Ons Hebreeuse Wortels

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Les 6 vir 10 November 2018

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Van Vervolger tot Prediker

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

n Prins word die Skaapwagter

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

Doen Eers n Kosteberekening

Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

Nuwe Lied Bediening. Parashah 31: Emor Spreek, Praat, Sê.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Wat Word Bedoel met die Werke van die Wet?

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Midrash (Torah Bespreking)

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Parashah 27: Tazria (תזריע) Swanger word

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 13 (DEEL 2): OP WATTER DAG IS YESHUA GEKRUISIG?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Parashah 44: D varim (דברים) Woorde

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Parashah 51: Nitzavim (נצבים) Wanneer Jy Staan. Deut. 29:14 en 15 Ook Die Wat Nie Vandag Hier Staan Nie.

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

1. Aanbiddingswette Wie en hoe aanbid word - Dit kan tog nooit verander nie. Hierby is ingesluit, wette wat spesifiek teen 'n heidense gebruik se insl

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Haftorah: Jer. 7:21 tot 8:3 en Jer. 9:22 en 23 Offer met n Besnyde Hart

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Parashah 12: Vayechi (ויחי) En Hy Het Geleef.

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Nuwe Lied Bediening. Parashah 5: Chayei Sarah Die Lewenjare van Sarah

Die betekenis van die kruis (1)

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

A KARANGA PERSPECTIVE ON FERTILITY AND BARRENNESS AS BLESSING AND CURSE IN 1 SAMUEL 1:1-2:10

Laat die Woord Getuig

Nuwe Lied Bediening. Parashah 10: Miketz Aan die Einde

Nuwe Lied Bediening. Parashah 13: Sh mot Name

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

Parashah 17: Yitro (יתרו) (Jetro)

Nederlandse Geloofsbelydenis

REGVERDIGMAKING EN DIE GEVOLGE DAARVAN

Transcription:

1 Ons Hebreeuse Wortels Alvorens ons die volle omvang en betekenis van ons vertroue in Yeshua, dié Gesalfde Een (Jesus, die Messias), werklik kan verstaan, moet ons toegerus wees met kennis van, asook insig in ons Hebreeuse wortels. Elkeen wat bely dat Yeshua dié Gesalfde van God tot vergifnis en versoening is, het n Hebreeuse verbintenis, want die oorsprong van ons vertroue is te vinde in die ou verbond. Talle gelowiges het nog nooit hierdie waarheid gehoor nie, want dit word selde vanaf kansels verkondig. Bepeins egter die volgende: Ons dien n God wat gekies het om Homself eerstens aan die Hebreërs (Israel, Jode) te openbaar. Hy is die God van Abraham, Isak en Jakob wat ook ons geestelike voorvaders is. Die Skrifte (Bybel) het n Hebreeuse karakter. Dit geld vir beide die ou- en die nuwe verbond. Ja, dit geld ook vir die nuwe verbond waarvoor daar voldoende bewys is dat dit oorspronklik in die spreektaal van daardie tyd, naamlik Aramees, geskryf was en nie in Grieks nie. Die Skrifte was deur Hebreërs vir Hebreërs geskryf. Die Hebreeuse denke, kultuur en lewensbeskouing is dus in die bladsye van die Skrifte verweef en verskil in vele opsigte van ons eie Hellinisties (Grieks, Westerse) georiënteerde denke en lewensbeskouing. Die Hebreeuse en Aramese taal is uniek en deurstek van geheimenisse wat ontdek moet word. Baie van hierdie geheimenisse is vir die Westerse denke vreemd en het verlore gegaan met die vertaling en verklaring van die Skrifte. Yeshua, dié Gesalfde Een is n Hebreër ( n Jood) uit die stam van Juda en so ook was Sy eerste dissipels Hebreërs (Jode). Die eerste gemeente (Grieks:ekklesia) van Handelinge het oorwegend n Hebreeuse karakter en kultuur gehad, want hulle het aanvanklik meestal uit Jode bestaan. Volgens Romeine 11 is ons as nie-jode (onbesnedenes, vreemdelinge) die wilde olyftak wat op die mak olyfboom ingeënt is. Ons is deel van die stamboom wat deur die vettigheid van die wortel gevoed word. Die wortel van hierdie mak olyfboom is יהוה 1 en die stam is Yeshua, die Lewende Woord. Die takke (Israel, Jode) wat van die begin af uit die stam voortgespruit het, het n Hebreeuse kultuur en denke. Sommige van hierdie takke is egter weens verwerping van Yeshua as dié Gesalfde van God, afgebreek en ons is 1 God en HERE is n titel (soos professor, dominee, dokter) en dus nie die Naam van God nie! Ons Skepper-God se Naam in Hebreeus is יהוה (YHVH) wat getranlitereer word as Yahuah. Dit is die enigste lewende God se persoonlike Naam. Daarom gebruik ons יהוה in ons artikels.

