INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Van Vervolger tot Prediker

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Les 6 vir 10 November 2018

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Die betekenis van die kruis (1)

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Die maan en sy rol in ons wereld *

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Waar is God as ons swaarkry?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Addendum A Consent form

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Hartbeespoort Christen Gemeenskap : Evangelisasie-Dissipelskap kursusnota s DISSIPELSKAP OPLEIDINGSPROGRAM.

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

Gebore uit die maagd Maria

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Die Blye Boodskap. The Good News

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Luister na God. enlewe vir ewig

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

Transcription:

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS 1 Die strewe na zero-defek... 13 2 In God se hofsaal... 33 3 Ons posisie in Christus... 49 AFDELING II WAT ONS KAN WORD 4 Hoe om geestelik te groei... 67 5 Hoe om ons skuldlas te verwerk... 87 6 Hoe om meer geloof te verkry... 106 7 Hoe om versoeking te oorwin... 126 8 Hoe om onaangename mense lief te hê... 150 9 Hoe om lyding te trotseer... 168

10 Hoe om God se wil vir jou lewe te bepaal... 184 11 Hoe om n liefdesverhouding met Jesus te handhaaf... 201 AFDELING III WAT ONS SAL WEES 12 Voor die regterstoel van Christus... 221 13 Uiteindelik! Verheerliking!... 234

H O O F S T U K 1 DIE STREWE NA ZERO-DEFEK WAT SOU JY GESÊ HET? Daar is een basiese vraag wat alle godsdienste poog om te beantwoord: Wat moet ek doen om aan God se standaard te voldoen? Dit word op verskeie maniere uitgedruk: Wat moet ek doen om in die Paradys te kom? Wat moet ek doen om Nirwana te verdien? Wat moet ek doen om seker te maak van n hoër status in my volgende lewe? Wat moet ek doen om te verseker dat God my sal aanvaar? n Paar jaar gelede het ek n kollega die volgende vraag gevra: As jy vandag voor die Here te staan kom en Hy vra jou waar om Hy jou in die hemel moet toelaat, wat sou jy sê? My kollega het n rukkie nagedink en sê toe dat hy vir die Here om genade sou vra. Ja, antwoord ek, maar aan wie betoon God genade? Wat is sy norm? My vriend het weer n rukkie nagedink en sê toe: Dit hang af van die soort lewe wat n mens hier op aarde lei. As dit waar is, het ek voortgegaan, hoe goed moet n mens le we om God se genade te verdien?

14 DIE STREWE NA ZERO-DEFEK Ek stap toe na die swartbord en teken die volgende lyn: 100% n Skaal van mooi lewe 0% Kom ons trek n skaal van mooi lewe. 100% beteken dat jy nog nooit ooit gesondig het nie. Jy is volmaak in elke aspek van jou lewe. 0% beteken dat jy nog nooit een enkele goeie ding in jou lewe gedoen het nie. Dit is die twee absolute uiterstes. As jy sê dat God se genade afhang van hoe mooi ons hier op aarde lewe, wat is God se slaagsyfer? Ek het daardie vraag al talle kere aan ander mense gevra, en het heelwat interessante antwoorde gekry. Een man het aan my gesê: Vir iemand soos jy is dit waarskynlik 80%; vir iemand soos ek is dit waarskynlik 20%. Dit impliseer egter dat God verskillende standaarde vir verskillende mense het. Sommige mense is van mening dat God se slaagsyfer 0% is omdat ons nie die hemel kan beërwe deur ons eie prestasie nie. My kollega het n antwoord gegee wat talle ander mense ook al vir my gegee het: 51%. Daarmee gee hulle te kenne dat as ons goeie dade ons sondes oortref, die Here ons sal begenadig.

Arnold Mol 15 GOD SE SLAAGSYFER Wat is God se slaagsyfer? Ons vind die antwoord in Matteus 5:48 *. Jesus het gesê: Wees julle dan volmaak soos julle hemelse Vader volmaak is. God se standaard is 100%, want Hy is heilig en vol gens Openbaring 21:27 sal niks onrein of enigiemand wat ooit ge sondig het, toegelaat word om die hemel binne te gaan nie. Ons lees in Esegiël 18:20 dat enigiemand wat sondig, sal sterwe. Jakobus 2:10 sê dat al onderhou ons die hele Wet, maar slegs in een opsig struikel, is dit net so goed asof ons die hele Wet oortree het. God se standaard is absolute heiligheid en Hy het nie êrens tussen die Ou en die Nuwe Testament sy standaard verlaag nie. Hy vereis zero-defek van ons. Enigiets minder is onaanvaarbaar vir Hom. So kom ons ontwikkel die diagram verder: 100% God se standaard n Skaal van mooi lewe 0% Dit bring ons tot die verstommende gevolgtrekking dat die enigste mense wat toegang tot die hemel sal kry, mense is wat in God se oë nog nooit gesondig het nie. Jy sal sê: Dis nonsens! Niemand het nog ooit aan daardie standaard voldoen nie. Dis reg, niemand *Al die verwysings kom uit die Nuwe Vertaling (1983-vertaling). Waar die Ou Vertaling (1953-vertaling) of die Nuwe Lewende Vertaling aangehaal word, sal dit met (OV) of (NLV) onderskeidelik aangedui word.

