GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Similar documents
1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Les 6 vir 10 November 2018

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Van Vervolger tot Prediker

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Die maan en sy rol in ons wereld *

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Catharina Maria Conradie

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Wat Word Bedoel met die Werke van die Wet?

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Waar is God as ons swaarkry?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Pretoria- 23 Junie 2012

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM.

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Die seënuitsprake van Jesus (24)

REGVERDIGMAKING EN DIE GEVOLGE DAARVAN

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Transcription:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE GEHOORSAAMHEID AAN GOD DATUM: 17 APRIL 2016 PLEK: NELSPRUIT PREDIKER: PASTOOR JOHAN PUTTER Page 1 of 14

GEHOORSAAMHEID AAN GOD INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 MOET ONS DIE WET VAN MOSES ONDERHOU?...4 WAT BEHELS DIE WET VAN MOSES?...5 BEHOORT ONS UIT GEHOORSAAMHEID DIE WET VAN MOSES OF ENIGE ASPEK DAARVAN SOOS DIE SABBAT OF DIE FEESTE, TE ONDERHOU?...6 OPSOMMING...9 WAT IS GOD SE GEOPENBAARDE WIL EN HOE KAN EK AAN HOM GEHOORSAAM WEES?...9 GOD DIE HEILIGE GEES...12 LEWE DEUR DIE HEILIGE GEES...12 HOE WERK DIT IN DIE PRAKTYK?...12 HOE KAN EK WEET OF N EKSELF OF DIE GEMEENTE WAARBY EK BETROKKE IS, NIE DWAAL NIE EN IN GOD SE WIL IS?...14 SAMEVATTING...14 Page 2 of 14

GEHOORSAAMHEID AAN GOD INLEIDING Die titel van my preek vandag is: Gehoorsaamheid aan God. Ware gelowiges van God drie-enig het almal een behoefte en dit is om aan God gehoorsaam te wees deur Sy wil te doen. Gehoorsaamheid aan God is uiters belangrik. Ons lees immers in: MATT 7:21 Not everyone who says to me, 'Lord, Lord,' will enter the kingdom of heaven, but only the one who does the will of my Father who is in heaven. JOHANNES 14:21 Wie my opdragte het en dit uitvoer-dit is hy wat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom ook liefhê en My aan hom openbaar. Ons wil almal graag in die hemel kom en verlang dat God Homself aan ons openbaar. Dit is hoekom gelowiges oor die eeue vra: Wat is God se geopenbaarde wil en hoe kan ek aan Hom gehoorsaam wees? Daar is groot meningsverskil in die Kerk van Jesus Christus oor wat die antwoord op hierdie belangrike vraag behoort te wees. 1. Sommige glo dat ons die Wet van Moses moet onderhou en dat die mans hulle moet besny. 2. Ander leer dat ons die Wet van Moses behoort te onderhou maar dat die besnydenis nie langer nodig is nie. 3. Sommige glo dat ons nie die Wet van Moses moet onderhou nie maar wel die morele kode van die Wet van Moses naamlik die Tien Gebooie, insluitend die Sabbat en die feeste. 4. Sommige glo dat ons die nie die Sabbat moet onderhou nie, maar wel die feeste. 5. Sommige glo dat ons die Tien Gebooie moet onderhou maar nie die Sabbat of die feeste nie. Page 3 of 14

6. Sommige glo dat gelowiges niks hoef te doen om gehoorsaam te wees nie. Die oomblik as jy iets probeer doen, dan probeer jy uit jou eie krag om jou saligheid te verdien. Daar is nog talle ander sieninge, maar u het nou die idee. Gelowiges wil graag aan God gehoorsaam wees en daar is verskillende sieninge hieroor. Die vraag is, Wat is Die Weg Christelike Gemeente se siening oor gehoorsaamheid aan God en Sy geopenbaarde wil? Ons gaan vandag kortliks ons verstaan van hierdie belangrike saak met u deel. Onthou asb. hierdie is ʼn 2000 jaar oue debat. Ek staan nie hier voor u as iemand wat daarop aanspraak maak dat ons die volle waarheid oor hierdie onderwerp het nie. Dit is egter baie belangrik dat ons as gemeente ʼn standpunt oor hierdie aangeleentheid het. RAAMWERK Wanneer ons die vraag vra, Wat is God se geopenbaarde wil en hoe kan ek aan Hom gehoorsaam wees?, is die eerste vraag wat gelowiges vra, watter van God se wette en ander instruksies wat in die Bybel voorkom, is vandag nog op gelowiges van toepassing? Dit is ʼn goeie vraag en daarom gaan ons die verskillende wette in die Bybel, as beginpunt vir die preek gebruik. Ons gaan vandag op die volgende let: 1. Universele wette. 2. Wette wat aan verbonde gekoppel is. a. Moet ons die Wet van Moses onderhou? b. Wat behels die Wet van Christus? 3. Hoe onderhou mens die Wet van Christus? WETTE UNIVERSELE WETTE God beheer die heelal en ook ons planeet, deur universele wette soos byvoorbeeld; fisiese wette, biochemiese wette en geestelike wette. Wette het gevolge. As ek van ʼn gebou se dak afspring, gaan ek val. Dit maak nie saak of ek ʼn Christen is of nie. Van die meer bekende geestelike wette is: Page 4 of 14

