Via Lucis. Die Weg van Lig anderkant die Kruis. Die 14 stasies van Paasfees tot Pinkster. INSTRUKSIES By elke stasie:

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Van Vervolger tot Prediker

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Les 6 vir 10 November 2018

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Die Blye Boodskap. The Good News

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Die betekenis van die kruis (1)

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Die gemeente herhaal hierdie lied twee maal, en die gelowiges ontvang die lig van die Altaardienaars, waarna hulle dit verder na mekaar aangee.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Wegraping (Saamgevat)

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

NEW INTERNATIONAL VERSION

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Luister na God. enlewe vir ewig

A. Dr EJ Smit tables the report. B. The report will be concluded during the Synod session.

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

HEMELVAARTDIENS 9 MEI 2013 KRAGGAKAMMA

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

KOM ERVAAR JESUS IN DIE ANTIEKE WÊRELD! ISRAEL & EGIPTE: 23April 3 Mei 2014 Toerleiers: Ds. Willem Badenhorst (Moreletapark) Dr.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Community of Practice

Pretoria- 23 Junie 2012

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

God. Ons. m et N LIEF GOD GROOTLIKS JOERNAAL

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

MATT. 25:31 33 DIE SKAPE EN DIE BOKKE

DIE WEGRAPING/WEDERKOMS VAN JESUS CHRISTUS?

SAMESANG: 38 2:27-28; 4: :1,5 TYDENS EREDIENS:

GOD SE SORG IN OPENBARING

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Transcription:

Via Lucis Die Weg van Lig anderkant die Kruis Die 14 stasies van Paasfees tot Pinkster INSTRUKSIES By elke stasie: 1. Die gebeure word aangekondig. 2. Kort gesang: Ons aanbid U en prys U Here Jesus Christus. - Want deur U opstanding vervul U ons met hoop en vreugde, hallelujah! 3. Die leier lees n kort skriflesing. 4 Almal neem deel aan die kort gebed na die uitnodiging: Laat ons bid 5. Almal sing saam met die kort gesang na die uitnodiging: Laat ons sing Inleiding God het Jesus uit die dood opgewek. Oor verskeie dae heen het Hy verskyn aan hulle wat saam met Hom van Galilea na Jerusalem gereis het en wat nou as sy getuies teenoor die volk optree. En ons verkondig aan julle die goeie boodskap dat God die belofte wat aan die voorvaders gemaak is, vir ons, hulle kinders, vervul het deurdat Hy Jesus laat opstaan het. (Handelinge 13:30-33)

1. Eerste Stasie: Die vroue ontdek dat die graf waarin Jesus gelê het, leeg is. Teen dagbreek, op die eerste dag van die week, het die vroue na die graf gegaan met die geurige speserye wat hulle voorberei het. Hulle het ontdek dat die klip van die graf weggerol was, en toe hulle ingaan, het hulle die Here Jesus se liggaam nie gekry nie. Hulle was verward hieroor, maar skielik het daar twee mans met glansende klere by hulle gestaan en vir hulle gesê: Waarom soek julle die lewende by die dooies? Hy is nie hier nie, maar is opgewek. (Lukas 24:1-9) U opstanding is waarlik goeie nuus. Ons loof en prys U oorwinning oor sonde en oor die dood! U opstanding bring ons hoop, verlossing en die begin van n nuwe lewe in U! Help ons om te groei in die oortuiging dat ons lewe aan die einde nie tot n einde kom nie, maar slegs verander word. Amen. Laat ons sing: (Tune: Jesus Christ is risen today CH 153) Christus het vandag verrys, hallelujah! Heilige oorwinningsdag, hallelujah! Hy het aan die Kruis gesterf, hallelujah! Dat ons lewe kan beërf, hallelujah!

