Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Van Vervolger tot Prediker

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Les 6 vir 10 November 2018

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Addendum A Consent form

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Die betekenis van die kruis (1)

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

from the group who had gathered there.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Pretoria- 23 Junie 2012

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Waar is God as ons swaarkry?

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

INHOUDSOPGAWE AFDELING I WAT ONS IS AFDELING II WAT ONS KAN WORD

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

KERSDAGPREEK - PAARLBERG - 25 DESEMBER 2017 Mat 1:1-17 Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham: (2) Abraham

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Wat kan die kerk doen?

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Die Blye Boodskap. The Good News

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

Gereformeerde Kerk Bellville 31 Januarie 2016 Oggend

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

K O'REILLY

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Community of Practice

Transcription:

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop) Een ding wat nog altyd vir my interessant is, is mense se belangstelling in sg. celebrities. As hulle tog net naby iemand kan kom wat al op TV was of wat bekend is... In John Smith, die vorige Springbokrugbykaptein se outobiografie vertel hy hoe hy en sy vrou 1x na ʼn lang toer vir ʼn paar dae in die Drakensberge gaan vakansie hou het. Die 1e aand wat hulle in die restaurant gaan eet het, het ʼn man hom erken. Hy het sy vrou alleen by die tafel gelos, ʼn stoel nader getrek en die res van die aand by John en sy vrou gesit. John sê, hy het dit uitgestaan maar toe die man die volgende oggend dieselfde doen, het hy vir hom gesê, hulle is hier omdat hulle bymekaar en alleen wil wees... Hy moet maar liewer by sy vrou gaan sit en eet. Of jy ʼn rugbyspeler, akteur of sanger is hoe meer bekend jy is, hoe minder kan jy vry rondbeweeg. Baie van die mense wat oor hulle voete sal val om ʼn bekende te sien of aan hom/haar te vat, toon geen belangstelling toon om naby die God te kom nie... Mense vrek oor celebrities en sal enige iets doen om naby hulle te kom... maar doen geen moeite om naby God te kom nie... En dit laat my wonder hoeveel mense besef wie God is en besef watse voorreg dit is om in ʼn verhouding met hierdie God te wees? Miskien aanvaar ons alles maar net as te vanselfsprekend Die Here is daar dalk sal Hy my eendag genadig wees. Die kerk is daar. Dit sal môre nog daar wees en volgende Sondag ook. Ek het ʼn Bybel. As ek dit nie vandag lees nie, kan ek dit môre lees. Daar is baie lande waar Christene vervolg en doodgemaak word. Ek het onlangs iets gelees wat in die destydse Rusland gebeur het voor die val van kommunisme wat nogal vir my baie interessant was. T.w.v. die kinders wil ek net sê kommunisme is ʼn soort regeringstelsel. In kommunisme behoort alles aan die staat en niks aan die mense. Jy kry alles wat jy nodig het van die staat. Een van die belangrikste kenmerke van kommunisme is dat hulle anti- kerk en anti-geloof en anti God is. Gedurende die kommunistiese tydperk in Rusland is die Christendom totaal verbied. ʼn Man met die naam Sergey (Yancey) vertel dat Christene in die geheim elke aand 22:00 saamgekom het om te bid. Hy vertel van ʼn man uit Moldowa wat elke aand vir sy ateïstiese ouers gesê het, hy gaan na die buitenshuise badkamer en dan het hy oor die muur gespring om saam met sy bure te bid. Mense wat tot bekering gekom het is in gevriesde damme gedoop nadat hulle gate in die ys gekap het. Christelike boeke en Bybels is ingesmokkel en in die geheim versprei. Talle predikante is in die tronk gesit weens hulle werk.

