Nuwe Lied Bediening. Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

n Prins word die Skaapwagter

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Parashah 8: Vayish lach (חלשיו) En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Nuwe Lied Bediening. Parashah 36: B ha alotcha As Jy Die Lampe Opsteek

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

Doen Eers n Kosteberekening

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,... (Lev. 26:3)

TORAH (WET) EN GENADE. LES 6 (Deel 3): HOORDERS EN DADERS VAN TORAH

GEGROND IN TORAH. Alvorens daar met die nuwe siklus van Parashah HaShuvua begin word, moet helderheid oor sekere basiese begrippe eers verkry word.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 14: Va'era Hy het verskyn

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Nuwe Lied Bediening. Parashah 9: Vayeshev En Hy Het Gewoon

Parashah 11: Vayigash (ויגש) En Hy Het Nader Gekom

Parashah 14: Va'era ( וארא ) Hy het verskyn

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 5: Chayei Sarah Die Lewenjare van Sarah

Les 6 vir 10 November 2018

Parashah 51: Nitzavim (נצבים) Wanneer Jy Staan. Deut. 29:14 en 15 Ook Die Wat Nie Vandag Hier Staan Nie.

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Parashah 52: Va yelech (וילך) En Moses Het Gegaan

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Van Vervolger tot Prediker

Ps.119:89. יהוה Die een naam wat uitstaan is die naam van Moses. Ons lees dat die volgende sê: Ex. 33:17

Nuwe Lied Bediening. Parashah 31: Emor Spreek, Praat, Sê.

Nuwe Lied Bediening. Parashah 10: Miketz Aan die Einde

Midrash (Torah Bespreking)

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Wegraping (Saamgevat)

Nuwe Lied Bediening. Parashah 8: Vayish lach En Hy Het Gestuur. Nuwe Verbond: Matt. 26:36 tot 46; Rom. 12:19; Fil. 3:5; Heb. 8:8; Jak. 7:4 tot 10.

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Parashah 22: Vayak hel :(ויקהל) Bymekaar Roep. Haftorah: 1 Kon. 7:13 tot 26 en 40 tot 50 Die Pilare van Salomo se Tempel

Parashah 45: Va etchanan (ואתחנן) En Ek Het Gesmeek.

Parashah 1: B'reisheet ( בראשית ) In die begin. In die oorsprong het God die hemele en die aarde geskep (Gen. 1:1 PWL Vertaling) 1

Parashah 3: Lech L cha לך) (לך Jy, Gaan jy!

Parashah 17: Yitro (יתרו) (Jetro)

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Parashah 23: Pekudei (פקודי) Berekening. Haftorah: 1 Kon. 7:51 tot 8:21 Geen Heerlikheid sonder Torah nie!

Wie Is Jou Rabbi? Ondermeer word Sag. 8:19 tot 23 as bewys hiervoor aangehaal, veral vers 23 waar die profeet Saggaria sê:

DIE FEESTYE VAN YHVH. Les 6 (Deel 1): DIE DERDE FEESSEISOEN: TESHUVAH DIE DAE VAN TERUGKEER

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

OM TE JUDAÏSEER. In Skriftuurlike verband beteken Judaïseer egter om n Jood (Joods) te word soos ondermeer volgens Ester 8:16 en 17 duidelik is:

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Luister na God. enlewe vir ewig

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

Parashah 27: Tazria (תזריע) Swanger word

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Parashah 44: D varim (דברים) Woorde

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Nuwe Lied Bediening. Parashah 13: Sh mot Name

Ons Hebreeuse Wortels

Pretoria- 23 Junie 2012

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Heb. 7,8 10 is vir my vanselfsprekend, maar miskien moet dit in detail in PLAIN Afrikaans verduidelik word.

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

BRUID VAN JESUS. PREDIKER: Pastoor Johan Putter PLEK: Mbombela DATUM: 9 Julie Page 1 of 11

DIE FEESTYE VAN YHVH LES 8: DIE DERDE FEESSEISOEN: DIE DAG VAN VERSOENING (YOM KIPPUR)

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

1. Aanbiddingswette Wie en hoe aanbid word - Dit kan tog nooit verander nie. Hierby is ingesluit, wette wat spesifiek teen 'n heidense gebruik se insl

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

Waar is God as ons swaarkry?

