ENKELE OPMERKINGS OOR CALVYN SE LEER MET BETREKKING TOT DIE VOORSIENIGHEID VAN GOD VANUIT DIE SKRIF 1 PROF. GDS SMIT 2

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

n Prins word die Skaapwagter

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Waar is God as ons swaarkry?

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Les 6 vir 10 November 2018

Van Vervolger tot Prediker

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Pretoria- 23 Junie 2012

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Die maan en sy rol in ons wereld *

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

'N NUWE LEWE VAN VREDE MET GOD. Deur: JNS (Kobus) Pretorius BTh(Hons)

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Catharina Maria Conradie

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Addendum A Consent form

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Wat kan die kerk doen?

Uitverkiesing en Predestinasie? Nick Maartens

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

KATEGISMUSPREKE Twee-en-vyftig preke oor die Heidelbergse Kategismus

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Oorsig van navorsingstuk

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Les 6 SABBATMIDDAG Leesverwysings vir hierdie week se les: Geheueteks:

GOD SOEWEREIN Vir Ons en Deur Ons

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Luister na God. enlewe vir ewig

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Die betekenis van die kruis (1)

Die. Gereformeerde. Geloof

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Inhoudsopgawe. God se wonderlike skepping en evolusie

Transcription:

1 ENKELE OPMERKINGS OOR CALVYN SE LEER MET BETREKKING TOT DIE VOORSIENIGHEID VAN GOD VANUIT DIE SKRIF 1 OPSOMMING PROF. GDS SMIT 2 Die voorsienigheid van God is een van die temas waaroor die kerkhervormer, Johannes Calvyn, breedvoerig geskryf en gepreek het. Baie gereformeerde gelowiges het nie probleme om die leer aangaande die voorsienigheid van God te aanvaar solank dit met hulle goed gaan nie, maar baie sukkel om vrede te maak met die leer wanneer teëspoed oor hulle pad kom. Calvyn het hom nie blind gehou vir dié eg-menslike vraagstuk nie, maar wys die gelowiges daarop dat die mens die voorsienigheid van God nie kan verstaan as dit nie vanuit die vertrekpunt van die geloof geneem word nie. Teenoor verskillende standpunte wat deur die eeue gehuldig is oor die voorsienigheid van God, veral met betrekking tot die oorsprong van die kwaad, kom leer Calvyn ons oor die absolute beheer van God oor alle aspekte van die skepping goeie en slegte. Daar is geen oomblik dat God Hom van die skepping sal onttrek, of onttrek het nie. Die mens moet volgens Calvyn berus in die woorde van Paulus in Romeine 11:36 dat alle dinge uit Hom en deur Hom en tot Hom is, syne is die heerlikheid tot in alle ewigheid. INLEIDING In die skoot word die lot gewerp, maar elke beslissing daarvan kom van die HERE (Spreuke 16:33) 3. So beskryf die Spreukedigter die voorsienigheid van God as n voorsienigheid waarby die menslike planne en -lewe in die Raad van God opgeneem word. Wanneer ons oor die voorsienigheid van God besin, merk Boice 4 tereg op: There is probably no point at which the Christian doctrine of God comes more into conflict with contemporary worldviews than in the matter of God s providence. Die meeste Christene wat ek ken, praat oor die voorsienigheid van God as goeie dinge met hulle gebeur, of as iets wat hulle self nie kan verklaar nie, oor hulle pad kom. Iemand stop uit die bloute om te help om die pap wiel om te ruil, of die verkeer was die dag toe jy betyds by die vergadering moes wees, so rustig dat jy op jou tyd vir die vergadering kon sit en voorberei; die dag toe n persoon nie sy water- en ligte rekening kon betaal nie, en n tjek vir die presiese bedrag in sy posbus gelê het; die keer toe n geliefde siek was en mediese behandeling gevind word wat genees net toe die hoop wou beskaam; die motorongeluk wat menslik gesproke jou lewe moes eis, en jy klim ongeskonde uit die wrak. Hierdie dinge gebeur, en wanneer dit gebeur, gebruik ons gewoonlik die woord voorsienigheid in die verduideliking van wat gebeur het. So, vir baie Christene het voorsienigheid sinoniem geword met voorspoed of geluk. Waar ons in gereformeerde kringe praat oor geluk, sal iemand dadelik byvoeg dat ons nie in geluk glo nie, maar in die voorsienigheid van God. 1 Referaat gelewer tydens die eerste Calvyn-simposium van die AKB gehou op Saterdag 30 Oktober 2010. 2 Prof. Smit is hoof van die departement Nuwe Testament aan die Afrikaanse Protestantse Akademie. 3 Die Bybel : Ou Vertaling. c1954. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. 4 Boice, J.M. s.a. The sovereign God, in Foundations of Christian Faith.

