Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

n Prins word die Skaapwagter

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Van Vervolger tot Prediker

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

Isaiah 38:19 19 The living, the living, he thanks you, as I do this day; the father makes known to the children your faithfulness.

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Waar is God as ons swaarkry?

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Addendum A Consent form

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Pretoria- 23 Junie 2012

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Die betekenis van die kruis (1)

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Les 6 vir 10 November 2018

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

10 gebooie van Genade n Ekspedisie na vryheid

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Hoe om vir God te gee wat Hy die graagste wil hê

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Lukas 4: Agtergrond

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Erediens Sondag 12 Oktober 2014: Jan Steyn. Teks: 2 Konings 6:8-23, Mattheus 5:43-48 en Romeine 12: Tema: Die agterstevoor evangelie

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Sondag, 21 April 2013 Tema: Vat die bal Skriflesing: 2 Korintiërs 12:8-12 Leraar: Ds Attie Steyn

from the group who had gathered there.

Hannah Ball 1796 Buckinghamshire Robert Raikes kinders op straat eerste Sondagskool Surrey Chapel 1831 Brittanje 1,250,000 kinders per week

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

Ps.119:89 Parashah 2 Noach Gen.6:9-11:32 Jes.54:1-55:5 Matth.24:36-44; Luk.17:26-37; Hand. 2:1-16; 1Pet.3:18-22; 2Pet.2:5

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Mark 10:1-12. Fokus: vers 1-12 Oppad na die Kruis en te midde van Farieseër-vyandigheid, leer Jesus ons oor dissipel-wees... ook in ons huwelike.

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

K O'REILLY

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die Boek van Moses. Facebook vir Shama Bedienings : Ministries/ ?

God. Ons. m et N LIEF GOD GROOTLIKS JOERNAAL

Die Blye Boodskap. The Good News

Wat kan die kerk doen?

Die uitnodiging van God aan die hele wêreld, is om n

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

1Kon 18:19-40 In 'n land en wêreld vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE openbaar die HERE dat Hy die enigste ware God is... So, volg Hom!

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Wegraping (Saamgevat)

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

ToekomsVenster Aan die anderkant van 2020

Transcription:

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here Jesaja 36-37:14, 20, 32 #feesmustfall #breekdiestilte #reformpuk wat is die groot vraag? Die laaste paar weke was rof. Die studente-protesaksies regoor die land en ook hier by ons het vir ons iets gewys van die onderliggende denke en gevoelens, wat mense ons en ander oor mekaar en oor hierdie land het. Dis nie eenvoudig om alles wat gebeur het, en wat steeds besig is om te gebeur, mooi in boksies in te pak nie daar is eintlik soveel opinies as wat daar mense is. Taal en toegang tot onderrig is ernstige sake, waaroor meeste van sterk voel. Ek dink die dieper vraag en dis n vraag wat ons elkeen elke dag moet beantwoord is: Waarop bou ek my hoop? Wat MOET ek hê om tevrede/gelukkig te kan wees? As die vraag in Bybelsetaal gevra moet word, is dit: Wat het ek nodig om getroos te word in lewe en in sterwe? Hierdie is n belangrike vraag. Dis belangrik, want die antwoord op hierdie vraag, gaan bepaal hoe ek oor al die ander belangrike vrae in die lewe dink. Hier in Potch was dit vir my interessant om te sien hoe nogal heelwat van die studente na my mening eintlik die meerderheid van studente nie gelyk het of hulle werklik omgee oor die issues wat ander studente deur hierdie protesaksies probeer aanspreek nie. Meeste studente het maar gewoon aangegaan met hulle voorbereiding vir die eksamen. Dis eers toe die eksamen met n week aangeskuif is, dat meer studente bekommerd geraak het toe skielik is almal geraak. Jy sien ons almal bou ons hoop op iets. Miskien is taal of kultuur of wat van die universiteit gaan word nie vir jou so belangrik nie solank jy maar net kan aangaan met jou eie lewe: my studies, my graad, my werk, my salaris my lewe. Maar wat gaan gebeur as dinge nie uitwerk nie: as Afrikaans as onderrig taal uitgewerk word by die universiteit, of as jy dit nie reg kry om jou perfekte lewe te bou nie. Dit sal n krisis wees. Soos wat dit gewoonlik is wanneer iets of iemand daardie dinge wat vir ons belangrik is kom bedreig. #skyfie God en sy volk, en hulle land en hulle vyande In die gedeelte wat ons saam gelees het uit Jesaja kry ons vir Koning Hiskia en Israel in so n krisis. Sanherib(Sennacherib), die Assiriese koning is besig om Jerusalem te bedreig. Die Israeliete is besig om in die stad weg te kruip, terwyl Sanherib se weermag buite om die stad stelling ingeneem het. Israel is in die moeilikheid dis soos wanneer n kat n muis tussen sy pote vasgevang het daar is nie wegkom kans nie, daar is niks waarmee Israel die Assiriërs kan omkoop nie, daar ook nie ander muise wat hulle kan kom help nie.

