Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

n Prins word die Skaapwagter

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Les 6 vir 10 November 2018

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Van Vervolger tot Prediker

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Markus 15:29-39 Jesus se alleen-lyding onder die oordeel van God... tot in die dood van die kruis.

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die betekenis van die kruis (1)

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Maleagi 1:1-2:9 n Verklaring en toepassing Ds. Cobus Rossouw

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Pretoria- 23 Januarie 2011

Waar is God as ons swaarkry?

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Addendum A Consent form

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Pretoria- 23 Junie 2012

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Liturg: Verwelkom almal en wens hulle n geseënde Kersfees toe. Dan:

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Wegraping (Saamgevat)

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Lukas 4: Agtergrond

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Transcription:

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid. Augustus 2018 Ps 30: 1, 3 vooraf Ps 97: 1, 6, 7 lofpsalm Ps 34: 5, 6 na wet Ps 99: 1, 2, 4 as antwoord op die Woord Ps 145: 8, 9, 11, 12 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 100: 1, 2 slotpsalm Lees: Mattheus 6:9-13 Fokus: vers 9b-10 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes wat begeer jy? Eintlik is-ie vraag: Wie begeer jy? Wel-it moet al meer word soos-it met Asaf was. In Ps 73:25 sê hy: Buiten U begeer ek ook niks op die aarde nie. Verduidelik So vir Asaf was-ie HERE alles. God het Asaf se lewe vol gemaak met betekenis doel vreugde. God het Asaf radikaal laat breek met self-gesentreerdheid en al meer God-gesentreerd gemaak. En dis mos waaroor Jesus ons leer in Mat 6:1-18. Verduidelik 1 Mat 6:1-18 is deel van-ie tweede deel van Jesus se Bergpredikasie Mat 5:13-7:12 En-it gaan mos in hierdie tweede deel oor ons nuwe dissipel-lewe. En dan spesifiek hier in Mat 6:1-18 wys Jesus dat n Nuwe dissipel-lewe n lewe is van radikaal breek met self-gesentreerdheid en nuut leef met God-gesentreerdheid. Dis so belangrik. Dis die belangrike ding van ons nuwe dissipel-lewens. Dis nog die heeltyd ook ons tema van Mat 6:1 af. Verduidelik 2 En dan-t Jesus mos hierdie voorbeelde waarmee Hy hierdie waarheid verduidelik. En van vers 5 af kom Jesus se voorbeeld uit ons gebedslewe. 1 Vgl Mattheus 5,1-2 en 7,28-29.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 2 Vgl Mattheus 6:1-9 preke by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

En hier in vers 9-13 gee Jesus dan vir ons n voorbeeld van n God-gesentreerde gebed. En dan wys Jesus met hierdie God-gesentreerde voorbeeld-gebed hoe ons God-gesentreerde harte moet lyk. Want n God-gesentreerde gebed kom uit n God-gesentreerde hart. Want uit die oorvloed van die hart praat (bid) die mond. Sê Jesus in Mat 12:34. Gevolgtrek So saam met sy lering oor hoe n God-gesentreerde gebed lyk wys Jesus ook da-daai God-gesentreerde goed wat ons bid uit God-gesentreerde harte moet kom. Oorgang Nou verlede week het ons stil gestaan by vers 9 se begin. By Jesus se lering oor hoe ons met God moet praat in n God-gesentreerde gebed: Onse Vader wat in die hemele is... Opmerking En ons kon wonderlike goed leer. Vanoggend gaan ons aangaan en stilstaan in-ie res van vers 9 en ook vers 10 en wat Jesus hier leer oor God-gesentreerde harte wat ons as dissipels al meer moet hê. 1. Kom ons kyk eerste na vers 9-10 se Konteks. Jesus sê: Só moet julle dan bid... laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied... A. En nou-s hierdie drie U s belangrik vir-ie Konteks. Verduidelik 3 Want hulle bind die eerste drie sinne of-ie eerste drie stukkies gebed of-ie eerste drie bedes van Jesus se voorbeeld-gebed by mekaar. Want dit gaan hier oor U. laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied... B. So Wie-s hierdie U? Wel dis Onse Vader wat in die hemele is 3 Vgl Turnur se Mat komm bl 187; Floor, Die Evangelie van die Koninkryk, bl 27 1

