Resensies. Conradie, Ernst Uitverkoop? In gesprek oor... die verbruikerskultuur. Wellington: Lux Verbi.BM. (P.H. Heystek)...

Similar documents
Catharina Maria Conradie

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Die maan en sy rol in ons wereld *

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Les 6 vir 10 November 2018

Community of Practice

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Resensies / Reviews. (P.H. Fick)

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

A KARANGA PERSPECTIVE ON FERTILITY AND BARRENNESS AS BLESSING AND CURSE IN 1 SAMUEL 1:1-2:10

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

SERMON FORMS AS A DIMENSION OF COMMUNICATION IN THE CURRENT WORSHIP CONTEXT IN THE SOUTH KOREAN CHURCHES JONGSEOG HWANG

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Oorsig van navorsingstuk

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

A CURRICULUM FOR COMMUNITY DEVELOPMENT IN PRACTICAL THEOLOGY

Christusprediking uit die Ou Testament. n Nuwe benadering tot n ou probleem? 1

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Pretoria- 23 Junie 2012

Die betekenis van die kruis (1)

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Alfa en Omega. n Studie in die trinitariese denke van Robert Jenson.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

ʼn Verkenning van Tendense in Profetenavorsing

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Resensies / Reviews. Mulder, M.C Israel in Romeinen 10. Zoetermeer: Uitgeverij Boekencentrum. (W.C. Vergeer)

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

DIE VERHOUDING TUSSEN GELOOF AS KENNIS EN GELOOF AS ERVARING IN PREKE VAN DIE NG KERK

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

DOOPKATEGESE, DOOPONDERRIG EN IDENTITEITSVORMING. deur. Eliska Muller. Ingedien as gedeeltelike vereiste vir die graad. MTh in Praktiese Teologie

MOTHEO/XHARIEP HOëRSKOLE ATLETIEK MOTHEO/XHARIEP HIGH SCHOOLS ATHLETICS

HOOFSTUK 6. die Ou Testament in die praxis van die Christelike ge/oofsgemeenskap 1993:18).

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE (Art 163)

n Prins word die Skaapwagter

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Die missio Dei en die bestudering van die Ou Testament

K O'REILLY

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P1

1.1 Inleidend. reslamenl Essays 7(4) 1994.

Resensies. P Barnett, The Second Epistle to the Corinthians (NICNT), Eerdmans, Grand Rapids bladsye. Prys onbekend.

Die betekenis van kerkgeskiedenis vir vandag

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

HOOFSTUK 3. DEKONSTRUKSIE VAN DIE TEKS VAN EFESIëRS 5:21-33

Van Vervolger tot Prediker

THE ADMINISTRATIVE FUNCTIONING OF THE SEVENTH-DAY ADVENTIST CHURCH - A CATALYST FOR CHANGE. Calvin William Plaatjes

Resensies. Nürnberger, Klaus Die Bybel: verantwoordelik lees is krities lees. Wellington: Lux Verbi.BM. (J. Buitendag)...

n Teologiese ondersoek na die rol van toleransie en omarming in die hantering van leerstellige en morele verskille, met verwysing na die

Boeke vir die Seisoen van Luister

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Homiletiese refleksie -1 Korintiers 15:1-20

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Die volgende artikel het oorspronklik in die Kerkbode van 6 Februarie 2015 verskyn. Kyk ook die kommentaar onderaan die artikel.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Die Kalender uit die Skrif

SAMESANG: 38 2:27-28; 4: :1,5 TYDENS EREDIENS:

Calvyn as praktiese teoloog : die bydrae van n teodramatiese paradigma

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Transcription:

Resensies De Groot, C.T. 2010. De leerling en zijn meester: inhoud en doorwerking van Melanchthons visie op de prediking. Apeldoorn: Theologische Universiteit Apeldoorn. (P.H. Fick)........... 503 Naudé, J.A., ed. 2009. The Bible and its translations: colonial and postcolonial encounters with the indigenous. Stellenbosch: Sun Press. (P.H. Botha)... 504 Fokusresensie Conradie, Ernst. 2009. Uitverkoop? In gesprek oor... die verbruikerskultuur. Wellington: Lux Verbi.BM. (P.H. Heystek)... 506 In die Skriflig 44(2) 2010:501 501