Ons hoor hoe dit wanneer een van die Assiriëse leiers die leiers van Israel spot, hy sê(jes 36:8): Wil jy n ooreenkoms aangaan met my koning, die koning van Assirië? Ek gee jou twee duisend perde: sal jy die ruiters vir hulle kan voorsien? Come now, make a bargain with my master, the king of Assyria: I will give you two thousand horses if you can put riders on them! Die Israelitiese leiers besef hoe gevaarlik en hopeloos die situasie is, en daarom vra hulle hierdie Assiriëse leier om nie in Judees te praat nie hulle wil nie hê die soldate om Jerusalem se mure moet nog banger word, en uiteindelik heeltemal hopeloos word nie. Maar dan antwoord hierdie Assiriëse leiers presies soos wat n mens verwag dat n boelie sal, hy sê(jes 36:12): Dink julle my koning het my net na julle koning en na julle toe gestuur om die dinge te sê, en nie ook na die manne wat op die muur sit nie? Hulle sal hulle eie ontlasting moet eet en hulle eie urine moet drink, net soos julle! 13 Toe gaan staan die hoofadjudant en skree hard in Judees: Luister wat sê die groot koning, die koning van Assirië! 14 So sê die koning: Moenie dat Hiskia julle mislei nie! Hy kan julle nie red nie. 15 En moenie dat Hiskia julle op die Here laat vertrou nie. Hiskia sê: Die Here sal ons sekerlik red; dié stad sal nie oorgegee word in die mag van die koning van Assirië nie. But the commander replied: Was it only to your master an you that my master sent me to say these things, and not to the people sitting on the wall who, like you, will have to eat their own exrement and drink their own urine? Then the commander stood and called out in Hebrew, Hear the words of the great king, the king of Assyria! This is what the king says: Do not let Hezekiah deceive you! Do not let Hezekiah persuade you to trust in die Lord when he says: The Lord will surely deliver us; this city will not be given into the hand of the king of Assyria. Ons moet besef dat hierdie Assiriër met hierdie dreigement aan n seer-ding kom vat vir Israel. Ons moet Israel se geskiedenis onthou: hulle was die volk van God. Die Here het met Abraham begin en deur hom n volk laat ontstaan Abraham, Isak, Jakob, Josef. Die Here het vir Israel gaan haal en hulle bevry uit Egipte, waar hulle slawe was. Dis die Here wat Kanaän as die beloofde land vir die Israeliete kom gee het dis hoekom die land Israel genoem is. Dis die Here wat Jerusalem gekies het as die hoofstad van Israel die Godstad, die stad waar die Here beveel het dat sy tempel gebou moes word. Hierdie fisiese dinge: die land, en n stad met n tempel was belangrike dinge. Die feit dat die Here vir Israel n land gegee het, en sy tempel laat bou het in Jerusalem is alles bewyse dat die Here, die enigste lewende God is. Hy nie net geestelike dinge nie. Wanneer iemand aan die Here behoort het dit ook fisiese gevolge: in Hand 17:25 word gesê dat die Here die Persoon is wat aan almal lewe en asem en alles gee.(that gives everyone life and breath and everything else.) God gee vir ons elkeen n fisiese lewe Hy gee vir ons taal en kultuur en sulke fisiese dinge.

So dit beteken, dat ons nie maar net kan sê: ons het nie n saak met hierdie wêreld nie. Ons kan nie leef asof kuns en kultuur en taal of die land waarin ons woon glad nie saak maak nie. Dis die Here wat ons geskep het as mense: ons het fisiese behoeftes, ons kan nie op n ander plek wees as hier en nou nie en Hy maak dit vir ons moontlik om so te kan wees om hier en nou te kan leef. Maar nou moet ons ook nie onderskat watter groot invloed ons eie gebrokenheid op hierdie situasie het nie. Ons raak te lief vir die fisiese dinge wat die Here gee. Israel het begin om al hulle hoop te stel, nie in God nie, maar in die feit dat hulle in die land Israel bly, en dat die Here se tempel in Jerusalem staan. Hulle het gedink dat die Here nooit sou toelaat dat die land, of Jerusalem of selfs die tempel van hulle af weggevat sou word nie. Maar uiteindelik is dit juis wat gebeur het: Israel is in ballingskap weggevoer, Jerusalem en die tempel is verwoes. Dit gaan nie oor die dinge wat die Here gee nie, dit gaan oor die Here wat daardie dinge gee. Wanneer Hiskia n dreigbrief van die Assiriese koning kry vat hy dit na die Here toe(jes 37:14): Hiskia het die briewe wat die gesante gebring het, gevat en gelees. Daarna het hy na die huis van die Here toe gegaan en die briewe in die teenwoordigheid van die Here oopgesprei. Toe het hy tot God gebid... Hezekiah received the letter from the messengers and read it. Then he went to the temple of the Lord and spread it out before the Lord. And Hezekiah prayed to the Lord... In sy gebed bely Hiskia dat die Here die lewende God is; hy erken dat dit anders is wanneer die Assiriërs vir Israel dreig(threatening), as wanneer hulle ander volke dreig, omdat net Israel se God die ware lewende God is en daarom bid Hiskia in v.20: Here ons God, red ons tog uit die mag van die Assiriëse koning. Dan sal al die koninkryke van die aarde besef dat net U, Here, God is. Now, Lord our God, deliver us from his hand, so that all the kingdoms of the earth may know tha you, Lord, are the only God. Dat God red, gaan nie soseer oor wie Hy red nie, maar eerder oor die feit dat Hy red. Hy verheerlik Homself deur mense te red. Hy verheerlik Homself deur mense te red wat nie verdien om gered te word nie. Daarom het die Here vir Hiskia belowe(jes 37:32): Daar sal mense oorbly en uit Jerusalem kom, daar sal mense vry van Sionsberg af uitgaan. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg. For out of Jerusalem will come a remnant, and out of Mount Zion a band of surivors. The zeal of the Lord Almighty will accomplish it.