16 DIE STREWE NA ZERO-DEFEK behalwe Jesus was ooit goed genoeg om God se Wet volmaak te onderhou nie. In Romeine 3:23 lees ons almal het gesondig en is ver van God af. Die letterlike betekenis is dat ons die teiken gemis het. Ons posisie in God se oë is dat ons gedruip het. ONS POSISIE IN GOD SE OË Die slaagsyfer by die meeste universiteite is 50%. Wat is die verskil tussen n student wat 40% in n eksamen behaal en n student wat 10% behaal? Daar is geen verskil nie. Of jy nou goed druip of sleg druip; dit maak nie saak nie. As jy druip, druip jy, en jou posisie in die oë van die universiteit is presies dieselfde as dié van n student wat 0% behaal het. Op dieselfde wyse, of ons nou n goeie lewe lei of n slegte lewe, maak nie saak sover dit ons posisie in God se oë raak nie. As ons nie aan sy volmaakte standaard voldoen nie, is ons posisie in sy oë n ronde nul. Dit bring mee dat ons vir ewig uit sy teenwoordigheid verban word in n plek wat die Bybel die hel noem. Ons diagram lyk dus nou soos volg: 100% God se standaard n Skaal van mooi lewe 0% Die natuurlike mens se posisie in God se oë

ONS LEWENSWANDEL Arnold Mol 17 Vanselfsprekend leef alle mense nie op die zero-vlak nie. Daar is wonderlike mense in ons samelewing; mense wie se lewens gelykstaande is aan 80% of selfs 90% op die skaal van mooi lewe; pragtige mense met hoë etiese standaarde; mense wat opofferings maak om ander in die gemeenskap te dien. Maar niemand is op 100% nie. Dan is daar mense wat op n baie lae vlak op die skaal van mooi lewe funksioneer. Dit is onsedelike mense, bose mense, wrede misdadigers. Ons tronke is vol van hulle. Tog is daar niemand op 0% nie, want selfs in die slegste mens is daar iets goeds. So, kom ons teken die gemiddelde mens se lewenswandel ongeveer halfpad op die skaal van mooi lewe: 100% God se standaard n Skaal van mooi lewe Die gemiddelde mens se lewenswandel 0% Die natuurlike mens se posisie in God se oë DIE KERNVRAAG Dit bring ons terug na die belangrikste vraag wat enigiemand kan vra: Wat moet ek doen om aan God se standaard te vol doen? Alle mense vra dieselfde vraag diep in hul binneste. In die Evan-

18 DIE STREWE NA ZERO-DEFEK gelies lees ons van n sakeman, n teoloog en n politikus wat al mal dieselfde vraag aan Jesus gestel het, naamlik: Wat moet ek doen om die ewige lewe te verkry? Dit is die kernvraag van alle godsdienste, en daar is slegs een van twee moontlike antwoorde, want ons kan slegs op een van twee dinge staatmaak om aanvaarding by God te verkry en hulle sluit mekaar uit. Ons kan nie op al twee staatmaak nie. Dit is óf die een óf die ander: Ons kan staatmaak op ons eie prestasie, of ons kan staatmaak op Jesus se prestasie. Alle ander godsdienste, behalwe die Bybel, vertel ons wat die mens moet doen om deur God aanvaar te word en daar is derduisende variasies. Die heiden wat voor n klip neerbuig, is n voorbeeld van iemand wat poog om God se guns te wen deur sy eie prestasie. Die toegewyde Jood wat dikwels by die Westeli ke Muur in Jerusalem staan en wieg terwyl hy bid, is weer n ander voorbeeld van iemand wat in God se goeie boekies probeer kom. Die Moslem wat verskeie kere per dag met sy gesig na Mekka bid, doen dieselfde. Daar is talle Suid-Afrikaners wat poog om God se guns te verdien (of tenminste sy genade te verdien) deur hulle godsdienstige aktiwiteite, terwyl ander poog om die ewige lewe te verwerf deur hul mooi lewe, bydraes tot welsynsprogramme, versorging van behoeftiges, ensovoorts. Die gemene faktor is dat hulle almal staatmaak op hul eie pogings, hul eie prestasies om aan God se standaard te voldoen. Die boodskap van die Bybel is egter nie wat ons moet doen om deur God aanvaar te word nie dit is die boodskap wat God gedoen het om ons aanvaarbaar te maak. Hy het vir ons sondes aan die Kruis betaal. 1 Petrus 3:18 sê: Christus het een maal vir die sondes gely, die onskuldige vir die skuldiges, om julle na God te bring. Die keuse is eenvoudig: ons kan óf ons vertroue plaas in ons eie pogings en prestasies, óf ons kan ons vertroue plaas in wat Jesus namens ons gedoen het. Jare gelede het n vriend vir my gesê: Ja, jy moet glo, maar jy moet jou kant ook bring. Hy was

