Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

n Prins word die Skaapwagter

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Van Vervolger tot Prediker

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Waar is God as ons swaarkry?

Les 6 vir 10 November 2018

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Markus 15:29-39 Jesus se alleen-lyding onder die oordeel van God... tot in die dood van die kruis.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die betekenis van die kruis (1)

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Pretoria- 23 Junie 2012

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Addendum A Consent form

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Maleagi 1:1-2:9 n Verklaring en toepassing Ds. Cobus Rossouw

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Agteraf is dit natuurlik maklik om so te praat. Hoe sou ons self opgetree het by die opstanding van Jesus? Nie veel beter nie.

God. Ons. m et N LIEF GOD GROOTLIKS JOERNAAL

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Transcription:

Mattheus 7:6-11 Dissipels moet net nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie. Ons Vader gee dit in sy onveranderlike trou en volmaakte liefde vir elkeen wat vra. Oktober 2018 Ps 123: 1, 2 vooraf Ps 124: 1, 3, 4 lofpsalm Ps 19: 4, 6 na wet Ps 119: 7 as antwoord op die Woord Ps 62: 1, 4, 5 tydens Barmhartigheidsdiens Ps 40: 3, 4, 5 slotpsalm Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11 Skrifverklaring. Inleiding. Geliefdes in vers 6 sê Jesus: Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie... Nou-sie vraag: Wat beteken-it? En: Hoe laat Jesus wat Hy hier sê pas in-ie res van-ie Berg-predikasie? En: Wat sê vers 6 vir ons se elke dag se lewe? A. Nou dis-ie malike vrae nie. Bewys 1 Ek meen net vooraf in vers 1-5 het Jesus gepreek oor Moenie oordeel nie... En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?... (En) haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal. En dis woorde waarmee Jesus ons oproep om radikaal te breek met n lewe waarin ek god-en-regter is wat ander oordeel met n oordeel sonder barmhartigheid en vergifnis. Dis woorde waarmee Jesus ons oproep om radikaal te breek met ek-is-god-en-regter want dis hierdie ek-god wat my blind maak vir my eie sondes. Dis woorde waarmee Jesus ons oproep om ons lewens radikaal aan God oor te gee en dan mekaar in sagmoedigheid te dien 1 Vgl. Mattheus 7,1-5.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

in ons elke dag se tryd teen ons sondes. Nou direk daarna sê Jesus in vers 6: Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie... Dis skieik hê? Dit voel of vers 6 nie lekker pas by vers 1-5 nie. B. En ons in nie die enigstes wat so voel nie. In my oplees werk het ek agter gekom daar-s ander ouens ook. 2 Bewys 3 Party ouens sê sommer reguit vers 6 maak glad nie sin op hierdie plek in Jesus se Berg-predikasie nie. Nog ander ouens sê dis net n los sin wat Jesus erens in sy bediening gesê het en wat Mattheus hier in Jesus se preek kom in prop het. En daar-s nog n hele klompie ander menings ook. Maar ons gaan nie tyd hê om daarop in te gaan nie. C. So ja wat Jesus hier in vers 6 sê is-ie te maklik nie. En dis belangrik om-it raak te sien. Want net hier is hier vir ons n les of n toepassing. Verduidlik 4 Want hei om iets wat iemand sê te verstaan is-ie altyd so maklik nie. Ook nie as daai iemand Jesus is nie. Bewys Want hoe baie maal as jy iets sê verstaan iemand jou verkeerd en dan moet jy verduidelik. En dis so met Jesus ook. As Hy in Mark 4 5 die gelykenis van-ie saaier vertel dan kom sy dissipels agter na na Hom toe en dan vra hulle Hom om te verduidelik. 2 Vgl. Turnur se Mat komm. bl. 206; Nolland se Mat komm. bl. 321 3 Vgl. Calvyn se komm. op die sinop Evang vol 1 bl. 349; There is little or no relation to the preceding section, or the connection is unclear [Pl, TG, TH, WBC]. The transition is abrupt [TH]. It is an unrelated proverbial saying of Jesus [WBC] (Tehan, T. & Abernathy, D., 2008. An Exegetical Summary of the Sermon on the Mount 2nd ed., Dallas, TX: SIL International.). 4 Vgl. Greijdanus, Schrifbeginselen ter Schriftverklaring, bl. 21, 24-25, 35-37. 5 Mark 4:10 1

