van die goeie leer, waarvan Paulus in vers 6 praat, is niks anders as die hele Bybel nie. 6 Want die Bybel is die woorde van die HERE. Daar vind ons die vasstaande kennis van ons geloof. En wanneer 'n goeie dienaar van Jesus Christus homself opvoed en vorm met die woorde van die geloof, beteken dit nie dat hy maar net Bybel moet lees nie. 7 Nee, Hy moet die Bybel waarlik begin ken. En bowe al sy HERE, want dit is die ewige-lewe, wat hy so nodig het (Joh 17:3). Daarom moet die ware plaaslike Kerk waar ons ons moet voeg se predikant nie op al wat n kommissie is dien nie. Hy is ook nie die projekbestuurder van die kerk se bouprojekte nie. 8 Nee! Want as dit die 5 6 7 8 Vgl Baljon J M S,1908, Grieksch Theologisch woordenboek, bl 323 τοι ς λο γοις τη ς πι στεως hierdie genitief konstruksie is 'n subjektiewe genitief (Wallace D B, 1996, Greek grammer beyond basics bl 113) of 'n genitief van inhoud (Jordaan G J C, 2004, Binnewerk van die Griekse taal, bl 80). Knight G W, 1992, The New International Greek Testament Commentary The Pastoral Epistles, bl 194 toon dat ons hier te doen het met n genitief van inhoud. Dus: dit gaan hier oor die woorde met as inhoud die geloof. Geloof word dus hier gebruik itv die kennis deel van saligmakende geloof. Dit wat as waarheid aanvaar word en waarop vertrou word (vgl ook Calvyn J, 2003, Commentaries on the First epistle to Timothy, bl 107). Vanuit die Heidelbergse Kategismus Sondag 7 v/a 21 weet ek dat die hierdie woorde van die geloof die hele Woord van God is. Vgl a Brakel W, 1893, Het redelijk Godsdiens, vol 1 bl 663. Vgl Du Plessis, Handleiding by die kerkorde van die Gereformeerde kerk in Suid Afrika, bl 115.

stand van sake is, gaan hy later nie meer daarby uitkom om hom te voed met die woorde van die geloof nie. En dan sal daardie plaaslike Kerk nie meer toeneem in kennis van die HERE nie, want hulle predikant neem nie meer toe in kennis nie. En dan is hy dood eenvoudig nie meer n goeie dienaar van Jesus Christus nie. Dit is ook een van die dinge waaroor die ouderlinge van 'n ware plaaslike Kerk waak. Hulle maak seker dat hulle predikant stilte-tyd hou en dat dit goed gaan met sy gebedslewe. Hulle maak seker dat hy hom voed met die woorde van die geloof. Hulle maak seker hy verdiep hom in die studie van die Skrifte. Hulle maak seker dat sy boekrak aangroei met goeie kommentare en teologiese boeke. 'n Goeie dienaar van Jesus Christus leer die Kerk oor Godsaligheid. Die derde aspek van 'n goeie dienaar wat ons moet raaksien in 1Tim 4:6-16 kry ons in vers 11, waar Paulus vir Timoteus sê: Beveel en leer hierdie dinge. Net soos hierdie dinge by vers 6 wys op wat net vooraf in vers 1-5 staan, so wys hierdie dinge van vers 11 op wat vooraf in vers 7-10 staan. En dan is dit veral in vers 7-8, waar ons hoor wat n goeie dienaar van Jesus Christus moet beveel en leer (vers 11). Want in vers 7-8 sê Paulus vir Timoteus: oefen jou in die godsaligheid. Want... die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het. So, Paulus beveel die goeie dienaar van Jesus Christus, om homself voortdurend te oefen in die godsaligheid. En dan moet hy hierdie oefening in die Godsaligheid ook vir die Kerk beveel en leer. Maar wat is Godsaligheid? Wel, Godsaligheid is die Nuwe Testament woord vir die Ou Testament se vrees van die HERE. 9 En die vrees van die HERE begin altyd by n innige en gelowige kennis van die 9 Vgl Brown C, 1986, New International Dictionary of New Testament Theology, vol 2 bl 93-95. 