Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Les 6 vir 10 November 2018

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Van Vervolger tot Prediker

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

God. Ons. m et N LIEF GOD GROOTLIKS JOERNAAL

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die Blye Boodskap. The Good News

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

A. Dr EJ Smit tables the report. B. The report will be concluded during the Synod session.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Pretoria- 23 Junie 2012

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Antwoord: Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe. nie aan myself nie, 2 1 Korintiërs 6:19

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

Die maan en sy rol in ons wereld *

Waar is God as ons swaarkry?

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

NEW INTERNATIONAL VERSION

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Via Lucis. Die Weg van Lig anderkant die Kruis. Die 14 stasies van Paasfees tot Pinkster. INSTRUKSIES By elke stasie:

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die betekenis van die kruis (1)

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Luister na God. enlewe vir ewig

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Gereformeerde Protestante Kerk Noordelike Pretoria

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Wegraping (Saamgevat)

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Transcription:

Kersdiens 2012 Votum Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan: Ons steek die Christuskers aan om ons te herinner dat die Lig vir die wêreld op daardie eerste Kersnag gebore is. Die volk wat in donkerte geleef het, het n groot lig gesien; oor dié wat in die donker land was, het n lig geskyn. Vir ons is n Seun gegee. Hy sal heers, en hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader,

Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Amen Adventkers Die Christuskers word aangesteek terwyl die gemeente sing: Gemeentesang: Lied 345:1,2 - Kom alle getroues 1. Kom, alle getroues,

vrolik en vol vreugde, o kom in die gees nou na Betlehem! Loof daardie Kindjie tot ons heil gebore kom buig daar in aanbidding, kom buig daar in aanbidding, kom buig daar in aanbidding, voor Jesus, die Heer. 2. 'n Kind is gebore; loof die God van liefde! Hy kom ons verlos, Hy is Wonderbaar, Raadsman en Sterke, God en Vors van vrede Ons buig in blye aanbidding, ons buig in blye aanbidding, ons buig in blye aanbidding, Verlosser en Heer!

Seëngroet Genade en vrede vir julle van God, wat gekom het, weer kom en elke dag in ons lewens kom. Skriflesing: Titus 2:11-14 11 Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. 12 Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar en met selfbeheersing, opregtheid en godsvrug in die teenswoordige wêreld te lewe, 13 terwyl ons uitsien na die gelukkige dag wat ons verwag. Op daardie dag sal die heerlikheid van ons grote God en Verlosser, Jesus Christus, verskyn. 14 Hy het Homself vir ons as offer gegee om ons van alle ongeregtigheid vry te maak en ons van sonde te reinig, sodat ons sy eie volk kan wees wat ywerig is om die goeie te doen. Titus 2 (AFR1983) Lied 344:1-3 - O die goeie tyding, o die blye

tyding 1. O die goeie tyding, o die blye tyding - helder klink dit met Kersfeestyd: Diep was ons verlore, Christus is gebore. Juig dan, almal, jubel oor die saligheid! 2. O die goeie tyding, o die blye tyding kom met krag in die Kersfeestyd: Hy, die Hemelkoning, maak by mense woning - Hy, gebore in die volheid van die tyd! 3. O die goeie tyding,

o die blye tyding - oral hoor ons: Dis Kersfeestyd. Blye jubelkore loof die Kind, gebore. Juig nou mensdom, prys Hom tot in ewigheid! Skriflesing: Lukas 2:1-4; Lukas 2:8-14 1 In daardie tyd het keiser Augustus 'n bevel uitgevaardig dat 'n volkstelling in die hele ryk gehou moet word. 2 Hierdie eerste volkstelling het plaasgevind toe Sirenius goewerneur was in die provinsie Sirië. 3 Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na sy eie stad toe. 4 Ook Josef het gegaan. Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het.