Arnold Mol 19 verkeerd. Ons kan nie ons kant ook bring nie. Dit is óf die een óf die ander. Jare gelede het n evangelis n groot tent op n plattelandse dorpie opgeslaan. Elke aand het hy die aanspraak wat Jesus Christus op ons lewens maak aan die gehoor voorgehou, en by hulle gepleit om hulle geloof in Hom te stel. Gedurende die laaste byeenkoms het n man agter by die tent ingeglip, en toe die evangelis mense uitnooi om na Jesus te kom, het hierdie man n sterk behoefte ervaar om dit te doen maar hy het die drang weerstaan en huis toe gegaan. Daardie nag kon hy nie slaap nie namate die Heilige Gees hom oortuig het van sy sonde en sy behoefte aan n Verlosser. Die volgende oggend gaan hy toe terug na die tent, en kry die evangelis besig saam met sy helpers om die tent af te breek. Hy vra hom toe wat hy moet doen om gered te word. Die evangelis het hom gesê hy is te laat. Bedoel jy daar is geen hoop meer vir my omdat ek gisteraand nie na vore gekom het nie? Nee, sê die evangelis, jy is twee duisend jaar te laat. Dit is reeds alles gedoen. Toe Jesus aan die Kruis uitgeroep het: Dit is volbring!, het Hy verwys na die feit dat alles wat nodig was om ons saligheid te bewerkstellig gedoen is. Dit is moeilik vir ons om te verstaan. Dit lyk als so maklik. Dit is so by ons ingeburger dat ons iets moet doen. In Johannes 6:28-29, byvoorbeeld, is Jesus gevra: Wat moet ons doen om te doen wat God van ons verlang? Jesus het geantwoord: Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het. Dit is waarom die Christelike geloof nie vergelyk kan word met enige ander godsdiens nie, want alle ander godsdienste vertel ons dat saligheid (in watter vorm ook al) afhang van wat ons doen; dat dit afhang van hoe goed ons is. Die Bybel vertel ons dat ons saligheid afhang van wat God gedoen het, met ander woorde, van hoe goed God is. n Paar jaar gelede het ek aan n vriend verduidelik dat God

20 DIE STREWE NA ZERO-DEFEK se standaard absolute volmaaktheid behels, met ander woorde, 100%. Met n klank van wanhoop antwoord hy toe: Wat help dit dan om te probeer? Niemand kan aan daardie standaard voldoen nie. Hy het n diep geestelike waarheid uitgespreek. Die Here wil nie hê ons moet probeer nie. Hy wil hê ons moet alleen op Hom vertrou. DIE REGOP PEN Toe ek n eerstejaarstudent was, was my ouers wanhopig oor wat van my sou word. Hoewel ek in n Christelike huis grootgeword het, was ek n aartsrebel. n Regte moeilikheidmaker. Op een stadium is ek verbied om die kerk se jeugbyeenkomste by te woon omdat ek so dikwels n moles veroorsaak het. Ek wou egter n jeugkamp bywoon (hoofsaaklik vanweë al die meisies wat daar sou wees), en ek is toegelaat op voorwaarde dat ek in dieselfde tent as die kampleier slaap sodat hy n ogie oor my kon hou. Bywoning van die dienste was verpligtend, so ek moes na die preke sit en luister. Die kampspreker was Clem Goetsch. Hy het ons sy lewensverhaal vertel. Hy was ook n rebel in sy jeug wat my laat regop sit en luister het. Hy het ons vertel dat terwyl hy n krygsgevangene in Duitsland was, hy aangesê is om n uiters gevaarlike taak te verrig. n Christenvriend, Jock Davies, dring egter aan dat hulle plekke omruil. Ek is gereed om te sterf, en jy is nie het hy aangevoer. Jock Davies het omgekom in die uitvoering van die taak en as gevolg daarvan het Clem sy sondes bely en sy lewe aan Jesus Christus toegewy. Terwyl ek na sy verhaal luister, het ek besef ek is besig om n gemors van my lewe te maak. Toe hy n uitnodiging rig om met hom te gesels, het ek na sy tent gegaan. Ek het aan hom ver duidelik dat ek die Evangelie verstaan, naamlik dat Jesus vir my sondes betaal het. Ek het hom egter meegedeel dat ek nie n Christen lewe kon lei nie, en dat ek al hoeveel keer probeer het. Hy het n pen opgetel en dit regop gehou. Kan hierdie pen regop staan?