tot Wie Jesus ons leer om te bid. 4 Bewys Kyk weer na vers 9-10. Jesus sê: Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u (Vader se) Naam geheilig word; laat u (Vader se) koninkryk kom; laat u (Vader se) wil geskied... Verduidelik 5 So kom ons maak n toepassing hier by die Konteks. Wat sê Jesus met hierdie drie U s? Wel dit gaan in ons gebede regtig oor God. Dit moet ook vir ons oor Hom gaan. Oor die heiliging van Vader se Naam Oor die koms van Vader se Koninkryk Oor Vader se wil wat moet gebeur. Dis wat Jesus ons met hierdie drie U s wys hier reg aan die begin van sy voorbeeld-gebed. C. So hoe lyk ons harte? Want onthou: uit die oorvloed van die hart (bid) die mond. Ja wat sê ons gebede oor wat in ons harte aangaan? Toepassing 6 Waarvoor bid ons? En nou moet ons regtig self-ondersoek doen. Want my gebede word so prop-vol met my goed. Met my behoeftes my felt-needs. Opmerking En dan is-aai behoeftes eintlik net my mooi woord vir my sondige-begeertes. Voorbeelde I Ek het hierdie behoefte aan n goeie huweliksverhouding dan sal ek gelukkig wees. So iets ui-die wêreld nie in-ie eerste plek God nie moet my gelukkig maak. II Of ek het hierdie behoefte dat my baas my darem bietjie moet raaksien. Ek wil nie heeltyd net so ongesiens en onbelangrik wees nie. Ek wil darem ook bietjie voel ek-s belangrik. 4 σου in vers 9-10 is anafories en wys terug na πατερ ημων ο εν τοις ουρανοις waarmee dit in getal en geslag ooreenstem (Greek grammar beyond basics bl 324). 5 Vgl Lioyd-Jones, Studdies in the Sermon on the Mount, bl 373. 6 Vgl Welch, When People are big and God is small, bl 135-151 2

So as mense my aanvaar dan-s ek gelukkig. Maar wat dan van God? III Ek het hierdie behoefte om my volle potensiaal in my loopbaan te bereik. Dit sal my sin en doel en n vol lewe gee. IV Sonder hierdie goed voel ek net so leeg nie regtig menswaardig nie onvervuld. Sonder doel en sin. Wat gebeur volgende? Wel ons as christene sê ons moet met ons behoeftes na God toe moet gaan By God is alles moontlik. Hy sal ons behoeftes vervul. * * * * * in gebed. Nou dit klink so reg. Maar is-it? Wel nee! Veral nie as ons behoeftes eintlik self-gesentreerde begeertes is nie. Verduidelik Want wat ons dan sê is: Dis oraait as ons self-gesentreerde begeertes eerste staan. En nie God nie. Wat ons sê is: Die Evangelie is-ie Evangelie van: God stuur sy Eniggebore Seun in hierdie wêreld in om my begeertes te vervul om my en my begeertes die belangrikste in my lewe te maak. Weet julle wat doen ons? Ons is besig om-ie leuen van Satan in-ie paradys te verchristelik. Daai leuen van Gen 3:5 van: julle kan gode wees die belangrikste eerste met alles wat oor my moet gaan. Want ons kamofleer daai leuen baie mooi met christelike woorde soos: Gaan met al jou behoeftes na God toe. Maar in tussen maak ons van God ons slaaf wat ons self-gesentreerde begeertes moet vervul. Sien julle ons harte? Self-gesentreerd. En uit hierdie harte borrel gebede waar in-i-die heeltyd net oor ek en my goed gaan. D. 7 Sien julle hoekom het ons verlede week se lering oor Onse Vader wat in die hemele is... so baie nodig. Ons het nodig dat ons Vader ons losruk uit self-gesentreerdheid. Ons het nodig dat Hy ons God-gesentreerd maak. 7 Vgl Mattheus 6,9.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 3

