NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

n Prins word die Skaapwagter

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Van Vervolger tot Prediker

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Doen Eers n Kosteberekening

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Les 6 vir 10 November 2018

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

Ons Hebreeuse Wortels

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Wat Word Bedoel met die Werke van die Wet?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

GEESTELIKE MISHANDELING (Deel 2)

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

IN THE SUPREME COURT OP SOUTH AFRICA. CORBETT, MILLER, JJA et NICHOLAS, AJA

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

Hoofstuk 11: Hemel of Hel Dit is jou keuse!

Midrash (Torah Bespreking)

Parashah 44: D varim (דברים) Woorde

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

Parashah 12: Vayechi (ויחי) En Hy Het Geleef.

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Transcription:

NIE ELKEEN WAT...!! Nie elkeen wat vir My sê: Meester, Meester! Sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matt. 7:21. Het hierdie woorde van Yeshua jou al ooit laat wonder wie is hierdie Nie Elkeen wat...?? Wie is diegene wat sal sê: Meester, Meester, maar wat toegang tot die koninkryk van die hemele geweier word? Het jy jouself al gevra of dit nie moontlik jy is nie? Ek het myself al dié vraag gevra en so behoort jy ook!! Ons vind die antwoord op hierdie vraag in dieselfde teksvers, naamlik dat diegene wat Meester, Meester sê, maar nie die wil van die Vader doen nie, sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! Dit is dus duidelik dat slegs diegene wat Yeshua as Meester aanroep (bely), en wat die wil van die Vader doen, toegang tot die koninkryk van die hemele sal hê. Voldoen jy aan hierdie vereiste? Hoe seker is jy dat jy wel die wil van die Vader doen? Weet jy wat die wil van die Vader is wat jy moet doen? Hierdie is n baie belangrike vraag, want jou ewige lewe hang daarvan af!! Die wil van die Vader is dit wat Hy bepaal het elkeen wat bely dat Yeshua die Messias is, moet doen om in die regte verhouding met Hom te kan lewe. Gehoorsaamheid aan die Vader is Sy wil en is die wyse wat die geregverdigde wat deur geloof gered is, moet lewe. Dit is elkeen se taak om seker te maak dat hy weet wat die wil van die Vader is en om dan seker te maak dat hy aan die wil van die Vader gehoorsaam is. Dit is die mens se enigste waarborg tot die ewige lewe, naamlik: Geloof in Yeshua as Messias wat gepaardgaan met gehoorsaamheid aan die Vader se wil. Hoe seker kan ons hiervan wees? Hoe weet ons dat dit wel die vereiste is? Lees saam met my verse 22 en 23 van Matthéüs 7 waar Yeshua sê: Baie sal in daardie dag vir My sê: Meester, Meester, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedryf en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. 1

Hierdie woorde van Yeshua behoort elkeen wat oortuig is dat hy die koninkryk van die hemele sal ingaan, tot stilstand te ruk om ernstige selfondersoek te doen. Ons word geleer dat elkeen wat bely dat Yeshua die Meester is en wat met sy verstand, wil en emosie glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal gered word (Rom. 10:9 en 10). Is dit dan nie waar dat elkeen wat die Naam van die Meester aanroep gered sal word nie (Rom. 10:13)? In die lig van Matt. 7:21 is die antwoord Nee! Belydenis en geloof alleen is nie voldoende om redding te verseker nie!! Bevestiging hiervan is ondermeer te vinde in die woorde van Yeshua soos vir ons opgeteken is in Matt. 7:13 tot 23. Laat ons dit verder ondersoek. So maklik is dit om te dink dat ons gered is, en die ewige lewe sal beërwe, wanneer ons glo en in die Naam van Yeshua profeteer en duiwels uitdryf en wonderwerke verrig. Hierdie dinge word deur gelowiges beskou as die maatstaf en bewys van redding en geregtigheid. Dit is die maatstaf waaraan geestelike leiers en gemeentes gemeet word. Tekens en wonders in die Naam van Yeshua word beskou as die bewys dat n persoon en n gemeente die wil van die Vader doen en in die regte verhouding met Hom leef, asook die bewys van geestelike herlewing. Dit veroorsaak dat talle mense hierdie geestelike leiers blindelings volg en glo dat hulle, asook as gemeente, gered is en die wil van die Vader doen. MAAR is dit die waarheid??? Nee, nie noodwendig nie, want Yeshua self het gesê dat in die dag van oordeel (daardie dag) sal daar baie wees wat hulleself gaan regverdig deur te sê: Meester, Meester, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedryf en in u Naam baie kragte gedoen nie? Dan gaan Yeshua hulle egter antwoord: Ek het julle nooit geken nie. Hierdie mense het geglo dat hulle die geregtigheid van YHVH in Yeshua Messias is, maar sal op die oordeelsdag uitvind dat YHVH hulle nooit geken het nie. Hulle was dus verblind en mislei en het n leuen geleef en sal ook baie ander mislei. Daarom verwys Yeshua na hulle as valse profete wat in skaapsklere getooi is, maar van binne roofsugtige wolwe is (Matt7:15)! Miskien vra jy nou: Maar hoe is dit moontlik? Ons vind hierdie antwoord ook in vers 22 en 23. Kom ons lees dit weer aandagtig en volledig met die klem op die laaste gedeelte: Baie sal in daardie dag vir My sê: Meester, Meester, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedryf en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf. Yeshua sal in daardie dag vir baie sê dat Hy hulle nie geken het nie, want hulle het wetteloosheid bedryf. Die 1933 Afrikaanse vertaling lees soos volg: Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! Terwyl die 1983 nuwe vertaling soos volg lees: Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree. Enkele ander vertalings van hierdie Skrifgedeelte is soos volg: 2