8 Daar was skaapwagters in daardie omgewing wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. 9 Meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn. Hulle het baie groot geskrik. 10 Toe sê die engel vir hulle: "Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. 11 Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! 12 En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê." 13 Skielik was daar saam met die engel 'n menigte engele uit die hemel wat God prys en sê: 14 "Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir die mense in wie Hy 'n welbehae het!" Lied 364:1,3 - Herders op die ope velde 1. Herders op die ope velde het dié nag die englekoor,

met die blye evangelie uit die hemel aangehoor: Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste heem'le. Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste hemele. 3. Ere in die hoogste hemel, klink dit nou die wêreld deur: Liefde, vrede, welbehae daal in Jesus tot ons neer. Kom, loof die Heer, loof die Heer,

loof die Here God in die hoogste heem'le. Kom, loof die Heer, loof die Heer, loof die Here God in die hoogste hemele. Gloria Gloria in excelsis Deo! in excelsis Deo! Gebed Liefdevolle God en Hemelvader, Immanuel, Ons dank U dat U God met ons is en dat U u Seun gestuur het om onder ons te woon en ons na die ware lewe te lei. Gee dat die hoop, die vrede, die vreugde en die liefde waarvan ons in die tyd van Advent gehoor het, n volle werklikheid in ons sal wees ook nou waar ons U aanbid en dien. Deur Jesus Christus ons Here nou en vir ewig. Amen

(Uit Handleiding vir die Erediens, BybelMedia) Skriflesing: Psalm 96 1 Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, sing tot eer van die Here, almal op aarde! 2 Sing tot eer van die Here, prys sy Naam, verkondig elke dag sy reddingsdade! 3 Vertel die nasies van sy mag, al die volke van sy magtige dade. 4 Die Here is groot, al die lof kom Hom toe, ontsagwekkend is Hy bo alle gode. 5 Al die gode van die volke is niks: dit is die Here wat die hemele gemaak het. 6 Majesteit en luister straal van Hom uit, krag en glans vul sy heiligdom. 7 Prys die Here, alle volke, prys die Here om sy eer en mag!

8 Prys die Here om die eer van sy Naam! Kom na sy voorhowe toe, bring vir Hom offers! 9 Buig voor die Here by sy heilige verskyning; betoon eerbied aan Hom, almal op aarde. 10 Verkondig onder die nasies: "Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volke regverdig oordeel." 11 Die hemele moet bly wees en die aarde moet juig, die see en alles daarin moet druis, 12 die veld en alles daarop moet jubel, al die bome in die bos moet hulle verheug 13 voor die Here, want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid. Prediking Lekkergoed Een dag, was die wêreld toe onder die sneeu. Al die mense het in die middel van die dorpie bymekaar gekom, want daar was iets nuuts by die lekkergoedwinkel - iets wat

niemand nog ooit vantevore gesien het nie. Die lekkergoedmaker was opgewonde om sy nuwe Kersfeeslekker vir almal te wys. Hy het n rooi en wit pepermentstokkie op gehou dat almal kan sien al die kinders wou daaraan lek! Ek het hierdie lekker gemaak, het hy verduidelik. Ek het dit gemaak sodat dit soos n letter J lyk. J staan vir Jesus, God se Seun wat aarde toe gekom het, en Kersfees is wanneer ons sy geboorte onthou. Maar wanneer jy die lekker omdraai, om die letter onderstebo te hou, dan lyk dit soos n skaapwagter se staf. Skaapwagters was die eerste wat die Goeie Nuus gehoor het. Terwyl die skaapwagters hul skape in die nag opgepas

het, was die lug ewe skielik verlig met n helder hemelse lig. Engele het verskyn en begin sing: Ere aan God in die hoogste hemel En daar in die dorpie waar Jesus gebore is, het die skaapwagters hom gevind, lekker warm toegewikkel in doeke in n stal. Die skaapwagters se harte was vol verwondering en vreugde en hulle het gekniel langs die baba seuntjie. Ek het strepies op die lekker gesit, het die lekkergoedmaker gesê, om te onthou dat Jesus ons sonde weggewas het. Hy het aan die kruis gesterf, sy bloed het gevloei. Daarom is daar rooi strepies. Die wit van die lekker is daar om ons te herinner dat ons

vergewe is, ons is so wit soos sneeu. Jesus is gebore om ons van ons sonde te verlos, om ons heilig en skoon te maak aan die binnekant. Ek wou hierdie storie met julle deel, het die lekkergoedmaker gesê, sodat Jesus ook julle verlosser kan wees. Vertel asb. hierdie storie vir almal en sê vir God dankie vir die geskenk van sy Seun! Dag van vreugde Kersdag is in die volste sin van die woord 'n dag van vreugde. God raak die wêreld aan. God bring hoop en genesing. God breek 'n toekoms vir God se wêreld oop. Isaac Watts se Kerksgesang uit 1719 (gebaseer op Psalm 98) beskryf ons vreugde: Joy to the World, the Lord is come!

