Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Similar documents
Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Les 6 vir 10 November 2018

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

n Prins word die Skaapwagter

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Van Vervolger tot Prediker

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Waar is God as ons swaarkry?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Die betekenis van die kruis (1)

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Die maan en sy rol in ons wereld *

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Wat kan die kerk doen?

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Preek Jan Steyn 20 Oktober Teks: Mattheus 8:23-27, Mattheus 14::22-32 Tema: Toe kom Jesus

Lees: Jesaja 1. HK Sondag 33, vraag & antwoord Dordtse Leerreëls 1:13. Teks: Jesaja 1:3, HK Sondag 33, vraag & antwoord 89 & 90

Pretoria- 23 Junie 2012

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

(S1)Verwelkoming: Moenie dat die lewe met jou weghardloop nie; wees in die oomblik en hou jou prioriteite duidelik!

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Community of Practice

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Addendum A Consent form

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

Catharina Maria Conradie

Laat die Woord Getuig

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

Transcription:

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan? Teksgedeelte: Dan 3 Teksvers: Dan 3: 17 18 Braam Krüger 16 Sadrag, Mesag en Abednego het koning Nebukadnesar geantwoord: Ons hoef u nie hierop te antwoord nie. 17Ons het ons God vir wie ons dien. Hy het die mag om ons te red uit die brandende oond, en Hy sal ons ook red uit u mag. 18 Selfs as Hy dit nie doen nie, moet u weet dat ons u god nie sal dien nie, die goue beeld wat u laat oprig het, nie sal aanbid nie. Daar is segswyse wat sê: The road to hell is paved with good intentions. Ek wil vandag so ʼn saak aanspreek. Dit is ʼn onteenseglike feit dat baie mense baie swaar kry. En ons het empatie met die mense. Ons wil hulle troos. En soms gaan ons self deur moeilike tye en ons soek na troos. Hoop. Dit is dan dat ons deur die Bybel begin blaai en soek na boodskappe wat ons kan deurhelp deur die moeilike tye. Ons sê: Die Here belowe Hy sal jou bewaar. Hy soek die goeie vir jou (Jr 29: 11). In nood moet ons maar net die

naam van Jesus uitroep oor die gevaar, want daar is tog geen ander naam op aarde gegee waardeur ons gered word nie (Hd 4: 12). En die verkragter of rower sal wyk as jy met genoeg geloof die Here se naam oproep oor die gevaar. Hierdie is niks anders nie as bygeloof! Jesus word ʼn towerspreuk soos in ʼn kinderstorie of in een of ander heidense godsdiens. (Nie dat mens nie kan of moet bid in tye van nood nie!) In die mees ekstreme vorm lei hierdie benadering tot die voorspoedsteologie. Jy is Koningskind! Prins of prinses! Die Here sorg vir jou! Jy hoef net gelowig te bid en die welvaart en gesondheid is joune! Mens hoef net na die realiteit te kyk om te besef dat hierdie tog nie die waarheid kan wees nie. Almal word siek. Almal sterf. Almal word op een of ander manier slagoffers van iets (verhoudings wat skeefloop, misdaad, ens). Die gevaar is dat jy iemand se geloof kan skade aandoen as jy hom of haar op hierdie manier probeer troos of moed gee. Is ek arm omdat ek nie genoeg geloof het nie? Bid ek ongelowig? Hoekom is my kind dan dood? Hoekom is my kar gesteel? Hoekom gaan my kanker nie weg nie? Is ek nie God se kind nie? Nee-wat. Hierdie soort troos is Jobstroos! Dit klink vroom, maar is vals! Dit is dwaalleer. So hoe moet ons oor hierdie sake dink? Eerstens, alle kwaad kom, direk of indirek, van die Satan af. Sedert die sondeval is daar ellende in die wêreld. En dit oorval almal, ongeag ras, geslag, geloof, status, of wat ook al. Siekte, misdaad, teëspoed, verdiend of onverdiend, is deel van realiteit tot en met die wederkoms. Tweedens, God laat dit toe. Ja, moeilik om te begryp, maar realiteit. Dit is nie dat Hy nie beheer het nie, en Satan kan doen wat hy wil nie, maar binne hierdie bedeling waarin ons woon (voor die wederkoms) het God dit toegelaat dat kwaad oor ons pad kom. Dink maar aan Job. God laat toe, en stel die perke, waarbinne Job beproef/getoets word (1 Kor 10: 13).