Arnold Mol 21 het hy my gevra. Nee! het ek geantwoord. Maar dit staan dan nou regop, sê hy. Dit is omdat jy dit vashou, antwoord ek. Skielik was dit asof daar skille van my oë afgeval het. Daar in die kampspreker se tent het ek op my knieë geval, my sondes bely, en toe vir die Here gesê as Hy my vashou, sal ek staande bly, maar as Hy my laat gaan, sal ek val. Dit was 20 April 1962 en Hy het my sedert daardie dag staande gehou. WATTER SOORT GELOOF WORD VEREIS? Ek het al talle mense ontmoet wat vir my sê dat hulle glo, maar wat hulle daarmee bedoel, is n soort verstandelike instemming tot die waarheid. Dit is nie die soort geloof wat ons in die Bybel vind nie. Jakobus sê, byvoorbeeld, dat die duiwels ook glo en hulle sidder. Om n Christen te wees verg baie meer as om maar net intellektueel te aanvaar dat die Bybel waar is. Dit verg n totale oorgawe aan Jesus Christus wat elke faset van ons lewens raak. Die geloof wat tot saligheid lei, behels dat ons ons totale vertroue stel in wat Jesus vir ons gedoen het toe Hy vir ons sondes aan die Kruis gesterf het. Kom ek probeer dit illustreer. Vir my 60ste verjaarsdag het my kinders n fooi betaal sodat ek met n valskerm uit n vliegtuig kon spring iets wat ek nog nooit vantevore gedoen het nie. Dit was n tandemsprong, wat beteken het dat ek aan n ervare valskermspringer vasgekoppel sou wees. Wat n vreeswekkende ervaring! Terwyl ons nog op die grond was, het die valskermspringer n harnas aan my gesit, met rieme om my bene en skouers. Ek kon nie vooraf vasstel of die harnas in n goeie toestand was of nie. In die vliegtuig self, terwyl ons hoër en hoër klim, het ons op die vloer gesit. Ek moes agteruit teen hom aanskuif sodat hy my harnas aan syne kon vasmaak. Weer eens kon ek nie vasstel of hy my deeglik vasge kop-

22 DIE STREWE NA ZERO-DEFEK pel het of nie. Ek kon ook nie uittoets of die koppelings sterk genoeg was om my gewig te dra nie. Toe ons die hoogte van 10 000 voet bereik het, is die vliegtuig se deur oopgemaak en ek is gesê om te spring. Dit was waarlik n sprong van geloof. Die valskerm was op sy rug, nie myne nie. Wat as hy my nie deeglik vasgemaak het nie? Wat as hy selfmoordneigings gehad het en hy wou my saamneem? Kon ek hom vertrou? Ek het, en dit was n asemrowende ervaring. Geloof in Jesus Christus is iets soortgelyks. Daardie aand in die kampspreker se tent het ek n sprong van geloof geneem deur my volle vertroue te plaas in wat Hy vir my gedoen het. Ek kan nie bewys (in die wetenskaplike sin van die woord) dat my sondes vergewe is nie, maar ek het nogtans n sterk bewys dat wat Jesus vir my aan die Kruis gedoen het voldoende is vir my ewige lewe. Daardie bewys is die opstanding uit die dode. Hy het die dood oorwin, en Hy het belowe dat almal wat aan Hom gekoppel is saam met Hom vir ewig sal lewe. Romeine 8:11 sê byvoorbeeld: Omdat die Gees van Hom deur wie Jesus uit die dood opgewek is, in julle woon, sal Hy... ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. Wat as ek besluit het om nie die valskermspringer te vertrou nie? Wat as ek vir hom gesê het dat ek my eie laken saamgebring het, en dat ek dit aan die vier hoeke sal vashou en uitspring; dat ek ongemaklik voel om so styf aan hom vasgemaak te wees, en dat ek liewer op my eie vernuf wil staatmaak? Sou dit nie absolute gekkigheid gewees het nie? Hy het die ervaring van talle suksesvolle spronge gehad. Tog is daar derduisende mense wat weier om hulself te koppel aan Iemand wat nie alleen die dood ervaar het nie, maar dit ook oorwin het. Hulle sal liewer op hul eie vernuf vertrou. (Terloops, ons moet almal uit die vliegtuig spring wanneer ons te sterwe kom.)

