DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

n Prins word die Skaapwagter

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Les 6 vir 10 November 2018

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Van Vervolger tot Prediker

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Die betekenis van die kruis (1)

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Waar is God as ons swaarkry?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Die maan en sy rol in ons wereld *

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Pretoria- 23 Junie 2012

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Community of Practice

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Lukas 4: Agtergrond

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Addendum A Consent form

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Die seënuitsprake van Jesus (24)

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Die Droomgewer se Droom vir Vroue

REGVERDIGMAKING EN DIE GEVOLGE DAARVAN

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

n Teologiese ondersoek na die rol van toleransie en omarming in die hantering van leerstellige en morele verskille, met verwysing na die

Transcription:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT OPGESTEL DEUR: PAST. JOHAN PUTTER DATUM: 14 MEI 2017 PLEK: NELSPRUIT

GEESTELIKE OUTORITEIT INHOUDSOPGAWE INLEIDING...3 BYBELTEKSTE...5 KONTEKS WAARBINNE GEESTELIKE GESAG UITGEOEFEN WORD...6 BETEKENIS: OUTORITEIT/GESAG EN KRAG/MAG...7 SFERE VAN OUTORITEIT...8 Algemene Outoriteit... 8 Spesifieke Outoriteit... 9 WAAROP IS GEESTELIKE GESAG GEFUNDEER?...9 DIE NAAM VAN JESUS...9 AANRAKING VAN GOD DIE HEILIGE GEES...9 MANDAAT...10 DIE WOORDE VAN GOD...10 HEILIGE EN GEHOORSAME LEWE...10 PAD NA N POSISIE WAAR GOD JOU KRAGTIG KAN GEBRUIKError! Bookmark not defined. WAAR BEGIN HIERDIE PAD?... Error! Bookmark not defined. PRAKTIESE VOORBEELDE VAN DIE BEOEFENING VAN GEESTELIKE OUTORITEIT...10 ALGEMENE LESSE...10 PRAKTIESE VOORBEELDE...11 SAMEVATTING...11 Page 2 of 11

GEESTELIKE OUTORITEIT/GESAG INLEIDING Ek ervaar dat God die Heilige Gees, ons gemeente meer oor geestelike outoriteit of gesag wil leer. Daarom is ons preek tema vandag: Geestelike outoriteit of gesag. Geestelike gesag hou met ʼn gelowige se vermoë om iets geestelik te laat gebeur of te verhinder dat iets gebeur, verband. Geestelike gesag werk baie soos outoriteit of gesag in ons leef wêreld. Om outoriteit in ons leef wêreld te hê, beteken dat n persoon die vermoë het om iets te laat gebeur, wat ander mense wat nie dieselfde outoriteit het, nie kan doen nie. Byvoorbeeld; n bestuurder van n maatskappy kan ander mense se verlof goedkeur, aankope magtig en nuwe personeel aanstel. Party mense soos byvoorbeeld die president van n land het baie gesag en ander het min gesag. Gesag of outoriteit het grense. n Bestuurder van maatskappy X het geen gesag in n ander maatskappy nie. Gesag is ook tydsgebonde. Ek kan nou baie gesag by my werksplek hê en môre niks. Wat dink u; Is daar iets soos geestelike gesag of outoriteit? Met ander woorde, kan n gelowige in die geestelike of bo-natuurlike dimensie, gesag uitoefen? Wat dink u; Kan ʼn gelowige deur geestelike gesag uit te oefen, ʼn verskil maak in ons leef wêreld? Is dit moontlik dat ek en jy gesag en mag van God kan ontvang en dan; Soos Apostel Petrus in Hand. 3:4 vir iemand kan sê; In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop! Of soos Paulus in Hand. 20:10, homself oor n dooie kan uitstrek en verklaar; Moet julle nie ontstel nie, hy leef Of soos Paulus in Hand. 13:11 vir iemand sê; Jou deurtrapte skelm Jy sal blind word en die son n tyd lank nie sien nie! Ek wil vanmore aan u voorhou dat daar wel iets soos geestelike gesag is en dat gelowiges veronderstel is om hulle geestelike gesag uit te oefen. Ek hoop om vanoggend aan u te Page 3 of 11