Verduidelik Ons het nodig om met ontsag vol te word vir-ie werklikheid dat ons Vader in die hemele is... waar sondelose engele dit uitroep: Heilig, heilig, heilig is die HERE van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol! Jes 6:3 vertel daarvan. Omdat ons Vader net so gans anders is so verhewe is so vol majesteit is so ontsaglike belangrik is die Skepper is en hulle net skepsels is. Hierdie moet ons met ontsag vervul! Maar daarmee saam het ons ook nodig dat ons Vader se heiligheid ons ook moet laat sidder en bang word. Want ons is sondaars besig met n self-gesentreerde lewe van self-verheerliking. Dit terwyl God in Jes 48:11 sê: Ek sal my eer aan geen ander gee nie. Maar dan het ons ook nodig om orweldig te word me-die waarheid dat hierdie einste heilige God verlore seuns en dogters wat met sonde-besef na Hom toe bekeer se Vader word. n Vader vol verlange en uitsien dat ons terugkom na Hom toe n Vader vol omgee-liefde vol aanneem-en-vergewe deur Jesus wat Hy uit liefde kruis toe stuur 8 en Jesus wat in liefde sê: Ek sal gaan. 9 Toepassing En as ons dan vanoggend weer na God toe gaan en vol ontsag en liefde sy heilige Vader-liefde kan beleef waarmee Hy ons eerste lief gehad het. en ons dan daarby agterkom bv uit Joh 6:44 dat God ons uit liefde na Hom toe getrek het weet julle dan walg ons net al meer aan daai self-gesentreerde behoeftes waarmee ons ons gebede so vol-prop. In die glans van ons Vader se grootheid sy heiligheid sy verhewenheid terwyl Hy as Vader intiem en in liefde by ons is en ons deelmaak van sy gesin word al daai self-gesentreerde goed net al minder belangrik. Dit word klein en ons Vader in liefde hier by ons word groot. 8 Joh. 3:16; 1Joh 4:9-10 9 Efes 5:25-27 4

Oorgang Nou hierdie selfde waarheid sien ons ook in-aai eerste bede aan-ie einde van vers 9. Jesus wys dit net nog dieper en ryker. So kom ons fokus nou daarop. 2. Op-ie eerste bede in Jesus se voorbeeld-gebed. Kyk Jesus sê daar: laat u Naam geheilig word. A. Nou as Jesus praat van ons Vader se Naam dan sê sy Naam soos bv Jahwe en Allehoogste en Vader en al-ie Name waarmee God Homself noem hoe Hy is en Wie Hy is en wat Hy doen. 10 En dan kan jy God en sy Naam nooit los maak van mekaar nie. Ons Vader en sy Naam is Een. Hy is wat sy Naam is. Bewys Ps 99:3 byvoorbeeld sê: Laat hulle u (die HERE se) grote en gedugte (ontsagwekkende) Naam loof! Heilig is Hy! En dan wys hierdie Hy terug na die Naam van die HERE. 11 Maar as ons by vers 5 kom staan daar: Verhef die HERE onse God, en buig julle neer voor die voetbank van sy voete. Heilig is Hy! En dan-s daai Hy die HERE self. 12 So soos sy Naam is so is-ie HERE. Die HERE en sy Naam is een. B. En nou leer Jesus ons in Mat 6:9 om te bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. wat dan ook beteken: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Self geheilig word. So wat beteken dit? Verduidelik 13 Wel dat ons vir ons Vader moet vra dat Hy self sal maak 10 Vgl NIDNTT vol 2 bl 147, 648; France se Mat komm bl 246; Grosheide se Mat komm bl 73; Turnur se Mat komm bl 187; Nolland se Mat komm bl 287; Ridderbos se Mat komm bl 132; Macarthur se Mat komm bl 377.. 11 Vgl JH Ridderbos se Psalm komm vo 2 bl 458 12 Vgl JH Ridderbos se Psalm komm vo 2 bl 458 13 Vgl TDNT vol 1 bl 111; NIDNTT vol 2 bl 653; France se Mat komm bl 245-246. 5

dat ek en my vrou en my kibnders en ons as Kerk en die mense hier in Daspoort uiteindelik die hele wêreld Hom sal helig. So hoe heilig jy vir God? Verduidelik 14 Wel-ie kern betekenis van heilig is afgesonder eenkant gans-anders spesiaal. As iets heilig is dan-sit nie maar net gewoon soos al-ie ander goed rondom daai iets nie. En as Jesus ons nou leer om te bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Self geheilig word dan beteken-it ons moet Hom vra Verduidelik 15 dat Hy sal maak dat ek en my vrou en my kinders en ons as kerk en-ie mense in Daspoort en in Gomorra en daar in-ie Kontyner-plakker-kamp en waarook al 1Pet 3:15 sal leef: heilig die Here God in julle harte... En dit beteken dat God nie maar net gewoon sal wees in ons harte nie nie maar net nog iemand nie. Nee om God te heilig in ons harte beteken ons harte is net oorlopens toe vol met ontsag en liefde en verwondering vir God. Om God te heilig in ons harte beteken dat Hy vir ons die belangrikste sal wees dat Hy die Een sal wees wat ons bo alles sal begeer! Toepassing 16 En weet julle hierdie is net so ontsettend bekangrik. Hier is ons by die hoogste doel van ons bestaan. Hier is ons by God se skeppingsdoel met ons. Hier is ons by die rede waarom Jesus ons kom verlos. Hier is ons by die rede waarom dissipels se nuwe lewe n lewe is van radikaal breek met self-gesentreerdheid en nuut leef met God-gesentreerdheid. Dis omdat ons God moet heilig in ons harte. En nou leer Jesus ons om daarvoor te bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam (U self) geheilig word. 14 Vgl TDNT vol 1 bl 111. 15 Vgl TDNT vol 1 bl 111; NIDNTT vol 2 bl 224-225; France se Mat komm bl 246; Macarthur se Mat komm bl 378. 16 Vgl Jes 43:7; Rom 11:36; 14:8; 1Kor 10:31 6