as Jesus in Mark 10 6 lering gee oor egskeiding dan-sit die selfde storie. Die dissipels verstaan nie lekker nie en dan moet hulle vra. En by-it alles: om te verstaan My ou-totaal-verdorwe-mens haa-dit wat Jesus sê. Daai ou-mens kom in opstand as Jesus preek. Hy druk sy ore toe. Hy raak slaperig. Ewe skielik kan hy glad nie konsentreer nie. Alles word net vrek moeilik en vervelig. En noem maar op. Bewys Paulus sê in 1Kor 2:14 die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie... Toepassing So wat sê-it vir ons? Wel as ek en jy uit genade alleen weer gebore is en na Jesus bekeer het en n dissipel geword het en nou n nuwe lewe vir God begin leef dan beteken-it net een ding: Opmerking Ek leer hierdie by Dr Greijdanus in sy Schriftbeginselen ter Schrifverklaring. Hy sê: As jy na Jesus luister en preek luister mag jy nie lui wees nie. Jy moet besig wees. Jy moet bid aan-mekaar om te verstaan. Nederig moet jy jou inspan om te verstaan. Agter-na moet jy praat en vra soos Jesus se eerste dissipels gepraat en gevra het. En dan? Wel dis-ie manier hoe Jesus jou gaan lei om te verstaan en te groei. En dis wonderlik! So kom ons doen-it. En dan gaan ons agter kom dat Jesus ons hier leer: Dissipels moet nooit iets anders doen as om radikaal vir God te leef nie vers 6. Hoe? Ons Vader gee-it vir elkeen wat vra vers 7-11. 6 Mark 10:10 2

Toepassing So kom ons gaan nou in op Jesus se preek in vers 6-11. Kom ons doen-it biddend. Kom ons kyk wat sê-it vir ons lewens. Kom ons beleef Jesus se bekeringswerk in ons. 1. Kom ons begin by Vers 6. A. Jesus sê daar: Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie... Verduidelik 7 En dan vertel Jesus hier nes in vers 3-5 n klein gelykenissie. Of n storietjie met n les. Opmerking In vers 3-5 het Jesus gesê: waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?... haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal. En dan wil Jesus met hierdie stories een of ander les oorbring. Me-die beelde daarin wil Jesus iets verduidelik. In vers 6 wil Jesus me-die beelde van wat heilig is... en... julle pêrels... wat mens-ie vir honde en varke gee nie n les leer. Wat-sie les? Verduidelik I 8 Wel as Jesus in vers 6 sê: Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie... dan-saai wat heilig is goed of mense wat aan God gewy is vir God afgesonder is aan God alleen oorgegee is. Dis-ie basiese betekenis van heilig. II 9 En-ie pêrels waarvan Jesus hier praat pas by wat heilig is... Jesus gebruik hier in vers 6 n parrallelisme. En-it beteken da-daai tweede lyntjie en gooi julle pêrels nie voor die varke nie... baie die selfde sê as-ie eerste een: 7 Vgl. NIDNTT vol 2 bl. 740 8 Vgl. Pop, Bijbelse Woorden en Hun geheim, bl. 288-289 9 Vgl. Nolland se Mat komm. bl. 322-323 3

Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie... So wat heilig is en julle pêrels pas by mekaar. III 10 En wat heilig is daai goed of daai mense wat aan God gewy is vir God afgesonder is aan God oorgegee is gee jy nie vir honde nie. En regtig pêrels is-nie varke-kos nie. B. Sien julle Jesus les? Verduidelik 11 As Jesus sê: Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie... dan sê Jesus: Luister mense en dinge wat heilig is vir God af gesonder is enn aan God oorgegee moet word moet jy regtig aan God alleen oorgee. Net nooit vir enige iets anders nie. En dis regtig baie belangrik. Dit loop uit op n krisis as jy-it nie doen nie. 12 Bewys Dis hoekom Jesus verder aan in vers 6 sê: Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en (die honde) omdraai en julle verskeur nie. So dis-ie les in Jesus se storietjie. C. Nou-sie vraag: Hoekom vertel Jesus hierdie storietjie nou juis hier? En wat sê Jesus se storietjie en-ie les daarin vir my en jou? Verduidelik I Wel ons het net-nou gesien dis-ie maklik nie. En n hele klompie ouens het elkeen sy eie verstaan van wat Jesus hier sê. Baie van hulle doen nie moeite om vers 6 hier binne in die konteks van Jesus se Berg-predikasie te verstaan nie. Nou ja en dan kan vers 6 omtrent enige iets sê. 10 Vgl. Nolland se Mat komm. bl. 323-324; Van Bruggen se Mat komm. bl. 126-127 11 Vgl. Nolland se Mat komm. bl. 323-324; Van Bruggen se Mat komm. bl. 126-127 12 Vgl. Nolland se Mat komm. bl. 323. 4

