Tendense in die uitleggeskiedenis van die koninklike amptenaar in Johannes 4:43 54

Similar documents
Bybel vir Kinders. bied aan. Die vrou by die put

Bybel vir Kinders bied aan. God Toets Abraham se Liefde

Bybel vir Kinders. bied aan. Die Verlore Seun

n Prins word die Skaapwagter

Die wedersydse verhouding tussen geloof en geestesgesondheid. Dr Deon Bruwer

Kain vermoor Abel (Genesis 4:8)

Welkom by ons Aanddiens! Kom geniet n koppie koffie in die saal na die diens!

1. OM JESUS TE VOLG: 2. DTR die verhouding:

"Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde; gee

Dit bring ons by ons tweede handvatsel in `n strewe na die leef van die Koninkryk Kultuur nl: Genade pad.

GROEIGROEP MATERIAAL BADBOYS OM DIE KRUIS KAJAFAS

Van Vervolger tot Prediker

Together moving in unity to fulfill our God-given missional calling! DIE APOSTOLIESE GELOOF SENDING VAN SUID-AFRIKA. Afrikaans AFM - AGS

BEGIN BY DIE EINDE: Wat moet met jou gebeur as jy doodgaan?

n Verduidelijking van die Nuwe Verbond deur Dr. Marc s. Blackwell Sr.

(Uit Leef stroom-op! hoofstuk 1)

Die ekonomie en die Christen n perspektief. 1 Desember 2010

Die verheerlikte Jesus se seën en ons. Vandag vier ons die troonsbestyging van die Koning van die konings.

DOELSTELLING DANKIE TERUGVOER

DIE GODHEID Matt 28:19 veelgodery.

Les 6 vir 10 November 2018

Catharina Maria Conradie

Die betekenis van die kruis (1)

Join us for a Seminar/Presentation by the author of the book below: When: 9 March 2015 Where: Helderberg High School Chapel Time: 19h00

Catullus se Carmina in Afrikaans vertaal: n funksionalistiese benadering

NIE ELKEEN WAT...!! nie die wil van die Vader doen nie sal nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie!! en wat die wil van die Vader doen

Bybel vir Kinders bied aan. Die Hemel God se pragtige huis

Die Hemel God se pragtige huis

Definition2 - SALWING = GODDELIKE AANSPORING OM TE FUNKTIONEER/ANOINTING = THE UNCTION TO FUNCTION

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Preek Jan Steyn 25 Februaie Teks: Johannes 13:1-35. Tema: Saamwees (op mekaar gerig wees) Inleiding:

GRADE 12 SEPTEMBER 2012 RELIGION STUDIES P2

Die maan en sy rol in ons wereld *

Hoofstuk 1. Eensaamheid: woordverklaring

Let it be. Laat dit wees. Monday 18 June 12

HOE GROEI BY MENSE PLAASVIND. Enkele Inleidende Opmerkings ter Agtergrond

Jan Steyn Preek Sondag 12 Augustus Teks: Lukas 19:1-10. Tema: Genade groter as myself.

Preek Jan Steyn 26 Januarie Teks: Mattheus 8 en Handelinge 3 (Jakobus 5:14-16) Tema: Jesus die Geneser. Inleiding:

Gen 17:1-14; Rom 4:1-12; Kol 2:1-12

DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE 1Toe het ek 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde gesien. Die eerste hemel en die eerste aarde het verdwyn, en die see het

Mark 9: Fokus: 9:35-37 By die dienende Christus moet ons dienskneg-dissipels word.

Jy sal lewe deur die onverdeelde trou van die Here. Jesaja 36-37:14, 20, 32

Bybelskool van Centurion. 27 Maart Welkom

Waar is God as ons swaarkry?

AS HERMENEUTIESE RAAMWERK VIR. Voorgelê ter vervulling van die vereistes vir die graad DOCTOR DIVINITATIS

Pride gets no pleasure of having something, only having more of it than the next man C. S.

A KARANGA PERSPECTIVE ON FERTILITY AND BARRENNESS AS BLESSING AND CURSE IN 1 SAMUEL 1:1-2:10

'n GEMEENTE VAN GOD MET JESUS CHRISTUS AS HOEKSTEEN

Rom 14:1-12. Fokus: Rom 14:10-12 Die belangrikheid van Kerk-eenheid en ons hantering van versskille (d)

Jan Steyn preek 8 Julie Teks: Romeine 5:1-11 (1 Timoteus 1:1) Tema: Christus Jesus ons Hoop

5. n Ewige toekoms vir my kind Here. Joh.6:40 elkeen wat die seun sien en in Hom glo, die Ewige Lewe sal hê

10 Woorde wat ons ewige redding en verlossing beskryf

Oktober Lees: Mattheus 7:1-12 Fokus: vers 6-11

Is profesie oor Christus in die Ou Testament altyd direk Messiaans?

GEHOORSAAMHEID AAN GOD

OEPS! WAAR IS MY GELOOF HEEN?

Lukas 4: Agtergrond

Parashah 50: Ki Tavo תבוא) (כי Wanneer Jy Binnegaan

Pretoria- 23 Junie 2012

Skriflesing: 1 Johannes 1:1-10 Teks: 1 Johannes 1:4 Sing- Ps. 66:1, Ps. 19:1; Ps. 65:8; Ps. 100:1,4

Preek Jan Steyn Sondag 29 Oktober Teks: Efesiers 2:1-10. Tema: In Christus lewe jy. Inleiding:

Preek Jan Steyn 28 April Teks: Johannes 3, 7 en 19 Tema: Is jy nagdissipel of dagdissipel van Jesus?

Mattheus 6:9-10 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Die eerste is God beskik alles: God het alles vooraf beplan en haarfyn uitgewerk en alles werk presies so uit soos Hy dit beplan het.

Die volgende artikel het oorspronklik in die Kerkbode van 6 Februarie 2015 verskyn. Kyk ook die kommentaar onderaan die artikel.

To abandon prayer is to embrace atheism. Alec Motyer

GOD SE VINGERAFDRUKKE VAN GENADE

Kleingroepe as Gemeenskappe van Dissipels...

toe hy mens was op aarde?

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE

Tema: Die ware besnydenis: Hoe leef ek vandag as Jesus se dissipel?

DIE DOOP VAN GELOWIGES (SG. BEKERINGSDOOP)

Twee van die grootste leuens oor sukses wat aan ons en aan ons kinders deur die samelewing vertel word.

Addendum A Consent form

Hoe verskil die Christelike vryheid waarvan Paulus praat van die samelewing se manier van dink oor vryheid?

Brandende Harte! Ontmoet God en word passievolle navolgers van Jesus. Ds. Willem Louw: NG Kerk Miederpark

28 Oktober 2012 dink aan die Hervorming. Wegdros is Ten tye van die Hervorming het wegdrossery sommer erg plaasgevind

Omdat soveel mense my hierna die afgelope tyd vra, kom ek probeer n slag baie uitvoerig hierop te antwoord.

Hoe lyk dit in mense se lewens as hemel daar deurgebreek het? Hoe lyk dit op aarde as hemel deurbreek Van paradys tot koninkryk van die

Die regering van die Kerk 1Tim 2: Christus se wil dat vroue leerlinge moet wees... maar nie self mag onderrig gee nie.

Romeine. Riglyne vir n lewensveranderende reis deur Paulus se bekendste boek. Dr J de Koning

GOD IN 3D LEIERSGIDS. Uitgawe 2018 Emmaus Sentrum Geen duplisering sonder toestemming. Posbus 111, Paarl, 7620 Dienssentrum Tel:

19.20 BESKRYWINGSPUNT STREEKSINODE NOORDWES KATEGISMUS (Art 124) POINT OF DESCRIPTION REGIONAL SYNOD NORTH WEST CATECHISM (Art 124)

n Teologiese ondersoek na die rol van toleransie en omarming in die hantering van leerstellige en morele verskille, met verwysing na die

Wie is Jesus? Wie is Jesus? KLEINGROEPBEDIENING. Predikant: Wilhelm Leuschner Sel: Epos:

Christusprediking uit die Ou Testament. n Nuwe benadering tot n ou probleem? 1

Nagmaal is n Tyd van herinnering n Geleentheid om die Here te dank dat Hy aan die kruis gesterf het vir ons sonde.

Mattheus 5:3 Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van God.

Paulus se retoriese strategie in Galasiërs 3:15-25

Die narratiewe blikhoek in die mikrovertelling oor die genesing van die koninklike se seun deur Jesus in Johannes 4:43-54

Mei Lees: Mat 5: Hoekom? Ook sy prediking hier in-ie Bergpredikasie.