DIE GELOWIGE SE POSISIE Arnold Mol 23 Wat word van ons posisie wanneer ons daardie sprong van geloof neem? Dit spring in een oomblik van 0% na 100%. Hebreërs 10:10 (NLV) sê byvoorbeeld: ons is geheilig deur Jesus se liggaam wat eens en vir altyd vir ons geoffer is. Dit is n verstommende waar heid. Geen wonder nie dat die woord evangelie in die Grieks goeie nuus beteken. Kan jy aan enige beter nuus dink as die feit dat ons in God se oë heilig is? Romeine 8:3-4 sê byvoorbeeld dat God sy Seun as n offer vir ons sondes gestuur het, en maak dan hierdie verbasende stelling: Nou kan ons aan die eise van die Wet voldoen. Let wel, ons kan nou aan God se hoë eise vol doen. Wanneer God dus na iemand kyk wat daardie sprong van ge loof geneem het, sien Hy nie n sondige mens nie. Hy sien n vol maak te Jesus Christus, en ons is in Christus. Sover dit God betref, het ons aan sy volmaakte standaard voldoen. Wat n heer like waar heid! Zero-defek in God se oë. Die Bybel noem dit vryspreking. Ons is nou onskuldig in sy oë. Ons diagram lyk nou soos volg: 100% God se standaard Die gelowige se posisie in Christus n Skaal van mooi lewe Die gemiddelde mens se lewenswandel Vryspreking 0% Die natuurlike mens se posisie in God se oë

24 DIE STREWE NA ZERO-DEFEK VRYGESPREEK DEUR GENADE OF DEUR GELOOF? Word ons onskuldig verklaar vanweë ons geloof of vanweë sy genade? Kom ek neem jou na die woestyn waar n man besig is om van dors te sterf. Met sy laaste bietjie krag kruip hy oor n duin en daar sien hy n pragtige oase met helder water. Hy kruip soontoe en drink die water. Sy lewe is gered. Wat het hom gered? Die water of die drink? Dit kan nie al twee wees nie. Sy lewe is nie deur die drink gered nie. As daardie water giftig was, sou dit slegs sy dood bespoedig het. Die lewenskrag was in die water, nie in die drink nie. In hierdie gelykenis is die drink soos geloof; die water verteenwoordig God se genade, dit wil sê, sy offerande namens ons. Ons word nie deur geloof vrygespreek nie; ons word deur genade vrygespreek. As ons deur geloof vrygespreek word, sou ons kon beweer (soos sommige mense wel doen) dat dit nie saak maak wat jy glo nie, solank jy glo. Dan kan ons net sowel sê dit maak nie saak wat jy drink nie, solank jy drink. Dit maak baie saak wat jy drink; en dit maak baie saak in wie jy glo. Nou kan jy met my argumenteer en sê dat as die sterwende man nie gedrink het nie, die lewenskrag van die water van nul en gener waarde sou wees. Dis reg! En as n persoon nie n sprong van geloof neem nie is die lewenskrag van Jesus se dood ook van nul en gener waarde. Ons moet daardie sprong van geloof neem. Dit word miskien die beste in Efesiërs 2:8 opgesom: Julle is inderdaad uit genade gered, deur geloof. Dit is die genade van God wat ons red, maar ons moet geloof beoefen om dit ons eie te maak. Kom ons gaan terug na ons gelykenis. Maak dit saak as die persoon stadig of vinnig drink? Nee! Om die waarheid te sê mag dit beter wees om stadig te drink omdat hy in so n ontwaterde

