Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Van Vervolger tot Prediker

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Pretoria- 23 Junie 2012

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Les 6 vir 10 November 2018

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Waar is God as ons swaarkry?

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Lukas 4: Agtergrond

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Die betekenis van die kruis (1)

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Addendum A Consent form

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Die lewende God is meer as genoeg. Alles ter wille van ons groot God. Nie n verbruiker nie, maar n aanbidder. God se volk stel sy eer eerste

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

(S1)Verwelkoming: Moenie dat die lewe met jou weghardloop nie; wees in die oomblik en hou jou prioriteite duidelik!

Transcription:

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself. Lewe Saggeus volgens sy naam? Die naam Saggeus beteken skoon of onskuldig. Maar hy het nie volgens hierdie naam geleef nie. Hy was die hooftollenaar van die Jerigo streek. Die tollenaars was mense wat belasting vir die Romeinse regering van hulle Joodse volksgenote ingesamel het. Hulle is dus deur hul mede-jode as verraaiers gesien omdat hulle vir die Romeinse vyand gewerk het. Die tollenaar het die geld wat Rome vir die streek waarin hy gewerk het vereis het, eers aan hulle oorbetaal. Hulle het dan aan hom die reg gegee om daardie geld wat hy aan Rome oorbetaal het weer uit sy volksgenote te gaan verhaal in die vorm van geld of goedere. Hy het ook die reg gekry om sy eie kommissie te gaan bysit en dis waar die tollenaars bedrog gepleeg het. Hulle het baie meer van hul volksgenote of ander Jode ingesamel as wat nodig was vir die belastings en dit wat oortollig was het hulle natuurlik in hul eie sakke gesteek. Natuurlik kon almal nie byhou by die prys van hierdie dikwels buitensporige belastings nie en moes hulle hulle huise en besighede soms verkoop om hul belasting te kan betaal. Tollenaars soos Saggeus het dus kinders sonder brood laat loop en mense op straat gesit. Tollenaars was ook die geldvoorskieters of die loan sharks van daardie tyd. As jy geldelik in die moeilikheid beland het, kon jy by die tollenaar gaan geld leen, teen buitensporig hoë rente natuurlik. Boonop was Saggeus die hooftollenaar van daardie streek, wat beteken hy het baie ander tollenaars met tolstasies gehad wat vir hom gewerk het en elkeen moes aan hom van hul geld oorbetaal vir die voorreg. Mense het Saggeus dus gehaat en gespoeg op hierdie naam van hom wat skoon of onskuldig beteken het. Saggeus was ryk en magtig- Romeinse soldate het hom bygestaan as iemand nie sy belasting wou betaal nie. Hy het selfs as Jood die mag van die magtige Romeinse ryk agter hom gehad. Maar hy moes geweldig eensaam gewees het. Hy was afgesny van God omdat hy hierdie skuldlas gehad het van al die korrupsie wat hy gepleeg het en al die mense wat hy op straat of in die tronk gesit het. Die Bybel skryf mos so mooi dat ons sonde hierdie skeidsmuur tussen ons en God kan word wat ons afsny van God. Maar Saggeus was ook afgesny van sy Joodse volksgenote. Hulle het hom gehaat en

verag omdat hy vir die vyand en verdrukker van die Joodse volk, die Romeine gewerk het. Vir die ander Jode was hy niks minder as vuilgoed nie. Iemand skryf dat Saggeus in die wildevy boom moes klim omdat die mense aspris in sy pad sou staan sodat Hy vir Jesus nie kon sien nie. Saggeus was boonop ryk. Dit het hom ook van ander mense afgesny. Soos in enige gemeenskap selfs ook vandag is mense maar half agterdogtig oor een wat ryk word as omtrent almal anders swaarkry en maand vir maand sukkel om die wa deur die drif getrek te kry. Leef ons volgens ons naam? Saggeus het nie geleef volgens sy naam wat skoon of onskuldig beteken het aan die begin van hierdie verhaal van Lukas 19 nie. Ek wil vanoggend die vraag vra of ons, of ek en jy volgens ons naam leef? Want ons naam is Christen en hierdie naam beteken letterlik iemand wat Jesus navolg. Leef ons volgens hierdie naam? Sien mense Jesus in my raak of is Jesus net lippetaal, Hy oor Wie ek praat en vir Wie ek Sondae in die kerk bely? Sal ook my vrou of my man en kinders, my skoolmaats of my kollegas by die werk of my tuinman en bediende kan bevestig dat hulle Jesus in my lewe kan sien? God sien ons raak: As hierdie verhaal van Saggeus een ding aan my bevestig het, is dit dat God ons raak sien. Saggeus gaan hierdie dag om te kyk hoe hierdie Jesus lyk, want hy het natuurlik iewers gehoor dat hierdie Jesus simpatiek is, dat Sy hart en woorde sag is teenoor sondaars en straatvroue en selfs tollenaars. Dat Hy anders na hulle wat verlore is kyk as die meeste mense. Saggeus gaan sit in die boom net om Jesus te sien. Hy het geen verwagting dat Jesus hom gaan raaksien nie, wat nog te sê in sy huis sal wil tuisgaan of saam met hom aan tafel sit en eet. Saggeus gaan net kyk sonder die hoop om raakgesien te word. Maar Jesus sien hom en nooi homself na Saggeus se huis toe. My broer en suster, liewe kinders. Jesus sien jou ook raak. Al sien niemand anders jou raak of reken die meeste mense jou lewe is nie van veel waarde nie. Dit maak nie saak hoe hoog die boom waarin jy sit of hoe diep die gat waarin jy geval het nie. Dit maak nie saak hoe ver jy reken jy van God af verdwaal het nie en of jy jare lank maar hierdie toeskouer van die geloof is nie. Dit maak nie saak hoe ver jy reken jou sonde