2. Tweede Stasie Petrus en Johannes hardloop na die graf. Petrus en Johannes het saam gehardloop na die graf. Toe hulle die graf binnegegaan het, sien hulle die linnedoeke lê. Hulle het gesien en het geglo. (Johannes 20:3-9) Terwyl ons voor U leë graf staan, nooi U ons uit om dit wat Petrus en Johannes beleef het, ook te belewe. Terwyl ons die geheimenis van U dood en opstanding bepeins, gee ons die genade om die bloed waardeur ons verlos is, en die Gees waardeur ons in U hergebore is, beter te verstaan. Amen. Laat ons sing: (Tune: Jesus Christ is risen today CH 153) Laat ons lofgesange sing, halleluja! Hulde aan ons Koning bring, halleluja! Aan die Kruis het Hy gely, hallelluja! Dat Hy sondaars kan bevry, hallelujah!

3. Derde Stasie Jesus verskyn aan Maria Magdalena. Maria het buitekant die graf gestaan en huil. Terwyl sy huil, het sy vooroor na die graf toe gebuk, en twee engele met wit klere daar sien sit waar die liggaam van Jesus gelê het. Hulle sê toe vir haar: Vrou, waarom huil jy? Sy antwoord hulle: Hulle het my Here weggevat en ek weet nie waar hulle Hom neergelê het nie. Sy het omgedraai en Hom daar sien staan, maar nie besef dat dit Jesus was nie. Sy het gedink Hy is die tuinier en sê toe vir Hom: Meneer, as u Hom verwyder het, sê vir my waar u Hom neergelê het, en ek sal Hom wegneem. Jesus sê vir haar: Maria! Sy draai toe om en sê vir Hom Rabboni! Dit beteken Leermeester. U het Maria Magdelena die geleentheid gegee om die eerste getuie van U opstanding te wees, en U het haar n opdrag gegee om die boodskap te verkondig. Net soos Maria, roep U elkeen van ons by ons naam, en vra ons om die goeie boodskap aan almal wat ons ontmoet, oor te dra. Help ons om dit moedig te doen. Amen. Laat ons sing: (Tune: The day of resurrection CH 302) O Dag van weeropstanding Deur God verordineer! Die Pasga van ons blydskap, Die Pasga van die Heer! Uit dood tot lewe ewig Sal God ons laat verrys En opvaar na die hemel En Hom vir ewig prys!

4. Vierde Stasie Jesus loop saam met die twee dissipels op pad na Emmaus. Jesus sê vir hulle: Waaroor loop julle so met mekaar en redeneer? Hulle het gaan staan, hulle gesigte somber. Een van hulle, met die naam Kleopas, het hom geantwoord: Is u die enigste vreemdeling in Jerusalem wat nie weet van die dinge wat in hierdie dae in die stad gebeur het nie? Hy vra hulle: Watter dinge? Toe sê Hy vir hulle: O, hoe sonder begrip en traag van hart is julle, dat julle nie alles wat die profete gesê het, glo nie! Hierna het Hy begin om al die Skrifte oor Hom, vanaf Moses en die Profete, vir hulle uit te lê. (Lukas 24: 13-27) U het by U twee dissipels aangesluit toe hulle in hulle verwarring probeer het om van alles af weg te loop. U het hulle gehelp om die ware betekenis van die gebeurtenisse wat hulle so ontstel het, te verstaaan. Hulle uitnodiging Bly by ons word ons gebed. Help ons om U te herken in diegene wat langs ons loop in die tye van moeilikheid. Amen. Laat ons sing: (Tune: Bring, all ye dear-bought nations CH 38) Kom, almal, laat jul stem verrys! Kom, laat ons die Verlosser prys. Halleluja! Halleluja! Die Heer laat duisternis verdwyn: Hy is die lig wat helder skyn; Loof die Here, gee Hom ere. Halleluja! Halleluja! Halleluja!