Verduidelik So ons vra ons Vader dat Hy vir my vir my vrou vir my kinders vir ons as kerk vir die gemeenskap om ons harte sal gee wat God-gesentreerd is harte wat weer by ons skeppingsdoel uitkom harte waaruit dink en doen en praat borrel wat wys: God is ons Vader. God is vir ons die belangrikste. Hy staan vir ons eerste. Sy wil word al meer ons wil. Hy is ons begeerte ons alles. C. En ons het dit so nodig hê? Want dis nie hoe ons van nature is nie. Van nature is ons self-gesentreerd. 17 Bewys Paulus sê in Rom 3:18 dat ons van nature mense is met geen vrees van God (of ontsag en liefde vir God) voor hulle oë nie. Paulus sê in Rom 8:7 dat wat ons van nature bedink vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. So van nature heilig ons nie God in ons harte nie. Verduidelik 18 Nee ons ontheilig Hom. Ons maak asof Hy maar net nog n onbelangrike stuk ding is waaraan ons ons nie vreeslik hoef te steur nie. En dit manivesteer aaklig in n lewe waarin ons nie leef volgens God se wet nie. Bewys Dis hoekom Lev 22:31-32 sê: Hou dan my gebooie en doen dit. Ek is die HERE. En ontheilig my heilige Naam nie... deur nie die HERE se gebooie te doen nie. Toepassing En hei as ons ons harte toets aan wat Jesus ons oor-ie HERE se gebooie leer in Mat 5 dan sien ons ons leef lewens waarin ons die HERE nie heilig nie. I Ek en my vrou leef met woede vir mekaar. Ou konflikte vlam aan mekaar op. Maar dan doen ons nie moeite om-it op te los 17 Vgl Welch, When people are big and God is small, bl 148; Heidelbergse Kategismus Sondag 2-3. 18 Vgl NIDNTT vol 2 bl 226, 229, 653, 650; vgl ook Lev 20:3; Amos 2:7; Eseg 36:20; Rom 2:24. 7

soos Jesus ons leer in Mat 5:21-26 nie. Hoekom nie? Want ons heilig nie die HERE in ons harte nie. In ons harte is Hy nie regtig belangrik nie. Ek steur my nie aan die Almagtige nie. II Ek het n fantasie-verhouding met hierdie vrou in my kop. En ek gaan net aan. Dis-ie vir my die oortreding van-ie 7de gebod nie. Hoekom nie? Wel omdat Jesus wat in Mat 5:27-30 vir my sê dat dit al klaar egbreek is nie regtig vir my belangrik is nie. III Ek skei vir verkeerde redes en dan trou ek weer. Dit terwyl Jesus in Mat 5:31-32 sê dis egbreek. Hoekom? Wel omdat dit baie belangriker is om my geluk in my hart te heilig as wat dit is om die Here God te heilig. IV Ons regering sal wette maak wat sê dis reg om gay te wees. Gay huwelikke is ook reg. Dis ook reg om moord te pleeg. Want aborsies word gewettig deur ons regering. Hoekom maak ons regering sulke wette? Wel omdat ons mense geword het wa-die staat en ons politieke idiologieë in ons harte heilig in plaas van-ie HERE God. V En in ons koppe en op sosiale media word baie van ons al klaar mense wat wraak-neem op-ie regering en hulle bose planne om grond te steel. Ons vervloek en verwens hulle. Hoekom doen ons-it? Wel omdat ons nie dink Jesus is regtig belangrik nie. Ons kan Hom ignoreer as Hy in Mat 5:44 sê: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg... VI So heilig ons-ie HERE regtig? Is Hy regtig ons begeerte? Is Hy en sy verheerliking ons lewensdoel? Is-it vir my belangrik dat God die eer wat Hom toekom van alle mense af kry? 8