2 in die plek daarvan ingeplant. Die boom het nie verander nie, maar het slegs enkele nuwe takke bygekry. Dit is nie ons wat die wortel dra nie, maar wel die wortel wat ons dra. Ons het dus geen rede tot roem nie. Die poorte van die nuwe Jerusalem is vernoem na die twaalf stamme van Israel (Open. 12:12). Daar is nie n aparte poort met die naam van die nuwe testamentiese kerk daarop nie!! Die gemeente van Handelinge het nie as Christene bekend gestaan nie, maar as mense van Die Weg en as Nasareners 2. Tot en met minstens die vierde eeu was die terme Christen en Nasarener glad nie sinoniem nie. Die Katolieke Christenkerkvader, Epiphanius, het die Nasareners as ketters beskou omrede hulle nog Torahgehoorsaam 3 was (Norman B Willis Wat Was Die Oorspronklke Geloof?). Die geskiedenis bevestig dat dit altyd die vreemdelinge (onbesnedenes, heidene) was wat by Israel aangesluit het en nie andersom nie. Van die begin af was dit die vreemdeling (heiden) wat aan die vereistes moes voldoen om die God van Israel te dien. Enige gelowige in Yeshua wat dus sy Hebreeuse verbintenis ontken, en geen moeite doen om dit te ontdek nie, gaan n onvolledige begrip van die wil en doel van יהוה vir die mens hê. So n persoon sal groot dele van die Skrifte nie verstaan nie en gevolglik nooit die Vaderhart werklik ken nie. Dit veroorsaak dat Skrifgedeeltes dikwels in isolasie en nie in totale konteks verklaar word nie en is dikwels die rede vir misleiding! Ten spyte van bogenoemde waarsku die meeste Christenleiers gelowiges teen die wêreldwye beweging wat terugkeer na hulle Hebreeuse wortels. Hierdie Christenleiers se siening is dat hierdie beweging (ontwaking), wat algemeen as die Messiaanse Beweging (Ontwaking) bekend staan, gelowiges weer onder die wet wil plaas. Volgens hulle siening het diegene wat deel is van hierdie beweging van die genade verval. Dit is dan ook hierdie kerkleiers se siening dat die gelowiges van hierdie Beweging probeer om deur uiterlike wetsnakoming tot word. se genade toe te voeg en sodoende beter Christene te יהוה Die feit is egter dat die gemeente (kerk) van Handelinge in alle opsigte Messiaans was. Ons kan tog nie ontken dat die eerste volgelinge van Yeshua, dié Gesalfde Een hoofsaaklik Jode was wat in Torah onderrig was nie!! Leer die Afgesonderde Skrifte ons dan nie dat ons saligheid uit die Jode is en dat die Skrifte aan hulle toevertrou is nie (Joh. 4:22 en Rom. 3:2)? Dink aan Paulus, n ortodokse Jood en Rabbi, wat n Damaskuspad ervaring gehad het en tot vertroue in Yeshua as dié Gesalfde van God gekom het. Paulus was dus n Messiaanse Rabbi. Hy het sy onderrig aan die voete van Gamaliël ontvang (Hand. 22:2). Glo ons regtig dat Paulus byvoorbeeld van sy tallit (gebedskleed / bokleed) met tzizit (klossies) aan die soom ontslae geraak het en n Christenmantel aangetrek het? Glo ons regtig dat hy na sy bekering die Torah as uitgedien beskou het en dat hy homself as vry van יהוה se onderrig en instruksies soos in die Tanakh (ou verbond) opgeteken is, beskou het? Het Paulus regtig oornag opgehou om Shabbat en die Feestye van יהוה te gedenk? Dit kan tog nie waar wees nie, want in sy brief aan Timotheus skryf hy: 2 Daarom beskou ons onsself nie as Christene nie, maar as volgelinge van Die Weg (Hand. 9:2; Hand.19:9 en 23; Hand. 24:14 en 22). Hierdie volgelinge van Yeshua is ook Nasaréners genoem (Hand. 24:5). 3 Torah beteken instruksies, maar in die wyer definisie is dit Vader se liefdevolle onderrig en wysheid. Die eerste vyf boeke van die Skrifte word YHVH se Torah genoem. Maar YHVH se Torah strek ook vanaf Gen. 1:1 tot Open. 22:21. Daarom is dit jammerlik dat Torah met die wet vertaal word!