Mattheus 5:27-30 Ons nuwe dissipel-lewe volgens die HERE se gebooie begin on ons harte. In vers wys Jesus hierdie waarheid uit die 7de gebod.

1Kon 18:41-46 In Israel vol Goddeloosheid en afvalligheid wys die HERE: Ek's die enigste ware God... die Een wat lewe gee.

CHRISTELIKE GEMEENTE IS JY BRUID? DAAN LöTTER 13 AUGUSTUS 2017 NELSPRUIT

INHOUDSOPGAWE LES LESTEMA WEEK VAN BLADSY. Die Innerlike Dissipline van Gebed 8 Oktober 15. Die Innerlike Dissipline om te Vas 15 Oktober 18

To fulfill. To complete its purpose. He was the end of the law. It was a "schoolmaster to bring us to Christ"

Markus 16:1-8. Die leë graf, die Evangelie-boodskap daarin, en die vroue met die oprag om hieroor te getuig.

Mattheus 6:1-4 Ons nuwe dissipel-lewe is n lewe waarin ons radikaal breek met self-gesentreerdheid en leef met God-gesentreerdheid.

Volledige inhoudsopgawe

Ons verlossing is in Jesus Christus ons Hoëpriester gewaarborg

Transcription:

Tendense in die uitleggeskiedenis van die koninklike amptenaar in Johannes 4:43 54 Francois Tolmie Francois Tolmie, Fakulteit Teologie, Universiteit van die Vrystaat Opsomming Die tweede wonderteken in die Johannes-evangelie (Joh. 4:43 54) is n oop teks met verskeie meerduidighede. Dit het onder andere tot gevolg dat die uitbeelding van die koninklike amptenaar in hierdie teks op verskillende maniere verstaan kan word. Vir die verstaan van hierdie karakter is die leser/uitlegger se keuse oor die volgende vyf sake rigtinggewend: (1) die verhouding tussen hierdie teks en die verhale in Matteus 8:5 13 en Lukas 7:1 10; (2) die betekenis van vv. 43 45 en die relevansie van dié drie verse vir die verstaan van die amptenaar; (3) die belangrikste karaktertrek(ke) wat met die begrip βαζιλικόρ verbind moet word; (4) die betekenis van Jesus se reaksie in v. 48; en (5) die dubbele verwysing na die amptenaar se geloof. In hierdie studie word n oorsig gegee van die manier waarop sommige uitleggers deur die eeue die amptenaar verstaan het. Die sienings van die volgende persone word bespreek: Origines, Johannes Chrysostomus, Augustinus, Cyrillus van Alexandrië, Thomas Aquinas, Desiderius Erasmus, Johannes Calvyn en Cornelius a Lapide. In elke geval word die keuses wat die bepaalde uitlegger ten opsigte van bogenoemde aspekte gemaak het, aangedui, asook watter ander keuses n bepalende rol vir die verstaan van die amptenaar gespeel het. Die doel van hierdie oorsig is om ons eie verstaan van die teks te verryk. Trefwoorde: Augustinus, Cyrillus van Alexandrië; Cornelius a Lapide; Desiderius Erasmus; Johannes 4:43 54; Johannes Calvyn; Johannes Chrysostomus; karakterisering; koninklike amptenaar; Origines; Thomas Aquinas; uitleg; uitleggeskiedenis 694

Abstract Trends in the reception history of the royal official in John 4:43 54 In this article the royal official portrayed in John 4:43 54 is discussed. The purpose is not to offer my own interpretation of this character (this has already been done, in a paper read at a conference of the Colloquium Ioanneum in August 2017; to be published later), but rather to discuss some of the ways in which this character has been understood through the centuries, in order to enrich our own interpretation of the official. Before this is done, the ambiguity of the text is first discussed. In particular, it is shown that the choice one makes with regard to the following issues determines one s understanding of the official to a large extent: (1) the relationship between this text and the narratives in Matthew 8:5 13 and Luke 7:1 10; (2) the meaning of vv. 43 45 (in particular of the words γάπ and παηπίρ) and its relevance for understanding the official; (3) the most important characteristics to be associated with the concept βαζιλικόρ; (4) the implication of Jesus reaction in v. 48; and (5) the twofold reference to the faith of the official. This is followed by a detailed discussion of the way in which exegetes interpret the official. This may be summarised briefly as follows: Origen s interpretation of the text was aimed at refuting Gnostic exegesis of his time and at showing how allegorical exegesis may be used in an appropriate way. Accordingly, he spends relatively little time on the literal meaning of the text and, instead, concentrates on the deeper meaning of the text in various ways: Firstly, the father is regarded as a symbol for Abraham and the son as a symbol for the Jewish nation that had become spiritually weak; secondly, the son is interpreted as a symbol for believers who had become spiritually weary; and thirdly, the fact that the father approached Jesus for help is viewed as a symbol for the idea that the spiritual powers were so impressed by Christ s power that they even started praying for people under their control. John Chrysostom places much emphasis on the official s weak faith in order to encourage his readers to fare better in their own spiritual lives. He also argues that the narrative shows us that miracles are actually not meant for believers; rather, it is Jesus teaching that should be regarded as important by us. Augustine s interpretation of the text is dominated by the notion that the Galileans did not believe in Jesus (vv. 44 45); accordingly, he also emphasises the official s weak faith, and even when the official comes to faith this is interpreted in a negative sense: unlike the Samaritans he needed a sign to believe in Jesus. Augustine also regards the negative way in which the Galileans responded to Jesus as a prodigium for his own time, referring to the masses of Jews in his days who did not believe in Christ. Cyril of Alexandria s interpretation of the text is dominated by theological notions that he held. For example, he regards the official s faith mentioned in v. 49 as insufficient, due to the 695

fact the he did not yet believe that Jesus was God by nature. On the other hand, Cyril also emphasises the fact that Christ condones the official s weak faith. This notion is then appropriated for his own time: since Jesus is God, he is kind even to those who stumble spiritually. Thomas Aquinas reads the narrative within its broader context: having shown how non-jews (the Samaritans) came to faith on account of Jesus words, John now shows how they came to faith on account of a sign. After a very careful literal reading of the text he then appropriates it in various ways: allegorically, morally and mystically. Allegorically, the official represents Abraham, and his son the Jewish nation, sickened by the wrong doctrine. Morally, the king that is served by the official represents human reason; if one s reason becomes obscured one becomes a mere official ; and the son who is ill represents one s human affections deviating from what is good since one s reason is no longer in charge. Mystically, the official represents one s reason and his slaves one s good deeds, since such deeds prove that one is in charge of one s actions and feelings. Aquinas even appropriates details in the text for his own time, e.g. the official s response to Jesus statement is interpreted as the first of four steps that are necessary for justification, and the fact that the official and his household believe in Jesus is interpreted in terms of the three phases of faith outlined by Bede. According to Desiderius Erasmus the official is non-jewish and this choice determines Erasmus s interpretation of the text, as he believes that John recounts this narrative in order to reproach the Jews for not having faith in Jesus: even a non-jew in service of the emperor came to faith in Jesus. Accordingly, Erasmus also interprets Jesus statement in v. 48 as directed at the Jews. A further characteristic of Erasmus s exegesis is the extra details he adds to the narrative in order to explain events logically, for example, that the official loved his son very much, and that he could not take his son to Jesus because his son was too ill to travel. The most striking feature of John Calvin s reading of the text is the way in which he systematically appropriates everything that the official experiences in the narrative for his own audience. For example, Jesus rebuke in v. 48 is applied to contemporaries who are interested only in miracles, but not in his teaching, and the fact that Jesus heals the official s son in spite of a weak faith is interpreted as an indication that Christ corrects the errors in our prayers. Cornelius a Lapide reads the narrative in a very careful way, among others by using the Greek and Syriac versions. This reading is then used as a basis for determining the deeper sense of the text. Like Theophylact he interprets it tropologically: The official (= little king ) represents every human, since humans have power over everything; the son represents the human reason whose illness is caused by evil desires. That Christ went down refers to his compassionate turning towards humanity, and his instruction to the 696

