Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Prins word die Skaapwagter

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Van Vervolger tot Prediker

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Les 6 vir 10 November 2018

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Markus 15:29-39 Jesus se alleen-lyding onder die oordeel van God... tot in die dood van die kruis.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Pretoria- 23 Junie 2012

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Die Blye Boodskap. The Good News

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Lukas 4: Agtergrond

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Waar is God as ons swaarkry?

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Wegraping (Saamgevat)

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Addendum A Consent form

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

4. Struktuur Van Profesie

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

K O'REILLY

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Transcription:

Mark 11:1-7 Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a). April 2015 Ps 56: 1, 2 - vooraf Ps 56: 3, 4 - lofpsalm Ps 52: 1, 3, 4 na wet Ps 111: 1, 4, 5 na gebed Ps 8: 4, 5, 6, 7 as antwoord op die Woord Ps 112: 5, 8, 9, 10 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 97: 1, 6, 7 slotpsalm Skrifverklaring. Inleiding Geliefdes in Mark 11:1-7 ontmoet ons Jesus en sy dissipels naby Jerusalem. Saam met hulle is daar ook 'n aansienlike skare. So leer ons net so ses verse terug in Mark 10:46. 1 En dan? Wel dan tref Jesus in Mark 11:1-7 voorbereidings om Jerusalem in te gaan. Gedagtestruktuur 2 In vers 8-10 lees ons dan van Jesus se optog Jerusalem toe. En in vers 11 lees ons van Jesus se aankoms in Jerusalem. En as die HERE wil gaan ons vanaand by vers 8-10 en by vers 11 stil staan. Maar nou weet ons mos al dat Jesus wat Hy doen nie sommer maar net doen nie. Nee Jesus het 'n baie besliste doel met alles. Want Jesus is ons Verlosser-Koning. En met alles wat Jesus doen is Hy besig met sy Verlosser-Koning werk. En in alles wat Jesus doen is Hy ook besig om Homself aan ons te openbaar sodat ons Hom kan leer ken en ons self sodat ons kan weet hoe nodig ons Jesus het en kan weet waaruit Hy ons moet verlos en al meer kan leer oor die nuwe dissipel-lewe waartoe Jesus ons verlos. En daarom is ons tema vandag: Jesus se intog in Jerusalem... en wat Hy daarmee aan ons openbaar. 1 Hierdie 'hulle' is as gevolg van και, wat 1a aan die voorafgaande (10:52) bind, ten minste Jesus en Bartemeus wat blind was maar nou kan sien en vir Jesus begin volg het. Die verbinding aan 10:52 bind my egter ook aan 10:46 wat my help om hierdie 'hulle' te verstaan as Jesus, sy dissipels (die twaalf en dalk 'n groter dissipel-kring) en 'n skare volgers (vgl Mark 10,32-34-struktuur.odt; Stein se Mark komm bl 493; Edwards se Mark komm bl 329; Van Bruggen se Mark komm bl 240). 2 Vgl Stein se Mark komm bl 501

