Inhoudsopgawe. God se wonderlike skepping en evolusie

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

n Prins word die Skaapwagter

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Les 6 vir 10 November 2018

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Van Vervolger tot Prediker

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die betekenis van die kruis (1)

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die maan en sy rol in ons wereld *

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Waar kom die Christelike geloof vandaan? Kyk ook: - Wie is wie?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Waar is God as ons swaarkry?

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

*29 Desember 4 Januarie

Hoe lees ek die Woord van God?

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Pretoria- 23 Junie 2012

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

REGVERDIGMAKING EN DIE GEVOLGE DAARVAN

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

A KARANGA PERSPECTIVE ON FERTILITY AND BARRENNESS AS BLESSING AND CURSE IN 1 SAMUEL 1:1-2:10

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Laat die Woord Getuig

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Bybelse Dissipelskap Reeks

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Catharina Maria Conradie

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Les 6 SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se les: Geheueteks:

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Transcription:

Inhoudsopgawe Voorwoord... 15 Vrae oor die Bybel 1. Wat is die Bybel?... 18 2. Is die Bybel vandag nog relevant?... 18 3. Is slegs oorspronklike Bybelse manuskripte foutloos?... 18 4. Is daar bewyse dat die Bybel deur God geïnspireer is... 19 5. Wat is Bybelse hermeneutiek?... 20 6. Is die Bybel mee gepeuter?... 20 7. Is ander godsdienste se mites in die Bybel?... 21 8. Wat is goeie Bybelse eksegese?... 21 9. Hoe weet ons wanneer die Bybel geskryf is?... 22 10. Waarom is die Bybel moeilik om te verstaan?... 22 11. Waarom is daar soveel Bybelvertalings?... 23 12. Waarom moet ons die Ou Testament bestudeer?... 24 13. Is God dieselfde in die Ou en Nuwe Testament?... 25 14. Watter verhale word in die Ou Testament vertel?... 26 15. Watter verhale word in die Nuwe Testament vertel?... 26 16. Is die Bybel waarlik God se Woord?... 27 17. Kan of moet ons die Bybel letterlik interpreteer?... 27 18. Wat is Bibliologie?... 28 19. Word kinders deur Kinderbybels mislei?... 28 God se wonderlike skepping en evolusie 20. Sou Adam n geskikte maat onder die diere vind?... 30 21. Waarom is die mens geskep om goeie en slegte te vergelyk?... 30 22. Waarom het God n onvolmaakte wêreld geskep?... 31 23. Is Christene gekant teen die wetenskap?... 32 24. Is daar regtig 122 onveranderlikes nodig vir lewe op aarde?... 32

25. Waarom is die aarde nie onafhanklik geskep nie?... 33 26. Waarom het God mense met n sondige natuur geskep?... 33 27. Hoe verduidelik die kerk evolusie weg?... 34 28. Het die skepping toevallig ontstaan?... 34 29. Wat sê die Bybel oor die skepping en evolusie?... 34 Die Christelike geloof 30. Word Christenskap op blinde geloof gebaseer?... 38 31. Wat beteken die woord Christen?... 38 32. Is dit n voorreg om vir Christus te ly?... 39 33. Wat beteken die uitverkiesingsleer?... 40 34. Hoekom soveel kritiek op teologiese leerstellings?... 41 35. Maak geloof ons ontvanklik vir misleiding?... 42 36. Hoe verskil Rooms-Katolieke en Protestante?... 42 37. Gaan Jode wat Christus verwerp hemel toe?... 44 38. Is die Jode steeds die uitverkore volk van God?... 45 39. Is ons met die Jode een in Christus?... 46 40. Wat bedoel Paulus met vyande van die Goeie Nuus in Romeine 11:28?... 47 41. Belemmer kwelvrae nie die uitleef van ons geloof nie?... 48 42. Hoe hoor n mens God se stem?... 49 43. Praat die Here met ons in drome?... 50 44. Waarom hoor ek nie God se stem nie?... 51 45. Hoekom beantwoord God nie my gebede nie?... 52 46. Mag ek God vra om n wonderwerk te doen?... 53 47. Waarom moet ons glo in wonderwerke?... 53 48. Wat sê ek vir my kind as God nie sy gebed om genesing verhoor nie?... 53 49. Wat sê ek vir my kind as God nie net enigiets doen wat sy vra nie?... 54 50. Wat is die waarde van vas?... 55 51. Waarom moet ons bid?... 56 52. Wat sê ek vir mense wat nie wil glo nie?... 56 53. Hoekom het gelowiges nie n beter rede om in God te glo as dat dit jou uit die hel sal hou nie?... 57 54. Waarom neem geloof af namate intelligensie verhoog?... 58 55. Waarom glo in n God wat gruwels toelaat?... 59