official to go refers to the fact that one should continually make progress in good things so that one s son should live. Furthermore, like Origen, he also interprets the seventh hour as symbolically indicating the notion of rest, and then also adds his own symbolic interpretation, namely that it refers to the Holy Spirit. Keywords: Augustine; characterisation; Cornelius a Lapide; Cyril of Alexandria; Desiderius Erasmus; exegesis; history of interpretation; John 4:43 54; John Calvin; John Chrysostom; Origin; Royal official; Thomas Aquinas 1. Inleiding In 1987 kon Alan Culpepper (1983:137) nog na die koninklike amptenaar (hierna net die amptenaar ) verwys as een van die karakters in die Johannes-evangelie wat die meeste oor die hoof gesien word wanneer die karakters in dié Evangelie bespreek word. Sedertdien het die situasie heeltemal verander. Daar het intussen byvoorbeeld talle interpretasies van hierdie karakter vanuit n narratiewe perspektief verskyn. 1 Die doel van hierdie artikel is nie om n eie bespreking van die koninklike amptenaar te bied nie. Dit het ek reeds elders gedoen. 2 In hierdie studie val die klem op n ander interessante saak, naamlik die verskillende maniere waarop die koninklike amptenaar in Johannes 4 met die verloop van die eeue verstaan is. Die doel met hierdie oorsig is om daarmee ons eie verstaan van die amptenaar te verryk. Soos wat sal blyk uit die oorsig wat in hierdie artikel gegee word, is daar heelwat verskille te bespeur in die manier waarop uitleggers die amptenaar verstaan het. Dit het onder andere te doen met die feit dat die teks nie n presiese karakterisering van die amptenaar bied nie. Dit is n oop teks, n teks met verskeie meerduidighede Tobias Nicklas (2008:91) tipeer dit byvoorbeeld heeltemal tereg as ein offenes Kunstwerk wat tot gevolg het dat die manier waarop die leser op die meerduidighede reageer, n deurslaggewende rol speel in die wyse waarop hierdie karakter uiteindelik verstaan word. Die doel van hierdie artikel is om enkele voorbeelde uit die uitleggeskiedenis van die teks te gee om daardeur te wys hoe die insette wat deur lesers gemaak word, n bepaalde beeld van die amptenaar tot gevolg het. 3 2. Meerduidighede in die teks Voordat die belangrikste meerduidighede in die teks aangedui word, bied ek eers n eie vertaling van die teks in Afrikaans (so na as moontlik aan die Griekse teks): 697

Uit die onlangse uitleggeskiedenis 5 van die teks is dit duidelik dat die volgende aspekte in die teks meerduidig is en dat n mens se keuse hieroor die uiteindelike prentjie van die amptenaar bepaal. 2.1 Die verhouding tussen Johannes 4:43 54 en twee soortgelyke verhale in die Sinoptiese Evangelies In Matteus 8:5 13 en Lukas 7:1 10 word n verhaal vertel wat gedeeltelik met die weergawe in Johannes 4:43 54 ooreenstem. Daar is egter ook opvallende verskille. In die eietydse 698

uitleg van die teks word hierdie situasie op verskillende maniere verklaar. Sommige uitleggers, byvoorbeeld Don Carson (1991:234), dink dat die Johannese en Sinoptiese weergawes na twee verskillende historiese gebeure verwys. Ander uitleggers, byvoorbeeld Jan van der Watt (2011:581), is weer van mening dat dieselfde historiese gebeure onderliggend aan al drie weergawes is, maar dat die Johannese tradisie onafhanklik van die tradisie in Q ontwikkel het. Daar is ook ander kenners, soos Michael Labahn (1999:190 200; kyk veral 194), wat dink dat daar sprake is van n dialoog tussen die Johannese tradisie en die tradisie onderliggend aan die Matteaanse en Lukaanse weergawes, terwyl Hartwig Thyen (2005:284) selfs glo dat die skrywer van die Johannes-evangelie doelbewus sinspeel op die (geskrewe) Sinoptiese Evangelies. n Ander opsie is die moontlikheid dat n Semeia-bron gebruik is, soos wat onder andere deur Hermann Riedl (1997:153 71) en Siegfried Bergler (2009:198 207) aangevoer word. Uiteraard is dit slegs die afgelope paar dekades dat sulke uitvoerige en tegniese akademiese teorieë oor die verhouding tussen die Johannes-evangelie en die Sinoptiese Evangelies op die tafel geplaas is. Dit beteken egter nie dat lesers voorheen die probleem misgekyk het nie. Uit die oorsig wat volg, sal blyk dat die meeste van hulle nie net bewus van die probleem was nie, maar ook eie antwoorde daarop probeer gee het. Dit sal ook blyk dat die keuse wat hulle gemaak het, n invloed gehad het op die prentjie van die amptenaar wat uiteindelik gevorm is. 2.2 Die betekenis van vv. 43 45 en die relevansie van hierdie drie verse vir die verstaan van die amptenaar Die drie verse wat nou ter sprake is, is hier bo as volg vertaal: Twee sake is ter sprake: Eerstens is die verhouding tussen vv. 43 45 en die wonderteken waarvan in vv. 46 54 vertel word, nie duidelik nie. V. 43 meld dat Jesus daarvandaan (d.w.s. van Samaria soos in die voorafgaande gedeelte vertel word) na Galilea weggegaan het. In v. 44 word dan verwys na n uitspraak van Jesus waarvolgens n profeet nie in sy eie vaderland (παηπίρ) eer ontvang nie. Dié sin word ingelei met γάπ, wat normaalweg in die Nuwe Testament rede aandui. In v. 45 word dan daarop gewys dat die Galileërs Jesus verwelkom het omdat hulle gesien het wat Hy tydens die fees in Jerusalem gedoen het. Die vraag is nou of dit wat in vv. 43 45 vertel word, in verband gebring moet word met die wonderteken wat in vv. 46 54 volg. Die meeste eksegete is van mening dat dit wel ter sake is, maar daar is enkelinge wat nie daarmee saamstem nie. So byvoorbeeld redeneer Labahn (1999:172 3) dat vv. 43 45 nié as agtergrond dien vir die wonderteken wat volg nie, en wel om die volgende redes: Die Galileërs word nie weer eksplisiet in vv. 46 54 genoem nie; daar is geen direkte verwysings na vv. 43 45 in vv. 46 54 nie; en verder word nuwe karakters en n nuwe situering in vv. 46 54 gevind. 699

Indien n mens egter saam met die meeste Johannes-eksegete die opsie kies dat vv. 43 45 wel as agtergrond vir die wonderteken dien, kom die tweede probleem op die tafel, naamlik hoe hierdie verse verstaan moet word. Daar is minstens drie eksegetiese probleme, naamlik: (1) Waarna verwys παηπίρ? (2) Hoe moet γάπ verstaan word? Normaalweg word dit in die Nuwe Testament as redegewend verstaan, maar in hierdie geval lyk dit of dit nie sin maak nie van daar die feit dat Stimpfle (1993) selfs daarna as die sinlose γάπ kan verwys want dit lyk asof Jesus uit Samaria vertrek het omdat n profeet nie in sy vaderland geëer word nie, maar Samaria was tog nie sy vaderland nie. (3) Moet die reaksie van die Galileërs (ἐδέξανηο αὐηὸν οἱ Γαλιλαῖοι) as positief of as negatief verstaan word? Die verskillende maniere waarop hierdie vrae beantwoord kan word, het n verstommende verskeidenheid interpretasiemoontlikhede tot gevolg wat nou kortliks opgesom word: παηπίρ verwys na Judea, en die optrede van die amptenaar is n voorbeeld van die goeie reaksie van die Galileërs teenoor Jesus. Kyk byvoorbeeld Thyen (2005:287); Schröder (2003:177) en Van der Watt (2011:577). παηπίρ verwys na Judea en die amptenaar (wat n Jood is) staan in kontras met die swak reaksie van die Galileërs teenoor Jesus. Kyk byvoorbeeld Beutler (2013:176). παηπίρ verwys na Judea en die amptenaar (wat n nie-jood is) reageer beter teenoor Jesus as die Galileërs. Kyk byvoorbeeld Barrett (1978:245) en Moloney (1998:152 3). παηπίρ verwys na Galilea en die optrede van die amptenaar is n voorbeeld van die positiewe reaksie van die Galileërs teenoor Jesus. Kyk byvoorbeeld Wengst (2000:175 6). παηπίρ verwys na Galilea en die optrede van die amptenaar is n voorbeeld van die swak reaksie van die Galileërs teenoor Jesus. Kyk byvoorbeeld Brown (1984 [1966]:187). παηπίρ verwys na Galilea en die goeie optrede van die amptenaar kontrasteer met die optrede van Galileërs. Kyk byvoorbeeld Schnackenburg (1979:499); Koester (2003:51); Lincoln (2005:185); Theobald (2009:357 9); en Judge (2013:311). Hierdie opsomming dek nie al die moontlikhede nie. n Mens sou παηπίρ ook as Nasaret kon verstaan (Nicklas 2008:94 noem hierdie moontlikheid), of selfs as Judea-Galilea wat gesamentlik as Joodse gebied aangedui word (kyk byvoorbeeld Busse 2002:120). Nietemin toon die moontlikhede wat wel hier bo gelys word, dat die teks inderdaad meerduidig is, en dat die keuse wat n mens in hierdie geval uitoefen, n bepalende invloed kan hê op die verstaan van dit wat volg. 2.3 Die belangrikste karaktertrek(ke) wat met die term βασιλικός verbind moet word Wanneer n mens bestaande studies 6 oor die amptenaar nagaan, blyk dit gou dat daar glad nie eenstemmigheid onder eksegete is oor wat die belangrikste karaktertrekke is wat met dié karakter verbind moet word nie. Goeie argumente is al voorgelê vir verskeie moontlikhede. Die belangrikste hiervan is die volgende: sy etnisiteit (hetsy Jood of nie-jood); sy sosiale status (moontlike verbintenis aan Herodes / sy groot invloed / sy gesag); sy finansiële posisie (rykdom); die feit dat hy n vader is; en selfs die moontlikheid dat hy eintlik as n randfiguur voorgestel word. Die rede vir dié groot uiteenlopendheid is natuurlik die feit dat die verhaal maar min inligting oor die karakter bied, en dat hierdie gaping in die teks op verskillende maniere deur uitleggers gevul kan word. Die groot uitdaging is nie soseer die wye verskeidenheid van moontlikhede wat geopper word nie, maar wel die vraag watter 700

