'N NUWE LEWE VAN VREDE MET GOD. Deur: JNS (Kobus) Pretorius BTh(Hons)

Similar documents
1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

n Prins word die Skaapwagter

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Les 6 vir 10 November 2018

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Die betekenis van die kruis (1)

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die maan en sy rol in ons wereld *

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Pretoria- 23 Junie 2012

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Waar is God as ons swaarkry?

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode)

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

NEW INTERNATIONAL VERSION

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Luister na God. enlewe vir ewig

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

REGVERDIGMAKING EN DIE GEVOLGE DAARVAN

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Addendum A Consent form

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM.

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Les 6 SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se les: Geheueteks:

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Laat die Woord Getuig

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Transcription:

'N NUWE LEWE VAN VREDE MET GOD Deur: JNS (Kobus) Pretorius BTh(Hons) 072 347 7919 - jacobus2@telkomsa.net Die verlossingsboodskap van die Bybel in kort Aanhalings uit die Bybel kom hoofsaaklik uit die Nuwe Vertaling 1983 met herformulerings. Die res kom uit die 1953 vertaling en word aangedui as OAV. Kopiereg word gehou deur die skrywer, JNS Pretorius. Eerste uitgawe: Februarie 2006 Eerste hersiene uitgawe: Mei 2008 Tweede hersiene uitgawe: Januarie 2010 Derde hersiene uitgawe: November 2012 ISBN: 978-0-620-55146-5

Voorwoord Vir baie Christene is die antwoorde op die volgende vrae voor die hand liggend. Vir die meerderhied Christene is dit egter nie noodwendig so voor die hand liggend nie. In baie gelowiges se gemoedere is daar onsekerheid hieroor. Baie nie-christene sal ook in n beter posisie wees om n besluit te neem indien hulle weet van hierdie vrae en die antwoorde daarop. Sommiges het dalk alreeds hieroor gewonder. Die vrae ter sprake is: Hoe betroubaar en geloofwaardig is die Bybel? Watter gesag het die Bybel? Kan n mens God deur die Bybel leer ken? Indien wel, wat leer die Bybel oor God? Wat leer die Bybel oor die natuurlike mens se verhouding met God? Is daar vrede tussen die natuurlike mens en God? Indien nie, hoekom nie? Kan die verhouding herstel word? Kan die mens met God versoen word? Indien wel, hoe? Is n nuwe lewe van vrede met God werklik moontlik vir die mens? In hierdie boekie word gepoog om hierdie belangrike vrae te beantwoord. Die leser is dalk alreeds n Bybel-gelowige (ware Christen), en ken dalk die antwoorde op hierdie vrae. Deur hierdie boekie as n hersiening te gebruik en vir hulleself seker te maak dat hulle die regte antwoorde op hierdie vrae ken, in hierdie tyd waar die minagting vir die wet van God toeneem en die liefde by baie verkoel (Mat. 24:12), kan gelowiges se geloof egter net versterk word. Dit kan ook help dat hulle altyd gereed (is) om n antwoord te gee aan elkeen wat van (hulle) n verduideliking eis oor die hoop wat in (hulle) lewe. (1 Pet. 3:15).

Inhoudsopgawe Voorwoord... 2 1. DIE GESAG VAN DIE BYBEL... 4 2. GOEIE NUUS - LIEFDE... 8 2.1 Sommige natuurlike attribute (eienskappe) van God.... 8 2.2 Sommige morele attribute (eienskappe) van God.... 8 2.3 Liefde as God se belangrikste morele eienskap, wat al die ander omvat.... 9 2.4 God se liefde in gelowiges... 10 3. SLEGTE NUUS DOOD IN SONDE... 15 3.1.1 Wat is Sonde?... 15 3.1.2 Sondeval... 15 3.2 Mag van die Bose... 17 4. MEER GOEIE NUUS LEWE... 21 4.1 Agtergrond... 21 4.2 Vermoë om keuses te maak (vrye wil)... 22 4.3 Nuwe lewe van versoening met God vir die mens... 23 4.4 Hoe word hierdie versoening in die praktyk aanvaar?... 25 5. DIE NUWE LEWE... 29 5.1 Nuwe geboorte... 29 5.2 Oorgawe... 30 5.3 Heiligheid... 31 5.4 Krag uit die hoogte... 32 6. SO WAT NOU?... 36

1. DIE GESAG VAN DIE BYBEL Die Bybel openbaar aan die mens die goeie nuus van n God van liefde, as die enigste ware Skepper-God, en sy handelinge met die mens. In hierdie handelinge van God met die mens, leer die Bybel, dat daar dinge gebeur het wat die mens van hierdie God van liefde vervreem het. Die slegte nuus van die Bybel is dat die natuurlike mens van God vervreem en verlate is, dood is in sy sonde en daarom verlore en verdoem tot die ewige verderf. Dit is, volgens die Bybel, die toestand van elke mens op aarde, ongeag hoe n goeie mens hy of sy mag wees. Erger nog, daar is volgens die Bybel niks wat die mens kan doen om die verhouding met God te herstel nie. Daar is egter meer goeie nuus in die Bybel, naamlik dat God dit wel van sy kant af moontlik gemaak het dat die verhouding tussen Homself en die mens herstel kan word. Hierdie herstel van die verhouding met God is nie net moontlik nie, maar dit is n ononderhandelbare vereiste vir verlossing en n nuwe lewe van vrede met God. Daarom roep die Bybel mense op tot versoening met God, onder andere in die woorde van Paulus in 2 Kor. 5:20b: "Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen." (OAV). God wil graag die verhouding herstel, Hy sê volgens Jes. 1:18: "Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die Here: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol." (OAV). Dit is alles egter betekenisloos as die Bybel bloot 'n menslike geskrif is, en dit is wat Satan en sy gesante die mens wil laat glo. Deur die eeue en tot vandag, word daar baie gedoen om die Bybel se geloofwaardigheid as God se Woord af te breek. Reeds in die tuin van Eden het Satan, deur die slang, by die mens twyfel begin saai oor die waarheid van God se woord, toe hy gesê het Is dit so dat God gesê het:... (Gen. 3:1 OAV) en Julle sal gewis nie sterwe nie (Gen. 3:4 OAV). Satan volhard steeds om op alle moontlike maniere twyfel te saai oor die betroubaarheid van die Bybel as God se Woord. Die Bybel leer in 2 Kor. 11:14-15: Satan self verander hom in n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke (OAV) Soos wat Satan homself voordoen as n engel van die lig (2 Kor. 11:14), so doen sommige van sy dienaars, wat dikwels hoogs geleerde teoloë is, hulle voor as Christene, terwyl hulle in werklikheid liberale (vrydenkende) ongelowiges is wat geen steen onaangeroer laat om die gesag van die Bybel te ondermyn nie. Dit is mense wat die Bybel ken, maar nie die God wat in die Bybel geopenbaar word nie. Ook in