2 Om die woord voorsienigheid te gebruik om na spesifieke, onverklaarbare Goddelike seëninge te verwys, is nie verkeerd nie. Ons moet egter bewus wees dat die woord voorsienigheid in die Bybelse sin baie wyer verstaan word as die beperkte verstaan daarvan deur baie gelowiges vandag. Die woord kom byna glad nie in vertalings van die Bybel voor nie, en tog is dit een van die mees prinsipiële leerstellinge van die gereformeerde tradisie. In die antwoord op vraag 11 antwoord die Westminster Konfessie 5 dat God se werke van voorsienigheid gesoek moet word in sy onderhouding van alle skepsels en in al hulle handelinge. God se voorsienigheid hou alle skepsels in stand, betrek God by alle gebeure in die hemel en op die aarde, en bestuur alle dinge na n vasgestelde eindpunt. Volgens dié belydenis staan God se voorsienigheid dus nie alleen voorop in die onderhouding van die skepping nie, maar ook in alle menslike handelinge. God se voorsienigheid hou nie net die skepping in stand nie, maar dit beteken dat God in beheer is van alle gebeure in die hemel en op die aarde, en dat alles na n deur-god-vasgeselde-eindpunt beweeg. VERSKILLENDE STANDPUNTE OOR DIE VOORSIENIGHEID VAN GOD Oor God se voorsienigheid het Johannes Calvyn breedvoerig geskryf en gepreek. Die standpunte van Calvyn ten opsigte van die voorsienigheid van God, was egter n saak van voortdurende teologiese debat deur die eeue. Heyns het probeer om hierdie moeilike vraagstuk eers te benader vanuit die oogpunt van n nie-gelowige, om te probeer verklaar waarom baie mense worstel om die gereformeerde standpunte oor die voorsienigheid van God te aanvaar. Heyns 6 meen: Die gebeure waaraan ons lewe onderwerp is, is so dubbelsinnig en by tye selfs so evident (sic!) onsinnig dat dit moeilik te rym is met die Bybelse God van liefde en orde. Die katastrofale gebeurtenisse van natuurrampe en nog soveel meer, is n onloënbare bevestiging van die klaarblyklike sinloosheid van die menslike bestaan en die waarom van hierdie geteisterde lewe, en groei by baie mense uit tot n onontwykbare konklusie: daarom kan God nie goed wees nie, daarom kan Hy nie aan die beheer van alles wees nie, ja daarom kan Hy nie bestaan nie!. Heyns het geensins die Calvinistiese leer oor die voorsienigheid van God verwerp het nie, maar hy probeer deur hierdie stelling die kompleksiteit van die vraagstuk oor die voorsienigheid van God uitdruk as dit nie vanuit n geloofsoogpunt beskou word nie. Enkele jare later skryf Heyns 7 : Maar ek weet ook ek is nie uitgelewer aan blinde en redelose magte, of aan n God wat moet stry om weer beheer oor sy skepping te verower nie. God regeer. Hy sal nie eers eenmaal regeer nie. Hy regeer nou. Calvyn se standpunt oor die voorsienigheid van God was egter nie die enigste standpunt waarmee gelowiges deur die eeue heen te doene gekry het nie. König 8 meld dat daar basies 4 belangrike, en soms uiteenlopende, standpunte deur die eeue was oor die vraag oor God se voorsienigheid: i) Augustinus (AD 354-430) leer dat God alles goed geskep het, maar dat die sondeval die goeie van die skepping kom beroof het. Die mens staan vir die kwaad verantwoordelik as gevolg van die sonde en daarom verdien hulle God se straf. God beskik die goeie. Die kwaad kom vervolgens nie van God af nie, maar van die mens, of van die wêreld, of van die bose magte van die duisternis, alhoewel God beheer uitoefen oor die kwaad. 5 Smith, M. H. 1990. Westminster Confession of Faith. Index created by Christian Classics Foundation. Greenville SC: Greenville Presbyterian Theological Seminary Press. 6 Heyns, J.A. 1978. Dogmatiek. Pretoria: NG Kerkboekhandel, p. 144. 7 Heyns, J.A. 1992. Hoe God nou regeer. Die Kerkbode 150(24), p. 4 8 König, A. 2001. God waarom lyk die wêreld só? Kan ons sê: God is in beheer?. Lux Verbi.BM