En dan gaan ons vanoggend stilstaan by: Die agtergrond waarteen hierdie intog van Jesus gebeur. En die voorbereiding daartoe => En wat Jesus daarmee openbaar. En dan gaan ons vanaand stilstaan by: Jesus se optog na Jerusalem in vers 8-10 En Jesus se aankoms in Jerusalem in vers 11 => En wat Jesus daarmee aan ons openbaar. 1. So kom ons begin dan by vanoggend en die agtergrond of die konteks waarin hierdie intog van Jesus in Jerusalem in gebeur. En ons leer meer oor hierdie agtergrond vanuit die eerste deel van vers 1. 3 So kom ons staan bietjie daarby stil. Nou in vers 1 se eerste deel sê: En toe hulle (dis nou Jesus en sy dissipels en die skare wat Hom volg) naby Jerusalem kom, by Bétfagé en Betánië, aan die Olyfberg... A. Bétfagé en Betánië baie naby aan mekaar. 4 B. Maar ook baie naby aan Jerusalem skaars 'n half-uur se loop. 5 C. Kyk op kaart in Basuin. So as vers 1 vertel dat Jesus-hulle nou by Bétfagé en Betánië gekom het dan sê'it dat Jesus-hulle nou regtig naby aan Jerusalem gekom het. Jy was so 'n half-uur se loop oos van Jerusalem. A. Ja oos want vers 1 sê dat Betfage en Betanië aan die Olyfberg lê. En Olyfberg is oos van Jerusalem so leer Sag 14:4. 6 B. En Betfage en Betanië was op'ie ooste hang van'ie Olyfberg. Net onder bokant. 7 C. So as jy wes loop van Betfage en Betanië kom jy op bo punt van Olyfberg kyk op Jerusalem uit. Stap van daar afdraande na Jerusalem. 8 So dis waar Jesus-hulle nou is. 3 οτε = bw van tyd (Baljon bl 701) en lei 'n tyd-bysin in by αποστελλει. Dus: 'toe...' 1a is dus 'n tydbysin wat ons wys op die tyd/ konteks/ agtergrond waarteen gebeure wat nou gaan volg verstaan moet word. 4 Vgl Bybelse Ensoklopedie bl 77, 79; Van Bruggen se Mark komm bl 245 5 Vgl Bybelse Ensoklopedie bl 77, 79; Van Bruggen se Mark komm bl 245 6 Vgl Bybelse Ensoklopedie bl 77, 79 7 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 245 8 Luk 19:29,37 1

Met dit wat vers 1 sê weet ons dat Jesus-hulle nou sommer baie naby aan Jerusalem is. Baie naby by Bétfagé en Betánië, aan die Olyfberg... Maar nou'sie vraag: Van waar kom Jesus-hulle? En hierdie vraag is belangrik. Want dit bring ons by die baie belangrike agtergrond waarbinne ons hierdie intog van Jesus in Jerusalem moet verstaan. A. Nou die eerste woordjie van vers 1 help ons om agter te kom vanwaar Jesus-hulle kom. 9 Kyk vers 1 begin met En En toe hulle naby Jerusalem kom... B. En = woordjie wat een sin aan vorige een vasbind een paragraaf aan vorige een vasbind. C. So die En van Mark 11:1 bind vers 1 aan die vorige stuk geskiedenis wat ons kry in Mark 10:46-52. Daar leer ons dat Jesus-hulle voor hulle so dig by Jerusalem aangekom het Blinde Bartemeus was mos daar. by Jerigo was. D. En Jerigo so 28km noord-oos van Jerusalem. 10 Van Jerigo af stap jy al die pad opdraand. So dis waar Jesus-hulle was voor hulle hier digby Jerusalem aangekom het. Hulle was by Jerigo. En voor'it? A. Wel ons gedagtes moet deur Mark 10 Mark 9 en Mark 8 terug gaan tot by Cesarea-Felippi. So 40km noord van die bo-kant van die meer van Galilea. 11 Dissipels erken vir eerste keer dat Jesus die Christus is. Lees daarvan in Mark 8:29. B. 12 Ja dis daar dat hulle erken dat Jesus die Christus is oor Wie OT profete geprofeteer het. Die Een wat die Koninkryk van God laat kom op die nuwe aarde sonder Satan sonde dood. Die Een wat sy volk verlos om daarin te deel 9 Met και word nog 'n gedagte aan die voorafgaande 10:46-52 gevoeg (vgl Greek grammer beyond basics bl 671). 10 Vgl Robertson, Understanding the land of the Bible bl 120; Chritelijke Encyclopedie vol 4 bl 47; New Bible dictionary bl 611; Edwards se Mark komm bl 329 11 Kaisaria van Filipus was eers die stad Paneas, genoem na die Griekse afgod Pan (The new Bible dictionary, bl 174). In die tyd van Herodes die grote bou Herodes daar n tempel ter verering van Keiser Augustus (The new Bible dictionary, bl 174). Herodes se seun Filipus noem toe later die stad Kaisaria om so die Romeinse keiser Augustus te vereer (The new Bible dictionary, bl 174; Edwards se Mark komm bl 246). Die gen της Φιλιππου is bygevoeg om hierdie stad te onderskei van die een wat sy pa aan die kus van die middellandse see gebou het. Die omgewing van Kaisaria van Filipus is baie mooi strome water is oral te sien. Dit is geleë aan die voet van die berg Hermon, waar die Jordaan rivier ontspring. Dit is verder omtrent 40 km noord van Betsaida... En baie belangrik: die inwoners is nie-israeliete (The new Bible dictionary, bl 174 Edwards se Mark komm bl 245,246; Grogan se Mark komm bl 155) 12 Vgl Mark 8,27-33.docx 2