1. Jy sal oes wat jy saai. U en ek kan op die akker van die dood saai of ons kan op die akker van die lewe saai. Indien u as gelowige op die akker van die dood saai, gaan u die dood oes. As ek sondig, gaan ek die gevolge dra. 2. Die oes is altyd groter as die saad wat ons gesaai het. 3. Tyd vat nie die gevolge van sonde weg nie. Net sondebelydenis voor Jesus. Dit is waarom die Bybel vir ons leer dat die ongeregtighede van die voorvaders op die kinders kan kom tot in die derde en vierde geslag. God verwag van ons om al Sy universele wette na te kom. Die rede hiervoor is dat Hy nie wil hê dat ons die negatiewe gevolge van sekere van die wette moet ervaar nie. WETTE WAT AAN VERBONDE GEKOPPEL IS Behalwe universele wette, is daar wette wat aan verbonde gekoppel is. Twee van hierdie wette is die Wet van Moses en die Wet van Christus. Die eerste vraag wat gelowiges in hulle soeke om aan God gehoorsaam te wees vra is: Moet ons aan die Wet van Moses of komponente daarvan soos die Sabbat, gehoorsaam wees? MOET ONS DIE WET VAN MOSES ONDERHOU? Voor ons aan die vraag of ons die wet van Moses moet onderhou aandag gee, moet ons eers die volgende vraag beantwoord; Wat behels die wet van Moses? WAT BEHELS DIE WET VAN MOSES? Die woorde Wet van Moses word die eerste keer in die boek Joshua gebruik waar Joshua daarna verwys. Die korrekte vertaling is eintlik: Instruksies van Moses. Ons lees in Eksodus 19 tot 24 dat God op die berg Sinai ʼn verbond met Israel gesluit het. Hierdie verbond staan as die Sinai verbond of die Ou verbond bekend. Soos ek dit verstaan, is die Sinai verbond, ʼn opvolging van die verbond tussen God en Abraham. Die verbond tussen God en Abraham behels die volgende; Genesis 12:1-3 The LORD had said to Abram, Leave your country, your people and your father s household and go to the land I will show you. I will make you into a great nation and I will bless you; I will make your name great, and you will be a blessing. I will bless those who bless you, and whoever curses you I will curse; and all peoples on earth will be blessed through you. Page 5 of 14

