Die betekenis van die kruis (1)

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Van Vervolger tot Prediker

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Waar is God as ons swaarkry?

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Les 6 vir 10 November 2018

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Preek Jan Steyn op Sondag 25 Maart 2012 Teks: Johannes 12:20-36 en Johannes 3: Tema: Vreemde verheerliking

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Addendum A Consent form

Lukas 4: Agtergrond

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Verduidelik 4 Wel-it sê hulle was dissipels. Want dis wat dissipels doen. Ons volg Jesus.

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

23-Dag Bybeldagboek oor die Eienskappe van God

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Catharina Maria Conradie

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Community of Practice

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Mattheus 6:9 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Transcription:

Die betekenis van die kruis (1) Don t pray when you feel like it. Have an appointment with the Lord and keep it. A man is powerful on his knees. Corrie Ten Boom Die betekenis van die kruis (1) Wat is die betekenis van die kruis van Christus? Die boodskap van die kruis is so ryk en ingewikkeld dat ons dit baie moeilik in net n paar woorde kan opsom. Tog is daar n paar elemente wat ons kan identifiseer elkeen is relevant vir sekere groepe mense. Kom ons kyk na vier van hierdie elemente ons kan nog baie ander byvoeg: 1.Die kruis van Christus is die basis van verlossing van die mens se sonde. Paulus verklaar: Christus het vir ons sondes gesterf (1 Korintiërs 15:3).Wat belangrik is, is wat die feit dat Jesus aan die kruis gesterf het vir ons beteken. Dat Jesus gesterf het, is geskiedenis; dat Hy gesterf het sodat ons sondes vergewe kan word, is die evangelie. Vir Paulus beteken die kruis verlossing, vergifnis en oorwinning oor die dood. Dus: Jesus het gesterf sodat ons kan leef. Hoe sien mense buite die kerk die verkondiging dat ware vergifnis vir sondes moontlik is? Hoe kan iemand die werklikheid van die evangelie ontdek deur die kruis? Kan ons die idee van vergifnis as brug na God gebruik? Een manier is om op menslike skuld te fokus. Sommige mense het so n diep skuldgevoel oor iets wat hulle gedoen het dat hulle voel dat hulle nie werklik kan leef totdat die probleem opgelos is nie. Maar hoe word dit opgelos? In John Bunyan se klassieke werk, The Pilgrim s Progress, kan die pelgrim skaars loop onder sy sondelas. Dit dwing hom op sy knieë. Uiteindelik is hy in

staat om sy las aan die voet van die kruis neer te lê. Nou kan hy weer normaalweg loop. Dit is hoe baie mense voel: hulle dra swaar aan hulle las/skuld en besef hulle kan nie werklik leef voordat hulle nie vergewe is nie. Sonde is nie meer n groot probleem nie. Dit is nie iets nuuts nie. In 1945 skryf C. S Lewis reeds dat a sense of sin is almost totally lacking in modern culture. Ons leef in n wêreld waar mense dink dat wat ook al verkeerd is, iemand anders se skuld is. Ons moet sonde weer verduidelik. 2.Die kruis en opstanding van Christus dui op die oorwinning oor sonde en dood. Christus is uit die dood opgewek en die gelowiges sal eendag in hierdie opstanding deel en vir altyd by Hom wees. Ons hoef dus nie meer die dood te vrees nie. Hierdie groot boodskap van hoop ten spyte van lyding en dood om ons, is belangrik vir alle Christene. Mense in die Weste sukkel om die werklikheid van ons sterflikheid te aanvaar. Jy kan nie van die werklikheid weghardloop nie. Die kruis stel ons vry van die vrees vir die dood. Dit laat ons toe om die dood met stille en kalm vertroue tegemoet te gaan, want ons weet die angel van die dood is aan die kruis getrek. Deur sy dood het Christus dié een wat mag het oor die dood, dit is die duiwel, te vernietig, en om aan hulle wat uit vrees vir die dood hulle lewe lank in slawerny was, te bevry (Hebreërs 2:14 15). Hierdie verse sê dat ons deur Christus die oorwinning oor die dood behaal het. Dit moet die manier waarop ons dink en lewe verander. Dit is nie meer vir ons nodig om van die werklikheid weg te hardloop nie. Volgende keer kyk ons verder na die belang van die kruis van Christus vir die mensdom.

