Die volgende artikel het oorspronklik in die Kerkbode van 6 Februarie 2015 verskyn. Kyk ook die kommentaar onderaan die artikel.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

n Prins word die Skaapwagter

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Van Vervolger tot Prediker

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Die maan en sy rol in ons wereld *

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Waar kom die Christelike geloof vandaan? Kyk ook: - Wie is wie?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Addendum A Consent form

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Volledige inhoudsopgawe

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Pretoria- 23 Junie 2012

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Die betekenis van die kruis (1)

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Waar is God as ons swaarkry?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Les 6 vir 10 November 2018

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Catharina Maria Conradie

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Community of Practice

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Transcription:

Kyk ook: - Jesus se maagdelike geboorte bevraagteken Die volgende artikel het oorspronklik in die Kerkbode van 6 Februarie 2015 verskyn. Kyk ook die kommentaar onderaan die artikel. ************ Proff Francois Tolmie en Jan van der Watt se boek, Ontdek die boodskap van die Nuwe Testament, het onlangs by CUM verskyn. Frits Gaum het met Francois gesels. 1 Wie is Francois Tolmie? Ek is gebore op 11 November 1959 in Keetmanshoop in die destydse Suidwes-Afrika. My pa was n predikant en daardie dae was daar nog volop beroepe, en ek was dus gelukkig om my kinderdae op n paar plekke deur te bring: Stilbaai, Oudtshoorn en Middelburg (Kaap), waar ek ook gematrikuleer het. Ek het my teologiese opleiding aan die Universiteit Vrystaat (UV) ontvang en was ná my dienspligjare vir n kort rukkie n dominee in Walvisbaai-moedergemeente. Ek is in April 1990 as dosent in die departement Nuwe Testament aan die UV aangestel en hier is ek nog al die jare. Ek is getroud met Ansa en ons het drie kinders. Ek is mal oor die Nuwe Testament veral oor Johannes en Paulus. Ek is dus een van daardie gelukkige mense wie se stokperdjie sy werk geword het. 2 Waarom het jy en Jan van der Watt Ontdek die boodskap van die Nuwe Testament geskryf? 1 / 6

Dié boek is n populêre weergawe van wat ons in akademiese kringe n teologie van die Nuwe Testament noem. Ons het besef dat daar nog nie so iets in Afrikaans in die populêre geestelike mark beskikbaar is nie en het toe besluit om dit saam te skryf. Dit is bedoel vir lesers wat belang stel in geestelike literatuur, maar op soek is na iets dieper. Ons verduidelik byvoorbeeld hoe sake soos God, Jesus en die Heilige Gees, verlossing en etiek in die Nuwe Testament uitgebeeld word hoe die verskillende dele van die Nuwe Testament van mekaar hieroor verskil, maar ook hoe alles saamkom in groter gedagtestrome. 3 Jy skryf in die boek dat Jesus Christus die middelpunt van ons geloof is. Die afgelope tyd het daar n hele paar boeke in Afrikaans verskyn met vrae oor Jesus. Soos Anton van Niekerk wat in sy boek Geloof sonder sekerhede die maagdelike geboorte van Jesus bevraagteken. Hoe sien jy Jesus se geboorte uit die maagd Maria? Ek kan verstaan dat dit vir baie mense van ons tyd moeilik is om so iets te glo omdat dit moeilik versoenbaar is met ons insigte oor hoe die mediese wetenskap en dinge soos genetika werk, maar dalk mis ons die eintlike punt van die saak as ons vanuit so n wetenskaplike hoek daarna kyk. As ons dit egter probeer verstaan deur die oë van die antieke mense en hoe hulle oor daardie soort dinge gedink het, ontdek ons dat dit n manier was om iets besonders oor Jesus te bely dat Hy werklik van God af gekom het. 4 Sien jy Jesus se opstanding as letterlik op n dag en datum in die geskiedenis, of moet ons dit eerder metafories verstaan? Ek verstaan Jesus se opstanding uit die dood as iets wat werklik gebeur het. Dit is moeilik om enige ander bevredigende verklaring te gee vir die opstandingsgeloof wat die vertrekpunt van al die Nuwe-Testamentiese geskrifte vorm. In die Nuwe Testament word die rykdom van Jesus se opstanding op verskillende maniere ontgin en op aangrypende wyse gebruik om sin aan mense se lewe te gee, en dit is iets wat nog steeds in ons tyd mense kan help om hulle bestaan as iets sinvols te beleef, omdat sy opstanding soveel nuwe moontlikhede vir ons ontsluit ook in 2015 in die Suid-Afrika waarin ons lewe! 5 Sou jy sê dat die Bybel en daarmee saam die Nuwe Testament die énigste Woord van God is en dat die Koran, byvoorbeeld, dit nié is nie? 2 / 6