toon dat gelowiges deur hulle geestelike gesag uit te oefen, ʼn verskil in ons leef wêreld kan maak. Ek dink dat ook dat daar spesifieke reëls vir die uitoefening van geestelike gesag is. Die probleem is dat baie gelowiges nie hierdie reëls ken nie. Dit maak hulle oneffektief en kan selfs groot probleme vir hulle meebring. Kom ons let op twee voorbeelde van die effektiewe en oneffektiewe uitoefening van gesag. Outoriteit Persoon wat weet Persoon wat nie weet nie Verkeersman wat verkeer moet beheer Ken sy magte en gesag. Het uniform aan, staan in pad en reguleer die verkeer d.m.v. gebare. Hier is die punt; hierdie persoon demonstreer gesag. Hy het ʼn uniform aan. As gelowiges het ons ook ʼn uniform. My lewe is ʼn uniform van my geloof in Jesus. Soos wat mense na die verkeersman se uniform kyk en sê, hy is ʼn verkeersman, so kyk mense na jou lewe en sê dat jy ʼn volgeling van Jesus Christus is. Tweedens, die verkeersman demonstreer sy gesag deur sy optrede. Hy gaan staan in die pad en begin met gebare die verkeer reguleer. Kom ons let op ʼn Bybelse voorbeeld. Paulus was bekend as ʼn gelowige. (Uniform) In Hand. 20:10 demonstreer hy sy gesag deur op die dooie persoon te gaan lê en te verklaar, die man slaap net en leef. Die man is toe uit die dood opgewek. Verkeersman staan sonder uniform langs die pad en verklaar; In die naam van die Burgermeester, laat die verkeer tog mooi vloei. Gaan hierdie vorm van gesag uitoefening help om die verkeer te reguleer? Nee. Hoekom nie, hy is dan ʼn verkeersbeampte. Hy volg nie die reëls wat met die uitoefening van gesag gepaard gaan nie. Ongelukkig tree sommige Christene soos hierdie verkeersman op. Omdat ons nie die reëls van gesagsuitoefening verstaan nie, is ons bedoelings goed, maar ons is kragteloos. Ek vertrou dat u na vandag se preek, ʼn beter idee sal hê wat geestelike gesag behels en wat die reëls vir die uitoefening van geestelike gesag is. Mag u na vandag uitgaan en u geestelike gesag toepas. Om die onderwerp van geestelike gesag te bespreek, gaan ons op die volgende let: 1. Bybeltekste wat oor geestelike gesag handel. 2. Konteks waarbinne geestelike gesag beoefen word. 3. Verskil tussen krag/mag en outoriteit/gesag. Page 4 of 11

4. Fondasie van geestelike gesag. 5. Praktiese voorbeelde. BYBELTEKSTE MATTHEW 10:1 & 8 AND JESUS summoned to Him His twelve disciples and gave them power and authority over unclean spirits, to drive them out, and to cure all kinds of disease and all kinds of weakness and infirmity 1 Cure the sick, raise the dead, cleanse the lepers, drive out demons. Freely (without pay) you have received, freely (without charge) give. 2 In hierdie teksgedeelte het Jesus vir Sy dissipels ʼn taak of verantwoordelikheid gegee. Hulle moes die evangelie aan Jode gaan verkondig. Om hierdie taak te verrig, het hulle geestelike gesag en mag ontvang om onrein geeste weg te jaag en siekes gesond te maak. Die dissipels het hulle verantwoordelikhede gaan nakom en hulle gesag en mag uitgeoefen. Hulle het terug gerapporteer dat onrein geeste gevlug en siekes gesond geword het. Dink u dat u ook vandag nog ʼn geestelike opdrag van Jesus asook geestelike gesag kan ontvang? MATTHEW 16:19 I will give you the keys of the kingdom of heaven; and whatever you bind (declare to be improper and unlawful) on earth o must be what is already bound in heaven; and whatever you loose (declare lawful) on earth p must be what is already loosed in heaven. 3 Hierdie is een van die belangrikste tekste wat oor geestelike outoriteit handel. Dit beteken dat gelowiges gesag in hierdie dimensie en in die geestelike dimensie het. Dit sê ook dat ons baie groot gesag kan hê. ROM 13:1 For there is no authority except from God [by His permission, His sanction], and those that exist do so by God s appointment. MATTHEW 28:18-20 Jesus approached and, j breaking the silence, said to them, All authority (all power of rule) in heaven and on earth has been given to Me. Go then and make disciples of all the 1 The amplified Bible, containing the amplified Old Testament and the amplified New Testament. 1987 (Mt 10:1). La Habra, CA: The Lockman Foundation. 2 The amplified Bible, containing the amplified Old Testament and the amplified New Testament. 1987 (Mt 10:7-8). La Habra, CA: The Lockman Foundation. o Charles B. Williams, The New Testament: A Translation: The perfect passive participle, here referring to a state of having been already forbidden [or permitted]. p Charles B. Williams, The New Testament: A Translation: The perfect passive participle, here referring to a state of having been already forbidden [or permitted]. 3 The amplified Bible, containing the amplified Old Testament and the amplified New Testament. 1987 (Mt 16:19). La Habra, CA: The Lockman Foundation. Page 5 of 11