3 HERE uit sy Woord. En verder is dit n nederige lewe van respek en eerbied vir die HERE, van vertroue op die HERE, en gehoorsaamheid aan die HERE. 10 Dit is die vrees van die HERE of die Godsaligheid. En wanneer ons ons dan oefen in die Godsaligheid, beteken dit dat ek al hoe meer n lewe moet leef in die vrees van die HERE 11 vanuit die Woord van die HERE. 12 Wat egter baie belangrik is van die oefening in die Godsaligheid is dat dit onmoontlik is sonder die geheim van Godsaligheid. 13 Hierdie geheim van die Godsaligheid vind ons in 1Tim 3:16, waar Paulus sê: onteenseglik, die 10 11 12 13 Vgl Waltke B K, 2007, An Old Testament theology bl 483. προ ς ευ σε βειαν - προ ς + akk dui na my mening hier op doel of gevolg (Wallace D B, 1996, Greek grammer beyond basics bl 380). Dus: jy moet jouself oefen met as doel Godsaligheid. Of: jy moet jouself oefen met as die gevolg: Godsaligheid. Baljon J M S,1908, Grieksch Theologisch woordenboek, bl 192 wys dat προ ς + akk hier ook kan wys op: jy moet jouself oefen in Godsaligheid. Knight G W, 1992, The New International Greek Testament Commentary The Pastoral Epistles, bl 197 wys my dat ons hier met doel/gevolg en die in betekenis van προ ς + akk te doen het. Dus: ek moet in die Godsaligheid oefen en verbeter. Omdat die oefening προ ς ευ σε βειαν is en τοι ς λο γοις τη ς πι στεως και τη ς καλη ς διδασκαλι ας (vers 6) alles te doen het met ευ σε βεια (vgl 1Tim 6:3) sê γυ μναζε vir die dienaar van Jesus Christus dat hy hom daarop moet toespits om n lewe te leef in lyn met τοι ς λο γοις τη ς πι στεως και τη ς καλη ς διδασκαλι ας. Hierin moet hy hom bekwaam (Knight G W, 1992, The New International Greek Testament Commentary The Pastoral Epistles, bl 80; bl 197). Vgl Brown C, 1986, New International Dictionary of New Testament Theology, vol 2 bl 93-95; Knight G W, 1992, The New International Greek Testament Commentary The Pastoral Epistles, bl 182

verborgenheid (of die geheim 14 ) van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees... is opgeneem in heerlikheid. Ja, Jesus Christus, die Seun van God, is die geheim van Godsaligheid. Hy is geopenbaar in die vlees, want Hy het mens geword uit die maagd Maria. 15 Hy is Gereverdig deur die Gees, want Hy is na die Gees van heiligheid met krag verklaar as die Seun van God deur die opstanding uit die dode... (Rom 1:4). 16 Hy is opgeneem in heerlikheid want Hy het voor die oë van sy dissipels in die hemel opgegaar. 17 Ja, Jesus Christus in sy menswording, in sy dood en opstanding, en in sy hemelvaart, is die geheim van Godsaligheid. Sonder Christus is daar geen Godsaligheid nie. Daarom dat Petrus in 2Pet 1:3 sê dat Jesus se goddelike krag ons alles geskenk het wat tot die lewe en godsaligheid 18 dien... 19 Want dit is Jesus wat aan sy kerk bekering skenk (Hand 3:26; 5:31; 18:11), sodat ons in Jesus kan bly, as Hy 14 15 16 17 18 19 Verborgenheid = μυστη ριον = Baljon J M S,1908, Grieksch Theologisch woordenboek,bl 629 sê hier: de verborgenheid, het geheim... 184. 184. 