Gebore uit die maagd Maria

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

n Prins word die Skaapwagter

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Les 6 vir 10 November 2018

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Van Vervolger tot Prediker

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die betekenis van die kruis (1)

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Pretoria- 23 Junie 2012

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Waar is God as ons swaarkry?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Addendum A Consent form

Luister na God. enlewe vir ewig

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Nederlandse Geloofsbelydenis

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Die maan en sy rol in ons wereld *

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Bronne Wiersbe WW 2001 The Bible Exposition Commentary. p My bucket list en God se wil!

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

NEW INTERNATIONAL VERSION

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

METAMORFOSE Van stagnasie tot transformasie. Vir elke Christen wat hoop verloor het om te verander...

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Transcription:

Gebore uit die maagd Maria Gebore uit die maagd Maria Saam met die bekende teoloog en filosoof Anselmus van Kantelberg vra ons ook: Cur deus homo waarom die God- Mens? DIe antwoord kry ons in 1 Timoteus 2;5: Daar is mos net een God en daar is net een mens wat ons kan help om by God uit te kom en dit is Christus Jesus. Die doel agter God se menswording is om die werk van God se Middelaar te vervul. Daar is baie middelaars in die Bybel, maar net een Middelaar (gespel met n hoofletter M. n middelaar is n agent wat tussen twee partye wat van mekaar vervreemd is, staan twee partye wat versoening nodig het. Jesus Christus is die Middelaar tussen God n die gevalle mensdom. Hy is inderdaad die God-Mens. In Johannes lees ons: Die Woord was by God en die Woord was God Jesus het toe as mens aarde toe gekom. n Mens kan sê Hy het onder ons kom huis opsit. Ons het gesien hoe belangrik en wonderlik Hy is. Hy was soos n fontein van die goeie dinge wat God vir ons so onverdiend wil gee. By Hom kon ons ontdek wat regtig waar en eg is (Joahnnes 1 en 14 As Christus ons volmaakte Middelaar is, was sy menswording nie n eenheid tussen god en n engel nie. Die versoening wat nodig was, was tussen god en die mens. In sy rol as Middelaar aanvaar Jesus die amp van die tweede Adam of die laaste Adam. In sy brief aan die Romeine stel Paulus die eerste Adam tenoor die tweede Adam. Hy gaan dan verder: As slegs een persoon se sonde in staat was om miljoene mense in die dood te dompel, dink net wat God kan regkry deur een Man, Jesus Christus. Omdat God so baie vir ons omgee, het Hy hierdie Man na ons toe gestuur om ons vry te kom maak. Jesus Christus is die sigbare bewys van God se ongelooflike goedheid (Romeine 5;15). Hier sien ons die teenstelling tussen die ramp wat oor

die mensdom gekom het as gevolg van die ongehoorsaamheid van die oorspronklike Adam en die heerlikheid wat na gelowiges kom as gevolg van Christus se gehoorsaamheid. Paulus gaan vêrder: Een man se ongehoorsaamheid aan God het ons status in n oogwink tot dié van sondaars verlaag. Maar n ander Man se gehoorsaamheid aan God verander ons status in n oogwink tot dié van vrygespreektes (Romeine 5:19). Adan tree op as middelaar, maar hy misluk in sy taak. Sy mislukking word reggestel dur die volmaakte sukses van Jesus Christus. In die Skrif staan daar dat die eerste mens, Adam, n lewende mens geword het. Maar die laaste Adam, dit is Christus, is die Gees at mense geestelik lewendig maak. Ons word dus eers met ons gewone aardse liggame gebore. Die geestelike liggaam kry ons eers later aanvanklik was ons almal aards soos Adam, maar in die toekoms sal ons lyk soos Christus wat uit die hemel gekom het (1 Korintiërs 15: 45 49) Ons sien duidelik die doel van Christus se menswording. Die Woord het mens geword om ons versoening te bewerk deur die rol van die volmaakte Middelaar tussen God en die mens te speel. Die nuwe Adam is ons verteenwoordiger wat die eise van God se wet vir ons bevredig en verkry so vir ons die seëninge wat God beloof het aan sy skepsels as hulle die wet onderhou. Soos Adam het ons nie daarin geslaag om die wet te onderhou nie, maar die nuwe Adam, ons Middelaar het die wet volkome vir ons onderhou. So wen Hy vir ons die kroon van verlossing. Dit is die fondament vir die vreugde van Jesus se menswording. Spreuke: Wat is dwaasheid?