Arnold Mol 25 toestand is. Die gehalte van die drink is nie belangrik nie solank hy die water inkry. Net so is die gehalte van ons geloof nie die deurslaggewende faktor nie. In Markus 9, byvoorbeeld, lees ons van n vader wat Jesus gevra het om sy duiwel-besete seun te genees. Jesus het die vader gevra of hy geglo het dat Hy sy seun kon genees. Die vader het geantwoord: Ek glo. Help my waar ek nog ongelowig is. Hy het erken dat sy geloof maar swak was. Tog het Jesus die seun genees, want die genesende krag het nie in die vader se geloof gelê nie; die genesende krag het in Jesus gelê. Is dit nie goeie nuus nie? As ons sê dat ons gered (vrygespreek) word op grond van ons geloof, dan word geloof net n ander vorm van prestasie met die implikasie dat ons God se genade verdien omdat ons die regte soort geloof beoefen het. Dit sou God se genade tot niet maak en die ewige lewe sou nie meer n gawe wees soos Romeine 6:23 sê dit is nie. Hoe neem n mens hierdie sprong van geloof? Deur op jou knieë te gaan en teenoor die Here te bely dat jy n sondaar is wat nooit goed genoeg sal wees om die ewige lewe te verkry nie; deur Hom te vertel dat jy die betaling wat Hy namens jou ge maak het met groot dankbaarheid aanvaar; en deur Hom te vra om deur sy Gees in jou te kom woon en jou in staat te stel om Hom gehoorsaam te wees in alles wat jy doen. Jy kan hierdie sprong vandag neem. Moenie dit uitstel nie. As jy weet dat jy hierdie sprong van geloof reeds geneem het, maar nie bewus is van n spesifieke datum nie, kan jy weer opnuut jou geloof in die Here Jesus bevestig en vandag jou geestelike verjaarsdag maak. DIE GELOWIGE SE LEWENSWANDEL Die vraag wat ons nou moet aanspreek, is: Wat word van die lewenswandellyn nadat ons die sprong van geloof geneem het? Gaan dit opwaarts, afwaarts, of bly dit op dieselfde vlak?

26 DIE STREWE NA ZERO-DEFEK Dit kan nie afwaarts gaan nie. God se vergifnis word slegs gegee aan dié wat hul bekeer van hul sondes. Dit beteken dat ons nie kan voortgaan met ons sondige lewe nie. Wanneer ons wegdraai van ons sondes, ons geloof in Jesus Christus plaas, en onsself verbind om Hom te volg, kan ons nie afwaarts beweeg op die skaal van mooi lewe nie. Met ander woorde, ons kan nie n slegter lewe begin lei nie. Ons kan nie eers op dieselfde vlak voortgaan nie. Ons lees in 2 Korintiërs 5:17: Iemand wat aan Christus behoort, is n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit is waarom die Bybel dit wedergeboorte noem. Dit is n totaal nuwe begin en 1 Johannes 5:18 sê dat enigeen wat uit God gebore is, kan nie voortgaan om moedswillig te sondig nie. As dit wel die geval is, kan ons ernstig bevraagteken of so n persoon werklik wedergebore is. Let wel dat bekering van sondes nie n voorvereiste vir ons saligheid is nie. Ons hoef nie eers ons lewens reg te ruk voordat die Here ons sal vergewe nie. Nee! Dit sou beteken dat ons sy genade moet verdien. Bekering van sondes is egter altyd die natuurlike gevolg van geloof in Jesus Christus. As ons eers sy vergifnis ervaar het, sal ons nie wil voortgaan in sonde nie. Ons Lewenswandellyn moet dus opwaarts strek. Nou is die vraag: skuins op of reguit op? As dit regop geskiet het, sou dit beteken dat die oomblik wat ons ons geloof in Jesus stel, ons ook in die praktyk volmaak sou wees en dit is beslis nie die geval nie. n Persoon met n slegte humeur wat daardie geloofsprong neem, is nou n Christen met n slegte humeur. Hy het egter in homself die hulpbron om daardie humeur (en elke ander sonde) te oorwin. Dit is n groeiproses wat die Bybel heiligmaking noem.

Arnold Mol 27 Ons kan dit nou soos volg illustreer: 100% God se standaard Die gelowige se posisie in Christus n Skaal van mooi lewe Die gemiddelde mens se lewenswandel Vryspreking Heiligmaking 0% Die natuurlike mens se posisie in God se oë Daardie woord heiligmaking is genoeg om enige mens af te skrik, maar dit verwys eenvoudig na die proses van geestelike groei; dit wil sê, om meer soos Jesus te word in die wyse waarop ons dink en optree. Laat my toe om my definisie te gee: Heiligmaking is die proses om te word wat ons reeds is. Dit klink soos n teenstrydigheid. Hoe kan n mens word wat jy reeds is? Laat my dit illustreer met n voorbeeld uit die Britse vorstehuis. As koningin Elizabeth en prins Charles in 1992 in n tragiese ongeluk gesterf het, wie sou koning van Brittanje geword het? Prins William, die seun van prins Charles. Op daardie stadium sou William slegs 10 jaar oud gewees het, tog sou hulle in die Westminsterabdy n kroon op sy kop geplaas het, en wanneer die volkslied gesing word, God save the King, sou die Britse volk aan William gedink het. Hy sou egter nie as koning gefunksioneer het nie. n Regent sou in sy plek aangewys word, totdat hy die ouderdom van 21 bereik het. Vir