Let earth receive her King; Let every heart prepare Him room, and Heaven and nature sing and Heaven, and Heaven, and nature sing. Joy to the World, the Saviour reigns! Let men their songs employ; While fields and floods, rocks, hills and plains, repeat the sounding joy, repeat, the sounding joy. He rules the world with truth and grace, and makes the nations prove, the glories of His righteousness, and wonders of His love, and wonders, wonders, of His love.

Die volume word oopgedraai Kersdag is inderdaad n dag van vreugde. Heaven and nature sing. Psalm 96 vuur hierdie vreugde aan. Psalm 96 roep alle mense op aarde, alle volke, sy hele skepping hemel, aarde, veld en see op om te sing, te verkondig, te vertel, te aanbid! Sing, sing, sing, hoor ons in die eerste twee verse. Prys, prys, prys, prys, hoor ons in vers 1, 7 en 8. Die hele toon van die psalm is vreugde, blydskap en eer aan God. Dis asof die volume stadig maar seker oopgedraai word. Eers is dit die mense wat moet sing. Dan word die skepping deel van die koor. Alles moet sing! Die hele skepping is die teater van God se glorie (Calvyn). Overduin het opgemerk dat n erediens en die prediking soms n hopelose ervaring kan wees, maar as ons n psalm gesing het, was dit die moeite werd. Waarom sal ons lofsang? Hoekom moet ons vandag hierdie psalm sing? Wat is die

redes vir hierdie lofsang? Die antwoord word in die hart van hierdie psalm aangetref: Die Here regeer; die wêreld staan vas, dit wankel nie; die Here sal die volke regverdig oordeel... want Hy kom, Hy kom om oor die aarde te heers. Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid (10, 13). Hierdie verse benadruk twee groot gedagtes: Een: 'n Nuwe lied Wanneer n koning in die Ou Nabye-Ooste gekroon is, is daar dikwels n nuwe lied geskep (1). Miskien was hierdie psalm só n lied. Dit was n groot affêre. Ons kan doodgewoon dink aan 60 jaar gelede toe koningin Elisabeth gekroon is. Spesiale musiek is gekomponeer. Hierdie jaar was daar groot feesvierings om dit te herdenk. Alles is in herinnering geroep. Dis asof sy weer as koningin gekroon is. Ons weet nie wat die agtergrond van die psalm is nie, maar dis duidelik dat iets gebeur het wat die koningskap van die

Here bevestig het. Hy word bely as die Een wat alles geskep het. Hy word bely as Een wat bo al die gode is. Die gode is niks. Hy alleen is die Skepper, maar ook die Verlosser, want dit word keer op keer gesê dat Hy reddingsdade en magtige dade verrig het (3). Anders as ander konings met n groot gevolg, word Hy omring met al die luister en heerlikheid. Hy is ontsagwekkend bo alle gode. Twee: Onreg reggestel Die verwagting van Israel was altyd dat die Here sou ingryp en die reg sou herstel. Op die dag van oordeel sal Hy die goddelose oordeel en die regverdige herstel. Die geskiedenis van Israel is vol onreg. Konings het hulle mag misbruik en die weerlose mense nie goed behandel nie. Die ware koning (sien Ps 72) was iemand wat reg en geregtigheid sou herstel en sou toesien dat die reg van weerlose mense gehandhaaf word. In een van die groot profesieë wat dikwels met Kersfees in verband gebring word, sê Israel: Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van

nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg (Jes 9:6). Die psalmdigter sê dat hierdie God nou koning is! Waar gemaak in Jesus Kersfees sing ook oor hierdie groot gebeurtenisse, omdat dit in Jesus waar geword het. Twee punte is belangrik: Een: God het nie vergeet nie Die Skepperkoning het nie sy skepping vergeet nie. Die Nuwe Testament verwys telkens na Jesus as die een deur wie God alles geskep het (Joh 1:3; Kol 1:15, 16; Heb 1:2). In Jesus het God se kragtige dade en heerlikheid sigbaar geword. Johannes sê: Die Woord het mens geword en onder ons kom woon. Ons het sy heerlikheid gesien, die heerlikheid wat Hy as die enigste Seun van die Vader het, vol genade en waarheid (Joh 1:14). God het die wêreld nie prysgegee nie. Dit staan vas en sal nie wankel nie, want in Jesus sien ons God se trou.