And then I will declare to them, I never knew you; "depart from Me, those working lawlessness!" (Literal Translation of the Holy Bible) And then will I profess unto them, I never knew you: depart from me, ye that work iniquity.(renewed King James Version)...and then I will acknowledge to them, that I never knew you, depart from me ye who are working lawlessness. (Young s Literal Translation) Then I will say to them openly (publicly), I never knew you; depart from Me, you who act wickedly disregarding My commands. (Amplified Bible) Die Gevolgtrekking Die talle mense wat op die oordeelsdag hulleself gaan probeer regverdig deur te sê: Meester, Meester, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedryf en in u Naam baie kragte gedoen nie, sal deur Yeshua geantwoord word dat Hy hulle nooit geken het nie en dat hulle van Hom af weg moet gaan, want hulle het wetteloos geleef. Hulle wat wetteloosheid bedryf is diegene wat YHVH se wet oortree, naamlik ongeregtigheid werk. Dit is hulle wat YHVH se wet geminag het en dus nie YHVH se wil gedoen het nie. Dit is hulle wat glo dat hulle vry van die wet is. Hulle het dus in sonde geleef, want sonde is wetteloosheid (1 Joh. 3:4): Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid. Hulle wat moedswillig ongehoorsaam aan YHVH die Vader se wil was, sal die rede wees dat nie elkeen wat Meester, Meester sê toegang tot die koninkryk van die hemele sal verkry nie. Tekens en wonders in die Naam van Yeshua is nie die kwalifiserende vereiste vir toegang tot die koninkryk van die hemele nie. Nee, geloof in die vergifnis van sonde deur Yeshua, wat gevolg word deur n geloofslewe van gehoorsaamheid aan die Vader se wil, is die vereiste om die ewige lewe deelagtig te wees. Om Yeshua as Meester te erken en te dien is om aan Hom onderdanig te wees. Hy is die Woord van YHVH wat vlees geword het en hierdie Woord is YHVH (Joh. 1:1 en 14). Yeshua is die sigbare manifistasie van YHVH se wil. Die wil van die Vader vir die mens op aarde is dieselfde as Sy wil wat in die hemel geld. Daarom bid ons: Laat U wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde (Matt 6:10). Die Vader se wil in die hemel is Sy wet, naamlik sy onderrig en instruksies (die Torah) en waarvan die Tien Woorde (Gebooie) die basis vorm. YHVH se wil in die hemel en Sy wil op aarde het nog nooit verander nie. Soos die Tien Gebooie in die hemel steeds geldig is, net so is dit op die aarde ook steeds van krag. Volgens Yeshua se woorde in Matt. 7:21 tot 23 is dit dus baie duidelik dat elkeen wat die wet (die Torah, 3

die wil) van die Vader moedswillig oortree (minag), nie in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie!!! Oortree jy nie die wet van YHVH dalk moedswillig deur te sê dat jy vry van die wet is nie? Glo jy dat al tien gebooie steeds geldig is en dat jy alle pogings moet aanwend om dit te gehoorsaam? Ek is oortuig dat jy minstens nege van die gebooie (probeer) onderhou! Maar wat van die Shabbatsgebod? Verwerp jy hierdie vierde gebod, want jy beskou jouself as vry daarvan? Wat van al die ander onderrig en instruksies van YHVH se Torah (wet)? Dinge soos die voedselvoorskrifte, rein en onrein praktyke en YHVH se feestye van Levitikus 23! Minag jy dit? Is dit nie verwerping van YHVH se wil nie? Indien jy skuldig staan deur moedswillig YHVH se Torah (die wet; tien gebooie) te oortree en te minag, dan doen jy nie die wil van die Vader nie. Jy kan met jou mond bely en in jou hart glo dat Yeshua die Messias is, asook deel wees van die tekens en die wonders wat in die Naam van Yeshua gedoen word en deel wees van gemeente aktiwiteite, asook gereeld jou Bybel lees en bid, maar steeds jou redding mis!! Jy kan glo dat die gawes van die Gees deur jou funksioneer en jy kan ook Meester, Meester! uitroep, maar steeds nie die wil van die Vader doen nie. Die wil van die Vader is eerstens gehoorsaamheid aan Sy wet (Torah). Ongehoorsaamheid aan YHVH se wet sluit die poorte tot die koninkryk van die hemele. Dan sal jy een van die wees waarvoor Yeshua sal sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat wetteloosheid bedryf julle wat Torahloos gelewe het! Not everyone who says to me, Lord, Lord! will enter the Kingdom of Heaven, only those who do what My Father in heaven wants. On that Day many will say to Me, Lord, Lord! Didn t we prophesy in Your Name? Didn t we expel demons in Your Name? Didn t we perform many miracles in Your Name? Then I will tell them to their faces, I never knew you! Get away from me, you workers of lawlessness! (Complete Jewish Bible). Nie elkeen wat vir My sê: My Meester, my Meester, sal ingaan in die Koninkryk van die hemel nie, maar hy wat die wil van My Vader, wat in die hemel is, doen. Op daardie dag sal baie vir My sê: My Meester, my Meester, het ons nie in U Outoriteit en Karakter geprofeteer en in U Outoriteit en Karakter demone uitgedryf en in U Outoriteit en Karakter baie kragtige dade gedoen nie? Dan sal Ek vir hulle sê: Ek het van die begin van tyd af nie met julle n verbondsooreenkoms gehad nie. Gaan ver weg van My af, julle wat teen die wet werk! (PWL Vertaling) Die Nou en die Wye Poort In die lig hiervan kan ons nou Yeshua se vooraf woorde soos in Matt. 7:13 en 14 opgeteken is beter verstaan: 4

Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind. Ons moet besef dat die poort nou en die pad smal is wat na die lewe lei en dat daar min is wat dit sal vind. Let op Yeshua se woorde dat daar min is wat die koninkryk van die hemel sal ingaan. Dit beteken dat baie min van n groot menigte deur die nou poort sal ingaan en op die smal weg wandel en die ewige lewe sal beërwe. Die oorgrote meerderheid sal deur die wye poort ingaan en op die breë weg wandel wat na die verderf lei. Die vraag is nou: Wie is hierdie baie min wat deur die nou poort die smal pad na die lewe vind? Verwys die min mense na die Christene? Ek dink nie so nie, want daar is sowat 2 biljoen mense wat hulleself as Christene beskou en dit is sowat een derde van die huidige totale wêreldbevolking. Een derde kan tog nie as min beskou word nie en verder beteken die Griekse woord vir min (oligos) ook klein en niksbeduidend. Derhalwe is dit n sinvolle gevolgtrekking om te sê dat die min na wie Yeshua verwys, is min van daardie mense wat hulself as Christene beskou. Min van die sowat 2 biljoen Christene sal dus deur die nou poort ingaan en op die smal weg van die ewige lewe wandel. Hoekom? Want die oorgrote meerderheid Chistene beskou hulleself as vry van die Vader se wet Sy Torah. Dit sluit aan by wat Yeshua in verse 21 tot 23 gesê het, naamlik dat baie wat Meester, Meester! sê nie die koninkryk van die hemele sal ingaan nie. Met ander woorde dat baie wat hulself as Christene beskou nie die ewige lewe sal beërwe nie!! My gebede is dat hierdie skrywe jou tot stilstand en selfondersoek sal dwing. Ek vra weereens: Hoe seker is jy dat jy die Koninkryk van die hemel sal ingaan? Hoe seker is jy dat jy in die regte verhouding met YHVH jou Vader leef? Hoe oortuig is jy van die kerkleerstelling dat jy vry van die wet is? Is dit wat Yeshua in Matt 7:21 tot 23 vir ons leer? Nee, want Yeshua leer juis dat alleenlik die wat Torah (die wet) gehoorsaam sal die koninkryk van die hemele ingaan. Die wat wetteloos (Torahloos lewe), sal hy wegstuur. Die Evangelie volgens Lukas stel dit soos volg: En wat noem julle My: Meester, Meester! en doen nie wat Ek sê nie? (Luk 6:46). Jou en my geloof (vertroue) in Yeshua as die Geslagde Lam van YHVH het nie die wet YHVH se Torah tot niet gemaak nie, maar dit juis bevestig (Rom. 3:31)!! Yeshua het nie gekom om die wet (die Torah) tot niet te verklaar nie, maar om dit te bevestig (Matt. 5:17 tot 19). 5

Is jy deel van die min gelowiges in Yeshua wat die koninkryk van die hemel sal ingaan, of is jy deel van die baie wat mislei is en wat toegang geweier gaan word? Hieraan weet ons dat ons Hom ken, as ons Sy opdragte uitvoer. Hy wat sê: Ek ken Hom en Sy opdragte nie uitvoer nie, is n leuenaar en die waarheid is nie in hom nie, maar wie ook al Sy woorde voortdurend uitvoer, in hom het die liefde van God waarlik volmaak geword, want hieraan weet ons dat ons in Hom is:hy wat sê dat hy voortdurend in Hom bly, vir hom is dit nodig om so te leef soos wat Hy geleef het. 1 Joh. 2:3 tot 6 Laat ons elkeen ons eie heil (redding) met vrees en bewing uitwerk (Fil. 2:12). Ontvang YHVH se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shalomgroete Johan E-pos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie. 6