II 13 Maar dan-saar ook ouens wat sê dat Jesus se storie-les van vers 6 moet pas by vers 1-5. In vers 1-5 het Jesus gewaarsku teen oordeel sonder barmhartigheid sonder barmhartigheid en vergifnis. In vers 6 waarsku Jesus dan teen die verkeerdheid van om glad nie iets te beoordeel nie. Hulle sê dat wat heilig is hier in vers 6 n beeld is van-ie Evagelie van die Koninkryk. 14 Verder-verduidelik Mat 13:45 waar Jesus die Koninkryk vergelyk met n pêrel laat hulle in hierdie reigting dink. En die honde en die varke van vers 6 is mense wat met harde harte aanhou om die evangelie te verwerp. Verder-verduidelik Jesus se lering in Mat 10:14 oor ouens wat aanhou om die Evangelie te verwerp laat hulle in hierdie rigting dink. Vir daai ouens moet jy nie langer die Evangelie gee nie. Toepassing So sien julle hoe verstaan hierdie ouens Jesus se storie-les in vers 6. Mens moenie oordeel sonder barmhartigheid en vergifnis nie. Dis vers 1-5. Maar daar kom ook tye dat jy n lyn moet trek en moet sê: tot hier toe en nie verder nie. En dis wat Jesus dan hier in vers 6 leer. Opmerking Nou ek gaan nie sê hierdie verklaring is totaal verkeerd nie. Baie goeie behoudende Gereformeerde verklaarders verklaar vers 6 ook so. D. Maar daar s tog vir my en ook vir ander ouens iets nie heel lekker nie. 13 Vgl. France se Mat komm. bl. 276-277; Morris se Mat komm. bl. 167-168; Turnur se Mat komm. bl. 207; Hendriksen se Mat komm. bl. 359-360; MacArthur se Mat komm. bl. 438. 14 Hoekom sê hulle so? Wel hierdie ouens doen Skrif met Skrif vergelyking en dan sien hulle dat Jesus in Mat 13:45 die Koninkryk vergelyk met n kosbare pêrel. En hier in Mat 7:6 praat Jesus mos ook van pêrels. En pêrels en wat heilig is pas hier in vers 6 by mekaar. En so kom hierdie ouens dan daarby uit om te sê dat wat heilig is die Evangelie van die Koninkry is. 5

Verduidelik 15 Want sê nou maar ons luister Jesus se preek. En agterna praat ons met mekaar oor vers 6. Hoe gaan ons Jesus verstaan? Gaan ons dadelik goed wat Jesus eers later in Mat 10 en in Mat 13 gesê het intrek om betekenis aan vers 6 se beelde van heilig en pêrels en honde en varke te gee? Wel nee. Ons gaan heel eerste probeer om hier uit Jesus se preek self wat Hy sê. te probeer verstaan En weet julle: Jesus se storie-les in vers 6 maak sin as ons vanuit Jesus se preek self na vers 6 kyk. Hoe so? Verduidelik 16 Wel wat-s Jesus se les in vers 6 nou weer? Jesus se storie is: Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie... En-ie les is: Dit wat heilige is mense en goed wat vir God afgesonder is en aan God oorgegee moet word moet jy regtig aan God alleen oorgee. Nie aan iets anders nie. En nou-t hierdie les alles te doen met dit waarmee Jesus van Mat 6:1 af al besig is. Jesus het dit nou al vir ons oor en oor in gehamer. I 17 Breek met n self-gesentreerde lewe waarin ek allerhande Godsdiens-goed doen sodat mense my kan sien. Breek daarmee en leef n lewe wat radikaal aan God oor gegee is Dis Mat 6:1-18. heilig vir God alleen. II 18 In Mat 6:19-24 het Jesus ons opgeroep om te breek met n lewe vir aardse-skatte. Breek daarmee en leef n lewe radikaal vir God heilig vir God alleen. 15 Vgl. Kaiser&Silva, An Introduction to Biblical Hermeneutics, bl. 93-94 16 Vgl. Nolland se Mat komm. bl. 323-324. 17 Vgl. Mat 6:1-18 preke by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 18 Vgl. Mattheus 6,19-24.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 6

