Kerkbode, uitgawe van 20 April 2012, se berigte oor die nuwe Bybelvertaling 1.0 Spasiëring 7 Bladsye

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

n Prins word die Skaapwagter

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Catharina Maria Conradie

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Les 6 vir 10 November 2018

Van Vervolger tot Prediker

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Die maan en sy rol in ons wereld *

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

GOD STORIES LEIERSGIDS. Uitgawe 2017 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

ONTLEDING VAN ÉN KOMMENTAAR OP UITSPRAKE VAN DIE VERTALERS VAN DIE BYBELVERTALING WAT IN 2016 OF LATER GAAN VERSKYN. 1.

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Lisa Bevere. New York Times- topverkoperskrywer DIE LEEUTJIE. Illustrasies deur Kirsteen Harris-Jones

22.4 RAPPORT DEPUTATE LITURGIESE SAKE LIEDBOEKE IN VERSKILLENDE TALE (Art 163)

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

Die betekenis van die kruis (1)

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Christusprediking uit die Ou Testament. n Nuwe benadering tot n ou probleem? 1

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Waar is God as ons swaarkry?

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Pretoria- 23 Junie 2012

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Kom ons herinner mekaar aan die toetse wat ons tot nou toe hanteer het:

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

IN PIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (TRANSVAALSE PROVINSIALE AFDELING)

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

4. Struktuur Van Profesie

Die Kalender uit die Skrif

Wat is die regte grondteks?

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mark 11:1-7. Jesus se intog in Jerusalem, en wat Hy daarmee aan ons openbaar (a).

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

1741. Majoor Cronwright gese het ek moet Dr. Aggett on- dervra, het ek eers ek dink, twee dae, gespandeer

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Christus alléén in Psalm 110

STEPHAN PETER WHITEHEAD (Nog onder eed) verklaar verder : Lieutenant, did it ever come to your notice before the

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Wat kan die kerk doen?

Die tragedie wat die 2010 sokker Wêreldbeker weer vir my uitgelig het.

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Belowe God regtig dat Hy dit altyd met jou goed wil laat gaan?

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

Addendum A Consent form

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Laat die Woord Getuig

Die volgende artikel het oorspronklik in die Kerkbode van 6 Februarie 2015 verskyn. Kyk ook die kommentaar onderaan die artikel.

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

n Teologiese ondersoek na die rol van toleransie en omarming in die hantering van leerstellige en morele verskille, met verwysing na die

Oorsig van navorsingstuk

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Die missio Dei en die bestudering van die Ou Testament

Transcription:

Kerkbode, uitgawe van 20 April 2012, se berigte oor die nuwe Bybelvertaling 1.0 Spasiëring 7 Bladsye In n neutedop... Die stryd om die handhawing van Christus se ereposisie in die Ou Testament is al dekades lank in ons land aan die gang. Met die vertaling van die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling wat in 2016 of later gaan verskyn, word hierdie stryd nou soveel meer aktueel. Daar werk in totaal meer as 140 teoloë en letterkundiges mee aan hierdie nuwe Bybelvertaling. Die Bybelvertalers wil weer Christus se Name, byvoorbeeld God, Here, Seun (van God), Koning, Priester, Profeet en Messias, met kleinletters skryf in die Messiaanse profesieë in die Ou Testament soos dit reeds in die 1983-vertaling gebeur het. In die berigte wat in Kerkbode se uitgawe van 20 April 2012 verskyn het, kies Kerkbode saam met die Bybelvertalers en die Bybelgenootskap, kant ten gunste van die gebruik van kleinletters. In antwoord daarop is hierdie dokument geskryf. Hierin word onder andere die volgende gestel: Al die lidmate en n groot deel van die leraars wil hoofletters hê. Dit is dus net n klein persentasie wat kleinletters wil hê en dit is die teoloë wat vir die valse teologie geval het waaruit die gebruik van kleinletters na vore kom. In die meeste Engelse Bybelvertalings word die Name van Christus met hoofletters geskryf in die Messiaanse profesieë in die Ou Testament. Dit is in die minderheid Engelse Bybelvertalings wat die voornaamwoorde (byvoorbeeld He, Him en His) met hoofletters geskryf is. Die Bybelvertalers gebruik n valse vertrekpunt deur te beweer dat die oorspronklike tale (Hebreeus, Aramees en Grieks) in Afrikaans oorgesit moet word sonder dat die dogma (boodskap) van die Bybel (naamlik die Evangelie) ook in die Bybelvertaling weergegee moet word. Die gevolg is dat baie van ons geestelike leiers (baie teoloë) tans die Afrikaanssprekende gelowiges mislei. Dit is elkeen se plig om hierteen op te staan en vir die waarheid te stry. Kerkbode se uitgawe van 20 April 2012 het berigte bevat in verband met die nuwe Bybelvertaling, wat in 2016 of later gaan verskyn. In reaksie hierop het ek n brief aan Kerkbode gestuur, om op hulle webblad te plaas. Hierdie brief is daarna verleng om hierdie dokument te word. Hierdie dokument (asook die dokument, getitel: n Probleem in Bybelvertalings) is voorgelê aan ds Kritzinger (die uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap) en prof Combrink (leier van die Afrikaanse Bybelvertalings-projek), voor en tydens ons ontmoeting en gesprek op 2 Mei 2012. Die doel van hierdie brief is om met eer te stry vir saak van eer.

