Lukas 4: Agtergrond

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Van Vervolger tot Prediker

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Les 6 vir 10 November 2018

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Addendum A Consent form

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Waar is God as ons swaarkry?

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Die betekenis van die kruis (1)

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Pretoria- 23 Junie 2012

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Wat kan die kerk doen?

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Die maan en sy rol in ons wereld *

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

Wisdom Culture 17 APRIL Is Jesus in die Ou Testament?

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY

Community of Practice

Lukas 14: Vooraf

Emotional drainage / Emosionele dreinering

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Transcription:

Lukas 4:21-30 Agtergrond Lukas word soos volg ingedeel: Jesus se bediening in Judea - 1:1-4:13 Jesus se bediening in Galilea 4:14-9:50 Op pad na Jerusalem 9:51-19:27 In Jerusalem 19:28-24:53 Opstanding en Hemelvaart Inleiding n Intreepreek wat totaal skeef geloop het. In plaas van heerlik saam koek en tee na die diens, eindig die gemeente buite die dorp by n krans waar hulle die prediker wil afgooi. Aan die begin van die preek was die luisteraars vol instemming en verwondering. Teen die einde van die preek moet die prediker vlug vir sy lewe. Wat was fout? Was dit n swak preek? Dit kan nie wees nie. Die prediker was immers Jesus, die Seun van God, self ook God. Dan moet die fout lê by die gemeente. Hulle het nie gehou van wat hulle hoor nie. Die boodskap het hulle die hoenders in gemaak. Die boodskap was nie wat hulle wou hoor nie. 1. Wat hulle wou gehoor het? In die antieke wêreld was gemeenskappe solidêr met mekaar, maar wantrouig teenoor buitestanders en onbekendes. In die hedendaagse, Westerse wêreld word n daar n hoë premie daarop geplaas dat alle mense gelyk hanteer word. In die wêreld van die Nuwe Testament was daar egter n groot verskil tussen hoe mense wat deel van jou groep, byvoorbeeld jou familie, stam, dorp en nasie, hanteer is, en hoe dié daarbuite hanteer is. Tussen familielede is goedere en dienste byvoorbeeld vrylik gegee, sonder dat enige teenprestasie verwag is. Binne die stam en dorp is daar weer n streng balans tussen gee en ontvang gehandhaaf, terwyl diegene buite die stam ter enige tyd gekul kon word. Hierdie mense in Nasaret het gehoor van die wonderwerke wat Jesus in Judea gedoen het, en met afwagting uitgesien na soveel beter wonderwerke by hulle. Hy was immers van hulle groep. Hulle sou die voordeel kry bo die ander. Die instemming en verwondering wat by die mense teenwoordig was waaroor ons lees, moet as afwagting verstaan word. Eintlik nie net afwagting nie, so iets van n skeptiese afwagting. Die spreekwoord wat Jesus aanhaal geneesheer, genees jouself het juis dit beteken. Ons wil dit vandag verstaan as sinoniem met haal eers die balk uit jou eie oog. Dit het die betekenis gehad dat jy ook aan jou familie of groep moet doen wat jy aan ander doen. Daarmee saam was natuurlik die afwagting dat Jesus dalk die Messias kon wees. Ons het verlede week daaroor gepraat. Hulle het gehoop op n Messias wat n groot politieke leier sou wees. En as die Messias uit hulle geledere sou kom, soveel te beter.