III 19 In Mat 6:25-34 het Jesus-it weer gedoen. Breek met n lewe vir basiese-behoeftes soos kos en lere. Breek daarmee en leef radikaal vir God heilig vir God alleen. IV 20 In Mat 7:1-5 was-it weer Jesus se boodskap. Breek met n lewe van god-en-regter wees oor ander met n oordeel sonder barmhartigheid en vergifnis. Breek daarmee en leef radikaal vir God geheilig vir God alleen. En dan? Wel in vers 6 kom hamer Jesus hierdie boodskap weer n keer in: Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie... En-ie les is: Dit wat heilige is dit wat aan God oorgegee moet word moet jy regtig aan God alleen oorgee. Nie vir enige iets anders nie. Verduidelik 21 En dis mos nou niks anders as waarmee Jesus nog al-ie pad van Mat 6:1 af besig is nie. n Nuwe dissipel lewe is n lewe van radikale God-gesentreerdheid. Dis n lewe waarin ek myself radikaal aan God moet oorgee. En dis presies wat Jesus ook in vers 6 sê: Dit wat heilige is dit wat vir God afgesonder is dit wat aan God oorgegee moet word met ander woorde: my nuwe dissipel-lewe moet ek regtig aan God alleen oorgee. Aan niks anders nie. Oorgang Sien julle?! Dis so belangrik. Dis hoekom Jesus dit so oor en oor op allerhande verskillende maniere sê. Dis waarvoor God ons geskep het. n Lewe vir Hom gehelig alleen vir Hom. 19 Vgl. Mattheus 6,25-34.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 20 Vgl. Mattheus 7,1-5.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php 21 Vgl. Nolland se Mat komm. bl. 323-324. 7

Dis waarom Jesus ons kom verlos. Dis om n lewe vir God te leef radikaal vir God geheilge vir God. In my dink in my praat in my doen in elke besluit God alles God eerste God die belangrikste God se wil my wil God se geluk my geluk. En dis wat Jesus nou nog n keer in vers 6 kom inhamer as Hy sê: Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie... Dit wat heilige is my nuwe dissipel-lewe moet ek regtig aan God alleen oorgee. Toepassing So is ons daar? Of sukkel julle ook so baie soos ek? As ek my weer kom kry dan-s ek die belangrikste. Of iets hier in die wêreld is-ie belangrikste. Ander mense en wat hulle doen word die belagrikste. En dan-t ek net heeltemal vergeet wat Jesus Sondag na Sondag uit sy Bergpredikasie leer. 22 Is-it so met julle ook? 2. Kom ons kyk na n paar voorbeelde. 23 A. Is ek besig om my lewe aan God oor te gee as ek woedend word gefrustreerd raak depressief raak goed sê soos: ek verdien nie hierdie nie omdat my lewe nie gebeur soos ek beplan het nie? Verduidelik Nee. Al-aai goed is sonde-simtome van ek en my plan eerste. B. Of: Is ek besig met n nuwe dissipel-lewe vir God as ek in hierdie totale depressie gaan omdat iemand my telleurgestel het? Verduidelik Wel nee. As iemand se optrede jou so erg depressief maak dan-t daai ou belangriker geword as God. C. Of: My dink doen praat word-ie heeltyd beïvloed deur wat hierdie ou van my dink of sê. Is ek dan besig om vir God te leef? 22 Vgl. Tripp, Awe, bl. 65-77 23 Vgl. Tripp, Awe, bl. 65-77 8

Verduidelik Nee. Want daar-s nog iemand in my lewe behalwe God wat my dink en doen en praat beheer. D. Die selfd egebeur as ek myself-ie heeltyd met ander verelyk. Verduidelik I Dit pla my as ek nie in wiskunde net so goed doen soos-aai ander ou nie. II Dit pla my as ek nie net soveel geld maak soos-aai ander ou nie. III Dit pla my as ek nie net so grand ski-boot het soos my buurman nie. IV Dit pla my as ek nie my kerk so vol kan preek soos daai ander domenie nie. E. Hier-s nog een: God is vir my belangrik as ek hierdie krisis het in my huwelik of met huurgeld of met kos dan moet God daar wees vir my. Verduidelik So wie is God vir my? Wel nie die God vir wie ek my lewe radikaal oor gee nie. Nee eintlik is dit anders om. Ek dink ek is god en Jahwe is my slaaf wat Hom aan my moet wy om my lewe nice te maak. F. Of my erediens-bywoing word net al slegter. Stilte-tyd HuisGodsdiens Bybelstudie is-ie meer belangrik nie. Hoekom? Verduidelik Wel omdat iets in my lewe belangriker geword het as God en-ie aanbidding van God en-ie uitleef van my verhouding met God en groei in my verhouding met God. Wat sê-it? 9