56. Hoe verduidelik n mens godsdiensoorloë?... 61 57. Is alle godsdienste nie maar dieselfde nie?... 61 58. Waarom kan ek nie as agnostikus lewe nie?... 62 59. Kan ander mense verstaan Christene is anders?... 62 60. Mag gelowiges dokter toe gaan en medisyne gebruik?... 63 61. Hoe behoort ons oor begrafnis en verassing te dink?... 64 62. Moet Christene verdraagsaam wees teenoor ander gelowe?... 64 63. Waarom ervaar die wêreld Christene as veroordelend?... 65 64. Hoe vind ek WAARHEID?... 66 Sonde, redding en verlossing 65. Waarom straf God die mensdom oor Adam se sonde?... 68 66. Kan sondes te groot wees?... 68 67. Is daar hoop vir iemand wat teen die Heilige Gees gesondig het?... 69 68. Hoe kan ek vergewe word en vergewe voel?... 69 69. Waarom voel ek nog so skuldig?... 70 70. Hoe weet ek wanneer iets sonde is?... 70 71. Is alle sondes voor God gelyk?... 71 72. Wanneer is goed goed genoeg?... 71 73. Leer die Bybel ons van sondelose perfeksie?... 72 74. Hoe reageer ek wanneer weergeborenes twyfel?... 72 75. Wat sê ek vir iemand wat sê: Ek het elke gebod oortree?... 73 76. Hoe kan ek reageer as iemand sê: Moenie my veroordeel nie?... 74 77. Hoe werk openbare belydenis van sonde?... 74 78. Wag daar oordeel ná vergifnis?... 75 79. Is dit vir kinders van God moontlik om steeds in sonde te leef?... 75 80. Waarom laat God sonde toe?... 76 81. Bring God ons soms in die versoeking om te sondig?... 76 82. Is dit goed dat n mens versoek word of nie?... 77 83. Is versoeking dieselfde as sonde?... 78 84. Wat moet ons nog oor sonde weet?... 78 85. Kan n mens jou verlossing verloor?... 79

86. Benodig geloof goeie werke?... 80 87. Hoe kan ek seker wees van my verlossing?... 80 88. Is dit normaal om oor verlossing te twyfel?... 81 89. Is weergeborene Christene vry van sonde?... 82 90. Moet gelowiges geregtigheid liefhê en ongeregtigheid haat?... 82 91. Wat presies beteken erfsondes?... 83 92. Vergeet God jou sonde na vergifnis?... 84 93. Hoe is gelowiges in die Ou Testament gered?... 85 94. Waarom wíl sommige mense nie glo nie?... 85 95. Wat is die sleutels van die koninkryk?... 86 96. Wat van mense wat nooit van God gehoor het nie?... 86 Lyding en geloof 97. Waarom laat God onskuldiges sterf in rampe?... 90 98. Het gebed tydens swaarkry enige nut?... 90 99. Wat beteken alles oorlaat aan die Here?... 91 100. Hoekom voel dit of ordentlike mense nêrens kom nie?... 92 101. Gebruik God lyding as straf vir sonde?... 93 102. Verlaat God my wanneer ek ly?... 94 103. Kom lyding van die duiwel af?... 94 104. Het God medelye met ons wanneer ons ly?... 95 105. Is alles wat gebeur die gevolg van God se voorsienigheid?... 95 106. Moet n mens in jou lyding berus?... 96 107. Is ek binne die wil van God as ek swaarkry beleef?... 96 108. Hoe kan lyding tot my voordeel wees?... 97 109. Moet Christene alle negatiewe emosies onderdruk?... 98 110. Waarom help God my nie as ek seer het nie?... 98 111. Ek is lelik. Waarom is God so onregverdig?... 99 112. Wat van God se belofte teen rampe in Psalm 91:10?... 100 Die wil van God 113. Het God n plan vir elkeen van sy kinders?... 102 114. Kan mense God se wil vir hulle lewe vind?... 102 115. Kan ek n goeie geleentheid kies as ek nie weet of dit God se wil is nie?... 103

116. Bepaal die Here alles in my lewe?... 103 117. Is dit moontlik om God se wil te mis?... 104 118. Waarom stop God nie tiranne en hul afgryslike dade nie?... 105 119. Stel God bose leiers aan?... 106 120. Hoe kan n liefdevolle God die dood van mense beveel?... 106 121. Is dit God se wil dat sommige mense kinderloos bly?... 107 Vader, Seun en Heilige Gees 122. Wat is die hoogste Naam vir God?... 110 123. Het die Vader ook die Seun en die Heilige Gees geskep?... 110 124. Is Jesus in sy eie Naam gedoop?... 111 125. Moet ons altyd in die Naam van Jesus bid?... 112 126. Hoe kan Jesus gelyktydig altyd by ons wees en nie?... 112 127. Hoe verbind n mens Jesus se wonderwerke met die werklikheid?... 113 128. Hoe kan ons weet dat Jesus God is?... 113 129. Word ons verander as ons toeneem in die kennis van Jesus?... 115 130. Wat beteken Jesus is die ewebeeld van God?... 116 131. Hoekom is dit nodig dat God Hom aan ons openbaar?... 117 132. Hoe openbaar God Hom aan mense?... 117 133. Hoe baie het God aan ons openbaar oor Homself?... 118 134. Hoe gebruik God ons sintuie in openbarings?... 119 135. Wat is sonde teen die Heilige Gees?... 119 136. Wat bedoel Johannes met salwing van die Heilige Gees?... 120 137. Kan God dinge vergeet?... 121 138. Is God groen?... 122 Die kerk en gemeentelewe 139. Wanneer het die kerk ontstaan?... 124 140. Is daar n toekoms vir die kerk as instansie?... 124 141. Wat is die plek van die kerk in ons moderne tyd?... 125 142. Is daar plek vir godsdiens in ons moderne wêreld?... 125 143. Moet die kerk na die werkplek beweeg?... 126 144. Wat beteken die woord kerk in die Bybel?... 126 145. Wat is die liggaam van Christus?... 127

