Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Van Vervolger tot Prediker

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

A. Dr EJ Smit tables the report. B. The report will be concluded during the Synod session.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Pretoria- 23 Junie 2012

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Les 6 vir 10 November 2018

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Waar is God as ons swaarkry?

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Die betekenis van die kruis (1)

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Nederlandse Geloofsbelydenis

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Skriflesing: Sondag 4 Sing- Ps. 118:1; Ps. 119:61; Ps. 130:2 Genesis 3:1-19 Gen 3:1 Psalm 130 Psa 130:1

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Gereformeerde Protestante Kerk Noordelike Pretoria

Transcription:

Sing vooraf staande: Psalm 62:1, 4, 5 (p. 301) 1 Gewis, my siel is stil tot God! / My redding kom op sy gebod, / geen vyand hoef ek nou te dug nie. Hy is my rots, ʼn skans vir my, / Hy sal my voetstap ook dán lei / wanneer ek nêrens meer kan vlug nie. 4 Maar jy, my siel, swyg stil voor God, / beskikker van jou lewe en lot, wat nooit sy woord ontrou sal wees nie. / God is my rots, ʼn skans vir my, Hy sal my voetstap veilig lei, / ek hoef geen wankeling te vrees nie. 5 In God is al my heil, my eer, / my sterke rots en teëweer. / God is my toevlug in die lewe. Vertrou op Hom, o volk, in smart / stort voor Hom uit jul hele hart, / God is ʼn skuilplek, hoog verhewe. Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het. Genade en vrede vir julle van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste voor sy troon, en van Jesus Christus, die geloofwaardige getuie, die eerste wat uit die dood opgestaan het, die heerser oor die konings van die aarde. Amen. Loflied: Psalm 68:9, 12 (p. 334) 9 Geloofd sy God met diep ontsag, / want Hy oorlaai ons dag aan dag / met ryke seëninge. Wie sou Hom dan nie dank bewys, / die God van saligheid nie prys, / met al die hemelinge? Dié God van volle saligheid / versterk ons in die dag van stryd / en dra ons deur die lewe. Hy kan en wil en sal in nood, / selfs as ons sidder vir die dood, / volkome uitkoms gewe. 12 Loof God in sy gemeente alom, / o volk, uit Jakob voortgekom, / die eerste stammevader. Hoe vrolik gaan na Sions top / die stamme uit hul wonings op / om voor Gods troon te nader! Die kleinste, Benjamin, is daar, / ʼn vors weleer; en Juda s skaar / met al die leeuestryders; ook Sébulon en Náftali / wat vir geen vyand sidder nie / van ouds die volksbevryders. Gebed Skrifberyming 5-3:1, 4, 5 (8:1, 4, 5) 1 Aan U, o Lam van God, ʼn nuwe lofgesang! / Want U is waardig om die wonderboek te ontvang en oop te breek die boek van toekoms en verlede / en van wat word, geskrif van Gods verborgenhede. U s waardig, U alleen, omdat die werk volbrag is, / toe U as offer vir ons sondeskuld geslag is. 4 Die sondelose Lam, vir sondeskuld geslag, / is waardig om te ontvang die rykdom, wysheid, krag, en eer en heerlikheid en dankb re seëninge! / En al wat leef en roer, al die geskape dinge op aarde en diep omlaag, of in die hoë hemel, / al wat die see bewoon en in sy dieptes wemel 5 die ganse skepping sing met krag van jubeltoon: / Aan Hom wat heerlik is, hoog op die wêreldtroon, en aan die Lam van God, self eewge Skeppings-Here, / sy ewig lof en prys en krag en roem en ere! Met Amen, Amen! het die gérubs opgeswewe. / Die oudstes het aanbid voor Hom wat ewig lewe. Skriflesing: Hebreërs 7:1-28 Kernverse: Hebreërs 7:25 Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. (Hebreërs 7:25 AFR53) Tema: Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg Geliefdes in ons Here Jesus Christus, wanneer ons ʼn duur artikel aanskaf, is ons nogal daarop gestel dat die verskaffer ook ʼn waarborg sal gee. ʼn Mens wil tog nie ʼn groot finansiële uitgawe aangaan vir, byvoorbeeld, ʼn motor en as daar ʼn probleem opduik jy nou maar self die gelag moet betaal nie. Indien daar ʼn fout kom wat nie aanvanklik duidelik 1