Wel in vers 6 sê Jesus vir my: Jy-s besig om wat heilig is, aan die honde gee... en (jou) pêrels voor die varke (te) gooi... Toepassing En verder aan in vers 6 sê Jesus dat ek met so n soort lewe myself vernietig. die varke (gaan my)... met hulle pote vertrap en (die honde gaan) omdraai en (my) verskeur. Dis met so n soort lewe dat ek uiteindelik in die hel op-eindig omdat ons lewens leef waarin ons ons eie god wil wees of iets hier in die wêreld my god gemaak het. En die HERE duld nie ander gode voor sy aangesig nie. Hy sê-it in Eks 20:3. En in Jes 48:11 sê Hy: Ek sal my eer aan geen ander gee nie. Oorgang So hoe kom ons uit by n lewe waarin ons ons lewens wat aan God alleen behoort aan Hom alleen oorgee aan Hom alleen heilig? Want uit my eie doen ek-it nie. Uit myself wil ek daai ou-verdorwe ek uitleef en self god wees of my lewe gee vir iets hier in die wêreld. 24 3. Wel kom ons staan volgende hierby stil. Hoe kom ons by hierdie nuwe dissipel-lewe uit? Hierdie lewe van radikaal vir God. Jesus sê: Bid. 25 Bewys Kyk na vers 7: Bid, en vir julle sal gegee word... Verduidelik Bid vra 26 smeek vir hierdie radikaal nuwe lewe vir God. En dan gee Jesus hierdie vaste belofte. 27 24 Vgl. Rom 7:21-26; DL 5:1-2 25 Vgl. Van Bruggen se Mat komm. bl. 127; Ridderbos se Mat komm. bl. 149-150; Morris se Mat komm. bl. 169; Turnur se Mat komm. bl. 208-209. 26 Vir die betekenis van αιτειτε (7a) sien Baljon bl. 28; NIDNTT vol 2 bl. 856; Nolland se Mat komm. bl. 325. 27 In vers 7 maak Jesus gebruik van die volgende sintaktiese struktuur: imperat + και + Fut ind. Hierdie is n soort voorwaarde sin. Tegelyk is dit n sin waarmee Jesus sê: Doen die imperat en die Fut ind is vir jou n baie baie vas staande belofte. Dis n vasstaande belofte vir elkeen wat die imperat doen (vgl. Greek Grammar beyond basics bl. 489-10

en vir julle sal gegee word... God ons Vader sal-it vir ons gee. 28 Dis sy belofte. En as Jesus dan verder aan in vers 7 sê: soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word dan-saai soek en klop woorde waarmee Jesus nog al-ie pad oor bid praat. 29 Opmerking Ons sal net-nou dieper daarop ingaan. Toepassing Maar hei hier is-it. Jesus sê een stryk deur van Mat 6:1 af tot by Mat 7:6 Leef radikaal vir God. Leef radikaal God-gesentreerd. Leef radikaal met soek allereers die Koninkryk van God. Breek radikaal met elke stukkie ding wat in gaan teen radikaal vir God. So hoe? In Mat 7:7 gee Jesus vir ons gebed. Jesus sê: Bid... soek... klop... En dan gee Jesus beloftes wat daarmee saamgaan. Ek en jy wat bid vra smeek Vader se aangesig soek aan sy deur bly klop en vra: Asseblief Vader Asseblief Jesus ek kor-dit. Ek niks daarvan nie kan verseker weet: vir (ons) sal gegee word... (ons) sal vind... (daar) sal oopgemaak word deur ons Vader. God sal hierdie nuwe dissipel-lewe van radikaal vir God al meer in ons lewe gee totdat ons-it uiteindelik volmaak sal hê op-ie nuwe aarde. Is-it nie wonderlik nie! 4. Maar nou-sie vraag: Wat doen ek as ek so bid. Wat hou-it in? Kom ons staan daarby stil. Wel as ek vir Jesus vra: Maar Here hoe kom ek uit by daai lewe van radikaal vir God en Jesus dan antwoord met: Bid daarvoor 490; NIDNTT vol 2 bl. 857; Turnur se Mat komm. bl. 209; Ridderbos bl. 148; France se Mat komm. bl. 280). 28 Vanuit die konteks van vers 7-11 blyk dit duidelik dat die Agent van die passiewe ww. δοθησεται (7b) en ανοιγησεται (7f) is (vgl. Greek Grammar beyond basics bl. 437; Turnur se Mat komm. bl. 209; Nolland se Mat komm. bl. 325) 29 Vgl. NIDNTT vol 2 bl. 855, 857; TDNT vol 2 bl. 893. 11

