Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Les 6 vir 10 November 2018

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Nuwe Lied Bediening. Parashah 31: Emor Spreek, Praat, Sê.

Parashah 17: Yitro (יתרו) (Jetro)

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Midrash (Torah Bespreking)

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Parashah 23: Pekudei (פקודי) Berekening. Haftorah: 1 Kon. 7:51 tot 8:21 Geen Heerlikheid sonder Torah nie!

Van Vervolger tot Prediker

Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 8: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE DAG VAN VERSOENING (YOM KIPPUR)

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Ons Hebreeuse Wortels

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Doen Eers n Kosteberekening

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

1. Aanbiddingswette Wie en hoe aanbid word - Dit kan tog nooit verander nie. Hierby is ingesluit, wette wat spesifiek teen 'n heidense gebruik se insl

Nuwe Lied Bediening. Parashah 5: Chayei Sarah Die Lewenjare van Sarah

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

Parashah 27: Tazria (תזריע) Swanger word

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Parashah 41: Pinchas (פינחס) Pinehas. Midrash (Torah Bespreking) In Die Midde Van Sonde Geen Vrede Nie!

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Nuwe Lied Bediening. Parashah 13: Sh mot Name

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Nuwe Lied Bediening. Parashah 10: Miketz Aan die Einde

Parashah 44: D varim (דברים) Woorde

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Haftorah: Jer. 7:21 tot 8:3 en Jer. 9:22 en 23 Offer met n Besnyde Hart

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Parashah 15: Bo (בוא) (Gaan / kom in aksie) Ex. 12:14 Pesag, Wedergeboorte en Bekering

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Pretoria- 23 Junie 2012

Parashah 51: Nitzavim (נצבים) Wanneer Jy Staan. Deut. 29:14 en 15 Ook Die Wat Nie Vandag Hier Staan Nie.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Ps.119:89 Parashah 21 Ki Tissa = Oplig Ex.30:11-34:35 1Kon Luk.11:14-20; Hand.7:35-8:1; 1Kor.8:4-13;10:1-13; 2Kor.3:1-18

Parashah 34: B midbar (במדבר) In Die Wildernis

Die maan en sy rol in ons wereld *

Transcription:

1 Nuwe Lied Bediening Hy het n nuwe lied in my mond gegee, n lofprysing tot ons God sodat baie dit sal sien en respekvol vrees en op Yahuah vertrou. Ps.40:3. Yeshua is die Boom van die Lewe. Wanneer ons die Torah bestudeer moet ons יהוה onthou dat Yeshua Die Gesalfde Een die Lewende Torah is die Woord van wat vlees geword het die Torah van Malki-Tzedek. Hy is die weg na die waarheid wat lewe gee die Lewende Manna wat uit die hemel gestuur is. Sonder Yeshua wat deur die Afgesonderde Gees in ons, en deur ons lewe, sal die Torah van יהוה net die dooie letter van die wet wees!! Yeshua is die hart van die Vader! Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek het met Moshe gepraat en gesê: Praat met Aharon en sê vir hom: As jy die lampe יהוה opsteek, moet die sewe lampe aan die voorkant van die lampstaander lig gee. Num. 8:1 en 2 PWL 1 Torah: Num. 8:1 tot 12:16. Haftorah: Sag. 2:10 tot 4:7 Nuwe Verbond: Rom. 1:1; Gal. 1:15; Heb. 4:14 tot 5:10; Heb. 7:1 tot 28; Heb. 9:23 tot 25; 1 Kor. 10:10; 1 Kor. 11:1; Open 14:4; Fil. 2:14. Vorige jare se notas vir Parashah 36 kan afgelaai word by: http://nuwelied.info/?page_id=1182. The greatest test of whether the holiness we profess to seek or to attain is truth and life will be whether it produces an increasing humility in us. In man, humility is the one thing needed to allow God s holiness to dwell in him and shine through him. The chief mark of counterfeit holiness is lack of humility. The holiest will be the humblest Andrew Murray. Pride must die in you, or nothing of heaven can live in you Andrew Murray. The highest glory of the creature is in being only a vessel, to receive and enjoy and show forth the glory of God. It can do this only as it is willing to be nothing in itself, that God may be all. Water always fills first the lowest places. The lower, the emptier a man lies before God, the speedier and the fuller will be the inflow of the diving glory Andrew Murray. Many saints cannot distinguish inspiration from emotion. Actually these two can be defined readily. Emotion always enters from man s outside, whereas inspiration originates with the Holy Spirit in man s spirit Watchman Nee. 1 Alle teksverwysings is geneem uit PWL (Pad van Waarheid tot die Lewe) Vertaling (www.padwlewe.ch), behalwe waar anders vermeld. Om n kopie van die Bybel te bekom kan Gerrie Coetzee per e-pos by gerrie@padwlewe.ch gekontak word of telefonies by 074 361 2134.