En nou al 'n nuut te leef onder sy verlossende Koningsheerskappy. C. 13 En hoe het die dissipels by hierdie belydenis gekom? Wel deur Jesus se prediking met sy woorde en wonderwerke daardeur alleen. Eerste 8 hoofstukke van Mark vertel daarvan. D. Maar dit was toe na belydenis dat Jesus daar van Cesarea-Fellipi die pad gevat het Jerusalem toe. Eers suid deur Galelia. So vertel Mark 9:30. Toe al langs die ooste kant van die Jordaan steeds suid af na die gebied van Judea en Jerusalem toe vertel Mark 10:1. E. Maar saam met die reis het Jesus nog iets gedoen. Van Mark 8:31 af direk nadat dissipels bely dat Hy die Christus is begin Jesus verkondig dat Hy as die Christus moet ly en sterf. Ons hoor'it in Mark 8:31 Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens... Opmerking Dis hoe Jesus Homself deurgaans noem? Gaan terug na Dan 7:13-14. Seun van die mens is daar = Die die Een aan Wie die HERE beloof heerskappy en eer en koningskap; (en dat) al die volke en nasies en tale... Hom vereer; sy heerskappy is n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. Toe ons vroeër vanjaar by Dan 7 was het ons geleer dat die volk van die HERE saam met Jesus sal deel in hierdie Koninkryk. 14 Maar nou van Mark 8:31 af begin Jesus leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word deur die ouderlinge en owerpriesters en skrifgeleerdes en gedood word en ná drie dae opstaan. Jesus doen dit ook in Mark 9:31 Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense, en hulle sal Hom doodmaak; en nadat Hy gedood is, sal Hy die derde dag opstaan. In Mark 10:33-34 doen Jesus dit weer. En hierdie een is belangrik: Jesus sê daar: Kyk... ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word aan die owerpriesters en die skrifgeleerdes, en hulle sal Hom tot die dood veroordeel... 13 Vgl Mark 8,27-33.docx 14 Vgl Danl 7(c).pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 3