dan sê Jesus daarmee: Verduidelik 30 Weet jy as Ek vir jou sê: Bid vir-aai nuwe lewe van radikaal vir God dan sê Ek daarmee: n Nuwe dissipel-lewe kom nie uit julle self nie. Jy kry-it uit genade alleen. So bid daarvoor. Besef hoe arm van gees jy is. Besef hoe bankrot jy is. Besef-at al wat jy het hierdie reuse sonde-skuld is soos Ek jou daar in Mat 5:3 geleer het. Besef-at jy n nuwe lewe van radikaal vir God kort. Dat jy n honger en dors daarna het. Soos Ek jou daar in Mat 5:6 geleer het. So kom soos n kind totaal afhanklik vol vertroue En vra daarvoor. Vader gee-it verniet. Regtig. Toepassing So dis wat ek en jy doen as ons bid vir-aai nuwe lewe. Ons besef daarmee ons erken daarmee dis nie my prestasie nie. Dis uit genade alleen deur-ie geloof alleen. Daarom vra ek gelowige-vertrouend: Asseblief Vader asseblief Jesus gee wat U eis en eis dan wat U wil dan kan ek vir U terug gee wat U uit genade vir my gegee het. Oorgang Maar nou-s daar nog iets. Hierdie gebed is-ie iets wat ons net een keer in ons lewes doen nie. Nee bid word ons lewe. Om radikaal vir God te leef is aanmekaar uit genade alleen. 5. Daarom word my lewe van radikaal vir God n lewe van aanmekaar met erns bid. En Jesus sê-it hier in vers 7. 30 Vgl. Reymond, A New systematic Theology of the Christian faith, bl. 969; Horton, The Christian faith A systematic Theology for Pelgrims on the way, bl. 786-787; Grudem, systematic Theology An introduction to Biblical Doctrine, bl. 376, 384-385; Piper, When Is don t Desire God, bl. 157; Hendriksen se mat komm. bl. 361-362. 12

Kyk Jesus sê: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Verduidelik 31 En wat ons moet raaksien en Jesus wys-it in-ie Griekse teks is-at daai bid-woorde in vers 7 Bid... soek... klop... alles woorde is waarmee Jesus sê: Doen-it aanhoudend. Doen-it aan-mekaar. Skrif met Skrif Dis soos in Rom 12:12 volhard in die gebed. Dis soos in Kol 4:2 Volhard in die gebed... Dis soos in 1Tes 5:17 Bid sonder ophou. En me-daai soek as Jesus sê: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind... sê Jesus vir ons: Verduidelik 32 Wees regtig ernstig hieroor. Bid moet julle lewens beheers. En met daai klop as Jesus sê: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word hamer Jesus-it weer in. Bid aan-mekaar Soos-aai ou wat aan-mekaar klop. 33 Hoekom so aan-mekaar? Verduidelik 34 Wel omdat ons deur ons hele lewe radikaal vir God moet leef. En weet julle: In nie een monet gaan ons-it uit ons eie doen nie. In nie een moment gaan ons lewe van radikaal-vir-god ons eie prestasie wees nie. 31 αιτειτε ζητειτε κρουετε is almal praes imperatiewe waarmee Jesus opdragte gee waarmee ons voortdurend moet besig wees (Jordaan, Die Binnewerk van die Griekse Taal, bl 35; Turnur se Mat komm bl 209; Ridderbos se Mat komm bl 149; France se Mat komm bl 280). 32 Vgl NIDNTT vol 2 bl 857; TDNT vol 2 bl 893 33 Vgl Hendriksen se Mat komm bl 362. 34 Vgl Dordtse Leërreels 5:2; Grudem, Systematic Theology An introduction to Biblical Doctrine, bl 387 13