Aangesien ek bewus was daarvan dat 20 April se uitgawe van Kerkbode n paar berigte oor die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling sou bevat, het ek baie na die verskyning daarvan uitgesien. Wat egter gebeur het, is dat n aantal teleurstellings my ingewag het. Die probleem handel veral oor die beriggewing in verband met die hoofletter/kleinletter-stryd in die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling. Dit is duidelik dat Kerkbode hom aan die kant van die voorstanders van kleinletters skaar. Dit blyk onder andere daaruit dat in die opskrif van die berig hieroor (op bladsy 4) die voorstanders van hoofletters as beswaarmakers aangedui word. Die vraag is: Kan Christus se Name in die Ou Testament maar met kleinletters geskryf word? Met die eerste oogopslag klink so-iets reeds vreemd. Die kleinletter-neiging is n reuse bedreiging. Die eer van Christus is hier op die spel. Ons teoloë wil Christus uit die Ou Testament wegvertaal. Die volgende punte verdien aandag: 1. Praktiese implikasies van die gebruik van kleinletters U sal sekerlik met die volgende vier punte saamstem: Eerstens: Die gebruik van kleinletters kan mense van die Bybel, die Christendom en die kerk vervreem. Mense lees nie die Bybel om te kyk hoe hulle Christus daaruit kan wegkry nie, maar hoe hulle Hom daaruit beter kan leer ken. Mense gaan ook nie kerk toe met die doel om uit n Bybel onderrig te word waaruit Christus tot n groot mate wegvertaal is nie. As die Bybelgenootskap en die Bybelvertalers van mening is dat die Afrikaanssprekende publiek Christus se Name uit die Ou Testament wegvertaal wil hê, slaan hulle die bal volledig mis. Daar is 25 denominasies wat aan hierdie vertaling meewerk. As die Bybelvertalers reken dat daar van hierdie kerke se lidmate is wat kleinletters verkies, moet hulle asseblief hierdie kerk(e) se naam/name noem. Verder moet hulle bewus wees daarvan dat hulle beweringe enige tyd met van die betrokke lidmate getoets kan word. Tweedens: Deur die gebruik van kleinletters word verdeeldheid tussen Christene gesaai. Sekere kerke en individue word gelei om kleinletters te aanvaar, maar die ander sal by hoofletters bly staan. Derdens: In skole word ons jeug verplig om van Graad 4 tot 12 verskillende wêreldgodsdienste naas mekaar te bestudeer. Die gebruik van kleinletters vir die Name van Christus kan die Bybelse leer en die eer van die ware God in hul oë verswak. Vierdens: Die getuienis wat Christene moet uitdra, word hierdeur lamgelê. Dít gebeur in n situasie waar volgelinge van ander gelowe se getalle toeneem. Dink hieraan: n Kwart van die wêreld se jeug word as Moslems grootgemaak. Vanaf drie-jarige ouderdom moet hulle die Qur an memoriseer. Verder, in Suid-Afrika se sentrale regering dien daar tans in die kabinet waarskynlik meer Moslems as Protestantse Christene. Dit dui aan tot watter mate Moslems al in beheer van hierdie land gekom het. Deur die gebruik van kleinletters word die boodskap wat ons aan Moslems en aanhangers van ander godsdienste moet oordra, leeggemaak. Afrikaanssprekende Christene word sodoende in n verleë en magtelose posisie geplaas. 2