Ek wonder of dit nie deel van ons probleem is nie. Daardie mense het 22:00 in die aand saamgekom om te bid. As hulle gevang is, kon hulle die doodstraf kry... Ons kan enige tyd van die dag, enige dag van die week bid maar hoeveel bid ons? Daardie mense moes in die geheim kerk hou ons kan Sondae openlik ons kinders kategese toe bring en dan sonder om vir enige iets bang te wees, kerk toe kom... maar hoe maklik laat ons dit na? Daardie mense moes in die grootste geheimhouding Bybels en ander geestelik boeke versprei en lees... ek kan op kerkplein gaan staan 24/7 die Bybel of enige ander geestelike boek lees, maar hoeveel lees ek Bybel? Ons kan in die openbaar ʼn baba doop ons hoef nie in groot geheimhouding ʼn gat in ʼn stuk ys te kap om iemand in daardie water te doop nie, maar is die doop vir ons kosbaar? Die vraag is, besef ons werklik wat Paulus bedoel in Fil. 1 as hy sê..., God het julle die voorreg gegee om Christus te dien... Ek gaan vanoggend ons verhouding met die Here vgl. met n sport soos rugby veral omdat die wêreld rugbybeker kampioenskap op die oomblik aan die gang is. 31 manne is gekies om SA te verteenwoordig... Saam met hulle is daar ʼn afrigter, hulpafrigters, spanbestuurders, mediese personeel, skakelbeamptes en wie weet wat nog. Daar is manne wat dit nie gemaak het nie - ʼn Jaco Kriel en ʼn Heinrich Brussow... uitstekende spelers wat nie gekies is nie... Daar kan ook spelers wees wat die afrigter oorweeg het, maar wat gesê het, ek wil nie... ek is nie lus nie... Sedert die span gekies is, het ek baie spelers hoor sê, dis ʼn groot voorreg om deel van hierdie span te wees dis ʼn groot voorreg om op die Springboktrui oor jou kop te trek... ons doen dit vir mekaar en ons doen dit vir ons land... Nou kom Paulus en hy sê vir Christene - God het julle die voorreg gegee om Christus te dien... God het jou gekies om deel van kom ons noem dit die Christenspan te wees. Daar is baie goeie mense wat nie deel is van hierdie span nie. Vir redes wat ons nie altyd verstaan nie, het God hulle nie gekies nie. Daar kan ook manne en vroue wees wat Hy wou kies, maar wat gesê het, ek wil nie... ek is nie lus nie... ek hou nie van die Afrigter nie. Die vraag is dus, wat maak ek en jy as ons daardie trui oor ons kop trek... Sê nou die Here sou vanoggend met groot fanfare soos toe hulle die Springbokspan aangekondig het, opnuut elkeen van ons wat hier is se naam uitlees en hier kom ons een vir een vorentoe gestap met ons trui ons Christentrui aan hoe sou ons voel sal ons besef dat dit ʼn voorreg is om deel van hierdie span te wees. Wat maak ek met die voorreg wat ek het om God te dien om deel van Sy span te wees? En kan span Ermelo gemeente die wêreldbeker wen? Het ons die regte spelers, is ons fiks genoeg, het ons die regte gameplan, speel ons as ʼn eenheid saam en natuurlik, is ons trots om die trui van Christenwees oor my kop te trek?