Apologetiek: Plaas dinge in konteks (3) There are no disappointments to those whose wills are buried in the will of God. Frederick Faber Apologetiek: Plaas dinge in konteks (3) [Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom] Alister McGrath het n belangrike boek Mere Apologetics geskryf waarin hy op n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld Apologetiek het n sterk teologiese dimensie. Kom ons ondersoek dit verder: Die verwysings na geloof in die Johannes-evangelie herinner ons daaraan dat bekering nie die gevolg van menslike wysheid of beredenering is nie God doen dit. Paulus se prediking in Korinte berus nie op menslike wysheid nie: Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God (1 Korintiërs 2:5). Geloof beteken nie veranderde denke nie, maar persoonlike transformasie as gevolg van n ontmoeting met die lewende God. Die Nuwe Testament beskryf die menslike natuur as gewond en beskadig deur sonde. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is. Sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie. Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is (2 Korintiërs 4:4). Argumente genees nie blindheid nie; die opstapeling van bewyse, kragtige retoriek of n oortuigende persoonlike

getuienis genees nie blindheid nie. Blindheid moet genees word en dit kan net God doen. Net God kan die oë van blindes open en hulle in staat stel om die werklikhede van die lewe te sien. Ons besef dat ons n belangrike, maar beperkte, rol speel om mense tot geloof te bring. God bekeer mense, maar ons het die groot voorreg om mense tot op n punt te bring waar God oorneem. Ons wys mense na die bron van genesing; God genees. Ons getuig van die krag van vergifnis; God vergewe. Ons verduidelik hoe God ons lewens verander het; God kom ons lewe binne en verander dit. Ons het n bevoorregte rol om te speel, maar ons word nie aan ons eie oorgelaat nie. Ons werk altyd in die krag en teenwoordigheid van Christus. Ons moet dus verduidelik dat die menslike natuur gewond, stukkend, gebroke, gevalle is en dat dit deur God se genade genees kan word. Ons genees nie. Ons mag wel uitstekende argumente op die tafel plaas dat genesing wel moontlik is; ons kan persoonlike getuienisse voorlê van mense wie se lewens verander is nadat hulle die genesing ontdek het. Maar uiteindelik word mense genees deur die genesing by Christus te kry, te ontvang en te gebruik. Sonder ons mag hulle dalk nie die genesing kry nie hulle mag selfs nie eers besef dat hulle siek is nie. Maar die werklike proses van genesing is nie deur ons woorde nie. Hoe lyk ons teologiese visie van die werklikheid? Daarna gaan ons volgende keer kyk. Apologetiek: Plaas dinge in

konteks (2) Every increased possession loads us with new weariness. -John Ruskin Apologetiek: Plaas dinge in konteks (2) [Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom] Alister McGrath het n belangrike boek Mere Apologetics geskryf waarin hy op n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld Filippus kry toe vir Natanael en sê vir hom: Ons het Hom gekry van wie Moses in die wet geskrywe het en van wie die profete ook geskrywe het. Dit is Jesus van Nasaret, die seun van Josef. Maar Natanael sê vir hom: Kan daar uit Nasaret iets goeds kom? Kom kyk, het Filippus hom geantwoord (Johannes 1:45 46). Nadat hy Jesus ontmoet het, is Filippus oortuig dat Hy dié een is wat hulle verwag het. Hy probeer nou vir Natanael oortuig dat dit die geval is. Natanael is skepties en opper n beswaar: Kan so iemand uit Nasaret kom? In plaas van redelike argumente nooi Filippus vir Natanael uit om self te kom kyk. Filippus kon argumente gebruik het om Natanael te probeer oortuig; hy kon die faktore wat vir Petrus, Andreas en homself oortuig het om Jesus te volg op die tafel geplaas het. Filippus het egter geleer dat ontmoeting beter as argumente is. Hoekom sal hy nou met Natanael argumenteer as daar n direkte en meer toepaslike alternatief is? Daarom sê Filippus: Kom kyk. Nadat Natanael vir Jesus ontmoet en gehoor het, maak hy sy eie gevolgtrekking: Rabbi, U is die seun van God, U is die koning van Israel (1:49).