karaktertrek(ke) as die belangrikste(s) beskou moet word. Die antwoord hierop word weer bepaal deur die vraag oor watter tipe leser deur n uitlegger veronderstel word. Vrae wat bepalend is, is onder ander die volgende: Met watter voorafkennis lees die leser die teks? Ken sy/hy die Sinoptiese tradisie? Watter gedagtes sal eerste by n leser opkom as die term βαζιλικόρ genoem word? Sal dit positief of negatief van aard wees? Of is dit belangriker om te konsentreer op dít wat die amptenaar doen in plaas van op wie hy is? 2.4 Die betekenis van Jesus se reaksie in v. 48 Jesus se reaksie op die amptenaar se versoek ( As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie ) skep n probleem omdat dit die logika van die verhaal versteur, aangesien dit nie lyk of Jesus regtig op die amptenaar se versoek reageer nie. Die amptenaar het nié vir n teken gevra sodat hy kan glo nie. Al waarvoor hy gevra het, is dat Jesus na Kapernaum toe moet kom om sy seun wat op sterwe lê, te genees. Eksegete benader hierdie saak op twee verskillende maniere: sommiges, soos Wolfgang Bittner (1987:128 33) en Jörn-Michael Schröder (2003:179), verstaan dit as n blote uitspraak van Jesus wat daarop wys dat die sien van die wondertekens mense tot geloof sal bring. Ander, byvoorbeeld Reinhartz (2001:56) en Thompson (2015:113), verstaan dit egter as n teregwysing deur Jesus. As n mens dit as n teregwysing verstaan, is die volgende vraag presies wat Jesus dan hier afwys: n wondertekengeloof as sodanig (byvoorbeeld Haenchen 1980:258), of net bloot die versoek vir tekens en wonders (byvoorbeeld Schnelle 2016:135)? Weer eens het die keuse wat n mens hier maak, n belangrike invloed op die manier waarop die amptenaar verstaan word. 2.5 Die dubbele verwysing na die amptenaar se geloof n Verdere meerduidigheid word veroorsaak deur die feit daar twee keer in die verhaal na die amptenaar se geloof verwys word. Wanneer Jesus vir hom sê dat sy seun sal lewe, word vertel dat hy Jesus se uitspraak geglo het en toe vertrek het (v. 50). Later, terwyl hy op pad huis toe is, ontvang hy die nuus van sy slawe dat sy seun lewe en besef hy dat sy seun begin herstel het op dieselfde tyd as wat Jesus met hom gepraat het. Dan word weer gesê dat die amptenaar (en sy huishouding) geglo het (v. 53). In albei gevalle word die woord πιζηεύειν gebruik; die eerste keer word dit deur die datief gevolg (ηῷ λόγῳ), en die tweede keer word dit sonder enige voorwerp gebruik. In hierdie geval moet uitleggers dus besluit of daar sprake van n ontwikkeling in die man se geloof is. Die minderheidsposisie is dat daar geen ontwikkeling in die man se geloof plaasgevind het nie. Moloney (1998:154 5) kies vir hierdie standpunt en waarsku teen enige afwatering van die stelling in v. 50 (dat die amptenaar Jesus se uitspraak geglo het). Hy sien ook n ooreenkoms tussen wat in hierdie deel van die Evangelie gebeur en dit wat in 2:11 gebeur het toe n eerste geloofshandeling (van Jesus se moeder) daartoe gelei het dat ander mense (die dissipels) tot geloof gekom het. In hierdie geval lei die amptenaar se geloof daartoe dat ander mense (sy huishouding) ook tot geloof kom. Die meeste eksegete huldig egter die siening dat daar wel van een of ander ontwikkeling in die amptenaar se geloof tussen v. 50 en v. 53 sprake is. Hulle beskryf dit nie altyd op dieselfde manier nie, maar hier is enkele voorbeelde van hoe dit wel gedoen word: die amptenaar bereik eers in v. 53 geloof in die volle sin van die woord (Bultmann 1978:153); sy 701

geloof verdiep wanneer hy by die slawe hoor dat sy seun gesond geword het (Reinhartz 2001:57); hy glo aanvanklik net dat sy seun sal lewe, maar uiteindelik glo hy in Jesus self (Thompson 2015:111); die verhaal weerspieël n groei in geloof in die sin van aanvanklike geloof gebaseer op n wonderteken na n volwaardige geloof (Van der Watt 2011:578); en daar is n duidelike ontwikkeling in die amptenaar se geloof, van n geloof in die waarheid van Jesus se uitspraak teenoor hom na geloof in die absolute sin van die woord (Zumstein 2016:203, voetnoot 27). Die belangrike saak wat hier na vore tree, is dat daar in hierdie geval ook n meerduidigheid in die teks is, wat tot gevolg het dat die uitbeelding van die amptenaar op verskillende maniere verstaan kan word. Teen hierdie agtergrond gaan ons nou kyk na verskillende maniere waarop die amptenaar deur die eeue verstaan is. 3. Origines Origines het sy kommentaar op versoek van sy vriend Ambrosius geskryf. Ambrosius het ook ruimskoots vir die projek voorsiening gemaak: hy het vir Origines n scriptorium laat inrig met sewe stenograwe, sewe sekretarisse wat die boeke kon kopieer, asook n aantal vroue wat vir die kalligrafie verantwoordelik was. Ambrosius was n Valentiniaan voordat hy vir Origines ontmoet het en het daarom besef hoe aanloklik die Gnostiese uitleg van die Skrif vir opgevoede mense was. Hy wou graag Origines se teologie aan sulke mense bekendstel omdat hy geweet het dat dit n baie effektiewe teëvoeter vir die Gnostiese lees van die Skrif sou wees (Heine 2010:89 90). Die kommentaar van Herakleon ( n Valentiniaan) was byvoorbeeld op daardie stadium goed bekend. Hy het die Johannes-evangelie op n allegoriese manier uitgelê en dit Gnosties gelees: daar was twee gode, naamlik die god van die Israeliete n bedrieglike demiurg wat Jesus probeer ontbloot het, en die ware God. Origines skryf nie net sy kommentaar as teëvoeter vir hierdie soort eksegese nie, maar probeer ook wys hoe n mens allegorie op die regte manier kan gebruik (McGuckin 2004:29 30). Origines het baie lank aan sy Johannes-kommentaar gewerk en dit het uiteindelik uit 32 boeke bestaan (hy het tot by Joh. 13:33 gevorder). Teen die tyd dat hy Aleksandrië verlaat het om na Sesarea te gaan (ongeveer 231 232 n.c.), het hy die eerste ses boeke voltooi en rondom 244 248 n.c. het hy uiteindelik tot by Boek 32 gevorder (Attridge 2005:57 8). Sy kommentaar op die tweede wonderteken maak deel uit van Boek 13 en is dus tydens sy verblyf in Sesarea geskryf. Origines begin sy uitleg van Johannes 4:43 54 deur te verwys na die feit dat v. 44 nie logies op die voorafgaande volg nie, aangesien Samaria nie Jesus se παηπίρ was nie. Sy oplossing hiervoor is dat Johannes eintlik bedoel het dat Jesus nie sy geboortedorp besoek het nie, alhoewel Hy in Galilea was (Origines verstaan παηπίρ dus as geboortedorp ), en noem dan ook dat Johannes homself swak uitgedruk het omdat sy Grieks nie so goed was nie (Comm. Jo. 13.364 7 7 ). Wat die amptenaar betref, wys Origines daarop dat sy naam nie genoem word nie, en meld dan dat hy gevolglik nie aandag gaan skenk aan die letterlike sin (wie die amptenaar was en in watter koning se diens hy was nie), maar meld tog dat dit voor die hand liggend is dat hy nie n Jood was nie. Verder noem hy dat die amptenaar se status blyk uit die feit dat sy slawe hom op pad tegemoetgaan om hom in te lig dat sy seun gesond is (Comm. Jo. 13.394 6). 702