Vier honderd en dertig jaar later (Gal. 3: 17) het God op die berg Sinai, ʼn verbond met die nageslag van een van Abraham se seuns Isak, (Israel) gesluit. U kan in Eksodus hoofstukke 19 tot 24 alles hieroor lees. Die Sinai verbond bestaan uit twee dele naamlik; 1. God sal Israel ʼn uitverkose en spesiale nasie onder die volke van die aarde maak en hulle sal God se eiendom wees. Israel sal ʼn Koninklike Priesterdom en ʼn heilige volk wees. Hulle sal ʼn seëning vir almal op aarde wees. (Eksodus 19:6) 2. Israel moet sekere gebooie en bepalings nakom. Dit is: 1. Tien gebooie oftewel ʼn morele kode. 2. Geestelike kode. (Tempel diens, godsdienstige feeste en die offerhande stelsel. 3. Sosiale kode. (Reëlings oor onder andere dieet, huwelik, oorlog en hoe om as gemeenskap en volk saam te leef. Dit is hierdie gebooie en bepalings wat as die Wet van Moses bekendstaan. Dit word die Wet van Moses genoem omdat hy dit van God ontvang en aan die volk oorgedra het. Het God net die tien gebooie op plat klippe geskryf? Nee. Lees Eksodus 24:12. Volgens die bekende Joodse Rabbi Simlai is daar 613 wette in die Wet van Moses. Die ander naam vir die Wet van Moses wat sedert 1170 v.c ingebruik is. is; Sefer- Ha- Mitzvoth. Beteken; The Commandments.) Kom ons som op; Die wet van Moses is as deel van die Sinai verbond aan Israel gegee om na te kom. (Eksodus 19:3 en Romeine 3:19) Die Gentiles is spesifiek van die wet uitgesluit. (Deut 4:8 en Romeine 2:12-14.) Nou het u die agtergrond en kan ons op ons vraag let; BEHOORT ONS UIT GEHOORSAAMHEID DIE WET VAN MOSES OF ENIGE ASPEK DAARVAN SOOS DIE SABBAT OF DIE FEESTE, TE ONDERHOU? Hierdie was die eerste vraag wat die georganiseerde kerk moes beantwoord het. Na Jesus se opvaarding en die uitstorting van God die Heilige Gees, is die eerste gemeente in Jerusalem gevestig. Van Jerusalem af, is daar verskeie ander gemeentes gevestig. Hierdie nuwe gemeentes het hoofsaaklik uit nie-jode oftewel Gentiles, bestaan. Die gemeentes wat nie-jode as lidmate gehad het, het nie die Wet van Moses onderhou nie. Die mans was ook nie besny nie. Joodse Christene het egter van hierdie gemeentes besoek en hulle meegedeel om die Wet van Moses te onderhou en hulle te laat besny. Page 6 of 14

Paulus en Barnabas wat van hierdie gemeentes gevestig het, het egter geleer dat dit nie nodig is vir nie-joodse gelowiges om hulle te laat besny en die Wet van Moses te onderhou nie. Dit het tot ʼn meningsverskil tussen gelowiges gelei wat tot die aandag van die leierskap van die Christelike kerk in Jerusalem gekom. Die vroeë Kerk het toe ʼn vergadering gehou om die vraagstuk te bespreek. Die vergadering en die besluite wat geneem is, is in die boek Handelinge Hoofstuk 15 op rekord geplaas. U kan die hele hoofstuk op u eie tyd bestudeer, maar ek wil net die volgende met u deel: Rede vir die vergadering. (Hand. 15:5) Besluit van die vergadering. (15 :23-29) REDE VIR DIE VERGADERING. ACTS 15:5 (APM) But some from the sect of the Pharisees who had believed [in Jesus as the Messiah] stood up and said, It is necessary to circumcise the Gentile converts and to direct them to observe the Law of Moses. Hierdie aangeleentheid is deur die Apostels en Ouderlinge van die Jerusalem gemeente bespreek en die uitslag van hulle bespreking is in Handeling 15 opgeteken. Hulle het ook besluit om ʼn brief op te stel en saam met ʼn afvaardiging na die gentile gemeentes te stuur. BESLUIT VAN DIE VERGADERING Die besluit van die vergadering is in Handelinge 15: 23-29 opgeteken. ACTS 15: 23-29 With them they sent the following letter: The apostles and the brothers who are the elders, to the brothers and sisters who are from the Gentiles in Antioch, Syria, and Cilicia, Greetings. Since we have heard that some of our men have troubled you with their teachings, causing distress and confusion men to whom we gave no such orders or instructions it has been decided by us, having met together, to select men and send them to you with our beloved Barnabas and Paul, men who have risked their lives for the name of our Lord Jesus Christ. So we have sent Judas and Silas, who will report by word of mouth the same things [that we decided in our meeting]. For it seemed good to the Holy Spirit and to us not to place on you any greater burden than these essentials: that you abstain from things sacrificed to Page 7 of 14

