Contents 1. Aanbidding Diens... 3 Navolging van Jesus se voorbeeld... 4 Nederigheid... 5 Solidariteit met mense in nood... 5 Selfoorgawe...

Similar documents
Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

Les 6 vir 10 November 2018

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

n Prins word die Skaapwagter

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Om n omgewing te skep vir gesonde mense om gesonde verhoudings en n dinamiese, lewendige bedieningslewe te kan hê.

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

Excelsus (die Sentrum vir Bedieningsontwikkeling) bied in 2019 die volgende aan:

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

THE FIVE MEGILOTH ESTHER SONG OF SONGS RUTH ECCLESIASTES LAMENTATIONS

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Van Vervolger tot Prediker

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

MEGILOTH 2: ESTER / ESTHER

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Catharina Maria Conradie

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

Die maan en sy rol in ons wereld *

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

SISTEMATIESE TEOLOGIE 1. Module 3 TEOLOGIE CHRISTOLOGIE PNEUMATOLOGIE SERTIFIKAAT IN CHRISTELIKE DIENS.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

Het jy al gehoor van die Vier Geestelike Wette?

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Pretoria- 23 Junie 2012

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Galasiërs 5:1-12 Valse en ware godsdiens

Wat is hierdie sondes waarvan Jesus in die Ons Vader praat? Volgens Luther is dit die miskenning van God. Om in onsself gekeer te wees.

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Midrash (Torah Bespreking)

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Wanneer die kerk verdwaal in valsheid word dit n vertoonvenster van Afgode diens.

Hoor God deur Drome en Visioene Hear God through Dreams and Visions

Hoofstuk 2: Hoekom doen ek dit?

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Preek-notas: Romeine 3:21-31

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Huwelike in ons familie. Efesiërs 5:21-33 & 1 Joh 4:9.10. Trinitas is n verloste familie diensknegte wat gestuur is.

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

HOOFSTUK 3. DEKONSTRUKSIE VAN DIE TEKS VAN EFESIëRS 5:21-33

Teks: 1 Konings 19:15-21, 2 Konings 2:1-15 en Jesaja 61:1-11. Tema: Die mantel van Elia en die mantel van Christus. Agtergrond: 1 Konings Hoofstuk 18

NEW INTERNATIONAL VERSION

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

Nuwe Wyn/New Wine. Nuwe Wyn/New Wine. Vir kinders/ For kids. Dr Christo Nel

10 Dae van Gebed. Dag 1 Bly in Christus. Johannes 15:1-17

Oggenddiens 19 Augustus Windhoek

Die betekenis van die kruis (1)

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

HOOFSTUK EEN. DIE BRUID van CHRISTUS

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

HY WAT DIE ANTIMESSIAS TEËHOU

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Filippense 1:27-30 Ermelo 20/09/2015(Doop)

Die leuen van die samelewing: Jou toekoms is in jou eie hande en jy is in beheer van jou lewe!

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

BLAAS DIE BASUIN GEREFORMEERDE KERK DASPOORT Jenningstraat 728, Daspoort Leraar: br Cobus Rossouw

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

DIE VADER PRAAT FINAAL DEUR SY SEUN MET ONS! Eksegetiese Tema: God praat op planmatige en volmaakte met ons deur sy Seun as. Tekskeuse: Hebr 1:1-2

As-Woensdag. Baie welkom in die 46 dae lydenstyd Taizè-musiek bring ons in die stemming om na God, na onsself, na mekaar en na ander te luister

Transcription:

1 Contents 1. Aanbidding... 2 2. Diens... 3 Navolging van Jesus se voorbeeld... 4 Nederigheid... 5 Solidariteit met mense in nood... 5 Selfoorgawe... 6 Gawes in diens van God... 7 3. Gemeenskap... 7 4. OM DIE WOORD TE LEWE EN TE VERKONDIG... 8