146. Waarom gebruik gelowiges nog die uitdrukking die huis van die Here?... 127 147. Is die kerkgebou heilig?... 128 148. Hoekom sien gemeentes predikante se swak gedrag in die week oor?... 129 149. Maak die wyse waarop ons Christus verkondig, saak?... 129 150. Waarom is daar skynheiliges in kerke?... 130 151. Mag n vrou optree as leraar?... 130 152. Mag n leraar ander werk ook doen?... 132 153. Wat kan ek as gemeentelid doen wanneer n predikant strydig is met die Skrif?... 132 154. Mag n leraar n boodskap bring wat hy in n boek gelees het?... 133 155. Is kort rokkies gepas in die erediens?... 134 156. Hoe gemaak as nie-gelowiges in die erediens se kleredrag onvanpas is?... 135 157. Wat sê die Bybel oor vroue wat juweliersware dra?... 135 158. Mag kinders self hulle gemeente kies?... 136 159. Moet die lofprysing voor, tydens of ná die erediens wees?... 136 160. Waarom net n klein stukkie brood met nagmaal - viering?... 137 161. Wie mag almal nagmaal gebruik?... 138 162. Wie mag nie nagmaal gebruik nie?... 139 163. Hoeveel keer per jaar moet ons nagmaal gebruik?... 139 164. Moet ons by die nagmaal n beker of n klein glasie gebruik?... 140 165. Moet ons net op Sondae nagmaal gebruik?... 140 166. Mag n ouderling ná die preek iets bysê?... 141 167. Mag n ouderling die leraar ná die diens teregwys?... 141 168. Mag n leraar ná sy preek vrae vra aan die gemeente?... 142 169. Is dit gepas dat n leraar altyd n uitnodiging rig ná die erediens?... 143 170. Moet ons ons oë toemaak as die dominee bid?... 144 171. Mag net die leraar erediens hou?... 144 172. Moet die gemeente sorg dat n dominee aan n mediese fonds behoort?... 145 173. Mag jy hande opsteek in die erediens terwyl jy sing?... 145

174. Moet die kerk mense bekeer?... 145 175. Moet Christene vandag nog hulle tiende gee?... 146 176. Wat is die regte manier van rus op Sondae?... 147 177. Waarom is kerkbywoning belangrik?... 148 178. Moet ons elke Sondag kerk toe gaan of kan ons na n diens op TV kyk?... 148 179. Kan ek n Christen wees sonder om gereeld kerk toe te gaan?... 149 180. Moet kerkbanke nie dalk weer name op hê nie?... 150 181. Moet ons nie weer tradisionele bidure instel nie?... 151 182. Wat is die waarde van groep-bybelstudie?... 152 183. Is gemeente-kampe voordelig?... 152 184. Is dit goed dat leraars Sondae uitruil met ander leraars?... 153 Engele, gerubs en serafs 185. Wat is engele?... 156 186. Watter engele het name?... 156 187. Wie is die engel met die hoogste rang?... 156 188. Waarom het Lucifer tot n val gekom?... 156 189. Is engele manlik of vroulik?... 157 190. Wanneer is engele geskape?... 157 191. Sal daar nog meer engele geskep word?... 157 192. Kan engele sterf?... 158 193. Praat engele vandag nog met ons?... 158 194. Waarom bly engele nie heeltyd sigbaar nie?... 158 195. Wat is gerubs?... 159 196. Wat is serafs?... 159 197. Wat is die ander name wat aan engele toegeken word?... 159 198. Hoe sterk is engele?... 159 199. Hoe intelligent is engele?... 160 200. Kan engele sondig?... 160 201. Wat doen engele vandag vir ons?... 160 202. Kan engele ons gedagtes lees?... 160 203. Wat doen ons beskermengele vir ons?... 161 204. Waarom lok engele soveel belangstelling uit?... 161 205. Het ongelowige mense ook engele?... 162 206. Kan of moet ons met engele praat of tot hulle bid?... 162

207. Kan engele die evangelie na mense bring?... 163 208. Wat is bedienende engele?... 163 209. Kan ons vandag engele sien?... 163 210. Kan engele sing?... 163 211. Het engele vlerke?... 164 Die hemel, wederkoms en hiernamaals 212. Wat beteken ons eintlike woning is by die Here?... 166 213. Soos wat is die hemel?... 166 214. Soos wat is die hel?... 167 215. Het Jesus regtig na die hel neergedaal?... 167 216. Wanneer geld elke knie sal buig?... 168 217. Wat is die derde hemel?... 169 218. Kan mense wat in die hemel is aan ons verskyn?... 170 219. Hoe kan Jehovasgetuies sê die hemel is vol?... 171 220. Is grappies oor die poorte van die hemel verkeerd?... 172 221. Gaan honde en katte hemel toe?... 172 222. Het diere siele?... 173 223. Wat gebeur met n mens ná die dood?... 173 224. Sê die Bybel wanneer is Jesus se wederkoms?... 174 225. Verwag die kerk dat Jesus binnekort terugkom?... 175 226. Wat is die laaste uur in 1 Johannes 2:18?... 175 Die Nuwe Hervorming en die New Age 227. Wat is die standpunte van die Nuwe Hervorming?... 178 228. Lewer die Nuwe Hervorming n bydrae tot die kerk?... 178 229. Is die standpunte van die Nuwe Hervormers versoenbaar met die kerk?... 179 230. Is die Nuwe Hervormers nog deel van die kerk?... 179 231. Hoe redeneer gewone gelowiges met teoloë wat neersien op hulle kinderlike geloof in God?... 179 232. Is New Age-praktyke aanvaarbaar?... 180 233. Beloon die universe positiewe gedagtes?... 181 234. Is die antichris n werklikheid?... 181 Etiese kwessies 235. Waarom kan n mens in objektiewe morele waardes glo?... 184

