Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Van Vervolger tot Prediker

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Les 6 vir 10 November 2018

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Addendum A Consent form

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Waar is God as ons swaarkry?

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Die betekenis van die kruis (1)

Pretoria- 23 Junie 2012

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Preek Jan Steyn 20 Oktober Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus

As-Woensdag. Baie welkom in die 46 dae lydenstyd Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Transcription:

Preek Jan Steyn 25 Februaie 2018 Teks: Johannes 13:1-35 Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding: Ek gaan gesels eendag met een van die jong outjies in die Gim. Ek vra hom: Jy was dan altyd so goed in atletiek maar ek sien jou nie meer deelneem nie. Nee oom, antwoord hy, ek doen nie meer atletiek nie, ek gim nou net. Ja man, ek kan sien jy't fris geword die laaste tyd. Maar waarvoor oefen jy? Wat doen mens met al daai spiere? Ek het gedog hy gaaan sê: nee oom ek speel nou rugby of doen crossfitkompetisies of iets. Sy antwoord was: Nee oom, ek gim net. Die gim het my eintlik te swaar gemaak om enige sport te doen. Jy het al daardie spiere, maar dis eintlik net vir show. Jy het al daardie krag, maar dit word nie regtig vir iets konstruktiefs aangewend nie. Dink gou bietjie aan al die krag wat Jesus tot Sy beskikking gehad het- Hy was die Seun van God, Hy het siekes genees en skares gevoed uit basies niks en selfs vir Lasarus uit die dood opgewek. Wat doen Jesus met al Sy geestelike krag, met Sy geestelike spiere? Hy trek sy bokleed uit- dis wat Hom van 'n gewone slaaf onderskei het en Hy begin dissipels se vuil, stowwerige voete was. Dis wat Jesus doen met al die krag tot Sy beskikking- Hy dien Sy dissipels deur die nederigste daad denkbaar- deur hulle voete te was. Daaraan herinner Filippense 2 ons ook: Hy het Homself verneder deur die gestalte van 'n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word. Hierdie daad van voete was voor ete was so laag en nederig beskou dat dit nie eens van Joodse slawe verwag is om dit te doen nie. Heidense slawe is vir hierdie takie gebruik. As daar geen slaaf was om die voete te was nie, het die gaste dit vir mekaar gedoen of self hul voete gewas. Dissipels van een of ander rabbi sou beslis beurte geneem het om die rabbi of leermeester se voete te was. Dit het nooit andersom gebeur nie. Hier gaan sit Jesus en Sy dissipels al aan tafel waarskynlik sonder dat die voetewas voor die tyd gebeur het. Almal was te belangrik om die ander se voete te was. Dis belangrik dat mense darem sien jy is iemand. En om iemand te wees moet daar mense onder jou wees. Wie is onder jou as jy soos die heindense slaaf, die laagste van mense volgens Joodse denke, ander se voete was. En Jesus die leier, die leermeester en die rabbi, die een van wie dit laaste verwag word, staan op om Sy dissipels se voete te was. Dit gaan nie net oor die verstommende ding dat Jesus Sy dissipels se voete was nie. Dit gaan ook oor wie se voete Hy was. Hy was hulle almal se voete. Hy het klaar vooruit geweet Judas gaan Hom verraai

