Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

n Prins word die Skaapwagter

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Les 6 vir 10 November 2018

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Van Vervolger tot Prediker

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

A. Dr EJ Smit tables the report. B. The report will be concluded during the Synod session.

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Die betekenis van die kruis (1)

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Pretoria- 23 Junie 2012

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Appendix A. 4 Detail of which songs were not approved for now and will be looked at again, are in unpublished

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Waar is God as ons swaarkry?

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA. Geregistreer by die poskantoor as nuusblad. NR.

Lees: Jesaja 1. HK Sondag 33, vraag & antwoord Dordtse Leerreëls 1:13. Teks: Jesaja 1:3, HK Sondag 33, vraag & antwoord 89 & 90

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Emotional drainage / Emosionele dreinering

NEW INTERNATIONAL VERSION

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die 7 Kruiswoorde van Jesus

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Die maan en sy rol in ons wereld *

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

Luister na God. enlewe vir ewig

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Sing vooraf staande: Skrifberyming 1-1:1, 2 (24:1, 2)

Die Blye Boodskap. The Good News

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Hoofstuk 11: Hemel of Hel Dit is jou keuse!

Addendum A Consent form

Wegraping (Saamgevat)

KATEGISMUSPREKE Twee-en-vyftig preke oor die Heidelbergse Kategismus

Transcription:

Quo Vadis? EVANGELISASIEBLAD VAN DIE GEREFORMEERDE KERKE IN SUID-AFRIKA Geregistreer by die poskantoor as nuusblad NR. 220 (Geen datum) God lei ons En God bewaar ons * * * * * "... U is vir my 'n veilige vesting, 'n skuilplek in tyd van nood" (Psalm 59:17) Uitgegee deur die Deputate vir Evangelisasie van die Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, Posbus 20008, Noordbrug 2522, Potchefstroom en gedruk deur die Potchefstroom Herald (Edms.) Bpk., Posbus 156, Potchefstroom 2520. 1

Die Here is my Herder Ps. 23 is 'n lofpsalm, maar tegelyk ook 'n troospsalm. Dit is 'n jubelsang, maar ook 'n lied van berusting. (Ps. 23:1) Die boodskap van hierdie psalm spreek ons aan in tye van vreugde en blydskap, maar ook in ons oomblikke van smart en beproewing; dit spoor ons aan tot dankbaarheid in tyd van voorspoed, en tot volharding in tyd van teëspoed; dit dien vir ons tot lewensverryking, en tot sterwensbemoediging. Want dit is die geloofsbelydenis van 'n mens vir wie die Here van sy jeug af alles was. Hierdie geliefde psalm is 'n uiting van diepe en kalme geloofsvertroue in die sorg van die Here onder alle omstandighede. Die inhoud en strekking van die hele psalm word saamgevat in die aanhef daarvan die woorde van vs. 1: "Die Here is my herder, ek kom niks kort nie." Dit is die belydenis van 'n mens vir wie die Here genoeg is, van 'n mens wat in die sorg van God alles het wat nodig is, "ek kom niks kort nie." Hy is vir my alles! Dit het Dawid as kind reeds teenoor Saul en Goliat bely. (1 Sam. 17) En só het hy dit sy lewe deur ondervind: Die Here het hom met teerheid en innigheid versorg, gelei en beskerm. Steeds het hy van die Here ontvang rus en vrede en nuwe krag. Aan dit wat wesenlik nodig was en wat vir hom goed was, het hy geen tekort gehad nie. Ook in dae van donker dieptes en doodsgevare, was hy nie beangs nie, want die Here was met hom, en in sy hande was hy veilig. Alle dinge het vir hom ten goede meegewerk, en niks kon hom skei van die liefde van sy God nie. Hy was deel van die eie kudde van die goeie Herder, 'n eregas aan Sy tafel, 'n kind in Sy huis. En omdat die digter dit só ervaar het, bely hy in Ps. 23 dat hy sy hele lewe lank, ongeag die omstandighede, en selfs in sy sterwe, altyd by God veilig en geborge is. 'n Psalm dus vir die mooiweersdae, want God beskik dit so vir ons, en 'n lied vir die tye wanneer die onweerswolke van leed en lyding oor ons lewens saampak, want ook dit is in God se genadige bestel ingesluit. "Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my." Ook in donker dieptes van beproewing en eensaamheid vind die gelowige rus daarin dat God se wil geskied, en dat Sy wil vir my ten beste is. Selfs in my grootste nood is ek verseker van die vertroostende nabyheid van die Heilige Gees wat my leer om te berus in die welbehae van God, 2