236. Hoekom is iets wat reg voel dan nie reg nie?... 184 237. Hoe bepaal ons wanneer iets aanvaarbaar of onaanvaarbaar is?... 184 238. Is surrogaatmoederskap sonde?... 185 239. Wat sê die Bybel oor kunsmatige inseminasie?... 186 240. Is kloning verkeerd?... 186 241. Is dit verkeerd om stamselle van n fetus te oes?... 186 242. Is kosmetiese chirurgie verkeerd?... 187 243. Is dit reg om iemand deur masjiene aan die lewe te hou?... 188 244. Hoekom is aborsie verkeerd?... 188 245. Is aborsie ná verkragting verkeerd?... 189 246. Is abotering van abnormale babas verkeerd?... 189 247. Is seksuele selfbevrediging sonde?... 190 248. Wat sê die Bybel oor homoseksualiteit?... 191 249. Word homoseksuele mense so gebore?... 191 250. Hoekom veroordeel Christene so maklik?... 192 251. Hoe moet ons houding teenoor ander mense lyk?... 192 252. Moet Christene so verdraagsaam wees dat hulle sonde goedpraat?... 194 253. As ons verdraagsaam is teenoor sonde, hoe oortuig ons mense hulle het verlossing nodig?... 194 254. Mag ek vir God kwaad word?... 195 255. Verbied die Bybel veelrassige huwelike?... 196 256. Wat sê die Bybel oor vroue in die bediening?... 197 257. Is Christene verplig om die regering te gehoorsaam?... 198 258. Wat leer die Bybel ons oor oorloë?... 198 259. Mag Christene hulleself verdedig?... 199 260. Wat beteken om die ander wang te draai?... 199 261. Moet jy met jou laat mors?... 201 262. Is dit regtig moontlik om ons vyande lief te hê?... 201 263. Hoe gemaak as iemand my seergemaak het?... 202 264. Wat moet ek my kind leer oor boelies?... 203 265. Hoe moet gelowiges oor die doodstraf dink?... 203 266. Is dit reg om Sondae inkopies te doen?... 204 267. Kan ek my oortrokke fasiliteit gebruik?... 205 268. Is dit verkieslik dat Christene nie alkoholiese drankies drink nie?... 205

269. Wat leer die Bybel ons oor rook?... 206 270. Is dit verkeerd om vleis te eet?... 206 Algemene dinge waaroor mense wonder 271. Is Jona regtig deur n walvis ingesluk?... 208 272. Wat beteken v.c. en n.c.?... 208 273. Wie was volgens die Bybel die 12 dissipels?... 209 274. Hoe het die 12 dissipels gesterf?... 211 275. Wat leer die Bybel ons oor Jesus se ma, Maria?... 212 276. Wat beteken liefde vir geld?... 212 277. Wat leer die Bybel ons oor wyn?... 213 278. Was die wyn by Kana se bruilof regte wyn?... 213 279. Wat beteken wie eerste is, sal laaste wees?... 214 280. Wat beteken die suurdeeg in Lukas 13:21 vir my?... 214 281. Van watter swaarkry praat Jesus in Markus 13:8?... 215 282. Wat bedoel Paulus met buite ons sinne in 2 Korintiërs 5:13?... 216 283. Wat was alles vir Paulus wins wat hy prysgegee het?... 217 284. Wat het paashase en paaseiers met Paasfees te doen?... 218 285. Mag my kinders meedoen aan paaseiers soek?... 218 286. Wat het Kersbome en Kersvader met Kersfees te doen?... 219 287. Waarom vier ons Jesus se geboorte op 25 Desember?... 220 288. Mag Christene Guy Fawkes en Valentynsdag vier?... 220 289. Wat is n soen van Christelike liefde?... 221 290. Waar is die ark van die verbond vandag?... 222 291. Moet kinders weet hoe gewelddadig Jesus gesterf het?... 223 292. Op watter ouderdom kan kinders self begin Bybel lees?... 224 293. Moet ek my kinders dwing om tuis geestelike liedere te sing?... 224 294. Hoe leer ek my kinders om met integriteit te leef?... 225 295. Wat van mense wat beweer hulle het Jesus gesien?... 226 296. Wat is die Christelike betekenis van besnyding?... 226 297. Wat is die afgodsbeelde wat in die tweede gebod verbied word?... 227 298. Kan God psigologiese probleme genees?... 227 299. Kan God verslawing genees?... 228 300. Is geloofsgenesers geloofwaardig?... 228

Voorwoord Hierdie boek is bedoel vir gewone gelowiges wat soms wonder oor iets wat in die Bybel staan, of gekonfronteer word met n kwessie wat op die oog af lynreg met hulle geloofsbeginsels bots, of wat soms wonder oor God se wil en hoe ons as mense kan weet wat dit is. En wie beter as Riekert Botha om hierdie kwelvrae te belig uit die Woord? Riekert Botha het bekend geword as die radiodominee wat gemaklik en eerlik antwoord op vrae wat gelowiges het. Hierdie bundel bied n keur van vrae en antwoorde wat op Dagbreek op Radio Namakwaland 93.4fm uitgesaai is. Die vrae is gesorteer onder 13 afdelings: vrae oor die Bybel; die skepping en evolusie; die Christelike geloof; sonde, redding en verlossing; ly ding; God se wil; die Drie-eenheid; die kerk en gemeentelewe; engele; die hemel, wederkoms en hiernamaals; New Age en die Nu we Hervorming; etiese kwessies; en algemene sake waaroor gelowiges wonder. Mag 300 Geloofsvrae en Bybelse antwoorde jou nader bring aan die waarheid van God se ewige Woord en jou opnuut laat be sef dat ons n genadige, liefdevolle God aanbid wat jou baie liefhet! ~ Die uitgewer 15