3 ii) Thomas Aquinas (AD 1125-1274) beskou kwaad as n afwesigheid van die goeie. n Blinde oog mis sy goeie eienskap, naamlik dat hy nie kan sien nie en daarom is hy blind. Vir Thomas Aquinas was die kwaad nie in God se wil nie, want God wil net die goeie. Dit is duidelik uit sy teologie oor die voorsienigheid dat God in beheer is van die goeie en die reine en dat Satan in beheer is van die slegte en die sonde. God kan wel die kwaad gebruik om die goeie te bewerkstellig, maar Hy is nie in beheer daarvan nie. Die vraag is egter: as God nie direk in beheer is van die slegte nie, het Hy geen beheer daaroor nie? Dat die slegte buite God se wil is, kan ons aanvaar, maar dat God nie beheer het oor die slegte nie, is n leerstuk wat vreemd is aan die Skrif en die gereformeerde belydenis. iii) Die derde standpunt is dié van Johannes Calvyn. Calvyn se standpunt oor die voorsienigheid was dat God alle dinge tot in die fynste besonderhede bepaal het. Daarom is Calvyn huiwerig om die begrip toelating te gebruik as dit kom by die verduideliking van die oorsprong van die sonde. Hy meen dat God geensins by die sonde betrek kan word nie: Hy laat nie net die sonde toe nie, dit is in sy Raadsplan opgevat. Calvyn maak verder onderskeid tussen God se verborge wil en God se geopenbaarde wil. Sy geopenbaarde wil is in die Skrif saamgevat en sy verborge wil bestaan in die vrae van die alledaagse lewe. God se geopenbaarde wil is duidelik en verstaanbaar, maar God se verborge wil, waaronder die toelating van die kwaad, is deurgaans onduidelik en daarom moet die mens daarin berus. iv) Jacob Arminius (AD 1559-1609) was die vader van die remonstransie - die beweging wat die hervormers se verduideliking van die Goddelike uitverkiesing verwerp het en geleer het dat die mens n vrye wil het om vír of téén God te kies 9. Arminius het geleer dat God mag het oor kwaad en goed, maar dat Hy gekies het om afstand te doen van die mag oor die sonde, sodat die mens self daarvoor óf daarteen kan kies. Die mens is volgens Arminius n tabula rasa ( n skoon leiklip) wat sonder sonde gebore word 10. Deur die ouers, die samelewing, vriende, die wêreld, die bose en op die ou end, die kind self, word die kind aan slegte en goeie voorbeelde blootgestel en hang dit van die mens af of hy goed of sleg kies. Die keuses wat die mens uitoefen in sy/haar lewe bepaal hulle saligheid voor God. Arminius verwerp dus die standpunt dat die mens alleen uit genade gered word. Hy erken dat Christus se versoening nodig is vir die redding van die mens, maar hy aanvaar dat die mens self n aandeel daarin het. Hy werk dus saam met God om gered te word (sinergisme) 11. Uit die werk van König 12 is dit duidelik dat hy nie die voorsienigheidsleer van Johannes Calvyn of die leer van Augustinus oor die erfsonde aanvaar nie. Ons sal egter aan die hand van enkele voorbeelde uit die Skrif kan aantoon dat Calvyn se leer oor die voorsienigheid van God in lyn met die Skrif is. 9 Die Dordtse Leërreels is in 1618-1619 op skrif gestel as n gereformeerde antwoord op die leer van die Remonstrante. 10 Arminius verwerp dus Augustinus se leer oor die erfsonde. 11 Sinergisme dit is die leer van die Armeniane dat die mens en God saamwerk aan die mens se verlossing. God gooi die reddingsboei (dit is Christus) na die verdrinkende mens, maar dit hang van die mens af of hy die reddingsboei gryp of bedank. 12 König, A. 2001. a.w., p. 192-196.