2. Die prominente foto van mnr Trevor Manuel op die voorblad Mnr Manuel se foto verskyn op die voorblad na aanleiding van n kerklikmaatskaplike konferensie waar hy opgetree het. Deur sy foto so prominent te plaas, kan dit vir ingeligte Christene, asook Moslems, die indruk skep dat Kerkbode (en dus die Christene in Suid-Afrika) geen probleem daarmee het dat Moslems se beheer oor hierdie land vinnig toeneem nie. Soos u behoort te weet, is mnr Manuel n hoërangse Moslem. Wat meer is, hy is n voorbeeld van n beduidende aantal kabinetministers en adjunkministers, sowel as DG s en Adjunk-DG s van staatsdepartemente, wat Moslems is. Hou in gedagte dat volgens Geopende Deure se jongste Wêreldwaarnemingslys, 37 van die top 50 lande waarin Christene verdruk word, Moslemlande is. Dit is ook die rigting waarin Suid-Afrika beweeg. Waarom noem ek dit? Moslems glo nie dat Jesus wel God is en die Seun van God is nie. Onder streng sharia-wet kan enige mens wat dit glo se kop afgekap word. Deur die geskiedenis heen het dit al duisende Christene oorgekom. Moslems verwys altyd na Mohammed as die Profeet (met n hoofletter) en hulle baseer dit op Deuteronomium 18:15. Wat doen ons Bybelvertalers? Hulle ondergrawe die eer van Jesus deur nie Sy Name in die Messiaanse profesieë in die Ou Testament met hoofletters te skryf nie. Hiermee maak hulle die Skrifboodskap leeg en kan dit teenproduktief in n getuienis- en sendingsituasie aangewend word. 3. Die berig in Kerkbode, op bladsy 4 3.1 Daarin word genoem dat daar waarskynlik n afsonderlike uitgawe van die nuwe Bybel sal verskyn om ses beswaarde kerke wat deel van die vertaalprojek is, asook sekere individue, tegemoet te kom. Die woorde asook sekere individue kan daarop dui dat daar slegs enkele persone uit die publiek is wat hoofletters wil hê. Daarteenoor wil ek graag die werklikheid onder u aandag bring, naamlik: daar sal net enkele individue wees wat kleinletters wil hê. Omdat ek al jare lank op die bediening van die onderwerp van Christus in die Ou Testament konsentreer, het ek al baie met mense hieroor gepraat. Deurgaans was die reaksie (by lidmate en by meeste van die leraars) nog altyd verbasing en ontsteltenis dat die Bybelvertalers kleinletters wil gebruik. Die aangewese weg is dat daar net een uitgawe van hierdie Bybelvertaling moet kom. Dit moet n hoofletter-vertaling wees en hieroor sal die publiek opgewonde en gelukkig wees. Die probleme wat deur twee uitgawes (een n kleinletter- en die ander n hoofletter-uitgawe) veroorsaak word, sal dan ook uitgeskakel word. Dan sal daar geen verwarring en twis tussen Christene oor die nuwe Bybel hoef te wees nie. 3.2 Die opmerking: In die 1983-vertaling is ook kleinletters gebruik en besware daarteen is deur verskeie NG sinodes afgewys. Die betrokke sinodebesluite, en my en prof Hoek se antwoorde daarop, kan op my webblad www.2016vertaling.co.za nagegaan word. (Raadpleeg daarin die dokument: Wil ons n Ou Testament sonder Christus hê? punt 8 en Bylaag 1.) Let wel: Sulke sinodebesluite vorm deel van die laagtepunt van die Christendom se bestaan in hierdie land. 3