(6) Spreuke: Wat is dwaasheid? (6) Hulle is daarop uit om kwaad te doen, hulle wil gaan moord pleeg. n Voël wat n net sien wat vir hom gespan is, vlieg nie daarin vas nie, maar hierdie mense span vir hulleself n net, hulle gaan hulle ondergang met oop oë tegemoet. So gaan die met elkeen wat vat wat hom nie toekom nie: rowery kos hom sy lewe (Spreuke 1:16 19). Vandag kyk ons na nog n vorm van dwaasheid; mense wat vir hulleself n strik stel. Selfs die voëls is wyser as die mens wat dink dat hy n leer kan klim deur op ander te trap. Diegene wat verkeerd aan ander doen, wag vir hulle eie val. Hulle vang hulleself in n strik iets wat die domste dier nie eers sal doen nie. Die Nuwe Testament sê; wat help dit die mens tog om die hele wêreld as wins te verkry en sy lewe te verloor (Markus 8:36). As ons genadeloos teenoor ander is; jy laat jou hart se vermoë vir wreedheid en selfsugtigheid los. As hierdie emosies buite beheer is, lei dit to swak besluite. As jy leef om net jouself en nie ander ook tevrede te stel, sal jy altyd ontevrede wees. Jesus sê vir sy dissipels: Wie sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar wie sy lewe ter wille van My verloor, sal dit terugkry (Matteus 16:25). Het jy al ooit iets selfsugtig gedoen wat op jou teruggeslaan het? So n gebeurtenis illustreer die beginsel in die evangelie; Jy moet jouself verloor om jouself te vind. Ons harte sê vir ons dat die najaag van ons geluk ons primêre prioriteit moet wees. In plaas van geluk soek, moet ons die Here soek. Slegs dan sal ons aan die einde gelukkig wees.

Nuwejaarsvoornemens Nuwejaarsvoornemens Elke nuwe jaar word ons vasgevang in n aantal goed bedoelde voornemens. Die skeptiese waarnemer wonder of alles die moeite werd is, is die neem van sulke voornemens enigsins toepaslik. Dit word tog van ons verwag om te alle tye wyslik, gehoorsaam en gedissiplineerd te lewe. Party mens sê selfs dat sulke voornemens om ons eie besluite te formuleer is oortollig en onbybels is. Die woord van God maak tog voorsiening vir n volledige en gesagvolle versameling van God se besluite vir sy mense. Die woord van God gee nie alleen aan ons die toestemming om besluite te neem nie, maar gee vir ons goeie redes om dit te doen. Ons kry voorbeelde van kinders van God wat besluit het om op n spesifieke manier en vir n spesifieke rede vir Hom te lewe. (Daniël 1:8; Matteus 1:19; Handelinge 19:21; 1 Korintiërs 10;14 32; Kolossense 3:12 17; 2 Tess. 1:11). In ons oorweging om God in alles wat ons doen te verheerlik, sal dit wys wees om sekere besluite te neem om ons by te staan in die proses van heiligmaking. Dit doen ons deur die krag van die Heilige Gees Jonathan Edwards het geweet dat hy nie sy besluite sou kon uitvoer nie sonder God se hulp nie, het sy besluite voorafgegaan met hierdie stelling: Being sensible that I am unable to do anything without God s help, I do humbly entreat him by his grace to enable me to