Vrae oor die Bybel

Riekert Botha 1. Wat is die Bybel? Die Bybel is n versameling progressiewe openbarings van God en God se plan met die mens. Ons sê dit is progressief omdat dit oor eeue heen ontwikkel en uitbou tot die geheelprentjie. Ons noem dit ook openbarings omdat dit onduidelike, geheime dinge duidelik en verstaanbaar maak. n Deel van God se progressiewe openbarings in die Bybel is in die vorm van profesieë en die vervulling van profesieë. Die belangrikste hiervan is die profesie oor die koms en bediening van Jesus Christus en die vervulling daarvan. 2. Is die Bybel vandag nog relevant? Is God vandag nog relevant? Beslis. Daarom is die boodskap van God in die Bybel sy openbarings aan ons en sy waarheid vandag steeds relevant. Die Bybel kan alleenlik sy relevansie verloor as God Syne verloor. Maar dit is die geheim: God se relevansie hang nie af van mense se opinies daaroor nie. God is die Skepper van die heelal en die Verlosser van mense of mense nou daarmee saamstem of nie en of mense daarvan hou of nie. Mense bepaal nie die waarheid nie God is die bepaler daarvan. 3. Is slegs die oorspronklike Bybelse manuskripte sonder enige foute of onwaarhede? Die Bybel in sy oorspronklike vorm is die oorspronklike boodskap van God. Vertalings daarvan probeer om so na moontlik aan die oorspronklike boodskap en betekenis te bly. Sodra verta lers hulle persoonlike voorkeure in vertalings begin indra, kan dit ver draaiings en wysigings veroorsaak. Hierdie soort wysigings ver water die boodskap van God. Bybelstudente wat erns maak met die studie van die Bybel, be studeer die oorspronklike tale waarin die Bybel geskryf is in- 18

Vrae oor die Bybel dringend. Bybellesers wat nie toegang tot die oorspronklike tale het nie, moet veral sorg dat hulle toegang het tot die talle hulpmiddels wat beskikbaar is wat hulle kan help om die boodskap en betekenis van die teks akkuraat te kan uitlê. 4. Is daar bewyse dat die Bybel deur God geïnspireer is? Buiten die talle aanhalings in die Bybel waar God die skrywers n duidelike opdrag gee om die openbarings en profesieë neer te skryf presies soos hulle dit sien en hoor, is die gesaghebbendste bewys daarvan die manier waarop Jesus die Bybel hanteer het. In die Evangelies haal Jesus die Bybel sowat 78 keer aan en verwys Hy daarna as die Woord van God en die waarheid van God. Hierdie verwysing na die Bybel deur Jesus is veral belangrik as n mens in ag neem wie Jesus is. As Hy nie is wie Hy gesê het Hy is nie, en as Jesus nie kom doen het wat Hy gesê het Hy kan doen nie, beteken dit Jesus was nie veel meer as bloot nog n gods diensfiguur van sy tyd nie. Maar deur sy opstanding uit die dood is Jesus met krag en majesteit verklaar as die Seun van God. Hy is die Koning van die heelal en Hoof oor al die gemeentes. Dit is juis hierdie feit wat die geïnspireerdheid van die Bybel onomwonde beklemtoon. Oor bykans 1 500 jaar ontvou die verhaal van God se verlossing deur sy Seun en kom daardie profesie kragtig tot vervulling met die geboorte, bediening, dood en opstanding van Jesus. Juis daarom skryf Paulus: Vir hierdie Goeie Nuus is ek allesbehalwe skaam. Dit is immers God se krag wat hier aan die werk is. Dit bring verlossing vir elkeen wat glo heel eerste vir die Jode, maar ook vir die nie-jode (Romeine 1:16). Die Bybel bevat nie blote stories nie, maar is die krag van God tot redding van elkeen wat glo. Geen wonder nie dat Paulus aan Timoteus skryf: Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek (2 Timoteus 3:16). 19

Riekert Botha 5. Wat is Bybelse hermeneutiek? Die woord hermeneutiek is afgelei van die Griekse woord hermeneuo en beteken om te vertolk of te vertaal. Streng ge sproke is hermeneutiek die wetenskap van eksegese (of uitlegkunde), maar kom ons maak die verduideliking makliker: Hermeneutiek het te doen met die vertolking van n teks of Skrifgedeelte binne konteks. Aangesien ons ten minste 2 000 jaar verwyder is van die oorspronk like Bybelteks, is dit belangrik vir ons om te verstaan wat die woorde, begrippe, idiome en algemene betekenis van daar die woorde was in die tyd wat dit geskryf is. Hermeneutiek be skryf die beginsels en toepassing van die dikwels moeilike taak van in terpre tasie. Eksegese (wat letterlik uithaal beteken) is hoofsaak lik gemoeid met wat die Bybelse boodskap vandag vir ons be te ken. Dit is die wetenskap om die boodskap van die Bybel met ons te laat praat sonder om ons eie betekenisse daarop van toepas sing te maak. 6. Is die Bybel verontreinig, verander, geredigeer, hersien of mee gepeuter? Ongelukkig ís daar baie met die teks van die Bybel gepeuter oor die eeue heen. Sommige van hierdie veranderings was heel onskuldig en bloot bedoel om as kommentaar te dien vir lesers, maar sommige veranderings is doelbewus gedoen om sekere dog mas en kerkleerstellinge te regverdig. Die goeie nuus is egter dat uiters toegewyde teoloë oor eeue heen met soveel sorg en erns navorsing gedoen het oor die teks van die Bybel in die oorspronklike tale, dat hierdie veranderings hetsy onskuldig of doelbewus gou aan die lig kom en ons met groot sekerheid kan bepaal wat die egte woorde en boodskap van God is. 20