3.3 Verder is die opmerking gemaak dat die APK ook die gebruik van hoofletters na ander teksverse wil uitbrei. Dit is presies die rigting wat ingeslaan behoort te word. Hiertoe het die Bybelvertalers nou die geleentheid. In sekere opsigte kan die volgende Bybelvertalings hier as voorbeeld dien: New American Standard Bible (NASB), Amplified Bible (Amp), New King James Version (NKJV), Green s Literal Translation (GLT), New Life Version (NLV), 21st Century KJV (21KJV), Holman Christian Standard Bible (CSB), en The Scriptures wat n Bybelvertaling van die Messiaanse Jode is, ISBN 0-620-22490-8. 3.4 Verder is genoem dat die meeste Engelse Bybelvertalings kleinletters gebruik in byvoorbeeld Jesaja 53:4 (wat aandui dat die voornaamwoorde He, Him en His wat na Christus verwys, hierin met kleinletters geskryf is). Dit blyk wel dat die eerste Bybelvertalings wat tydens en na die Hervorming ontstaan het, kleinletters in die betrokke voornaamwoorde gebruik (en dit seker veral in navolging van die Vulgaat). Hoofletters het eers later, veral in die twintigste eeu, ten opsigte hiervan in gebruik gekom. Maar let nou hierop: In hierdie Bybelvertalings wat in en sedert die Hervorming verskyn het, is Christus se Name in die Ou Testament egter meestal wel met hoofletters geskryf. (Vergelyk die dokument, getitel: Engelse en Latynse Bybels ontleed, en sy BYLAAG. Hierdie dokumente verskyn ook op die webblad www.2016vertaling.co.za). Almal behoort saam te stem dat die gebruik van hoofletters wel n geseënde skryfwyse geword het, en wat ons kan glo volgens die leiding van die Heilige Gees geskied het. Deur die gebruik van hoofletters word eer aan God gebring en kan ook deur die gebruik van hoofletters, die Messiaanse profesieë in die Ou Testament makliker onderskei word. 3.5 In sy ywer om vir kleinletters kant te kies, maak Kerkbode n aantal growwe flaters. Ek word n paar keer aangehaal na aanleiding van n telefoniese gesprek wat Tobie Wiese, Kerkbode se korrespondent, voor 20 April met my gehad het. So byvoorbeeld beweer Kerkbode dat ek gesê het: (ek) sal nie n Bybel met hoofletters koop nie, want dit sal beteken my geld subsideer die kleinletters. As Kerkbode se redaksie mooi na hierdie woorde wil kyk, sal hulle besef dit is n sinnelose weergawe van my standpunt. Die feit is dat ek wel n kleinletteruitgawe sal koop om te sien watter kwaad die vertalers aangevang het, en ek sal ook n hoofletter-uitgawe wil koop om te sien tot watter mate hoofletters gebruik is. Kerkbode beweer verder dat die Katolieke Kerk se Latynse tekste, volgens my, deur die meeste Bybelvertalers gebruik word. Dit was nie my woorde nie, maar n opmerking wat Tobie Wiese eerste gemaak het tydens die telefoniese gesprek. Soos die berig in Kerkbode lui, kan dit aandui dat ek nie dink die Bybelvertalers vertaal uit die Hebreeuse en Griekse tekste nie. Wat ek wel aan Tobie genoem het, is dat die invloed wat vanuit die Katolieke Kerk met sy Latynse tekste kom, wel die gebruik van kleinletters tot gevolg het. Kerkbode beweer verder dat ek gesê het dat Mario Maria Martini tans die leier is van die beweging wat die Katolieke Kerk se invloed in Bybelvertalings wil laat geld. Die feit is egter dat hy die leier daarvan was tydens en na die Vatican II konsilie wat van 1962 tot 1965 gehou is. Hy is vir seker lankal reeds oorlede. 4