NEW INTERNATIONAL VERSION

DIE WEGRAPING/WEDERKOMS VAN JESUS CHRISTUS?

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

GEBED AS LEEFSTYL. Gebed is uiters belangrik!!!

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Parashah 41: Pinchas (פינחס) Pinehas. Midrash (Torah Bespreking) In Die Midde Van Sonde Geen Vrede Nie!

Transcription:

1 Nuwe Lied Bediening Hy het n nuwe lied in my mond gegee, n lofprysing tot ons God sodat baie dit sal sien en respekvol vrees en op Yahuah vertrou. Ps.40:3. Yeshua is die Boom van die Lewe. Wanneer ons die Torah bestudeer moet ons יהוה onthou dat Yeshua Die Gesalfde Een die Lewende Torah is die Woord van wat vlees geword het die Torah van Malki-Tzedek. Hy is die weg na die waarheid wat lewe gee die Lewende Manna wat uit die hemel gestuur is. Sonder Yeshua wat deur die Afgesonderde Gees in ons, en deur ons lewe, sal die Torah van יהוה net die dooie letter van die wet wees!! Yeshua is die hart van die Vader! Parashah 51: Nitzavim Wanneer Jy Staan Hou dus die woorde van hierdie verbond om dit te doen sodat julle voorspoedig kan wees in,יהוה alles wat julle doen. Julle staan vandag, almal van julle, voor die Teenwoordighed van julle God: julle hoofde, julle stamme, julle oudstes en julle ampsdraers, al die manne van Yisra el. Deut. 29:9 en 10 1 Torah: Deut. 29:9 tot 30:20 Haftorah: Jes. 61:10 tot 63:9 Nuwe Verbond: Luk. 24:1 tot 12; Hebr. 8:7 tot 12; Rom. 1:18 tot 25; Rom. 2:28 en 29; Kol. 2:11; Rom. 10:6 tot 8; Joh. 10:1 tot 5; Open. 22:18 tot 20; Open. 3:5. Vorige notas vir Parashah 51 kan afgelaai word by: http://nuwelied.info/?page_id=1182 Everyone recognizes that Stephen was Spirit-filled when he was performing wonders. Yet, he was just as Spirit-filled when he was being stoned to death. Leonard Ravenhill. Many pastors criticize me for taking the Gospel so seriously. But do they really think that on Judgment Day, Christ will chastise me, saying, Leonard, you took Me too seriously? Leonard Ravenhill. We fear men so much because we fear God so little. One fear cures another. When man's terror scares you, turn your thoughts to the wrath of God William Gurnall. Radical obedience to Christ is not easy... We are settling for a Christianity that revolves around catering to ourselves when the central message of Christianity is actually about abandoning ourselves David Platt. 1 Alle teksverwysings is geneem uit PWL (Pad van Waarheid tot die Lewe) Vertaling (www.padwlewe.ch), behalwe waar anders vermeld. Om n kopie van die Bybel te bekom kan Gerrie Coetzee per e-pos by gerrie@padwlewe.ch gekontak word of telefonies by 074 361 2134.