nations, baptizing them k into the name of the Father and of the Son and of the Holy Spirit, Teaching them to observe everything that I have commanded you, and behold, I am with you l all the days. 4 Hierdie tekste vertel ons wat die oorsprong van geestelike gesag is. Jesus Christus. Dit is hoekom ons geestelike gesag in die naam van Jesus Christus moet uitoefen. Die tweede deel van hierdie teks omskryf die taak en verantwoordelikhede van gelowiges. Dit is binne hierdie verband wat ons geestelike gesag kan uitoefen. Wat dink u, het gelowiges in die vroeë kerk hulle geestelike gesag uitgeoefen? Ja. HANDELINGE 3:4 En Petrus saam met Johannes het hom stip aangekyk en gesê: Kyk na ons. En hy het sy oë op hulle gehou in die verwagting dat hy iets van hulle sou ontvang. Maar Petrus sê: Silwer en goud het ek nie; maar wat ek het, dit gee ek vir jou: In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop! Toe gryp hy hom aan sy regterhand en rig hom op, en onmiddellik het sy voete en enkels sterk geword. 5 Petrus het nie vir die persoon gebid en gevra dat God hom genees nie. Hy het die persoon n opdrag gegee! Hy het sy gesag gedemonstreer. (Verkeersman) Dit is dan wat enkele Bybeltekste betref wat daarop dui dat daar iets soos geestelike gesag en outoriteit is. Die volgende ding wat ons moet begryp is dat daar ʼn geestelike konteks is waarbinne gelowiges hulle geestelike gesag moet uitoefen. KONTEKS WAARBINNE GEESTELIKE GESAG UITGEOEFEN WORD. GENESIS 3:15 And I will put enmity (open hostility) Between you and the woman, And between your seed (offspring) and her [a] Seed; He shall [fatally] bruise your head, And you shall [only] bruise His heel. Jesus het deur Sy dood en opstanding aan die kruis, Satan oorwin en al die mag en gesag wat Satan onwettig met die sondeval bekom het, vir die mens teruggevat. Dit is hoekom Jesus na die opstanding verklaar het dat alle mag en gesag aan Hom behoort. Is hierdie konflik tussen die mens en bose/onrein geeste verby? Nee, ongelukkig nie. Dit sal eers verby wees met Jesus se wederkoms. j Marvin Vincent, Word Studies. k Marvin Vincent, Word Studies. l John Wycliffe, The Wycliffe Bible. 4 The amplified Bible, containing the amplified Old Testament and the amplified New Testament. 1987 (Mt 28:18-20). La Habra, CA: The Lockman Foundation. 5 Die Bybel : Ou Vertaling. 1954 (2nd edition.) (Ac 3:3). Suffolk, England: Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Page 6 of 11