4. Kerkbode se berig op bladsye 12 en 13 Die onderhoud met prof Combrink lyk op die oog af gunstig. As n mens egter al n lang pad met die saak kom, sien jy rooi ligte raak. In die middelste kolom op bladsy 13 kom hierdie paragraaf voor: Die BSA (Bybelgenootskap van SA) wil sy doelstellings bereik sonder om leerstellige interpretasies aan die Bybel te gee. Hy voorsien die teks van die Bybel en dit is die kerke se plig om die lidmate aan die hand van die belydenisskrifte in die verstaan daarvan te lei. Hierdie standpunt van die vertalers weerspieël die kern van die probleem. Hierdie standpunt beteken dat die vertaling byvoorbeeld nie hoef te laat blyk dat dit n Goddelike Persoon (dus God self) is wat vir ons sondes sou sterf nie en dat dus in byvoorbeeld Jesaja 53 kleinletters gebruik kan word. Dit kan lei tot misleiding. Die gevolg is dat enige messias beskou kan word as die verlosser van sonde, en dat n gewone mens net sowel vir ons sondes sou kon sterf. Daarby kom nog hierdie argument teen die Bybelvertalers se standpunt, naamlik: As daar geen leerstellige interpretasies in die vertaling van die Ou Testament mag voorkom nie, moet dit logies net so vir die Nuwe Testament ook geld. Dan moet Christus se Name mos ook uit die Nuwe Testament verdwyn! Die berig in Kerkbode sê: Die BSA... voorsien die teks van die Bybel en dit is die kerke se plig om lidmate aan die hand van die belydenisskrifte in die verstaan daarvan te lei. Die feit is egter: Die Bybel word meestal in situasies gelees waar die kerk nie by is om hulle by te staan nie. Al sou die kerk by wees, sal die lesers dan altyd nog die reg hê om te sê: Wat die Bybelvertaling (met sy kleinletters) sê, weerspreek die Evangelie. Nota: Die feit is dat die Bybelvertalers weens talle onbybelse redes kleinletters wil gebruik. Hulle argumente word bespreek in die boek: Wil ons n Ou Testament sonder Christus hê? (lees hoofstuk 7), en ook in die dokument, getitel: Die Bybelgenootskap en Bybelvertalers se standpunt. Beide kan op die webblad www.2016vertaling.co.za gelees word. 5. Kerkbode se hoofartikel, op bladsy 10 Hierin ondersteun Kerkbode die Bybelvertalers en sê dan: Dit beteken die vertalers ag die teks belangriker as dogmatiese besinning. Kyk egter hierna: Dogmatiese besinning beteken om die lering en boodskap van die Bybel oor te dra. Wil die vertalers die lering en boodskap nou ondergeskik stel, of verwyder, ter wille van die oorspronklike tale? Die feit is tog dat die Bybel in die oorspronklike tale geskryf is ten einde n boodskap aan ons te gee. Dit is hierdie boodskap (naamlik die Evangelie) wat in die vertaling voorop moet staan. Verder kom in die hoofartikel die volgende sinne voor: Dit is jammer dat enkele individue geen openheid laat vir enige ander vertalingsteorie en -interpretasie as hulle eie nie, en: (so) maak hulle (die vertalingsproses) verdag. Dit is n duidelike verwysing ook na my. Ek wil Kerkbode vriendelik daarop wys dat my standpunt is dat die Skrif homself verklaar, dus dat die Ou Testament in die lig van die Nuwe Testament verklaar moet word. Beide Testamente (as dit reg vertaal is) is met Goddelike gesag beklee. Hierdie vertalingsopsie is dus wel die enigste wat gebruik moet word. Die laaste paragraaf lees soos volg: Die Bybelgenootskap het al oor en oor bewys dat hulle met die Bybel en sy inhoud vertrou kan word. Kerkbode vra sy lesers om dit ook hierdie keer te doen. In antwoord hierop moet n mens sê: Die teenoorgestelde kan eerder waar wees. Die 1983-vertaling het reeds getoon dat die Bybelgenootskap en die 5