502 In die Skriflig 44(2) 2010:501

De Groot, C.T. 2010. De leerling en zijn meester: inhoud en doorwerking van Melanchthons visie op de prediking. Apeldoorn: Theologische Universiteit Apeldoorn. 82 p. Prijs: 9,95. ISBN: 978-90-75847-27-7. (Apeldoornse Studies no. 54.) Resensent: P.H. Fick Skool vir Kerkwetenskappe, Noordwes-Universiteit Vanuit die Teologiese Universiteit Apeldoorn kom daar reeds verskeie jare die bekende en gewaardeerde reeks Apeldoornse Studies, waarvan die werk van De Groot die nuutste is. Die outeur is n Nederlands Gereformeerde predikant te Zeewolde. Hierdie werk is in twee opsigte waardevol. Die eerste is dat dit n historiese lig werp op die beskouing van die prediking in die tyd van die Reformasie. Verbasend min werke wat eksplisiet oor die prediking handel, het uit die pen van die reformatore gekom. In hierdie verband is Melanchthon (1497-1560), die Onderwyser van Wittenberg, n uitsondering. Hy skryf in 1529 n boekie met die titel De officio concionatoris (Oor die taak van die predikant) wat inderdaad as n homiletiek beskryf kan word. Hierdie werk word verder in perspektief geplaas deur die feit dat die uitgewer Johannes Varnier in 1535 in Ulm n publikasie die lig laat sien waarin dit saam met n werk van een van Melanchthon se studente, die sogenaamde Ratio brevis et docta ( n Kort, geleerde verhandeling) gedruk word. Dit word gedoen met n duidelike doel voor oë, naamlik dat die leser die verband tussen die leermeester en sy leerling se werk moet raaksien. In die bestek van vier hoofstukke gee De Groot n inleiding, behandel Melanchthon se besorgdheid vir die prediking in die kerke van die Reformasie, gee bibliografiese gegewens en n analise van die inhoud van die Ratio brevis et docta en n vergelyking tussen die twee betrokke werke. In laasgenoemde hoofstuk gee De Groot ook enkele opmerkings oor die relevansie van die Ratio brevis et docta In die Skriflig 44(2) 2010:503-507 503

vir die hedendaagse homiletiese praktyk. Al hierdie inligting word in die bestek van slegs 28 bladsye gegee n aspek van die werk wat die leser met n amperse onvergenoegdheid laat, aangesien die onderwerp van die homiletiek in die tyd van die Reformasie sekerlik meer aandag verdien en baie vrae by die teoloog laat. Die feit dat Melanchthon en sy student so n belangrike plek vir die retorika in die lewering van preke gee, sorg vir n verdere dimensie van ondersoek. Dit is egter te verstane dat hierdie sake in so n beperkte mate aandag kry, aangesien die waarde en fokus van hierdie boek eerder te vind is in die laaste twee hoofstukke. De Groot se werk is tweedens van besondere waarde omdat dit n vertaling uit die Latyn van die twee betrokke boekies bevat dit is die heel eerste keer dat n vertaling daarvan in druk verskyn. Daarmee word die twee werke toeganklik vir talle studente wat nie Latyn magtig is nie, maar uiteraard Nederlands kan lees. Dit is opmerklik hoe in die Teologie die afgelope aantal jare weer n besondere belangstelling is in die navorsing van primêre bronne. Dit gaan gepaard met die studie van die antieke tale, maar dit is nie vir almal beskore nie. Vir diesulkes is vertalings soos hierdie van groot waarde. De Groot se vertaling is verdienstelik, lees gemaklik en is voorsien van enkele verduidelikende voetnote. Hierdie werk word van harte aanbeveel vir studente in die Teologie met n besondere belangstelling in die Reformasie, die prediking en retorika. Naudé, J.A., ed. 2009. The Bible and its translations: colonial and postcolonial encounters with the indigenous. Stellenbosch: Sun Press. 233 p. Price: R100,00. ISSN: 1015-8758. (Acta theologica supplementum 12.) Reviewer: P.H. Botha Faculty of Theology, North-West University The book highlights aspects of the history of translation as well as the more current issues contemporary translators of the Bible text have to come to grips within modern and present-day translations. Accepting the fact that a translation has authority and life independent of the translator on completion thereof, the translated text is still a product of the translation process influenced by various interpretative, cultural and linguistic problems. 504 In die Skriflig 44(2) 2010:503-507

The book in its entirety has been a delight to read. The various articles/chapters draw attention to diverse aspects of Bible translation which would intrigue the even less academic reader. Obviously the more academic orientated reader would benefit most from the specifics of the book, coaching, teaching, molding and divulging most needed methodologies and approaches to modern Bible translation practices. But, the whole style of the book and the approaches of the various authors compile a book that would benefit the lay person in understanding the complexities of translating the Bible into the text of modern linguistic expression. Some titles of the chapters are quite provocative and demanding of the attention of the reader, vying for immediate and primary reading. Refer for example to the particular chapters of Wehrmeyer and Makutoane and Naudé, Where have all the bishops gone? and Colonial interference in the translations of the Bible into Southern Sotho. This somewhat challenging approach to the focus of a specific chapter does give the book an innate quality over and above that of rival publications. The value of this book, at least for me, lies in the fact that the authors don t shy away from tackling the basic problems of translating ancient texts into modern idioms. The fact that some first translations are still preferred instead of the later modern versions, see the chapters by Lubbe and De Gruchy, asks for an open minded approach negating perhaps the so much loved rigid principles of Bible translation normally adhered to by scholars and striving to find the answers in the historical context of first translations as seen with Moffat s Setswanna Bible (1857). Indeed, the chapters in the book tend to challenge long held believes regarding Bible translation whilst at the same time verifying other principles practiced in the translation processes. To my mind this publication makes a definite contribution to its field of study and one hopes, a lasting impression as well on those battling with the science of translating texts into the indigenous languages of our country. Although the content of this book will most naturally target the academic fraternity first and foremost, it would also benefit the nonacademic reader. I would further suggest that the book as a whole would be quite valuable to prescribe to theology students sensitising them to the whole complexity of preaching the Good News to language groups other than their own. The heterogeneous constitution of our South African society demands a focused and informed approach to Bible translation. In die Skriflig 44(2) 2010:503-507 505