was nie, verwag ʼn mens dat die waarborg dit sal dek en jy nie nog ekstra daarvoor hoef te betaal nie. ʼn Waarborg wanneer jy ʼn motor koop, gee dan aan jou sekuriteit. Maar nog belangriker as die waarborg op ʼn motor is die waarborg dat ons werklik verlos is en die ewige lewe het. Hierdie waarborg gee ʼn mens sekerheid dat jy jouself nie iets verbeel wat nie waar is nie. Dink net hoe bitter daardie laaste dag sal wees vir die mense wat vir die Here sal sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? en dan uit die Here Jesus se eie mond moet hoor: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk! (Matteus 7:22, 23 AFR53) Die Heilige Gees wil hê dat ons moet weet omdat Jesus priester is volgens die orde van Melgisédek, Hy die borg van ʼn beter verbond is wat ons verlossing verseker. Verlede keer het ons by vers 11 tot 19 stilgestaan. Ons het begin hoor hoe die Levitiese priesterskap van die priesterskap van Jesus verskil. Leviete het as priesters gedien omdat ʼn wet bepaal het dat hulle priesters kan en moet wees. Jesus is egter nie priester kragtens ʼn wet nie. Hy is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek uit die krag van die onvernietigbare lewe. Die Heilige Gees gaan voort om die verskil tussen die Levitiese priesters en Jesus aan te toon, sodat ons kan sien dat Jesus as priester volgens die orde van Melgisédek ver verhewe is bo die Levitiese priesterskap. Omdat Jesus as ons Hoëpriester baie belangriker is as enige ander priester waarborg Hy regtig die verlossing vir elkeen wat deur Hom tot God nader. Vir die Joodse Christene aan wie hierdie boek geskryf is, was dit dringend noodsaaklik dat hulle sou raaksien dat Jesus as Hoëpriester ver verhewe is bo die Levitiese priesters en die offers van die ou verbond. As gevolg van die lyding en vervolging wat hulle moes verduur vir hulle geloof in Jesus het sommige van hulle begin wonder of hulle nie ʼn fout gemaak het om die Joodse godsdiens waarin hulle grootgeword het geheel en al vir Jesus te los nie. Hulle het begin dink dat hulle tog nog die Levitiese priesters en offers nodig het om hulle verlossing te verseker. Ons moet ook sien hoe verhewe Jesus se hoëpriesterskap is, nie omdat ons ook na die Joodse godsdiens met sy priesters en offers wil teruggaan nie, maar omdat ons ook maklik ons rug op Jesus draai wanneer die dinge vir ons te veel raak. Omdat Christene nie altyd duidelik die verhewenheid en belangrikheid van Jesus raaksien nie, gaan soek hulle maklik antwoorde vir hulle probleme in die menslike sielkunde sodat hulle kop bo water kan hou. Of hulle neem hulle toevlug tot die wêreldse dinge net om van die pyn van lyding en swaarkry te vergeet. Broers, susters en kinders, kom ons volg die Heilige Gees in die rykdom van die volgende nege verse, sodat ons verseker kan wees dat Jesus almal wat deur Hom tot God nader volkome kan red. Hier word drie redes genoem hoekom Jesus ver verhewe is as ons Hoëpriester. Die eerste rede kry ons in vers 20 tot 22 en hou verband met die eed wat God gesweer het in verband met Jesus se priesterskap. In teenstelling met Jesus se priesterskap het die Leviete priesters geword sonder eedswering (Heb 7:20). Die Leviete is as priesters bevestig net op grond van God se bevel aan Moses. Omdat hierdie manne uit die stam van Levi kom, kon hulle so te sê outomaties as priesters diens doen by die altaar wanneer hulle in die diens bevestig is. Maar aangesien Jesus nie uit die stam Levi nie maar uit die stam van Juda voortspruit, sê die Here aangaande die priesterskap van sy Seun: 2

Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek. (Hebreërs 7:22 AFR53) In Hebreërs 6:13-18 het ons iets soortgelyk gesien. God het aan Abraham die belofte gemaak dat Hy hom ryklik sal seën en sy nageslag grootliks sal vermeerder. Maar om enige twyfel oor hierdie belofte uit te skakel het God gesweer dat Hy hierdie belofte aan Abraham waar sal maak. Deur sy eed by die belofte te voeg waarborg die Here self dat sy belofte absoluut waar is. Ons weet dat God nie kan en sal lieg nie, daarom is sy belofte rakende die priesterskap van Jesus ook die volle waarheid. Maar nou bevestig Hy hierdie belofte ook nog met ʼn eed wat Hy sweer. Om die waarheid te sê, God se belofte aangaande Jesus se priesterskap word op elke denkbare manier beklemtoon dit word onderstreep en in vet letters gedruk met ʼn uitroepteken agterna sodat ons seker sal wees en nooit daaroor twyfel nie Jesus is vir ewig priester volgens die orde van Melgisédek! En so, asof sy woord en eed nog nie genoeg is nie, sê die Here ook: en dit sal Hom nie berou nie. Dat God vir Jesus as ewige Hoëpriester aangestel het, sal Hom nooit teleurstel nie. Daarom sal Hy ook nie op sy woord teruggaan en Jesus van sy priesterskap onthef nie. Deur die eed wat God aangaande Jesus se priesterskap gesweer het, het Jesus van ʼn beter verbond borg geword. In die oorspronklike taal staan die Naam Jesus aan die einde van die sin om te beklemtoon dat Jesus dié borg van ʼn beter verbond geword het. En dit is nie sonder rede dat die Naam Jesus juis hier gebruik word nie, want die Naam beteken die HERE die Verbondsgod verlos. Verder is dit ook die enigste keer in die hele Bybel dat Jesus borg genoem word. Iemand wat borg staan, sê dat hy bereid is om iemand anders se skuld te betaal. Jesus het Homself as ons Hoëpriester aan die kruis geoffer oor ons sondes. Hy het ons skuld betaal wat ons nooit self sou kon betaal nie. Daarom is Hy waarlik ons borg van ʼn beter verbond. Oor die beter verbond sal die Heilige Gees ons nog verder leer in die volgende hoofstuk. Die feit dat God dan ʼn eed gesweer het dat Jesus vir ewig priester is volgens die orde van Melgisédek, en Hy nooit sal teruggaan op sy woord nie, bevestig dat Jesus as Hoëpriester baie belangriker is as enige Levitiese priester. Dit is dan die eerste rede. In vers 23 tot 25 hoor ons wat nou die gevolg daarvan is dat Jesus kragtens God se eed ewig Hoëpriester is. Aan die een kant, in teenstelling met die Levitiese priesters wat baie is, is Jesus die enigste Hoëpriester omdat Hy vir ewig lewe. Tydens die ou verbond was daar baie priesters nie maar net gewone priesters nie, maar veral hoëpriesters. Josefus, die Joodse geskiedkundige, meld in sy boek Joodse Geskiedenis dat daar van Aäron af tot by die verwoesting van die tempel in 70 nc drie en tagtig hoëpriesters was. Hulle was so baie omdat die dood hulle verhinder het om aan te bly. Na die dood van een hoëpriester moes ʼn ander een aangestel word. Die Levitiese priesters was maar sterflike mense. Daarteenoor staan Jesus en Hy besit die priesterskap vir ewig omdat Hy na sy opstanding nooit weer kan sterf nie. Daarom kan sy priesterskap nie na iemand anders oorgaan nie. Ons was egter nog nooit daaraan gewoond dat priesters vir ons offers bring, soos wat hierdie Joodse Christene daaraan gewoond was nie. Wat beteken dit dan vir ons in die een en twintigste eeu? Alhoewel ons nog nooit priesters gehad het nie, is daar tog so baie Christene wat ongesond afhanklik word van predikante en ouderlinge. Sommige Christene handhaaf die standpunt dat ʼn predikant vir hulle moet kom bid wanneer hulle siek is of watter ander swaarkry hulle ook al beleef. Party Christene wil nie eers nagmaal vier as die ouderling hulle nie besoek het nie. Geliefdes, ʼn predikant en ʼn ouderling kan nie ons saak 3