Wat wou die Jode in Nasaret se sinagoge hoor? n Boodskap vir hulle. n Boodskap wat sê hulle sal bevoordeel word. Maar dit hoor hulle nie by Jesus nie. 2. Wat hulle gehoor het Hulle het gehoor dat Jesus homself as n profeet beskou en dat Hy weet dat geen profeet in sy eie land geëer word nie. Hy Jesus gebruik selfs twee voorbeelde uit die Ou Testament om sy standpunt te staaf. Die eerste voorbeeld is die verhaal van 1 Konings 17. Elia het in opdrag van God voorspel dat dit vir drie en n half jaar nie sou reën nie. Dit het gebeur en aanleiding tot erge hongersnood gegee. God het Elia na n weduwee in Sarfat in Sidon gestuur. Daar sou hy skuiling vind en versorg word. Al het sy net n klein bietjie meel en olie oor gehad, het dit nooit op geraak nie. Terwyl Elia daar was, het haar seun gesterf en het Elia hom opgewek uit die dood. Die tweede voorbeeld is die verhaal van 2 Konings 5. Naäman, die hoof van die leër van koning Aram wat melaats geraak en is op voorstel van n klein Israelitiese meisie wat in die oorlog gebuit is, na Elisa. Elisa het hom genees van sy siekte. Daar is n paar sake wat gemeenskaplik is in hierdie twee verhale. In beide verhale gaan dit oor profete van God. In beide verhale was dit profete vir wie die Jode aan wie Jesus preek baie ontsag gehad het. Beide hierdie profete het wonderwerke verrig in diens van God. Die opvallendste ooreenkoms is egter dat in beide gevalle nie-israeliete die persone was wat deur hierdie wonderwerke bevoordeel is. Mense buite die volk van God het die voordeel uit die wonderwerke getrek. En dit is die punt wat Jesus aan die gemeente in die sinagoge wou tuis bring. Die profete was nie in hulle eie land geëer nie. Maar in vreemde lande, in mense se lewens wat nie deel van die volk van God was nie het God wonderwerke gedoen. Die rede: die volk van God wou nie die profete van God aanvaar nie. Met hierdie voorbeelde sê Jesus iets van sy bediening wat voorlê en ook iets van die houding van die Israeliete. Hy kom dek die tafel vir al die gebeure wat sou volg. Wat sê Jesus van sy bediening: Hy kom verbreed die grense. Hy gee te kenne dat Hy nie net vir Jode gekom het nie, maar vir alle mense. Sy volk sou voortaan nie net meer Israeliete insluit nie, maar die totale menslike geslag. As ons kyk na Jesus se bediening dan is dit presies so. Hy praat onder andere met die Samaritaanse vrou. Iets wat Jode in daardie tyd nooit sou doen nie - hulle het geglo die Samaritane is onrein en dat hulle onrein sou raak deur met Samaritane te praat. Ons sien dit ook in die opdrag wat Jesus aan sy dissipels gee met voor sy Hemelvaart: gaan dan na al die nasies toe... Wat sê Jesus van die Jode se gesindheid: Hulle sou die Messias nie erken nie. Al het hulle al vir soveel jare in afwagting geleef vir sy koms, sou hulle hom nie ken nie. Soos wat hulle Hom hier van die kranse wou afstamp om Hom dood te maak, sou hulle Hom later kruisig. Net soos wat hulle Elia en Elisa nie as profete van God wou erken nie, sou hulle nie Christus erken nie.

Kom ek gee net so bietjie agtergrond van die gebruik om iemand van die kranse af te gooi. Die gebruik was eintlik dat so iemand net beseer word van die val en dan, as hy nie kan wegvlug nie, stenig hulle so n persoon. Dit is opmerklik dat Lukas nie vertel hoe Jesus ontsnap het nie. Hier is nog n element in die verhaal wat ons moet raaksien. Deur die verwysing na n profeet word nie in sy eie land geëer nie en die twee verhale wat Jesus gebruik, identifiseer Hy homself met die profete. Hy gee eintlik te kenne dat Hy ook n profeet was. Die Jode sou nie daarvan gehou het nie. Hulle het Jesus immers geken. Hy was die buite egtelike kind van Josef. En Josef self was nie eintlik iemand wat baie status sou gehad het as timmerman nie. Ons lees iets daarvan as daar staan dat almal was verwonderd oor die aangename woorde uit sy mond. Amper so asof hulle dit nou nie heeltemal van Hom verwag het nie. Hulle sou as dit ware gedink het: Wie is Jesus om homself n profeet te noem. Hulle sou dit as aanmatigend beskou het. Hierdie woorde van Jesus was eintlik bedoel as n waarskuwing eintlik n oproep om Jesus as Messias te erken. Maar dit gebeur nie. Die Jode word kwaad. Hulle wil wraak neem. Hulle dink hulle is besig om die eer van God te beskerm teen hierdie timmermanseun se opmerkings. Inderwaarheid begin hulle met wat sou uit loop op die kruisiging van die Seun van God. Hulle sien nie die Seun van God raak nie. Hulle erken nie die Messias nie. 3. Wat ons moet hoor... Wat hoor ons in die verhaal? Wat moet ons hoor in die verhaal? Drie dinge: Christus laat Hom nie steur en rig en aanpas by mense se verwagtinge nie. Hy het gekom as Verlosser en dit is wat Hy gedoen het. En daarvoor kan ons baie dankbaar wees. Dit was tot ons voordeel. En as ons dit hoor beteken dit dat ons nie moet probeer om Christus by ons planne en skemas en verwagtinge moet probeer inpas nie. Iemand skryf: We re-invent Jesus to fit us. Dit gebeur as mense hulle eie agendas het en dan Jesus daarin forseer as dit Sy agenda was. En dit gebeur baie keer met die mooiste bedoelings. Dan word Jesus n groene of n polities radikale of n ikoon van moralisme of die Jesus net in my hart of die aanvoerder van my eie stryd. Ons moet die Jesus van die Bybel, soos wat Hy werklik was en volgens sy bedoelings aanbid. Christus het met Sy koms, sy volk kom verbreed. Dit sou voortaan nie meer net Jode wees nie, maar mense uit elke volke en stam en nasie. Jesus het die grense kom afbreek. En ook daarvoor kan ons baie dankbaar wees. Dit is hoekom ons elkeen deel van sy volk en kerk kan wees. En as ons dit hoor, moet ons dit toepas. Ons moet Jesus se verlossingsboodskap die wêreldwyd indra. Ons moet grense oorsteek en nie grense wat Jesus afgebreek het weer oprig nie. Taal, volk, kultuur, kleur, sosiale en ekonomiese stand is afgebreek. Ek het netnou na Jesus se opdrag voor sy Hemelvaart verwys: Gaan na al die nasies toe, maak die mense my dissipels... Die vraag is of ons die goeie nuus aan almal gun. Ons mag nie mense op allerlei maniere klassifiseer en daarvolgens handel nie.