wat my versterk met krag uit die hoogte. wat my weer oprig, sodat ek blymoedig die toekoms tegemoet kan gaan in dié wete dat God met my is. Hy troos my met die geloofsversekering dat Jesus Christus die goeie Herder is wat die kudde van die Here liefhet en versorg: Hy voed diegene wat honger is en gebrek ly. Hy soek diegene op wat vermoeid en belas is, en gee aan hulle rus. Hy bring vrede vir dié wat deur onrus verteer is. Hy versterk en vertroos dié wat deur smart verbrysel is. Hy is die goeie Herder wat sy lewe vir die skape afgelê het, wat Homself ter wille van sy gelowiges oorgegee het in 'n dal van doodskaduwee, wat die swart nag van die dood en van godverlatenheid deurgegaan het, sodat almal wat glo die seënende nabyheid van God nooit hoef te ontbeer nie. Hy is die ware Herder wat ons ná die dag van aardse stryd opneem in sy heerlikheid, wat ons die ewige lewe in die volle saligheid inlei, daar waar ons in die huis van die Here mag bly in lengte van dae. Deur die genade van ons goeie Herder mag ons in die geloof uitsien na 'n lewe in die ewige heerlikheid by God, 'n lewe in heerlikheid wat geen oog gesien, en wat geen oor gehoor, en wat in die hart van geen mens opgekom het nie. 'n lewe waarin God al die trane van ons oë sal afvee, en waarin daar geen dood en geen droefheid en geen geween meer sal wees nie, 'n lewe waarin ons as kinders in die Vaderhuis sal tuiskom. "Die Here is my Herder," ek is sy eiendom, want ek is gekoop deur Sy bloed, ek word gelei deur Sy Gees, ek word gevoed met Sy Woord, ek word bewaar in Sy krag. "Ek kom niks kort nie" nie nou nie, en ook nie in die ewigheid nie. Ds. Pieter v.d. Walt 3

Die Here is my Lig en my Redder Psalm 27:1. "Die HERE is my lig en my redder, vir wie sou ek bang wees" en v.3 "Al sou 'n leër teen my stelling inneem, sal ek nie bang word nie. Selfs al sou die aanval op my begin, sal ek nog steeds vertroue hê." In elke mens se lewe kom daar tye waarin dit so donker word, dat jy nie meer raad het met jou lewe nie. Tye waarin 'n mens magteloos is om jouself te red. Dawid, die digter van Psalm 27, het ook sulke tye geken. As soldaat op die slagveld was hy dikwels so deur vyande omring dat hy menslik gesproke 'n verlore stryd gestry het. Tye waarin dit so donker geword het, dat hy moes toesien hoe 'n hele leër teen hom stelling inneem. Stel u voor, honderde soldate teen een enkele persoon. Wat 'n donker en hopelose situasie. Menslik gesproke is dit verby. Dit is in sulke omstandighede dat Dawid die magteloosheid en nietigheid van die mens besef het, dat hy homself nie meer kan help nie en dat hy nie meer weet wat om verder te doen nie. Te midde van hierdie geweldige donker situasie het die geloof vir Dawid nou n praktiese betekenis gekry. As alles rondom hom, en selfs in hom wegval, dan het die geloof nog vir hom oorgebly. Die geloof in die HERE as sy lig en sy redder. As die mens nie meer weet wat om te doen nie, dan weet God nog. As die mens magteloos is, dan is God nog steeds ALMAGTIG. Dit is net die geloof in die reddende goedheid van die HERE wat Dawid nog staande kon hou. Nou is hy vir geen aanval bang nie, selfs nie eers vir 'n leër nie. Die grootste donkerte is egter nie om alleen voor 'n leër te staan nie, maar wel alleen voor God, die ewige Regter, vol sondes waarmee jy die ewige hel verdien. Selfs in hierdie omstandighede word ons nou opgeroep om nog steeds onwrikbaar op die HERE se reddende genade te bly vertrou. Die HERE is getrou en Sy genade oneindig. Daarom het Hy Sy eniggebore Seun, Jesus Christus, na hierdie wêreld gestuur as die Lig en die Redder vir elkeen wat in Hom glo. Vir elke gelowige het Jesus Christus die vrees oorwin. In die tuin van Getsémane en aan die kruis op Golgota het Hy onwrikbaar op God se teenwoordigheid en redding bly vertrou. Ek hoef onder alle omstandighede glad nie meer bang te wees nie, omdat Hy in my plek aan die kruis deur God verlaat was. In Hom is God nou altyd by my. In Hom is ek uit my grootste nood gered en is daar vir my lig selfs in die donkerste nag. Deur die Heilige Gees is Hy altyd by my as my Lig en my Redder. Ds. Sarel Cilliers. 4