2 The more you have to live for, the less you need to live on. Those who make acquisition their goal never have enough Sydney Harris. Torah Bespreking Hersiening In Num. 1:1 tot 10:10, en dus in hierdie week se Torahskriflesing, gee Moshe nog die laaste instruksies en onderrig aan Yisra el voordat hulle wildernistog na die Beloofde Land sal begin. Yisra el moes as n afgesonderde, rein en eensgesinde volk deur die wildernis na die Beloofde Land trek, anders sal יהוה nie hulle Beskermer en Voorsiener wees nie! Liefde vir wees! en naasteliefde sou hulle redding en behoud יהוה Ons vorige Torahskriflesing, naamlik Naso, het geëindig waar die twaalf stamhoofde die inwydingsgawes vir die tabernakel gebring het (Num. 7:1 tot 88). Dan lees ons in Num. 7:89 die volgende: Wanneer Moshe in die Tent van Ontmoeting ingegaan het om met Hom te praat, het hy die Stem met hom hoor praat van bo die Toedekking af wat op die ark van die Getuienis is, van tussen die twee gérubs uit. So het Hy met hom gepraat. Nou dat Yisra el op die punt staan om na die Beloofde Land Kanaän te trek, praat יהוה nie meer met Moshe op die berg Sinai nie, maar wel van bo die Toedekking (versoendeksel) wat op die ark van die Getuienis is, van tussen die twee gérubs uit. In die ark was die Getuienis, naamlik die Tien Gebooie (Woorde) en daarom moet ons besef dat elke Woord van God is gefundeer op hierdie Tien Woorde wat die basis van Torah, naamlik van al יהוה se onderrig en instruksies is van Genesis tot Openbaring!! In Num. 12:8 lees ons dat יהוה direk (hoorbaar) met Moshe gepraat het mond tot mond, openlik en nie deur raaisels nie! Met geen ander profeet van die ou verbond het יהוה op dié wyse gepraat nie. Wanneer Moshe dus met die volk gepraat het, was dit so goed soos יהוה self wat gepraat het. Ten spyte van hierdie voorreg was Moshe baie nederig, meer as al die ander mense op die aardbodem (Num. 12:3)! Daarom is Moshe n sinnebeeld van Yeshua wat ook direk van die Vader gehoor het. Soos Moshe het Yeshua gekom om te dien en nie gedien te word nie (Matt. 20:28) en het Hy slegs gepraat van dit wat Hy by die Vader gesien het (Joh. 8:38). Vandag praat die Vader ook direk met ons deur Sy Woord openlik en nie deur raaisels nie! Maar ons moet nie dieselfde fout as Yisra el van ouds maak nie, naamlik om יהוה se Woord te hoor, maar dit nie te doen nie! Dit is ook baie belangrik om te onthou dat Moshe slegs in die Tent van Ontmoeting (die Tabernakel) kon ingaan omrede hy rein en afgesonderd was. Moshe het geweet dat God -יהוה van elkeen wat in Sy Teenwoordigheid wil staan en Sy stem wil hoor, vereis om afgesonderd te wees soos wat יהוה afgesonderd is. Om afgesonderd te wees soos wat יהוה Afgesonderd is, is n opdrag van beide die ou- en die nuwe verbond. Daarom het Petrus Lev. 11:44 aangehaal toe hy geskryf het:

3 13 Bind daarom die heupe van julle verstand vas, wees volkome waaksaam en verwag die onverdiende guns wat julle deel word by die openbaring van Yeshua, Die Gesalfde Een, 14 soos gehoorsame kinders en moenie weer deel kry aan julle vorige begeertes wat julle sonder kennis begeer het nie, 15 maar wees afgesonderdes in al julle lewenswyses, soos wat Hy wat julle geroep het, afgesonderd is 16 omdat daar geskrywe is: Wees afgesonderd, soos Ek afgesonderd is. 1Pet. 1:13-16. Reiniging Van Die Leviete In Num. 8:5 tot 26 word die reiniging van die Leviete wat as priesters in die tabernakel sou dien beskryf. יהוה het vir Moshe gesê: Vat die Leviete onder die seuns van Yisra el uit en reinig hulle (Num. 8:6). Om te reinig is om suiwer te maak, moreel skoon te wees; om eg te wees en om onvervals te wees. As koninklike priesters van Malki-Tzedek moet ons ook gereinig word. Torahgehoorsaamheid is יהוה se detoks-proses wat ons reinig en wat ons daagliks moet ondergaan deur belydenis en wassing met die Woord alvorens ons dienswerk in God Koninkryk verrig. Wat is n ware Torahleefwyse? Die doel van ons studie van Torah is nie net om kennis (inligting) te versamel nie! Dit is nie n intellektuele oefening nie! Nee, n ware Torahleefwyse gaan oor transformasie (verandering, metamorfose, herskepping en suiwering) en die doel is om gelykvormig aan Yeshua, die Lewende Torah, te word!! Dit is n voortdurende tansformasie van die eie-ek en van ons onmiddelike omgewing. Dit is om deel van יהוה se oplossing te wees vir n wêreld wat verlore gaan en om nie deel van die probleem te wees nie! Gehoorsaamheid aan Torah is: Ons pad terug om geskape te wees na die beeld van ons Skepper (Gen. 1:26) en nie na die beeld van Adam nie (Gen. 5:3). Dit is om terug te keer na die ou paaie, die goeie pad, en daarin te loop (Jer. 6:16) die pad wat ons voorvaders, Avraham, Yitz gak en Ya akov gewandel het (Mal. 4:6). Die vernuwing van ons gemoed om gelykvormig aan Yeshua te wees (Rom. 8:29 en Rom 12:2). Ons suiwerste begeerte (ware doelwit) moet wees om herskep te word tot die beeld van ons Skepper!! Ons word alleenlik deur vertroue gered, maar ons werke van vertroue is bevestiging en bewys dat ons deur die Afgesonderde Gees gelei word. Ons skeppingsdoel is eerstens geestelik, maar tog ook fisies. יהוה is Gees en ons gehoorsaamheid aan die geestelike beginsels en gesag van ons Skepper moet in ons fisiese lewe manifesteer. n Torahgehoorsame leefwyse is die pad van reiniging en afgesonderdheid. Soos ons al dikwels bespreek het, moet ons waak teen dit wat ons onrein (tamei) kan maak. Soos die Leviete is ons geroep en afgesonder om gereinig te word en rein te lewe. In dié verband het ek die volgende verduideliking in n e-pos ontvang: Corruption means to take away the pureness of something. Our purest desire should not be to work, not to try to be financially independent or to be happy but to serve our

