Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

n Prins word die Skaapwagter

Les 6 vir 10 November 2018

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Van Vervolger tot Prediker

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Die betekenis van die kruis (1)

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

LUKAS 10 BELEEF BYBELSE EKKLESIA Here, verander ons prentjie en belewenis van gemeente-wees

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Gereformeerde Protestante Kerk Noordelike Pretoria

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Bybelse Dissipelskap Reeks

JOHANNESBURG CHURCH OF CHRIST (Geaffilieer met die Los Angeles International Church of Christ - LAICC) (Ds Francois Smit) 1.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Waar is God as ons swaarkry?

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Hoofstuk 1: Wie of wat hou ons uit die koninkryk van God?

DAG 85-Voorwaardes vir Herlewing: DOEN

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Contents 1. Aanbidding Diens... 3 Navolging van Jesus se voorbeeld... 4 Nederigheid... 5 Solidariteit met mense in nood... 5 Selfoorgawe...

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Die Nederlandse Geloofsbelydenis Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God

Pretoria- 23 Junie 2012

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Via Lucis. Die Weg van Lig anderkant die Kruis. Die 14 stasies van Paasfees tot Pinkster. INSTRUKSIES By elke stasie:

Catharina Maria Conradie

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Waarvoor Baptiste Staan:

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

Kyk ook: - Wie is Gideon Aggenbag? - Wie is Johann Ernst? Gekopieer vanaf Kerkbode. *********** Aktuarius verduidelik hantering van doopgesprek

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Besprinkeling en die Suigelingsdoop 30 Julie 5. Teologiese begronding van die Doop 6 Augustus 9

Unity Apostles Church of New Zealand Post Card- Farewell to Evangelist John Weder All Honour to God

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Transcription:

WIE IS LCF? Life Christian Foundation (LCF sedert 1999) is n nie-winsgewende organisasie wat in 2001 geregistreer is. LCF word bestuur deur n raad van Direkteure met Dr Sakkie Olivier as Voorsitter van die raad. Life Christian Fellowship (LCF) is die gemeente wat begin is deur die stigterslede van LCF en is een van die projekte van Life Christian Foundation. Dit dien as die geestelike huis en bedieningsplatvorm vir elkeen wat betrokke is binne LCF. As gemeente word LCF gelei deur die Pastorale span asook span van bekwame raad van Ouderlinge. Meer oor LCF leierskap is te vinde op ons webtuiste: http://www.lifecf.org/church/leadership/ LCF SE MISSIE: Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê. LCF SE VISIE: Being a healthy and vibrant gathering of believers that impacts our families, our community and the nations. By LCF glo ons dat dit vir enige gelowige belangrik is om hulself te "plant" binne die raamwerk van n gesonde gemeente. Sodoende kan die gelowige groei deur deel te raak van die geestelike programme van die bediening. Die doel hiervan is om geestelike wortels te ontwikkel deur middel van goeie en gereelde voedingsbronne.

LCF SE ANKERS: Die volgende 4 ankers is n baie belangrike fondasie en fokuspunt binne die programme wat by LCF aangebied word (Sondag prediking, kinderkerk program en weeklikse kursusse): Healthy / Gesondheid Vibrant / Lewendig Impact / Impak Community / Gemeenskap n Gesonde individue is een wat in liggaam, siel en gees gesond is. By LCF glo ons dat dit belangrik is vir mense om aandag te gee aan al 3 hierdie aspekte. Ons besef dat die Here deur krankheid en swakheid steeds bly werk in en deur die lewe van n individue, maar tog is die basis van die skrif dat God Sy Seun in hierdie wêreld gestuur het vir die redding van mense en die herstel en genesing van hul eie gebrokenheid en gebroke verhouding met die Vader. LCF strewe daarna om lewendige en dinamiese prediking en ander kursus programme aan te bied waardeur God deur Sy woord mense se lewens kan impak, sodat hulle weer in ruil n gesonde impak in die gemeenskap kan hê waarin LCF bedien en uitreik. LCF SE GELOOFSVERKLARING LCF glo dat die Ou en Nuwe Testament, in hulle oorspronklike skrywe, ten volle deur God geïnspireer is, en ons aanvaar dit as die opper en finale gesag van ons geloofslewe LCF glo in een God, wat tot in ewigheid as drie Persone bestaan die Vader, die Seun en die Heilige Gees. LCF glo dat Jesus Christus gestuur is deur die Vader, uit die maagd Maria gebore is, en waarlik God en waarlik mens was. LCF glo dat God die mens geskape het, volgens sy eie beeld. Dat die mens gesondig het en daarom die straf van die sonde verdien, wat n fisiese en geestelike dood is, wat alle mense geërf het as gevolg van ons sondige natuur. LCF glo dat die Here Jesus Christus gesterf het vir die sondes van die mensdom, en as n lewende offer opgetree het, soos volgens die Skrif. Ons glo dat almal wat in Hom glo, geregverdig is op grond van Sy bloed.