4 CALVYN SE LEER OOR DIE VOORSIENIGHEID VAN GOD Dit is nie moontlik om in die beperkte tyd vandag n volledige oorsig te gee oor die leer van Calvyn met betrekking tot die voorsienigheid van God soos dit in elke Bybelgedeelte na vore kom nie. Ek gaan my dus beperk tot enkele belangrike pennestrepe en dié wat belangstel kan gerus die verwysings in die voetnote op u tyd nagaan.ons let kortliks op enkele belangrike standpunte van Calvyn met betrekking tot die voorsienigheid van God met spesifieke verwysing na die Skriftuurlike bewysplase. Teenoor die Stoïsyne wat geleer het dat God nie in beheer van die skepping is nie, maar dat Hy geskep het en Hom toe van die wêreld onttrek het, om slegs soms in die skepping in te gryp as die mens homself of die skepping op vernietiging afstuur, leer Calvyn 13 dat God nie alleen geskep het nie, maar in beheer is van die skepping. Dit het alreeds begin toe God die mens in die tuin van Eden laat woon het. God het voorsiening gemaak vir die behoeftes van die mens deur plante te gee om van te lewe 14. Ná die sondeval het God die mens gestraf, maar nie verstoot nie 15, n bewys dat Hy die mens na sy beeld geskape het en hulle gewil het. Dit beteken egter nie vir Calvyn 16 dat God die skepping sou verhoed om volgens vaste reëls en natuurwette te opereer nie, maar Hy sou in beheer daarvan bly, sodat niks sonder sy wil sal geskied nie. Calvyn sê: God het die son laat stilstaan in Josua se tyd (Josua 10:13) om te bewys dat die son nie net opkom en weer sak omdat dit sy natuur is nie, maar omdat God dit so wil en omdat Hy die son se geheue verfris om dit môre weer te doen 17. Daarom hoort noodlot en geluk nie in die Christen se woordeskat nie 18, want God is in beheer van alle wette en gebeure. In sy kommentaar op Genesis 11 oor die gebeure by die toring van Babel, kom Calvyn tot n baie belangrike en interessante gevolgtrekking oor God se beheer oor nasies en hulle lotgevalle. Ons lees in Genesis 11 dat die mense n toring bou om hulle eenheid sigbaar voor te stel en om na die hemel te reik waar God is 19, sodat God besluit om die mense oor die aarde te verstrooi en hulle taal te verwar 20. Vir sommige eksegete 21 is die onderskeid tussen nasies en tale n teken van God se straf, wat met die pinkstergebeure herstel word toe almal weer in hul eie taal (soos een taal) die evangelie kon hoor 22. Die toring van Babel word deur sulkes gesien as n blote daad van God se straf: When God cursed them, the curse brought new divisions between them in the form of different languages, so that the plan ( scattering over the earth was part of the plan ) might still be fulfilled. They were scattered and unable to unite. Thus the depths of human division, now inseparable from our concept of nationhood and national identity, are the result of the curse of God and are not necessarily to be glorified in. Calvyn 23 merk egter op dat die poging om te verenig die oorsaak van God se straf was, en die taalverskeidenheid was n daad van God se genade, al was dit in straf opgesluit. God het 13 Calvyn, J. Institusie (Inst.) van die Christelike Godsdiens, I, xvi, 8 en Calvyn, J. De Aeterna Dei Praedestinatione, in Opera (Brunswick, 1870), VIII. 14 Calvyn, Kommentaar op Gen. 1:11-12. 15 Calvyn, Kommentaar op Gen. 1:14-24. 16 Inst., I, xvi, 2. 17 Inst., I, xvi, 2. 18 Inst. I, xvi, 7. 19 Gen. 11:3-4. 20 Gen. 11:7-8 21 Dieleman, A. 1999. "Pentecost: Babel Reversed". Internet: http://www.trinitycrc.org/sermons/ac02v04.html en Bucknell, P.J. 2007. Unity and Diversity. A living commentary. Internet: http://www.foundationsforfreedom.net/. 22 Hand. 2:1-12. 23 Calvyn, Kommentaar op Gen. 11:8.