Ek glo dat die Bybel die enigste boek is wat ons God se Woord kan noem en waardeur ons God, Christus en die Heilige Gees werklik kan leer ken. Dit verg n interpreteringsproses waarby ons hele menswees betrek word en waar die gepaste houding een van nederigheid is, en van n voortdurende bereidheid om ook by ander gelowiges te hoor hoe hulle God se spreke verstaan. Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek hoe belangrik dit is om die verstaan van die Bybel as n gesamentlike proses te sien, en dan juis om ook regtig opreg te luister na mense wat die Bybel op n ander manier verstaan. 6 n Nuwe-Testamentikus kry in sy navorsing waarskynlik méér as die meeste van ons te doen met vrae oor die betroubaarheid van die Skrif en die evangelie. Bring dit ooit n mens se geloof in gedrang? Dit hang af hoe ons die betroubaarheid van die Skrif verstaan. Vir my beteken die betroubaarheid van die Skrif nie dat ons alles wat in die Nuwe Testament gesê word, presies by mekaar moet laat inpas en probeer harmonieer nie. Ons moet al die Nuwe-Testamentiese geskrifte tot hulle reg laat kom en binne hulle eie ontstaanskonteks verstaan. Daarvoor is iets soos Historiese Kritiek onontbeerlik; anders kan ons nooit werklik n goeie greep op die teologie van die Nuwe Testament kry nie. 7 Die Vrystaatse teologiese fakulteit het destyds tot stand gekom met die gedagte by sommige dat dit n meer behoudende rigting in die teologie sou handhaaf. Is dit nog so? Die fakulteit het oor die jare baie verander en daar is deesdae n redelike breë spektrum van teologiese sienings aan die fakulteit teenwoordig. Daar het intussen ook dosente van ander denominasies in die personeel bygekom met ook nog ander verrykende perspektiewe. 8 n Paar jaar gelede is die verwysing na God uit die leuse van UV weggeneem. Wat was die standpunt van die teologiese fakulteit daaroor? Dit het gebeur in die tyd toe ek nog dekaan was. Nadat die besluit deur die UV geneem is (as deel van n groter herposisionering van die universiteit), het ons die saak indringend by een van ons personeelvergaderings bespreek, maar nie n amptelike besluit daaroor geneem nie. Daar was van die personeellede aan die fakulteit wat teen die stap gekant was, maar ook ander wat 3 / 6

gedink het dit was n goeie besluit. 9 Hoeveel denominasies is betrokke by UV se teologiese fakulteit? Ons het n paar jaar gelede n opname hiervan gemaak en in daardie stadium was daar alreeds studente van ongeveer 25 verskillende denominasies by die fakulteit ingeskryf die meeste van hulle vir nagraadse studie. Die fakulteit het ook amptelike ooreenkomste met al vier kerke van die NG Kerkfamilie. 10 Wat is jou droom vir jou loopbaan verder? Ek was tot aan die einde van 2013 dekaan van die fakulteit in n baie interessante tydperk in die geskiedenis van die UV. Ek is nou weer voltyds terug in die departement Nuwe Testament en kan meer tyd aan navorsing bestee. Ek is besig met twee groot projekte waaraan ek heelwat tyd in die volgende paar jaar wil afstaan: die retoriese analise van Paulus se briewe en die narratiewe lees van die Johannes-evangelie. Dit sal my goed besig hou met my werk én met my stokperdjie! Kommentaar Jan Louw 2015-02-16 Daar kom heelwat gevaarligte aan in die 10 vrae wat die Kerkbode aan Tolmie gevra het: - Oor die maagdelike geboorte reageer hy dat dit moeilik is vir mense van vandag om te midde van al ons wetenskaplike kennis in die maagdelike geboorte te glo. Weerstand teen die wonders van God is niks nuuts nie. Toe Paulus 2000 jaar gelede vir die Ateners van die opstanding vertel het, het hulle met hom begin spot en hulle het hom die rug gedraai. Dit is deel van ons geloof dat God nie gebind is aan natuurwette nie. Tolmie sê: "As ons dit egter probeer verstaan deur die oë van die antieke mense en hoe hulle oor daardie soort dinge gedink het, ontdek ons dat dit n manier was om iets besonders oor Jesus te bely dat Hy werklik van God af gekom het." Dit gaan nie oor 'n "antieke verstaan" van dinge nie. Dit gaan oor verwondering oor die groot dade van God. Dit vra dan ook dat Tolmie sal standpunt inneem teen Anton van 4 / 6