3 14 Bly jy egter in daardie dinge wat jy geleer het en waarvan jy seker is omdat jy weet van wie jy geleer het 15 en omdat jy van kindsbeen af die afgesonderde Geskrifte geleer is wat jou wys kan maak tot die Lewe in die vertroue van Yeshua, Die Gesalfde Een. 2Tim. 3:14-15; PWL 4 Die Afgesonderde Skrifte waarna Paulus verwys is die Tanakh (ou verbond) en sluit dus die Torah (die wet), naamlik יהוה se onderrig en instruksies in. Dit was die enigste Skrifte wat op daardie stadium bestaan het. Hierdie Skrifte van die ou verbond was die openbaring tot saligheid deur vertroue in Yeshua, dié Gesalfde Een! Daarom skryf Paulus aan Timotheus om vas te hou aan dit wat hy geleer het en nie sy Hebreeuse wortels te vergeet nie!! Bogenoemde kry ook betekenis in die lig van Joh. 1:46. Filippos het vir Natan el gekry en vir hom gesê: Ons het Hom gevind van Wie Mosheh in die wet en van Wie ook die profete geskryf het. Hy is Yeshua, die seun van Yosef van Natzeret. Filippus en Natánael het geglo dat Yeshua die Seun van יהוה en die koning van Israel is (Joh. 1:50) op grond van wat in die wet (die Torah) en die profete geskrywe staan. Yeshua self het ook gesê: Maar as julle Moses geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskrywe (Joh. 5:46). Deur die wet, naamlik Torah, word Yeshua as dié Gesalfde Een openbaar gemaak. Glo ons regtig dat die Apostels tuis sal voel in die hedendaagse Christenkerk? Glo ons regtig dat Paulus en Petrus heiliges met n stralekrans geword het soos n groot gedeelte van die Kerk hulle wel voorstel? Het ons vergeet dat hulle Jode was wat in Torah onderrig was en volgens die Skrifte bevestiging gekry het dat Yeshua dié Gesalfde van God is? Is die gelowiges van Handelinge en gelowiges van die hedendaagse kerk nie twee teenstrydighede nie? Is die evangelie van Handelinge en die evangelie van die hedendaagse kerk (Christengeloof) werklik dieselfde evangelie? Dit is ook belangrik om die volgende te onthou: Abraham was die eerste Hebreër (Jood). Die Skrifte verklaar dat beide gelowige Jood en nie-jood die saad van Abraham is (Gal. 3:29). Op grond hiervan is gelowiges in Yeshua kinders van יהוה deur genade en kinders van Abraham deur vertroue. Hoe kan ons dan hoegenaamd twyfel dat die Christengeloof Hebreeuse wortels het, maar wat geminag word? Ons is dan die wilde olyftak wat op die mak olyfboom ingeënt is (Rom. 11:17) en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom. Ons wat vervreemd was van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die verbonde van die belofte het nou naby gekom deur die bloed van Yeshua wat ons albei een gemaak het Jood en nie-jood (Ef. 2:12 tot 16). Is die probleem van die hedendaagse kerk nie juis dat hulle nie vir Moses, naamlik die wet (Torah) glo nie? Om vry van die wet te wees is in wese n verklaring van ongeloof in dit wat Moses in die Torah geskryf het. Dit is nie Yeshua wat die kerk beskuldig nie, maar juis Moses, naamlik die Torah. 4 Alle teksverwysings is geneem uit PWL (Pad van Waarheid tot die Lewe) vertaling (www.padwlewe.ch), behalwe waar anders vermeld. Om n kopie van die Bybel te bekom kan Gerrie Coetzee per e-pos by gerrie@padwlewe.ch gekontak word of telefonies by 074 361 2134.