Origines skenk heelwat meer aandag aan die simboliese betekenis van die amptenaar. Om dit te bepaal, konsentreer hy op die feit dat die amptenaar n vader is. Dit verbind hy dan aan die gedagte dat Abraham die vader van die Joodse volk is (Comm. Jo. 13.399 402) en maak daaruit die afleiding dat die amptenaar n simbool 8 vir Abraham is, terwyl die seun n simbool vir die Joodse volk is. Die Joodse volk is siek as gevolg van hulle godsdienstigheid en nakoming van die goddelike wet en is op die punt om geestelik te sterf as gevolg van die vurige pyle van die Bose (Comm. Jo. 13.402). Volgens Origines verwys Jesus se uitspraak in v. 48, As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie, na Abraham se nageslag en moontlik ook na Abraham self, aangesien selfs gestorwe heiliges soos hulle Christus se aard uit sy tekens en wonders leer ken (Comm. Jo. 13.405). Origines verstaan ook twee ander aspekte in die verhaal simbolies: hy verbind die slawe van die amptenaar aan die slawe wat Abraham gehad het en verduidelik dat hulle n simbool vir n nederiger en ondergeskikte groep gelowiges is. Dit word egter nie verder verduidelik nie. Verder verstaan hy ook die feit dat die seun juis op die sewende uur genees is, simbolies as n aanduiding van (goddelike) rus (Comm. Jo. 13.407 8). Hierna keer hy weer terug na die seun wat siek was en genees is en verduidelik dat die seun in n gebied van vermaning was en gevolglik gelowiges verteenwoordig wat geestelik moeg geword het, maar wat nog nie heeltemal opgehou het om geestelik vrug te dra nie. Hy voeg by dat die amptenaar se geloof die hoogste volmaaktheid bereik wanneer hy en sy huishouding tot geloof in Christus kom nadat hy van sy seun se genesing gehoor het (Comm. Jo. 13.409). Hy verstaan dus die tweevoudige verwysing na die amptenaar se geloof as n verdieping in sy geloof. Vervolgens wys Origines daarop dat die amptenaar ook n beeld 9 kan wees vir een van die geestelike magte van die wêreld. 10 Dan sou sy seun wat siek is, n beeld kon wees van die mense wat ondergeskik aan dié geestelike mag is en die moeilike posisie waarin hulle hulle in terme van die geestelike mag bevind. Kapernaum is dan die beeld van die sfeer waarin die mense wat ondergeskik is aan dié geestelike mag hulle bevind. Dat die amptenaar vir Jesus om hulp vra, word deur Origines verstaan as n moontlike aanduiding dat sommige van die geestelike magte met Christus se koms tot so n mate verstom is deur sy mag en goddelikheid dat hulle na Hom gevlug het en ook vir die mense wat aan hulle ondergeskik was, gebid het. Volgens Origines het dit selfs gebeur dat party van die geestelike magte tydens Christus se koms hulle houding verander het en dat dit tot gevolg gehad het dat die stede of nasies wat onder hulle beheer was, n beter houding teenoor Christus gehad het. Volgens hierdie interpretasie is Christus se woorde As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie dan aan sulke geestelike magte gerig (Comm. Jo. 13.411 4). Origines sluit sy uitleg van hierdie gedeelte af met n uitvoerige weerlegging van Herakleon se interpretasie van die amptenaar waarvolgens die amptenaar n simbool vir die demiurg is (Comm. Jo. 13.416 33). 4. Johannes Chrysostomus Johannes Chrysostomus se kommentaar op die Johannes-evangelie bestaan uit 88 homilieë wat hy rondom 390 n.c. in Antiogië gepreek het (Goggin 1957:xv). Hy behandel Johannes 4:43 53 in Homilie 35 (wat die gedeelte vanaf vv. 40 54 dek). 11 Chrysostomus begin sy uitleg deur vv. 43 44 aan sy gehoor 12 te verduidelik: met παηπίρ bedoel Johannes Kapernaum. As motivering hiervoor verwys Chrysostomus na Lukas 10:15, 703

waar Jesus sê dat die inwoners van Kapernaum gestraf sal word omdat hulle nie na Hom geluister het nie (Hom. Jo. 35; PG 59.200). Hierna skenk hy aandag aan die feit dat die Galileërs Jesus ontvang het (v. 45) en wys daarop dat dit juis die groepe is wat geringgeskat is wat positief op Jesus gereageer het. In Johannes 1:46 en 7:52 word die mense se negatiewe houding teenoor die Galileërs genoem, en uit Johannes 8:48 blyk n negatiewe houding teenoor die Samaritane. Volgens Chrysostomus wys Johannes egter dat dit juis hierdie twee groepe is wat positief op Jesus reageer; en die Samaritane vaar selfs nog beter as die Galileërs, aangesien hulle bloot op grond van die getuienis van die Samaritaanse vrou tot geloof gekom het en nie wondertekens nodig gehad het soos die Galileërs nie (Hom. Jo. 35; PG 59.200). Wat die amptenaar self betref, skenk Chrysostomus aanvanklik aandag aan twee sake: hy wys eerstens daarop dat die amptenaar as n koninklike amptenaar beskryf word en dat dit op twee maniere verstaan kan word, naamlik óf as n aanduiding dat hy self van koninklike herkoms was óf andersins dat hy in koninklike diens was. Tweedens wys hy daarop dat daar mense is wat dink dat die amptenaar wat hier ter sprake is, dieselfde persoon is as wat in Matteus 8:5 13 genoem word, maar voer dan aan dat dit as gevolg van verskeie verskille tussen die twee weergawes nie die geval kan wees nie (Hom. Jo. 35; PG 59.200 1). In die res van die homilie fokus Chrysostomus op die amptenaar se gebrekkige geloof, en dit word dan uiteindelik die oorheersende saak in die manier waarop hy die verhaal uitlê. Hy vestig die gehoor se aandag op die vreemdheid van Jesus se uitspraak ( As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie ), aangesien die blote feit dat die amptenaar na Jesus gekom het, tog n teken van geloof is. Volgens hom is daar twee moontlike redes hoekom Jesus dié uitspraak maak: dit kan moontlik n aanduiding wees van sy bewondering vir die Samaritane wat wel sonder enige wondertekens tot geloof gekom het; andersins is dit moontlik Jesus se manier om die mense van Kapernaum (Jesus se παηπίρ) te roskam. Daarna wys Chrysostomus daarop dat die amptenaar wel in Jesus geglo het, maar dat hy nie ten volle of op die regte manier geglo het nie. Jesus se woorde is dus ook as n teregwysing aan die amptenaar bedoel omdat hy Hom nie met die regte gesindheid genader het nie. Selfs die feit dat hy na Jesus gekom het, was volgens Chrysostomus nie uitsonderlik nie, want vaders doen enigiets vir hulle siek kinders hulle sal selfs by mense gaan hulp vra in wie hulle self nie vertroue het nie. Verder wys Chrysostomus daarop dat die amptenaar na Jesus gegaan het eers nadat Hy in Galilea aangekom het; as sy geloof werklik sterk was, sou hy na Jesus toe gegaan het terwyl Hy nog in Judea was. Volgens Chrysostomus reageer die amptenaar ook nie op die regte manier op Jesus se verwyt nie. Sy reaksie ( Here, kom voordat my seuntjie sterf! ) weerspieël n aardse perspektief en dit is duidelik dat hy nie besef het dat Jesus sy seun selfs uit die dood sou kon opwek nie. Chrysostomus wys sy gehoor ook daarop dat die amptenaar eintlik net so siek soos sy seun was; sy siekte was net van n ander aard n siekte in sy denke. Volgens Chrysostomus was Jesus se doel hiermee om ons te leer dat ons nie in Hom moet belang stel as gevolg van sy wonderwerke nie, maar as gevolg van sy onderrig. Wonderwerke is eintlik nie vir gelowige mense bedoel nie; net vir die ongelowiges en mense wat aards dink (Hom. Jo. 35; PG 59.201). Vervolgens vra Chrysostomus hoekom Jesus in die geval van die offisier in Matteus 8:5 13 aanbied om na die offisier se huis te gaan om die slaaf gesond te maak, maar in die geval van die amptenaar nie wil gaan nie. Sy antwoord hierop is dat die offisier se geloof volkome was, terwyl die geloof van die amptenaar onvolkome was. Omdat die amptenaar nie besef het dat Jesus sy seun kon genees sonder om self by hom te wees nie, wou Jesus hom leer wat die 704