keep these resolutions, so far as they are agreeable to his will, for Christ s sake. Ons kan met vrug hierdie stelling van Edwards oorweeg soos ons probeer om God te verheerlik. 1, Besluit wyslik Being sensible. Ons moet redelik wees as ons besluite neem. As ons vinnig besluit op grond van ons illusie dat ons sonder sonde is, neem, sal ons misluk in ons pogings om hierdie besluite uit te leef. Ons moet besluite neem met opregte gebede en deeglike studie van God se woord. Ons besluite moet in ooreenstemming met God se woord geneem word. Ons moet al die implikasies van ons besluite oorweeg 2. Besluit in afhanklikheid That I am unable to do anything without God s help Ek kan niks doen sonder God se hulp nie.,. Erken dat elke besluit moet in afhanklikheid van God geneem word. Ongelukkig glo ons dat ons self die krag het ons is trots onafhanklik. Ek bid dat Hy deur sy Gees uit die rykdom van sy heerlikheid aan julle die krag sal gee om innerlik sterk te word (Efesiërs 3:16) Mag God deur sy wonderbare krag julle alle sterkte gee om in alle omstandighede geduldig te volhard (Kolossense 1:11)). In ons swakheid moet ons op die krag van die Here staatmaak (2 Korintiërs 12:7 10). 3. Besluit in nederigheid I do humbly entreat him sê Edwards. As ons besluite vir die heerlikheid van God neem en dit voor sy aangesig, moet ons nie verwag dat God ons sal seën omdat ons hierdie besluite geneem

het nie. Ons moet Hom in nederige afhanklikheid nader as ons nie net sy seëninge soek nie, maar ook Hom wat seën. 4. Besluit vir Christus se onthalwe. So far as they are agreeable to his will, for Christ s sake. Die hele saak van besluite neem, is nie net om doelwitte vir n beter lewe te stel nie. Ons is deur God geroep om volgens sy wil te lewe. Nie aan ons nie, Here, nie aan ons nie, maar aan u Naam kom die eer toe, want dit is U wat liefde en trou bewys (Psalm 115:1). Wat is dwaasheid (5) Wat is dwaasheid (5) Gaan kyk na die mier, luiaard, kyk hoe hy werk, en leer by hom. Hy het nie n leier nie, nie n opsigter of regeerder nie, tog maak hy sy kosvoorraad reg in die somer, versamel hy sy voedsel in die oestyd. Hoe lank gaan jy nog lê, luiaard, wanneer gaan jy opstaan? Nog n bietjie slaap, nog n bietjie sluimer. Nog n bietjie handevou en bly lê, en daar oorval die armoede jou, soos n rower, daar oorrompel die gebrek jou soos n inbreker (Spreuke 6:6 11). Nog n vorm van dwaasheid in Spreuke is die luiaard. Die wyses is selfbeginners. Al wat hulle nodig het is interne motivering

en nie dreigemente om hulle werk te doen nie. Wyses is nie impulsief nie. Daarteenoor, maak die luiaard voortdurend verskoning vir klein misstappe. Drie maal word na n bietjie in ons teks verwys. Dan is hy verbaas as die armoede hom oorval. Hy mislei homself deur die klein oorgawes. Sy geleenthede sluip sentimeter by sentimeter en minuut by minuut weg Baie mense vandag is immuun teen harde werk. Wat eens goeie redelike werke was, word nou as werk wat onredelike eise stel. Luister na Jesus: My Vader werk tot nou toe, en Ek werk ook (Johannes 5:17). Is daar n deel van jou lewe wat besig is om weg te glip omdat jy nie daaraan werk nie? Natuurlik is te veel werk net om sukses te behaal en ander tevrede t stel ook verkeerd. Dit is net so verkeerd om lui te wees. Ek het Goddelike hulp nodig om die balans te handhaaf. [ek maak onder andere van Tim en Kathy Keller se boek: God s Wisdom or Navigating Life gebruik]