voor die Here vir ons regmaak nie. Hulle opdrag is om die Woord van die Here suiwer en eenvoudig aan die kinders van God te bring en om toesig te hou dat alles ordelik in die kerk van die Here verloop. Jesus Christus is ons Hoëpriester by God. Hy is die enigste een wat ons saak voor sy Vader kan hanteer. Hoekom wil ons dan nou afhanklik wees van ʼn mens terwyl ons die Here Jesus het as ons ewige Hoëpriester? ʼn Verdere gevolg daarvan dat Jesus kragtens God se eed ewig Hoëpriester is, is dat Hy altyd leef om vir die gelowiges by God in te tree. Luister net hoe skryf die Heilige Gees dit vir ons: Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. (Hebreërs 7:25 AFR53) Daar is mense wat hierdie woorde verdraai tot hulle eie nadeel. Hulle sê: Omdat hier geskryf staan dat Jesus die wat deur Hom tot God nader kan red, beteken dit dat die mens ook iets moet doen om gered te word. Volgens hierdie mense het Jesus alles gedoen wat Hy kon, maar as die mense nie gered wil wees nie of nie vir Jesus kies nie, kan Hy niks verder doen om hulle te red nie. Wie so redeneer maak God afhanklik van die mens se keuse. As dit dan die geval is, moet jy jouself afvra of God dan regtig vir hierdie mense nog die almagtige God is vir wie niks onmoontlik is nie. Hoe moet ʼn mens dan die woorde kan red in hierdie vers verstaan? Hierdie woorde beklemtoon nogeens die verskil tussen die Levitiese priesters en Jesus as ons ewige Hoëpriester. Die Levitiese priesters het op bevel van God die offers gebring soos Hy voorgeskryf het, maar daardie werk van die Levitiese priesters kan nie die gelowiges van God se oordeel red nie. Hulle seremoniële diens het die reddende werk van die Verlosser hoogstens afgebeeld. Wat die Levitiese priesters nie kan doen nie, kan Jesus doen. Hy kan mense volkome red van God se oordeel. Wanneer die Here praat van mense wat gered word, bedoel Hy nie dat Jesus gekom het om reddingsboeie uit te gooi vir almal wat aan die spartel was om aan die lewe te bly nie. Jesus het ook nie gekom om ons maar so ʼn stootjie in die regte rigting te gee omdat ons so bietjie verdwaal het nie. Hy het in die see van mense ingekom om lewe in hulle in te blaas omdat hulle klaar verdrink het en dood is as gevolg van hulle sondes en oortredings. Sonder Jesus se verlossingswerk is daar geen manier dat mense ooit gered kan word nie. Almal was weens hulle oortredings en sondes op pad na die ewige oordeel van God. En as God iemand tot die ewige dood veroordeel is, is daar glad nie meer ʼn kans om gered te word nie. In sy groot barmhartigheid het God juis sy Seun gestuur om sy uitverkorenes van die toorn en oordeel van God te red. Maar ons moet goed oplet wat hierdie barmhartigheid vir die uitverkorenes werklik beteken. God se barmhartigheid, alhoewel dit baie groot is, sal nooit veroorsaak dat Hy die sondes en oortredings sommer maar net oorsien nie. Die loon van die sonde is die dood (Rom 6:3) en dit beteken om vir ewig van God se genade en liefde verwyder te wees. Omdat God regverdig is, eis Hy dat daar met die dood vir die sonde betaal moet word. Daarom het Hy sy Seun as ons volmaakte Hoëpriester gestuur om Homself aan die kruis te offer sodat ons van God se toorn en oordeel verlos kan word. Hierdie verlossingswerk van Jesus was nie net effektief toe Hy twee duisend jaar gelede aan die kruis gesterf het en na drie dae opgewek is nie. Die woord wat ons met volkome vertaal, kan ook met vir altyd vertaal word. Jesus se verlossingswerk is vandag nog net so 4