Die Here is my enigste hoop In vers 8 van Psalm 39, sê Dawid: "Die Here is my enigste hoop!" (Ps. 39). Dawid se lewe is soms so getrou en tipies 'n spieëlbeeld van elkeen van ons se lewens. Deur die genade en die Heilige Gees het Dawid dit vir ons opgeteken en geskets in sy psalms. En nou doen Dawid in Psalm 39 'n belydenis: "Die Here is my enigste hoop." Ja, Dawid was siek... in vers 4 sê hy daar was 'n brandpyn in hom... sy smart het soos 'n kool vuur in hom gebrand. Só siek was hy, dat hy vir die Here vra: "Hoeveel dae is vir my oor? Wanneer is my lewe verby?" (vs. 5) En dan besef hy: Al is hy tot die dood toe siek... daar is tog hoop... nie nét hoop om gesond te word nie, maar ook hoop om, al sterf hy, tóg te bly lewe...vir ewig te lewe. EN HIERDIE HOOP IS DIE HERE!! En "hoop" beteken: * om op God te vertrou * om op die Here te wag Hoekom só hoop? = Want God bepaal alles = Hy bepaal jou lewenslot = Hy sorg vir al wat lewe. En so ervaar elke mens in sy lewe... toestande van wanhoop van verlatenheid en eensaamheid van verganklikheid... siekte... dood. En altyd, ja altyd, is God die mens se enigste hoop. Want Sy geliefde Seun, Jesus Christus, het die volle felheid van wanhoop, verlatenheid en verganklikheid ondervind. Selfs God, ons enigste hoop, het Hom verlaat en só kan jy en ek sê: "Die Here is my enigste hoop" deur Christus. Takel siekte of rampe jou af? Is jy liggaamlik sat of dalk deur eensaamheid moeg? Of miskien is jou lewe só besmet met sonde dat jou oë God miskyk? Onthou! God, deur Jesus Christus, is jou enigste hoop! Ja, God... nie omstandighede nie nie rykdom of besittings nie nie gesondheid of vreugde nie. 5

MAAR: Die HERE... HY IS JOU ENIGSTE HOOP! = vertrou op Hom alleen... nou en altyd! Ds. Nico Ligthelm. 6

Die Here is my skuldvergewer "Welgeluksalig is hy wie se oortredinge vergewe, wie se sonde bedek is." (Ps. 32:1) Daar is seker maar min gebede waarin die een wat bid, nie vra: "Vergewe my, my sondes, Here!" nie. Maar wat beteken dit as die Here jou wel jou sondes vergewe? WAT BETEKEN VERGEWE? Jou sondes moet vergewe word, juis omdat jy vol sonde is. En jy doen sonde wanneer jy die Here se wet oortree. Wat meer is: Alle mense is met sonde besmet. Selfs voor jou geboorte is jy al vol sonde. (Ps. 51:7). Sonde maak jou vuil voor God. Sonde maak jou dood. Sonde is soos 'n skans wat tussen jou en God staan. Jou sonde laat jou in die skuld voor God staan. Jou gewete kla jou voor God aan as gevolg van jou sonde. VERGEWE IS: God maak jou skoon. Jes. 1:18: "Al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal wit word soos wol." VERGEWE IS: God laat jou lewe. Rom. 6:23: "Die loon wat die sonde gee, is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, ons Here." VERGEWE IS: God vergeet jou sonde. Ps. 103:12: "So ver as die ooste verwyder is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons." Jer. 31:32: "Ek sal hulle oortredinge vergewe en nie meer aan hulle sondes dink nie.'' WANNEER VERGEWE GOD? Vergewe God alle mense se sondes? Elkeen, ongeag kleur, ras of geslag wat op straat loop? Nee! Wie se sondes word dan wel vergewe? Diegene wat in Christus glo! Diegene wat berou het oor hulle sondes! Toe Dawid Uria laat vermoor het en owerspel bedryf het met Batseba, toe het hy Ps. 57 gebid. En in vs. 19 sê hy dat hy seker is: " 'n Gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie." Die Here wil hê ons moet berou hê oor ons sondes. Ons moet daaroor jammer wees. Ons moet voor Hom daaroor hartseer wees. In Joh. 8 lees ons van die vrou wat op owerspel betrap is. Haar omstanders wou hê dat Jesus haar moes veroordeel. Maar hy doen dit nie. Hy vergewe haar en sê vir haar (in vs. 8) "Gaan maar en moet van nou af nie weer sonde doen nie." Die Here wil hê ons moet die sonde in ons lewe afsterwe. Ons moet daarteen stry en dit nalaat. Ons moet die sonde haat. Ons moet ons (deur God se genade) van ons sondes bekeer, en die smal weg bewandel. Ps. 1:1: "Dit gaan goed met die mens... wat nie met sondaars omgaan... nie." 7