skole, universiteite en ander opleidings instellings word die gesag van die Bybel ondermyn, onder andere, deur die evolusie leer as evangelie aan te bied, asof dit 'n bewese feit is, terwyl dit in wese n onbewysbare hipotese is. Dan is daar nog 'n verskeidenheid van ander gelowe soos: Islam, Hindoeïsme, Boeddhisme, om nie eers te praat van die groot verskeidenheid kultusse, wat elk sy eie idees, gegrond op sekere geskrifte, het nie, wat almal die Bybel weerspreek. Hoe kan n mens seker wees dat die Bybel wel God se (besondere) geïnspireerde openbaring aan die mens is? Dit is onmoontlik om dit wetenskaplik te bewys. Daar is wel baie sterk en geldige filosofiese argumente, maar dit is nie bewys nie. Daar is egter genoeg rede wat vir hierdie skrywer en vir miljoene ander gelowiges voldoende is. Soveel so dat miljoene gelowiges reeds bereid was om te sterf daarvoor. Dit gebeur steeds daagliks in lande en gebiede waar Bybel-gelowiges (ware Christene) vervolg, gemartel en doodgemaak word, net omdat hulle Christene is. Die meeste van hierdie gelowiges het 'n keuse gehad, hulle kon kies teen die Bybel en die Christelike geloof en sodoende hulle lewens behou, maar hulle was so seker dat hulle bereid was om die hoogste prys te betaal. Onder die eerstes van hierdie Christenmartelare was die apostels, wat die Here Jesus persoonlik geken het, en getuig het van sy lewe, sy kruisiging en sy opstanding uit die dood. Om die Bybel as God se openbaring te erken (of liewer te herken) is geen blinde stap in die geloof nie. Die Bybel is uniek en daar is geen ander antieke geskrif wat eers by benadering daarmee vergelyk kan word wanneer dit kom by geloofwaardigheid en betroubaarheid nie. Niemand kan verplig word om die Bybel te glo nie, maar as 'n mens die volgende feite in aanmerking neem (verkry uit Evidence that Demands a Verdict deur Josh McDowell, en In Defense of the Faith deur Dave Hunt), sou 'n mens verwag dat elke intelligente persoon ten minste ernstige oorweging sal gee aan die inhoud van die Bybel en dit nader sal ondersoek:- Oor 'n tydperk van 1 500 jaar het meer as 40 skrywers, (waaronder vissermanne, herders, konings, dokters, ens.), in drie kontinente, (Asië, Afrika en Europa) in drie verskillende tale, (Hebreeus, Aramees en Grieks) oor talle potensieel aanvegbare sake die openbaring van God aan die mens in 66 boeke opgeskryf, sonder om mekaar te weerspreek, en in perfekte harmonie met mekaar, sover dit die boodskap betref. Van al die antieke manuskripte wat behoue gebly het is die van die Bybel onvergelykbaar meer, en in tyd, baie nader aan die oorspronklikes as die van sekulêre manuskripte. Vanuit die Nuwe Testament is daar 24 600 manuskripte waarvan sommige terug dateer tot minder as 'n eeu na die oorspronklikes, terwyl die meeste tussen 300 en 400 jaar na die oorspronklike is. Geeneen van al die antieke sekulêre werke het eers 1000 manuskripte nie, en die meeste het minder as tien, terwyl die tydsverloop tussen die oorspronklike en die oudste manuskrip

in die meeste gevalle meer as 1000 jaar is. Dit beteken dat die Bybelse manuskripte meer betroubaar is. Dit beteken verder dat, indien die Bybel nie as geloofwaardig aanvaar kan word nie, kan geen antieke manuskripte as geloofwaardig aanvaar word nie. Deur die eeue was kritici se pogings om die geloofwaardigheid van die Bybel af te breek onsuksesvol. Baie bewerings oor die korrupsie en verdraaiing van die Bybel word gemaak, maar geen bewyse kan voorgelê word nie. Argeologiese opgrawings kon niks in die Bybel as vals bewys nie. Inteendeel het dit skeptici telkens verkeerd bewys en die Bybel waar. Daar was byvoorbeeld aanvanklik geen argeologiese bewys vir die bestaan van die Hetiete as 'n volk in Kanaän nie. Skeptici het dit aangegryp as bewys dat die Bybel onbetroubaar is. Tot hulle ontsteltenis het argeologiese bewyse egter begin instroom en is daar tans in Ankara, Turkye, 'n hele museum wat uitsluitlik gewy is aan die Hetiete. Dit is maar een van talle voorbeelde. As gevolg van die betroubaarheid van die argeologiese rekord van die Bybel word die Bybel vandag deur sommige argeoloë in Israel gebruik om antieke stede op te spoor. Die profetiese rekord van die Bybel is onberispelik. 'n Groot hoeveelheid profesieë oor nasies en mense is in die Bybel gemaak, en alles wat reeds vervul moes word is presies so vervul, insluitende al die profesieë oor die eerste koms van die Here Jesus Christus. Daarom is dit seker dat alle profesieë wat volgens die Bybel nog in vervulling moet gaan, presies so vervul sal word. Daar is geen ander boek wat so n onberispelike profetiese rekord het nie. Die Bybel het miljoene mense in kontak gebring met die lewende God wat hulle lewens, vir ewig, onherroeplik verander het. Hulle ervaar die blydskap en vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, selfs in die haglikste omstandighede en te midde van ernstige vervolging. Die Bybel maak dan ook daarop aanspraak dat dit die ware Skepper God se geïnspireerde openbaring van Homself aan die mens is; 2 Tim. 3:16: Die hele Skrif is deur God geïnspireer. Verder het die Here Jesus die volgende uitdaging in Joh. 7:17 gerig: "As iemand gewillig is om die wil van God te doen, sal hy weet of hierdie leer van God af kom, en of Ek uit my eie praat." Dit geld steeds. As iemand die wil van God doen, soos dit in die Bybel uiteengesit word, sal hy/sy weet dat dit wel van God af is.

Die meeste mense wat die Bybel nie as God se openbaring aan die mens aanvaar nie, doen dit teen hulle beterwete. Hulle besef dat dit wel die Woord van God is, maar sien nie kans om aan die morele eise en standaarde van die Bybel te voldoen nie. Hulle soek dan fout ten einde hulle self en ander te oortuig dat die Bybel nie geloofwaardig is nie. So probeer hulle, hul eie gewetens sus (meesal onsuksesvol), wat dan later heeltemal afgestomp raak indien hulle daarmee volhard. Soos wat die duiwel alles in sy vermoë doen om die Bybel as God se openbaring af te kraak, laat hy ook geen steen onaangeroer nie om gelowiges te mislei en hulle geloof te ondermyn deur dwaalleraars en vals profete, wat dikwels groot Bybelse waarhede net effens verdraai ten einde gelowiges op n dwaalspoor te bring. Dit is dikwels uitstekende predikers wat soms uit onkunde, maar dikwels bewustelik sulke dwaalleer verkondig. Die Here Jesus waarsku in Mat. 7:15 as volg: Pas op vir die vals profete. Hulle kom na julle toe in skaapsklere, maar in werklikheid is hulle verskeurende wolwe. In Mat. 24:11 waarsku die Here Jesus ook dat voor sy wederkoms baie vals profete (sal) kom, en hulle sal baie mense mislei. Die apostels waarsku ook telkens teen vals profete en predikers, sien onder andere Hand. 20:30; 1Tim. 4:1; 2 Pet. 2:1 en 1 Joh. 4:1. Om hierdie rede is elke gelowige verantwoordelik om self die God van die Bybel deur biddende Bybelstudie te leer ken, anders kan hy/sy deur vals leraars mislei word. Hy/sy is dit aan hom-/haarself verskuldig, want daar alleen, in die Bybel, biddend en met die hulp van God deur sy Heilige Gees, is die nuwe lewe van vrede met God te vind. Enige ernstige student van die Bybel sal gou agterkom dat die God van die Bybel, die enigste ware Skepper God is en dat Hy n God van liefde is, en daarom is daar hoop vir die mens.