Jerusalem het nie geval in Hiskia se tyd nie daar het mense oorgebly en uit Jerusalem uit gekom, maar omtrent 150jaar later is Jerusalem toe tog verwoes, en die volk is weggevoer in ballingskap. Hierdie belofte van die Here dat Daar sal mense oorbly en uit Jerusalem kom, dat daar mense vry van Sionsberg af sal uitgaan. Het uiteindelik gewys op die groter verlossing wat die Here sou laat aanbreek. In ballingskap tyd moes Israel leer dat hulle nogsteeds die Here se volk is, selfs al woon hulle nie in die land wat Hy vir hulle gegee het nie, en al is die tempel wat Hy laat bou het verwoes. Die Here is nie gebind aan plekke en aan geboue nie Hy is oral teenwoordig. Vandag kan ons dankbaar terugkyk na die koms van ons Here Jesus. Hy moes die spanning rondom Israel en Jerusalem en hulle vyande kom oplos. Jerusalem was altyd bedoel om spesiaal te wees, maar terselfdetyd het Israel se sonde veroorsaak dat daar niks anders met Jerusalem kon gebeur as om verwoes te word nie. Daarom het Christus gekom om verwoes te word: Hy het hoeveel keer vir die Fariseërs gesê dat die tempel afgebreek en weer in drie dae opgebou sou word. En hulle kon nie verstaan wat Hy bedoel het, totdat Hy aan die kruis gesterf het, en na drie dae weer opgestaan het uit die dood nie. Dis alleen maar in Christus wat ons nuutgemaak word om God te kan dien soos wat Israel nog altyd bedoel was om Hom te dien. Dis alleen maar deur die geloof in ons Here Jesus, wat ons lewend uit ons sonde dood kan uitkom om vry te wees. Dis al hoe ons getroos kan word. Ons kan alleen maar getroos word deur die feit dat ons in lewe en sterwe nie aan onsself nie, maar aan ons getroue Verlosser, Jesus Christus, behoort. Buite Hom is daar geen troos nie: nie in my taal nie, nie in my kultuur nie, nie in n universiteit nie, nie n graad of n salaris nie sonder Christus sal al hierdie dinge geen waarde hê nie. Sonder Christus is taal en kultuur, of watter fisiese ding ookal iets wat jou lewe gaan oorneem, wat alles van jou gaan vra, sonder om vir jou iets terug te gee. In die laaste paar weke lyk dit of jy nie iets gesê het voor jy nie n hashtag daarvan gemaak het nie. So as ek n hashtag moet gee vir waartoe die Here ons roep is dit #skyfie: #Imustfall #ChristmustRise Dink aan hoe jy die laaste paar weke hanteer het. Dink aan hoe jy gereageer het op die verskillende protesaksies en op die uitstel van die eksamen. Watter mense het jy beskou as jou vyande? Wie is jou span? Baie keer wys ons reaksie op krisisse vir ons die dinge uit, waarop ons ons hoop bou. Die troos is dat ons in Christus sal lewe, selfs al sterf ons. Ons sal lewe selfs al word ons ergste vrese in die lewe waar. Maar dan moet ons lewens veilig wees in Christus. Dan moet ons van harte glo dat Hy ons met sy bloed kom koop het sodat ons - nie maar net aan ons kultuur, of aan die vreugdes van hierdie lewe kan behoort nie maar aan Hom.

Ons glo in God nie maar net omdat Hy vir ons alles gee wat ons wil hê nie. Ons glo in God omdat Hy die enigste Here is. Ons glo in Hom omdat Hy aan ons die geloof geskenk het. Ons glo in Hom omdat Hy ons as sy kinders aangeneem het. Ons glo in Hom omdat Hy aan ons n nuwe identiteit in Hom kom gee het, wat niks of niemand van ons kan wegneem nie. Mag ons daarom, wanneer ons hierdie week in gaan met al sy omstuimigheid, gaan lewe as mense wie se vertroue nie in hierdie wêreld is nie, maar in die lewende God. Dit gee vir ons ruimte om ons identiteit uit te leef, om standpunt in te neem vir wat reg is, om die regte van alle mense te beskerm alles in n poging om die Here, die lewende God, te verheerlik. Amen.