WAAROM VERGEWE GOD? God vergewe jou nie omdat jy dit verdien of dit waardig is nie. Daar is net een rede waarom Hy jou vergewe: Omdat Christus aan die kruis van Golgota gesterf het vir sondaars!!! Om hierdie gebeurtenis wentel jou saligheid. Die straf op die sonde is die dood. As God met ons sou handel na gelang van ons sondes, moes elkeen van ons eintlik aan 'n vloekhout vasgespyker word om daar te sterwe. Maar noudat Christus in ons plek gesterf het, hoef ons nie. Sy dood is genoegsaam om alle mense se sondes af te was. Máár alle mense se sondes word nie afgewas nie. Alleen diegene wat in Jesus Christus glo en al sy weldade aanneem, is salig en hulle sondes word vergewe. APPÈL: Die appèl wat die Here in Sy Woord tot ons laat uitgaan, is baie duidelik: Ons moet in Hom glo! Dan is ons salig! "Bekeer U ons tot U, Here, dat ons bekeer kan wees." (Klaagl. 5:21). Ds. A. H. Grové 8

Die Here is my veilige vesting (Ps. 59:17) Daar is geen gelowige op aarde wat met Ps. 59 kan verskil nie, nl. dat die Here ons veilige vesting is nie. Elke gelowige het een of ander tyd in sy lewe hierdie waarheid persoonlik ervaar. Het u, geagte Leser, dit al ervaar? God is vir ons 'n veilige vesting. In die dae van Koning Dawid was 'n veilige vesting 'n besonder gesogte plek. Dit was moeilike tye met baie oorloë en vyandighede. In daardie tye is stede en dorpe dan ook met 'n hoë muur om die stad beskerm. 'n Stad is dan gekenmerk vir sy veiligheid. Baie dorpe en stede is bo-op 'n berg of koppie gebou, en met die omringde stadsmuur is so 'n dorp dan beveilig. In oorlogstye was so 'n stad dan 'n "veilige vesting" waarin veral die vrouens en kinders kon skuil. In bloedige oorloë het almal, selfs diere in so 'n veilige vesting geskuil. Wanneer Dawid Ps. 59 dig dan verkeer hy in nood. Saul het opdrag gegee dat Dawid se huis omsingel moes word en dat hy doodgemaak moes word. Dawid roep in sy nood na God, maar bely ook sy geloof in God as hy sê: "U is vir my 'n veilige vesting." Dawid het met dié woorde 'n veilige stad in gedagte. Tog is sy geloof in God so sterk dat hy God beskou as sy veilige stad. God is self vir hom 'n veilige vesting. U en ek kan ook so voel. In oomblikke van nood, in 'n krisis tyd, in siekte, ja, wanneer ookal God is vir ons 'n veilige vesting. Na God toe kan u gaan. By Hom is daar altyd skuilplek. U kan by God skuil! U kan na God vlug met al u probleme. U kan by God skuil met al u beproewinge! Die Here Jesus is besorgd oor u en my. Hy het ons duur gekoop aan die kruis. Met Sy bloed het Hy vir ons betaal om ons Sy eiendom te maak. Jesus waak oor Sy eiendom, daarom bied Hy aan ons 'n veilige vesting by Sy Vader. 'n Vesting wat nie oorwin kan word nie. 'n Vesting wat nie afgebreek kan word nie. 'n Vesting wat nie deur vuur en stormwind vernietig kan word nie. 'n Vesting wat veilig is, omdat dit die Koning se vesting is. Het u al op 'n keer gevoel u is bang, of bedreig, of u wil na 'n plek vlug? Het u al 'n plek gesoek om by te skuil? HARDLOOP NA GOD TOE! VLUG NA GOD TOE! Bid God, vir 'n veilige vesting! Hy self is u vesting. Ervaar soos Dawid: "U is vir my 'n veilige vesting!" God bied u die beskerming glo daarin, en vertrou op Hom. God bied u die veiligheid soek dit, en ervaar Sy beskerming. God bied u 'n vesting sterker as die hele wêreld se vestings gaan en probeer dit. Ja, God se vesting op aarde vir Sy kinders is Sy kerk. Ds. Leo van Schaik 9