2 Torah Bespreking Hersiening In die vorige Torahskriflesing is die keuse wat elkeen het bespreek, naamlik: Gaan ek die beste van my lewe en materiële seëninge aan Vader-God gee terwyl ek Sy Koninkryk in besit neem? Dit is waarvan die eerstelinge van al die vrugte volgens Deut. 26:1-2 n sinnebeeld is! Hierdie Torahbeginsel geld steeds in die nuwe verbond! Die Afgesonderde Gees sal elkeen ook neem na die plek wat God sal kies om Sy Karakter en Outoriteit daar te vestig! Dit is die plek waar elkeen n bydrae maak om יהוה se Koninkryk in besit te neem en is die geestelike betekenis wat Deut. 26:8-10 ons leer. Soos Yisra el van ouds die land Kena an in besit moes neem deur gehoorsaamheid aan die Torah van Mosheh, so moet ons die Koninkryk van God in besit neem deur gehoorsaamheid aan יהוה se Torah soos dit Yeshua vervolmaak is. Wanneer ons die name van hierdie, en die vorige twee Torahskriflesing bymekaar voeg, kry ons die volgende prentjie: Wanneer jy uitgaan (Ki Tetze), naamlik uit die wildernis, en jy ingaan (Ki Tavo), naamlik in die land Kanaän, dan moet jy staan (Nitzavim), naamlik vashou aan die Torah van Mosheh sodat jy staande kan bly en in alles voorspoedig kan wees. Daarom kan ons die openingvers van hierdie week se Torahskriflesing ook soos volg op ons van toepassing maak: Onderhou (sh mar luister met die doel om daarvolgens te reageer) dan die woorde (dabar Yeshua is die Woord) van hierdie verbond (van die Torah van die nuwe verbond) en volbring dit (asah handel nougeset daarvolgens), sodat julle voorspoedig (sakal met wysheid en insig) kan uitvoer alles wat julle doen. Om Te Staan En Staande Te Bly Ons leef in die dae waar Yeshua se woorde bewaarheid word toe Hy gesê het: 25 Daar sal tekens wees aan die son, aan die maan en aan die sterre en op die aarde: die lyding van nasies en die saamgryp van hande oor die harde dreuning van die see 26 en n aardbewing wat mense se gees van angs sal uitdryf oor wat oor die aarde gaan kom en die leërmagte van die hemel sal geskud word. Luk. 21:25-26. Deur vertroue in Yeshua as Die Gesalfde van,יהוה tesame met getrouheid aan die Torah soos in Yeshua vervolmaak is, het ons die vrymoedigheid om in,יהוה ons God en Vader, se Teenwoordigheid te staan! Dan sal ons geseën word, naamlik voorspoedig wees in alles wat ons doen, en sal ons staande bly in die einde van dae wat ons reeds beleef! Daarom word ons herinner en bemoedig deur Paulus se woorde: 15Wees daarom standvastig, my broers en hou vas aan die opdragte wat julle geleer het òf in die Boodskap òf in n brief van ons. 16Mag ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en God-ons-Vader, wat ons lief het en vir ons n ewige troos en versterking en n goeie versekerde verwagting in onverdiende guns gegee het, 17julle verstand wil en emosie versterk en vertroos en mag Hy in elke woord en goeie daad wees! 2Thess. 2:15-17. Ons weet dat Yeshua se wederkoms naby is en dit herinner ons aan ons Meester se woorde in Matt. 24:32-38:

3 32 Leer van die vyeboom hierdie vergelykende storie: teen die tyd dat sy tak sag word en sy blare uitbot, weet julle dat die somer naby is. 33 Net so verstaan julle ook, wanneer julle ál hierdie dinge sien, dat Hy naby is, voor die deur. 34 Dit is waar, Ek sê vir julle, hierdie volksfamilie sal nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. 35Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar My boodskappe sal nie verbygaan nie, 36 maar wat betref daardie dag en die uur weet niemand nie, selfs nie die boodskappers van die hemel nie, maar slegs die Vader alleen, 37 maar net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees, 38 want net so was hulle voor die vloed; hulle het geëet en gedrink, vroue en mans gevat, tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het Ons weet nie die dag en die uur van Yeshua se wederkoms nie, maar volgens al die tekens in die hemel en op aarde leef ons in die seisoen daarvan! Ten spyte van al die waarskuwingstekens lewe die oorgrote meerderheid van die wêreldbevolking, en selfs die kerk, asof Yeshua se wederkoms en יהוה se oordeel nooit sal kom nie. Hulle is as te ware spotters van יהוה omrede hulle Die Almagtige se waarskuwings verontagsaam. Dit is waarlik soos in die dae van Noag! Petrus herinner ons in 2Pet. 3:3-7 daaraan dat daar sulke mense sal wees, asook dat die huidige hemele en die aarde deur dieselfde boodskap bewaar en opsy gesit is vir die vuur op die dag van oordeel en die vernietiging van bose mense. 3 Soos julle reeds weet, sal daar in die laaste dae spotters kom wat spot terwyl hulle volgens hulle eie begeertes leef 4 en sê: Waar is die belofte van Sy koms, want vandat die vaders dood is, bly alles net soos dit was van die begin van die skepping af. 5 Hulle is opsetlik onkundig dat daar lank terug al hemele was en land wat vanuit water en tussen water ontstaan het deur die boodskap van God, 6 waardeur die wêreld van daardie tyd met water oorstroom en vernietig is, 7 maar die huidige hemele en die aarde is deur dieselfde boodskap bewaar en opsy gesit vir die vuur op die dag van oordeel en die vernietiging van bose mense. Maar deur ons vertroue en getrouheid sal ons ook soos Noag guns by יהוה vind en sal ons in Sy Teenwoordigheid staan en sal ons staande bly!! Bepeins of Bespreek: יהוה is die begin van wysheid. (Spr. 9:10). Diegene wat יהוה 1. Die respekvolle vrees vir respekvol vrees het geen gebrek nie en sal Sy se goedheid ondervind (Ps. 34:8-10). Die ware betekenis van die respekvolle vrees van יהוה het verlore geraak in n selfismegedrewe godsdiens van eie onpartydige opregtheid! Haftorah Bespreking Jes. 61:10 tot 63:9 Beklee met Redding en Onpartydige Opregtheid Hoofstuk 61 van Jesja is profeties van die jaar van guns wat יהוה aan Yisra el belowe het. Daarom sê Yesha yahu:

4 Die Gees van God -יהוה is op My omdat יהוה My gesalf het om goeie nuus te bring aan die geteisterdes; Hy het My gestuur om die gebrokenes van verstand, wil en emosie op te bind, om vryheid vir die weggevoerdes te verklaar en loslating vir gevangenes. Jes. 61:1. Hierdie goeie nuus was verwysend na Yeshua soos Hyself bevestig het aan die twee studentevolgelinge van Yoganan wat navraag kom doen het: 4 Yeshua antwoord en sê vir hulle: Gaan vertel aan Yoganan daardie dinge wat julle hoor en sien: 5 die blindes sien, die kreupeles loop, die melaatses word rein, die dowes hoor, die dooies staan op, die armes hoor die goeie boodskap 6 en geseënd is elkeen wat nie deur My sal struikel nie. Matt. 11:4-6. Yesha yahu het geprofeteer dat יהוה weer in die midde van Sy volk, Yisra el, sou kom woon deur die boodskap (woord) wat vlees sou word (Joh. 1:1 en 14). Daarom spreek Yesha yahu die woorde wat oor Yisra el se lippe sal kom met die vervulling van hierdie profesie: 10 Ek sal my grootliks verbly in,יהוה my lewe sal in die rondte swaai van vreugde in my God, want Hy het my aangetrek met klere van verlossing, Hy het my in die mantel van onpartydige opregtheid toegedraai, soos n bruidegom die hoofversiersel ombind en soos n bruid haarself versier met haar juwele, 11 want soos die aarde sy spruite voortbring en soos n tuin dit wat gesaai is, laat uitspruit, so sal God -יהוה onpartydige opregtheid en lofprysing laat opspring voor al die nasies. Jes. 61:10-11. Eerstens bevestig hierdie woorde dat Yisra el die klere van verlossing sal aantrek. Die Hebreeus vir verlossing is yesha wat die grondwoord vir yeshua is n heenwysing na Yeshua, dié Gesalfde Een, wat die Verlosser van Yisra el is. Tweedens sal Yisra el met die mantel van onpartydige opregtheid toegedraai word. Dawid leer ons in Ps. 119:172 wat יהוה se onpartydige opregtheid is, naamlik: My tong sal praat van U boodskap, want al U opdragte is onpartydig opreg. Torah יהוה se onderrig en instruksies is יהוה se onpartydige opregtheid! Daarom is onpartydige opregtheid om יהוה se Torah te onderhou, en sonde is wetteloosheid, naamlik die oortreding van Torah (1Joh. 3:4). Jes. 61:10 bevestig dus die verband wat daar bestaan tussen vertroue in die verlossingswerk van Yeshua aan die folterpaal en die werke van onpartydige opregtheid op grond van vertroue. Paulus bevestig dit ook in sy brief aan die Efesïers: 8 want dit is as gevolg van Sy onverdiende guns dat ons deur die vertroue gered is en dit is nie uit onsself nie, dit is n geskenk van God, 9 nie deur dade nie sodat niemand kan roem nie, 10 want ons is Sy skepsele, wat geskape is in dié Gesalfde Een, Yeshua, vir die goeie dade wat God van die begin af vir ons voorberei het om in te leef. Efes. 2:8 tot 10. Terwyl dit waar is dat ons alleenlik deur vertroue in die versoeningswerk van Yeshua aan die folterpaal gered word, is dit eweneens waar dat ons as nuwe mens (wedergebore) deur vertroue in Yeshua geskape is vir die goeie dade wat God van die begin af vir ons voorberei het om in te leef. Hierdie feit word ook deur Ya acov bevestig in sy verduideliking dat geloof sonder werke nuttelose (dooie) geloof is (Jak. 2:14-21).

