Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Van Vervolger tot Prediker

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Community of Practice

Pretoria- 23 Junie 2012

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Les 6 vir 10 November 2018

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Pretoria- 23 Januarie 2011

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Geregverdig deur die natuur van die mens (heidene / nie-jode)

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Addendum A Consent form

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Besprinkeling en die Suigelingsdoop 30 Julie 5. Teologiese begronding van die Doop 6 Augustus 9

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

DOOP EN OPVOEDING. Doop en opvoeding 1. Met trane saai vir die oes...3. Is die sonde (die sondeval) opgeneem in God se raadsbesluit?

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

A. Dr EJ Smit tables the report. B. The report will be concluded during the Synod session.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Lees: Jesaja 1. HK Sondag 33, vraag & antwoord Dordtse Leerreëls 1:13. Teks: Jesaja 1:3, HK Sondag 33, vraag & antwoord 89 & 90

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Transcription:

Vergifnis van sonde Sondes Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees. Prakties kan ons dit sien uit die gebed van Jesus. Wanneer ons daaglikse sondes doen wat verband hou met die eerste vier bedes: as ons God se Naam misbruik, die koms van sy heerskappy verhinder, wanneer ons ons sondige wil stel teenoor sy heilige wil, of as ons ondankbaar is vir ons daaglikse brood (ML LC 118). Vergifnis Die vergifnis van God is ʼn Goddelike daad wat ons hele lewe vul met dankbaarheid, want dit help ons om te onthou hoe Christus gely en gesterf het. So seker is ons, dat ons as gelowiges die dood en hel kan trotseer met die woorde: al het ek gesondig, my Christus het nie gesondig nie; dit is in Hom wat ek glo, alles wat syne is behoort aan my en alles wat myne is, is syne. Volgens Lienhard(134) kan ons nie eintlik praat van ʼn ruil, asof twee vennote mekaar bevoordeel nie. Christus kry ons sonde en word aan die kruis sonde gemaak, maar ons kry van Hom alles wat goed is. Al die voordele kom net van een kant af: van Christus na ons toe. Sy regverdigheid word aan ons geskenk en met hierdie vreemde kleed van sy geregtigheid, staan ons voor God. Christus alleen stel ons in die regte verhouding tot God deur hierdie vreugdevolle ruiling: lewe vir ons, die dood vir Hom, vergiffenis vir ons, oordeel vir Hom, geregtigheid vir ons, ons sonde op Hom,

aanvaarding en verheerliking vir ons, verwerping en verguising vir Hom. Hierdie regverdigheid van Christus bring mee dat ons deel in sy koningskap en priesterskap. Elke gelowige is daarom waardig om voor God te verskyn en te bid vir ander (Lienhard 135). Luther het baie keer moed geskep as hy die psalms lees. Hy vind gereeld bemoediging uit Psalm 51 waar Dawid getuig dat God se hart oopgaan vir iemand met ootmoed en ʼn gebroke hart zerknirshtes Hertz (LD 1, Die Anfange, 40). Psalm 6 se moedeloosheid het hy aan sy eie lyf ervaar: Ek is heeltemal gedaan. Hoe lank nog, Here, voor U uitkoms gee? (LD 1, Die Anfange, 40). Soos ons vergewe Die volgende sin: soos ons ook vergewe is volgens Luther ʼn baie nodige en troosryke sin. God belowe ons volle kwytskelding en vergifnis, maar slegs in soverre ons ons naaste vergewe. Soos ons daagliks voor God en teen Hom sondig, en Hy ons uit genade vryspreek, so moet ons ook elke dag bereid wees om hulle wat ons seermaak deur woorde, geweld, nyd of onreg, te vergewe. Wanneer ons ons skuldenaars vergewe, is dit ʼn agteraf bevestiging wat ons sekerheid versterk dat ons sondes inderdaad uit genade vergewe is (vgl. Lukas 6:37 en Matteus 6:14). Vergewe ons nie, blokkeer ons God se vergewing in ons eie lewe Gebed van Luther: Liewe Vader, ek pleit by U: vergewe my, nie omdat ek deur my werke enigiets kan regmaak wat ek verbrou het of enigsins iets by U kan verdien nie, maar omdat U my belowe het dat U sal vergewe en U eie seël daarop geplaas het. So seker vergewe U

my asof ek die woorde uit U eie mond hoor: Jou sondes is vergewe (ML LC 117). Vind berusting hierin: Jou sondes is vergewe Jy hoef nie aflate te koop, of herdenkings te koop soos ʼn doring van Christus se doringkroon of van die 2000 ander relikwieë wat te Wittenberg by keurvors Frederik te koop was nie. Jy hoef ook nie die Dame te Loredo te besoek met die hoop op ʼn wonderwerk of ʼn heilige te soek wat vir jou kan bid nie. Ek kan jou vandag, in 2009, hierdie troos uit die Woord bied: Jesus bid vir jou: Jesus die Hoogste Voorbidder, die grootste Heilige. Sy gebede werk wonders in jou lewe soos die wonder van ʼn kinderlike geloof, van genesing, van berusting in God se groter plan Skrywer: Dr Danie Malan VDM Kempton-Kruin NG Kerk Bibliografie Leeswerk oor Luther: Afkortings aan einde van elke werk Martin Luther: Luther Deutsch Die Werke Martin Luthers, Hg K Aland, Vandenhoeck & Ruprecht, Göttingen, 1983(2 Auflage), Band 1-10. [LD] Band 1: Die Anfänge Band 2: Der Reformator

Band 3: Der neue Glaube. Insluitend Der Grosse Katechismus 1529 wat ook Das Vaterunser bevat p. 96-116. Band 4: Der Kampf um die reine Lehre Band 5: Die Schriftauslegung Band 6: Kirche und Gemeinde Band 7: Der Christ in der Welt Band 8: Die Predigten Band 9: Tischreden Band 10: Die Briefe Martin Luther s Works, 21, The Sermon on the Mount, ed. J Pelikan.Concordia, Saint Louis, Missouri, s.a. (LW) Luther s large cathecism, tr J N Lenker, Augsburg, Minnesota, 1967. (ML LC). Vertaling van dele van Band drie van Luther se versamelde werke. Martin Luther Spiritual Classics (ML SC), Red Robert van de Weyer, Fleming Revell, New York, 1991. Martin Luther s basic theological writings,ed Lull T F, Fortress Press, Minneapolis, 1989 (BTW). Ander outeurs: Cunningham, W, The Reformers and the Theology of the Reformation, Banner of Truth, Edinburgh, 1862 (eerste uitgawe) derde uitgawe 1979. Gritsch, E, Martin God s Court Jester. Luther in Retospect, Fortress, Philadelphia, 1983.

Hanegraaf, H The prayer of Jesus, W Publishing Group, Nashville, 2001. Jonker, WD Bevrydende Waarheid, Hugenote Uitgewers, Wellington, 1994. Köstlin, J Martin Luther, the Reformer, tr by EP Weir, Cassel, Parys, 1884 (4de uitgawe). Liardon, R, God s Generals II, The roaring Reformers, Whitaker House, Laguna Hills, California, 2003. Lienhard, M, Luther, witness to Jesus Christ, tr.by EH Robertson, Augsburg, Minneapolis, 1982 Praamsma, De kerk van alle tijden, IV, Wever, Franeker, 1981. Von Loewenich, Walter, Martin Luther, The Man and his Work, tr by LW Denef, Augsburg, Minneapolis, 1982.