offisier reeds intuïtief geweet het. Dit is dan ook wat uiteindelik gebeur, want die seun se genesing vind onmiddellik plaas, nie as gevolg van die natuurlike verloop van dinge nie, maar as gevolg van Christus se mag. Die amptenaar en sy huishouding glo omdat die getuienis onweerlegbaar is (Hom. Jo. 35; PG 59.201 2). Chrysostomus sluit sy homilie af met die vraag wat n mens uit hierdie verhaal kan leer. Sy antwoord is dat n mens (anders as die amptenaar) nie op wonderwerke moet wag of waarborge vir God se mag sal soek nie. n Mens behoort aan te hou om God te loof en te prys selfs al doen God nie wat n mens vra nie (Hom. Jo. 35; PG 59.202 3). 5. Augustinus Augustinus se uitleg van Johannes 4:43 53 word in traktaat 16 gevind, 13 en hy het hierdie traktaat vermoedelik in 406 407 n.c. geskryf (Houghton 2008:108). Hy begin sy uitleg van hierdie gedeelte deur daarop te wys dat die stelling in v. 44 (dat n profeet nie in sy eie vaderland geëer word nie) problematies is, aangesien dit eintlik beteken dat Jesus dan liewer in Samaria moes gebly het en nie na Galilea moes gegaan het nie. Volgens Augustinus moet n mens hierdie klein misterie (sacramentum; Tract. 16.2) verstaan deur te let op dit wat Johannes vroeër in die Evangelie vertel het. Johannes maak nie met hierdie uitspraak n fout nie en n mens moet liewer gehoorsaam luister na wat hy sê sodat n mens ook kan insien wat hy ingesien het. Augustinus verduidelik dan die punt wat Johannes volgens hom wou oordra soos volg: Jesus het net twee dae in Samaria deurgebring en die Samaritane het tot geloof in Hom gekom, maar hy het baie meer tyd in Galilea deurgebring sonder dat die Galileërs tot geloof in Hom gekom het. 14 Hy verwys spesifiek na die eerste wonderteken in Kana: nadat Jesus die water in wyn verander het, was dit slegs sy dissipels wat tot geloof in Hom gekom het, nie een van die groot skare van gaste nie (Tract. 16.3). Hierdie insig dat die meeste van die Galileërs nié in Jesus geglo het nie, word dan die oorheersende gedagte in Augustinus se verdere uitleg van die teks. Hy vestig die gehoor se aandag op Jesus se uitspraak, As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie, en maak daaruit die afleiding dat die amptenaar min of geen geloof gehad het nie hy wou net ter wille van sy seun se moontlike genesing uitvind wie Jesus was en wat Hy kon doen. Dat die amptenaar nie geglo het nie, word volgens Augustinus bevestig deur die feit dat Johannes eers in v. 53 noem dat hy en sy huishouding op grond van Jesus se wonderteken tot geloof gekom het. 15 Met hierdie uitleg wil Augustinus by die volgende saak uitkom: die Samaritane het sonder enige wondertekens tot geloof gekom; Jesus se eie mense in Galilea (wat die amptenaar insluit) het egter verdien om te hoor: As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie. Verder is dit ook net hierdie man en sy huishouding wat tot geloof in Jesus kom en nie enige van die ander Galileërs nie (Tract. 16.3). Hierna beweeg Augustinus na n eietydse toe-eiening van die gedeelte. Volgens hom moet die feit dat Jesus se eie vaderland (Galilea) Hom nie aanvaar het nie, as n prodigium n profetiese teken vir Augustinus se eie tyd verstaan word. In Augustinus se tyd was Jesus se vaderland die Joodse volk in die algemeen die massas Jode wat oor die hele wêreld versprei was en wat nie in Hom glo nie. 16 Hierdie Jode reageer nog steeds soos die Galileërs, terwyl die Christene in Augustinus se tyd soos die Samaritane reageer wat sonder enige wondertekens in Hom glo (Tract. 16.3). 705

Vervolgens wys Augustinus daarop dat Tomas, wat ook n Jood was net soos die amptenaar deur Jesus verwyt is omdat hy geglo het slegs omdat hy gesien het. Dit is n verdere voorbeeld daarvan dat Jesus n profeet was wat nie in sy eie vaderland en ook nie deur sy eie mense geëer is nie. Jesus se woorde aan Tomas ( Geseënd is hulle wat nie gesien het nie en tog glo ) is egter wel van toepassing op die Christene in Augustinus se tyd, omdat hulle geglo het sonder dat hulle gesien het. Daarom het Jesus voorkeur aan sulke mense bo sy eie mense gegee. Dat dit die geval sou wees dat die takke van die wilde olyf op die mak olyf ingeënt sou word (Rom. 11:17) het Jesus eintlik alreeds gewys in sy optrede teenoor die nie-joodse offisier wat, anders as die amptenaar, gedink het dat hy onwaardig was om Jesus in sy huis te ontvang (Mat. 8:8 10; Luk. 7:6 9). Augustinus sluit sy uitleg af met hierdie oproep op sy gehoor: Laat die profeet tussen ons eer kry omdat Hy nie in sy eie land geëer is nie! Die land waaraan Hy behoort het, het Hom uitgedryf; die land wat Hy nou verkry het, moet Hom opnuut ontvang! (Tract. 16.6 7). 6. Cyrillus van Alexandrië Cyrillus het sy kommentaar op die Johannes-evangelie in die jare 425 429 n.c. geskryf, dit wil sê nog voor die uitbreek van die Nestoriaanse krisis in 429 n.c. 17 Sy doel met die kommentaar was om spesifiek op leerstellige sake te fokus en om die standpunte van mense wat verkeerde sieninge oor Christus en die Heilige Gees gehuldig het, te weerlê (Russell 2000:96 7). Dit kan ook gesien word in die manier waarop hy die tweede wonderteken uitlê. 18 Cyrillus verstaan παηπίρ as Nasaret, en voer aan dat Jesus nie doelbewus na eer gesoek het nie, maar dat Hy geweet het dat die mense van Nasaret nie in Hom sou glo nie en dus besluit het om nie sy tyd daar te verspil nie (In Jo. 4:43 4; Pusey 1872:300). Cyrillus voer aan dat die amptenaar oortuig was dat Jesus sy seun kon genees, maar dat hy nog nie verstaan het dat Jesus van nature (καηὰ θύζιν) God is nie. Hy noem Jesus wel Here (v. 49b), maar sy optrede wys dat Hy Hom nie werklik as Here erken het nie, want as hy dit geglo het, sou Hy dadelik voor Hom neergeval het en gevra het dat Hy sy seun genees sonder om te verwag dat Hy na sy huis kom. Die amptenaar is dus onkundig, aangesien hy nie besef dat Jesus wat goddelike mag het, self ook God is nie (In Jo. 4:46 8; Pusey 1872:301 2). Die amptenaar se versoek in v. 49b dat Jesus tog moet kom voordat sy kind sterwe, word deur Cyrillus as n aanduiding van geestelike onmondigheid en geestelike babataal verstaan. Die amptenaar vra vir Goddelike krag, maar besef nie dat Jesus in sy Godheid alles wat bestaan, vul nie (In Jo. 4:49; Pusey 1872:302). Volgens Cyrillus toon Jesus se reaksie ( Gaan, jou seun lewe! ) dat Hy egter ons onkunde oorsien. Omdat Hy God is, is Hy selfs goed vir mense wat geestelik struikel. Verder toon Hy deur sy optrede dat Hy die Een is wat wonderlike gawes aan mense gee en almal wat bid, seën. Sy opdrag aan die amptenaar om te gaan, is ook n oproep tot geloof, en sy uitspraak dat die man se seun lewe, word met Goddelike gesag gegee (In Jo. 4:50; Pusey 1872:302 3). Jesus se opdrag genees uiteindelik twee siele: Die amptenaar kom tot ongekende geloof en die seun word van n fisiese dood gered. Die amptenaar se sterker geloof dien verder ook as die vrug van sy danksegging vir wat Jesus gedoen het (In Jo. 4:50 54; Pusey 1872:303 4). 706