idols, and from [consuming] blood, and from [eating the meat of] things that have been strangled, and from sexual impurity. If you keep yourselves from these things, you will do well. Tensy u ʼn Jood is, is ons ander die nageslag van die gentiles. So wat van die Wet van Moses is op ons van toepassing? 1. Moenie kos eet wat aan ʼn afgod geoffer is nie. 2. Moenie bloed drink nie. 3. Moenie vleis eet van diere wat verwurg is nie. 4. Moenie julle skuldig maak aan seksuele onreinheid nie. Hoekom behoort die gentiles net hierdie wette te onderhou en nie ander sake in die wet van Moses soos die verskillende Sabbatte nie? Hierdie vier dinge kom oorspronklik uit die wet van Noag wat op die totale mensdom van toepassing is. Die Sinode het dus die dinge uit die wet van Moses gehaal, wat hulle klaarblyklik geweet het in die wet van Noag staan en op alle mense van toepassing is. Die Apostel Paulus het jare na hierdie Sinode besluit, die saak soos volg aan die gemeente in Galasië verduidelik. Gal. 3:24-25 Ons was dus onder die toesig van die wet totdat Christus sou kom, sodat ons deur te glo, vrygespreek sou word. Maar nou dat die tyd van die geloof gekom het, staan ons nie meer onder die toesig van die wet nie. Gal. 3:2 Het julle die Heilige Gees ontvang deur die wet van Moses te onderhou of deur die evangelie te glo? 3 Is julle dan so sonder begrip? Julle het met die Gees begin; wil julle nou in eie krag eindig? Gal 4:9-11 Maar noudat julle Hom leer ken het, of liewer, noudat Hy julle ken, hoe val julle dan nou weer terug na daardie minderwaardige en armsalige wettiese godsdienstige reëls? Wil julle van voor af weer slawe daarvan wees? Julle hou aan om besondere dae en maande, feesgeleenthede en jare te vier. Ek vrees my harde werk aan julle was dalk tevergeefs. 1 1Die Bybel Nuwe Vertaling, (Suid Afrika: Bybelgenootskap Van Suid Afrika) 1983. Page 8 of 14

OPSOMMING Kom ons som op; Moet ons uit gehoorsaamheid aan God, die Sabbat, die Joodse feeste of enige ander aspek van die Wet van Moses onderhou? Met ander woorde as ons dit nie doen nie, is ons ongehoorsaam aan God en doen ons nie Sy wil nie? Nee. Ons dink nie so nie. Dit is nie nodig om uit gehoorsaamheid aan God, die wet van Moses of enige deel daarvan soos die Sabbat, te onderhou nie. (Behalwe die vier sake wat tydens die Sinode sitting in Jerusalem besluit is.) Kom ons kyk uit ʼn ander hoek na die saak; Kan ons byvoorbeeld iets wat in die wet van Moses staan, doen omdat ons daarvan hou? Byvoorbeeld, vanaf Vrydag aand tot Saterdag aand rus in plaas van Sondag? Ja. Sommige boere doen die sewe jaar Sabbat ding op hulle plase. Is dit verkeerd. Nee ons dink boere kan dit doen as hulle dit nuttig vind. Baie gelowiges groet mekaar met die woord Shalom. Is dit verkeerd? Ons dink nie so. Dit is ʼn wonderlike woord wat eintlik ʼn seën uitspreek, wat die volgende beteken, contentment, completeness, wholeness, well being and harmony. Die verskil hier is, jy doen sekere dinge wat in die Wet van Moses staan omdat jy daarvan hou of daar is ʼn nuttige doel daarmee. Jy doen dit nie omdat jy dink jy is ongehoorsaam aan God as jy dit nie doen nie. Jy verwag nie van ander gelowiges om dit te doen nie. WAT IS GOD SE GEOPENBAARDE WIL EN HOE KAN EK AAN HOM GEHOORSAAM WEES? U kan nou met reg vra, wat is God se geopenbaarde wil dan en wat verwag God van ons as gelowiges? Die antwoord is dat ons is geroep om die Wet van Christus na te kom. Dit is God se geopenbaarde wil vir die nie-joodse gelowiges. Gal. 6:1-2 (1983 Afr.) Broers, as iemand in die een of ander sonde val, moet julle wat julle deur die Gees laat lei, so iemand in n gees van sagmoedigheid reghelp. En pas op: jy kan self ook in versoeking kom. Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus. EKSEGESE VAN TEKSGEDEELTE In die oorspronklike Grieks klink hierdie teks min of meer soos volg; Page 9 of 14