Derdens weet ons dat God die kwaad in ons lewe gebruik ter versterking van ons geloof! Selfs al sou ʼn ramp ons tref, selfs as ons sou sterf! In hierdie verband is dit nodig dat ons onderskeid tref tussen die beloftes van die Here aan sy kerk en aan individuele gelowiges. Jer 29: 11 is bv gegee aan Israel/Juda. God beplan hulle terugkeer, hulle sal die Messias voortbring. Dit beteken nie sommige Jode het nie gesterf in proses van ballingskap of tydens die ballingskaptyd nie! In die Nuwe Testament moet ons hierdie eerstens toepas op die kerk! God sal sy kerk ten goede gebruik. Dit is ook die eerste bedoeling van Rm 8: 29. Selfs die feit dat Israel nie meer die uitverkore volk is nie, werk ten goede mee dat die Evangelie ook aan nie-jode verkondig kan word. Maar wat van individue? Daniël se vriende in die oond getuig juis hieroor. Hulle kan sterf of God kan uitred, maar in ieder geval, hulle behoort aan God. En in hulle nood getuig hulle juis oor die Almagtige God voor wie elke knie moet buig. En dit is die vraag aan ons wanneer ons voor ellende te staan kom! Hoe getuig ek hier oor die grote God? Dit is vandag mode op sommige plekke om iemand te kry om jou genadedood toe te dien (eutanasie). Of jy pleeg selfmoord omdat jy nie meer ʼn waardige lewe het nie. Maar God roep ons om oor Hom, die enigste ware God, en Jesus, die enigste naam waardeur daar verlossing uit die sondeskuld moontlik is, te getuig. Juis in hierdie omstandighede te getuig. Daar is egter meer ook. Ons lees daarvan in 1 Pt 1: 5-7. 6 Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings 7 sodat die egtheid van julle geloof getoets kan word. Julle geloof is baie kosbaarder as goud, goud wat vergaan. Selfs die suiwerheid van goud word met vuur getoets, en die egtheid van julle geloof moet ook getoets word, sodat dit lof en heerlikheid en eer waardig mag wees by die wederkoms van Jesus Christus.

Dit is juis die beproewinge wat ons geloof beproef en suiwerder na vore laat kom. As ons leer dat die Here jou altyd en ongeag veilig sal hou, dan ontvlug jy geloofsverryking! Jy ontneem jouself die geleentheid tot geloofsgroei. Daarom is Ps 23:4 so toepaslik! Al gaan ek deur ʼn dal van doodskaduwee, sal ek nie vrees nie... Ja, die een pad is ʼn pad van ontvlugting, van miskenning van die realiteit. Die ander een is een van vertroue op God... omdat ek vir ewig sy kind is in en deur Jesus Christus. Die bekende lied Nearer my God by thee dra juis hierdie boodskap oor: 1. Nearer, my God, to thee, nearer to thee! E'en though it be a cross that raiseth me, still all my song shall be, 2. Though like the wanderer, the sun gone down, darkness be over me, my rest a stone; yet in my dreams I'd be 3. There let the way appear, steps unto heaven; all that thou sendest me, in mercy given; angels to beckon me 4. Then, with my waking thoughts bright with thy praise, out of my stony griefs Bethel I'll raise; so by my woes to be

5. Or if, on joyful wing cleaving the sky, sun, moon, and stars forgot, upward I fly, still all my song shall be,