Wat is die regte grondteks?

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Van Vervolger tot Prediker

Les 6 vir 10 November 2018

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Catharina Maria Conradie

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Christusprediking uit die Ou Testament. n Nuwe benadering tot n ou probleem? 1

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE (Art 163)

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Die maan en sy rol in ons wereld *

Klaagliedere by Qumran: n Tweede redaksie?

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Die betekenis van die kruis (1)

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Kerkbode, uitgawe van 20 April 2012, se berigte oor die nuwe Bybelvertaling 1.0 Spasiëring 7 Bladsye

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

K O'REILLY

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Oor die outeurs. Wayne Barber. Rick Shepherd. Eddie Rasnake

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Apostoliese Geloofsbelydenis Geloofsbelydenis van Nicea Geloofsbelydenis genoem na Athanasius Nederlandse Geloofsbelydenis...

Wat kan die kerk doen?

toe hy mens was op aarde?

Pretoria- 23 Junie 2012

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

Sing vooraf staande: Skrifberyming 16-1:1, 2 (15:1, 2)

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Nederlandse Geloofsbelydenis

BYBELSKOOL VAN DIE NG GEMEENTE MONUMENTPARK - WES. Die Geloofwaardigheid van die Nuwe Testament se verhale oor Jesus

Christus alléén in Psalm 110

HOOFSTUK 3. DEKONSTRUKSIE VAN DIE TEKS VAN EFESIëRS 5:21-33

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Die Nederlandse Geloofsbelydenis Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

DIE WEGRAPING/WEDERKOMS VAN JESUS CHRISTUS?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE, NELSPRUIT GEESTELIKE OUTORITEIT

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Waar is God as ons swaarkry?

Die Pad van Waarheid tot die Lewe. BybelVertalingsProjek

4. Struktuur Van Profesie

1741. Majoor Cronwright gese het ek moet Dr. Aggett on- dervra, het ek eers ek dink, twee dae, gespandeer

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Transcription:

'n Teks in die beskuldigdebank Wat is die regte grondteks? In die gesprek oor die twee Afrikaanse Bybelvertalings, tree die kwessie van die grondteks al meer op die voorgrond, spesifiek die grondteks vir die Nuwe Testament. Namate dit duideliker word dat baie verskille tussen die 1933/53-vertaling en die 1983-vertaling te wyte is aan die feit dat verskillende grondtekste gebruik is, word al hoe dringender gevra: Wat is die regte grondteks? Twee grondtekste Die twee grondtekste waaroor die diskussie gaan, is die Textus Receptus (TR) waaruit die 1933/53-vertaling vertaal is, en die UBS-teks waaruit die 1983-vertaling vertaal is. Die TR is 'n teks wat in die sewentiende eeu deur 'n Nederlandse uitgewer saamgestel en uitgegee is. Die UBSteks is in 1975 deur die Verenigde Bybelgenootskappe (United Bible Societies) saamgestel en uitgegee. Op die vraag na die regte grondteks wil diegene wat dit téén die 1983-vertaling het, om verskeie redes niks van die UBS-teks weet nie. Aan die anderkant verwerp die voorstanders van die 1983- vertaling die TR, ook om verskeie redes. Die redes wat na albei kante toe aangevoer word, klink egter so oortuigend dat 'n mens op die ou einde moet vra: Wie is nou eintlik reg? En nog belangriker is die vraag: Wat moet die Gereformeerde standpunt oor die kwessie van die grondteks wees? Met hierdie artikel word beoog om 'n antwoord op bogenoemde vrae te voorsien. Voordat 'n antwoord gewaag word, is dit egter nodig om eers die besware teen die UBS-teks en dié teen die TR op die weegskaal te plaas. Beskuldigings teen die UBS-teks Uit die geledere van diegene wat dit téén die 1983-vertaling het, het daar in die afgelope tyd 'n paar publikasies in omloop gekom wat die UBS-teks sterk afwys. Sekerlik die bekendste hiervan is die boekie van Martin Gunther getiteld: Is die '83-vertaling die Bybel? en die meer onlangse Bewaar my Woord van J.C. Erasmus. In hierdie eerste artikel word die aandag bepaal by die argumente wat Gunther aanvoer. In sy boekie wat in 1986 verskyn het, maak Gunter die UBS-teks af as 'n valse teks en prys hy die TR aan as die enigste wat werklik die Woord van God bevat. Daarmee het Gunther baie mense op sleeptou geneem. Sy argumente berus egter op gegewens wat by nadere ondersoek onjuis blyk te wees. Die UBS-teks 'n Roomse teks? Gunther beweer naamlik dat die UBS-teks op 'n aantal Rooms-Griekse manuskripte berus wat Keiser Konstantyn laat opstel het met die doel om die Christelike kerk te ondermyn. Om sy bewerings te staaf, gryp Gunther terug op die geskiedenis van die vroeë kerk: Die oud-christelike geskiedskrywer Eusebius het gedurende sy leeftyd in opdrag van Keiser Konstantyn 50 kopieë van die Bybel laat oorskryf vir gebruik in die kerke. Hierdie gebeurtenis staan histories vas. Eusebius maak self daarvan melding in sy boek Lewe van Konstantyn. Oor hoe daardie 50 manuskripte gelyk het en wat uiteindelik daarvan geword het, het ons egter geen historiese getuienis nie. Daaroor kan 'n mens maar net bespiegel. So is daar geleerdes wat die vermoede uitspreek dat 1