2. GOEIE NUUS - LIEFDE 2.1 Sommige natuurlike attribute (eienskappe) van God. Die God van die Bybel, en volgens die Bybel die enigste ware God, is Ewig. Hy is sonder begin en sonder einde. Hy bestaan buite tyd. Hy het tyd geskep. God is by die begin van tyd en reeds by die einde. Dit is waarom die Bybel in Op. 1:8 sê: Ek is die Alfa en die Omega, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige (OAV). Sien ook Ps. 90:2; Jes. 41:4; 48:12; 57:15; Heb. 1:8. God is ook Alomteenwoordig (Ps. 139:7-10; Jer. 23:24). Niks, nie eers n gedagte, ontgaan God se waarneming nie. Hy is egter nie altyd op alle plekke op dieselfde manier teenwoordig nie. Soms is God op n spesiale manier teenwoordig, wanneer sy teenwoordigheid bewustelik ervaar word. Dit is egter uitsonderlik en gebeur baie, baie selde. n Mens behoort so n ervaring nooit na te jaag nie, maar dit aan God se wil en oordeel oor te laat. Dit kan die deur oopmaak vir vals ervarings deur bose magte. God is ook Alwetend (Ps. 139:4; Jes. 46:10; Heb. 4:13; 1 Joh. 3:20) Hy weet alles, selfs wat in die toekoms gaan gebeur. God is ook Almagtig (Job. 42:2; Ps. 115:3; Jes. 14:24 & 27; Mat. 19:26). Hy kan enigiets doen wat volgens sy regverdige wil en oordeel gedoen moet word. Omdat Hy nie wil nie, kan God egter nie dinge doen wat indruis teen sy morele attribute nie. Hy kan byvoorbeeld nie onregverdig of liefdeloos optree nie. God is ook Onveranderlik (Jes. 41:4; Heb. 1:11, 12 & 13:8; Jak. 1:17), God se wese kan nie verander nie, Hy verbeter nie, want dit is nie nodig nie. Hy is volmaak. 2.2 Sommige morele attribute (eienskappe) van God. God is regverdig, genadig, goed, geduldig, heilig. Al hierdie eienskappe van God kan saamgevat en ingesluit word in God se belangrikste morele attribuut, naamlik sy liefde, wat hierna bespreek word. Wanneer die volmaaktheid van God se liefde reg verstaan word, is dit op sigself n bewys van God se bestaan en die waarheid van die Bybel. So n volmaakte liefde kon nie deur verskillende skrywers op verskillende plekke in verskillende tye in sulke volkome harmonie uitgedink word, anders as onder inspirasie van die Gees van God nie (sien Die Gesag van die Bybel hierbo).

2.3 Liefde as God se belangrikste morele eienskap, wat al die ander omvat. Wanneer die leser God se liefde, soos dit hieronder bespreek word begryp, sal hy/sy ook verstaan waarom dit as God se belangrikste morele eienskap beskou behoort te word wat al sy ander morele attribute insluit. Liefde is regverdig, dit kan nie anders nie. Dit kan ook nie anders nie, dit is ook genadig, goed, geduldig, toegewyd (heilig), dit gee om. Die Bybel is baie duidelik daaroor dat die God van die Bybel n God van liefde is. Slegs enkele voorbeelde word genoem. Sien Num. 14:18: Ek, die Here, is lankmoedig en vol liefde; Maar Hy het nie net lief nie, Hy is meer as dit. Hy ís liefde. God se liefde is reg deur die Bybel duidelik, maar in 1 Joh. 4:8 & 16 word dit duidelik uitgespel: vers 8 sê: Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. (OAV). En vers 16. En ons het die liefde wat God tot ons het, leer ken en geglo. God is liefde; en hy wat in die liefde bly, bly in God, en God in hom. (OAV). Dit is die rede waarom God se wet liefde is. Sy wet, wat liefde is, is liefde omdat Hyself liefde is, en kan daarom ook nooit verander nie. Dit is die universele, morele wet van God wat berus op sy karakter. Dit sal altyd bestaan; 1 Kor. 13:8: Die liefde vergaan nooit nie, God se opdrag aan sy volk, Israel, is: "jy moet jou naaste liefhê soos jouself" (Lev. 19:18). Dit sluit vreemdelinge in: Die vreemdeling wat by julle vertoef, moet vir julle wees soos n kind. En jy moet hom liefhê soos jouself, (Lev. 19:34). Dit beteken minstens dat God self liefhet, ongeag wie dit is. Hy sal tog nie van die mens meer verwag as wat Hyself is en doen nie. Die Here Jesus sê dat die mens selfs sy vyand moet liefhê volgens Mat. 5:44 en Luk. 6:27. As God van die mens verwag om almal, insluitend sy vyand lief te hê beteken dit minstens dat God self ook almal,

insluitend sy vyand liefhet. En dit is so. Die natuurlike mens is, as gevolg van die sonde, n vyand van God, maar God het hom lief en wil hom verlos. Dit word later bespreek. Die vraag kan nou gevra word; Waarom straf God dan mense as Hy liefde is? Die antwoord daarop is dat Hy presies om daardie rede straf; omdat Hy liefde is. Liefde kan nooit onregverdig wees nie, en regverdigheid vereis dat sonde gestraf word (sien Eks. 34:7). Later meer hieroor. God se liefde is volmaak en daarom kan die mens met sy beperkte vermoë dit nie ten volle verstaan of beskryf nie. Wat wel duidelik is, is dat God se liefde n volkome welwillendheid is ten opsigte van alle mense. God wil hê dit moet goed gaan met die mens (LW. dit gaan slegs met die mens werklik goed wanneer hy met God in die regte verhouding is, want dit is ewig en nie tydelik soos wêreldse voorspoed nie). Die feit dat dit nie altyd met mense goed gaan nie, is nie God se skuld nie, dit is ook nie altyd straf van God nie, maar meer dikwels die gevolg van sonde (eie en ander s n). Die hele Bybel gaan in wese oor God se strewe om die hardnekkige en sondige mens, op n regverdige en liefdevolle manier, weer met Homself te versoen. God weet dat dit die enigste manier is om die mens te verlos van die ewige dood en verdoemenis waarin die mens homself bevind as gevolg van sonde. God wil graag die mens verlos, want Hy is liefde. Daarom het God n plan om die mens te verlos. Hierdie plan word duidelik wanneer die Bybel bestudeer word. Hoewel die mens op hierdie aarde nooit volmaakte liefde kan hê soos God nie, is hierdie liefde van God meedeelbaar. Hy gee dit aan gelowiges volgens Rom. 5:5: omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is. Daarom verwag Hy ook van gelowiges om hierdie liefde uit te leef. 2.4 God se liefde in gelowiges Omdat God liefde is, wil Hy graag ook liefde in die mens sien. Dit is waarom liefde die wese van sy wet is. In Mat. 22:37-39 vat die Here Jesus die wet van God saam in die gebod van die liefde: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die apostel Paulus stem hiermee saam as hy in Rom. 13:10 sê:

Die liefde doen die naaste geen kwaad nie. Daarom is die liefde die volle uitvoering van die wet. En in Gal. 5:14: Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Wanneer n mens in liefde (Bybelse liefde) optree teenoor God en jou naaste, dan leef jy God se wet prakties uit. Omdat dit God se opdrag en wens is, is die uitleef van hierdie liefde teenoor n mens se naaste, ook liefde teenoor God self, en n bewys van n mens se liefde vir God. As n mens God liefhet sal jy sy opdragte uitvoer, daarom skryf die apostel Johannes in 1 Joh. 5:3: Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Die Here Jesus bevestig hierdie feit wanneer Hy volgens Joh. 14:15 sê: As julle My liefhet sal julle my opdragte uitvoer. en vers 21: Wie My opdragte het en dit uitvoer dit is hy wat My liefhet. en vers 23: "As iemand My liefhet sal hy my woord bewaar." (OAV). Daarom verwag God van gelowiges om hierdie liefde prakties uit te leef. Maar verwag God dan nou van die gelowige om n gevoel van aangetrokkenheid, of n emosie van ek hou van jou, te ervaar teenoor sy naaste? Is dit nie n onmoontlike opdrag nie? Volgens die Bybel sluit die mens se naaste nie net vreemdelinge in nie, maar selfs sy vyande. Die Here Jesus sê volgens Mat. 5:44: Julle moet julle vyande liefhê, (OAV). En reeds in die Ou Testament is God se opdrag aan sy volk volgens Deut. 10:19: Jy moet ook die vreemdelinge liefhê, Dit is belangrik dat n mens verstaan wat hierdie liefde is wat God is, en wat Hy van gelowiges verwag, anders sal jy dit nooit kan uitleef nie. Niemand kan n opdrag uitvoer om n gevoel van aangetrokkenheid te ervaar teenoor n vreemdeling wat hy pas ontmoet het nie, om nie eers te praat van jou vyand wat jou te na wil kom nie. Is God dan nou onredelik om van n mens die

onmoontlike te verwag? Nee, die Bybel leer uitdruklik dat God regverdig is, en dat n God van liefde nie onregverdige dinge kan doen nie. God weet dat n mens geen direkte beheer oor jou emosies en gevoelens het nie, en omdat Hy regverdig is, sal Hy nooit van n mens die onmoontlike verwag nie. God weet dat die liefde wat ons mense ken as n gevoel van aangetrokkenheid, n sekondêre reaksie is en nie direk deur die persoon wat die gevoel beleef, beheer kan word nie. Nog voorbeelde van emosies of gevoelens is vrees, hartseer, blydskap, ens. Dit is alles dinge wat deur n gebeurtenis of n verhouding geaktiveer word, en dus nie iets waaroor n mens direkte beheer het nie. n Mens kan nie maar net besluit om bang te wees, of hartseer te wees, of bly te wees nie. Emosies word deur iets geïnisieer wat gewoonlik buite n mens se direkte beheer is. God verwag dus nie van die gelowige om van almal te hou, of tot almal aangetrokke te voel nie. Hy weet dat dit onmoontlik is. God self, wat presies ewe veel liefde (volmaakte welwillendheid) vir almal het, hou meer van party mense as van ander. Dawid was n man na God se hart (Hand. 13:22). Hoewel Dawid onvolmaak was en verskeie kere teen God gesondig het, waaroor hy berou gehad het en waarvoor hy gestraf is, het God van hom gehou. God het nie van Esau gehou nie (Mal. 1:3). God het albei ewe lief gehad want Hy wou graag hê dat dit met albei goed gaan, maar Hy het van die een meer gehou as van die ander as gevolg van hulle gesindhede, wils besluite en optredes, wat Hy reeds voor hulle geboorte geken het. God se liefde, sy volmaakte welwillendheid, sy begeerte dat dit met elke mens moet goed gaan, insluitende sy vyande, is n inherente eienskap van God. Dit is hoe God is, hoe Hy besluit om te wees, sy ingesteldheid. Daarom is hierdie Bybelse liefde by die mens ook n besluit, n ingesteldheid, iets waaroor die mens beheer het. Omdat die mens daaroor beheer het kan God dit van n gelowige verwag. Die gelowige behoort hierdie gesindheid van welwillendheid (liefde) te hê teenoor almal met wie hy te doen kry (sy naaste), insluitende diegene van wie hy nie hou, en selfs sy vyande. Dit is om God se belange bokant eie belange te stel en jou naaste se belange gelyk aan eie belange. Hierdie daad van liefde teenoor God en naaste moet ook nie gedoen word ter wille van enige voordeel of roem vir self nie. Bybelse liefde is n onselfsugtige welwillendheid. Paulus beskryf hierdie gesindheid so in Fil. 2:3, 4: Moet niks uit selfsug of eersug doen nie, maar in nederigheid moet die een die ander hoër ag as homself. Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander. Bybelse liefde (God se wet) is om altyd aan n ander (jou naaste) te doen wat jy in soortgelyke omstandighede aan jouself gedoen sal wil hê. Die Here Jesus verduidelik dit so in Mat. 7:12:

Alles wat julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, moet julle ook aan hulle doen. Dit is tog waarop die wet en die profete neerkom. In verband met hierdie Bybelse liefde is daar twee lesse te leer uit die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan, wat die Here Jesus volgens Luk. 10:25-37 vertel het. Eerstens wat liefde is, en tweedens wie n mens se naaste is, vir wie jy soos jouself moet liefhê. Die Samaritaan sou die beseerde Jood waarskynlik verag het, omdat die verhouding tussen Jode en Samaritane baie sleg was. Deur die beseerde Jood te versorg, betoon die Samaritaan liefde teenoor iemand wat waarskynlik sy vyand is. Hy doen dit ten spyte van sy negatiewe gevoel teenoor hierdie beseerde persoon. Die beseerde is iemand wat sy pad gekruis het, wie in nood verkeer het en vir wie hy in staat was om te help. Dit was sy maatstawwe. Hy verstaan dat hy die naaste is van elke persoon met wie hy te doen kry en dat so 'n persoon sy naaste is. Hy doen dan iets daaromtrent. Bybelse liefde is nie net mooi woorde of selfs net n gebed vir iemand nie. Die apostel Johannes skryf in 1 Joh. 3:18: My kinders, laat ons nie liefhê met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid. (OAV). Dit beteken n mens moet doen, jy moet hierdie liefde prakties uitleef. Indien almal op aarde hierdie liefde wat in wese praktiese onselfsugtige welwillendheid is, uitgeleef het, sou die wêreld n paradys gewees het. Niemand sou niemand te na gekom het nie. Daar sou geen vrees op aarde gewees het nie. Dit is waarskynlik waarom die apostel Johannes in sy eerste brief (4:18) skryf: Daar is geen vrees in liefde nie; die volmaakte liefde dryf vrees buite,... (OAV). Die apostel Paulus brei ook hierop uit in 1 Kor. 13:4-7: Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit verbly hom nie oor onreg nie, maar verheug hom oor die waarheid. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles n Mens kan die mooiste dinge skryf, die mooiste dinge sê, die mooiste dinge bid en die mooiste dinge preek, maar as jy hierdie liefde nie in jou het en dit nie prakties uitleef nie, dan baat dit jou niks. As jy ongeduldig is, onvriendelik is, afgunstig is, liggeraak is, boek hou van kwaad wat jou aangedoen is, ander se foute bekend maak, ens., dan leef jy die liefde nie uit nie. Dan is jy niks en dan baat dit jou niks, al is jy andersins hoe n wonderlike mens.

Die goeie nuus van die Bybel oor n God van liefde, en die liefde van God, is baie om voor dankbaar te wees. Daar is egter meer goeie nuus in die Bybel, wat n direkte gevolg en uitvloeisel is van die liefde van God. Ongelukkig is daar ook die slegte nuus in die Bybel, waarna reeds verwys is. As n mens die Bybel as God se openbaring van Homself aan die mens herken en aanvaar, moet jy ook die slegte nuus in die Bybel glo. Om die goeie nuus, wat later bespreek sal word, behoorlik te verstaan is dit egter belangrik om eers n deeglike insig te verkry in die aard en omvang van die slegte nuus. Die slegte nuus dat die mens, deur sy eie toedoen, verlore (dood in sy sonde) en van God vervreem is, die redes daarvoor en die gevolge daarvan, word vervolgens vanuit die Bybel bespreek.

3. SLEGTE NUUS DOOD IN SONDE Wanneer n mens (voor werklike bekering) besef dat jy, as gevolg van sonde, van hierdie God van liefde vervreem en verlate is en in n toestand van geestelike dood verkeer, kan dit vir niemand goeie nuus wees nie. Dit is egter n feit, of n mens dit glo of nie, want die mens het sonde teen God gedoen. 3.1.1 Wat is Sonde? Sonde is die oortreding van God se wet volgens 1 Joh. 3:4: Elkeen wat sonde doen, oortree die wet van God. Sonde is immers oortreding van die wet van God. God se wet is liefde, daarom is alle liefdelose optrede, gedagtes en gesindhede jeens God en naaste sonde. Die enigste rede vir liefdelose optrede teenoor God (ook naaste) is wanneer die mens sy eie belange eerste stel, bokant die van God en sy naaste. Selfsugtige optrede is dus die basis van sonde, al is hierdie selfsugtige optrede hoe mooi versteek in goeie dade. 1 Kor. 13: 3 verduidelik dit so: "Al deel ek al wat ek het aan ander uit, en al gee ek my liggaam prys om my daarop te kan beroem, maar ek het geen liefde nie, baat dit my niks." Sonde is gelyk aan selfsugtige optrede, gedagtes en gesindhede, en dit is gelyk aan liefdelose optrede, gedagtes en gesindhede teenoor God en naaste. Die eerste mense se liefdelose en selfsugtige optrede teenoor God (ongehoorsaamheid en poging om soos God te word) was dus die eerste sonde. Net so is elke selfsugtige en liefdelose optrede van elke mens steeds n oortreding van God se wet en daarom is dit sonde. Sonde is selfsug en selfgesentreerdheid, n oormaat selfliefde in plaas van liefde vir God en jou naaste. 3.1.2 Sondeval Omdat God liefde is plaas Hy die eerste mense in n wonderlike omgewing, waar hulle in n spesiale verhouding met Hom is en sy spesiale teenwoordigheid ervaar. God gee aan die mens, wat toegerus is met n vrye wil, die opdrag om te heers. Die mens het God liefgehad en daarom het hy God se opdragte aanvanklik gehoorsaam. Die mens het egter onder aanhitsing van Satan liefdeloos en selfsugtig begin optree deur God se opdragte te ignoreer en te probeer om soos God te word. God het die mens verbied om van die boom van kennis van goed en kwaad te eet. Hy het hulle gewaarsku dat hulle dieselfde dag dat hulle van die vrug van hierdie boom

eet, sou sterf (Gen. 2:17). Satan het hulle egter oortuig dat:, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees, indien hulle van die verbode vrug sou eet (Gen. 3:5 OAV). Dit was vir hulle n aantreklike moontlikheid (Gen. 3:6), en hulle het van die vrugte geëet. Dit was n daad van liefdeloosheid teenoor God, nie net omdat dit ongehoorsaamheid was aan God se opdrag nie, maar ook omdat hulle n poging aangewend het om soos God te word. Simbolies was die vrug van hierdie boom waarskynlik die gewaande voordeel vir die self, wat betrokkenheid by okkultiese praktyke vir die opheffing van die self sou inhou. Soos wat magshonger mense vandag nog mag najaag (probeer om soos God te word) deur okkultiese praktyke te beoefen, het die eerste mense hierdie verbode vrugte geëet in hulle poging om soos God te word. Die sonde het dus nie slegs bestaan uit die eet van n vrug nie, maar dit was n doelbewuste poging van die mens om soos God te word. Dit was die eerste sonde deur n mens. Die mens het homself liewer gehad as wat hy vir God gehad het en sy eie belange bokant die van God gestel. God het gewaarsku, en die mens sterf dan ook op dieselfde dag, deurdat hy uit die tuin van Eden (God se spesiale teenwoordigheid) weggestuur word, na n wêreld wat vervloek is (Gen. 3:17) en wat in die mag van die Bose is. Die mens na die sondeval, is van God vervreem, dood in sy sonde, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Om van God verlate te wees beteken in Bybelse taal om dood te wees. Paulus skryf in Kol. 2:13: Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. Sien onder andere ook Rom. 5:17; Ef. 2:1-5 en 5:14. Paulus beskryf hierdie verlore toestand van die Efesiërs voor hulle bekering as volg in Ef. 2:12: In dié tyd was julle sonder Christus, uitgesluit uit die burgerskap van Israel, ver van God, sonder hoop en sonder God in die wêreld. Hoewel die mens nie dadelik fisies gesterf het nie, het hy dadelik oorgegaan na die ewige dood en verdoemenis, wat in die Bybel die beskrywing is van n toestand wat veroorsaak word deur van God verlate en vervreem te wees. Dit is n erger dood as fisiese dood omdat dit totale vervreemding van God beteken, terwyl fisiese dood vir n ware gelowige nie vervreemding van God is nie. Omdat God liefde is kan liefdeloosheid, selfsugtigheid, sonde, nie in sy spesiale teenwoordigheid bestaan nie. Daarom kan n mens nie met God versoen wees terwyl jy sonde in jou lewe het nie. Volgens die Bybel bring sonde altyd verwydering tussen God en mens. Selfs in sy verhouding met sy verbondsvolk, waarsku God in Jes. 59:2:

"maar julle ongeregtighede het n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie." (OAV). Die mens kan op geen manier, deur eie toedoen, terugkeer na God se spesiale teenwoordigheid, of toestand van versoening met God nie. Die mens kan nie uit hierdie toestand van dood in sonde terugkeer, en herlewe nie. Hierdie onvermoë om tot God (nuwe lewe) terug te keer word gesimboliseer deur die Gerubs met vlammende swaard wat volgens Gen. 3:24 die toegang tot die tuin (God se spesiale teenwoordigheid) bewaak. 3.2 Mag van die Bose In hierdie toestand van geestelike dood, dood in sonde, van God verlate en sonder hoop in die wêreld, leef die mens en word sy kinders gebore. Elkeen wat in hierdie wêreld gebore word is, net soos sy ouers (voor werklike weergeboorte), van nature verlore, dood in sy sonde en gaan n ewigheid sonder God tegemoet. Hierdie wêreld, waarin die mens leef, is in so 'n chaos na die sondeval, dat die heel eerste mens wat hier gebore word so selfgesentreerd en afgunstig is dat hy sy broer doodslaan. Kain slaan vir Abel dood volgens Gen. 4. Maar hoekom is Kain kwaad vir sy jonger broer? Abel bring aan God 'n offer wat aangeneem word (Gen. 4:4) en Kain se offer word nie aangeneem nie (Gen. 4:5), Kain is te selfgesentreerd, hy wil God op sy eie manier dien. Hy soek God vir die voordele wat dit vir hom kan inhou. Ons lees in 1 Joh. 3:12: dat sy (Kain se) werke boos was (OAV), terwyl sy broer se werke regverdig was, en dit was maar die begin van die moeilikheid. Die wêreld was so absoluut boos dat die Here na ongeveer 1500 jaar spyt was dat Hy die mens gemaak het (Gen. 6:6). Dit is duidelik dat die mens sy eie ding (eie wil) doen, teen God se wil. In al hierdie tyd vanaf die sondeval tot by Noag maak die Bybel melding van net drie persone, Abel, Henog (Gen.5:24), en Noag self, wat met die Here gewandel het. Noag word deur God as regverdig beskou volgens Gen. 6:8, 9. God besluit om die mensdom uit te wis en net Noag (en sy gesin ter wille van hom) te red. Na die sondvloed verloop daar nog ongeveer 400 jaar voordat God in Abram iemand vind wat gehoorsaam en regverdig is. As n mens in die Ou Testament lees van al die boosheid in die wêreld en hoe God selfs met Israel probleme gehad het omdat hulle, as sy uitverkore volk, so geneig was tot sonde en ongehoorsaamheid, dan is dit duidelik dat die wêreld in die mag van die Bose was. Watter houvas het die Bose nie op die wêreld nie as God se uitverkore volk nie eers na Hom wil luister nie? Volgens Jesaja 65:2 sê die Here: Ek het my hande die hele dag uitgebrei na n opstandige volk wat wandel op n weg wat nie goed is nie, agter hulle eie gedagtes aan; (OAV).

In die Nuwe Testament is die wêreld steeds in die mag van die Bose. By drie geleenthede verwys die Here Jesus na Satan as die owerste van hierdie wêreld. Lees dit gerus in Joh. 12:31; 14:30 en 16:11. Verder leer die Here Jesus sy dissipels om te bid:...; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; Mat. 6:10. (OAV). God se wil geskied nie op aarde nie, omdat die wêreld in die mag van die Bose is. Dit sou nie nodig wees om daarvoor te bid indien God se wil wel op aarde geskied het nie. Ook in sy gebed vir sy dissipels volgens Joh. 17, maak die Here Jesus duidelik onderskeid tussen hierdie wêreld, aan die een kant, en sy dissipels aan die ander kant, asof hulle burgerskap op 'n ander plek het. Die Here Jesus bid volgens v 14: dat hulle... nie van die wêreld is nie, net soos Ek (Jesus) nie van die wêreld is nie. (OAV). Ook in v 16: Hulle is nie van die wêreld nie, net soos Ek (Jesus) nie van die wêreld is nie. (OAV). Volgens v 15 bid Hy: Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose bewaar. (OAV). Die feit is dat sy dissipels se burgerskap in die koninkryk van God is (onder sy heerskappy), terwyl hulle nog fisies in hierdie wêreld is wat in die mag van die Bose is. Daarom vind die Here Jesus dit nodig om vir hulle bewaring te bid. Toe Satan volgens Luk. 4 die Here Jesus versoek het, en wou hê dat Hy hom moes aanbid, het Satan volgens vers 5 & 6 daarop aanspraak gemaak dat al die koninkryke van die wêreld aan hom behoort omdat dit aan hom oorgegee is. Die Here Jesus het dit nie betwis nie, maar slegs geantwoord dat God alleen aanbid moet word, volgens die Skrif. Volgens duidelike Bybelse uitsprake is die apostels dit eens dat die wêreld in die mag van die Bose is. Paulus verduidelik in Hand. 26:18 dat die Here Jesus, in verband met die heidene, aan hom die volgende opdrag gegee het:

Jy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer. Deur in My te glo, sal hulle sondes vergewe word en sal hulle deel word van die volk van God. In verband met gelowiges sê Paulus in Kol. 1:13: Hy (God) het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet. Paulus onderskei dus duidelik tussen die duisternis van hierdie wêreld en die heerskappy van God (koninkryk van God). In 2 Kor. 4:4 skryf Paulus dat die ongelowiges se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Satan verblind hierdie mense se sinne nie op 'n bonatuurlike manier nie, maar deur sy leuens en misleiding slaag hy daarin om hulle vrywillig so op hulle self en eie voordeel te laat konsentreer, dat hulle nie die heerlikheid van Christus sien nie. Die ware Christen-gelowige se burgerskap is in die koninkryk van God (onder sy heerskappy) deur sy Heilige Gees. Paulus sien dit ook so volgens Fil. 3:20: Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus, (OAV). Volgens Heb. 11:13 het die geloofshelde van die Ou Testament... erken dat hulle hier op aarde slegs vreemdelinge en bywoners is. Dit terwyl hulle, hulleself gesien het as deel van die hemelse stad of vaderland (die koninkryk van God sien v 16). Volgens Heb. 13:14 het ons (gelowiges)... in hierdie wêreld geen vaste verblyfplek nie, ons is op soek na die toekomstige. Hierdie toekomstige is niks anders as die lewe hierna, in die fisiese koninkryk van God nie. 1 Pet. 1:17 en 2:11 verwys ook na gelowiges as bywoners en vreemdelinge, en na hulle vreemdelingskap. Die apostel Johannes twyfel ook glad nie dat die wêreld in die mag van die Bose is nie. Hy skryf in 1 Joh. 5:19:

Ons weet dat ons uit God is en dat die hele wêreld in die mag van die Bose lê. (OAV). Volgens Mark. 4:15 kom die Satan... en neem die woord weg wat in hulle (sommige mense se) harte gesaai is. (OAV). Paulus waarsku in 2 Kor. 11:14b,15a: Satan self doen hom voor as n engel van die lig. Daarom is dit nie snaaks dat sy dienaars hulle voordoen as mense wat die wil van God doen nie. Paulus waarsku ook in Ef. 6:11,12 teen listige aanslae van die duiwel en elke bose gees in die lug. Volgens 1 Tess. 2:18 wou Paulus-hulle na die Tessalonisense gaan, maar die Satan het ons (hulle) verhinder. (OAV). In Jak. 4:7 kry gelowiges die volgende opdrag: Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug. (OAV). In 1 Pet. 5:8 word ons gewaarsku: Wees nugter, wees wakker! Julle vyand, die duiwel, loop rond soos n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Kan daar nog enige twyfel wees dat hierdie wêreld, waarin die mens leef, in die mag van die Bose (Satan) is? Satan se mag is egter hoofsaaklik deur die wil van die mens wat steeds vrywillig, soos Adam en Eva, toegee aan sy leuens en misleiding, ter wille van gewaande eie voordeel. Die goeie nuus van verlossing vir die mens uit hierdie toestand en hoe God dit doen word vervolgens bespreek.

4. MEER GOEIE NUUS LEWE 4.1 Agtergrond Omdat God liefde is en omdat Hy almagtig is doen Hy alles wat volgens sy regverdige wil en oordeel gedoen moet word in hierdie wêreld, wat in die mag van die Bose is. Daarom is daar tog hoop vir die mens, wat dood is in sy sonde. God wil die mens (alle mense) hiervan verlos en dit vir die mens moontlik maak om met Hom versoen te word. Slegs God kan dit doen, want uit sy eie kan die mens op geen manier tot God terugkeer om met Hom versoen te word nie. God se verlossing is beskikbaar vir almal. Paulus leer dit in 1 Tim. 2:3, 4: So is dit goed en aangenaam vir God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom. Petrus verstaan dit ook so as hy in 2 Pet. 3:9 skryf: Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer. God weet egter dat baie mense nie sal belangstel om met Hom versoen te word nie. Daarom sê die Here Jesus volgens Mat. 7:14: Maar die poort wat na die lewe lei, is nou en die pad daarheen smal, en dié wat dit kry is min. Volgens Luk. 13:24 sê Hy: Span al julle kragte in om by die smal deur in te gaan. Baie, verseker Ek julle, sal probeer om in te gaan, maar sal dit nie regkry nie. Die feit dat God weet dat nie almal hierdie geskenk van verlossing uit sy hand sal aanvaar nie, verander nie sy liefde nie. Hy wil in elk geval graag hê dat almal tot bekering kom en gered word, sodat dit met hulle goed kan gaan. Daarom maak Hy voorsiening daarvoor. Die belangrikste rede waarom sommige mense nie gered wil word nie, is omdat die eie-ek (self) die eerste plek in hierdie mense se lewens inneem. Hulle sien nie kans vir die morele eise van die geloofslewe nie. Diegene wat wel gered wil word, maar onsuksesvol probeer (sien Luk. 13:24), is mense wat op hulle eie selfsugtige maniere, soos Kain, probeer om by God uit te kom. Hulle motiewe is verkeerd, dit gaan vir

hulle net oor die self en eie voordeel. Dit is mense wat die beste van hierdie wêreld wil hê, sowel as die beste van die toekomstige wêreld. Dit sluit egter ook in daardie mense wat nie genoeg moeite doen om uit die Bybel te verneem wie God is en wat Hy vir die mens gedoen het nie. Die feit dat God voorsiening gemaak het vir almal se redding en versoening met Hom, beteken nie dat almal outomaties gered word nie. Hierdie geskenk van verlossing en nuwe lewe met God, word net verkry deur diegene wat dit glo en aanvaar. Die mens moet kies, want die mens het n Godgegewe vermoë om te kan kies. 4.2 Vermoë om keuses te maak (vrye wil) Dit is duidelik uit die Bybel dat die mens die vermoë het om keuses te kan maak, en dat God van die mens verwag om keuses te maak. Filosowe worstel met die probleem van vrye wil. Dit wil voorkom asof hulle vassteek by n voorveronderstelling dat God slegs vooruit kan weet wat mense gaan besluit en doen, indien Hy dit self vooruit bepaal, beskik en verordineer het. Hulle kan nie glo dat God vooruit kan weet wat elke mens gaan besluit en doen, nog voordat die mens self weet wat hy gaan besluit en doen nie. Sommige ernstige gelowiges, deur die eeue en tot vandag toe, het geleer en leer steeds dat God nie iets vooruit kan weet indien Hy dit nie self beskik en laat gebeur nie. Vir ons mense is dit n moeilik verstaanbare begrip, maar as ons die Bybel wil glo, moet ons ook glo dat dit vir God moontlik is, want die Bybel leer dit beslis. So dikwels waarsku God mense in die Bybel om sekere dinge te doen en ander dinge nie te doen nie, dat dit duidelik is dat hierdie mense kon kies of hulle God wou gehoorsaam of nie. So vroeg as Gen. 4:7, na die sondeval, waarsku God vir Kain as volg: die sonde wag vir jou daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers. Kain het nie God se opdrag nagekom nie en sonde gedoen. Hoekom sou God hom gewaarsku het as hy dan nie n keuse gehad het nie? Verder gee God opdragte aan mense en beloon hulle as hulle dit doen en straf hulle oor ongehoorsaamheid. Hoe regverdig en liefdevol sou dit van God wees indien Hy sou beskik het dat hulle ongehoorsaam is en hulle dan daarvoor straf? Indien alles vooraf deur God verordineer en beskik was, soos wat sommige gelowiges verkeerdelik leer, sou dit beteken dat elke menslike handeling en elke ding wat gebeur deur God verordineer, bepaal en beskik word. Dit sou verder beteken dat n mens nie verantwoordelik gehou sal kan word vir verkeerde dade (sonde) nie, omdat