Die belangrike dinge is om mense op Jesus te rig. Ons kan verduidelik wat so oortuigend van Jesus is, maar die oortuiging kom, nie van ons getuienis nie, maar van n eie ontmoeting met die opgestane Christus. Ons mag mense oortuig dat n idee korrek is, maar gaan dit hulle lewe verander? Filippus besef dat Natanael nie deur n argument oortuig sal word nie, maar wel deur n persoonlike ontmoeting met Jesus. Hy argumenteer nie vir Jesus nie hy wys na Jesus. Maar die verhaal gaan verder. n Paar dae later is daar n bruilof in Kana. Jesus en sy dissipels is ook daar. Jesus doen n wonderteken Hy verander water in wyn. Die impak is belangrik: Hy het daardeur sy heerlikheid laat blyk, en sy dissipels het tot geloof in Hom gekom (Johannes 2:11). Geloof is hier die gevolg van die openbaring van die heerlikheid van Christus. Geloof is die reaksie tot die besef van Christus se volle majesteit en heerlikheid. Die treffendste voorbeeld hiervan is Tomas toe hy besef dat Christus waarlik opgestaan het: My Here en my God! (Johannes 20:28). Volgende keer kyk ons vir oulaas na apologetiek en konteks. Apologetiek: Plaas dinge in konteks (1) True greatness, true leadership, is found in giving yourself in service to others, not in coaxing or inducing others to serve you. Oswald Sanders Apologetiek: Plaas dinge in konteks (1) [Apologetiek = Grieks Apologia = verdediging van die Christendom]

Alister McGrath het n belangrike boek Mere Apologetics geskryf waarin hy op n praktiese manier sê hoe gelowiges die Christelike geloof kan verdedig. Ek gaan n hele paar blogs hieraan spandeer, want ek voel dit is n belangrike taak vir gelowiges in ons sekulêre wêreld Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep. Hy het toe vir hulle gesê: Kom hier! Kom saam met My,en Ek sal julle vissers van mense maak. Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg (Markus 1:16 18). Ongelooflike verhaal. Ons sien dat Jesus vissers geroep het. Die Jode het veral twee groepe mense uitgesonder wat nie die wet van Moses kon onderhou nie: I. II. Timmermans, want hulle was ook begrafnisondernemers en het voortdurend lyke gehanteer. Dit maak hulle onrein. Vissermanne hulle hanteer vangste van rein en onrein vis. Beide kon dus nie die streng wette oor rituele reinheid hanteer nie. Tog roep Jesus vissermanne mense op die rant van die Joodse godsdienstige lewe. Dit is n kragtige herinnering dat die evangelie na almal uitreik selfs diegene wat die gemeenskap as magteloos en waardeloos beskou. Die belangrikste vraag wat ons moet vra, is: Hoekom het Petrus en Andreas alles net so gelos en Jesus gevolg? Kom Jesus met oortuigende argumente vir die bestaan van God? Vertel Hy vir hulle dat Hy die vervulling van die profesieë van die Ou Testament is? Nee. Tog is Simon en Andreas se reaksie onmiddellik. Markus laat ons met die indruk van n gebiedende figuur wat deur sy blote teenwoordigheid aanvaarding vereis. Hierdie verhaal herinner ons daaraan dat argumente net deel van ons strategie kan wees. Ons taak is om mense na Christus

te lei sodat hulle die lewende God kan ontdek. Apologetiek kan niemand bekeer nie, maar dit kan vir mense die regte rigting aandui dit verwyder hindernisse uit die pad van n ontmoeting met God; dit open n venster waardeur God gesien kan word; dit stel mense in staat om te besef die evangelie is betekenisvol. Dit gaan oor rigting wys, verduidelik, deure oopmaak en hindernisse verwyder. Volgende keer gaan ons verder met die konteks en kyk onder andere na Natanael.