Bybelvertalers die Here Jesus uit die Messiaanse profesieë in die Ou Testament wil wegvertaal. Waarop dui dit? Dat hulle met hul taak vertrou kan word? 6. Wat van die geestelike leiers? Waar lê die probleem? Nie by lidmate nie, want hulle soek in opregte eerbied na hul God wie se Name met hoofletters gespel word. Die probleem lê by n groot deel van die teoloë. As die meerderheid nuwe Bybelvertalings kleinletter-vertalings sou wees, dui dit op afdwaling by die persone wat die geestelike leiers moet wees. In die geskiedenis was daar baie voorbeelde hiervan. Kyk na die volgende: Eerstens: In die Ou Testamentiese tyd het die priesters (en soms feitlik die hele priesterstand) by tye so afgedwaal dat die profete hulle na die ware godsdiens moes terugroep. (Lees Esegiël 34:1-31; Maleagi 2:1-9.) Tweedens: In die tyd toe Christus op aarde was, was Sy grootste teenstanders juis die Fariseërs en wetgeleerdes (die teoloë van daardie tyd). Derdens: Sedertdien (dit is in die afgelope 2000 jaar) het die geïnstitueerde kerk by tye as geheel afgedwaal. Dink byvoorbeeld aan die Roomse kerk, in die jare ongeveer 500 tot 1517 nc. Daardie tendens is toe grootliks deur die Hervorming omgekeer. Die feit bly egter: Die dwaling in die Roomse kerk was die gevolg van verkeerde leiding wat deur geestelike leiers gegee is. Wat leer ons hieruit? Dit is dat, as die kerk oor n tydperk van duisende jare by tye in dwaling verval het, ons daarop bedag moet wees dat dit tans ook kan gebeur. Dit is duidelik dat die beweging wat in sommige kringe in die Christendom in die Westerse wêreld aan die gang is, naamlik om Christus se Name in die Messiaanse profesieë met kleinletters te skryf, toe te skryf is aan geestelike koudheid by baie teoloë. Die eerbied en respek vir God is besig om te verdwyn. Dit is in sulke omstandighede wat misleiding makliker floreer. Misleiding is n teken van die eindtyd. n Praktiese voorbeeld hiervan is dat sommige teoloë sê hulle erken die Godheid van Christus, maar hulle skryf Sy Name (en die betrokke voornaamwoorde) doelbewus met kleinletters. Dan moet ons eerlik vir die betrokke persone sê: Met julle gebruik van kleinletters dui julle aan dat julle in wese nie die Godheid van Christus erken nie. Verder behoort elkeen die volgende stelling ter harte te neem: As jy nie vir Christus in die Bybel wil hê nie, is jy buite die Koninkryk. Nota: Ek vra u mooi om nie eksepsie te neem teen dit wat ek hier geskryf het nie. Hierdie is geskryf om te help, nie om te oordeel nie. 7. Samevatting 7.1 In die twee berigte en hoofartikel van 20 April se Kerkbode, word nêrens melding gemaak van die leiding van die Heilige Gees in die uitleg en vertaling van die Skrif nie. Word die wonderbare leiding van die Heilige Gees nou met sogenaamde menslike slimmighede vervang? Is dít eintlik waar die gebruik van kleinletters vandaan kom? 7.2 Dit is duidelik dat Kerkbode, sowel as die Bybelgenootskap en Bybelvertalers, hulself aan die kant van die kleinletter-beweging skaar. 6

7.3 Laat ons egter volhardend bly stry vir die handhawing van die eer van Christus, deurdat Sy Name en die voornaamwoorde wat na Hom verwys, met hoofletters geskryf moet word in die Ou Testament, in die nuwe Afrikaanse Bybelvertaling. 7.4 Daar moet slegs een uitgawe verskyn, en dit is n hoofletter-uitgawe. 7.5 In hierdie hoofletter-uitgawe moet op nog meer plekke hoofletters gebruik word om Christus se Name in die Ou Testament aan te dui, as wat in die 1953-vertaling die geval is. 7.6 In die Messiaanse profesieë in die Ou Testament kan beide hoofletters en voetnotas gebruik word. 7.7 Daar is tans 25 Afrikaanse kerke wat aan hierdie vertalingsprojek meedoen, waarvan ses kerke sover aangedui het dat hulle die hoofletter-uitgawe sal verkies. Ons taak is om daarvoor te bid en te werk dat al 25 kerke die hoofletter-uitgawe sal wil gebruik. Dankie vir u aandag hieraan. Mag die Here u deur die lees en toepassing hiervan, nader aan Hom bring. Ds Danie Haasbroek 5 September 2013 Tel/Faks: (012) 345 2753 Sel: 076 689 3079 E-pos: daniehaasbroek@gmail.com Hierdie dokument, getitel: Kerkbode, uitgawe van 20 April 2012, se berigte oor die nuwe Bybelvertaling, is een van die dokumente wat in Afrikaans en Engels verskyn op die webblad www.2016vertaling.co.za. My boeke verskyn op die webblad www.thetruerevelation.co.za (nie Google). Al die dokumente wat op hierdie webwerf verskyn, was vooraf voorgelê aan die Bybelgenootskap, die leiers van die Afrikaanse Bybelvertalings-projek, en Kerkbode se redaksie. 7