5 21 Is Avraham, ons vader, nie vanuit sy dade onskuldig verklaar toe hy Yitz gak, sy seun, op die altaar gesit het nie? 22 Sien jy dat sy vertroue sy dade bevestig het en dat sy vertroue volmaak geword het deur dade? Jak. 2:21-22 Die Skrifte leer dat vertroue in Yeshua hand-aan-hand gaan met gehoorsaamheid aan Torah!! Hoewel ons alleenlik deur vertroue in Yeshua as dié Gesalfde Een as onpartydig en opreg gereken word, soos ondermeer in 2Kor. 5:21 bevestig word, moet dit opgevolg word deur dade wat die bewys van ons vertroue is. Sonder die dade is dit nuttelose geloof!! Dit is egter eweneens waar dat die dade van Torahgehoorsaamheid sonder vertroue in Yeshua as dié Gesalfde Een ook nuttelose geloof is! Daarom is die dade van Torahgehoorsaamheid van Rabbynse Judaïsme nuttelose vertroue in die God van Avraham, Yitz gak en Ya acov, want hulle verwerp Yeshua as dié Gesalfde van God. Fisiese Yisra el (die Jodedom) wat Yeshua verwerp, het nie die klere van verlossing aangetrek nie en hulle is nie toegedraai in die mantel van onpartydige opregtheid nie soos wat Yesha yahu geprofeteer het! Daarom leer ons in die boek van Openbaring dat die uitstaande kenmerke van die gelowiges in die eindtye hulle getuienis sal wees van vertroue in Yeshua as dié Gesalfde Een en hulle gehoorsaamheid aan יהוה se Torah soos in Yeshua vervolmaak is. Die draak was woedend vir die vrou en hy het gegaan om oorlog te voer teen haar en dié wat oorgebly het van haar Seun, dié wat die opdragte van God nakom en die getuienis van Yeshua vashou. Open. 12:17 Hier is die volharding van die afgesonderdes: hulle wat die opdragte van God uitvoer en getrou bly aan Yeshua. Open. 14:12 Nou kan ons die kleed van onpartydige opregtheid in Jes. 61:10 vergelyk met die bruilofskleed van Open. 19:7-9: 7 Ons verheug ons en vier fees. Ons gee aan Hom die eer, lof en aanbidding, want die bruilof van die Lam het gekom en Sy vrou het haarself gereed gemaak. 8 Skoon en glansende fyn linne is aan haar gegee om aan te trek, want fyn linne is die opregtheid van die afgesonderdes. 9 Hulle sê vir my: Skryf: geseënd is die wat geroep is na die feesmaal by die bruilof van die Lam. Een sê vir my: Hierdie is die ware boodskap van God. Skoon en glansende fyn linne is die bruilofskleed waarmee diegene beklee word wat Yeshua as dié Gesalfde Een bely, en wat volgens Vader-God se onderrig en instruksies soos dit in Yeshua vervolmaak is, lewe. Dit is egter belangrik om daarop te let dat die bruilofskleed aan die bruid gegee is sy het dit nie verdien nie! Die bruilofskleed word gegee aan die bruid wat haar verlustig in יהוה se wet (Ps. 1:1-2; Rom. 7:22). Die bruid is sy wat die Bruidegom, Yeshua, so liefhet dat sy volgens die huwelikskontrak die Torah in alles aan Hom gehoorsaam wil wees. Op sy beurt het die Bruidegom Sy bruid so lief dat Hy haar sal vergewe wanneer sy uit swakheid n voorwaarde van die huwelikskontrak oortree. Terwyl die Bruidegom weg is om die plek (woning) vir die bruid voor te berei (Joh. 14:2), sal die Afgesonderde Gees die bruid ondersteun en leer hoe om in elke opsig gehoorsaam en getrou te wees. Die Bruidegom toets en ken die hartsgesindheid van Sy bruid.