En hier is'it nou!! In Mark 11:1 het ons saam met Jesus naby Jerusalem (ge)kom... Ons het dus nou saam met Jesus sommer dig by sy lyding en doodgaan gekom. En dit is die agtergrond die konteks waarin ons hierdie hele intog van Jesus na Jerusalem moet verstaan. Met Jesus se voorbereidings vir die intog in die res van vers 1 tot by vers 7. Met Jesus se optog na Jerusalem in vers 8-10 en met Jesus se aankoms in Jerusalem in vers 11 moet ons heeltyd onthou: Jesus is hier om te ly en te sterf. Hoekom? 15 A. Wel Mark 10:45 gee antwoord. Dis waar Jesus sê: die Seun van die mens het... nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as n losprys vir baie. B. Ja Hy as die Christus as die Seun van die mens van Dan 7:13-14 wat die Koninkryk van God laat kom moet ook sy lewe gee as losprys losprys wat bevry uit regverdige strafgerig en oordeel van God. Sodat Jesus ons ook kan bevry uit die mag van Satan en sonde en dood Sodat ons nou al nuwe dissipel-lewe kan leef => waaroor Jesus in Mark 8-10 onderrig gee. => Nie meer 'n lewe in rebelerende selfsug en haat. => Maar nuut met self-opofferende liefde God se wil in alles soek soos Jesus en my naaste dien soos Jesus. So ja dis'ie agtergrond wat ons die heeltyd moet onthou as Mark 11:1 sê: En toe hulle naby Jerusalem (ge)kom (het)... en Jesus dan in vers 1-7 voorbereidings begin doen vir sy intog in Jerusalem. Ja ons moet die heeltyd onthou: Jesus is hier by Jerusalem om te ly om so sy gelowige dissipel-volk te bevry om nuwe dissipel-lewens te kan leef en te kan deel in die Koninkryk wat Jesus laat kom. Oorgang Goed so dis'ie baie belangrike agtergrond. En ons kon meer daaroor leer vanuit die eerste deel van vers 1. Maar kom ons gaan nou aan na die tweede deel van vers 1 tot by vers 7. Want dis waar ons hoor 15 Vgl Mark 10,51b-52.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 4

van die voorbereidings wat Jesus tref vir hierdie intog. En kom ons fokus nou biddend op hierdie verse en wat Jesus hier aan ons openbaar. 2. En dis ons tweede punt. Nou oor Jesus se voorbereidings vertel vers 1-2. Daar staan: En toe hulle naby Jerusalem kom, by Bétfagé en Betánië, aan die Olyfberg, stuur (Jesus) twee van sy dissipels uit en sê vir hulle: Gaan na daardie dorp reg voor julle (heel moontlik Betfage 16 ); en dadelik as julle daar inkom, sal julle n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens op gesit het nie. Maak hom los en bring hom. Nou'sie vraag: Hoekom gaan kry Jesus nie die donkie-vul sommer self nie? Waarom tref Hy nie self die voorbereidings nie? 17 Wel Jesus doen'it doelbewus. Met hierdie uitstuur van twee dissipels skep Jesus openbaring-situasie. Daar is twee dinge wat Jesus openbaar. Twee goed wat Jesus ons oor Homself wys. Twee goed wat ons elkeen direk raak. A. Van die eerste een begin ons hoor in vers 2 waar Jesus vir die twee dissipels sê: Gaan na daardie dorp reg voor julle; en dadelik as julle daar inkom, sal julle n eselsvul vind wat vasgemaak is, waar geen mens op gesit het nie. I Belangrik om te hoor dat geen mens op (hierdie donkie-vul) gesit het nie II Hoekom? Spesifieke fokus van Heilige Gees hier by Markus. Let op verskil met Mattheus. 18 In Mat 21:4-5 staan daar dan: En dit het alles gebeur, sodat vervul sou word die woord wat deur die profeet gespreek is: Sê vir die dogter van Sion: Kyk, jou Koning kom na jou toe, sagmoedig, en Hy sit op n esel, ja, n jong esel, die vul van n pakdier. By Mattheus kom egter nie die gedeelte: waar geen mens op gesit het nie. voor nie 16 In Mat 21:1 word net gepraat van Betfage. As Jesus dan in Mat 21:2, net soos in Mark 11:2, sê πορευθητε εις την κωμην την απεναντι υμων dan lyk dit vir my, vanuit Mat 21:1-2, die heel waarskynlikste dat hierdie κωμην Betfage is (vgl Evans se Mark komm bl 142; Van Leeuwen se Mark komm bl 196; Stein se Mark komm bl 504). Stein se Mark komm bl 504 wys my egter hier op iets belangriks. Die feit dat die dorpie se naam nie genoem word nie, sê juis dat dit nie belangrik is nie. Wat wel belangrik is, is wat die twee dissipels daar moet gaan doen en wat dit alles vir ons sê. 17 Vgl Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 447; English se Mark komm bl 186 18 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 246 5