en slegte besluite jou van God en mense af geplaas het nie. Daar is nêrens, daar is nêrens wat Sy liefde en genade jou nie sal raaksien en kom haal nie. Hoekom is Saggeus gered? Dis miskien die belangrikste vraag wat ons aan Lukas 19 kan stel, want as ons hierdie vraag se antwoord verkeerd verstaan, mis ons die evangelie, die goeie nuus van hierdie gedeelte. Ons kan dink Saggeus is gered omdat hy nuuskierig was en in die boom geklim het. Hy het alles moontlik van sy kant af gedoen om by Jesus te kom. En dan kan ons dink die gedeelte sê as jy tot God nader sal Hy tot jou nader. Maar as Jesus hom nie raakgesien het in die boom en na Homself na Saggeus se huis toe genooi het nie, het net mooi niks verander nie. Dit gaan nie hier oor Saggeus wat vir Jesus kon sien nie, maar oor Jesus wat vir Saggeus raakgesien het. Ons sou kon dink Saggeus is gered omdat hy veel meer teruggegee het as wat hy gesteel het. Dis ook nie die rede waarom hy gered is nie. Hy is gered omdat God se genade vir alle mense bedoel is. Ongeag hoe groot hulle sonde en ellende is en of hulle met hul hele lewe eintlik al oor en oor bewys het dat hulle die naam van kind van God of Christen nie werd is nie. Die pakkie van God se genade is altyd oneindig groter as die pakkie van jou skuld en sonde. Daarom is die storie van Saggeus hierdie wonderlike verhaal van God se onverdiende genade. Nie net vir Saggeus nie, maar ook vir jou en my. Want ons was niks beter as Saggeus nie. Romeine 3:23 herinner ons hoekom: Almal het gesondig en is ver van God, maar hulle word sonder dat hulle dit verdien op grond van Sy genade vry gespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus. Sonder God se genade vir almal was ek en jy net so verlore soos Saggeus. Ons kan soos Saggeus net skoon en onskuldig genoem word omdat Jesus ook ons lewens aangeraak het deur Sy offer aan die kruis. Dis die eerste been van hierdie boodskap van Lukas 19: God se onverdiende genade vir mense soos ek en jy en Saggeus wat dit nie verdien het nie. Maar die storie het hierdie tweede been waarop dit staan: Saggeus se bekering verander sy lewe en die gemeenskap om hom: Saggeus wou Jesus van hierdie veilige afstand uit die boom uit dophou- hy het nooit beplan dat sy lewe daardie dag sou verander nie. Hy wou net toeskouer wees. Maar Jesus het gekom om te soek en te red wat verlore is en daarom was Saggeus daardie