1. Aanbidding Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal aanbid nie. Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode. Maar daar kom n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die Vader soek ook mense wat Hom só aanbid. God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid. Joh. 4:19-25. Aanbidding van God is ʼn kernhandeling in die Christelike tradisie en ook in ons gemeente. Aanbidding van God, is die hoogtepunt van ons gemeente se lewe en die hoogste piek is waarheen die aktiwiteit van die kerk gerig moet word. Die sin van ons bestaan lê in hul verankerheid met God, wat gevolglik aanbidding as een van die belangrikste elemente in die erediens en ons lewe uitmaak. Daar is verskeie definisies vir aanbidding. Vir ons sluit aanbidding dit wat op n Sondag tydens die erediens plaasvind, asook verskeie ander aspekte soos; ons gehoorsaamheid, ons offergawe, ons dienswerk, ensovoorts in. Deur die erediens kom gelowiges van ons gemeente bymekaar, met blydskap, om deur feesviering, geloofshandelinge en aanbidding te reageer, op dit wat God vir hulle gedoen het en God as Vader, ontfermer en oorwinnaar te ontmoet. Die erediens behoort inderdaad ʼn feesviering te wees. In die erediens vier Christene die teenwoordigheid, voorsiening en seën van God. Die erediens word ʼn feesgeleentheid, waarin die gemeente met die opgestane Jesus, ʼn ontmoeting het. Hierdeur word die lewe, lyding, kruisdood, opstanding en Hemelvaart van Jesus, met blydskap herdenk. God word dan ook reflektief vir Sy seën en voorsiening in die afgelope week, gedank. Viering verwys uiteindelik na blydskap oorvloed en ʼn gesindheid van om alles te gee in plaas van besparing. In die erediens vind sekere liturgiese handelinge plaas. Die woord liturgie is saamgestel uit die woorde leitos wat volk en ergon wat werk, beteken. 2 Die samestelling van die twee woorde dui op die aanbiddingshandelinge van mense binne die erediens. Van die handelinge sluit in:

1. Om te sing (Ps. 89:1; Ps. 105:2) 2. Die gee van offergawes (Mal. 3:10) 3. Die gee van getuienis (Ps. 145:6) 4. Die opsteek van hande tydens die sangdiens (2 Kron. 6:12-13; Esra. 9:5; Ps. 134:2; Ps. 141:2; 1 Tim. 2:8) 5. Met handeklap (Jes. 55:12; Ps. 98:8; Ps. 47:1) 6. Die neerbuig (1 Kon. 18:39; Job 1:20; Op. 11:16-17) 7. Die werking van die gawes van die Heilige Gees (1 Kor. 12:1-12; 1 Kor. 14:2-12) 8. Dienswerk in die erediens (Gal. 5:13) 9. Gebede (Hand. 1:14) 10. Met gedans (Eks. 15:20; 2 Sam. 6:13-14; Ps. 149:3; Ps.150:4) 11. My reaksie op die Woord (Rom. 2:13; Jak.1:22). Ons wil jou uitdaag om by elke geleentheid waar jy kan, God te aanbid, persoonlik, saam met jou gesin en geloofsgemeenskap. 2. Diens 3 The church can live without buildings. Without diakonia the church dies (J. C. Sikkel 1890). God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het (Ef. 2:10) Diakonia is die Griekse woord wat verwys na service; attendance; ministry (Moulton 1977:91). Diens verwys ook in sy oorspronklike gebruik na om mense te bedien by ʼn maaltyd. Diens vind sy oorsprong by God wat die wêreld liefhet en optree ten behoewe van die wêreld. In die Nuwe Testament word na Jesus die hoof van die kerk as dienaar verwys wat... nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee, as ʼn losprys vir baie (Matt. 20:28). Jesus se ware menswees word deur Sy dienswerk verwesenlik. Jesus begin Sy bediening op aarde, deur aan te kondig dat Hy gekom het om te dien (Luk. 4:18-19). Die hoogtepunt van Jesus se diens kulmineer aan die kruis waar Hy in gehoorsaamheid aan God en ten behoewe van die mens en die hele wêreld sterwe. Jesus word daardeur hoëpriester vanuit Sy diens ter wille