LCF glo in die ligaamlike opstanding van die Here Jesus Christus, sy opvaarding na die Hemel, en Sy teenwoordigheid as ons Hoë Priester en Advokaat in ons lewe. LCF glo in die persoonlike terugkoms van die Here Jesus Christus. LCF glo dat almal wat hulle sondes belei, die Here Jesus Christus aanneem, deur geloof weer gebore word uit die Heilige Gees, en so n kind van God word. LCF glo in die teenwoordigheid van die Heilige Gees, en dat Hy gelowiges bemagtig en toerus vir Sy diens, met gawes, vriendskappe, en geὄrdineerde bedieninge. LCF glo in die opstanding van beide die geregdigdes en die ongeregdigdes, die ewige seën van die wat gered is, en die ewige verdoemenis vir die wat Sy verlossing van die hand gewys het. LCF glo dat die een ware kerk, bestaan uit dié, wat deur Jesus Christus gered is, en dat die kerk die gemeenskap van gelowiges is, wat bestaan uit die Ligaam van Christus hier op aarde. LCF glo dat die Here Jesus Christus ordinansies aangestel het, en twee hiervan staan vir LCF uit Die doop met water en die nagmaal; Beide word simbolies gesien as n daad van gehoorsaamheid en ons, as Sy ewige getuies van die kardinale feite van die Christelike geloof. LCF is oop vir enige verdere waarheid wat die Heilige Gees uit mag lig, uit die Skrif. LCF OOR KINDERTOEWYDING & INSEENING Hoewel ons kindertoewyding as n bybelse gebruik sien, is dit nie n sakrament nie. Hierdie is n publieke verbintenis voor God en die gemeente dat die ouers hulle bes gaan doen met die hulp van die Heilige Gees, om die kind só op te voed dat hy/sy ook navolgers van Christus sal wil wees. Ouers kies om hulleself en hulle kinders aan die Here toe te wy want hulle begeer om die kind in die weë van die Here groot te maak.

LCF OOR WATERDOOP Matt 28:19-20 Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels: doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. By LCF glo ons dat die doop verwys na totale onderdompeling in water, na aanleiding van begrip rondom die basiese boodskap van die Evangelie. Die doop is iets wat Heilige Gees wakker maak in die hart van n dissipel. LCF plaas geen druk op enige persoon om gedoop te word nie. Ons glo wel dat dit n stap van gehoorsaamheid is en dat die begeerte ontstaan as gevolg van die oortuiging van die Heilige Gees in die hart van n gelowige. Dit is belangrik om te verstaan dat die doop jou nie red nie. Toegang tot die hemel lê opgesluit in n persoonlike verhouding met Jesus Christus, die weg, waarheid en lewe. LCF OOR WEDERGEBOORTE Joh 3:3 - Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou: As iemand nie weer gebore word nie, sal jy die koninkryk van God nie sien nie. By LCF glo ons Rom 3:23 wat sê dat alle mense gesondig het en dus n Verlosser nodig het. Die Bybel leer ons dat daar slegs een Weg is na n herstelde verhouding met die Vader - Joh 14:6 - "Ek is die weg, die waarheid en die lewe; Niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie". Ons goeie werke kan ons nie red nie. Ef 2:8-9 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie. Die pad na wedergeboorte: Erken dat jy n sondaar is(rom 3:23, Rom 5:12, 1 Joh 1:10) Wees bereid om n omkeer te maak (Luk 13:5, Hand 17:30) Glo dat Jesus vir jou gesterf, begrawe is en opgestaan het (Joh 3:16, Rom 5:8, Rom 10:9) Deur gebed, nooi Jesus in jou lewe in. Aanvaar Hom as jou persoonlike Verlosser (Rom10:10 en 13) Joh 1:12 "Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo."

LCF EN VENNOOTSKAP By LCF het ons nie lidmaatskap nie, maar eerder Vennootskap. Lidmaatskap beteken dat jy deel is van n organisasie, terwyl vennootskap n verhouding is tussen individue, of groepe, wat deur n onderlinge samewerking en verantwoordelikheid gekenmerk word. LCF jaag nie lidmaatskap na nie, maar is opsoek na persone (Vennote) wat sy/haar rol verstaan, sal kan saamwerk, saam deel in die verantwoordelikheid wat die Here ons gegee het en n bydrae maak tot die realisering van hierdie visie. LCF se dryf en fokus was nog nooit om meer vennote getalle na te jaag nie, maar wel die groei van ons vennote deur n gesonde verhouding met God te hê asook gesonde vriendskapsverhoudinge met mekaar. HOE OM N VENNOOT TE WORD Gereelde Sondag diens bywoning asook betrokkenheid binne die weeklikse programme van LCF help om gesonde geestelike individue en gesonde verhoudinge te bevorder. Sou n individue kies om LCF sy/haar geestelike huis te maak, kan die volgende proses gevolg word: 1. Bywoning van 3 weke Kunect program (een aand per week). a. Hiertydens vertel ons jou meer oor LCF en gee jou die geleentheid om jou vrae te vra. 2. Na Kunect begin ons n 12 week dissipelskap program a. Die individue word in n kleingroepie ingedeel met n groepleier. b. Dit gee jou die geleentheid om nuwe verhoudings te bou met ander asook saam baie goeie dissipelskap materiaal deur te werk. Na die voltooiing van hierdie 2 stappe sal daar n Sondag geleentheid wees waartydens die nuwe vennote aan die gemeente bekend gestel word. Alhoewel LCF geen formele selgroep struktuur het nie, plaas ons wel vennote na bekendstelling binne n LCF omgee groep waar aangaande sosiale en geestelike interaksie plaasvind. Onder leiding van n groepleier word daar vir mekaar omgegee, gebid en ondersteun.

VERDERE INLIGTING LCF gee baie aandag aan die kultuur wat ons skep vir verhoudings en geestelike groei. Om ons volledig te verstaan stel ons voor U besoek ons dienste oor n periode van tyd, en woon ook van ons weeklikse programme by. Sodoende sal U die hartklop van LCF beleef en ook n beter verstaan van ons bediening kry.