Dit is hoekom Apostels soos Paulus na Jesus se opvaarding, steeds voortgegaan het om bose en onrein geeste uit te dryf. Dit is hoekom Paulus in Efesiërs 6 verklaar dat gelowiges in ʼn geestelike stryd met geestelike wesens betrokke is. Dit is hoekom Petrus leer dat ons die vyand moet teenstaan. Satan val ons aan wanneer ons probeer om aan Jesus se opdrag in Matt 28 gehoorsaam te wees. Dit is hoekom u en ek, geestelike gesag van Jesus ontvang het, sodat ons in Jesus se naam, die vyand kan teenstaan. Die konteks van geestelike gesag is dus dat u en ek in ʼn oorlog betrokke is. Hierdie oorlog sal eers met Jesus se wederkoms beëindig word. Reg wat het ons tot dusvêr bespreek? Daar is iets soos geestelike gesag. Gelowiges behoort die geestelike gesag wat hulle van Jesus ontvang, uit te oefen. Die konteks waarbinne ons geestelike gesag moet uitoefen is, in ʼn oorlog situasie tussen God drie-enig en die mens aan die een kant, en Satan saam met sy volgelinge aan die ander kant. BETEKENIS: OUTORITEIT/GESAG EN KRAG/MAG Daar is in die Bybel ʼn verskil tussen outoriteit oftewel gesag en krag en mag. Dit is nodig om net kortliks op die verskil te let want onkunde hieroor veroorsaak groot verwarring in die Kerk van Jesus Christus. MATTHEW 10:1 AND JESUS summoned to Him His twelve disciples and gave them power and authority over unclean spirits, to drive them out, and to cure all kinds of disease and all kinds of weakness and infirmity 6 Om iets te laat gebeur, is daar twee dinge nodig naamlik: 1. Krag/Mag. (Vermoë om iets te laat gebeur.) 2. Outoriteit/gesag. (Inwerkingstelling van daardie vermoë.) VERDUIDELIKING ESKOM verskaf elektrisiteit aan ʼn huis. Dis is die krag. As bewoner van die huis het jy die gesag om die krag te gebruik. Jy gebruik jou gesag as jy die skakelaar aansit en die lig kom aan. Hier is twee dinge wat ons mooi moet verstaan: 1. ESKOM verskaf die krag, maar gaan hulle jou skakelaar aansit? Nee. Kan ESKOM in jou huis inkom en jou ligskakelaar aansit? Nee, want hulle het nie die outoriteit om dit te doen nie. Die krag van die Heilige Gees is in jou, maar wie het die gesag 6 The amplified Bible, containing the amplified Old Testament and the amplified New Testament. 1987 (Mt 10:1). La Habra, CA: The Lockman Foundation. Page 7 of 11

om dit te gebruik? Jy. Kan jy sommer net sê, krag begin skyn in die kombuis? Nee, want daar is ʼn prosedure wat jy moet volg. (Verkeersman) 2. Hier is die tweede ding. Kan jy sommer net by jou buurman se huis instap en sy kombuislig aansit? Nee. Hoekom nie? Jy het nie die gesag om dit te doen nie. Hier is ʼn laaste vraag aangaande die verskil tussen krag en outoriteit. Kan ek krag onwettig gebruik? Ja. Ek kan krag onwettig gebruik as ek nie die outoriteit het om die krag wat ek het, te gebruik nie. Byvoorbeeld: Bakkie oor snelheidsgrens ry. Kan probleme kry. Hier is die ding; Almal wat met God die Heilige Gees gedoop is, het krag. ACTS 1:8 But you shall receive power (ability, and might) when the Holy Spirit has come upon you, and you shall be My witnesses in Jerusalem and all Judea and Samaria and to the ends of the earth Ons het almal geestelike krag. (ESKOM) Die vrae is; het jy die outoriteit? (Is jy binne jou eie huis.) Weet jy hoe om jou gesag te gebruik? (Aansit van die ligskakelaar) Ons gesels nie vandag oor geestelike krag nie. Ons het dit. Die vraag is; ken u, u outoriteit en weet u hoe om dit toe te pas? SFERE VAN OUTORITEIT Ek meen dat alle gelowiges in sekere sfere dieselfde outoriteit het, want ons is almal vir sekere dinge verantwoordelik. Dan is daar spesifieke verantwoordelikhede en outoriteit wat nie op almal van toepassing is nie. Algemene Outoriteit Alle gelowiges het outoriteit oor; Jou verstand; jy kan bepaal watter gedagtes jy verwerp en watter jy aanvaar. Indien bose en onrein geeste jou wil aanval, het jy die outoriteit om daarmee te deel. Jou gesindheid; Jy kan besluit of die glas halfvol of halfleeg is. Jou sondige natuur. Jou lewe. Van jou kant af, jou verhouding met ander mense. Man is die een wat sy gesin teen geestelike aanvalle moet verdedig. Hoe doen mens dit? (Voorbeeld van Dawid) Haal die brand pyle uit jou vrou of kinders se rug uit Page 8 of 11