effektief soos destyds. En dit sal oor ʼn honderd jaar nog net so effektief wees omdat Hy altyd leef om vir die uitverkorenes in te tree. Ons kan slegs deur Jesus tot God nader. En elkeen van ons het die voorreg om self deur Jesus tot God te nader. Wanneer ons tot die heilige God nader, moet daar iemand wees wat gereed is om ons sondes voor die aangesig van God te bedek. Jesus is die enigste Een wat dit kan doen en Hy wil dit vir die uitverkorenes doen. Hy leef altyd by God om vir ons te bid dat ons geloof nie sal ophou as ons in versoekings kom nie. En gebeur dit dat ons struikel en diep en ver in die sonde val omdat ons self nie nugter was en gebid het nie, het ons steeds ons Hoëpriester aan die regterhand van God wat ons verlossing waarborg. Sy teenwoordigheid by die Vader en sy volkome betaling vir al ons sondeskuld met sy bloed, gee aan ons die waarborg: As ek sonde gedoen het, kan ek deur Jesus tot God nader, want ek het ʼn Voorspraak by die Vader Jesus Christus, die Regverdige (1 Joh 2:1). God se eed aangaande Jesus se priesterskap en die feit dat Jesus ewig lewe en aanhoudend vir ons intree by die Vader, is die eerste twee redes waarom Jesus as ons Hoëpriester totaal verhewe is bo die Levitiese priesters. Die derde rede is omdat Jesus volkome heilig is en Homself in ons plek as die volmaakte offer geoffer het. Dit is immers so ʼn hoëpriester wat ons nodig het vir die benarde toestand waarin ons was. En nou stapel die Heilige Gees vyf begrippe opmekaar om te beklemtoon dat Jesus volkome heilig is. Hy begin met heilig. Jesus is heilig, want Hy is volkome aan God toegewy en dit is vir Hom onmoontlik om sonde te doen. Aangesien Hy heilig is, is Hy ook onskuldig en onbesmet. In sy gesindheid en handelinge is daar geen vlek te bespeur nie. Toe die Joodse raad getuienis gesoek het om Jesus veroordeel te kry, was daar nie een wat ʼn verkeerde woord of daad by Hom kon uitwys nie. Hy is ook afgeskeie van die sondaars. Tydens sy lewe op aarde het Jesus in gemeenskap met sondaars gelewe, maar hulle onreinheid het nooit op Hom afgesmeer nie. En nou is Hy afgeskeie van die sondaars, want Hy het hoër as die hemele geword. Omdat sy verlossingswerk op aarde volledig klaar was, het sy Vader Hom by Hom in die hemel opgeneem. Die Vader het inderdaad sy Seun verheerlik. Omdat Jesus aan al die vereistes voldoen om waarlik Verlosser van mense te wees, is dit nie nodig dat Hy daagliks offers moet bring soos die Levitiese priesters nie. Die offer wat Hy gebring het, was nie eers vir sy eie sonde nie, want Hy het nie sonde nie. Sy offer is geheel en al net bedoel vir die sondes van mense. En omdat Hy so volkome heilig is, is die offer wat Hy gebring het volmaak, want Hy het Homself in ons plek geoffer. Die wet het mense met swakhede as hoëpriesters aangestel, maar met die eedswering het God sy eie Seun aangestel en Hy is vir ewig volmaak (Heb 7:28). Wat is nou ons verantwoordelikheid? Eerstens, ons moet God glo dat Hy sy Seun as ons ewige Hoëpriester aangestel het om ewige en volmaakte Verlosser te wees. Tweedens moet ons onsself aan die Heilige Gees onderwerp en Hom smeek om ons aanhoudend deur Jesus na God te laat nader. Dit is alleen by Hom dat ons genade en vrede kan kry. Wanneer die dinge dan vir ons te veel word en ons voel dat ons nie meer kan nie, moet ons nie na allerhande selfskemas gryp wat so oorvloedig in die tydskrifte aangebied word nie. Nader deur Jesus tot God, want Hy wil as ons Vader ons met sy Gees bekragtig om te kan volhard. Wanneer ons in sonde val, hoef ons nie te dink dat alles nou verby is nie. Ons het Jesus as ons Voorspraak aan die regterhand van God. Hy is ons geregtigheid, en op 5

grond van sy eie volmaakte offer aan die kruis tree Hy aanhoudend vir ons in. Jesus is inderdaad die waarborg vir ons ewige verlossing. Amen! Gebed Skrifberyming 14-3:1, 4 1 Versterk jul in die Heer se krag, / die krag wat nooit, ja nooit, sal taan. Kom trek, gesterk deur God se mag, / sy volle wapenrusting aan. Jul sal so staande bly, / ná elke veldslag vry. Jul sal teen Satan stry, / sy sluwe lis bestry, / in God se krag hom trou weerstaan. 4 Stry altyd biddend deur die Gees, / terwyl jul God van harte smeek. Volhard en laat jul bede wees / vir heiliges in elke streek. En bid dat God se Woord / gepreek word soos dit hoort, geheimenisse soet / vrymoedig en met moed / nou kragtig uit my boeie breek! Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees bly by u almal. Amen. Ds Coenraad Vrey Gereformeerde Kerk Bellville 2 November 2014 6