186. In die 1933/53 Afrikaanse Vertaling van die Bybel staan daar 'Godsvrug'. Die Griekse woord is egter net soos in 1Tim 3:16 en 4:7 ευ σε βεια. In die Statevertaling lees 2Pet 1:3 dan ook: Gelijk ons Zijn Goddelijke kracht alles, wat tot het leven en de godzaligheid behoort... Vgl ook Knight G W, 1992, The New International Greek Testament Commentary The Pastoral Epistles, bl 197. 4 in Joh. 15:5 sê: Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie. Maar in Jesus kan ons begin om die Godsaligheid te doen. Die Godsaligheid wat, soos ons in 1Tim 4:8 hoor die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het. Want n lewe van ware Godsaligheid is n lewe in Jesus (Joh 15:5), wat eenmaal in Joh 14:6 gesê het: Ek is... die lewe... So, die ware plaaslike Kerk waarby ons ons moet voeg moet n goeie dienaar van Jesus Christus hê, wat wys op die dwaal-leer, homself voed met die goeie-leer, en homself oefen in die Godsaligheid. En dan moet hy hierdie Godsaligheid in die midde van die plaaslike Kerk leer. 'n Goeie dienaar van Jesus Christus moet vanuit die Skrifte leer Maar hoe moet die dienaar nou Godsaligheid leer? Wel vanuit die Skrifte. En dit is die vierde aspek van 'n goeie dienaar van Jesus Christus wat ons moet raaksien in 1Tim 4:6-16. Hy moet iemand wees wat vanuit die Skrifte leer en verkondig. Daarom dat Paulus in vers 13 vir Timoteus sê: jy moet aanhou met voorlesing, vermaning, lering. En hierdie drie dinge hoort bymekaar voorlesing, vermaning, lering. 20 So, by 'n ware plaaslike Kerk moet die goeie dienaar van Jesus Christus, wanneer die gemeente bymekaar kom in die erediens, 21 die Bybel oopmaak en daaruit lees. En dan daarmee saam moet daar vermaning of aanmoediging of bemoediging of vertroosting kom. Ja, n woord wat opbou en ook baie ernstig aanspreek. 22 En saam met die Bybel- 20 21 22 Vgl Ridderbos H, 1967, Commentaar op het Nieuwe Testament De pastorale brieven, bl 122. Vgl Bouma C, 1937, Korte verklaring der Heilige Schrift 1,2 Timotheus en Titus, Filemon bl 83.

lees en die woord van vermaning moet daar ook lering wees. En dis niks anders as preek nie. Hand 13:15 wys dit vir ons. Dis daar waar Paulus-hulle in die sinagoge van Antiochië in Pisidië was (Hand 13:14). En dan hoor ons dat ná die lesing van die wet en die profete (soos dit altyd gedoen is in die Sinagoges) het die hoofde van die sinagoge na (Paulus-hulle) gestuur en gesê: Broeders, as julle n woord van vermaning 23 vir die volk het, spreek dan! En dan kom Paulus se woord van vermaning. En dis niks anders nie as n kragtige preek uit die wet en die Profete. Met ander woorde: uit die Bybel. En hierdie preek het dan altyd daaruit bestaan dat die prediker dit wat hy gelees het verklaar het. In die Nuwe-Testament-Kerk het dit ook daaruit bestaan dat Christus uit die Skrifte verkondig is. 24 En dan het die prediker ook toepassings gemaak in die plaaslike Kerk se lewe, wat bemoedig of vertroos of opbou of ernstig aanspreek. En dit alles moes Timoteus doen as Paulus in vers 13 vir hom sê: jy moet aanhou met voorlesing, vermaning, lering. En so moet elke goeie dienaar van Jesus Christus nog steeds doen. 25 Die ware plaaslike Kerk waarby ons ons dus moet voeg moet n dienaar van Jesus Christus hê, wat wys op die dwaal-leer, wat homself voed met die 23 24 25 Vgl Brown C, 1986, New International Dictionary of New Testament Theology, vol 1 bl 