As ʼn medegelowige deur ʼn sonde oorval word, moet ons ander na hom/haar hardloop en die persoon met sagmoedigheid en geduld reghelp, terwyl ons in gedagte hou dat die sonde ons ook kan oorval. Ons moet nie die persoon wat in sonde geval het kritiseer, oordeel of ons van die persoon distansieer nie, nee ons moet alles moontlik doen om die persoon in liefde weer op die regte pad te help. Ons moet mekaar se laste dra. Wat beteken dit? Believers Bible Commentary konstateer; Burdens, refers to failures, temptations, testings, and trials. Instead of standing off at a distance and criticizing, we should fly to the side of a brother in trouble or distress and help him in every possible way. deur dit te doen, voldoen ons aan die wet van Christus. Gal. 6:1-2 (The New Living Translation) Dear brothers and sisters, if another Christian is overcome by some sin, you who are godly should gently and humbly help that person back onto the right path. And be careful not to fall into the same temptation yourself. Share each other s troubles and problems, and in this way obey the law of Christ. Dit is die essensie van ʼn Christelike leefwyse waar ons met ander gelowiges in ʼn verhouding staan. Dit behoort die hoof kenmerk van ʼn gemeente te wees. Gee die gemeentelede onvoorwaardelik om vir mekaar en dra hulle mekaar se laste? Die wet van Christus is op opdragte wat Jesus gegee het, gebaseer. Matt. 22:37-39 Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat. 2 Johannes 13:34 Ek gee julle n nuwe gebod: julle moet mekaar liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar ook liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle dissipels van My is. 3 Johannes 15:12-14 Dit is my opdrag: Julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. Niemand het groter liefde as dit nie: dat hy sy lewe vir sy vriende aflê. Julle is my vriende as julle doen wat Ek julle beveel. 4 2Die Bybel Nuwe Vertaling, (Suid Afrika: Bybelgenootskap Van Suid Afrika) 1983. 3Die Bybel Nuwe Vertaling, (Suid Afrika: Bybelgenootskap Van Suid Afrika) 1983. Page 10 of 14

Johannes 15 16-17 Julle het My nie uitgekies nie, maar Ek het julle uitgekies en julle aangestel om uit te gaan en vrugte te dra, vrugte wat sal hou. So sal die Vader aan julle gee wat julle ook al in my Naam vra. Dit beveel Ek julle: Julle moet mekaar liefhê! 5 Die wet van Christus is ook in ander Bybeltekste verduidelik soos byvoorbeeld: Efesiërs 4:32 Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het. Kol 3:13 Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Gal. 5:6 In Christus Jesus is dit nie van belang of jy besny is of nie. Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan. Gal. 5:13 Broers, julle is tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik as n verskoning om sonde te doen nie, maar dien mekaar in liefde. Die hele wet word in hierdie een gebod saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Wat is sonde in terme van die wet van Christus? Om jou naaste nie lief te hê nie. Dit is hoekom die Bybel leer dat as jy sê as jy verklaar dat jy God lief het maar jy haat jou naaste, dan jok jy. Hoe bewys ek my liefde teenoor medegelowiges? Deur hulle in hulle nood te help. Deur hulle te help as hulle in sonde geval het. Deur vir hulle te bid. (U onthou my vorige preke oor Paulus se gebede vir gelowiges.) Dit is dan ʼn kort uiteensetting om u ʼn idee te gee wat die Wet van Christus behels wat ons as gelowiges behoort na te kom. Daar is egter ʼn uiters belangrike aangeleentheid waarvan u kennis moet neem. Ons kan nie die wet van Christus uit ons eie krag nakom nie. 4Die Bybel Nuwe Vertaling, (Suid Afrika: Bybelgenootskap Van Suid Afrika) 1983. 5Die Bybel Nuwe Vertaling, (Suid Afrika: Bybelgenootskap Van Suid Afrika) 1983. Page 11 of 14

GOD DIE HEILIGE GEES Ons het die Heilige Gees nodig. Dit is die essensie van God se geopenbaarde wil vir gelowiges vandag. Gelowiges moet hulle deur God die Heilige Gees laat lei. Ons moet toelaat dat die Heilige Gees ons gedagtes vernuwe, dat Hy ons leer en lei en dat Hy ons gedrag bepaal. Ons moet in Sy gawes funksioneer en Sy vrug dra. LEWE DEUR DIE HEILIGE GEES. ROMANS 8:5-6 For those who live according to the flesh set their minds on the things of the flesh, but those who live according to the Spirit set their minds on the things of the Spirit. For to set the mind on the flesh is death, but to set the mind on the Spirit is life and peace. Gal 5: 22 en 25 Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. 6 Ons moenie dat ons gedrag deur wette en reëls bepaal word nie, maar deur God die Heilige Gees. Ek herhaal, dit is die essensie van God se wil vir ons. Hoe respekteer ek God en betoon eerbied aan Hom?- deur aan die Heilige Gees gehoorsaam te wees. Hoe bewys ek my liefde aan God? Deur aan die Heilige Gees gehoorsaam te wees. Hoe leef as ʼn as gelowige? Deur aan die Heilige Gees gehoorsaam te wees. HOE WERK DIT IN DIE PRAKTYK? U kan met reg vir my vra, hoe werk dit in die praktyk? Vergun my om vir u voorbeelde uit my eie lewe te noem. 1. Ek was sekere so vir tien jaar ʼn wedergebore kind van Jesus toe die Heilige Gees eendag duidelik vir my sê; Johan, hierdie vloekery en vuil grappe van jou moet end kry. 2. Ek hou baie van hengel. Die moeilikheid met hengel is dat dit mens baie dors maak. Dis dan wanneer ek ook baie van bier hou. Eendag toe sê die Heilige Gees vir my; Jy moet ophou om alkohol te gebruik. 6Die Bybel Nuwe Vertaling, (Suid Afrika: Bybelgenootskap Van Suid Afrika) 1983. Page 12 of 14