dag op Sy agenda. Die woord hier vir verlore beteken letterlik iemand se lewe wat op die verkeerde plek staan. Jesus kom plaas Saggeus se lewe weer op die regte plek. Ons lees nie wat Jesus vir Saggeus daar in sy huis gesê het nie. Maar die liefde en aanvaarding wat hy aan hierdie verlore seun van die Joodse volk bewys het, was genoeg. Saggeus is bereid om die hoogste prys te betaal, want hy wil gee soos wat God vir hom gegee het. Alles wat hy kan. Dit wat is sy hart gebeur het, het in sy dade sigbaar geword. Wat hy uitspreek na sy bekering is nie een of ander belydenis van baie woorde nie, dis 'n plan van aksie. Saggeus is vry. Hy wat voorheen so op homself ingestel was, kyk nou weg van die eie-ek en sien ander raak. Die greep wat geld en mag op sy lewe vir so baie jare gehad het, is gebreek. Hy is vry om te gee, om terug te gee, soveel meer as wat die wet vereis het. Die wet vereis dit wat jy van ander gesteel het plus 20 persent. Saggeus gee 400%! Die helfte van sy geld wat hy aan die armes belowe is boonop hierdie vrywillige offergawe. Hy wat so dikwels sy posisie misbruik het om mense te verneder en uit te buit, tree na vore as iemand wat bereid is om reg te maak wat verkeerd is, wat bereid is om hom met sy medemens te versoen. Die evangelie van Jesus wil ons nie net anders laat praat nie, maar anders laat leef. Dit wat met Saggeus gebeur het en die redding wat na sy huis en sy hart toe gekom het, raak ook die gemeenskap om hom aan. Die gemeenskap kry 'n weldoener. Die armes kry 'n versorger. Die wat geld of middele van afgepers was, kry baie meer terug en kan weer menswaardig lewe en mense om hul in die oë kyk. Saggeus se bekering sit kos terug op kinders se borde. Hoe raak jou en my kindskap en dissipelskap van Jesus Christus die gemeenskap om ons aan? Want ons lewens impakteer altyd die gemeenskap om ons. Of jy nou daarin goed doen of daarin sleg doen of niks nie. Ja ook as jy niks doen om die gemeenskap om jou positief te impakteer nie. Iemand skryf so mooi: Bad things happen when good people do nothing. Die verhaal van Saggeus wil ons laat onthou dat die evangelie van Jesus allermins net hierdie persoonlike saak tussen my en God is. Dis bedoel om nie net my lewe nie, maar die gemeenskap en die mense om my aan te raak en te verander. As Jesus jou lewe aanraak dan kyk jy nie net anders na God en jou eie lewe nie, jy kyk anders na die mense om jou. Dan sit jy nie net meer labels op mense nie- common of swart of moffie of loser nie. Dan sien jy net werklike mense met

werklike behoeftes en nood en dat jy die kans, die geleentheid het om te kan help. Jy hoef nie self ryk te wees soos Saggeus om dit te kan doen nie. Kom gee dit wat jy het, jou bietjie geld en jou tyd en jou talente en jou ondervinding in die lewe vir God terug en hy sal daarmee veel meer maak as wat ek en jy kan dink. Slot: In die Bybelse roman The Robe gebruik die skryf Lloyd Douglas die storie van Saggeus om te verduidelik hoe Jesus ons vry maak. In hierdie storie vra Jesus vir Saggeus nadat hy hom voorgeneem het om die grootste deel van sy geld weg te gee, wat hom dit laat doen het, tot hierdie buitengewone daad van vrygewigheid laat oorgaan het. Dan antwoord Saggeus: Meester, toe ek in U oë kyk, het ek daarin die Saggeus gesien wat ek veronderstel was om te wees. Dit is wat die evangelie van Jesus met ons doen. Dit wys ons wie ons werklik is- sondig en verlore en ver van God. Of soos Openbaring dit verduidelik: Arm, blind en beklaenswaardig. Maar dit laat ons ook daardie mens sien wat God bedoel het ons kan wees en mag wees. Ons moet in hierdie storie nie net Saggeus voor die Here sien nie, ons moet onsself daar sien. Ons moet hoor dat nie net hy nie, maar ook ons Jesus met blydskap kan ontvang. Ons moet ook hoor dat die Heilige Gees se agenda altyd groter as net my eie lewe is en dat Hy daardie gemeenskap waarin ek leef deur my lewe wil aanraak en verander ten goede. Ons weet mos wat ware genade is, ons weet aan die kruis van Golgotha het God getuig dat Hy ook vir jou en my in ons verlorenheid raak gesien het. Hy het by die deur van ons hart ook geklop sodat Hy kon inkom en saam met ons maaltyd hou soos Hy saam met Saggeus gedoen het. Daarom word ons ook soos Saggeus opgeroep tot hierdie lewe van dien van ander en van ware vrygewigheid. Ons het op 'n stadium hierdie Engelse lied in ons gemeente gesing: Freely, freely, you have received, Freely, freely give. Go in My Name and because you believe, Others will know that I live. Die Here sê: Gaan leef in My Naam en omdat jy glo en jou lewe en dade dit onderstreep, sal mense glo dat Ek leef. Amen.