5 reeds die mense verstrooi toe Hy Adam en Eva, en later Kain en Abel die wêreld ingestuur het. Die verskeidenheid van mense en tale moet volgens Calvyn nie gereken word as straf nie, maar as n teken van God se genade. Die straf lê vir Calvyn in die verstrooing, nie in die verskeidenheid nie 24. In God se straf is sy genade om die mens te behou ingesluit en kom sy voorsienigheid duidelik na vore. In n ander voorbeeld, verwys Calvyn na die verwoesting van die wêreld in die dae van Noag 25. Toe het daar n reënboog oor die verwoeste aarde verskyn, met die belofte dat Hy nie weer op dié manier sal verwoes nie. Met die aankondiging van sy straf oor Adam en Eva se oortreding en hulle verbanning uit die paradys, gee Hy die belofte van Een uit haar nageslag wat die slang se kop sal vermorsel 26. Dwarsdeur sy kommentare wys Calvyn hoe God se voorsienigheid selfs in die mees onhoudbare situasies die einddoel van die skepping is, en hoedat God beheer uitoefen oor die skepping 27, oor die wêreld 28, oor die lot van nasies 29, oor die mens se geboorte 30, oor die mens se suksesse en foute 31, oor die dinge wat oënskynlik klein en nietig is 32, in die bewaring van die regverdige 33, in die voorsiening aan die mens se behoeftes 34, in die beantwoording van gebede 35, in die onbloting van die goddelose en in sy straf 36. Dit is volgens Calvyn ook die boodskap van die boek Ester 37, selfs al verskyn God se naam nie daar nie. GOD SE VOORSIENIGHEID EN DIE KWAAD Op verskeie plekke in die Bybel worstel gelowiges met die vraag waarom dit nie altyd goed gaan met die goeies en sleg gaan met die slegtes nie? As God die gelowige liefhet, waarom maak sy voorsienigheid ruimte vir die kwaad en vir teëspoed in hulle lewe? Die wêreld leer dat die bose in beheer van die skepping is, want hoe kan kwaad geassosieer word met n goeie God wat aktief is in sy heerskappy van die skepping? Daar is natuurlike rampe: vuur, aardbewings, oorstromings; daar is oorloë en hongersnood en daar is bedrog en haat dinge wat nie by n God van liefde tuishoort nie. Mense noem hierdie rampe selfs acts of God. Is God daarvoor verantwoordelik? Calvyn het hom nie blind gestaar teen dié eg-menslike vraagstuk nie. Daar is seker nie nog n teoloog wat hierdie kwessie meer breedvoerig bespreek het as Johannes Calvyn nie. Calvyn was in sy teologie in die grootste mate beïnvloed deur die kerkvader Augustinus. In sy institusie haal Calvyn feitlik op elke bladsy vir Augustinus aan om die aard van die Christelike godsdiens te verduidelik. Oor die toelating van die kwaad verduidelik Calvyn 38 na 24 Calvyn, Komm. op Gen. 11:8 But those whom the Lord had before distributed with honor in various abodes, he now ignominiously scatters, driving them hither and thither like the members of a lacerated body. 25 Gen. 6-8. 26 Gen. 3:16. 27 Calvyn, Kommentaar op Ps. 103:19; Dan. 4:35; Ef. 1:11. 28 Calvyn, Kommentaar op Job 37; Pss. 104:14; 135:6; Matt. 5:45. 29 Calvyn, Kommentaar op Job 12:23; Pss. 22:28; 66:7; Hand. 17:26. 30 Calvyn, Kommentaar op 1 Sam. 16:1; Ps. 139:16; Jes. 45:5; Gal. 1:15-16. 31 Calvyn, Kommentaar op Ps. 75:6, 7; Luk. 1:52. 32 Calvyn, Kommentaar op Spr. 16:33; Matt. 10:30. 33 Calvyn, Kommentaar op Pss. 4:8; 5:12; 63:8; 121:3; Rom. 8:28. 34 Calvyn, Kommentaar op Gen. 22:8, 14; Deut. 8:3; Flp. 4:19. 35 Calvyn, Kommentaar op 1 Sam. 1:19; Jes. 20:5, 6; 2 Kron. 33:13; Ps. 65:2; Matt. 7:7; Luk. 18:7, 8. 36 Calvyn, Kommentaar op Pss. 7:12-13; 11:6. 37 Calvyn, Kommentaar op Ester. 38 lnst.,i, xviii, 3.