So die baie belangrike ding waarop die Heilige Gees ons hier deur Markus wys is dat geen mens nog ooit op hierdie donkie-vul gesit het nie. Niemand het hom nog ooit gery nie. 19 Nog nie ingebreek nie. En tog in vers 4-6 lees ons hoe hierdie twee dissipels toe gegaan het om die donkie-vul te gaan haal. En dan as ons by vers 7 kom dan staan daar: En hulle het die vul na Jesus gebring en hulle klere daarop gelê, en (Jesus) het op hom gaan sit. 20 I Vul bokspring nie. Gooi nie vir Jesus af nie! II Nee Rustig gewillig dra hy Jesus Jerusalem in. Wat wys Jesus ons hier? Kom agter as ons onthou hoe Jesus die heeltyd oor Homself gepraat het op sy pad na Jerusalem toe. Die Seun van die mens. Mark 8:31 Toe het Hy hulle begin leer dat die Seun van die mens baie moet ly en verwerp word... Mark 9:31 Die seun van die mens word oorgelewer in die hande van die mense... Mark 10:33-34 Kyk... ons gaan op na Jerusalem, en die Seun van die mens sal oorgelewer word... Mark 10:45 die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as n losprys vir baie. So hier op hierdie donkie-vul op wie niemand nog ooit gery het nie sit Jesus die Seun van die mens. En dan's hierdie vul rustig. Gewillig gee hy sy diens aan Jesus. Maar wat sê dit vir ons? 21 19 κεκαθικε = perf ind akt van καθι ζω, met die betekenis van 'hy het gesit'. Die perf ww dui hier, so meen ek, baie sterk op die toestand in die hede. Hierdie toestand is dat niemand nog ooit op hierdie πωλον gesit het nie (Greek grammer beyond basics bl 579-580). Dit hou in dat die πωλον ook nie ry-baar was nie. Hy was nog nie ingebreek nie. Normaalweg sou mens nie op hom kon ry nie (vgl Grogan se Mark komm bl 195-196; Gill se Mark komm http://biblehub.com/commentaries/mark/11-2.htm). 20 Vgl Groenewald se Mark komm bl 274 21 Vgl Danl 7(c).pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 6

I Wel om dit agter te kom moet ons gedagtes bietjie terug gaan na wat ons aan die begin van die jaar uit Dan 7 geleer het oor Jesus as die Seun van die mens. II Dan 7 => Jesus as die Seun van die mens teenoor skrikwekkend bose wêreld-heersers. III Dan 7:4-7 => Beskrywing van hierdie wêreld-heersers as bose diere. soos n leeu, en hy het vlerke van n arend gehad... n ander dier, n tweede, het gelyk soos n beer... en drie ribbes was in sy bek... daar was n ander een soos n luiperd, en dit het vier vlerke van n voël op sy rug gehad... daar was n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en baie sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap... IV 22 Gen 1:28 se heers opdrag word verag en verkrag!! Jesus is anders. Hy is die Seun van die mens. Hy is die seun van Adam wat doen wat Adam moes gedoen het. Hy is by uitstek die Seun van die mens oor wie Dawid in Ps 8:5-9 gesê het: wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind (die ובן-אדם... die Seun van die mens) dat U hom besoek?... U het alles onder sy voete gestel: skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld, die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see. En nou kom wys Jesus dit as Hy hier op die donkie-vul se rug sit op wie daar nog nooit iemand gery het nie. Toepassing Hier waar Jesus nou digby Jerusalem kom en gaan ly en gaan sterf wys Hy ons: I Hy is Seun van die mens van Dan 7:13-14. sy heerskappy is n ewige heerskappy wat nie sal vergaan nie, en sy koninkryk een wat nie vernietig sal word nie. Sê Dan 7:14 II Die HERE het alles onder sy voete gestel. III Hy is die ware mens. 22 Vgl Beale, A New Testament Biblical theology The unfolding of the OT in the New, bl 46, 49-50, 247, 400-403, 478-479 7