4 45 Dink julle dat Ek julle by die Vader aankla? Daar is een wat julle aankla, Mosheh op wie julle n versekerde verwagting het, 46 want ás julle Mosheh geglo het, sou julle My glo, want hy het van My geskryf. (Joh. 5:45-46). Ons weet dat Yeshua groter as Moses is, maar deur die Torah (die Wet) is die basis van vertroue in die Lewende Woord, naamlik Yeshua dié Gesalfde Een, gelê. Indien die Torah as uitgedien beskou word, sal die ware Yeshua van die nuwe verbond nie herken word nie. Dan word יהוה volgens menslike geregtigheid gedien en nie volgens die geregtigheid van God nie. Dit is wat Paulus in Rom. 10:1-3 van sy eie volksgenote sê en dit is ewe van toepassing op die Christendom! 1 My broers, die begeerte van my verstand, wil en emosie en my intrede voor God vir hulle, is vir hulle onthalwe dat hulle gered mag word, 2 want ek getuig van hulle dat hulle n ywer vir God in hulle het, maar nie in kennis nie 3 omdat hulle die onpartydige opregtheid van God nie ken nie, maar hulle eie onpartydige opregtheid probeer oprig; daarom het hulle die onpartydige opregtheid van God nie gehoorsaam nie. Die Christendom het, soos hedendaagse Rabbynse Judaïsme. hulle eie geregtigheid opgerig hulle ken God -יהוה se geregtigheid van vertroue en getrouheid nie. Vertroue in Yeshua wat deur Sy folterdood en opstanding die eenmalige offer van sondevergifnis was (Heb. 10:11-12). En getrouheid (gehoorsaamheid) aan יהוה se Torah soos dit in Yeshua vervolmaak is en wat gehoorsaamheid aan al tien gebooie vereis! Hoekom is dit vir die kerk, en Christene in die algemeen, so moeilik om te aanvaar dat daar deur die eeue sekere dwalinge en antisemietisme (Jode-haat) die kerk binnegedring het? Hoekom ignoreer die kerk die feite van die geskiedenis? Dit is tyd dat hierdie vrae deur elke gelowige gevra moet word! Die feit is dat יהוה besig is om Sy gemeente (kerk) te herstel tot soos wat dit verweef was in die Hebreeuse wortels van ons vertroue, en wat se oorsprong in die ou verbond te vind is. Hierdie ontwaking geskied nie slegs deur n vernuwing deur die Afgesonderde (Heilige) Gees nie, maar ook deur n terugkeer tot die onderrig en instruksies van יהוה soos Hy van die begin af aan Sy volk gegee het en soos dit in Yeshua vervolmaak is. Dit geskied deur n reiniging van die bruid met die waterbad deur die woord (Ef. 5:26). 2 Laat my lering drup soos die reën, my woord kondenseer soos die dou, soos die druppels op die jong gras en soos die stortreën op die kruie, 3 want ek verkondig die Naam (Karakter en Outoriteit) van ;יהוה reken grootheid toe aan ons God! 4 Die Rots (Yeshua)! Sy werke is volmaak, want al Sy metodes is regverdig; n Magtige God van vertrouenswaardigheid en sonder onreg; Regverdig en Opreg is Hy. Deut. 32:2-4. Die feit is dat die Griekse en Latynse denke n baie groot invloed gehad het op die vertaling van die Skrifte en die verklaring van sekere Skrifgedeeltes. Vertalings word dikwels met n teologiese bril gedoen! Daarom moet die ywerige student met groot versigtigheid die vertaling kies wat gebruik word! Die mees betroubare vertalings is die wat woordgetrou aan die oorspronklike Skrifte is. Dit is om hierdie rede wat Gerrie Coetzee se vertaling bekend as Die Pad van Waarheid tot die Lewe aanbeveel word!