6 Yesha yahu profeteer en sê: Die nasies sal jou onpartydige opregtheid sien en al die konings jou lof en eer (Jes. 62:2). Wanneer ons met יהוה se onpartydige opregtheid beklee is, sal dit n sigbare manifistasie wees wat ander sal kan sien. Dit moet n innerlike verandering wees wat uiterlik sigbaar word en as trekpleister vir ander sal dien. Ons moet nie vir mense vertel dat ons יהוה se onpartydige opregtheid in Yeshua is nie (2 Kor. 5:21). Nee, hulle moet dit kan sien!! Maak die pad oop! Gaan deur, gaan deur die poorte, maak die pad oop vir die mense! Bou op, bou op die hoofpad; verwyder die klippe, lig n banier op oor die volke! Jes. 62:10. Alvorens יהוה se volk terug kan keer na die ou paaie van Vader-God se onpartydige opregtheid waarop ons vaders Avraham, Yitz gak en Ya acov gewandel het, moet die poorte van Babilon van geestelike gevangenskap oopgebreek word sodat die volk vry kan uitgaan. Die klippe van geestelike misleiding moet vanuit die krag van God verwyder word en rebelse vestings moet onderwerp word aan die gesag van.יהוה Sha ul verduidelik dit soos volg: 4 want die wapens van ons oorlog is nie van die vlees nie, maar vanuit die krag van God en daarmee onderwerp ons rebelse vestings, 5 ons breek argumente en elke hoë skeiding wat teen die kennis van God opgerig word, af en neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Die Gesalfde Een. (2Kor. 10:4-5). En op hierdie pad moet Yeshua Messias as die vleesgeworde Torah van יהוה opgelig word as banier en as rigtingwyser tot יהוה se onpartydige opregtheid. Yoganan, die Doper, het die weg vir Yeshua voorberei (Matt. 3:3) en was die heenwysing na die eindtye wanneer n menigte Johannes-die-dopers sal kom om die weg na die ou paaie van vertroue in Yeshua en gehoorsaamheid aan Torah voor te berei. Dit is om die pad oop te maak vir die wederkoms van Yeshua!! Mag ons almal in hierdie dae beklee wees met YHVH se onpartydige opregtheid deur vertroue in Yeshua en getrouheid aan Vader se Torah! Bepeins of Bespreek 1. Lees Matt. 7:21 tot 23, veral vers 23 wat lees: Gaan ver weg van My af, julle wat teen die wet werk! Gesien in die lig van wat יהוה se onpartydige opregtheid is, is die vraag of diegene wat teen die wet werk (wetteloos is, verklaar dat hulle vry van die wet is) die Koninkryk van God sal beërwe? Bepeins of bespreek dit in die lig van die betekenis van Jes. 61:10, asook Matt. 6:33 en Rom. 10:1-3. 2. Kan mense ons onpartydige opregtheid sien en יהוה se Gemanifisteerde Teenwoordigheid ervaar indien ons dieselfde lyk, praat en doen as die wêreld of deur die heidense gebruike wat die kerk binnegedring het te volg? Is die vernuwing van die gemoed (Rom. 12:2) dan nie juis om anders as die wêreld (en die hedendaagse kerk) respekvolle eerbied aan God te toon nie? -o-o-o-o-o-o-o-

7 Ontvang יהוה se Woord met welwillendheid, maar ondersoek self die Skrifte of hierdie dinge die waarheid is (Hand. 17:11). Shabbat Shalom. Johan. Epos: kontak@nuwelied.info Webwerf: http://www.nuwelied.info Kopieë mag gemaak en gratis versprei word, maar mag nie verkoop word nie. Geen veranderinge mag aan die oorspronklike teks aangebring word en dit dan onder die naam van Nuwe Lied Bediening versprei nie.