en oorgee aan Sy moordenaars. Hy het klaar vooruit geweet Petrus sou Hom verloën en drie keer ontken dat Hy Jesus se dissipel is. Die voetewas wys na die kruis (vers 8): Hierdie voetewas van Jesus staan natuurlik nie op sy eie nie- dit wys heen na die kruis. Vers 8 waar Jesus vir Petrus sê: As Ek jou nie was nie, het jy nie deel aan My nie. Praat Jesus hier net van fisies was met water? Dis wat Petrus dink- was saam met my voete my hande en gesig ook. Nee, Hy praat van meer- van Petrus en jou en My sonde wat Hy aan die kruis met SY bloed weggewas het. Ons het soos Petrus deel aan Hom omdat Hy aan die kruis vir ons die hoogste prys betaal het en omdat dit ons gered het en in die regte verhouding met God gestel het. As vers 1 vir ons aandui dat Jesus Sy eie mense liefgehad het tot die uiterste toe, het ons dit veral aan die kruis gesien. Hierdie storie herinner ons hoe belangrik identiteit is (vers 3): Vers 3 vertel ons van Jesus se identiteit: Jesus het geweet dat die Vader alles in Sy hande gegee het en dat Hy van God gekom het en na God toe teruggaan. Jesus het geweet waar Hy vandaan kom en waarheen Hy op pad is. Dis hoekom Jesus die dissipels se voete kon was. Dis soos Skip Heitzitg dit stel: When you know who you are, you don't have to prove who you are. En as jy nie meer hoef te bewys wie jy is nie, kan jy dien, kan jy kniel, kan jy buig. Mense wat nie seker is oor wie hulle is en van hul identiteit nie, kan nie dien nie en kan nie buig nie en kan nie kniel nie. As jou identiteit bepaal word deur wat mense van jou dink, of wat jy besit of wat jy kan doen, gaan jy moeilik buig en dien. As jou identiteit bepaal word deur Jesus en wat Hy uit genade van jou gemaak het, gaan jy kan buig en kan dien. Want as Jesus eerste is in jou lewe, gaan Hy deur Sy Gees te voorskyn kom in jou lewe en in jou optrede. Identiteit begin altyd by wat God gedoen het en van jou gemaak het. Paulus herinner ons daaraan in 1 Korintiers 15: Deur die genade van God is ek wie ek is. Nie deur wat ek van myself dink nie, nie deur wat ander van my dink of en of hulle van my hou nie. Nie deur wat ek besit het of bymekaargemaak het nie. Deur die genade van God. Ons moet ons kinders hiermee help. Hulle dink soms solank die maatjies van my hou of die vriendekring my nog insluit, is ek olraait. Solank mense mooi goed van my dink en mooi met my praat is ek olraait. Solank ek gewild of suksesvol is, is ek olraait. Jy is net olraait in God se liefde wat in Jesus vir jou verwerf is.. Dis die enigste Een in wie jy ooit werklik altyd olraait is. Want Sy liefde vir jou verander nie. Philip Yancey skryf: God se liefde vir my is volmaak. Daar is niks wat ek kan doen om hierdie liefde meer te maak nie. Daar is niks wat ek kan doen om hierdie liefde minder te maak nie.

As Ek julle voete gewas het, behoort julle ook mekaar se voete te was (vers 14) Ons is nie so bang dat Jesus aan ons liefde gaan bewys nie. Vaderland, die lewe is moeilik- ons het al die hulp en liefde nodig wat ons kan kry! My plek in die hemel is dan nou verseker omdat God en Sy Seun my lief genoeg gehad het om vir my aan die kruis te sterf. Here, ek wil nie sonder daardie reddenede en vergewende liefde nie. Ons is nie bang dat Jesus ons liefhet nie. Ons is bang vir wat Jesus se liefde van ons gaan vra. Dat ons moet gaan leef en optree soos Hy. Dat ons sal met verander en ons selfgerigtheid moet prysgee. Dis die deel wat ons nie gaan pas nie. As Ek wat julle Here en leermeester is, dan julle voete was, behoort julle ook mekaar se voete te was. Ek sal nog my vriende en familie en gesin dien, maar Here, ek het ook Judasse en Petrusse in my lewe. Mense wat my in die rug gesteek het of diep teleur gestel het. Mense wat op sekere plekke maak of hulle my nie ken nie. Ek wil verseker nie hulle voete was en hulle dien nie! Dam gaan Jesus verder in vers 34: Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. Solank liefde net hierdie mooi sentimentele gevoel is sien ons kans. Maar dis nie wat Jesus se liefde is nie- Sy liefde word met die daad bewys- dit laat Hom voete was, dit laat Hom kruis toe gaan. Dit vra offers- dit vra alles. Ook van jou en my. Skip Heitzig help my hiermee: If we really want to follow Jesus, He wil make us people of the towel. Here, ek wil naby aan U leef, asseblief net nie so naby nie. Dis wat hierdie soort liefde ons laat voel. Dis soos die ou wat in ou Katolieke kerk vir die Sondag se gebruiklike voetewas seremonie gekom het met sy sokkies aan- simbool dat Jesus net nie te naby aan hom moet kom nie. Met die sokkies het hy gedink kan hy Jesus en saam daarmee die mense na wie Jesus hom stuur so bietie verder van sy lyf af hou. Dis soos iemand so mooi skryf: We would rather be a sensation than a servant. Don Francisco sing: Love is not a feeling, it's an act of your will. Dis soos oefening vir my is. As ek dit net doen op die dae wat ek lus of gemotiveer is daarvoor gaan ek dit nooit doen nie. Jy trek jou gimklere aan en ry gim toe en trek jou tekkies aan en gaan draf. Na die tyd weet jy dit was die regte ding. Moenie wag tot die mood of die gevoel oor jou kom om iemand te gaan dien en iemand te gaan help nie. Gaan doen dit net. Die Gees van God sal na die tyd aan jou bevestig dit was die regte ding. Slot: So sal almal weet (vers 35): Hierdie liefde van Johannes 13 gaan oor die mekaar. Soos ek julle liefhet, moet julle mekaar liefhê. Dis waar die tema van saamwees vandaan kom. Die dissipels se liefde en omgee vir mekaar sou na Jesus se sterwe en opstanding en hemelvaart die teken wees dat hulle die band met Hom behou het. Maar dit gaan ook verder. As ons mekaar liefhet soos Hy ons liefhet en mekaar se voete was soos Hy voete gewas het, dan sal almal weet (vers 35) Dan gaan die getuienis uit na buite, na die buitestanders en