5. Vyfde Stasie Jesus word herken met die breek van die brood. Toe hulle nader kom by die dorpie waarheen hulle op pad was, het Jesus voorgegee dat Hy verder wil reis. Maar hulle het sterk by Hom aangedring: Bly by ons, want dit is amper aand en die dag is reeds verby. Hy het toe ingedraai om by hulle oor te bly. Terwyl Hy saam met hulle aan tafel was, het Hy die brood geneem, die seëngebed uitgespreek, dit gebreek en vir hulle gegee. Toe is hulle oë geopen en hulle het Hom herken. Hy het egter uit hulle sig verdwyn. En hulle het vir mekaar gesê: Het ons harte nie in ons gebrand toe Hy met ons langs die pad gepraat en die Skrifte vir ons uitgelê het nie? (Lukas 24:28-35) Toe die twee dissipels U met die breek van die brood herken het, het hulle ook hulle self herken. Hulle was nog steeds U dissipels. U woorde het hulle geloof in U herstel. Elke keer wanneer ons die Eucharistie vier, nooi U ons uit om weer as U volgelinge herstel te word terwyl ons na U woord luister en deelneem aan U Liggaam en Bloed. Amen. Laat ons sing: (Tune: Christ the Lord is risen today CH 44) Christus het vandag verrys, Christene, laat ons Hom prys. Lê jul huldiginge neer By die voete van ons Heer. Want die Lam moes boete doen, Om die skape te versoen. Maar Hy het weer opgestaan En die lewe ingegaan.

6. Sesde Stasie Jesus verskyn aan n groep van die Apostels agter geslote deure. Terwyl hulle nog besig was om oor hierdie dinge te praat, staan Jesus tussen hulle en sê vir hulle: Vrede vir julle! Verskrik en beangs het hulle gedink dat hulle n gees sien. Maar Hy sê vir hulle: Waarom is julle ontsteld, en waarom kom daar twyfel in julle harte? Kyk na my hande en voete, dit is Ekself! Vat aan my en kyk, n gees het nie vleis en bene soos julle sien dat Ek het nie. Omdat hulle dit van vreugde steeds nie kon glo nie en verbaas was, sê Hy vir hulle: Het julle iets te ete hier? En hulle het Hom n stuk geroosterde vis gegee. Hy het dit geneem en voor hulle geëet. (Lukas 24:36-43) ons vind dit nog steeds moeilik om aan U en ons eie opstanding te glo. Help ons in ons ongeloof. Amen. Laat ons sing: (Tune: All glory, laud and honour (CH no. 8) Ons hoor die Paasfeesklokke. Die Heer het opgestaan! Hy het vir al ons sonde Hom aan die kruis laat slaan. In Hom is nuwe lewe, Sy graf is leeg en oop. Hy gaan ons voor verheerlik En ons kan op hom hoop.

7. Sewende Stasie Jesus bemagtig sy dissipels om sondes te vergewe. Jesus het toe gekom en tussen hulle gaan staan en vir hulle gesê: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. Nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê: Ontvang die Heilige Gees! As julle mense se sondes vergewe, is dit hulle vergewe; as julle dit van hulle weerhou, bly dit van hulle weerhou. (Johannes 20:21-23) U het aan die apostels verskyn en op hulle die Heilige Gees geblaas. Stort U helende Gees oor ons uit, sodat ons kan aangaan met U boodskap van vergifnis aan ons gewonde wêreld te verkondig. Amen. Laat ons sing: (Tune: All creatures of our God and King CH 4) Loof Hom wat die oorwinnaar is Oor magte van die duisternis. Halleluja! Halleluja! Hy gee die gawe van Sy Gees, stuur Hom om ons tot troos te wees. Loof die Here, gee Hom ere. Halleluja! Halleluja! Halleluja!

Thomas was nie by hulle toe Jesus gekom het nie. Die ander dissipels sê toe vir hom: Ons het die Here gesien! Maar hy wou dit nie glo nie. Agt dae later was sy dissipels weer binne, en Thomas saam met hulle. Terwyl die deure gesluit was, het Jesus gekom en in hulle midde gaan staan en gesê: Vrede vir julle! Daarna sê Hy vir Thomas: Bring jou vinger hier en kyk na my hande, en bring jou hand en steek dit in my sy; moenie langer ongelowig wees nie, maar gelowig. Thomas het Hom geantwoord: My Here en my God! Jesus sê vir hom: Glo jy omdat jy My gesien het? Geseënd is hulle wat nie gesien het nie en tog geglo het. (Johannes 20:24-29) 8. Agtste Stasie Jesus versterk Thomas se geloof. U het Thomas se geloof in U as die verrese Here hernu. Sy geloof is die geloof van die Kerk. Bewaar die kerk wat U op die apostels gebou het, verdiep ons geloof in U uiteindelike oorwinning, en help ons om in die hoop op U wederkoms krag te skep. Amen. Laat ons sing: (Tune: To God be the glory CH no. 803) Volmaakte verlossing: o duur was die prys! Vir elkeen wat glo, word genade bewys; Besoedelde sondaars verlos Hy sodra Hul kniel by die Kruis om vergifnis te vra. Prys die Heer! Prys die heer! Laat die aarde getuig! Prys die Heer! Prys die Heer! Laat die mensdom nou juig. O kom tot die Vader deur Jesus die Seun, En gee Hom die ere Hy t wonders gedoen.