Twee: Skepper en Verlosser is een Die Skepper en Verlosser is een. Kersfees vier die koms van God na die wêreld egter onder die teendeel. Die heerlikheid en majesteit van God kom in die vorm van n mens. Dis teen alle verwagting in. Jesus se koms word nie met trompetgeskal in n troonsaal aangekondig nie, maar aan herders deur n koor uit die hemel, op die oop velde van sy skepping, onder die sterrehemel (Luk 2:14). Wyse manne ontdek dit wanneer die skepping deur middel van n ster vir hulle die pad na die koning in die krip wys (Matt 2). Heaven and nature sing... In Jesus breek die heerskappy van God dus op n vreemde manier deur. Die Een deur Wie God alles gemaak het, word n mens. In Jesus sien ons sprankies van God se heerlikheid wanneer Hy die waardes van die hemel hier op aarde kom vestig. Sy omgang met mense getuig van regverdigheid en billikheid. Hy vestig God se koningsheerskappy deur sy gesag oor die natuur, siekte, lyding, sonde en dood. Tog is dit nie universeel sigbaar nie. Jesus is God se koningskap wat ons nou vier, maar eers later werklik in volle gestalte sal sien.

Hoe sigbaar is God se heerskappy? Een van die grootste probleme wat ons op Kersfees met die sing van hierdie psalm het, is dat sy koningsheerskappy nie so sigbaar is nie. Daar is ander gode wat mense se gedagtes en lewe in beslag neem. Daar is ander magte wat aanspraak daarop maak dat hulle in beheer is. Daar is pyn, lyding, siekte, sonde en dood. Die stukkende skepping, stukkende verhoudings, siekte, lyding, kan hier benadruk word (sien onder Konteks ). Baie mense vier hierdie Kersfees die eerste keer sonder n geliefde. Baie mense het nie die moed om bly te wees en God te prys nie. Ons vier die koms van koning Jesus met hartseer, omdat ons die gebrokenheid van die skepping sien. Ons verlossing is alreeds waar, maar ons deel nog nie ten volle in die vrug daarvan nie. Hoop is gepas Israel het hierdie psalm met hoop gesing. Ja, hulle het die dade van God in die verlede in herinnering geroep, maar die vyande het nie verdwyn nie. Die onreg was onder hulle neuse. Die volke rondom hulle het steeds ander gode aanbid. Hoe kan ons hoop hê in so n gebroke wêreld? Op hierdie vraag verskaf die psalm twee antwoorde:

Een: Al was ek nie daar nie Daar is n ou Negro Spiritual met die titel Were you there? Dit vra of ons daar was toe Jesus gekruisig, gesterf en begrawe is. Dieselfde vraag kan ten opsigte van Jesus se geboorte gevra word. Was ons daar toe die Koning mens geword het? Ons pragtige lied antwoord: "Al was ek nie daar nie, ek weet dit is waar..." Hoop Ek was nie daar nie. Nee, maar tog ook, ja. Wanneer die geloofsgemeenskap op Kersdag saamkom en juig en sing, word ons deel van die gebeurtenis! Dis hier waar ons hoop lewend gehou word. Dis hier waar ons vir mekaar sê dat Jesus Koning is. Dis hier waar ons mekaar herinner dat God nie sy skepping vergeet het nie, maar kom red het. Sy magtige dade word in herinnering geroep. Dis hier waar ons ons verwonder in die heerlikheid van God wat vol genade en waarheid onder ons kom woon het. Dis hier waar ons mekaar herinner dat alles reg is, al lyk alles verkeerd.

Ons vier Kersfees asof dit die eerste keer is. God het in n wêreld waar baie ander gode aanbid, sy heerskappy van reg en billikheid kom vestig. Die een wat die hemel bewoon het, het gekom. Hy het hier, tussen ons, kom woon. Saam hoopvol Dis ook hier waar ons vir mekaar sê dat alles wat ons in Jesus se geboorte vier, finaal vervul sal word wanneer die koning weer sal kom. Ons leef dus in hoop wanneer ons saamkom. Wanneer die Koning weer kom, sal ons saam met die stemme in die hemel uitroep: Die koningskap oor die wêreld behoort aan ons Here en sy Gesalfde, en Hy sal as koning heers tot in alle ewigheid. Nou het ons God die redding gebring, nou is sy mag en koningskap hier, en die gesag van sy Gesalfde (Op 11:15; 12:10). Saam met alle gelowiges sal ons n nuwe lied voor God se troon sing (Op 5:9; 14:3). Ons hoop word dus in stand gehou wanneer ons die lofsange saam met ander gelowiges sing en wanneer ons mekaar aanmoedig om te leef in die verwagting van n nuwe hemel en 'n nuwe aarde wat God belowe het en waar die wil van God sal heers (2 Pet 3:13).