Maar ook die HERE se Koning oor alles. IV Maar dan so anders as die bose wêreld konings. Hulle heers as tiranne verwoes in magsmisbruik Jesus is anders. Hy is die Koning wat in Mark 10:45 sê: die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as n losprys vir baie. En hier digby Jerusalem gaan Hy dit nou doen. As Koning van alle konings as Seun van die mens gaan Hy nou hier in Jerusalem dien en sy lewe gee. En ons moet dit raaksien as Jesus op hierdie donkie-vul op wie niemand te vore gery net nie Jerusalem in gaan. Hy is die Seun van die mens van Dan 7:13-14 die absolute Koning met alle mag wat nou gaan dien en sy lewe gaan gee. En dan? Wel dit kan nie anders nie dan moet ons Hom saam met die dissipels en die skare verheerlik met Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Opmerking En ons sal vanaand meer daaroor leer. B. Maar weet u daar is nou nog iets wat Jesus in sy voorbereiding om Jerusalem in te gaan oor Homself wys. Die tweede ding waarby ons moet stilstaan. En ons sien'it as ons van vers 2 af aangaan na vers 3 toe. In vers 2 gee Jesus vir twee van sy dissipels die opdrag om die donkie-vul te gaan haal. En dadelik moes daar seker by daardie twee dissipels onsekerheid gekom het. Wat nou as iemand hulle keer? Wat as die eienaar van die donkie-vul hulle nie toelaat om die vul te vat nie. Sê nou maar net die eienaar sien hulle vir diewe aan. Ja mens kan eintlik half seker wees dat een of ander iets gaan voorval. Maar nou het Jesus ook aan hierdie probleem gedink. Dis eintlik asof Jesus hierdie twee dissipels in hierdie probleem-situasie in stuur. Maar dan ook voorsiening maak. 'n Oplossing gee vir die probleem gee. 23 23 Die εαν + aor subj + aor imperat van vers 3 dui op 'n voorwaarde wat iets van 'n onsekerheid tov vervulling in hou maar tog baie waarskynlik. Jesus sê dus hier wat heel waarskynlik gaan gebeur... alhoewel daar nie absolute 8