4 Creator by living our created image. Our created image to be in the image and likeness of our Creator (Gen 1:26). Most of us and our forefathers are corrupted due to the worldly systems that pressurise us into doing things the worldly way. BUT if we return to reprogram our minds and hearts according to the Scriptural instructions, we find ourselves in the world but receiving not from the world (Rom 12:1-3). Obedience to the instructions (TORAH) given by our Creator is the guideline back to our created image, the conforming of our thoughts allow us to live the created likeness. (Rom 12:1-3) Bepeins of Bespreek 1. Het ons die volle openbaring en begrip van wat dit beteken dat God -יהוה afgesonderd is en dat ons ook afgesonderd soos Hy moet wees? Onthou: God did not save us to make us happy, but to make us holy!! In Gees en Waarheid Vader praat eerstens met ons deur Sy Woord en tweedens deur Sy Afgesonderde Gees. Daarom is ons verhouding met Vader-God hoofsaaklik gefundeer op ons kennis en insig van Sy Woord, asook ons gehoorsaamheid aan Sy onderrig en instruksies. Hoe meer tyd ons spandeer om na יהוה se woorde te luister, soos dit vir ons in die Afgesonderde Skrifte opgeteken is, en hoe meer ons ywer om daarvolgens te lewe, hoe meer sal ons van die Karakter en Outoriteit van יהוה verstaan en hoe meer intiem sal ons verhouding wees! En dan, die belangrikste, hoe duideliker sal ons die stem van die Afgesonderde Gees hoor! Moshe het die stem van יהוה gehoor en God in Gees en Waarheid gedien! Ons strewe is ook om יהוה in Gees en Waarheid te dien en te aanbid! Ons lees in Joh. 4:23-24 waar Yeshua met n vrou van Shomrom praat en die volgende sê: 23 maar daar kom n tyd en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in Gees en waarheid sal aanbid, want die Vader soek dié wat Hom só aanbid. 24 God is Gees en dit is toepaslik dat hulle wat Hom aanbid, in Gees en waarheid aanbid. Eerstens moet ons daarop let dat Yeshua praat van die ware aanbidders van die Vader. By implikasie beteken dit dat daar ook diegene is wat nie ware aanbidders van die Vader is nie! Met ander woorde daar is diegene wat die Vader aanbid, maar hulle word nie gereken as as ware (egte) aanbidders nie en kan dus beskou word as vals (onegte) aanbidders! Wat beteken dit om te aanbid? Om te aanbid is om eer te betoon, te bewonder, verootmoediging; neer te buig; plat op die aangesig in bewondering te lê en n nederige onderdanigheid met n gesindheid van absolute bewondering. Hierdie handeling en demonstrasie is egter nie volgens יהוה se maatstaf die bewys van ware aanbidders nie, want die persoon wat n afgod aanbid kan op soortgelyke wyse handel (optree). Die handeling, of die wyse wat aanbid word, bepaal dus nie of dit ware aanbidders van יהוה is nie. Nee, ware aanbidders word gekenmerk as diegene wat in Gees en in Waarheid die Vader aanbid! By die wat nie ware aanbidders is nie, ontbreek die Gees van God, asook die Waarheid van God. Derhalwe moet ons die betekenis van in Gees en in Waarheid ondersoek om te verstaan wie ware aanbidders van die Vader is. Die vraag is dus: Hoe word die Vader in Gees aanbid en hoe word die Vader in Waarheid aanbid? In Gees