van die wêreld (Heb. 5:8-11). Alles wat Jesus dus gedoen het, Sy selfvernedering, menswording, selfontlediging, gehoorsaamheid en kruisdood word deur diens opgesom (Fil. 2:7). Jesus laat uiteindelik ook hierdeur Sy voorbeeld van dienskneggestalte agter sodat ons daarin kan volg: As iemand My dien, laat hom My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees; en as iemand My dien, sal die Vader hom eer (Joh. 12:26). Die eis van ware dissipelskap is dus, om Jesus se voorbeeld na te volg (1 Pet. 2:21). Diens verwys ook na een van die kernfunksies van die kerk. Elke gelowige word ook in die plaaslike gemeente deur die kernfunksie van diens betrek. In die Nuwe Testament kom woorde soos diakonos10 en doulos11 voor wat diens impliseer. Die gebruik van die begrippe gee uitdrukking aan die feit dat ons aan Christus behoort, soos ʼn slaaf aan sy meester en met ʼn nederige gewilligheid om te dien soos wat Hy gedien het. Die mees basiese handeling van elke gelowige in die erediens teenoor God. Die werk van elke gelowige en die ampsdraers wat in die gemeente uitgevoer word, ten bate van ander gelowiges in die liggaam (Ef. 4:11-12). Die werk en liefdesdiens wat deur die gelowiges individueel en korporatief in die wêreld verrig word. Diens vind plaas binne die konteks van die plaaslike gemeente wat ʼn ruimte vir die gelowige skep om dit daar te verrig. Wanneer diens in die lig van navolging aan Jesus gesien word, verwys diens dus na navolging van Sy voorbeeld, Sy nederigheid, Sy solidariteit met mense in nood en Sy selfoorgawe. Navolging van Jesus se voorbeeld Jesus se lewe, lyding en kruisdood kan in die woord diens opgesom word. Jesus verklaar self: Want die Seun van die mens het ook nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ʼn losprys vir baie (Mark.10:45). Jesus moduleer ware diens en wanneer Hy oor diens praat inspireer Hy dié wat aanspraak maak om Sy volgelinge te wees, om diensbaar te wees. 4 By ʼn geleentheid begin Jesus tot die groot verbasing van Sy dissipels hulle voete te was en verklaar dat hulle dié voorbeeld moet volg (Joh.

13:13-15). Jesus, benadruk volgelingskap aan Sy voorbeeld, as die eis van ware dissipelskap. Petrus verwys, gevolglik na die roeping van elke gelowige (1 Pet. 2:21): Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle... ʼn voorbeeld nagelaat het, sodat julle sy voetstappe kan navolg. Christus het dus die standaard gestel en uit diepgrondige dankbaarheid vir Sy verlossingswerk behoort dit elke gelowige se wilsbegeerte te wees, om diensbaar te wees. Nederigheid Jesus maak dié stelling met betrekking tot Sy lewe: Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele (Matt. 11:29). Navolging aan Jesus impliseer vir die gelowige om Sy voorbeeld na te volg, by Hom te leer en hulself met dieselfde nederigheid te beklee, as Jesus. Jesus het deur Sy inkarnasie Homself verneder deur die gestalte van ʼn slaaf aan te neem (Fil. 2:7). Vir Jesus is daar ʼn groot onderskeid in die begeerte van mense om te heers en die Christen se roeping om dienskneg te wees. In die wêreld bestaan daar twee posisies naamlik hulle wat regeer en hulle wat in gehoorsaamheid dien. Jesus bevestig deurentyd dat Hy gekom het om in nederigheid en gehoorsaamheid aan die Vader, te dien (Joh. 5:19-20; Luk. 22:27). Vir Jesus is dit daarom belangrik dat gelowiges nie magsugtig sal wees nie, maar geleentheid sal soek om te dien:...maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees (Matt. 20:25-26). Die woord wat vir dienskneg deur Jesus gebruik word is diakonein wat letterlik ʼn handeling in nederigheid beteken. Solidariteit met mense in nood Jesus, was die herder waarvan profete (Es. 34:23-24; Miga 5:2) in die Ou Testament gespreek het, wat moes kom. Op Herodus se versoek lê die skrifgeleerdes die profesie van die profeet Miga uit (Matt. 2:6): En jy, Betlehem, land van Juda, is volstrek nie die geringste onder die vorste van Juda nie, want uit jou sal ʼn leidsman voortkom wat vir my volk Israel ʼn herder sal wees. Jesus se herderskap word gekenmerk deur Sy bediening waarin Hy aan die arme goeie nuus verkondig, die wat verbryseld van hart genees en mense se omstandighede verander. Voortdurend berig skrywers van die evangelies van Jesus se innige jammerte en empatie ten opsigte van dié wat swaar kry (Matt. 9:36; Matt. 5