Dit gaan aan mekaar wees uit genade alleen deur-ie geloof alleen. Daarom dat Jesus sê: Bid... soek... klop... aanmekaar. Bid sonder ophou. sê Paulus in 1Tes 5:17. Want bid is geloof se mond wat vir genade vra. Toepassing 35 Weet julle wat Jesus hier sê moet ons aangryp. Dis so wonderlik. Dis so genade. Dis so Evangelie. Vader sal gee. Vra net. Maar dit sê ook hoe ernstig bid is. Bid moet vir ons ons lewe word. Aan-mekaar bid. Aan mekaar besef dis uit genade alleen dis ons lewe. Maar-it sê ook: Maak tyd om te bid. Doen stilte tyd. En bid dan met jou op Bybel. Bid terwyl jy lees. Want dis in-ie Bybel dat Jesus en Vader deur sy Gees ons sondes uit wys 36 daai sonde-lewe wat in gaan teen radikaal-vir-god. En dan terwyl ons bid bely ons-it. En Vader? Wel 1Joh 1:9 beloof: As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. Maar dis ook daar in-ie Bybel terwyl ons bid dat Vader en Jesus deur sy Gees vir ons wys hoe lyk-aai nuwe lewe van radikaal-vir-god. En dan terwyl ons bid vra ons soek ons klop ons vir-aai nuwe lewe. En Vader? Wel in Mat 7:7 sê Jesus: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. En dan beplan ek my dag so dat ek deur my dag weer stil-word-tye gaan maak waarin ek weer kan onthou wat ek vanoggend gelees het en dan bid ek dit weer. 35 Vgl Piper, When I don t desire God, bl 157-167. 36 Heb. 4:12 14

En dan kan ek so al biddende al meer daai lewe leef van radikaal-vir-god. En so moet ons nuwe dissipel-lewe wees gelifedes. Dit moet n lewe wees van bid. Want n lewe van radikaal-vir-god is nie n lewe wat uit ons kom nie. Dis n lewe wat Vader en Jesus en-ie Gees uit genade alleen gee. Daarom bid ons aan-mekaar daarvoor. Oorgang So bid ons? Ons moe-dit doen. Want kyk-ie beloftes: Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Jesus belowe-it. En in vers 8 herhaal Jesus-ie beloftes. 37 Kyk in vers 8: elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. So hoekom herhaal Jesus hierdie beloftes in vers 8? Verduidelik 38 Wel omdat Jesus-it vir ons vas wil maak. Jesus wil hierdie beloftes vir ons baie sterk bevestig. 6. Kom ons staan hierby stil. By vers 8. En Jesus wat sy beloftes van gebed-verhoring so sterk bevestig me-daai herhaling. Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word. Vers 7. En hier kom-it weer in vers 8 net om-it vas te maak: elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word. 37 Met γαρ (vers 8) lei Jesus nie, soos mens gewoonlik vewag by die gebruik van mm, n redegewende sin in nie. Nee hier gebruik Jesus γαρ om n sin in te lei waarmee Hy bevestig Ja sekerlik. Jesus bevestig veral die beloftes. Dis die beloftes van vers 7 wat Hy herhaal en nie die bevele nie (vgl Baljon bl 174; Turnur se Mat komm bl 209; Morris se Mat komm bl 170, voetnoot 35; Ridderbos se Mat komm bl 149; Van Bruggen se Mat komm bl 127; Nolland se Mat komm bl 326). 38 Vgl Turnur se Mat komm bl 209; Morris se Mat komm bl 170, voetnoot 35; Ridderbos se Mat komm bl 149; Van Bruggen se Mat komm bl 127; Nolland se Mat komm bl 326 15

Dit staan vas. Ons moe-dit sien. Dis hoekom Jesus dit so herhaal. Maar wat-sie waarborg dat hierdie beloftes so vas staan.. Verduidelik 39 Wel Jesus self. Jesus wat hier preek is-ie waarborg vir hierdie vasstaande beloftes van gebed-verhoring. Want in Mat 1:23 sê die engel vir Josef Jesus se aardse pa: Kyk, die maagd sal swanger word en n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. Dis wie Jesus is. Hy is God. En hoe is hierdie God? I Wel Num 23:19 sê: God is geen man dat Hy sou lieg nie... Sou Hy iets sê en dit nie doen nie, of spreek en dit nie waar maak nie? II In Deut 32:4 noem Moses Hom: Die Rots volkome is sy werk... n God van trou en sonder onreg... III Ps 119:160 sê: Die hele inhoud van u woord is waarheid... IV Klaagl 3:22-23 sê: sy barmhartighede het geen einde nie; hulle is elke môre nuut; u trou is groot. V In Jer 1:12 sê hierdie God van ons: Ek is wakker oor my woord om dit te volbring. VI In Heb 10:23 staan daar: Hy wat dit beloof het, is getrou. Toepassing Daarom geliefdes omdat Jesus God is daarom is-it regtig ernstig vas as Hy in Mat 7:8 sy beloftes van gebed-verhoring herhaal en so bevestig. Dit staan vas. Dit sal gebeur. Want Jesus is God. En ek en jy? Wel bid dan!! Aan-mekaar. Want Hy wat dit beloof het, is getrou. 39 Vgl Grudem, Systematic Theology An introduction to Biblical Doctrine, bl 195-196; Reymond, A new systematic Theology of the Christian faith, bl 202; Berkhof, Systematic Theology, bl 70; Packer. Knowing God, bl 125-129. 16