6 aanleiding van Augustinus dat God dikwels deur die eeue goddelose mense gebruik om sy goddelike wil te laat geskied. Dink aan die voorbeeld van Kores wat deur God gebruik word om die ballinge geleentheid te gee om terug te keer na Jerusalem en hulle selfs finansieel in staat stel om die tempel van God te herbou 39. Calvyn verduidelik dat God se wil eenvoudig is om te verstaan, indien n mens bereid is om dit te verstaan, en jou nie blind staar teen die ongeloofsargumente wat baie aanvoer teen God se voorsienigheid nie 40. Hy 41 meen: niks bewys God se heerskappy oor die mens meer as die feit dat sy wil oor die mens se wil seëvier nie. Die voorsienigheid van God, wat deur Calvyn ook God se Raadsbesluit genoem word, word geensins gekanselleer deur teëspoed in die gelowige se lewe nie. Inteendeel, as die gelowige opreg aan die soewereiniteit van God glo, is daar niks waaroor God nie beheer uitoefen nie. Dit is logies dat Calvyn nie sy antwoorde op hierdie vrae in die natuur of in die natuurwetenskap gaan soek nie, maar diep gaan delf het in die Skrif om nugter, dog gelowige antwoorde, op hierdie belangrike vrae te formuleer. Volgens Calvyn 42 bewerk God aan die einde altyd die goeie uit die kwaad, en gebruik selfs die kwaad om die regverdige te toets en dié wat Hy liefhet te dissiplineer 43, en alhoewel gelowiges nie in alle opsigte hier-en-nou altyd die voorsienigheid van God besef nie, het hulle die troos dat God sy kinders eenmaal vir goed van die kwaad sal verlos, en die bose sal vernietig 44. Toe Abraham vir sy seun gesê het: God sal voorsien, 45 wou hy daarmee nie maar net te kenne gee dat God vooraf met die toekoms bekend is nie, maar hy wou ook sy kommer oor n onbekende saak aan God se wil onderwerp, omdat Hy gewoonlik in moeilikheid en verwarring uitkoms gee. Die gevolgtrekking daaruit is dat sy voorsienigheid in handeling geleë is 46. Hier kan verwys word na Christus se woorde dat Hy en die Vader van die begin af nog altyd werk, asook na Paulus se onderwysing dat ons in Hom lewe, beweeg en is. Dit is ook wat die skrywer van die brief aan die Hebreërs bedoel wanneer hy die Goddelikheid van Christus wil bewys en sê dat alles deur sy magtige wil onderhou word. Volgens Calvyn 47 weet ons dat die wêreld veral ter wille van die mensdom geskep is, en moet ons ook hierdie doelstelling in die regering daarvan raaksien. Die profeet Jeremia 48 verkondig dit luid: Ek weet, Here, dat die weë van die mens nie sy eie is nie en dat dit nie vir n man beskore is om sy voetstappe te rig nie. Ook Salomo sê 49 : Die skrede van die mens is van die Here, en hoe sal die mens sy weg verstaan? Calvyn 50 verduidelik lyding in verband met God se voorsienigheid so: As Josef in die herkenning van sy broers se verraad bly vassteek het, sou hy nooit n broederlike gesindheid teenoor hulle kon aanneem nie. Maar omdat hy sy gemoed tot die Here gewend het, het hy hulle onreg vergeet en is tot sagmoedigheid en toegeeflikheid beweeg sodat hy sy broers selfs kon vertroos en kon sê: Dit is nie julle wat my in Egipte verkoop het nie, maar ek is deur die 39 Vgl. Nehemia 2. 40 Kommentaar op Eseg. 18:23. 41 Inst., I, xviii, 3. 42 Calvyn, Kommentaar op Gen. 50:20, Hand. 2:23; 4:27-28. 43 Calvyn, Kommentaar op Matt. 4:1-11; Heb. 12:4-14. 44 Calvyn, Kommentaar op Openb. 21:27; 22:14-15. 45 Ge. 22:8. 46 Inst. I, xvi, 4. 47 Inst. I, xiv, 22. 48 Jer. 10:23. 49 Spreuke 20:24. 50 Inst. I, xvii, 8.