5 Om in Gees en Waarheid te aanbid beteken, eerstens, om met die Afgesonderde Gees gevul te wees en dit gaan hand-aan-hand met Torahgehoorsaamheid, naamlik om met Torah gevul te wees! Torahgehoorsaamheid is die voorvereiste om met die Afgesonderde Gees gedoop te word. Die Afgesonderde Gees is die Karakter en Outoriteit van יהוה soos wat dit in Sy Torah (die wet) openbaar word en in die tien gebooie opgesom word. Yeshua, Die Gesalfde Een, is die vleesgeworde Torah van יהוה (Joh. 1:14). Ware aanbidding is dus Torah gefokus. Ware aanbidding is dus om deur die Gees in die Karakter en Outoriteit van יהוה se Torah soos deur Yeshua vervul is, eer te betoon, te bewonder, jouself te verootmoediging, neer te buig en met nederigheid plat op die aangesig in absolute bewondering te lê. Daarom kan die gelowige wat יהוה se Torah as uitgedien verwerp nie n ware aanbidder wees nie, want die Gees is die openbaring van יהוה se Torah wat ons leer en herinner aan alles wat deur Yeshua gesê het (Joh. 14:26)!! Ware aanbidding sonder die Gees van Torah is יהוה onmoontlik! In Waarheid Die Afgesonderde Gees is die Gees van Waarheid! maar wanneer Hy, die Gees van die Waarheid, gekom het. Joh. 6:13...en dit is die Gees wat getuig, want die Gees is die Waarheid. 1Joh. 5:7 Die Skrifte getuig ook dat יהוה se Torah die waarheid is!! Die respekvolle vrees van יהוה is rein: dit hou aan vir ewig; die oordele (Torah) van Ps. 19:10 is waarheid: hulle is volkome regverdig. יהוה U onpartydige opregtheid is vir ewig en U wet (Torah) is waarheid. Ps. 119:142 U, o,יהוה is naby en al U opdragte (Torah) is waarheid. Ps. 119:151 Hiervolgens is dit ook duidelik dat elkeen wat יהוה se Torah verwerp, nie in waarheid kan aanbid nie, want יהוה se Torah is die Waarheid!! Vader-God soek diegene wat Torah-gehoorsaam in Yeshua is, want dit is alleenlik hulle wat Hom in Gees en in Waarheid kan aanbid. Vertroue in Yeshua as Middelaar tot sondevergifnis en versoening met,יהוה en wat opgevolg word deur n sielsbegeerte tot gehoorsaamheid aan se Torah soos dit in Yeshua vervul is, onderskei die ware (egte) aanbidders van die vals יהוה (onegte) aanbidders. Diegene wat nie in Gees en Waarheid aanbid nie, is diegene wat hulself as vry van die Torah van Yeshua beskou. Geen gelowige kan dus in Gees en in Waarheid aanbid indien יהוה se Torah verwerp word! Die gelowige wat verklaar dat hy vry van יהוה se wet (Torah) is, aanbid met n onrein gees (met onrein lippe) die leuen! Ons lees in Jes. 6:5 die volgende woorde uit die mond van die profeet Yesha yahu: Wee my, ek is vernietig, want ek is n man van onrein lippe en ek woon onder n volk van onrein lippe, want my oë het die Koning,, Tzva ot -יהוה gesien! Telkens wanneer Yisra el in Torah-ongehoorsaamheid verval het, het hulle lippe onrein יהוה geword, want die woorde wat hulle by Sinai gespreek het, naamlik: Al die woorde wat

6 gesê het, sal ons doen (Ex. 24:3), het n leuen geword. Yisra el se reinheid het in onreinheid verander! Daarom het Yesha yahu (Jesaja), toe hy die visioen van die manifestasie van יהוה se Teenwoordigeid in die tempel ervaar het, uitgeroep: Wee my, ek is vernietig, want ek is n man van onrein lippe en ek woon onder n volk van onrein lippe! Yesha yahu het onder die diepe besef van sy eie sonde gekom, asook onder die besef van die sonde van die volk onder wie hy woon, en dus van sy eie onwaardigheid vanweë sy onreinheid om in יהוה se teenwoordigheid te staan. Yesha yahu het geweet dat dit wat onrein is, nie in God se teenwoordigheid kan of mag staan nie. Maar waar daar n besef van sonde, naamlik die oortreding van Torah is, wat met opregte belydenis en berou gepaard gaan, daar is die onverdiende guns van יהוה oorvloedig. Daarom sê Yesha yahu: 6 Toe het een van die serafs na my toe gevlieg met n brandende kooltjie in sy hand, wat hy met n tang van die altaar afgehaal het. 7 Hy het my mond aangeraak en gesê: Let op, dit het jou lippe aangeraak en jou wetsoortreding is weggevat en jou sonde is vergewe. Jes. 6:6 en 7. Yesha yahu se oortreding van sy sonde is vergewe deur n brandende kool vanaf die brandofferaltaar die plek waar daar vir die sondes van die volk geoffer was. Nou het Yesha yahu se onreinheid in reinheid verander. Sy onrein lippe was nou lippe van reinheid en hy was gereed om as profeet na die volk te gaan om hulle te waarsku van יהוה se naderende strafgerigte indien hulle nie terugkeer tot Torahgehoorsaamheid nie. Wedergeboorte is om ook soos Yisra el van ouds te bely dat al die woorde wat יהוה deur Yeshua gespreek het, sal ons doen..!! Ons rein lippe het egter in onrein lippe verander weens ons Torahongehoorsaamheid, soos minagting van die Shabbatgebod, asook van die Vasgestelde Tye en Vader se Voedselvoorskrifte. Ons onrein lippe het gemaak dat ons nie in Gees en Waarheid aanbid nie!! Wanneer ons egter soos Yesha yahu met berou tot die besef van ons onreinheid kom, sal n brandende kool van יהוה se brandofferaltaar, naamlik van die folterpaal waaraan Yeshua gehang het tot vergifnis van ons sonde, ook ons lippe aanraak sodat ons weer rein kan word. Wanneer ons dan voortgaan om met ywer die onpartydige opregtheid van Torahgehoorsaamheid soos in Yeshua vervul is te doen, dan is ons ware aanbidders wat יהוה in Gees en Waarheid aanbid! Onthou: Volgens Hebreeuse denke is Torahgehoorsaamheid die hoogste vorm van aanbidding! Lofprysing (aanbidding) deur sang en musiek is slegs n uitvloeisel van ware aanbidding deur vertroue in Yeshua, maar wat in Torahgehoorsaamheid gefundeer is! Die sigbare handeling tydens aanbidding en die demonstratiewe wyse wat aanbid word, bepaal dus nie of ons ware aanbidders van יהוה is nie. Nota: Lees ook die artikel: Met Watter Gees Is Jy Gevul? wat afgelaai kan word deur op die volgende skakel te kliek GB1.Jan14WatterGees. Bepeins of Bespreek 1. Meestal word aanbidding beskou as musiek en sang wat dikwels ook gepaardgaan met dans en die swaai van banniere (vlae). Ons moet in die verband egter daarop bedag wees dat musiek en sang emosies kan verwek wat dikwels foutiewelik as die werking van die Afgesonderde Gees beskou word. Ons kan maklik verlei word om te dink dat dit wat ons