7. En om ons nog verder te help bevestig Jesus hierdie beloftes weer n keer 40 in vers 9-11. Kom ons staan ten slotte daarby stil. Kyk Jesus begin in vers 9-10 met n voorbeeld uit ons elke dag se lewe: Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom n klip sal gee; en as hy n vis vra, aan hom n slang sal gee? Verduidelik 41 En-ie antwoord? Nie een nie. Regte pa s en regte ma s sal steel om vir hulle kinders kos te gee. Hoekom? Wel omdat regte pa s en ma s hulle kinders lief het. En Vader? Kyk wat sê Jesus in vers 11: As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid! Verduidelik 42 Hy sal! Vader sal net gee. Oorvloedig en oorvloedig daai nuwe dissipel-lewe van radikaal-vir-god gee. Vader sal ons vegifnis gee Vader sal ons weer op tel elke keer as ons val. en laat aangaan. Hoekom? Want Hy-t dissipels lief. Oneindig oorvloedig volmaak. Bewys 43 I Ons sien-it aan die kruis in Jesus: Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, 40 Met η (vers 9) lei Jesus n sin in waarmee Hy op n alternatiewe manier as in vers 8 sy beloftes vir elke biddende dissipel sterk bevestig. Jesus wys op n werklikheid uit ons elke dag se gesinslewe. Hierdie werklikheid is dat ouers hulle kinders uit liefde verhoor, wanneer hulle vra vir kos (vgl Baljon bl 412; Turnur se Mat komm bl 209; Nolland se Mat komm bl 326; Morrris se Mat komm bl 170). 41 Met μη lei Jesus in vers 9 en vers 10 retoriese vrae in waarop n Nee antwoord verwag word (Baljon bl 614; Morris se Mat komm bl 171). 42 Vgl NIDNTT vol 2 bl 857; Ridderbos se Mat komm bl 150; Macarthur se Mat komm bl 445-446 43 Vgl Grudem, Systematic Theology An introduction to Biblical Doctrine, bl 199; Hortn, The Christian Faith A Systematic Theology fot Pilgrims on the way, bl 266; Packer. Knowing God, bl 125-129.Packer. Knowing God, bl 137-142; 17

maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as n versoening vir ons sondes. Sê 1Joh 4:9-10. II En dan-saai liefde van Vader regtig persoonlik op jou en my wat regtig na Jesus toe bekeer. in en deur Jesus Dis daarom dat Paulus in Gal 2:20 kan sê: Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. III En hierdie liefde is onvoorwaardelik. Dissipels verdien-it nie. Dissiples is-ie waardevol vir God of so iets nie. Nee dissipels is van nature aaklige rebelle in opstand teen God. En tog het Vader ons lief. Paulus sê in Rom 5:8 God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. En in vers 10 sê hy dat terwyl ons nog vyande was, ons met God versoen is deur die dood van sy Seun... IV En dan is hierdie liefde van Vader liefde wat ons in n verbondsverhouding met Hom bring. En in-aai verbondsverhouding gee God Homself vir ons. Hoor hoe beloof God dit aan Abraham in Gen 17:7 Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as n ewige verbond, om vir jou n God te wees en vir jou nageslag ná jou. En as God ons God is? Dan-t ons alles. Alles in oorvloed. Ook daai lewe van radikaal-vir-god. 18

Slot En dan sê Jesus hier in Mat 7:11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid! Hy sal in oorvloed. Lukas vertel in Luk 11:13 dat Jesus ook gesê het: As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid? Vader sal. Hy sal ons die Heilige Gees gee en daarmee saam daai nuwe lewe van radikaal-vir-god. Hoekom? Wel want Vader het dissipels lief. So lief dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. Ook daai nuwe radikaal-vir-god lewe. Nou al en uiteindelik volmaak op-ie nuwe aarde. So waarvoor wag ek en jy. Kom ons vra God daarvoor. Amen. 19