die kritici van die geloof toe. Hoe ons mekaar as gemeente, as familie en gesin liefhet, laat almal weet of ons aan Jesus behoort, die band met Hom behou en Sy volgelinge is. Verklarings en argumente en mooi kerkgeboue trek nie mense wat sinies is oor die Here en die kerk nader nie. Net liefde en ware omgee doen. Dit was die grootste skok van Johannes 13 vir my. Die kern van geloof is nie geloof nie. Want ons sien geloof baie keer as hierdie kop ding- hierdie reeks leerstellings. Ek moet net sekere dinge weet of ken om kind van die Here te wees. Of geloof is hierdie gevoelsding- ek moet net diep ervarings in die Gees hê of baie passie vir die Here en mense voel dan is ek op die regte plek. Johannes 13 leer ons die kern van geloof is liefde en dis iets baie down to earth en baie prakties. Rodney Stark beskryf in sy boek The Rise of Christianity die lewens van die eerste geslagte Christene en die vroeë kerk. Twee ernstige en hoogs aansteeklike plae tref die Romeinse Ryk in onderskeidelik 165 na Christus en 251 na Christus. Elke keer het ongeveer een derde van die Romeinse Ryk se inwoners omgekom. Die praktyk van die Romeine was om hul siekes op straat uit te sit om die risiko van aansteeklikheid te verminder. Die Christene se reaksie was anders. Christene het hul siekes bly versorg, selfs in die aangesig en moontlikheid van hul eie dood. Meer nog, hulle het selfs agtergelate Romeinse siekes op straat opgetel, ingeneem en hulle versorg. Dit was 'n totaal skokkend nuwe konsep in die Romeinse Ryk- dat mense nie net bloot uit eie belang of net tot eie voordeel hoef op te tree nie. Omdat God mense liefhet, het Jesus se eerste volgelinge gereken, kan jy God nie behaag of jou geloof lewendig wees as jy nie ander mense liefhet nie. Jesus verbind ons met Sy dood en opstanding aan Homself en aan die Vader. Sy weggaan van die aarde af maak volgens Johannes 14 die pad oop dat die Gees kan kom en altyd by ons kan wees. Net deur SY krag kan ons liefhê soos Jesus liefhet en dien soos Hy dien. Die Gees kom herinner ons aan alles wat Jesus vir ons gedoen het en kom help ons om om te gee en te dien soos Hy gedien het. Dis geen menslike moontlikheid om lief te hê soos Jesus liefhet nie. Of om Sy opdragte te gehoorsaam in jou eie krag nie. Dis hoekom ons elkeen se persoonlike verhouding met Jesus so belangrik is- hierdie soort liefde is iets wat net Hy self ons kan gee. Net deur Sy Gees se krag is ons in staat tot gehoorsaamheid. As jy in Jesus Christus is en aan Hom behoort, dan vloei Sy krag in jou en Sy troos en Sy liefde deur jou na buite. Stephen Covey skryf daar is drie woorde wat baie belangrik is in mense se lewens. Die eerste is afhanklikheid- dis vir babas en kinders wat nie op hul eie kan leef nie. Christene bly natuurlik altyd afhanklik van die Here. Die tweede woord is onafhanklikheid- waar ons emosioneel en intellektueel ons kan vir onsself dink- op ons eie voete kan staan. Die werklike kuns van die lewe is egter om te groei na die derde woord- interafhanklikheid. Interafhanklikheid beteken ek besef ek word gevorm en

gemaak deur die verhoudings in my lewe. Met God, met mense en met alle lewende dinge. Ek is wie ek is, omdat ander in my lewe is en ek in hulle lewe is. Dis maar net ander woorde om die liefde van Johannes 13 te beskryf. Ek is nie net hier te wille van myself- my eie belang en voordeel nie. Ek is hier ter wille van ander en hulle is hier ter wille van my. Ek het ander mense nodig en hulle het my nodig. Ek kan natuurlik alleen ook, maar ek wil nie. Veral as ek aan Jesus behoort. Hy was ons deur SY bloed tot ware Eenwees met Hom en met mekaar. Sodat almal kan weet deur die kwaliteit van ons liefde vir mekaar, ons is Sy dissipels. Amen