9. Negende Stasie Jesus verskyn by die strand van die See van Tiberias. Simon Petrus sê vir die ander dissipels: Ek gaan visvang. Hulle sê vir hom: Ons gaan saam met jou. Hulle het uitgegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie. Teen dagbreek het Jesus op die strand gestaan, maar die dissipels het nie geweet dat dit Jesus is nie. Jesus vra hulle toe: My kinders, julle het seker niks om te eet nie? Hulle antwoord Hom: Nee. Hy sê toe vir hulle: Gooi die visnet uit aan die regterkant van die skuit, en julle sal kry. Hulle het dit toe gegooi, en vanweë die groot klomp vis was hulle nie in staat om dit in te trek nie. Daarop sê die dissipel die een vir wie Jesus liefgehad het vir Petrus: Dit is die Here! (Johannes 21:1-19) In die teken van so n menigte vis by mekaar in die enkele, ongebroke visnet, openbaar U vir ons U wens dat alle mense van alle nasies in een heilige volk verenig sou word. Net soos U vir U dissipels gewys het hoe om so n groot vangs te bemaak, gee ook vir ons U leiding op die weg na eenheid. Amen. Laat ons sing: (Tune: Bring all ye dear-bought CH 38) Kom, almal, laat jul stem verrys! Kom, laat ons die Verlosser prys. Halleluja! Halleluja! Die Heer laat duisternis verdwyn; Hy is die lig wat helder skyn; Loof die Here, gee Hom ere. Halleluja! Halleluja! Halleluja!

10. Tiende Stasie Jesus gee Petrus die opdrag om vir sy kudde, die Kerk, te sorg. Toe vra Jesus vir Petrus drie keer: Simon, seun van Johannes, het jy My werklik lief, meer as hulle? Hy sê vir Hom: Ja, Here, U weet dat ek U liefhet. Jesus sê vir hom: Pas my lammers op! Laat my skape wei. (Johannes 21:15-18) U het vir Petrus wat U drie keer verloën het, nie net vergewe nie, maar hom selfs benoem om die leier van U volgelinge te wees en die herder van U kudde. Nadat hy homself opnuut aan U toevertrou het om U tot die dood toe lief te hê, het hy die opdrag aanvaar om U kudde te lei dat hulle genesing vind deur U liefdevolle vergifnis. Mag die opvolgers van Petrus voortgaan om U kerk te bewaar op die weg van waarheid en lewe, en mag ook ons getrou bly in die vervulling van ons missie om die blye boodskap van saligmaking te versprei. Amen. Laat ons sing: (Tune: Alleluia, sing to Jesus CH 7) Halleluja, lof aan Jesus. Septer kom Hom toe, en troon. Halleluja! Hy s oorwinnaar, Laat ons Hom as Koning kroon. Luister na die lied van Sion, Klink dit soos n magtig vloed! Want uit elke taal en nasie Het Hy ons verlos met bloed.