twee van die manuskripte waarop die UBS-teks berus, naamlik Sinaiticus en Vaticanus, onder daardie 50 manuskripte getel het. Maar hulle bied hulle vermoedens nie as feite aan nie. Hulle weet dat hulle met bespiegelings besig is. Bespiegelings as feite aangebied Gunther maak egter die fout om bespiegelings as feite te behandel. Hy bied o.a. die volgende as historiese feite aan: Hy sê dat Konstantyn die genoemde 50 manuskripte van die Bybel met bose bybedoelings laat voorberei het. Konstantyn wou daarmee die Christelike kerk ondermyn. Hoe dan so? Omdat, sê Gunther, Konstantyn nooit werklik tot bekering gekom het nie. In sy hart was hy 'n duiwelaanbidder wat sy sogenaamde bekering tot die Christelike godsdiens slegs as dekmantel gebruik het om die Christelike kerk in die ope uit te lok, sodat dit makliker vervolg kon word. Die teken van die kruis wat Konstantyn volgens oorlewering aan die hemel gesien het, was dan ook volgens Gunther in werklikheid die duiwelse ANKH-kruis. Die 50 manuskripte was deel van 'n duiwelse plan teen die Christelike kerk. Dit alles is eie bespiegelings wat Gunther sonder enige historiese gronde, as feitelike geskiedenis aanbied. Maar hoe kon die kerk dan deur die produksie van 50 Bybelse manuskripte ondermyn word? Hiervoor bied Gunther die volgende "feite" aan: Eusebius, wat die Bybels moes laat oorskryf, was 'n aanhanger van die destydse dwaalleer van die Arianisme (die Ariaanse sekte was 'n voorloper van die hedendaagse Jehovagetuies en word in die Geloofsbelydenis van Nicea weerlê). Eusebius het daarom die teks van daardie 50 Bybelkopieë opsetlik verdraai ten einde die Godheid van Jesus uit die Bybel uit te skryf. Ook vir hierdie bewerings het Gunther geen historiese gronde nie. Wat wel waar is, is dat Eusebius in die Ariaanse stryd Arius dikwels simpatiek gesind was. Maar daar bestaan geen bewyse vir die bewering dat Eusebius aan enige van die 50 Bybelkopieë 'n Ariaanse kleur gegee het nie. Voorts argumenteer Gunther dat hierdie verdraaide Bybel toe inderdaad die Bybel van die Rooms-Katolieke Kerk geword het. Die TR daarenteen, wat volgens Gunther die suiwer Bybel bevat, is deur die Waldense in Suid-Frankryk gelees en bewaar tot en met die Reformasie toe. Die TR het dan die teks van die Protestantisme geword, terwyl die 'valse teks' van daardie Eusebius-manuskripte, die teks van die Katolisisme gebly het. Gunther se bewerings is egter histories onjuis. Die Eusebius-manuskripte was op geen stadium die Bybel van die Roomse Kerk nie. Dit is immers welbekend dat die Rooms-Katolieke Kerk die Latynse Vulgaat-vertaling as Bybel gebruik het. Die Latynse Vulgaat is teen ongeveer 382 n.c. in opdrag van Biskop Damasus van Bome deur die geleerde Hieronymus opgestel, en is uiteindelik op die Konsilie van Trente (1546) deur die Roomse Kerk as kanoniek verklaar. Gunther kom uiteindelik by die bewering uit dat die Rooms-Katolieke Kerk deur middel van die Verenigde Bybelgenootskappe daardie Ariaanse Eusebius-teks in die UBS-teks ingedra het. Hierdie bewering kan in geen opsig waar wees nie: Bestudering van die UBS-teks bring duidelik aan die lig dat die UBS-samestellers konsekwent teen die Roomse teks - die Vulgaat! - gekies het, waar dit van die ander teksgetuies verskil. Die beskuldiging van die 1983-vertaling as 'n Rooms-Katolieke Bybel is dus geheel en al sonder grond. Die UBS-teks vir die Jehova s? Soos hierbo aangedui is, glo Gunther dat die UBS-teks 'n weergawe van die Ariaanse Eusebiusteks is. As sodanig is dit daarop gerig om die Godheid van Jesus uit die Bybel te verwyder, net soos die Jehovagetuies dit graag wil doen. Ter ondersteuning van sy bewering gee Gunther 'n lys van gedeeltes wat sowel in die UBS-teks as in die Jehovagetuies se Bybel (die New World Translation) weggelaat is. 'n Hele aantal daarvan behels die weglating van die Name Jesus, Christus, Here of God. Vir Gunther is hierdie weglatings 2