28 DIE STREWE NA ZERO-DEFEK die volgende 11 jaar sou William deur die proses gegaan het om te word in praktyk wat hy reeds in posisie was. Dit is presies wat in die Christelike lewe gebeur. Ons gaan deur die proses om in die praktyk te word wat ons reeds in posisie is. In Hebreërs 10:14 (OV) lees ons byvoorbeeld: deur een offer het Hy vir altyd volmaak, dié wat geheilig word. Let wel dat elke ge lowige alreeds volmaak is, maar terselfdertyd nog geheilig word. Tog staan daar vier verse terug (Hebreërs 10:10) dat ons reeds geheilig is. Is dit n weerspreking? Nee. Die een vers verwys na ons posisie, die ander een verwys na ons lewenswandel. In dieselfde trant sê Paulus vir die gelowiges in Efesiërs 2:5: Uit genade is julle gered! maar in 1 Korintiërs 1:18 verwys hy na ons wat gered word. Is ons gered of word ons gered? Die antwoord is Ja. In posisie is ons reeds gered; in die praktyk word ons ge red. Let asseblief daarop dat die lyn vir heiligmaking nie n reguit lyn is nie. Dit het ook sy ops en sy afs. Maar die algemene rig ting is altyd opwaarts. As dit nie so is nie, kan ons ernstig bevraag teken of die Gees van God in so n persoon woon. DIE GELOWIGE SE VOORUITSIG Sal die Lewenswandellyn en die Posisielyn ooit bymekaar uit kom? n Goeie Suid-Afrikaanse antwoord is Ja-Nee. Nee, ons sal nie vol maaktheid hier op aarde behaal nie (alhoewel ons werk lik god delike lewens kan lei wat ons baie na aan die 100% kan bring). Aan die einde van sy lewe het die apostel Paulus, byvoorbeeld, vir die Filippense gesê dat hy nog nie volmaaktheid be reik het nie dat hy nog daarna strewe. Maar ja, die oomblik wat ons te sterwe kom (of die oomblik wat Jesus terugkeer om ons te kom haal), sal ons ook in ons lewenswandel volmaak

Arnold Mol 29 wees. In 1 Johan nes 3:2 lees ons dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Die Bybel noem hierdie stap verheerliking en ons kan dit soos volg uitbeeld: 100% God se standaard Die gelowige se posisie in Christus Vir ewig soos Jesus n Skaal van mooi lewe Die gemiddelde mens se lewenswandel Vryspreking Heiligmaking Verheerliking 0% Die natuurlike mens se posisie in God se oë Dit is elke gelowige se vooruitsig. Eendag sal ons so volmaak en so heilig soos Jesus wees. Ons sal nooit weer versoeking, uitputting, stres, gebroke verhoudinge, of enige ander probleem ervaar nie. Waarom sal ons die dood vrees as dit ons te wagte staan? DIT IS ONS POSISIE WAT SAAK MAAK Is ons sondaars omdat ons sondes pleeg, of pleeg ons sondes omdat ons sondaars is? Dit is n uiters belangrike vraag as ons wil verstaan op watter grondslag God ons sal beoordeel. Ons pleeg sonde omdat ons sondaars is. n Klein ou babatjie is n son daar, alhoewel hy nog niks verkeerds gedoen het nie. Sodra hy egter oud genoeg is, sal hy verkeerde dinge begin doen, want dit is in sy geaardheid. Vra maar vir enige ouer. Hulle hoef nooit vir hulle kinders te leer om ongehoorsaam te wees nie. Dit kom vanself.