5 Die antisemietisme van die eerste eeue na Yeshua het verder bygedra dat die kerk sy Hebreeuse wortels ontken het. So ook het die invloed van die Roomse Kerk bygedra dat sinkretisme die waarheid van die Evangelie vervals het. Dit, en die oorheersende Griekse denke in die eerste eeue na Yeshua, het tot gevolg gehad dat die oorspronklike Skrifte nie meer vanuit n Hebreeuse denke en agtergrond vertaal en verklaar word nie. Verskeie leerstellings en interpretasie van mense het ook die vertalings beïnvloed. Talle voorbeelde hiervan kan genoem word, maar dit is nie die bedoeling van hierdie skrywe om dit te bespreek nie. Die doel is om die volgende vraag te beantwoord: Hoe kan ons, ons Hebreeuse wortels van ons vertroue in Yeshua as dié Gesalfde herontdek, asook hoe om God -יהוה in Gees en in waarheid te dien (Joh. 4:23-24), herontdek? Die hart van ons Hebreeuse wortels Vertroue is om die leerstellings waarin ons onderrig is as die waarheid te aanvaar en dit dan prakties toe te pas. Ten einde eenstemmigheid te bereik oor wat die waarheid in die Skrifte is, moet daar eers teruggekeer word na die basis van ons vertroue wat in die ou verbond (ook bekend as die Tanakh) gesetel is. Ons vertrekpunt moet dieselfde wees en dit moet by die eerste vyf boeke van die Skrifte begin wat ook bekend is as die Torah (die wet) van Moses, want dit is die fondament waarop ons vertroue in Yeshua as dié Gesalfde Een gebou is. Ons lees in 1Kor. 3:11 die volgende: want niemand kan n ander fondament lê as wat daar gelê is nie - dit is Yeshua, dié Gesalfde Een. Paulus stel dit duidelik dat Yeshua die fondament is waarop ons geloof gebou word. Hierdie fondament is in die Torah gegiet, want Moses het dit in die eerste vyf boeke van die Skrifte vir ons duidelik uiteengesit soos wat Hy dit van יהוה self ontvang het (Joh. 1:46 en Joh. 5:46). Die apostels en die profete het op hierdie fondament voort gebou. 19 Julle is daarom nie meer vreemdelinge en besoekers nie, maar inwoners van die Stad van dié Afgesonderde Een en kinders van die familie van God. 20 Julle word opgebou op die fondasie van die afgevaardigdes en die profete, met Yeshua, Die Gesalfde Een, self die Hoeksteen van die gebou. 21 In Hom word die hele gebou aanmekaar gesit en dit groei tot n afgesonderde tempel יהוה in eenheid met 22 terwyl julle ook vir Hom gebou word tot n blyplek van God in die Gees. Ef. 2:19-22 Die hart van ons vertroue in, God -יהוה naamlik ons Hebreeuse wortels, vind ons dus in die Torah, naamlik יהוה se onderrig en instruksies. Dit is die fondament (basis) van ons vertroue יהוה in Yeshua en ook die hoeksteen van die gebou (elke individu en die gemeente) wat deur self gebou word. Dit is die Woord wat van die begin af, naamlik vanaf Genesis 1:1, daar was en wat יהוה self is (Joh. 1:1-2). Deur hierdie Woord het alle dinge ontstaan en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie (Joh. 1:3). Ons vertroue was ook vanaf die begin daar en het ook deur die Woord ontstaan en hierdie Woord het vlees geword en woon onder ons as die Lewende Torah (Joh. 1:14). Daarom is יהוה se Torah nie wette van moets en moenies nie, maar van onderrig en instruksies vir n lewe as geregverdigde. Deur vertroue in die versoeningswerk van Yeshua aan die folterpaal verander ons status in een oomblik van ongered tot gered. Deur יהוה se onderrig en instruksies word ons lewe as geregverdigde egter oor tyd getransformeer om gelykvormig aan Yeshua ons Meester te word. Dit is die vernuwing van die gemoed (Rom.