As-it is sal ek iemand wees wat ook gereeld huisgodsdiens hou. As-it is sal ek iemand wees wat vriende maak met my bure en met hulle oor die HERE praat. As-it is sal ek opgewonde raak oor Evangeliesasie. As-it is sal ek bid: laat u Naam geheilig word... in my hart in my vrou se hart in my kinders se harte in my bure se harte in-ie mense in ons gemeenskap se harte. Oorgang So heilig ons Vader in ons harte? Word dit sigbaar in ons dink in ons praat in ons bid in ons doen? Wel dis hoe-it moet wees in ons nuwe dissipel-lewens. En Jesus wys-it met hierdie God-gesentreerde gebed wat Hy ons leer. Toepassing Tref Jesus jou ook in die hart soos vir my? Wys Jesus jou ook jou hart-probleem soos vir my? Wys Jesus jou ook jou self-gesemtreerdheid in plaas van God-gesentreerdheid soos vir my? Wys Jesus jou ook hoe jy besig is om jouself te heilig in plaas van vir God soos vir my? So wat meot ons doen? Beslis nie ignoreer nie. Moe-dit ook nie weg redeneer nie. Nee kom ons besef ons sonde-krisis. En kom ons neem Jesus sw gebed hier in Mat 6:9 aan. Kom ons bid dit uit ons harte: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word... En Vader doen dit tog ook uit genade alleen in my hart. Want ek is so boos en self-gesentreerd! Troos Weet julle ons Vader sal. Hy neem sondaars wat na Hom toe bekeer aan. Dis Hoe Hy is. Ps 51:19 sê: n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie! En hoe gaan ons Vader dit doen? Wel deur sy Koninkryk te laat kom. 19 So daarvoor moet ons dan ook bid. 19 Vgl Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, bl 37, 39; TDNT vol 1 bl 111; NIDNTT vol 2 bl 229, 655; Lloyd-Jones, Studdies in the Sermon on the Mount, bl 378. 9

Jesus leer-it vir ons in sy voorbeeld-gebed in Mat 6:10 Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom... 3. So kom ons fokus nou daarop. Op-ie tweede bede in Jesus se voorbeeld gebed: Onse Vader wat in die hemele is... laat u koninkryk kom... A. So wat-s hierdie koninkryk wat ons Vader moet laat kom? Wel ons het al hierby stil gestaan. Maar ek dink dis belangrik om net die volgende goed weer te sê. Verduidelik I 20 Die eerste ding is-at die koninkryk nie in-ie eerste plek n plek Nee Koninkryk in-ie Bybel gaan heel eerste oor God se regering. Dit gaan oor sy Koning-wees. Dit gaan oor God se koningsheerskappy. is nie. So as Jesus in vers 10 in sy voorbeeld-gebed ons leer om te bid: Onse Vader wat in die hemele is... laat u koninkryk kom... dan vra ons daarmee vir ons Vader om hier in-ie wêreld Koning te kom wees. II 21 Die tweede ding wat ons moet onthou is-at God nie eers Koning word as Hy sy Koningsheerskappy in-ie wêreld laat in kom nie. Nee God heers soewerein-almagtig altyd en oral. III 22 Maar en hier kom-ie derde ding vir-ie regte verstaan van God se koninkryk die OT-profete verkondig ook die Evangelie van-ie koms van-ie koningsheerskappy van God in-ie wêreld. En dan gaan-it oor God wat sy heersappy in hierdie stukkende wêreld vol sonde laat inbreek. In oordeel. En so gaan God al wat Goddeloos is weg dryf tot in-ie hel. Maar ook in seën-en-verlosing. Vir my en jou wat ons sonde besef en bekeer. 20 Vgl Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, bl 36-37 21 Vgl Ladd, A Theology of the New Testament, bl 63. Ps 103:19 sê: Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles. En in Ps 145:13 staan daar: U koninkryk is n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte. 22 Vgl Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, bl 24-27, 51vv. 10