569-570. In die 1933/53 Afrikaanse Vertaling van die Bybel staan daar opwekking. Tog is dit ook die vertaling van παρα κλησις. Die woord wat in 1Tim 4:13 met vermaning vertaal word. Ridderbos H, 1967, Commentaar op het Nieuwe Testament De pastorale brieven, bl 122 wys daarop dat hierdie διδασκαλι α sien op die onderwys en die uitlegging van die gelese gedeelte met die oog op Christus-prediking en toepassing in huidige situasie. Vgl Calvyn J, 2003, Commentaries on the First epistle to Timothy, bl 114-115. 5 goeie-leer, en wat Godsaligheid vir die kerk leer. En dit moet hy doen deur die Bybel oop te maak, daaruit te lees, en dan die gedeelte wat hy gelees het te verduidelik en dit toe te pas. Hy moet Christus daaruit verkondig en n lewe van Godsaligheid in Christus. Daarom moet ons wegvlug daar waar die Bybel nie meer gelees word nie, daar waar toneel-stukkies en poppekas die plek van voorlesing, vermaning, lering oorgeneem het, of daar waar predikers Sondag na Sondag n stukkie Bybel lees en dan maar sy eie storie begin vertel. Laat ons daarom n kerk soek, waar daar n dienaar van Jesus Christus is, wat besig is met die Skrifte, wat leer wat teks beteken en daaruit vermaan. En laat ons vir hom bid. Want om te lees, te vermaan, en te leer en aan te hou daarmee is nie maklik nie. Die gevolg van 'n goeie dienaar van Jesus Christus se werk Maar dit het wonderlike gevolge! En dis die vyfde aspek van 'n goeie dienaar van Jesus Christus wat ons raaksien in 1Tim 4:6-16. Ons hoor daarvan in vers 16, waar Paulus vir Timoteus sê: Let op jouself en op die leer; volhard daarin; want deur dit te doen, sal jy jouself red sowel as die wat jou hoor. Ja, wanneer die goeie dienaar van Jesus Christus wys op dwaal-leer, homself voed met die goeieleer, en Godsaligheid deur middel van die verklaring en toepassing van die Skrif leer, sal hy homself red. Want hy sal die oordeel ontkom van Eseg 33:8, waar die HERE sê: As... jy nie spreek om die goddelose vir sy weg te waarsku nie, dan sal hy, die goddelose, deur sy ongeregtigheid sterwe; maar sy bloed sal Ek van jou hand eis. 26 So sal hy sy eie heil uit met werk met vrees en bewing; want dit is 26 Vgl Calvyn J, 2003, Commentaries on the First epistle to Timothy, bl 118

[Date] God wat in hom werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae. (Fil 2:12-13). 27 En so sal elke uitverkorene, wat hom hoor ook gered word. Want die Die geloof is uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God (Rom 10:17), wat gelees word, geleer word, en waaruit vermaan word en waardeur die Heilige Gees die geloof werk (1Pet 1:23; Jak 1:18). 28 Kom ons sluit af: Ons het die roeping om met groot oplettendheid uit die Woord van God te onderskei watter kerk die ware (en watter die valse) kerk is... Van die valse plaaslike Kerk moet ons vlug na die ware een toe. En waar kry ons haar? Wel, waar n goeie dienaar van Jesus Christus is, wat wys op die dwaal-leer, wat homself voed met die goeie-leer, wat Godsaligheid vir die Kerk leer met Skriflesing, vermaning en lering om so homself te red en die wat hom hoor. 27 28 Vgl Calvyn J, 2003, Commentaries on the First epistle to Timothy, bl 118 Heidelbergse Kategismus Sondag 25 v/a 65; Calvyn J, 2003, Commentaries on the First epistle to Timothy, bl 118 6 Skrywer: Cobus Rossouw