En ons hoor daarvan as Jesus in vers 3 vir hierdie twee dissipels sê: En as iemand vir julle sê: Waarom doen julle dit? moet julle antwoord: Die Here het hom nodig... 24 Dis asof Jesus vir hierdie twee dissipels van Hom sê: 'Hei as julle 'n probleem optel met iemand wat julle nie wil toelaat om die donkie-vul te vat nie vertel hom net van My 25.' 'Sê vir daai ou: Ek het die vul nodig.' Maar nou'sie vraag: Waarom moet die dissipels sê: Die Here het hom nodig... Hoekom nie iets soos: 'Die seun van die mens het hom nodig'? Wel omdat Jesus die Here is. Hy is die Seun van die mens. Maar Jesus is ook Here. 26 Hoe weet ons? Wel ons sien'it in Mark 14:62. Opmerking Jesus is daar in gesprek met hoëpriester. Sal nog in meer detail daarby uit kom. Maar in elk geval Jesus sê daar in Mark 14:62 almal sal die Seun van die mens aan die regterhand van die krag van God sien sit... En net hier moet ons raaksien dat Jesus as die Seun van die mens ook Here is. Want dis as Here dat die Seun van die mens aan die regterhand van God sit. Hoe weet ons? Wel omdat Dawid ons so leer in Ps 110:1 as hy daar dig en sê: Die HERE (Jahwe) het tot my Here sekerheid daaroor is nie (Greek grammer beyons basics bl 696; Groenewald se Mark komm bl 274). Jesus maak dus hier voorsiening vir iets wat heel waarskynlik gaan gebeur en sekerlik vrae en onsekerheid by die dissipels moes bring... Jesus neem hierdie onsekerheid weg deur voorsiening te maak (vgl Van Bruggen se Mark komm bl 246; Groenewald se Mark komm bl 274; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 449). 24 Vgl Van Bruggen se Mark komm bl 247 25 Vraag is: Na wie verwys ο κυριος hier? Die antwoord kry ek wanneer Lukas hierdie geskiedenis oorvertel. Wanneer die twee dissipels die πωλον gaan losmaak gebeur die waarskynlike die eienaars van die πωλον vra waarom die dissipels dit doen (vgl vers 5; Luk 19:33). Die dissipels antwoord dan soos Jesus hulle voorgesê het (vgl vers 6). In Luk 19:34 hoor ons hoe die dissipels die presiese woorde van Jesus herhaal: οι δε ειπον ο κυριος αυτου χρειαν εχει. Wat opmerklik is, is dat die eienaars van die πωλον in Luk 19:33 οι κυριοι αυτου genoem word. Dus, vanuit Luk 19:33-34 leer ek dat die eienaars van die πωλον met οι κυριοι benoem word. ο κυριος hier in 3d kan dus nie sien op die eienaar van die πωλον nie. Nee, soos duidelik blyk uit Luk 19:33-34 is ο κυριος hier 'n manier waarop Jesus oor Homself praat (vgl ook Baljon bl 547; Ladd, A Theology of the NT, bl 171; Edwards se Mark komm bl 335; Stein se Mark komm bl 504). 26 Vgl Bayer, A Theology of Mark, bl 55-56; Groendewald se Mark komm bl 277 9

en dis presies die selfde woord wat Jesus ook gebruik as Hy hier in Mark 11:3 van Homself praat as Here 27 gespreek: Sit aan my regterhand, totdat Ek u vyande maak n voetbank vir u voete. En nou'sit presies dit wat Jesus hierdie twee dissipels van Hom wil wys. En deur hulle ook vir ons. Jesus wil ons wys dat Hy... die Seun van die mens van Dan 7 is die Een onder wie voete God alles onderwerp. Soos Ps 8:7 leer. Maar Jesus wil ons ook wys dat Hy Ps 110:1 se Here is. En dat God nie net alles onder sy voete gestel het nie. Nee meer nog. Ook sy vyande sal 'n voetbank van sy voete word. Soos Ps 110:1 sê. Toepassing 28 Ja niks net mooi niks kan Jesus teen staan nie. Niks kan in sy koningsheerskappy se pad staan nie. Hy is die Almagtige Seun van die mens die Here. Maar hoe wys Jesus dit nou met sy opdrag in vers 3 dat hierdie twee dissipels net moet sê: Die Here het hom nodig... as iemand 'n probleem het as hulle die donkie-vul vir Jesus wil vat. Wel kom ons kyk wat verder aan gebeur as ons nou van vers 3 af aangaan na vers 4-6. Verloop In vers 4 staan daar: En hulle het gegaan en die vul by die deur, buite op die straat, vasgemaak gevind en hom losgemaak. 29 Sien julle? Alles verloop soos Jesus gesê het. En dan gebeur in vers 5 presies dit wat mens verwag het sou gebeur. Daar staan: Daarop sê sommige van die wat daar staan, vir hulle: Wat maak julle dat julle die vul losmaak? En dan vertel Markus in vers 6: 27 Jesus gebruik die woord κυριος wat ook in die Griekse vertaling van Ps 110:1 gebruik word. 28 Vgl Edwards se Mark komm bl 336; Van Bruggen se Mark komm bl 247; English se Mark komm bl 186; Bybel met verklarende aantekeninge vol 3 bl 120 29 Vgl Stein se Mark komm bl 504 10