IV 23 Die vierde ding wat ons moet onthou van-ie koms van-ie koningsheerskappy van ons Vader is-at Hy-it doen deur sy Seun deur Jesus. Jesus is-ie Koning deur Wie ons Vader sy koningsheerskappy stig in-ie wêreld. Die Psalms praat hieroor. Die OT-profete roep-it uit. V 24 n Laaste ding wat ons moet onthou van-ie koms van God se koningsheerskappy is-a-dit nou al reeds n werklikheid is. Met die koms van Jesus die Koning deur wie ons Vader sy koningsheerskappy stig in-ie wêreld het die koninkryk nou al reeds gekom. Maar die volheid daarvan kom by Jesus se wederkoms. B. En weet julle: Nou-sit as ons Vader sy koningsheerskappy deur Jesus in-ie wêreld laat kom dat Hy uiteindelik almal daarby sal bring om Hom as heilig te erken. Verduidelik I 25 Ons Vader sal-it doen in-ie oordeel van sy koningsheerskappy. Ons lees daarvan in Openb 20:7-10 en ook in Eseg 38. Dit gaan in altwee hierdie gedeeltes oor-ie tyd wanneer ons Vader se koningsheerskappy in volheid sal kom. Hoor wat vertel Openb 20:7-10 daaroor. Dit sê dat Satan sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is... om hulle te versamel vir die oorlog. en hulle getal is soos die sand van die see. En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel dis-ie kerk Jesus se ware dissipels en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. En nou is-it in hierdie eind-oordeel van-ie koms van God se koningsheerskappy dat God sy Naam sal heilig. Hoor hoe vertel die HERE daarvan Eseg 38:22-23 En Ek sal met hom in die gereg gaan... 23 Vgl Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, bl 43-48; vgl ook Ps 2:6-7; Ps 72; Ps 110; 2Sam 7:12-14; Jes 9:5-6; Jes 11:1-9; Jer 23:5-6; Dan 7:13-14 24 Vgl Ridderbos, De komst van het Koninkrijk, bl 60vv; Ladd, A Theology of the New Testament, bl 65-68; vgl ook Jes 61:1-2 en Luk 4:18-21; Jes 35:5-6 en Mat 11:1-6; Mat 12:28; Ps 110:1-2 en 1Kor 15:25 25 Vgl Reformation study Bible bl 1182; Morris se Mat komm bl 145 11

vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is. So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken... en hulle sal weet dat Ek die HERE is. Bevinding Sien julle ons Vader geliefdes! Ons bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word. En dan verhoor ons Vader ons. En Hy doen-it as Hy sy Koningsheerskappy laat kom in oordeel. II 26 Maar ook in verlossing. Ons lees daarvan in Jes 2:2-3. Hoor wat staan daar: En aan die einde van die dae So hier-s ons weer by die volheid van-ie koms van God se koningsheerskappy 27 sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels wat alles beelde is van-ie volle koms van-ie Koninkryk 28 en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel... Verder-verduidelik 29 Sien julle wat gebeur? Ons bid: laat u koninkryk kom... En ons Vader laa-dit uiteindelik in volheid kom. En dan? Wel dan sal daar volke wees wat deel in-ie seën-en-verlossing van-ie koninkryk. Maar daar s nog iets. Hulle sê: Kom laat ons optrek na die berg van die HERE, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel... Sien julle? Wanneer God sy koningsheerskappy laat kom 26 Vgl Ladd, A Theology of the New Testament, bl 64-65; Morris se Mat komm bl 145 27 Vgl Reformation study Bible bl 953, 1295; Reformation Heratige study Bible bl 960, 1284. 28 Vgl Reformation study Bible bl 953, 1295; Reformation Heratige study Bible bl 960, 1284 29 Vgl Reformation study Bible bl 953, 1295; Reformation Heratige study Bible bl 960, 1284 12

bring-it volke daarby om God weer eerste te stel. God word weer die belangrikste God se wil word die belangrikste. ons wil (God se) weë leer en in sy paaie kan wandel... Toepassing Is dit nie wonderlik nie! Dis wat ons Vader deur Jesus sal doen. In die volheid van-ie Koninkryk sal mense uit alle volke en tale en nasies God in hulle harte heilig en dit sal sigbaar word in hulle lewens. * * * * * En dis waarvoor dissipels wat radikaal nuut met God-gesentreerde harte begin leef na verlang na smag. Ons bid daarvoor: Onse Vader wat in die hemele is... laat u koninkryk kom... Sodat die tyd kan aanbreek dat U in hierdie wêreld geheilig en vereer sal word. Maar dis ook wat ek en jy moet bid as Jesus vanoggend met sy God-gesentreerde gebed die self-gesentreerdheid in ons harte uitwys: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word, laat u koninkryk kom... En Vader doen doen dit ook in my hart. Word koning in my hart en bring my so daarby uit om U te heilig in my hart. Maak my deel van die menigtes wat U uiteindelik sal heilig en verheerlik op die nuwe aarde. C. En weet julle: Ons Vader verhoor ons. En Hy maak dit nou reeds n werklikheid. Ja nou reeds word Hy Koning in ons wat so bid se harte. En daarom bring Hy nou al reeds ons by n lewe waarin ons Hom al meer heilig in ons harte. Nou reeds maak Hy ons deel van-ie menigte van Jes 2:2-3 wat sê: ons wil (God se) weë leer en in sy paaie kan wandel... Hoe so? Verduidelik 30 Wel dis hoe ons Vader deur Jesus sy koningsheerskappy laat kom. Ons het dit mos nou-nou-net gesien. Ons Vader laat sy Koninkryk in volheid kom by Jesus se wederkoms. Maar in Jesus se eerste koms het sy Koningsheerskappy nou al reeds in-ie wêreld in gebreek sodat Jes 2:2-3 nou al reeds al meer en meer n werklikheid word. 30 Vgl Reformation Heratige study Bible bl 960; Reformation study Bible bl 953, 1295. 13