'n bewys dat die UBS-teks (en gevolglik die 1983-vertaling) Jesus en sy Godheid uit die Bybel uitskryf en daarmee die Jehovagetuies ondersteun. Dit is wel waar dat baie woorde, sinsnedes en selfs sinne wat in die TR voorkom, nie in die UBSteks voorkom nie. Die gedeeltes wat Gunther noem - en trouens ook nog baie ander gedeeltes word hierdeur geraak. Maar hierdie weglating beteken nie dat God uit die Bybel uitgeskryf word of dat die Godheid van Jesus geloën word of dat die leer van die Drie-Eenheid aangetas word nie. Weliswaar is aspekte van bogenoemde leerstukke plek-plek as gevolg van 'weglatings' minder eksplisiet, maar daarmee is dit nog lank nie uit die Bybel uitgeskryf nie. Die Godheid van Jesus en die leer van die Drie-Eenheid staan of val immers nie by 'n paar tekste in die Bybel nie. Inteendeel, as gevolg van die eenheid van die Skrif, is hierdie leerstukke onaantasbaar soos goeie suurdeeg regdeur die Skrif versprei. Die aantyging van Gunther dat die UBS-teks en die 1983-vertaling 'n valse Bybel of selfs 'n Bybel vir die Jehovagetuies is, is 'n ernstige aantyging, maar is gelukkig 'n ongegronde aantyging! Praktiese voorbeelde Waar die afskrifte van die Griekse teks van die Nuwe Testament van mekaar verskil, is die verskille van so 'n aard dat die een lesing gewoonlik maar net so goed as die ander is. Die volgende gevalle is voorbeelde hiervan: Handelinge 3: 22 Handelinge 3:22 is deel van Petrus se toespraak in die pilaargang van Salomo. Die meeste afskrifte gee die vers aan as: "Moses het aan die vaders gesê..." en dan volg 'n aanhaling uit Deuteronomium 18. Volgens enkele afskrifte staan daar: "Moses het aan ons vaders (of: aan julle vaders) gesê..." Sommige afskrifte stel blootweg: "Moses het gesê..." sonder om te noem aan wie hy gesê het. Wesentlik is daar egter geen verskil nie. Die belangrike saak wat Petrus op hierdie punt van sy toespraak maak, is dat Moses van 'n profeet gepraat het en dat Moses se woorde in Jesus Christus vervul is. Van minder belang is wie die mense was tot wie Moses die woorde gerig het. Dit spreek vanself dat hy met die vaders van Israel gepraat het. Petrus hoef dit eintlik nie eens te sê nie. Sy hoorders sou dit in elk geval geweet het. En of Petrus hulle "ons vaders" noem of "julle vaders", raak die strekking van sy toespraak op generlei wyse nie. Daarom is, wat die betekenis en uitleg betref, die een lesing so goed soos die ander. Die Naam van Jesus Van die 'weglating' of 'invoeging' van die Naam van Jesus (of die ander Godsname), word dikwels 'n groot saak gemaak. In die eerste artikel van hierdie reeks is melding gemaak van Martin Gunther wat beweer dat Jesus en sy Godheid in bepaalde afskrifte 'uit die Bybel uitgeskryf word' deur sy Naam op baie plekke weg te laat. Gunther se bewering is egter ongegrond. Dit is wel waar dat afskrifte op talle plekke verskil oor die vermelding al dan nie van die Naam van Jesus. Maar daardeur word die Godheid van Jesus in geen opsig geloën nie. Voorbeeld hiervan is Mattheüs 4:23. Volgens die meeste afskrifte staan daar: "Jesus het in die hele Galilea rondgegaan en geleer." In enkele afskrifte kry ons: Hy het in die hele Galilea rondgegaan en geleer." Uit die verband is dit egter onbetwisbaar duidelik dat van niemand anders nie as van Jesus gepraat word. En deur die eienaam Jesus met die voornaamwoord Hy te vervang, word die Godheid van Jesus tog in géén opsig aangetas nie! Trouens, regdeur die Nuwe Testament is dit algemene praktyk om na Jesus as Hy en Hom te verwys, sonder dat sy Godheid daarmee aangetas word. Honderde soortgelyke verskille word in die afskrifte aangetref. Om maar net enkeles te noem: Mattheüs 9: 29, 14:14, 14:25, 15:30 en 17:11. Laasgenoemde geval is 'n voorbeeld van 'n variasie wat by herhaling voorkom, naamlik: "En Hy/Jesus antwoord en sê vir hulle..." (Vgl. onder meer ook Markus 7:27, Lukas 7:22, Johannes 4:13). By sulke verskille kan 'n mens om tegniese redes die een lesing bo die ander verkies, maar aan die betekenis en die uitleg sal dit geen verskil maak nie. 3