7. Thomas Aquinas Thomas Aquinas se kommentaar op die Johannes-evangelie is die resultaat van lesings wat hy tussen 1269 en 1272 aan die Universiteit van Parys gelewer het, en maak dus deel uit van sy latere werk (Weingartner e.a. 2011:5). Uit hierdie kommentaar is sy uitstekende kennis van die uitlegtradisie duidelik soos ook uit hierdie bespreking van sy uitleg van die tweede wonderteken sal blyk. Thomas wy twee lesings aan Johannes 4:43 54; een lesing aan vv. 43 6a (In Jo. IV lec. 6 19 ) en n tweede een aan vv. 46b 54 (In Jo. IV lec. 7). Hy begin sy uitleg deur aan te dui hoe Johannes 4:43 54 aansluit by die voorafgaande: in hierdie gedeelte (die verhaal van die Samaritaanse vrou) het Johannes gewys hoe nie-jode op grond van Jesus se onderrig tot bekering kom; nou wys hy hoe hulle op grond van wondertekens tot bekering kom. Hieruit is dit duidelik dat Thomas die koninklike amptenaar as n nie-jood beskou (In Jo. IV lec. 6, nr. 664). In sy uitleg van vv. 43 6a wys hy verder daarop dat daar n kontinuïteitsprobleem in hierdie paar verse is: eintlik moes Jesus nie na Galilea gegaan het nie, aangesien n profeet tog nie in sy eie land geëer word nie. Thomas sluit by Augustinus aan en verduidelik wat Johannes se bedoeling is: alhoewel die Galileërs tot sover nie tot bekering gekom het nie, het Jesus nogtans soontoe gegaan. Verder noem Thomas ook Chrysostomus se oplossing vir die probleem (sonder om dit verder te bespreek), naamlik dat patria as Kapernaum verstaan kan word (In Jo. IV lec. 6, nr. 668). Wat die amptenaar betref, begin Thomas met n verduideliking van die betekenis van die term amptenaar (regulus). Hy wys eers twee moontlike interpretasies in hierdie spesifieke geval af: dat dit iemand kan aandui wat in beheer van n klein gebied is of dat dit iemand aandui wat van koninklike afkoms is. In hierdie geval beteken dit volgens hom iets anders, naamlik dat die man n regeerder of n amptenaar van n koning was. Verder stem hy saam met Chrysostomus dat hierdie amptenaar nie die offisier is wat in Matteus 8 ter sprake is nie, en bied vier redes vir hierdie keuse: (1) Daar is n verskil wat die siektes betref. (2) In die een geval is dit n seun wat siek is, en in die ander geval n dienaar wat siek is. (3) In die een geval is daar n versoek dat Jesus na die huis moet kom om die kind te genees; in die ander geval beskou die offisier homself as onwaardig vir n besoek aan sy huis. (4) In die een geval speel die gebeure in Kapernaum af en in die ander geval in Kana (In Jo. IV lec. 6, nr. 676). Vervolgens bied Thomas n allegoriese en n morele interpretasie van die amptenaar. Sy allegoriese interpretasie stem ooreen met dié van Origines (sonder om hom eksplisiet te noem): Die amptenaar is Abraham of een van die Ou Testamentiese vaders in soverre hulle gelowig aan hulle koning (Christus) vashou. Die amptenaar se seun is dan die Joodse volk wat siek is as gevolg van verkeerde genietinge en leerstellings. Kapernaum dui vir Thomas op n oorvloed van besittings wat veroorsaak het dat die Joodse volk hulle God verlaat (In Jo. IV lec. 7, nr. 677). Die morele uitleg wat Thomas bied, is ingewikkelder. Hy lees die gedeelte in terme van wat hy die koninkryk van die siel noem. Die koning (vir wie die amptenaar werk) is die menslike rede wat oor n mens se hele liggaam beheer uitoefen. Wanneer die menslike rede egter verduister word en nie meer die menslike drange kan weerstaan nie, is dit nie meer n koning wat in beheer van sake is nie en word dit n blote amptenaar. Verder is die kind van die amptenaar dan die menslike emosies wat siek is, van die goeie afwyk en na die kwade neig, omdat n mens se rede nie meer in beheer is nie. Dit alles vind in Kapernaum plaas, wat 707

beteken dat n groot hoeveelheid tydelike goed die oorsaak van n mens se geestelike siekte is (In Jo. IV lec. 7, nr. 678). Jesus se opmerking: As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie word deur Thomas as kritiek op die amptenaar se geloof verstaan. Die amptenaar se geloof het in twee opsigte tekortgeskiet: Eerstens het hy wel geglo dat Jesus waarlik mens was, maar hy het nie geglo dat Hy goddelike mag het nie. Thomas baseer hierdie stelling op die feit dat die amptenaar wou hê dat Jesus na sy huis moes kom om sy seun te genees. Thomas stem in hierdie geval ook saam met Chrysostomus dat die amptenaar nie seker was of Jesus wel sy seun kan genees nie, maar uit desperaatheid alle opsies ondersoek (In Jo. IV lec. 7, nr. 684). Tweedens is wondertekens volgens Thomas vir ongelowiges bedoel, en die amptenaar wat onder die Jode grootgeword het en in die wet onderrig is, moes bereid gewees het om deur die Skrif gelei te word en nie soos n ongelowige deur wondertekens nie (In Jo. IV lec. 7, nr. 685). Die amptenaar se reaksie op Jesus se woorde ( Here, kom voordat my seun sterf! ) word deur Thomas as n ontwikkeling in sy geloof verstaan omdat hy Jesus Here noem. Sy geloof is egter nog steeds onvoldoende, aangesien hy dink dat Jesus by sy seun moet wees om hom te kan genees. Jesus se opdrag dat die amptenaar moet gaan, word gevolglik deur Thomas verstaan as n opdrag dat hy hom gereed moet maak om genade te ontvang. Dit is volgens Thomas die eerste van vier vereistes waaraan voldoen moet word in die geval van die regverdiging van n volwasse sondaar; die ander drie is die kwytskelding van skuld, die beweging van n mens se vrye wil na God, d.w.s. geloof, en die beweging van n mens se vrye wil teen die sonde, d.w.s. berou (In Jo. IV lec. 7, nr. 689 90). Thomas wys hierna op twee aspekte in die amptenaar se reaksie op Jesus se uitspraak (v. 50b: Die man het die uitspraak geglo wat Jesus teenoor hom gemaak het en gegaan ): eerstens glo die amptenaar wat Jesus aan hom gesê het, en tweedens is die feit dat hy terugkeer na sy huis n aanduiding dat hy nou in die geloof beweeg, selfs al is sy geloof nog steeds nie volkome nie. Die amptenaar se optrede is dus n aanduiding vir die lesers dat hulle deur geloof regverdig moet word, en dat hulle ook moet aanhou beweeg, want wanneer n mens in jou geloofslewe stilstaan, loop jy die gevaar om nie die lewe van genade te behou nie (In Jo. IV lec. 7, nr. 690). Wat die ontmoeting tussen die amptenaar en sy slawe op pad terug betref, maak Thomas twee afleidings. Eerstens is dit vir hom n aanduiding dat die amptenaar vermoënd was, want hy het baie slawe gehad. Tweedens lê hy die slawe misties uit: die amptenaar is n mens se rede en die slawe is n mens se (goeie) werke, want sulke werke toon dat n mens in beheer is van jou handelinge en gevoelens. Dat dit juis die slawe is wat aankondig dat die amptenaar se seun lewe, is vir Thomas n aanduiding dat n mens se rede lewe wanneer jou goeie werke uitstaan en jou laer vermoëns jou rede gehoorsaam (In Jo. IV lec. 7, nr. 693). V. 53 ( Toe het die vader besef dat dit op daardie uur was dat Jesus vir hom gesê het: Jou seun sal lewe!, en hy en sy hele huis het geglo ) dui vir Thomas daarop dat die amptenaar se geloof stelselmatig ontwikkel het en nou volmaaktheid bereik het. Aanvanklik was sy geloof swak toe hy vir sy siek seun kom pleit het; dit begin effens ontwikkel toe hy Jesus Here noem; daarna verdiep dit verder (alhoewel daar ook nog n bietjie twyfel by hom oorbly) as hy Jesus se uitspraak glo dat sy seun lewe en terugkeer huis toe; en uiteindelik word dit volkome as hy besef hoe groot God se krag in Christus is (In Jo. IV lec. 7, nr. 697). 708