In rugby, soos in enige ander sport is die afrigter baie belangrik. As ons onsself span Ermelo noem of as ons sê ons is deel van die Christenspan, wie is ons Afrigter? Paulus laat geen twyfel oor wie die Afrigter van hierdie span is nie. Elke brief van hom en feitlik elke vers in elke brief, gaan oor die Afrigter. Paulus was nie deel van hierdie span nie. Die Afrigter het hom op die pad na Damaskus voorgekeer en van daardie oomblik af het Paulus sy hele lewe gegee vir hierdie span en vir die Afrigter. Hy begin sy brief aan span Filippi deur te sê, Van Paulus en Timoteus, dienaars van Christus Jesus... van Paulus en Timoteus... 2 spanlede van die Christenspan... 2 dienaars van die Afrigter Christus Jesus... Jesus is die Afrigter. Maar ons almal weet dat Jesus nie meer fisies op aarde teenwoordig is nie. Daarom gebruik Hy die HG as 2e Hoofafrigter. Jesus het voor Hy teruggegaan het hemel toe gesê, die HG gaan kom en Hy gaan in mense woon. Hy het gesê, die HG gaan vir ons alles wat Jesus gedoen het, laat glo... Die HG het dus gekom om Jesus se gameplan uit te voer. Jesus se gameplan was dat Hy na die aarde sou kom en vir die sonde van die mens sterf. Dan sal Hy, nadat Hy uit die dood opgestaan het, teruggaan hemel toe en dan sal die HG kom om in mense te woon. Hy sal die gameplan verder vat en dit is om mense te oortuig dat elkeen wat in Jesus glo, sal vir altyd by God in die hemel leef. Om hierdie plan hier op aarde uit te voer, maak die 2 Hoofafrigters, Jesus en die HG, gebruik van mense as deel van hulle Afrigtingspan gewone mense nie supermense nie maar mense wat hulleself ge-commit het aan die Afrigters. Terwyl Paulus hierdie brief vir span Filippi skryf, sit hy in die tronk. Hy sit in die tronk omdat hy vir mense van Jesus vertel het. Hy was so ge-commit aan Sy Afrigter dat hy bereid was om sy lewe vir Hom te gee In span Ermelo is daar ʼn hele klompie hulpafrigters Wat interessant is van die hulpafrigters, is dat hulle ook spelers is amper soos oom Victor wat vroeër die jaar by die Bulle hulpafrigter en speler was. In span Ermelo is hulpafrigters wat preek en leiding neem daar is ander wat sorg vir barmhartigheid en ander wat die pienkvoetrugby hanteer waar hulle vir die kinders sommer van baie klein af die reëls van die spel leer en vir hulle vertel wie die hoof Afrigter is. Ongelukkig moet eerlik wees ons sukkel nogal om hulpafrigters te kry Daar is nie genoeg mense wat bereid is om ouderlinge en diakens te wees of betrokke te wees by die kategese of by die susters of by die jeug nie. En dan is daar van die hulpafrigters wat nie altyd hulle kant bring nie Soms daag hulle nie by oefeninge op nie soms doen hulle nie wat van ʼn hulpafrigter verwag word nie. Kan dit wees dat hulle hulle nie volkome aan die Hoofafrigter ge-commit het nie? Dit bring ons by die span. Paulus het aan die begin van die Filippense brief gesê, Van Paulus en Timoteus, dienaars van Christus Jesus... van Paulus en Timoteus...

2 spanlede van Jesus se span... Ek hoop jy kan saam met my vanoggend sê, Van Piet en... en... jou naam, dienaars van Christus Jesus... spanlede van die Jesusspan deel van die Ermelospan. In hierdie span is daar oud en jonk jeug en ervaring soos die manne wat die Springbokspan kies, so graag sê. In hierdie span het ons mekaar nodig. Die jonges kan nie sê ons het die oues nie nodig nie en die oues kan nie sê, ons het die jonges nie nodig nie. As ons die beker wil wen, het span Ermelo elkeen nodig. Ons het nie net senters of stutte of heelagters nodig nie... Ons het almal nodig. En daarvoor het Jesus voorsien. Daar is mense wat die barmhartigheid kan doen en daar is mense wat met die kinders kan werk en daar is mense wat siekes kan besoek Ons sou tong in die kies kon sê dat ons span regstellende aksie in ag geneem het want daar is vrouens in ons span gender equality Ons het ook gestremdes in ons span Natuurlik moet ʼn mens voorberei vir die wedstryd. Ek het een aand gehoor hoe Schalk Brits vertel dat hy in sy hele lewe nog nooit so hard geoefen het soos nou nie. Paulus skryf vir span Filippi en vir ons, Hoofsaak is dat julle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus moet wees. Daar is ʼn gameplan. Die Afrigter verwag van ons om by die gameplan en die gameplan is dat ons lewens in ooreenstemming met die evangelie sal wees. Ons moet nie net sê ons glo nie. Ons moet nie net sê ons in die Christenspan of in span Ermelo nie ons moet dit leef. As span Ermelo die wêreldbeker wil wen, sal ons as ʼn eenheid moet saamspeel. Paulus skryf vir span Filippi en natuurlik ook vir ons en sê dat hulle in volkome eensgesindheid standvastig moet saamstry vir die geloof in die evangelie Daar is ʼn uitdrukking wat sê, een swaeltjie maak nie ʼn somer nie i.t.v. ons vb. vanoggend wil ek sê, 1 speler maak nie ʼn span nie, 1 lidmaat maak nie ʼn gemeente nie. Ons het mekaar nodig om saam te stry vir die geloof in die evangelie... Ons moet soos ʼn goeie skrum bind laag sak en dan met alles vorentoe beur... En dan moet ons besef ons skrum nie teen ʼn skrummasjien nie... Ons speel teen rêrige opponente. Petrus sê in 1 Pet 5:8..., die duiwel loop rond soos ʼn brullende leeu opsoek na iets om te verslind... Die duiwel en sy trawante probeer alles in hulle vermoë om terug te stoot in die skrum om ons so moedeloos te speel dat ons bang word en weghardloop... Dit laat my dink aan die All Blacks se HAKA. Dit moet nogal vreesaanjaend om dit te sien. Daarom sien ons dat hulle opponente altyd probeer om tydens die HAKA die All Blacks vol in die oë te kyk en te sê julle sal ons nie bangmaak nie... Ons skrik nie vir julle nie. Wanneer die duiwel en sy trawante voor ons kom staan met hulle HAKA hoef ons nie te skrik nie. Paulus sê, moet julle in geen opsig deur die teenstanders laat