7 voel of ervaar, is יהוה se nabyheid of teenwoordigheid. Ware aanbidding is nie afhanklik van menslike vermoëns of talent nie! Dit kan wel genotvol wees en die siel bevredig, maar soos alle aardse dinge is dit tydelik van aard en nie vervullend nie. Onthou: die hart is bedrieglik (Jer. 17:9). 2. Is aanbidding in Gees en Waarheid grootliks vervang met vermaak? Byeenkomste raak n sielservaring en nie n ware geestelike ervaring wat n blywende innerlike verandering tot gevolg het nie! Verwys ook 2 Tim. 4:3-4. Haftorah Bespreking Ons Hoofpriester en deur Sy Gees! Ons Haftorahskriflesing (Sag. 2:10 tot 4:7) herinner ons aan Yeshua, ons Ewige Hoofpriester, asook dat ons nie uit eie krag in יהוה se Koninkryk diens moet doen nie, maar deur Sy Gees! Z kharyah (Sagaria) was n profeet en n priester. Sy bediening was gedurende die sesde eeu voor Messias en het begin na die terugkeer van die Jode uit Babiloniese ballingskap. Hy was deel van die stam van Y hudah wat na Yerushalayim teruggekeer het om die tempel te herbou. In Hebreeus beteken sy naam יהוה onthou en sy profetiese bediening getuig van die feit dat in beheer is en dat Hy die getroue Verbondsgod is (Deut. 7:9) wat elke woord wat deur יהוה Sy profete gespreek is, sal waarmaak. Soos die profesie van Z kharyah aangaande die eerste koms van Yeshua vervul was, so sal die tweede koms van Yeshua ook vervul word. Daarom sê hy vir Yisra el: Sing van vreugde en wees bly, o dogter van Tziyon, want let op, Ek kom en sal in jou midde bly, verklaar.יהוה Sag. 2:10. Ons Ewige Hoëprister In die vierde gesig wat Z kharyah gesien het (Sag. 3:1 tot 10), vind ons n heenwysing na Yeshua ons Ewige Hoofpriester. Toe het Hy Y hoshua, die hoofpriester, vir my gewys waar hy voor die boodskapper van יהוה staan en die teëstander wat aan sy regterhand staan om hom te beskuldig. Sag. 3:1. Y hoshua beteken יהוה het verlos. Daarom is Sag. 3:1 tot 10 n profetiese sinnebeeld van Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Ewige Hoofpriester volgens die orde van Malki-Tzedek. Die volgende ooreenkomste tussen Y hoshua (Sag. 3:1 tot 10) en Yeshua bevestig dit: Vers 1: Beide se naam impliseer dieselfde, naamlik dat יהוה is Verlosser en beide is hoofpriesters. Vers 1: Beide is deur Satan aangekla en versoek. Vers 3: Beide is met vuil klere bekleed. Yeshua was egter sonder sonde, maar het ons kleed van sonde aangetrek toe hy aan die folterpaal gesterf het.