7 wil van God voor julle uitgestuur om julle lewens te red 51 en later: Julle het wel kwaad teen my bedink, maar die Here het dit in goed verander. 52 As Job hom sou verset het teen die Galdeërs wat hom geteister het, sou hy dadelik in toorn ontbrand het, maar omdat hy daarin ook die werk van die Here herken, vertroos hy homself met die volgende pragtige verklaring: Die Here het gegee; die Here het geneem; die Naam van die Here sy geloofd 53. As Dawid 54 op Simeï ag sou geslaan het toe hy Dawid met vervloeking en klippe aangeval het, sou hy sy manskappe tot weerwraak op hom aangehits het. Omdat hy besef het dat Simeï dit nie sonder toedoen van die Here doen nie, kalmeer hy hulle eerder. Hy sê aan hulle: Laat hom begaan, omdat die Here hom beveel het om my te vloek. As daar dan geen doeltreffender middel teen toorn en onverdraagsaamheid is nie, het iemand waarlik baie vordering gemaak as hy geleer het om oor die voorsienigheid van God só na te dink dat hy altyd kan onthou: Dit was die wil van die Here; daarom moet ek dit verdra nie alleen omdat ek sy wil nie mag weerstrewe nie, maar omdat Hy niks wil wat nie regverdig en voordelig is nie. 55 Kortom leer Calvyn 56 in dié verband: wanneer ons onregverdig deur ons medemens skade aangedoen is, moet ons hulle boosheid buite rekening laat omdat hulle boosheid niks anders bereik as om ons smarte te verhoog en ons tot wraak op te skerp nie. Verder moet ons daaraan gedagtig wees om tot God op te klim, en ons moet leer om vas en seker aan te neem dat alles wat ons vyande uit goddeloosheid teen ons gepleeg het, deur sy regverdige beskikking toegelaat en oor ons gestuur is. SLOTOPMERKINGS Daar is n aantal beginsels wat ons moet snap oor die voorsienigheid van God soos dit deur die Skrif aan ons gestel en deur Johannes Calvyn vir ons verduidelik word. Dit is belangrik om hierdie beginsels te glo en te verstaan om sodoende te verstaan Wie God is, en hoe Hy totale beheer oor die skepping uitoefen. Dit is onmoontlik om in die huidige omstandighede van ons land en die toestand van die wêreld enige troos te hê, as die troos nie daarin bestaan dat God altyd in beheer is nie. Verstaan jy die boodskap van God se voorsienigheid? Kan jy God se voorsienigheid in jou eie lewe raaksien? Verstaan jy dat God n Plan het? Sien jy in dat almal, goddelose en godvresende, uiteindelik in God se diens is? Sien jy vanuit die Skrif dat God selfs die goddeloses wat Hy gebruik het om sy Plan te verwesenlik, self verantwoordelik hou vir hulle goddeloosheid? Verstaan jy dat lyding nie straf is nie? Dan verstaan jy eers wat die voorsienigheid van God, soos Johannes Calvyn dit vir ons kom verduidelik het, beteken. En uiteindelik kan ons saam met Calvyn bely: Want uit Hom, en deur Hom, en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen. (Rom. 11:36). 51 Gen. 45:8. 52 Gen. 50:20. 53 Job. 1:21. 54 2 Sam. 16:10. 55 Inst. I, xvii, 8. 56 Inst. I, xvii, 8