Bewys Ons sien-it nogal mooi raak as ons Jes 2:2 vergelyk met Hand 2:17. Kom ons kyk weer na Jes 2:2. En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. Opmerking 31 En nou-saai aan die einde van die dae belangrik. Ons kan dit ook vertaal met in die laaste dae. Dis ook hoe die KJ-Bybel dit vertaal: And it shall come to pass in the last days, that the mountain of the LORD'S house shall be established in the top of the mountains, and shall be exalted above the hills; and all nations shall flow unto it. En nou-saai laaste dae die tyd van-ie koms van-ie volheid van God se koninkryk. Maar dis ook nou al reeds. En ons sien-it in Hand 2:17. In Hand 2:17 is ons in Petrus se preek op pinksterdag toe Jesus die Heilige Gees 10 dae na sy hemelvaart uitgestort het. En dan sê Petrus in Hand 2:17 Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort... En dan is Jesus die Een wat hierdie profesie vervul. Hy is die Een wat na sy hemelvaart die Heilige Gees uitstort. Maar hier-s nog iets. As Jesus die Heilige Gees uitstort wat die laaste dae laat aanbreek. Nou al reeds. dan-s Jesus ook-ie Een Sien julle wat doen Jesus? Hy laat die toekoms van-ie volheid van-ie Koninkryk daai toekoms van-ie laaste dae nou al reeds werklikheid word. Want Jesus maak-ie laaste dae nou al reeds n werklikheid. So Jesus maak-ie tyd waarin Jes 2:2-3 gebeur nou al reeds n werklikheid. Jesus maak-ie tyd waarin mense uit alle volke en tale en nasie weer vir God in hulle harte heilig nou al reeds n werklikheid. 31 Vgl Reformation Heratige study Bible bl 960; Reformation study Bible bl 953, 1295. 14

Jesus maak-ie tyd waarin mense sê: ons wil (God se) weë leer en in sy paaie kan wandel... nou reeds werklikheid. En Jesus doen-it waneer Hy deur-ie Heilige Gees wat Hy uitgestort het sy Vader se Koninkryk in ons harte stig. 32 Toepassing En weet jy: Wanneer ek en jy bid: Vader laat U koningsheerskappy kom ook in my hart. Vader word koning in my hart en bring my so daarby uit om U te heilig in my hart. En maak my deel van die menigtes wat U uiteindelik sal heilig en verheerlik op-ie nuwe aarde dan was-it Jesus wat sy Vader se koninkryk deur-ie Heilige Gees in ons harte kom stig het. Dit was Jesus wat deur sy Gees ons ooruig het van ons lewe in-ie sonde van self-gesentreerdheid waarin ons net ons self geheilig het. Want in Joh 16:8 staan daar dat as as (die Gees) kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde... En as ons dan bid en ons sonde bely en vra: Vader laat U koningsheerskappy kom ook in my hart dan was-it Jesus wat deur sy Gees ons so laat bid het want in Sag 12:10 staan daar: Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge... En dan? Wel dan laat Jesus ons Vader se Koningsheerskappy kom in ons harte. Jesus word-ie Koning van ons lewens wat God se koniningsheerskappy werkliheid maak in ons lewens. Want deur sy Gees kom woon Jesus in ons harte sê Paulus in Rom 8:9-10. En dan? Wel deur-ie koms van sy Koningsheerskappy in ons harte bring Jesus ons dan daarby uit om God al meer in ons harte te heilig. Want met Jesus deur sy Gees in ons kan ons al meer soos Paulus in Gal 2:20 sê: Ek (die self-gesentreerde ek) is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus (wat God volmaak heilig) leef (al meer) in my. Oorgang Ons gebede raak dan ook al meer God-gesentreed. 32 Vgl Floor, Die Evangelie van die Koninkryk, bl 44; Floor, Hy wat met die Heilige Gees doop, bl 11, 23, 31-32, 45, 50, 89-90, 95, 141-142; Lloyd-Jones, Studies in the sermon on the Mount, bl 379-380; Calvyn se komm op die Sinop Evang vol 1 bl 320. 15