11. Elfde Stasie Jesus oorhandig aan Sy dissipels Sy evangelie vir die hele wêreld. Jesus sê toe vir hulle: Gaan die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom. Wie tot geloof gekom het en gedoop is, sal verlos word, maar wie nie tot geloof gekom het nie, sal veroordeel word. Hierdie tekens sal hulle wat tot geloof gekom het, vergesel: in My naam sal hulle demone uitdryf, in nuwe tale praat, en slange met hulle hande optel; as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle nie kwaad aandoen nie, en op siekes sal hulle die hande lê en hulle sal gesond word. (Markus 16:15-18) U het U dissipels gehelp om die wonderlike misterie van U dood en opstanding te verstaaan. Toe het U aan hulle die taak toevertrou om boodskappers van hoop te wees, en om die goeie nuus van U oorwinning oor sonde en dood te verkondig. Terwyl ons strewe om hulle sending voort te sit, vra ons U om ons te help dat ons U opstanding deur ons lewensstyl openbaar.amen. Laat ons sing: Christus het vandag verrys, Christene, laat ons hom prys. Lê jul huldiginge neer By die voete van ons Heer. Want die Lam moes boete doen Om die skape te versoen. Maar Hy het weer opgestaan En die lewe ingegaan. (Tune: Christ the Lord is risen today CH no.44)

Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het Sy hande opgehef en hulle geseên. Terwyl hulle stip na die hemel bly kyk, staan daar meteens twee mans in wit klere by hulle en vra: Galilieërs, waarom staan julle en staar na die hemel. Hierdie Jesus wat van julle na die hemel weggeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel sien weggaan het!. (Lukas 24:50-52 / Handelinge 1:9-11) 12. Twaalfde Stasie Jesus vaar op na die hemel. Opgestaande Jesus Christus, U belofte om die gawe van die Heilige Gees vir ons te gee en U belofte om altyd by ons te bly, vervul ons met vreugde. Waar U, die Hoof, ons voorafgegaan het in glorie, hoop ons, die liggaam, om U te volg. U sit aan die regterhand van die Vader, bid vir ons nou want ons plaas ons hele hoop in U, ons Ewige Priester. Amen. Laat ons sing: Heil die dag wat Hy verrys, Halleluja! Opvaar na die paradys, Halleluja! God het by die mens gewoon, Halleluja! Keer nou t rug na hemels troon. Halleluja! (Tune: Hail the day that sees him rise)

13. Dertiende Stasie Maria en die Apostels wag op die koms van die Heilige Gees Daarna het die dissipels teruggekeer na Jerusalem. Toe hulle daar aankom, het hulle opgegaan na die bovertrek waar hulle gebly het. Hulle het almal eensgesind in gebed volhard saam met die vroue, en ook saam met Maria, die moeder van Jesus. (Handelinge 1:12-14) Opgestaande Jesus Christus, Hierdie klein groepie van U volgelinge, wat in die bovertrek saam gewag en bid het, was die kerk in die beginstadium. Ons is saam met die hele gemeenskap van die heiliges en bid dat U die gawes van die Heilige Gees weer oor alle mense sal uitstort. Mag U daardeur in die harte van U gelowiges dit volbring wat U met die eerste verkondiging van die evangelie bereik het. Amen. Laat ons sing: (Tune:All people that on earth do dwell CH no 10) Kom, Skepper Gees, besoek U Kerk U wat vernuwe, ons versterk Vul self U skepping, Heilig Gees, Met krag op hierdie Pinksterfees.

14. Veertiende Stasie Pinksterfees die Heilige Gees daal op die apostels neer soos tonge asof van vuur! Toe die dag van die Pinksterfees aanbreek, was hulle almal op een plek bymekaar. Onverwags het daar uit die hemel n geluid soos dié van n kragtige stormwind opgeklink en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Tonge, asof van vuur, het aan hulle verskyn, verdeel en op elkeen van hulle neergedaal. En almal is vervul met die Heilige Gees en het in ander tale begin spreek soos wat die Gees dit aan hulle gegee het om uit te spreek. (Handelinge 2:1-4) God onse Vader, ons bedank U vir U eniggebore Seun wie vir ons gestuur was om ons in U koninkryk op te neem. Vervul ons soos Sy eerste dissipels, met die krag van die Heilige Gees. Help ons om regverdig optetree, om innig lief te hê, en nederig met U te wandel. Help ons om n gemeenskap te word wat die mensdom dien in U groot plan om die aangesig van die aarde te hernu. Ons vra dit deur Christus onse Here. Amen. Laat ons sing: (Tune: All people that on earth do dwell CH no. 10) Kom Heil ge Gees, wek op ons lied Om uit te reik na daardie dag Toe U met vure tonge bied U volheid reeds te lank verwag. OF

