Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Van Vervolger tot Prediker

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Midrash (Torah Bespreking)

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

Les 6 vir 10 November 2018

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Parashah 12: Vayechi (ויחי) En Hy Het Geleef.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

Wat Word Bedoel met die Werke van die Wet?

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

Doen Eers n Kosteberekening

Parashah 17: Yitro (יתרו) (Jetro)

Ons Hebreeuse Wortels

Nuwe Lied Bediening. Parashah 10: Miketz Aan die Einde

Nuwe Lied Bediening. Parashah 5: Chayei Sarah Die Lewenjare van Sarah

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

NEW INTERNATIONAL VERSION

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Parashah 23: Pekudei (פקודי) Berekening. Haftorah: 1 Kon. 7:51 tot 8:21 Geen Heerlikheid sonder Torah nie!

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Parashah 27: Tazria (תזריע) Swanger word

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Parashah 44: D varim (דברים) Woorde

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 8: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE DAG VAN VERSOENING (YOM KIPPUR)

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

PREEK 5 GESALF OM DIE BLINDES SE OE TE OPEN 2

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Parashah 28: Metzora (מצרע) Die Melaatse

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

1. Aanbiddingswette Wie en hoe aanbid word - Dit kan tog nooit verander nie. Hierby is ingesluit, wette wat spesifiek teen 'n heidense gebruik se insl

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Parashah 15: Bo (בוא) (Gaan / kom in aksie) Ex. 12:14 Pesag, Wedergeboorte en Bekering

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Pretoria- 23 Junie 2012

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

Transcription:

1 Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan Dan sal dit wees, wanneer jy in die land kom wat,יהוה jou God, jou as erfenis gee en jy dit besit en daarin bly... Deut. 26:1 PWL 1 Torah : Deut. 26:1 tot 29:8 Haftarah: Jes. 60:1 tot 22 Hernieude Verbond: Luk. 6:38; Luk. 21:1 tot 4; 2 Kor. 9:1 tot 15; 1 Tim. 5:17 en 18; Matt. 5:17 tot 19; Joh. 14:15; Rom. 3:31; Rom. 7:12 en 14; 1 Joh. 2:3 tot 6; Open. 12:17; Open. 14:12; Open. 22:14; Matt. 5:16; Joh. 17:11 en 14; Fil. 2:15; Titus 2:14; 1 Pet. 2:9 en 12; Rom. 1:18; 2:6 tot 11; 2 Kor. 5:10; Open. 20:11 tot 15; Open. 22:11 tot 15. Hierdie notas is aanvullend tot die vorige notas vir Parashah 50 wat afgelaai kan word by: Parashah50Notas14 of deur dit aan te vra by kontak@nuwelied.info. Satan is so much more in earnest than we are he buys up the opportunity while we are wondering how much it will cost Amy Carmichael. We never grow closer to God when we just live life. It takes deliberate pursuit and attentiveness. Francis Chan. God wants the whole person and He will not rest till He gets us in entirety. No part of the man will do A.W. Tozer. Midrash (Torah Bespreking) Deut. 29: 4 n Hart om te verstaan Moshe het die hele Yisra el geroep en vir hulle gesê: Julle het alles gesien wat יהוה in Egipteland voor julle oë aan Farao, aan al sy dienaars en aan sy hele land gedoen het, die groot toetse wat jou oë gesien het, daardie groot tekens en wonders. Tog, tot vandag toe, het julle nie n verstand, wil en emosie gegee om te verstaan, of oë om te sien, of ore om te יהוה hoor nie. Deut 29:2 tot 4 PWL. In verlede jaar se notas het ek ook op hierdie teksvers gefokus, maar wil graag my kommentaar hersien en daarop uitbrei. 1 PWL Vertaling (Pad van Waarheid tot die Lewe) kan gratis afgelaai word by www.padwlewe.ch: of kontak vir Gerrie Coetzee by padwlewe@yahoo.com