30 DIE STREWE NA ZERO-DEFEK Hulle gedrag is maar net n weerspieëling van wat hulle is, dit wil sê, hulle posisie. Op dieselfde wyse aanvaar die Here nie gelowiges omdat hulle goeie lewens lei nie hulle lei goeie lewens omdat God hulle alreeds aanvaar het. Hulle gedrag is maar net n weerspieëling van wat hulle is, dit wil sê, hulle posisie. Kom ons neem twee mense, A en B: 100% n Skaal van mooi lewe God se standaard Die gemiddelde mens se lewenswandel A Vryspreking Die gelowige se posisie in Christus Heiligmaking B Verheerliking Vir ewig soos Jesus 0% Die natuurlike mens se posisie in God se oë A lei n werklik goeie lewe (ongeveer 85% op die skaal van mooi lewe). Hy is die soort mens wie se voorbeeld jy graag sou wou hê jou kinders moet navolg. Beslis n kandidaat vir burgemeester of hoofouderling. Maar hy maak staat op sy eie meriete vir sy saligheid. Miskien maak hy staat op die feit dat hy altyd opreg gelewe het. Miskien maak hy staat op die feit dat hy altyd omge gee het vir mense in nood, en mildelik tot welsynsorganisasies bygedra het. Miskien maak hy staat op die feit dat hy altyd baie godsdienstig was. Wat dit ook al is, hy maak staat op sy eie goedheid, dit wil sê, sy eie prestasies. B, aan die ander kant, het n slegte lewe gelei (ongeveer 5% op

Arnold Mol 31 die skaal van mooi lewe). Hy was waarskynlik n misdadiger vir die grootste deel van sy lewe. Maar in die tronk het hy sy geloof in Jesus Christus gestel, en hy het begin groei. Maar daar is nog baie dinge in sy lewe wat die Here moet verander. Ek het eenkeer n brief van n gevangene ontvang waarin hy my vertel dat die Here besig is om hom in die tronk te paneelklop. Dit was n uiters toepaslike beskrywing van die proses van geestelike groei. Die Here moet baie duike in ons lewens uitklop. As ons na die twee lewens kyk wat in ons diagram uitgebeeld word, wie lei die beter lewe? A of B? Die antwoord is A. Sy lewenswandel is aansienlik hoër op die skaal van mooi lewe as dié van B. Tog, wanneer God na A kyk, sien Hy hom op 0% en wanneer Hy na B kyk, sien Hy hom op 100%, want die besluit waar ek en jy die ewigheid sal deurbring, hang nie af van ons lewenswandel nie dit hang af van ons posisie. In 1 Johannes 5:12 lees ons: Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie. Wat dus saak maak, is ons posisie, nie ons lewenswandel nie. Paulus het dieselfde begrip in Romeine 5 verduidelik toe hy gesê het dat ons óf in Adam is, óf in Christus. Weer eens is dit ons posisie wat tel, nie ons lewenswandel nie. WAAROM MOET ONS DAN HEILIG LEWE? As ons aanvaarding by God en ons ewige saligheid van ons posisie afhang, en nie van ons praktyk nie, waarom word gelowiges dan in die Skrif aangesê om goddelik te lewe? Daar is verskeie redes. Een is dat God verheerlik word wanneer sy kinders in ge hoor saamheid aan Hom wandel. (Elke ouer verstaan dit.) Nog n rede is dat ons die voordeel daaruit trek. God se opdragte is altyd bedoel om ons teen skade te beskerm (veral emosionele en gees telike skade), en wanneer ons in gehoorsaamheid aan sy Woord optree, ervaar ons die lewe in sy volheid soos Hy dit be-

32 DIE STREWE NA ZERO-DEFEK doel het. My ervaring as berader is dat baie van ons probleme een vou dig die gevolg is van ons verontagsaming van God se Woord en gevolglik die neem van verkeerde besluite. Die derde rede om n goddelike lewe te lei is dat dit die natuurlike ding is om dit te doen. Ek wonder wat koningin Elizabeth aan haar kinders gesê het toe hulle nog klein was en een of ander openbare funksie moes bywoon. Alle ouers sê dinge soos gedra julleself, maar sy het moontlik iets gesê soos: Kinders, onthou wie julle is! Daardeur het sy hulle herinner dat aangesien hulle koningskinders was, hulle ook soos koningskinders moet optree. Miskien is die krisis in die Britse vorstehuis dat die kinders hulle nie soos koningskinders gedra nie. Dit is miskien ook die krisis in God se familie, naamlik dat sy kinders hulle nie soos koningskinders gedra nie; met ander woorde, hulle tree nie op in ooreenstemming met hulle posisie nie. DIE PLAN VAN HIERDIE BOEK In die volgende twee hoofstukke van hierdie afdeling gaan ons kyk na wat die Bybel ons leer van vryspreking en die posisie van die gelowige. In Afdeling II gaan ons kyk na wat die Bybel te sê het oor heiligmaking en die proses van geestelike groei. In Afdeling III kyk ons na die verheerliking van die gelowige en wat dit alles behels.