Vrae oor die Bybel 7. Het die Bybel stories van ander godsdienste se mites en legendes geïnkorporeer? Daar is heelwat sulke bewerings wat gemaak word. n Voorbeeld hiervan is die verhaal van Noag en die sondvloed. Argeoloë het Babiloniese kleitablette ontdek wat die hele Noag-verhaal vertel bykans duisend jaar vóór die Genesis-weergawe. Dit is egter geensins n bewys dat die skrywer van Genesis Noag se verhaal van die Babiloniërs geleen het nie. Die Bybelse verklaring vir die inhoud van Genesis is die bonatuurlike openbaring van God aan n skrywer wat nie self daar was om die gebeure waar te neem nie. Die feit dat ander nie-bybelse bronne van baie dinge melding maak wat ook later in die Bybel vervat is, is eerder n bykomende getuienis van die dinge waarvan die Bybel ons vertel. Die Bybel se inhoud is God se openbaarmaking van wat gebeur het en nie bloot n menslike perspektief oor dit wat gebeur het nie. God se openbarings deel die motief en doel van gebeure wat mense nie op hulle eie kan uitdink nie. 8. Wat is goeie Bybelse eksegese? Goeie Bybelse eksegese is baie belangrik, want dit bepaal of ons die boodskap van God reg verstaan. Dit is baie belangrik om die boodskap van God reg te verstaan sodat ons dit op die regte manier kan toepas. Wanneer ons God se boodskap verkeerd verstaan, veroorsaak hierdie misverstande n groot droogte in n mens se siel. Korrekte eksegese kan maklik beskryf word as die toe-daar/ hier-nou -beginsel. Voor n mens die boodskap aan ons kan verstaan in die hier en nou, moet ons eers God se boodskap verstaan aan die mense vir wie dit oorspronklik bedoel was in die toe en daar. Dit bring ons te staan voor n klompie vrae, soos: Wie was die eerste ontvangers van God se boodskap? Wat was hulle omstandighede en leefwyse? Wat het God vir hulle gesê? 21

Riekert Botha Hoe het hulle dit verstaan? Hoekom het God dit vir hulle gesê? Wanneer ons hierdie vrae kan beantwoord (en die talle ander wat dalk kan ontstaan), is ons gereed om uit te vind wat God se boodskap vir ons vandag kan beteken. Die konteks van die bood skap is n belangrike sleutel tot die verstaan van die bood skap. Goeie Bybelse eksegese help ons om God se boodskap reg te vertolk, al leef ons baie duisende jare later in totaal ander om stan dig hede. 9. Hoe weet ons wanneer die boeke van die Bybel geskryf is? Die bepaling van wanneer die boeke van die Bybel geskryf is, word deur verskeie faktore bepaal. Eers word daar gekyk na wat die boek inleidend sê. Sommige van die boeke gee selfs n aanduiding van waar die boek ontstaan het, soos Jesaja wat ge skryf is in die regeringstyd van Ussia, Jotam, Agas en Hiskia konings van Juda (Jesaja 1:1-2) en Amos wat geskryf is tydens die regering van koning Ussia van Juda en koning Jerobeam van Israel, seun van Joas twee jaar voor die aardbewing gebeur het (Amos 1:1). Ander boeke se konteks verskaf weer n goeie aanduiding van wanneer hulle geskryf is, soos Paulus se briewe tydens ver skil lende dele van sy sendingreise. Ander boeke is ietwat moeiliker om te bepaal, soos Openbaring. Sommige teoloë is van mening dat Openbaring geskryf is ten tye van Nero se keiser skap in Rome, wat die boek rondom 61 n.c. plaas. Ander teoloë voel weer die boek is geskryf tydens Domitianus se keiserskap, wat die boek rondom 95 n.c. plaas. Daar moet dus altyd baie noukeurig gelet word op al die inligting wat beskikbaar is oor die skrywer van n Bybelboek en sy leefwêreld. 10. Waarom is dit so moeilik om die Bybel te verstaan? Daar is twee redes hiervoor. Die een rede het te doen met in ter- 22