Twee: Verkondig elke dag Een van die belangrikste aksente in Psalm 96 word in vier eenvoudige woorde van hierdie psalm aangetref. Hierdie drie woorde is verkondig elke dag (2). Sien ook verkondig onder die nasies (10) en vertel. Die mense van die aarde moet hoor van sy koningskap. Kersfees belig die missionêre God, sê Lamparter: Is dit nie die heilige plig van die volk van God om hierdie wonderlike God aan die oningewydes bekend te maak nie? MacDonald vra tereg: As ons regtig die grootheid en goedheid van die Here waardeer, sal ons nie wil hê dat ander ook sy Naam moet grootmaak nie? Die kerk, sê Petrus, is geroep om die verlossingsdade te verkondig van Hom wat ons uit die duisternis na die lig oorgebring het (1 Pet 2:9). Ons moet dit nie net op Kersfees, Paasfees en Pinksterfees doen nie. Dit moet elke dag gebeur! Ons moet dit verkondig en oorvertel. Verkondig met ons lewe

In dieselfde asem moet ons ook sê dat die aanbiddingsgemeenskap dit met integriteit moet doen. Wanneer ons saamkom op Kersdag en verkondig dat ons Heer koning is, moet ons ook die beeld van hierdie Koning uitstraal. As ons Koning met regverdigheid en billikheid opgetree het, word die liggaam van Christus hierdie soort gemeenskap. Elkeen wat dus na die kerk luister en kyk, moet hoop kry. Opnuut hoopvol Dirkie Smit skryf: Elke Kersfees weer lê dié bondel hoop opnuut in die krip, dié stuk God-met-ons, dié stuk belofte, dié stuk nuutheid en lewe en toekoms en moontlikheid. Elke Kersfees weer is dié Kind mooi vir alle oë-wat-kan-hoop, wat-die-onsienlike-kan-sien. Daarom troos dié blye tyding elke Kersfees weer op siekbeddens, in eensame kamers, in arm buurte, in bange harte. En elke Kersfees weer word ons genooi om daarvolgens te handel téén alle sigbare ellende in, téén gruwelike misdaad en sinlose geweld, téén swaarkry, siekte en die dood. Gebed

Ons loof u Naam, o Here, ons wil vrolik juig; met harp en lier getuig, met snare sing u ere. U goedheid laat ons lewe. ons oggendlied wil sing, ons aandlied hulde bring. U trouheid loof ons, Here. Ons juig oor U, o Here hoe groot is al u werk, u dade onbeperk, u denke so oneindig. (n.a.v. Vonkk 20) Amen

Offergawes vir MTR Smit Oorhandiging van Bybels aan Kleinskool/Margita Marx. Gebed vir HG se werking deur Bybels. Foto ds Ben Fourie. Lied 348:1,2 1. Stille nag, heilige nag! Jesus-kind, lank verwag, Lig uit Lig, uit die Vader se ryk, word uit liefde aan mense gelyk. Loof die hemelse Kind! Loof die hemelse Kind! 2. Stille nag, heilige nag! Hemelvors, ons gee ag op die lied van die engelekoor. Herders het dit die eerste gehoor: Juig, die Redder is daar!

Juig, die Redder is daar! Seën Liturg (L): Mag die God van die engele wat Christus se geboorte aangekondig het, vreugde in julle harte bring op hierdie dag en vir altyd. L: Mag die God van liefde wat sy enigste Seun vir ons gegee het, julle lewe met liefde en vrede vul. L: Mag Immanuel, God met ons, met julle wees in alles wat julle doen, totdat Hy julle in sy ewige koninkryk laat ingaan. L: Die almagtige God, Vader, Seun en Heilige Gees, seën julle, nou en vir ewig. (Uit Handleiding vir die Erediens, BybelMedia) Respons : Musikale Amen