Niekerk wat (as 'n "Christen") die maagdelike geboorte bevraagteken. - Oor die opstanding ervaar ek sy antwoord as verskonend. Hy sê die opstandingsgeloof help om sin te gee aan ons lewe en ontsluit nuwe moontlikhede vir ons in SA. (!) - Sy opmerking oor die Koran is verstommend: "voortdurende bereidheid om ook by ander gelowiges te hoor hoe hulle God se spreke verstaan. Hoe ouer ek word, hoe meer besef ek hoe belangrik dit is om die verstaan van die Bybel as n gesamentlike proses te sien, en dan juis om ook regtig opreg te luister na mense wat die Bybel op n ander manier verstaan ". Tolmie praat van "ander gelowiges". Is Moslems dan nou "medegelowiges"? Wil hy regtig sê dat mense van die Moslemgeloof ons moet help om die Bybel beter te verstaan? Tolmie sê ons moet bereid wees om (met die gepaste nederigheid) by die ander gelowiges te hoor hoe hulle God se spreke verstaan. In die konteks van die vraag oor die Koran moet ons daaruit verstaan dat die Vader van ons Here Jesus Christus en die god van Mohammed volgens sy siening dieselfde God is! Die implikasie is verder dat Mohammed nie meer n valse profeet is waarteen Jesus gewaarsku het nie, maar n profeet van God op wie ons moet ag gee!! - Oor die Historiese Kritiek wat Tolmie propageer 'n paar opmerkinge: Die Ou Testamentikus kollega Jurie le Roux van Pretoria het iets oor die historiese kritiek gesê by Geskiedenis van Ou Testament eksegese, 23: Gerhard Von Rad, 03 Jurie le Roux. Hy wil daar voorgee dat ons Historiese Kritiek eerder moer verstaan as Historiese Wetenskap. As mens egter dieper op die saak ingaan kom jy agter dat die Historiese "Wetenskap" Jurie daartoe gebring het om Abraham bv as n nie-historiese figuur te verstaan. Die Historiese Kritiek het Andries van Aarde daartoe gebring om sy eie weergawe van die maagdelike geboorte van Jesus te skep. (Sien Kommentaar op Jurie le Roux se artikel Andries van Aarde se vaderlose Jesus ) Wat het Tolmie nou in gedagte as hy so gemaklik praat van die Historiese Kritiek wat onontbeerlik is om n goeie greep op die teologie van die Nuwe Testament te kry? - Tolmie is ontwykend oor die vraag of Bloemfontein as "behoudend" gesien kan word as hy sê: Daar is deesdae n redelike breë spektrum van teologiese sienings aan die fakulteit teenwoordig. Elkeen moet dus maar sy eie gevolgtrekking maak oor die teologie van Bloemfontein, maar dit klink nie bemoedigend nie. - Die verwysing na "God" is uit die leuse van Bloemfontein weggeneem. Die Afrikaanse vertaling uit die Latyn was: "In God is die lig van die wysheid". Dit is verander na "In die waarheid is die lig van die wysheid". Hieroor sê Tolmie: Daar was van die personeellede aan die fakulteit wat teen die stap gekant was, maar ook ander wat gedink het dit was n goeie besluit. Die teologiese fakulteit het nie 'n besluit daaroor geneem nie. Tolmie was op daardie stadium dekaan van die fakulteit. Dit is in my opinie 'n aanklag teen die Teologiese Fakulteit van Bloemfontein dat hulle nie 'n openbare standpunt oor die verandering van die leuse gehad het nie. Wat daar gebeur het, was 'n uitdrukking van sekularisasie waarin daar nie meer 'n plek vir God in die akademie en trouens in die samelewing is nie. Mens kan verder ook soos Pilatus vra wat is die "waarheid" waarvan die nuwe leuse praat. In ons tyd het elke mens mos sy eie waarheid. Ek dink die woorde van Jesus is hier van toepassing: "As julle, julle skaam vir My in hierdie owerspelige geslag sal Ek My vir julle ook skaam wanneer die Seun van die Mens met 5 / 6

sy engele kom." ( Markus 8:38 ) Dit is dan 'n paar opmerkings oor die standpunte van Prof Tolmie, aan wie die verantwoordelikheid toevertrou is om ons jongmense voor te berei om leraars in die kerk te word. 6 / 6