Vrae oor die Bybel pretasie, en die tweede rede het n geestelike oorsprong. Eerstens is dit moeilik om die Bybel te verstaan omdat dit geskryf is in n tyd wat lankal reeds verby is. Dis geskryf in n taal wat ons nie verstaan nie, idiome word gebruik wat nie eie is aan ons taal nie, en dit beskryf omstandighede waarmee ons nie bekend is nie. Dit is waarom Bybelinterpretasie so ontsettend belangrik is, aangesien dit ons op n ontdekkingsreis neem na wat vir ons onbe kend en onverstaanbaar is sodat dit juis bekend en ver staanbaar kan word. Jy het nie n graad in teologie nodig om hierdie ontdekkingsreis mee te maak nie; daar is die wonderlikste hulpmiddels beskikbaar om jou daarmee te help. Die tweede rede het n geestelike oorsprong. Die boodskap van God is n verstommende ontdekkingstog vir mense wie se gees tes oë oopgegaan het om God se waarheid te verstaan. Dít gebeur by weergeboorte en is n lewenslange voorreg. Hoe meer kinders van God die Woord lees, hoe meer gaan die waarheid vir hulle oop. Die wêreld daarenteen kan dit nie verstaan nie omdat hulle steeds geestelik blind is. Paulus skryf: Die natuurlike mens kan nie hierdie waarhede toe-eien wat van die Gees van God kom nie. Dit klink vir hulle onsinnig. Hulle kan dit nie verstaan nie, want hierdie dinge moet vanuit n geestelike perspektief verstaan word. Ons in wie die Gees is, verstaan al hierdie dinge, maar ander kan ons glad nie verstaan nie (1 Korintiërs 2:14-15). 11. Waarom is daar soveel Bybelvertalings? Daar is hoofsaaklik twee dinge wat verskillende Bybelvertalings noodsaak. Die een het te doen met die verstaan van die Bybel en die ander met die toepassing van die Bybel. Omdat die Bybel oorspronklik in antieke tale geskryf is, is dit n reuse taak om die oorspronklike taalgebruik, idiome en woordbetekenisse korrek in hedendaagse tale te vertaal. Dit in spireer die eerste groep Bybelvertalings. In hierdie groep is daar let terlike vertalings wat die oorspronklike teks woord vir woord in n 23

Riekert Botha hedendaagse taal weergee. Dit is nie altyd maklik om te verstaan nie. Voorbeelde van letterlike vertalings is die King James Bible en ons Bybel in Afrikaans 1933/1953-vertaling. Dan is daar vertalings wat fokus op die interpretasie van die boodskap. Ons noem dit vrye vertalings. Voorbeelde hiervan is The Living Bible en Die Boodskap. Die voordeel van hierdie vrye ver talings is dat dit baie maklik lees en die boodskap van die teks dui delik weergee, maar die nadeel is dat dit nie regtig gebruik kan word vir indringende Bybelstudie nie. Vir hierdie doel is letter like vertalings beter. Dan is daar vertalings wat die akkuraatheid van letterlike verta lings probeer behou en dit met die maklike leesstyl van vrye vertalings kombineer. Ons noem hierdie vertalings dinamiesek wi valente vertalings. Voorbeelde van hierdie soort vertalings is die New International Version (NIV) en ons Bybel in Afrikaans 1983-vertaling en Nuwe Lewende Vertaling. Nog n groep Bybelvertalings is die tipiese toepassing ver talings. Dit sluit Bybels in soos Life Application, Leadership Bible en Discipleship Bible. Hierdie Bybels maak gebruik van bestaande vertalings (letterlike, vrye of dinamies-ekwivalente vertalings) en bied dit dan in n spesifieke styl aan n spesifieke groep mense in die mark. 12. Waarom moet ons die Ou Testament bestudeer? Die Ou Testament bevat openbarings van God se karakter en getrou heid. Dit beskryf in fyn besonderheid God se voorneme met Israel en die wêreld en sy ewige plan wat deur Jesus Christus ver vul is. Alhoewel die Ou-Testamentiese instellings soos die Levi tiese priesterskap, die tempel en offers en die reinigingswette deur die Nuwe-Testamentiese instellings van die priesterskap van alle gelowiges, Christus as Hoofpriester, die inwonende Gees van God en die reiniging van die bloed van Christus deur weer geboor te vervang is, is die openbarings van God in die Ou Testament nog steeds relevant. God is nog net so heilig, net so veroorde lend 24

Vrae oor die Bybel oor sonde en net so genadig teenoor mense wat hulle be keer. n Studie van die Ou Testament bring kosbare insig en be grip oor die heerlikheid waarvan daar in die Nuwe Testa ment ver tel word. 13. Is die God van die Ou Testament dieselfde as die God van die Nuwe Testament? Verseker! Baie mense vra die vraag omdat dit lyk of God in die Ou Testament hoofsaaklik n God van oordeel is terwyl God in die Nuwe Testament hoofsaaklik n God van liefde is. God is absoluut rein en sonder sonde en daarom kan Hy geensins sonde verdra nie. Sonde moet gestraf word, maar God betoon genade aan mense wat Hom liefhet. Dit is wie God is, ongeag van watter tyd ons praat (Ou of Nuwe Testament). Die verskil tussen die twee Testamente is Jesus Christus. In die Ou Testament het mense deur middel van diere-offers versoening vir hulle sonde gekry. In die Nuwe Testament is die offer Jesus Christus self. Hierdie Offer het gesorg dat ons vir ewig die oordeel van die sonde vryspring Jesus het daardie straf namens ons gedra. Elkeen wat ín Jesus is, spring dus die oordeel vry en ontvang genade van God af. Mense wat egter die offer van Jesus verwerp, sal self die oordeel vir hulle sondes moet dra. Die moderne tendens om die erns van sonde af te maak en God slegs voor te hou as n God van genade, verwater nie net die evan gelie nie, maar verdraai dit geheel en al sodat dit kragteloos voorkom. Die skrywer van Hebreërs sê dit baie duidelik: Dink net hoeveel swaarder sal die straf van daardie mense wees wat die Seun van God onder hulle voete vertrap en die verbondsbloed wat hulle geheilig het, met minagting bejeën en die Gees van genade beledig het. Ons ken tog die Een wat gesê het: Ék sal die straf voltrek, Ek sal die kwaad vergeld. En verder: Die Here sal oor sy volk oordeel. Hoe verskriklik is dit om in die hande van die lewende God te val (Hebreërs 10:29-31). 25