2 Ons lees in hierdie gedeelte hoe Moses weeklaag oor die feit dat Israel steeds nie die begrip, wil en emosie (die hart) het om YHVH se liefde en goedertierenheid te verstaan nie, asook nie die oë het om dit te sien of die ore om dit te hoor nie. Met hierdie woorde het Moses nie net na die verlede verwys nie, maar ook profeties gespreek wat in die toekoms met Israel sal gebeur. So het dit dan gebeur dat Israel nie die begrip, wil en emosie gehad het om YHVH se liefde soos dit in Yeshua openbaar word te verstaan nie. Die meerderheid van Israel van ouds was geestelik blind en doof en het daarom Yeshua as Messias verwerp! En dit ten spyte daarvan dat Moses reeds vir Israel gesê het dat YHVH n profeet soos hy uit hulle midde sal verwek na wie hulle moet luister. Ek sal vir hulle n profeet soos jy laat opstaan uit die midde van hulle broers en Ek sal My woorde in sy mond lê en hy sal aan hulle sê alles wat Ek hom beveel. Dit sal wees dat Ek dit self sal eis van die man wat nie luister, hoor en My woorde doen, wat hy in My Naam (Karakter en Outoriteit) praat nie. Deut. 18:18 en 19 PWL. Ons weet hierdie profeet is Yeshua Messias en daarom het Yeshua gesê: Ek kan niks uit My eie wil doen nie. Volgens wat Ek gehoor het, beoordeel Ek en My oordeel is regverdig omdat Ek nie Mý wil begeer nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. Joh. 5:30 En tog het Israel nie die hart gehad om te verstaan of die ore om te hoor en die oë om Yeshua as Messias te herken nie. Dit ten spyte daarvan dat hulle skrifgeleerdes die Skrifte van die Tanakh voortdurend ondersoek het. Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie. Joh. 5:39 en 40 Daarom het Yeshua ook vir hulle gesê: Dink julle dat Ek julle by die Vader aankla? Daar is een wat julle aankla, Moshe op wie julle n versekerde verwagting het, want ás julle Moshe geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskryf. Aangesien julle nie glo wat hy geskryf het nie, hoe gaan julle glo wat Ek sê? Joh. 5:45 tot 47 PWL. Met die woorde want hy het van my geskryf het Yeshua waarskynlik verwys na ondermeer die volgende Skrifgedeeltes: Die staf sal van Y hudah nie weggaan nie, nóg die wetgewer van tussen sy voete uit totdat die Een kom aan Wie die septer behoort; aan Hom sal die nasies gehoorsaam wees. Gen. 49:10 PWL. Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: n ster kom te voorskyn uit Jakob, en n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver. Num. 24:17. Israel in die dae van Moses en Israel in die dae van Yeshua het n hartprobleem gehad. Moses se woorde is steeds vandag op die grootste deel van Israel van toepassing, naamlik: Tog, tot vandag toe, het יהוה julle nie n verstand, wil en emosie gegee om te verstaan, of oë om te sien, of ore om te hoor nie (Deut 29:4). Weens hulle hardheid van hart het die meerderheid van Israel Yeshua verwerp!

3 In die dae van Moses en tot met die koms van Yeshua het hulle weens hardheid van hart nie geluister na die woorde van Moses YHVH se Torah nie. Die gevolg was dat hulle ontberinge van broedertwis, van ballingskap, van vervolging ondervind het en selfs uitwissing in die gesig gestaar het. Dit was YHVH se oordeel weens Israel se ongehoorsaamheid! In die dae van Yeshua en tot die hede is die fisiese Israel se hardheid van hart die rede dat hulle nie na die woorde van Yeshua die Lewende Torah wil luister nie. Die gevolg is dat Israel deur die eeue tot vandag onder YHVH se oordeel leef! Deuteronomium hoofstuk 28 dien as bevestiging hiervan, naamlik gehoorsaamheid aan die stem van YHVH bring seëninge en ongehoorsaamheid bring vloeke! Nou sal dit wees, as jy,יהוה jou God, ywerig gehoorsaam, deur versigtig te wees om al Sy opdragte, wat ek jou vandag beveel, te doen,,יהוה jou God, jou sal oplig bo al die nasies van die aarde. Al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou oorweldig as jy,יהוה jou God, gehoorsaam. Deut. 28:1 en 2 PWL. Dit sal egter gebeur as jy,יהוה jou God, nie gehoorsaam nie, nie al Sy opdragte hou en Sy reëls doen, wat ek jou vandag beveel nie, al hierdie vloeke oor jou sal kom en jou oorweldig Deut. 28:15 PWL. Israel van ouds, asook die vreemdeling wat by hulle anngesluit het, moes na die stem (woorde) van YHVH luister. Israel van vandag, beide die fisiese en die geestelike Israel, moet na die stem (woorde) van YHVH Yeshua luister! Alleenlik dan sal YHVH se seëninge ons agtervolg! Dit is n geval van keuse! Ek roep die hemel en die aarde vandag as getuies teen julle; dat ek lewe en dood voor julle geplaas het, die seën en die vloek. Kies dus die lewe sodat jy kan lewe, jy en jou nageslag, deur,יהוה jou God, lief te hê, deur Sy stem te gehoorsaam en aan Hom vas te hou, want dit is jou lewe en die lengte van jou dae sodat jy kan woon in die land wat יהוה aan jou vaders Avraham, Yitz gak en Ya akov met n eed beloof het om dit aan hulle te gee. Deut. 30:19 en 20 PWL. Die fisiese Israel het n hartoorplanting nodig! En Ek sal hulle een hart gee, en n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle n hart van vlees gee, sodat hulle in my insettinge kan wandel en my verordeninge kan hou en dit doen; en hulle sal vir my n volk wees, en Ek sal vir hulle n God wees. Eseg. 11:19 en 20. Sonder n nuwe hart kan ons nie gehoorsaam wees aan die woorde van Yeshua nie, want n hart van klip kan nie besny word nie. Daarom het Yeshua gekom sodat die hart van klip uit elkeen verwyder kan word en met n hart van vlees vervang word wat besny kan word. Dit is ook waarna die profeet Jeremia verwys het: Kyk, daar kom dae, spreek YHVH, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda n nuwe verbond sal sluit; nie soos die verbond wat Ek met hulle vaders gesluit het op dié dag toe Ek hulle hand gegryp het om hulle uit Egipteland uit te lei nie my verbond wat húlle verbreek het, alhoewel Ék gebieder oor hulle was, spreek YHVH. Maar dit is die verbond wat Ek ná dié dae met die huis van Israel sal sluit, spreek YHVH: Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle n God wees, en hulle sal vir My n volk wees. En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sê: Ken YHVH; want