8. Desiderius Erasmus Anders as sy annotationes op die Nuwe Testament was Erasmus se paraphrases gemik op n breër gehoor (Cottier 2012:32). Nietemin bied dit ook goeie insig in die manier waarop hy die teks verstaan het. Sy paraphrasis op die Johannes-evangelie is in Oktober November 1520 geskryf (Rabil 1979:143). Erasmus verstaan patria as n verwysing na Nasaret, en meld verder dat Jesus nie sy geboortedorp besoek het nie omdat Hy besef het dat hulle nie in Hom glo nie. Daarteenoor was die reaksie van die Galileërs teenoor Hom positief. Die positiewe reaksie van die Galileërs (wat volgens Erasmus maar n onnosele klomp mense was wat nie die wet geken het nie!) en die Samaritane staan dus in skrille kontras met die optrede van die godsdienstige leiers in Jerusalem en was n voorspel vir die latere oorgang van die evangelie na die heidene (LB VII 531F 532C 20 ). Volgens Erasmus vertel Johannes van die tweede wonderteken met die doel om die Jode vir hulle ongeloof te verwyt, want die amptenaar was in keiserlike diens en dus nie n Jood nie, maar het nogtans tot geloof in Jesus gekom (LB VII 532D). Erasmus vertel die verhaal oor, maar vul dit terselfdertyd aan met addisionele inligting, byvoorbeeld dat die amptenaar baie lief vir sy seun was, dat die seun te siek was om te reis en dat dit dus die rede was hoekom die amptenaar nie sy seun saamgeneem het na Jesus toe nie (LB VII 532D E). Hy lig ook die amptenaar se gebrekkige geloof uit, maar plaas groter klem op die feit dat Jesus (volgens hom) die Jode kritiseer vir hulle ongeloof, in die sin dat hulle nie wou glo sonder wonderwerke nie. Dit lyk hieruit asof v. 48 ( As julle nie tekens en wonders sien nie, sal julle nooit glo nie ) volgens Erasmus primêr aan die omstanders gerig is. Die feit dat die amptenaar nie op hierdie verwyt van Jesus reageer nie, word deur Erasmus verstaan as n aanduiding dat hy gedink het dit sou n vermorsing van tyd wees en dat hy daarom liewer by Jesus aandring om dadelik na sy seun toe te gaan. Erasmus verduidelik verder dat Jesus hom egter nie verwyt nie, maar eerder deur sy optrede vir hom wys dat Hy baie meer mag het as wat hy dink. Dit lei daartoe dat daar n effense verbetering in sy geloof is (LB VII 532D 533A). Wat die afloop van die verhaal betref, beklemtoon Erasmus dat die man se slawe gedink het dat die seun toevallig beter begin voel het. Daarteenoor het die amptenaar gemengde gevoelens gehad: onsekerheid én vertroue. Toe die amptenaar egter uitvind dat die seun op dieselfde tyd begin beter word het as wat Jesus hom huis toe gestuur het, het hy besef dat dit Jesus was wat sy seun genees het. Dit maak dat hy en sy hele uitgebreide huishouding (omdat hy ryk was) glo dat Jesus die Messias is. Erasmus kontrasteer hierdie geloof van n heiden met die ongeloof van Jesus se eie mense, en sluit sy uitleg af met die gedagte dat Jesus hierdie tweede wonderteken in Kana gedoen het met die doel om sy eie mense deur die voorbeeld van n nie-jood tot geloof te roep (LB VII 533B D). 9. Johannes Calvyn Johannes Calvyn se kommentaar op die Johannes-evangelie is in 1553 gepubliseer. 21 Dit was die eerste kommentaar wat hy oor een van die Evangelies geskryf het n doelbewuste keuse 709

omdat hy geglo het dat die Johannes-evangelie die beste toegangsroete was om die Evangelies te verstaan (Blacketer 2008:187). Wat die botsing tussen v. 44 en die voorafgaande betref, noem Calvyn die voorstelle van Augustinus en Chrysostomus, maar wys dit af. Hy stem eerder saam met Cyrillus se voorstel dat dit n verwysing na Nasaret is. Verder interpreteer hy die reaksie van die Galileërs as positief: hulle ontvang Hom omdat hulle respek vir sy wonderwerke gehad het (Comm. Jo. 4:44). Wat die amptenaar betref, kies Calvyn vir die opsie dat hy n Jood was en in diens van Herodes was en dus nie vir die keiser gewerk het nie. Volgens Calvyn noem Johannes ook spesifiek sy beroep omdat die wonderwerk des te meer treffend in so n geval was (Comm. Jo. 4:46). Verder verstaan hy die feit dat die amptenaar na Christus kom as n teken van geloof, maar hy wys ook daarop dat hy onkundig oor Jesus se vermoë was omdat hy sy mag aan sy liggaamlike teenwoordigheid gekoppel het. Christus sien hom egter hierdie tekortkoming oor en verwyt hom en al die ander Jode vir iets anders, naamlik dat hulle te behep met wonderwerke was. Calvyn suggereer verder dat Jesus se uitsonderlik skerp reaksie veroorsaak is deur die feit dat Hy nie soseer die amptenaar in die visier het nie, maar wel die hele Joodse nasie, wat heeltemal te veel klem op wonderwerke gelê het en in elk geval nie geglo het nie, al het hulle wonderwerke gesien. Calvyn eien hierdie aspek ook vir sy eie tyd toe: net so is daar baie mense wat in sy tyd aan dieselfde siekte ly, want hulle stel net belang in wonderwerke, maar gee glad nie om oor Christus se leer nie (Comm. Jo. 4:47). Calvyn verstaan die feit dat die amptenaar nietemin aanhou vra en uiteindelik kry wat hy wil hê as n aanduiding dat Christus se verwyt nie bedoel was as n verwerping van sy versoek nie, maar dat Hy dit eintlik gedoen het om die struikelblok wat verhoed het dat die amptenaar ware geloof bereik, te verwyder. Ook dit word eietyds toegeëien: net so moet dit wat verkeerd, verdraaid of oortollig in ons gebede is, weggeneem word. Hy wys ook daarop dat mense soos die amptenaar nie daaraan gewoond was dat iemand hulle so behandel soos wat Jesus hierdie man behandel het nie, maar dat hy nietemin as gevolg van sy dringende behoefte die verwyt oorsien en stilbly. Ook dit word toegeëien: ons is dikwels bederf en ongeduldig totdat ons deur swaarkry gedwing word om ons trots te laat vaar (Comm. Jo. 4:49). Calvyn verstaan Christus se woorde aan die amptenaar in v. 50 ( Jou seun lewe! ) as n aanduiding van Christus se menslikheid en toegeeflikheid (humanitas et indulgentia), want Hy vergeef die amptenaar se foute en sien selfs waarde in sy gebrekkige geloof. Net so doen God ook dikwels nie presies wat ons Hom in ons gebede vra nie, maar doen dinge op n onverwagse manier, sodat ons kan leer om nie aan Hom voor te skryf nie. Verder beklemtoon Calvyn ook die amptenaar se reaksie ( Die man het die uitspraak van Jesus geglo ): hy het na Christus gekom met die oortuiging dat Hy n profeet van God is en nou is n enkele klein belofte genoeg om n nuwe vertroue in sy gemoed te skep. Ook hierdie aspek eien Calvyn vir sy eie tyd toe: dit is die manier waarop God se Woord ontvang moet word (Comm. Jo. 4:50). Die afloop van die verhaal in v. 51 word ook in die lig van hierdie gedagte verstaan. Die feit dat die amptenaar teruggaan huis toe is vir Calvyn n aanduiding van die effek wat geloof en die Woord het. Daaruit moet gelowiges aflei dat God altyd bereid is om sy beloftes aan ons waar te maak, maar die voorwaarde is dat ons ongeloof nie die deur vir sy werking moet sluit nie. Die feit dat die man by sy slawe navraag doen oor wanneer sy seun genees is, skryf Calvyn toe aan n geheime impuls van God (arcano Dei impulsu), want van nature probeer ons om tekens van God se mag uit te doof; verder probeer die Satan nog ook om sy werke vir ons weg te steek (Comm. Jo. 4:51). 710