Kom, Skepper Gees, besoek U Kerk, U wat vernuwe, ons versterk. Vul self u skepping, Heilig Gees, Met krag op hierdie Pinksterfees. Slotbeskouing Jesus het nog baie ander tekens voor sy dissipels gedoen wat nie in hierdie boek geskryf staan nie. Hierdie dinge is egter neergeskryf sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en dat julle deur te glo die lewe in sy Naam kan hê. (Johannes 20: 30-31) Regina Coeli ( n Tradisionele gebed vir die Paastyd) Koningin van die hemel, verheug U, Halleluja. Want Hy, wat U waardig was om te dra, Halleluja Het opgestaaan soos Hy gesê het, Halleluja. Bid tot God vir ons, Halleluja. Verheug en verbly U, Maagd Maria, Halleluja. Want die Here het waarlik opgestaan, Halleluja. God, wat U verwerdig het om die wêreld te verbly deur die opstanding van U Seun, onse Here Jesus Christus, ons smeek U: Laat ons deur sy Moeder, die Maagd Maria, die vreugde van die ewige lewe verkry. Deur dieselfde Christus, onse Heer. Amen. Die kunstenaar Vader Pierre de la Croix, n Franse priester, wat byna sy hele lewe in Afrika deurgebring het, het n spesiale gawe gehad om deur sy kuns die evangelie te inkultureer. Hy is goed bekend vir sy gebrandskilderde vensters en sy mosaïek kunswerke waardeur hy baie kerke veral in Rwanda en Gauteng versier het. n Kenmerk van hierdie Weg van Lig is sy poging om in elke toneel met mense die veelrassige samestelling van die Suid-Afrikaanse maatskappy uit te beeld. Die apostels is nie almal swart of almal wit nie, maar n gemengde spul. En afgesien van Petrus, word hulle doelbewus as jeugdige mense uitgebeeld.

Die Weg van Lig in Suid-Afrika In die vroeë negentige jare het n Salesiaanse priester in Italië, Vader Sabino Palumbieri, die idee gehad om die kruiswegstasies van die Vastyd voort te sit in die Paastyd. Die oomblikke van Christus se lyding en passie sou vervang word met gebeurtenisse vanaf die dag van die Opstanding tot en met die uitstorting van die Heilige Gees op die Apostels op Pinkster. Kort daarna was n kunstenaar, Giovanni Dragoni, gefassineer met die visie van Vader Sabiano en het die 14 stasies in hout gekerf. Die eerste Weg van Lig is op Paassondag 1994 op die heuwel van Becchi, die geboorteplek van St Don Bosco, geseën. Binne enkele jare het hierdie besondere gebedsvorm in Italië baie gewild geword, maar dit was min bekend in ander gebiede. In 1997 het n span van die Jeug- Ministerie by die Don Bosco Sentrum naby Johannesburg besluit dat dit ook hier te lande n baie gepaste gebedsvorm sou kon wees. Hulle het toe planne gemaak en n kunstenaar genader om die 14 stasies uit te beeld. Die illustrasies in hierdie boekie is dié van die buitelug panele langs die Via Lucis Weg by die Bosco Sentrum. Via Lucis Die kruiswegstasies, bestaande uit 14 stasies, veertien oomblikke gedurende die laaste 12 ure van Christus se lewe, is n baie ou en bekende gebedsvorm van die kerk wat veral vir die Lydenstyd gepas is. Maar die Kruiswegstasies pas nie vir die Paastyd nie, wanneer die klem op die opstanding val. Die Weg van Lig daarenteen is bedoel om die werklikheid van die lewe en vreugde van die Opgestaande Heer in die bewussyn van die gelowiges te versterk. Net soos die Kruisweg is ook die Weg van Lig die reis na die hemel toe en gee voedsel vir die pelgrim se geloof, hoop en liefde. As die reis van elke Christen nooit die kruis kan vermy nie, herinner die Weg van Lig ons daaraan dat ons uiteindelike bestemming die vreugde van Pase is. Hierdie boekie help om die Weg van Lig as n inspirirende en aantreklike gebedsvorm veral vir jong mense in ons land te bevorder.