14:14; Mark. 8:2). Jesus het homself voortdurend met mense in nood deur diensbaarheid geïdentifiseer. Deur navolging aan Jesus behoort die gelowige ook deur hulle diensbaarheid solidariteit bewys met die wat onderdruk word, trauma beleef, honger is, ondersteuning verlang en deur ʼn krisis gaan. Selfoorgawe Baie gelowiges gebruik die druk van dié tyd as verskoning om hulle verantwoordelikheid ten opsigte van diens te versuim. Jesus stel egter die navolgingswaardige voorbeeld. Hy moduleer diensknegskap wat spreek van egte selfoorgawe. Paulus wys hierop: Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie (Fil. 2:6). Jesus het nie aan Sy posisie vasgeklem by die Vader nie, maar het aarde toe gekom om Sy lewe in diens ten behoewe van die mensdom te gee, wat uiteindelik in die grootste offergawe, Sy kruisdood kulmineer. Die koste van Jesus se diens was Sy posisie by God, Sy lyding en gevolglike kruisdood. Die koste was dus totale selfoorgawe. Hierdie voorbeeld van selfoorgawe behoort ook gestalte te verkry in die lewe van die gelowige. Die gelowige behoort hul lewe te sien deur die lens van Sy selfoorgawe wat daartoe lei dat hulle betrokke raak in dienswerk om daardeur hulleself aan God te gee as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is (Rom. 12:1). Jesus se lewe, optrede en woorde is gestroop van enige selfsug, belang en selfgesentreerdheid wanneer Hy Sy dissipels opdrag gee om mekaar se voete te was in navolging van Hom (Joh. 13:13-15). Hierdie gebeurtenis moes sonder twyfel ʼn groot inslag gehad het in die selfgesentreerde dissipels se lewe. Miskien lê die antwoord vir die kerk hierin, om weer opnuut op die gesindheid van diensbaarheid te fokus, wat Jesus hier duidelik vir Sy dissipels onderstreep. Paulus verwys ook na Jesus se diens in die verband van gesindheid (Fil. 2:4-5): Julle moet nie elkeen na sy eie belange omsien nie, maar elkeen ook na die ander s n. Want hierdie gesindheid moet in julle wees wat ook in Christus Jesus was. 6

Gawes in diens van God Jesus begin Sy bediening deur in die Sinagoge die woorde12 uit die boek Jesaja voor te lees (Luk. 4:18-21) en verklaar dat die Heilige Gees Hom die vermoë gee en in staat stel om dié diens te volbring. Die lewe en dienswerk van die gelowiges in die kerk is dus die voortsetting van die messiaanse bediening van Jesus. Die skrywer stel dit ook dat besonderse gawes (Ef. 4:7) deur die Heilige Gees (1 Kor. 12:1-11) aan die gelowiges gegee word, wat hulle in staat stel tot bediening. ʼn Meer omvattende definisie vir ʼn gawe kan wees: ʼn Geestelike gawe is ʼn spesiale vermoë wat God volgens Sy genade gee aan elke gelowige om te gebruik op so ʼn manier dat dit gelowiges, soekers en die mense in die gemeenskap beïnvloed, sodat die liggaam van Christus in liefde opgebou en bemoedig word, met die oog op wat nuttig is. In Rom. 12, 1 Kor. 12 en Ef. 4 word verskillende lyste met gawes deur Paulus gemaak, wat heelwaarskynlik nie al gawes is, wat die Heilige Gees aan die gemeente toebedeel het nie. Daar is waarskynlik meer as dertig verskillende gawes. Wanneer die gawes reelmatig ingespan word ontwikkel dit in n bediening of dienswerk binne die gemeente. 7 3. Gemeenskap Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede (Hand. 2:42) Dié verwagte gemeenskapsverhouding binne die kerk word deur die Goddelike drie-eenheid geïllustreer. God drie-enig is ʼn God van gemeenskap, wat ook gemeenskap met Sy skepping begeer. In ʼn gebroke wêreld is God se fokus op versoening, wat lei tot die herstel van verhouding tussen God en die mens en mense onderling met mekaar. God het die mens geskape om in gemeenskap met Hom te bestaan. Die mens staan in ʼn verhouding met God as sy/haar Skepper en vind betekenis vanuit sy/haar verhouding met God. Die mens is volgens God se beeld geskape, wat rasionele, morele en geestelike kwaliteite insluit, wat die mens van ander lewende wesens, onderskei. God het die mens ook ʼn sosiale wese geskape. Hy verklaar: Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Die Griekse woord in die Nuwe Testament vir gemeenskap wys op ʼn besondere verhouding binne die geloofsgemeenskap ter wille van mekaar