Fokusresensie Conradie, Ernst. 2009. Uitverkoop? In gesprek oor... die verbruikerskultuur. Wellington: Lux Verbi.BM. 237 p. Prys: R119,95. ISBN: 978 07963 1047 7. Resensent: P.H. Heystek Gereformeerde Kerk Pretoria Montanapoort Ernst Conradie is teoloog, navorser en skrywer van formaat. Hy doseer Sistematiese Teologie en Etiek aan die Universiteit van Wes- Kaapland. Sy boek Waar op dees aarde vind mens God? Op soek na n aardse spiritualiteit is in 2007 met die Andrew Murry-prys bekroon. Conradie slaag daarin om jou te nooi om die boek te lees. Hy rig sy uitnodiging wetenskaplik korrek deurdat hy in die inleiding nie op alleenreg wat die onderwerp aanbetref, aanspraak maak nie. Inteendeel, wanneer hy oor die sogenaamde ideologie van ons tyd skryf, stel Conradie dit duidelik dat hierdie boek één aspek ondersoek wat moontlik n oorsaak sou kon wees vir die sogenaamde finansiële krisis wat mense dwarsoor die wêreld, ryk en arm, die afgelope tyd so ingrypend geraak het. Die skrywer ondersoek dus slegs die rol wat die verbruikerskultuur (consumerism) speel in die wêreld waarbinne ons leef. Die boek gaan dus nie oor die verbruikerskultuur op sigself nie, maar meer oor n Christelike beoordeling van hierdie kultuur. Hiermee is die aktualiteit van die boek vir die gelowige leser bevestig. Conradie stel op p. 16: Ten diepste gaan dit oor die invloed van die verbruikerskultuur op die kerk self sodat kerke alte dikwels maar net die verbruikerskultuur weerspieël waarbinne die lede hulle bevind. Die meriete van die boek bestaan daarin dat Conradie n spesiaalspesifieke aanpak het. Nadat in hoofstuk 1 uiteengesit is wat n verbruikerskultuur is, word in die res van die ander hoofstukke verskillende invalshoeke vir kritiek teen die verbruikerskultuur aan die orde gestel. Agtereenvolgens word die leser begelei om op grond van deeglike navorsing wat die skrywer gedoen het, die verbruikerskultuur te beoordeel: Hoofstuk 2: Vrae vanuit n ekologiese perspektief; Hoofstuk 3: Vrae oor ekonomiese geregtigheid; Hoofstuk 4: Vrae oor sosiale en sielkundige aspekte; Hoofstuk 5: Vrae vanuit die perspektief van n deugde-etiek; Hoofstuk 6: Vrae oor mense se verstaansgewoontes; Hoofstuk 7: Vrae oor godsdienstige aspekte. 506 In die Skriflig 44(2) 2010:503-507

In hoofstuk 8 volg enkele gevolgtrekkings. Conradie slaag daarin om die leser ten opsigte van elke hoofstuk met goed geformuleerde (spesifieke en nie-algemene) gevolgtrekkings te bedien. Die boek bevat geweldig baie inligting, maar iets van n filosofiese onderbou is sigbaar. Tersaaklike aanhalings en verwysings na konferensies, uitsprake van kundiges op die gebied, asook die insigte van kerkleiers, getuig daarvan dat die skrywer die onderwerp bemeester. Die boek is veel meer as n populêr-wetenskaplike publikasie en sal dus deur die meer ingeligte leser waardeer word. Conradie se boek word van harte aanbeveel op grond van n prinsipiële en logiese aanpak en beredenering van n moeilike onderwerp; deeglike navorsing; n gemaklike skryfstyl; en n kinderlik-christelike fokus op die mens se verantwoordelikheid om die onderwerp werklik te beoordeel. Om Conradie aan te haal (p. 221): n Mens sal kritiek teen die verbruikerskultuur inderdaad vervlak en verdraai indien jy misluk om waardering te kweek vir daardie dinge wat materieel, liggaamlik en aards is. Die Christelike soeke na transendensie (dit wat die materiële wêreld oorstyg) kan slegs plaasvind op grond van n waardering vir God se immanensie, God se teenwoordigheid in die skepping, in menslike kultuur en in die kerk as die liggaam van Christus. In die Skriflig 44(2) 2010:503-507 507

508 In die Skriflig 44(2) 2010:503-507