n Mens kan Christus sien, en Hom dan nog steeds nie herken nie. En dit is ongelooflik hartseer. Ek wil terug kom by die twee prente wat ons vanoggend as simbole gebruik. Die een die skets van Jesus en die ander sy naam Jesus. Net soos wat n mens dit kan sien en ook nie sien nie, kan n mens Jesus sien en ook nie sien nie. Soos wat Jesus se boodskap in die Nasaret sinagoge n oproep en uitnodiging was om Hom te herken as die Verlossergod, is vanoggend vir ons die oproep en uitnodiging. Ons moet seker maak dat ons in die tyd van epifanie in 2016 Jesus opnuut, of dalk vir die eerste keer raak sien as Seun van God wat vir ons verlossing gebring het. 4. Wat ons moet laat hoor... en sien... Ons wat Jesus gehoor het, het die opdrag om ander van Jesus te laat hoor. Ons wat Jesus gesien het, het die opdrag om ander Jesus te laat sien. Hulle moet die ware Jesus hoor in ons woorde en die ware Jesus sien in ons lewe. Ons mag nie toelaat dat hulle in ons woorde en lewens Jesus hoor en sien, en dit ook nie regtig sien en hoor nie. Soos wat ons ons oë so half op skrefies moes trek om Jesus te sien, moet ons woorde en lewens hulle oë op skrefies laat trek om Jesus te sien en hoor. Hoe doen ons dit? Ek het die week vier praktiese riglyne gelees wat ek met julle wil deel. Maak elke vreemdeling wat jy ontmoet, bly dat hy jou ontmoet het Oscar Wilde het mos n wonderlike stelling kwytgeraak: Alle mense bring vreugde. Sekere mense bring vreugde as hulle n vertrek binnekom, ander bring weer vreugde as hulle die vertrek verlaat. Kom ons as volgelinge, word vreugde bringers soos Jesus was en steeds is! Bring vrede na elke geselskap/byeenkoms Gerald Jampolsky het in sy boek Love Is Letting Go of Fear die vraag gevra: Het jy al ooit probeer om deur een dag te gaan en elke mens te aanvaar en niemand te oordeel nie. Hy sê verder: Alles wat ons dink, sê of doen werk soos n boemerang. As ons oordele in die vorm van kritiek, woede of negatiewe denke uitstuur, kom dit terug na ons toe. As ons liefde uitstuur, kom liefde terug na ons! Sê net mooi goed oor mense. Dit laat dink my aan die opmerking van Donald R. Keough, n Coca-Cola CEO: Ek het n argitek vriend wat sê: Ek kan enige nuwe gebou wat deur die beste bouers gebou is, laat lyk asof dit enige oomblik wil omval. Gee my net n kamera met die regte lense. Ek sal net vyf of ses kleiner foutjies uitlig en op hulle fokus en jy sal dink die gebou gaan inmekaar stort. Ons kan dit ook doen deur ons lense op ander se swakpunte en tekortkominge te fokus. Soek die goeie in ander en sê die goeie vir hulle. Soek vir die beeld van Christus in alles en almal Look closely at each person you meet. Because Christ plays in ten thousand places, lovely in eyes not his, through the features of men s and women s faces. Anoniem

Almal van ons kan n beeld van Christus reproduseer deur die manier hoe ons Jesus dien, volg en liefhet, in wat ons sê en doen kan die beeld van Christus elke dag n bietjie duideliker word! Slot Jesus se intree preek wat skeef geloop het? Nee... As ons Christus erken as die Verlosser van alle mense en Hom erkenbaar gaan voorstel in ons daaglikse lewe, dan het ons die preek gehoor.