8 Vers 4 en 5: Beide se skuld is weggeneem en beide is met rein klere beklee. Yeshua het die skuldlas van die mens weggeneem en elkeen wat in Hom vertrou met n rein kleed van onpartydige opregtheid beklee. Vers 7: Beide het in onpartydige opregtheid gewandel om as regter oor Yisra el aangestel te word. Verse 8 en 9 is ook n heenwyssing na Yeshua, Die Gesalfde Een. 8 Luister en hoor nou, Y hoshua, die hoofpriester, jy en jou vriende wat voor jou sit; inderdaad is hulle manne wat n teken is, want let op, Ek gaan My Dienskneg, die Spruit, inbring, 9 want let op, die steen wat Ek voor Y hoshua gelê het; op een steen is sewe oë. Let op, Ek sal n inskrywing daarop graveer, verklaar Tzva ot -יהוה en Ek sal die onregverdigheid van daardie land op een dag verwyder. In Sag. 6:12 lees ons datyeshua die Kneg en Spruit is wat sal kom. Sê dan vir hom: So sê : Tzva ot -יהוה Let op, daar kom n Man wie se Naam Spruit is, want Hy sal uitspruit van waar Hy is en Hy sal die tempel van יהוה bou. Beide Yesha yahu en Yirmeyahu Jeremia) profeteer ook oor die Spruit van יהוה wat sal kom (Jes. 4:2; 11:1; Jer. 23:5; 33:15). Yeshua is ook die tempel waarin God -יהוה in Sy volheid woon. Hy is die een wat groter as die tempel is (Matt. 12:6). Daarom is n aardse tempel nie meer nodig nie, want in Yeshua is ons ook die tempel van God (1Kor. 6:19; 2Kor. 6:16). Daar word ook na Yeshua as die Steen verwys. Hy is die Goeie Herder en die Steen wat die bouers verwerp het, maar wat die Hoof Hoeksteen geword het (Ps. 118:22; Matt. 21:42). Hy is die Steen die beproefde en kosbare Hoeksteen wat vas gegrondves is sodat elkeen wat glo nie teleurgesteld (beskaamd) sal wees nie (Jes. 28:16; Rom. 9:33; 1 Pet. 2:4 en 7). Op hierdie Steen is daar sewe oë wat verwys na die sewe Geeste wat voor יהוה se troon is (Open. 1:4; 3:1; 4:5 en 6:4), naamlik Yeshua die Alef-Tav, op wie die Gees van יהוה rus, die gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van יהוה (Jes. 11:1 en 2). Elkeen wat op hierdie Steen waarop יהוה gegraveer het vertrou, se skuld sal in een dag uitgewis word (Sag. 3:9). Hierdie is profeties van Yeshua se versoeningswerk aan die folterpaal toe hy die skuld van elkeen wat vertrou in Yeshua as Die Gesalfde van God, in een dag uitgedelg het. Nie Deur Mag Of Deur Krag Nie. n Verdere ooreenkoms tussen hierdie week se Torah en Haftorah Skriflesing is ten opsigte van die goue kandelaar. Dit vorm deel van die vyfde gesig wat Z kharyah ervaar het, naamlik n goue kandelaar en twee olyfbome. Z kharyah het aanvanklik nie die betekenis hiervan verstaan nie: 5 Die engel wat met my gepraat het, antwoord en sê vir my: Weet jy nie wat hierdie is nie? Ek het gesê: Nee, my meester. 6 Toe sê hy vir my: Dit is die woord van יהוה aan Z rubavel, wat sê: Nie deur mag of deur krag nie, maar deur My Gees, sê. Tzva ot -יהוה Sag. 4:5-6.