Riekert Botha 14. Watter verhale word in die Ou Testament vertel? Die Ou Testament bevat verhale oor verskeie dinge. Daar is die verhaal van die ontwikkeling van die vroeë wêreld, wat die ewige bestaan van God, die skepping, die sondeval, die sond vloed, die toring van Babel en die lewe van Job insluit. Dan is daar die ver haal van die ontstaan van Israel as n stam (van Abraham tot en met die laaste dae van Josef en die vestiging van Jakob en sy seuns in Egipte); die ontstaan van Israel as n nasie (van die onderdrukking van die Israeliete deur die Egiptenaars, die ver haal van Moses, die instelling van die Paasfees, die uittog uit Egipte, die tabernakel, die ontvangs van die Tien Gebooie, die oor winning van die land Kanaän, die rigters tot by die bediening van Samuel); die ontstaan van Israel as n koninkryk (van die Israe liete se versoek om n koning, die salwing van die eerste koning tot en met die Assiriese en Babiloniese ballingskap van die koninkryke van Israel en Juda). Daarna lees ons van die herstel van Israel as n nasie ná die Assiriese ballingskap. Maar die Ou Testament vertel ook die verhaal van God se verlossing van die ganse wêreld. Dit is die verhaal van God se Seun wat gevolg kan word in elke handeling van God van vóór die skepping van die aarde af tot en met die opstanding van Jesus uit die dood. Die Ou Testament is God se verhaal van die wonderlike verlossing en heerlikheid en lewe wat daar in sy Seun is die Seun wat nog moes kom as Heiland van al die nasies. 15. Watter verhale word in die Nuwe Testament vertel? Die mense in die Nuwe Testament leef in die vervulling van God se beloftes deur sy Seun, Jesus Christus, en die wonderlike vooruitsig dat Hy weer gaan kom. Die Heiland van God het ge kom, Hy het die prys betaal om ons los te koop van God se oor deel en Hy het opgestaan uit die dood sodat ons n nuwe lewe kon ontvang. Die Nuwe Testament vertel hoofsaaklik die verhaal van hoe God se plan n werklikheid geword het en wat dit vir die mens- 26

Vrae oor die Bybel dom be teken. Dis die verhaal van die koninkryk van God, maar ook die verhaal van hoe die koninkryke van die wêreld God weer staan deur sy mense te mishandel en selfs dood te maak. Dis die ver haal van God se absolute oorwinning oor Satan en sy werke hoe lewe triomfeer oor die dood en lig oor duisternis. Paulus noem die Nuwe Testament die altyd blywende bediening van die nu we ver bond wat skitter van die heerlikheid (2 Korintiërs 3:11). 16. Is die Bybel waarlik God se Woord? Ja, dit is waarlik die geïnspireerde woord van God. Paulus verdui delik aan Timoteus: Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek (2 Timoteus 3:16). Dit is ook baie duidelik in die manier waarop Jesus die Skrif hanteer het dat Hy vas oortuig was dat die Woord God se woorde is en deur sy Gees geïnspireer is. Enige persoon wat glo dat die Bybel nie die geïnspireerde Woord van God is nie, kan ook nie glo Hy is wie Hy sê Hy is nie. 17. Kan/Moet ons die Bybel letterlik interpreteer? Die antwoord is nie n eenvoudige ja of nee nie. Die Bybel bestaan uit verskillende genres wat wissel van geskiedenis, profesie, wysheidsleer, poësie, persoonlike briewe tot biografiese verslae. Elke genre word op n spesiale manier gelees en geïnterpreteer. Daar is egter geen rede hoegenaamd om die Bybel slegs simbolies te benader nie. Daar is geen rede om die wonderwerke in die Bybel as bloot net beeldspraak af te maak nie. Natuurlik is talle wonderwerke in die Bybel vreemd en buite die raamwerk van die wetenskap, maar dis presies hoe God werk. Hy is ver verhewe bo ons verstaansvermoë. 27

Riekert Botha 18. Wat is Bibliologie? Bibliologie is die studie van die Bybel die oorsprong, integriteit, inspirasie en korrektheid daarvan. Bibliologie val nou saam met hermeneutiek en eksegese wat uitsluitlik fokus op die akku raatheid van die teks en die korrekte interpretasie daarvan. 19. Waarom word kinders so mislei wat feite uit die Bybel betref? Waarom is Kinderbybels byvoorbeeld vol diere in die stal waar Jesus gebore is, en dan kom die drie wyse manne daar aan? Hoekom word kinders be skerm teen die wreedhede van die Ou Testament? Wat n ontnugtering wanneer jy ouer en wyser is en die Bybel begin lees! Ek dink nie kinders word mislei nie. Misleiding impliseer dat hulle van die waarheid van die evangelie weggelei word na iets anders. Kinderbybels en -boeke konsentreer gewoonlik op kernwaarhede en verhale wat op n baie eenvoudige wyse vertel word. My Kinderbybel van jare gelede het heelwat van die wreed hede en oorloë van die Ou Testament beskryf en dit was snaaks genoeg van my gunsteling illustrasies! Seuntjies hou van aksie en oorloë, miskien omdat hulle nie regtig die impak daar van verstaan nie. Diere in Jesus se stal en drie wyse manne is bloot maar die verbeelding van die storievertellers. Die vraag hier is: Beïnvloed dit kinders se begrip van die evangelie en Jesus se bediening? Ek glo nie. Dit staan mos ouers heeltemal vry om hulle kinders al van kleins af aan die ware Bybelse teks bloot te stel. Die taalgebruik in volwasse Bybels is wel vir die meeste kinders nogal moeilik om te verstaan. 28