4 hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek YHVH; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie. Jer. 31:30 tot 34 Onder die nuwe verbond het YHVH vir ons n hart gegee om te verstaan, oë om te sien en ore om te hoor. YHVH se wet is nou in ons verstand gegee en op die tafels van ons harte geskryf (Heb. 8:8 tot 12). Ons het ook die Afgesonderde Gees op n besonderse wyse ontvang sodat ons voortdurend geleer en herinner kan word aan alles wat Yeshua gespreek het. Yeshua Messias het dit alles moontlik gemaak! Die werking van die Afgesonderde Gees is as te ware tweeledig. Nie alleen word ons gees deur geloof in die versoeningswerk van Yeshua wedergebore nie, maar word die Afgesonderde Gees ook as permanente inwoner in ons binneste gegee om die krag tot gehoorsaamheid aan die woorde van Yeshua te wees. Die Gees van YHVH besny ons harte om YHVH te kan liefhê met ons hele hart en siel sodat ons kan lewe. Meer nog,,יהוה jou God, sal jou verstand, wil en emosie besny en die verstand, wil en emosie van jou nageslag, om,יהוה jou God, lief te hê met jou hele verstand, wil en emosie en met jou hele gees sodat jy kan lewe. Deut. 30:6 PWL. Yeshua is die besnydenis van ons hart. Besny julleself tot יהוה en verwyder die onbesnedenheid van julle verstand, wil en emosie, manne van Y hudah en inwoners van Yerushalayim, of anders sal My toorn soos n vuur uitgaan en brand met niemand om dit te blus nie, as gevolg van die boosheid van julle dade. Jer. 4:4 PWL. Laat ons ook nie die woorde van Moses vergeet nie toe hy aan die volk gesê het: Omdat jy,יהוה jou God, nie met vreugde en oorweldigende blydskap van verstand, wil en emosie gedien het, vir die oorvloed van alles nie, sal jy daarom jou vyand, wat יהוה teen jou sal stuur, dien in honger, in dors, in naaktheid en in gebrek aan alles en hy sal n yster juk op jou nek sit totdat hy jou vernietig het. Deut. 28:47 en 48 PWL. Yeshua het gekom sodat ons lewe in oorvloed kan hê (Joh. 10:10b). Yeshua is die rede hoekom ons YHVH met vreugde en oorweldigende blydskap van verstand, wil en emosie moet moet dien. Dit is ook belangrik dat gehoorsaamheid aan Torah altyd weens liefde vir YHVH en vir medemens moet wees en dat dit altyd n vreugde moet wees. Genade van vergifnis van oortreding van Torah (die wet) moet altyd ons vreugde van Torah-gehoorsaamheid wees. Bepeins of Bespreek 1. Na wie se stem luister jy? Na die Rabbies van Rabbynse Judaïsme of na Rabbi Yeshua? Ons moet die God van Abraham, Isak en Jakob dien en nie die god van ons Rabbynse voorvaders nie. Dit is aan ons geestelike voorvaders, naamlik aan Abraham, Isak en Jakob, wat die evangelie verkondig is en dit is hulle wat dit geglo het. Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham.

5 Gal. 3:7 tot 9. 2. Die Skrifte verklaar dat beide gelowige Jood en nie-jood (heiden) wat Yeshua as Messias aanvaar het, die saad van Abraham is (Gal. 3:29). Op grond hiervan is gelowiges in Yeshua kinders van YHVH deur genade en kinders van Abraham deur geloof. Maar nou moet ons die vraag vra: Indien ons Hebreeuse wortels by ons voorvader Abraham begin, waar eindig dit? Ons is eenstemmig dat Abraham, Isak en Jakob ons voorvaders is. Maar wie almal van Jakob se nageslag, en spesifiek van die van die stam van Juda, is ons voorvaders? Anders gestel: Is die wysgere van Rabbynse Judaïsme ook ons voorvaders? Ons kan hierdie vraag slegs beantwoord indien ons meer duidelikheid het oor wat die definisie van Rabbynse Judaïsme is. Die artikel Ons Hebreeuse Wortels Hersien wat afgelaai kan word by HebreeuseWortelsHersien kan vir bespreking gebruik word. -o-o-o-o-o-o-o-o-o- Ontvang YHVH se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shalomgroete. Johan. Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.