afskrik nie. Dit is vir hulle 'n teken van húlle ondergang en van júlle redding, en dit kom van God. Kyk hulle in die oë en sê kom ek en my span ek en My Afrigter is nie bang vir julle nie. Die Afrigter het reeds alles vir jou en My opgeoffer. Hy het Sy lewe vir ons gegee. Nou vra Hy vir jou en my en vir elkeen wat die Christentrui oor sy kop trek om alles te gee. Paulus sê, God het julle die voorreg gegee om Christus te dien, nie alleen deur in Hom te glo nie, maar ook deur vir Hom te ly... Broers en susters, kan span Ermelo die Wêreldbeker wen? Die antwoord is ja en nee. As dit van onsself afhang en soos ons span op die oomblik lyk, is ek bevrees, nee... Ons is net te min wat besef dat die Here ons geroep het en wat elke dag hulle lewenswandel in ooreenstemming met die evangelie van Christus leef... Daar is te min Christene in die wêreld en in ons dorp en in ons gemeente wat hulle geloof leef 24/7. Daar is te min Christene in die wêreld en in ons dorp en in ons gemeente wat besef dat dit ʼn voorreg is om die Here te dien... Ons dink aan Christenskap en lidmaat van ʼn kerkwees asof dit nooit kan verander nie. Ons sal altyd vry wees om dit te doen waar en wanneer ons wil maar dit kan verander... Ons word van tyd tot tyd pap geskrum deur ons opponente omdat daar te min Christene in die wêreld en in ons dorp en in ons gemeente is wat in volkome eensgesindheid standvastig saamstry vir die geloof in die evangelie... Ons het lidmate nodig spanlede nodig wat hulleself in totaliteit commit aan die Afrigter... Ons het spanlede nodig wat elke dag besef wat se voorreg dit is om die Christentrui oor jou kop te trek wat elke dag die evangelie leef wat eensgesind saam met ander gelowiges stry vir die geloof in die evangelie? Is jy deel van span Ermelo of van ʼn ander Christenspan? Paulus het gesê, ek het dieselfde stryd wat julle my vroeër al sien stry het en waarvan julle hoor dat ek nou nog stry... Kom ons trek die trui aan met trots. Kan ons die wêreldbeker wen ja, ons kan want ons Afrigter het eintlik klaar vir ons gewen... Hy het reeds die duiwel en die dood oorwin. Dit was Frik du Preez of Mof Muyburgh wat op n stadium gesê het check die scorebord... Ja, check die scorebord... kyk na die kruis Jesus het reeds die oorwinning behaal en elkeen wat tot die einde volhard, sal die oorwinnaarskroon ontvang. Amen.