Die drie hemelse Getuies 'n Oënskynlik veel ernstiger verskil word in 1 Johannes 5:7 aangetref. Dit raak die weglating (of invoeging) van die gedeelte oor die drie hemelse Getuies. 'n Vergelyking tussen die 1933- en die 1983-vertalings bring die verskil duidelik na vore. In die 1933-vertaIing lees ons: "Want daar is drie wat getuig in die hemel: die Vader, die Woord en die Heilige Gees, en hierdie drie is een.'' Die 1983-vertaling het blootweg: "Daar is dus drie wat getuig". Die 1933-vertaling laat dus die verwysing na die Drie-eenheid weg. Dit is so omdat hierdie verwysing in die meeste afskrifte ontbreek. Inderwaarheid kom die woorde oor die drie hemelse Getuies feitlik net in ou Latynse vertalings voor. Daar is net vier Griekse afskrifte wat die gedeelte bevat, en boonop is dit afskrifte van twyfelagtige oorsprong! Daarom is my persoonlike mening dat met groot verantwoordelikheid gekies kan word vir die weglating van die woorde. Maar tas hierdie weglating dan nie die leer van die Drie-eenheid aan nie? Hoegenaamd nie. Weliswaar raak dit 'n baie uitdruklike uitspraak oor die Drie-eenheid, maar die leer van die Drieeenheid staan of val nie by wat in 1 Johannes 5:7 geskryf is nie! In artikel 9 van die Nederlandse Geloofsbelydenis bely ons immers dat die getuienisse oor die leer van die Drie-eenheid vanaf Genesis 1 op baie plekke in die Skrif voorkom. 1 Johannes 5:7 is maar net een van die Skrifgedeeltes waarna verwys kan word. Daar is nog baie ander Skrifgetuienisse aangaande die Drie-eenheid wat nie eens in artikel 9 genoem word nie. Tas hierdie weglating dalk die Skrifopenbaring van 1 Johannes 5 aan? Hieroor sou Skrifverklaarders onder mekaar kon verskil. Dit is egter duidelik: Die Skrifgedeelte waarbinne vers 7 staan, handel oor die getuienis van die Heilige Gees aangaande Christus. Vers 6 stel dat Jesus Christus deur water en bloed gekom het. In vers 8 word gesê dat die getuienis van die Gees eenstemmig is met dié van die water en die bloed. 'n Verwysing na die Drie-eenheid binne hierdie konteks is nie onvanpas nie, maar is inderdaad 'n soort parentese, 'n tussenstelling iets wat tussen hakies bygesê word. Desgelyks kom daar in baie van die afskrifte op talle plekke woorde of sinne voor wat, op sigself geneem eg Bybels is, wat sonder twyfel belangrike Skrifwaarhede bevat. Tog, wanneer ook na ander afskrifte gekyk word, kan 'n mens nie met sekerheid sê of dié Skrifwaarheid juis op dié betrokke plek vermeld moet word nie. 'n Voorbeeld hiervan is die slot van die Onse Vader. Die slot van die Onse Vader By die slot van die Onse Vader is daar in die afskrifte 'n verskil wat baie gemoedere gaande maak. Dit gaan oor die sogenaamde doksologie: "... want aan U behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid. Amen". Sommige afskrifte bevat die doksoiogie, ander nie. Die vraag is: Moet die doksologie ingesluit word of nie? Eintlik kom die kerk al 'n baie lang pad met 'n korter en 'n langer variasie van die Onse Vader. Die Onse Vader kom immers op twee plekke in die Nuwe Testament voor: Mattheüs 6 en Lukas 11. In Mattheüs 6 so is ons dit in die 1933/53-vertaling gewoond het ons 'n langer variasie van die gebed, wat die doksologie insluit; maar in Lukas 11 - so is ons ook daaraan gewoond - kom die doksologie nie voor nie. Aan die langer en korter weergawe is ons nog altyd gewoond. Ons aanvaar dit as deel van die sogenaamde Sinoptiese verskille. Die probleem is egter dat sommige afskrifte ook in Mattheüs 8 die doksologie weglaat. In navolging hiervan laat ook die UBS-teks die doksologie weg, en in navolging van die UBS-teks ook die 1983- vertaling. In die 1983-vertaling het ons dus in albei Evangelies die korter weergawe van die Onse Vader. En daaroor is daar ongelukkigheid. Want, word gesê, daarmee gaan 'n wesentlike deel van die gebed verlore, en boonop bring dit twee afdelings van die Heidelbergse Kategismus in gedrang, naamlik vraag 119 en vraag 128. In die antwoorde by die vrae word die doksologie immers as deel van ons belydenis aangedui. 4