(God maak een oggend vroeg wakker en sitkamer en buite, is vol geeste-jaag weg) Ouers het geestelike gesag oor hulle kinders. Jy kan vir hulle beskerming bid en hulle seën. Spesifieke Outoriteit Dit is n situasie waar God die Heilige Gees n spesifieke gelowige vir n spesifieke taak waar geestelike outoriteit benodig word, gebruik. Ek meen dat geestelike outoriteit aan n Goddelike aanstelling en mandaat gekoppel is. Voorbeelde 1. Moses word aangestel om die volk Israel uit Egipte na die beloofde land te lei. In die proses het hy geestelike gesag ontvang om verskeie bo-natuurlike dade verrig. 2. Samuel is as priester en volksleier aangestel en in die proses het hy groot geestelike gesag gehad. 3. Elia is as profeet aangestel en het die geestelike gesag om groot bo-natuurlike wonderwerke te doen, gehad. 4. Die Bybel leer in die nuwe testament dat sommige gelowiges as Apostels, Profete, Herders, leraars en Evangeliste aangestel kan word. Ek dink dat hierdie mense spesifieke geestelike gesag ontvang om hulle take te verrig. 5. Outoriteit in werksituasie. WAAROP IS GEESTELIKE GESAG GEFUNDEER? Geestelike outoriteit is op vyf dinge gebaseer: DIE NAAM VAN JESUS Ek en jy kan niks doen as ons dit nie in die naam van Jesus doen nie. Dit is hoekom Petrus vir die verlamde man gesê het; In die Naam van Jesus Christus, die Nasarener, staan op en loop! DOPING VAN GOD DIE HEILIGE GEES Sonder die doping van die Heilige Gees, kan u en ek, niks doen nie. Ons kan heilig leef, ons kan nederig wees, ons kan geloof hê, ons kan die regte teologie hê, maar sonder die doping kan ons geen outoriteit uitoefen nie. Jesus het eers met Sy bediening begin, toe Hy met die Heilige Gees gedoop is. Page 9 of 11

MANDAAT Dit is baie belangrik, want alle outoriteit is aan n mandaat gekoppel. Die mandaat bepaal die grense van ons outoriteit. As jy wil weet wat is jou geestelike outoriteit, vra wat is jou verantwoordelikheid. Het u ʼn opdrag van God ontvang om iets vir Hom in Kaapstad te doen? Indien nie, het u geen geestelike outoriteit daar nie. Het u ʼn mandaat van Jesus ontvang om die toordokters en hekse in ons area aan te vat? Indien nie, los hulle uit. Kan u geestelike outoriteit vergroot word? Ja. Onthou net, groter verantwoordelikhede kom met ʼn prys. Is u bereid om die prys te betaal? DIE WOORDE VAN GOD HEB 4:12 For the Word that God speaks is alive and full of power. U en ek behoort geestelik daarop ingestel te wees om te spreek wat God wil hê ons moet spreek. HEILIGE EN GEHOORSAME LEWE Ons kan nie op enige geestelike outoriteit aanspraak maak as ons ʼn ongehoorsame lewe aan God lei nie. Moenie verwag God aan u geestelike outoriteit sal gee as u rebels is of nie self gesag wil aanvaar nie. PRAKTIESE VOORBEELDE VAN DIE BEOEFENING VAN GEESTELIKE OUTORITEIT Ek kan slegs vir u skets hoe geestelike outoriteit werk deur te vertel van my persoonlike ondervinding daarvan. ALGEMENE LESSE Ek het die volgende algemene lesse geleer: 1. Soms moet u geestelike outoriteit demonstreer. (Verkeersman) Bv. As jy iets bind, demonstreer dit. As jy vir iemand se genesing bid, haal die siekte uit. As jy ʼn verklaring maak, wys jou vinger of bal jou vuis. 2. Praat met gesag en beslistheid. 3. Identifiseer die gees waarmee jy praat en wees spesifiek. 4. Gee duidelike en spesifieke opdragte. (Gees van twisgierigheid) 5. Moenie arrogant wees nie. 6. Hanteer met respek. Page 10 of 11

7. Moenie emosioneel raak nie. PRAKTIESE VOORBEELDE 1. Profesie: Raadsvergadering. 2. Matsulu: Bestraf krag wat afgegaan het. 3. Verjaag demone uit huis. 4. Weerstaan tandpyn. 5. Bestraf siekte. 6. Verbreek vloeke. 7. Spreek die weer aan. 8. Bevryding. SAMEVATTING Geestelike outoriteit bekragtig jou om dinge vir God te doen. Ons het almal die krag van God die Heilige Gees in ons. Ons het gesag ontvang om binne ons verantwoordelikheidgebied, God se krag uit te oefen, om ʼn verskil in God se Koninkryk te maak. Ek stel voor dat u almal seker maak wat die mandaat is wat u van God ontvang het. Waar is die plekke waar u ʼn verantwoordelikheid het? Maak seker by God oor hoe Hy verwag jy jou gesag moet uitleef. Indien u dit doen, kan ek u waarborg, u lewe gaan verander. Mag Jesus Christus die eer kry! AMEN Page 11 of 11