weens ʼn gedeelde geloof op ʼn nuwe manier wat ongekend aan enige organisasie in die gemeenskap is (1 Kor.11:33). Die koinonia word gekenmerk aan gelykheid in stand sodat almal...een in Christus Jesus (Gal. 3:28), is. Koinonia word gekenmerk aan liefde (Rom. 12:10), eensgesindheid (Rom. 12:16), aanvaarding (Rom. 15:7) en goedheid (Rom. 15:14) onder mekaar. Koinonia gee aanleiding daartoe dat die geloofsgemeenskap in liefde opgebou word (1 Tess. 5:11). Koinonia dui ook op die warmte, openheid en aanvaarding van mense in die geloofsgemeenskap. Hierdie koinonia verband kom reeds vroeg in die geskiedenis van die eerste gemeentes voor: Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede (Hand. 2:42). Die koinonia verbande word deur beide die twee metafore van liggaam van Christus (Rom. 12:4-5 Ef. 1:23-24; 4:11-13; 5:23, Kol. 1:18, 2:18-19) en huisgesin van God (Ef.2:19; 1 Tim.3:15; Gal.6:10) versterk. Mense begeer ʼn plek waar hulle aanvaar word, aandag verkry, ware gevoelens kan deel, geestelik ontwikkel en ondersteun word, ten spyte van gebreke. 1. Gesonde verhoudinge. 2. Sensitiwiteit teenoor mense, en wedersydse respek. 3. Dra mekaar se laste. 4. Gasvryheid en vriendelikheid teenoor mekaar. 5. Strewe na eenheid. Ons wil jou uitdaag om by n kleingroep in te skakel in ons gemeente om daardeur uitdrukking aan gemeenskap te gee. 8 4. OM DIE WOORD TE LEWE EN TE VERKONDIG Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het. Matt. 28:19 Verkondiging verwys nie net na verbale verkondiging soos deur prediking nie, maar ook deur die lewe, optrede en dade van die gelowige. ʼn Prominente deel van n gemeente se verkondiging, vind gestalte deur mense se teenwoordigheid en dade in die wêreld. Die grootste bemarking van ʼn

gemeente se missie is die lidmaat, wat vereenselwig met die gemeente se lewe. Dawid Bosch 15 (1991:420) is van mening: Words interpret deeds and deeds validate words. Die grootste bewys vir God se liefde en werklikheid word gevind in die lewe van die gelowige, wat God nodig het om dit te verklaar. Met die oog op die kommunikasie van die evangelie aan mense in die samelewing, is lidmate se dade, teenwoordigheid en selfs diens ʼn noodsaaklike onontbeerlike deel van die verkondiging. Ons wil jou uitdaag om sinvol die Woord te begin leef en om vriende te maak met mense aan wie jy die woord kan verkondig. Hierna moet ons verantwoordelikheid neem om hierdie nuut geborenes te lei na dissipelskap en die vier stappe van geestelike groei Preach the Gospel at all times. If necessary use words (Francis van Assisi). 9