My persoonlike mening is dat met groot verantwoordelikheid gekies kan word vir die teks wat die doksologie wel insluit. Motivering hiervoor is die feit dat die eerste drie bede, wat verband hou met die heerlike Naam van die Vader, met sy koninkryk, en met sy wil, in die doksologie 'n lieflike weerklank het in die woorde koninkryk, krag en heerlikheid. Wat aan die begin van die Onse Vader as 'n gebed gebid word, word aan die einde as 'n lofprysing uitgespreek. Wie egter die afskrifte met die korter teks in Mattheüs 6 navolg, kan nie daaroor verkwalik word nie. So 'n keuse word deur goeie afskrifte gerugsteun. Bowendien word ons in Lukas 11 geleer om ook die gebed sonder die doksologie te aanvaar. En al is die doksologie nie daar nie, bely die bidder steeds die koninkryk, krag en heerlikheid van God - in die eerste drie bede. Wat die belydeniskwessie aanbetref, het ons nie net in die Onse Vader Skrifgetuienis van 'n doksologie nie. In 1 Kronieke 29:11 word die doksologie in feitlik dieselfde vorm aangetref: "Aan U, Here, kom toe die grootheid en die mag en die heerlikheid en die roem en die majesteit..." Wie dus in Mattheüs die korter teks volg, moet steeds op grond van ander Skrifgedeeltes saam met die Kategismus 'n lofprysende gebed bely! Samevatting God het dit so beskik dat daar teksvariasies bestaan. Dit is 'n werklikheid wat ons voortdurend dwing om tekskeuses te maak - by vertaling, by eksegese, by Skrifstudie. Maar omdat ons tekskeuses in menslike swakheid en onvolmaaktheid geskied, moet ons elkeen toegee: My keuse is voorlopig. Medegelowiges mag dalk anders as ek kies, en ek mag van hulle keuse verskil, maar ek kan hulle nie daaroor verketter nie. En ek hoef ook nie, want watter teks ook al gekies word, ons het daarin ontvang die geopenbaarde Skrifwoord van God in onvervalste waarheid! GJC Jordaan by skrywer - 2007 www.christelikebiblioteek.co.za 5