jy geen keuse (wil) daarin gehad het nie. Jy sou nie reg of verkeerd kon doen nie, want alles is vooraf deur God bepaal. Geloofshelde soos uitgebeeld in die Bybel en veral in Hebreërs 11 sou nie moontlik gewees het nie. Een van hierdie geloofshelde is Abraham, Gen. 15:6: "En hy (Abram) het in die Here geglo (i.v.m. die verbond se belofte van 'n groot nageslag); en Hy (God) het hom dit tot geregtigheid gereken." (OAV). As God dit self so beskik het dat Abram (Abraham) sou glo, deur manipulasie van sy wil (indien hy geen keuses kon uitoefen nie), sal dit tog glad nie sin maak om dit vir hom tot geregtigheid te reken nie. Dit geld ook vir verhoudings. Dit kan nie sinvol of eg wees as dit nie vrywillig is nie. Gedwonge verhoudings is betekenisloos. Dit is so vir mense en dit geld ook wat betref die verhouding tussen God en mens. God soek betekenisvolle verhoudinge. Volgens Joh. 4:23 soek God ware aanbidders wat Hom in gees en in waarheid sal aanbid. Om God in gees te aanbid beteken om Hom met volle oorgawe, met jou hele hart en wese te aanbid. Dit beteken 'n mens moet Hom wil aanbid, jou wil moet daarby betrokke wees, dit kan nie anders nie. Om God in waarheid te aanbid betrek ook die wil. Dit gaan oor die motief. Dit beteken dat God aanbid word vir wie en wat Hy is en nie om twyfelagtige redes, soos om een of ander iets daardeur te wen nie. Dit bly steeds n keuse. Vir die doel van hierdie bespreking beteken vrye wil bloot die vermoë om keuses te maak. Dit beteken in elk geval nie totale vryheid of soewereiniteit van die mens se kant af nie. n Mens kan baie dinge wil doen, maar dit is nie altyd moontlik om alles te doen wat jy wil doen nie. Een daarvan is dat die mens uit sy eie niks kan doen om met God versoen te word nie. Daarom maak God van sy kant af bemoeienis met die mens. Hy wil die mens van hierdie verlore toestand verlos en vir die mens n nuwe lewe van versoening met Homself gee. 4.3 Nuwe lewe van versoening met God vir die mens God wil die mens verlos en met Homself versoen omdat Hy liefde is. Liefde sluit regverdigheid in, daarom kan God die mens slegs op n regverdige manier verlos tot n nuwe lewe by Hom. Hy kan nie maar net die mens se sonde oorsien nie, want regverdigheid vereis straf vir sonde. Volgens Eks. 34:7 vergewe God sonde, maar laat dit nooit ongestraf nie. Daarom sê God in Num. 14:18: Ek, die Here, is lankmoedig en vol liefde; Ek vergewe ongeregtigheid en oortreding, maar Ek spreek niemand sonder meer vry nie.

Dit is regverdig, want waar sonde nie gestraf word nie is daar chaos, en ly mense onder ander mense se selfsug (sonde). Suid Afrika is 'n goeie voorbeeld van wat gebeur waar misdaad (ernstige sondes wat deur wetgewing verbied word) nie effektief gestraf word nie. Wat meer is, wie sou God ooit weer ernstig kon opneem as Hy nie uitvoering gegee het aan sy waarskuwing van straf op sonde nie? God het bepaal dat bloed versoening bring (Lev. 17:11). In dieselfde gedeelte word gesê dat die lewe (siel) in die bloed is. Dit beteken dus dat die lewe uitgestort word wanneer die bloed uitgestort word. Die mens kan nie deur sy eie lewe versoening doen vir sy sonde nie, want sy lewe sou in werklikheid net genoegsaam wees om sy eerste sonde te versoen en dan kan hy niks verder aanbied vir al die daaropvolgende sondes nie. Die sonde moet egter gestraf word. Die enigste manier is dat daar n volmaakte, vleklose, sondelose offer moet wees om versoening vir die mens te bewerk. God alleen kan hierdie volmaakte offer voorsien, wat versoening met Hom, en n nuwe lewe vir die mens, kan bring. God maak van die begin af bemoeienis met die mens. Hy waarsku vir Kain, maar Kain maak soos hy wil en slaan vir Abel dood. God gryp nie in deur manipulasie van die mense se wil nie. Die mens doen sy eie ding en byna nooit God se wil nie. Soos reeds genoem verwys die Bybel na slegs drie persone wat regverdig was en met God gewandel het in die ongeveer 1500 jaar tot by Noag. Ongeveer 400 jaar na die sondvloed roep die Here vir Abra(ha)m. God het n plan met Abraham, Hy wil vir Hom n volk (Israel) voorberei waardeur Hy sy seën vir al die volke van die aarde (Gen. 12:3), sy plan van verlossing vir die mens, deur sy volmaakte Offer, kon uitvoer. Deur verbonde (vrywillige ooreenkomste) met Abraham en sy nageslag (Israel) loop God n pad met Israel wat soms maar moeilik is weens die onbetroubaarheid van sy volk en op die bestemde tyd verskyn die Seën van God vir alle nasies. Jesus Christus, die Seun van God, verskyn as volmaakte offer om die mens van sy sonde te verlos en die prys te betaal vir die mens se versoening met God. Herlewing (nuwe lewe) word so vir die mens moontlik gemaak. So lief het God die verlore mens dat Hyself die prys betaal. Joh. 3:16: "Want sò lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê." (OAV). Hierdie volmaakte offer is die Here Jesus Christus wat in Israel, uit die volk van Israel, van God uitgegaan het, en as mens gebore is, met die doel om die volmaakte offer te wees waardeur versoening met God vir die mens moontlik gemaak is. 1 Joh. 4:10: "Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as 'n versoening vir ons sondes." (OAV). Die apostel Paulus verwys hierna as bewys van God se liefde in Rom. 5:8:

"... maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was." (OAV) Die Here Jesus is die offer vir die sondes van die mens waarvoor geen ander offer voldoende is nie. Petrus bevestig dit in 1 Pet. 2:24 "(Jesus) wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe;" (OAV). Paulus stem saam in Ef.1:7: "In Hom (Jesus) het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade," (OAV). So ook die skrywer van die Hebreër brief in Heb. 10:14: "Want deur een offer (Jesus Christus) het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word." (OAV). 4.4 Hoe word hierdie versoening in die praktyk aanvaar? Versoening met God (redding en verlossing van sonde) is 'n geskenk van God, n gawe wat nie verdien kan word nie. God gee dit vir die mens omdat Hy liefde is. Ef. 2:8, 9: "Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie." (OAV). Rom. 6:23: "Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here." (OAV). In Hand. 16:30, 31 vra die tronkbewaarder aan Paulus en Silas: "Menere, wat moet ek doen om gered te word? Toe sê hulle: Glo in die Here Jesus Christus en jy sal gered word,..." (OAV). Dit beteken om te glo en te aanvaar dat die versoening met God, wat Hy moontlik gemaak het deur die kruisdood van die Here Jesus, ook vir jou is. Dit is inderdaad 'n geskenk van God aan die mens, uit liefde, wat n mens moet glo en aanvaar om dit te besit.