En hulle (die twee dissipels) antwoord hul (die ouens met die probleem dat hulle die vul losmaak) soos Jesus beveel het. Skrif met Skrif As Lukas ons hierdie geskiedenis vertel gee hy vir ons die presisie woorde van die dissipels. Hulle het vir hierdie ouens gesê: Die Here het hom nodig. Net soos Jesus in vers 3 beveel het So hoor ons in Luk 19:34. En toe? Wel in Mark 11:6 staan daar: Toe laat hulle (dis nou die ouens wat die probleem gehad het) (die dissipels) begaan. 30 Sien julle?! Jesus se wil geskied. Hierdie ouens wat wou inmeng toe die dissipels die donkie-vul losgemaak het kon nie in sy pad staan nie. Jesus het die donkie-vul nodig. En die donkie-vul kry Hy. Want Jesus is die Seun van die mens. God het alles onder sy voete gestel. En daarby is Hy die Here. En God onderwerp ook sy vyande onder Hom. So niks staan in Jesus se pad nie. Allermins hierdie ouens met hulle vraag van: Wat maak julle dat julle die vul losmaak? Toepassing 31 En nou moet hierdie dissipels dit weet. Hier waar hulle nou saam met Jesus dig by Jerusalem gekom het. Hier waar Jesus gaan ly en aan die kruis gaan sterf. Ja hier moet Jesus se dissipels wet: Jesus is nie hier by Jerusalem 'n verloorder nie. Nee Jesus is die Seun van die mens die Here onder wie se voete God alles gestel het ook sy vyande sodat Jesus na drie dae weer sal opstaan soos Hy gesê het en as Seun van die mens en as Here sal heers. Bewys Petrus vertel daarvan in Hand 2:36 as hy daar vir die Jode preek en vir hulle sê: Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het. 30 Vgl Edwards se Mark komm bl 336; Van Bruggen se Mark komm bl 247; English se Mark komm bl 186; Bybel met verklarende aantekeninge vol 3 bl 120 31 Vgl Calvy se komm op die Sinop Evang vol 2 bl 450 11

En in Efes 1:20-22 skryf Paulus dat God vir Jesus opgewek het en Hom laat sit het aan sy regterhand in die hemele, bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy... En (dan daarby voeg dat het God) alle dinge onder (Jesus se) voete onderwerp... Slot En nou moet ook ons dit onthou geliefdes. Ons wat Jesus se dissipels geword het. Ons wat Jesus wil dien en Hom wil volg. Baie maal lyk alles vir ons so moedeloos. Baie maal voel'it asof sonde en Satan en die bose wêreld die oorhand het. Voorbeelde Kyk maar net na jou eie lewe. Soos met Paulus gaan dit ook met my en met u: as ek die goeie wil doen, is die kwaad by my aanwesig... En dan oorwin die kwaad so baie maal. En so worstel ons as Kerk van die Here ook. En in ons land is daar haat en krisis op krisis. Maar dis dan dat ons Mark 11:1-7 moet lees. Hier waar Jesus dig by Jerusalem gekom het. Hier waar alles so absoluut donker en verlore lyk. Maar dan moet ons vir Jesus op daardie donkie-vul sien waarop niemand nog ooit gery het nie. Ons moet weer hoor hoe daai ouens sê: 'Ok dis alles reg vat maar die vul' toe die twee dissipels gesê het: Die Here het hom nodig... En dan moet ons weet: Jesus is die Seun van die mens die Here. En God het alles onder sy voete gestel. Ook sy vyande. Daarom is sy koninkryk besig om te kom. soos n mosterdsaad, wat die kleinste is van al die soorte saad op die aarde wanneer dit in die grond gesaai is; (maar) wanneer dit gesaai is, kom dit op en word groter as al die groentesoorte en maak groot takke... 32 En dan? Wel dan moet dit ons bemoedig en dan moet ons God verheerlik. Amen. 32 Mark 4:31-32 12