6 12:2) om vrug te dra wat by ons bekering pas. Daarom kan Torah ook beskou word as die wil en wysheid van n liefdevolle Vader wat Hy aan Sy kinders skenk. Yeshua is ons redding, maar Torah is ons leefwyse. Dit was van die begin af so en sal vir ewig so wees. n Torah-leefwyse het niks te doen met wettiesheid nie, of om deur onderhouding van die wet geregverdig te wil word nie, of om tot die genade van יהוה te wil toevoeg nie, of daarvan weg te wil neem nie. Nee, ons word alleenlik deur vertroue in Yeshua as dié Gesalfde van God gered, maar Torahgehoorsaamheid het alles te doen met n lewe as uitgeroepenes as n uitverkore geslag, n koninklike priesterdom en n afgesonderde (heilige) volk wat die deugde verkondig van Hom wat ons uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig (1Pet. 2:9). Ons wat voorheen geen volk was nie, maar nou deel van die volk van יהוה geword het en wat volgens Sy onderrig, instruksies, wil en wysheid leef. Die opdragte (Torah) van יהוה is reg, hulle verbly die verstand, wil en emosie; die bevele van יהוה is suiwer: dit verlig die oë. Ps. 19:8. Hoekom die Torah bestudeer word Die woord Torah se betekenis kan verskil afhangend van die konteks waarin dit gebruik word. Meestal word daar egter na die eerste vyf boeke van die Skrifte verwys wanneer daar van Torah gepraat word. Hierdie vyf boeke vorm die hart van ons Hebreeuse wortels, en is ook die hart van die opvoeding van n Joodse kind in die weë van.יהוה Die bestudering van Torah word reeds vir eeue getrou gedoen deur die wat glo in,יהוה die God van Abraham, Isak en Jakob. Elke week op Shabbat word n gedeelte uit die Torah, asook n gedeelte uit die profete (Nevi im) gelees en bespreek. Die verdeling (54 in totaal) is op so n wyse dat die Torah in sy totaliteit jaarliks gelees word. Talle Torahgehoorsame gelowiges volg ook hierdie gebruik van die weeklikse lees van die Torahskrifgedeeltes, maar met die verskil dat Skrifgedeeltes uit die nuwe verbond ook bygevoeg word. Die hoofdoel van die weeklikse Torahskriflesings is juis om Yeshua in die Torah te ontdek en in die proses ook blootstelling te kry aan ons Hebreeuse wortels van ons vertroue. Hierdie ontdekkingsreis geskied aan die hand van kommentaar en verduideliking van die weeklikse Torahskriflesings. Talle van Yeshua se leringe en gelykenisse word eers werklik duidelik indien ons beter insae in ons Hebreeuse verbintenis het, asook van die Hebreeuse denke en kultuur. Die bestudering van Torah help ons om die nuwe verbond beter te verstaan en bevat ook die onderrig en instruksies hoe om ons vertroue as gelowiges onder die nuwe verbond prakties uit te leef. Ons kan die versekering gee dat elkeen se geestelike lewe verryk sal word deur die weeklikse Torahskriflesings en gepaardgaande kommentare. Hierdie is geestelike diamante wat die Afgesonderde Gees sal slyp tot nuwe openbaringe en kennis van יהוה en Yeshua. Dit is werklik n geval van die ou verbond wat n heenwysing na die nuwe verbond is en van die nuwe verbond wat die ou verbond bevestig en openbaar. Dit is die ontdekking van ons Hebreeuse wortels. Indien jy wil inteken op Nuwe Lied Bediening om die weeklikse Torahstudie gereeld per e- pos te ontvang, kan jy ons kontak by: kontak@nuwelied.info. Onthou om jou naam en e- posadres by te voeg!! -o-o-o-o-o-o-o-

7 Ontvang יהוה se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shalom! Johan. Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.