Want ek en my sondige begeertes staan-ie meer in-ie middelpunt nie. Nee al meer gaan-it vir my oor ons Vader en sy wil. Daarom bid ons ook: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde. 4. En kom ons sluit hiermee af. Me-die derde bede in Jesus se voorbeeld-gebed: Onse Vader wat in die hemele is... laat u wil geskied... So ja met Jesus wat ons Vader se koningsheerskappy in ons harte bring heilig ons God al meer. Daarom bid ons ook dat dit al meer sal gebeur. Maar hoekom bid ons ook dat ons Vader sy wil sal laat geskied? Verduidelik 33 Of sy wil sal laat gebeur of tot stand sal bring. A. Wel ons kom agter as ons meer begin verstaan wat hierdie wil van ons Vader is. En dit wys Jesus in-aai laaste deel van vers 10. Jesus sê daar: laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde. Verduidelik 34 So ons moet bid dat daar regtig presiese ooreenstemming kom in-ie manier hoe ons Vader se wil in-ie hemel gebeur of gedoen word en-ie manier waarop ons Vader se wil op aarde gebeur of gedoen word. So hoe gebeur ons Vader se wil in-ie hemel? Of hoe word-it daar gedoen? Verduidelik 35 Wel perfek volmaak. Sondelose engele voer ons Vader se wil in volmaaktheid uit. Bewys Hoor bietjie hoe sê Ps 103:20-21 dit: Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord! Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen! Opmerking 36 So ek dink ons moet op hierdie punt ook agter kom 33 Vir die betekenis van γενηθητω sien (NIDNTT vol 1 bl 181, vol 2 bl 194; TDNT vol 3 bl 55). 34 Die ως by ως εν ουρανω και επι της γης (10c) wys ons op hierdie ooreenstemming (vgl Greek Grammar beyond basics bl 675) 35 Vgl Grosheide se Mat komm bl 74; Ridderbos se Mat komm bl 132-133; France se Mat komm bl 247. 36 Vgl Grosheide se Mat komm bl 74; Ridderbos se Mat komm bl 132-133; France se Mat komm bl 247. 16

dat Jesus hier in Mat 6:10 nie praat oor God se verborge wil nie. Jesus praat nie hier oor God se raadsplan-wil waarvolgens Hy alles in-ie wêreld van sekond tot sekond beplan en laat gebeur nie. Maar wat Hy nie altyd in elke besonderheid aan ons bekend maak nie. Nee as Jesus ons in sy voorbeeld-gebed leer om te bid: laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde dan gaan-it oor God se wil wat Hy in sy Woord vir ons gee en wat Hy wil hê ons moet doen. En nou gebeur-it in die hemel al klaar perfek. Maar so moe-dit ook hier in-ie wêreld vol sonde word. Ons moet al meer ons self-gesentrerde wil prys gee en God se wil doen. En dis waarvoor Jesus ons nou leer om voor te bid: laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde. En hoekom? Hoekom gaan dissipels al meer hierdie gebed wil bid. Verduidelik 37 Wel as Jesus deur sy Gees ons oortuig van ons sonde van om ons self te heilig ipv vir God dan wys Jesus ons ook op ons sonde van my-wil-eerste ipv God-se-wil-eerste. En as Jesus ons dan deur sy Gees van genade en smekinge daarby bring om te bid: Onse Vader... laat u koninkryk kom... en doen doen-it ook in my hart. Word Koning in my hart en bring my so daarby uit om U te heilig in my hart dan bring Jesus ons Vader se koningsheerskappy in ons harte omdat Jesus self deur sy Gees in ons kom woon. En dan? Wel dan kan ek al meer soos Paulus in Gal 2:20 sê: ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En dan kan-it nie meer anders nie. Al meer bid ek ook soos Jesus wat in my bly. Al meer bid ek laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde. 37 Vgl France se Mat komm bl 247; Nolland se Mat kom bl 288 17

Net soos Jesus daar in-ie tuin van Getsemane toe die kruis op Hom gewag het bid ons: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil. Slot En dan? Wel dan heilig ons God al meer in ons lewens waarin ons al meer breek met self-gesentreerdheid al meer breek met ons eie wil en ons lewens begin leef waarin God en sy wil eerste staan. Ek bid ook al meer God-gesentreerd. Uit n God-gesentreerde hart bid ons al meer soos Jesus ons leer: Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied... Toepassing In my lewe. In my huwelik. In my gesin. Hierin ons plaaslike kerk. In ons gemeenskap. En in-ie wêreld. Amen. 18