9 Ons moet die betekenis hiervan ook sien in die lig daarvan dat sommige Jode aan die einde van die Babiloniese ballingskap teruggekeer het na n verwoeste Yerushalayim en tempel met die doel om dit te herbou. n Onsekere toekoms het op hulle gewag, maar in die gesig wat Z kharyah gesien het, het die engel hom herinner dat die herbou van Yerushalayim en die.יהוה tempel nie deur krag of deur geweld sal plaasvind nie, maar wel deur die Gees van Bogenoemde word bevestig deur die verskil in die kandelaar van die tabernakel en die een wat Z kharyah gesien het. In die gesig wat hy gesien het, blyk dit dat die kandelaar voorsien word van n onuitputlike bron van olie (Sag. 4:2 en 3). Die onuitputlike bron van olie getuig van die Afgesonderde Gees waarmee ons voortdurend gevul word om n lig in n donker wêreld te wees. Dit is die olie van die Afgesonderde Gees wat ons help om יהוה se Koninkryk te herbou nie deur krag of geweld nie, maar deur Sy Gees! In die verband moet ons ook onthou dat Yisra el deur יהוה se mag en krag van die Egiptiese slawejuk bevry was. Met die terugkeer van die Jode uit Babilon het dit ook deur die Gees van plaasgevind. Eerstens het die Afgesonderde Gees in koning Kores se hart die begeerte יהוה opgewek om n bevel uit te reik dat die huis van Y hudah terug mag gaan na Yerushalayim om die tempel te herbou (Esra 1:1 tot 4). Tweedens het die Gees van יהוה in die harte van die huis van Y hudah gewerk om hierdie vrylating aan te neem. Toe het die familiehoofde van Y hudah en Binyamin opgestaan, met die priesters en die Leviete, saam met elkeen wie se gees God opgewek het om op te gaan om die huis van 1:5. wat in Yerushalayim is, te bou. Esra יהוה Elkeen wat gehoor gegee het aan die roepstem van die Afgesonderde Gees het teruggekeer na die land (Kanaän) wat יהוה aan Avraham, Yitz gak en Ya akov belowe het. Hulle was deur die profete ondersteun (Esra 5:2). In die verband skryf Matthew Henry in sy Commentary on the Whole Bible die volgende: Note, The work of God is often carried on very successfully when yet it is carried on very silently, and without the assistance of human force; the gospel-temple is built, not by might or power (for the weapons of our warfare are not carnal), but by the Spirit of the Lord of hosts, whose work on men's consciences is mighty to the pulling down of strongholds; thus the excellency of the power is of God, and not of man. When instruments fail, let us therefore leave it to God to do his work himself by his own Spirit. Bepeins of Bespreek 1. Kan יהוה in die midde van n Torahlose samelewing woon? Lees Lev. 26:1 tot 3, 9. 11, 12 en 14. Die vraag moet ook beantwoord word in die lig van wat sonde is (1 Joh. 3:4). Gaan Torah יהוה se maatstaf gedurende die Millennium wees? Indien nie, is die vraag wat gaan as meetsnoer van sonde gebruik word, want sonder die wet is daar geen sonde nie (Rom. 7:8)? 2. Kan jy die ooreenkoms sien met die terugkeer van die Jode in die tyd van Z kharyah om die tempel te herbou en die hedendaagse terugkeer van Christene na hul Hebreeuse wortels en dus die terugkeer na Torahgehoorsaamheid? Wat is hierdie ooreenkomste? Geskied dit deur krag of geweld of deur die Afgesonderde Gees? Vind dit plaas te midde van teenstand en n onsekere toekoms? Waar is die ware profete om ondersteuning te bied?

10 -o-o-o-o-o-o-o- Ontvang יהוה se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shabbat Shalom. Johan. Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.