3. Ek het geleer dat die Heilige Gees my opdragte kan gee. Bid nou vir Jeanne. Preek oor die volgende tema. Gaan studeer in teologie. Besoek vir Gerhard in die hospitaal. Bedien vir Kobus en so kan mens aangaan. Kan ek nou as God vir my gesê het om alkohol te los, dit ʼn reël maak vir julle? Nee. Ek dink dat God die Heilige Gees met elke gelowige ʼn unieke pad loop. Kom ek noem ʼn tweede voorbeeld voor ons afsluit. Om in ʼn persoonlike verhouding met God drie-enig te staan is baie soos om getroud te wees. Die man se lewe verander. Hy beklee nou ʼn nuwe posisie. Hy is nou ʼn getroude man. Net so het u en ek ook ʼn nuwe posisie in Christus. Ons is nou seuns en dogters van God. Ons is burgers van God se Koninkryk. Kom ons keer terug na die voorbeeld van die getroude man. Omdat sy posisie verander het, neem hy nie meer ander vrouens uit nie. Hy speel nie meer gereeld Pool in die kroeg by sy vriende nie. Hy stop sekere gewoontes waarvan sy vrou nie van hou nie. Hy sny sy baard, kam sy hare en bad elke aand. Hoekom doen hy dit? Om dat sy vrou reëls gemaak het wat hy uit vrees of eerbied vir haar, nakom? Nee, hy doen dit omdat hy lief vir haar is en haar gelukkig wil maak. Net so, verander ons lewens ook wanneer ons tot bekering kom. Dit is die essensie van ʼn Christelike lewe volgens God se geopenbaarde wil. My lewe verander en ek word vernuwe omdat ek God met alles in my lief het. Waar daar ware liefde is, is daar nie wette en reëls nodig nie. Kom ons som op; Indien ek God van harte dien en myself aan die leiding van God die Heilige Gees onderwerp, dan dien ek God met my hele verstand, my hele hart en alles wat ek in my het. Indien ek die Wet van Christus nakom, dan het ek my medemens so lief soos myself. Dan is ek by die groot gebod. Matt. 22:37-39 Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die grootste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. In hierdie twee gebooie is die hele wet en die profete saamgevat. Page 13 of 14

Ek vertrou dat u duidelikheid het oor ons gemeente se antwoord op die vraag; Wat is God se geopenbaarde wil en hoe kan ek aan Hom gehoorsaam wees? Ek wil afsluit met ʼn laaste vraag. HOE KAN EK WEET OF N EKSELF OF DIE GEMEENTE WAARBY EK BETROKKE IS, NIE DWAAL NIE EN IN GOD SE WIL IS? Die antwoord staan in Handelinge 15:8. Die werking van die Heilige Gees behoort in ʼn persoon se lewe en in ʼn gemeente, sigbaar te wees. As ʼn gemeente goed genoeg vir die Heilige Gees is, behoort dit goed genoeg vir u en my ook te wees. SAMEVATTING Wat is God se geopenbaarde wil en hoe kan ek aan Hom gehoorsaam wees? Deur die Wet van Moses te onderhou? Nee, behalwe vier voorskrifte. Deur die Wet van Christus na te kom? Ja. Hoe kan ek die wet van Christus nakom? Ek kan nie. Ek moet in die geloof Jesus Christus as my Redder aanneem en toelaat die God die Heilige Gees my leer en lei asook bekragtig vir dienswerk. AMEN Page 14 of 14